:: wikimiki.org ::
| 1904 |
1904 Gebeure
- 8 Februarie - Die Russies-Japanse Oorlog begin
- Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter, ontvang die Nobelprys vir Letterkunde
- Thompson stel die eerste model van die atoom voor, bekend as die pruimpoeding model.
Geboortes
Sterftes
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1904年
ko:1904년
simple:1904
th:พ.ศ. 2447
8 Februarie8 Februarie is die 39ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 326 dae in die res van die jaar (327 in skrikkeljare).
Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
Vakansies, vierings, en waarmeningsdae
-
Kategorie:Datum
ja:2月8日
ko:2월 8일
OksitaansIn taalkundige opsig word Frankryk vervolgens die verskillende vorme van die woord "ja" in twee groot taalgebiede verdeel: Die noorde wat die woord oui vir "ja" gebruik is die gebied van die langue d'oïl ("die oïl-taal"), in die suide word die langue d'oc gepraat (oïl en oc beteken albei "ja").
langue d'oïl
Oksitanië (Oksitaans: Occitània) is die gedeelte van Suid-Frankryk waar die Oksitaanse taal, die langue d'oc of Occitan, uit die Gallies-Romeinse variant van die Vulgêrlatyn ontwikkel het. Die naam "Oksitanië" word vanaf die laat 13de eeu gebruik. Sowat 15 miljoen mense - 'n kwart van die Franse bevolking - leef in die gebied, en twee derdes van hulle het min of meer kennis van die Oksitaanse taal. Daar word geraam dat meer as twee miljoen mense - veral op die platteland - Oksitaans as omgangstaal (kan) praat, ofskoon die laaste moedertaalsprekers wat geen kennis van die offisiële Franse taal gehad het nie al in die dertigerjare van die twintigste eeu oorlede is. Omdat die gebruik van Frans ook op skool afgedwing is, glo baie ou mense nog steeds dat Oksitaans niks meer as 'n verbasterde plaaslike variant van die Franse taal is nie.
Dit is egter duidelik dat die Oksitaanse taal 'n selfstandige lid van die Romaanse groep van tale is, alhoewel daar 'n groot aantal uiteenlopende dialekte bestaan. Die twee grootste groepe is die dialekte van die Limousin en die Auvergne in die noorde en die Gascogne en die Languedoc ('n gebied wat ook die naam van die taal dra) in die suide.
Die bloeitydperk in die Middeleeue
Die taal en letterkunde van Oksitanië speel 'n belangrike rol in die middeleeuse geskiedenis van Wes-Europa. Die geskiedenis van die Oksitaanse letterkunde begin met die digter Willem IX van Akwitanië (1071-1127). Oksitaans, die taal van die troubadours, is die taal waarin die groot ridderlike liefdesverhale vir die eerste keer in die Europese literatuurgeskiedenis voorkom. Die sage van Tristaan en Isolde is vanuit Oksitanië dwarsoor die vasteland versprei. Vroueverering en 'n kosmopolitiese kultuur word versterk onder die invloed van die Katare, 'n gnostiese beweging wat 'n eie soort christendom ontwikkel het. Die Oksitaanse kultuur van vryheid en verdraagsaamheid het van die gebied die vooruitstrewendste en welvarendste in Europa gemaak, en sy boodskap het vinnig versprei en feitlik alle Europese howe beïnvloed.
Europa
Die kruistog teen die Kathare
In die grusame kruistogte van 1209 tot 1244 is duisende mense vermoor en die bloeiendste kultuur in Europa vernietig. Die Kathare wat nie die goddelikheid van Jesus Christus wou aanvaar nie en die aardse god van die Hebreeuse Skrifte verwerp het is deur "Christelike" Noord-Franse leërs en met goedkeuring van die Vatikaan uitgeroei. Die kruistogte word onder die grootste gruweldade van die geskiedenis gereken, en die Oksitaniërs, wat die Noord-Franse eintlik steeds as buitelanders beskou het, bly in die volgende eeue argwanend teenoor die Paryse regering. Die Rewolusie van 1789 word in die gebied ewe sterk ondersteun soos die gedagtes van die antiklerikalisme en radikale sosialisme. Vandag is daar weer 'n klein maar groeiende beweging wat die nagedagtenis en erfenis van die Kathare in die plaaslike publiek bevorder.
Sedert die kruistogte probeer die bevolking hulle identiteit min of meer deur die gebruik van die eie taal te bewaar, en ook die naam Oksitanië vir die gebied word in die dertiende eeu ingevoer. Met die edik van Villers-Cotterêts word Oksitaans in 1539 ten gunste van die Noord-Franse taal afgeskaal, en talle skrywers van die Oksitaanstalige gebied soos Michel Eyquem de la Montaigne en Charles baron de Montesquieu begin ook na die taal van die Île de France oorskakel. Terwyl die owerhede en die geleerdes die taal eerder as 'n patois of streektaal beskou word die Oksitaanse taal deur die landelike bevolking steeds gebesig en wek weer belangstelling in die Romantiese stromings van die 19de eeu.
Moderne digters
Dit was veral die werk van die digter Frédéric Mistral (1830-1914) wat aan die beginpunt van die nuwe bloeitydperk van die Oksitaanse taal staan. Saam met ander jong skrywers stig hy op 25 Mei 1854 die kultureel-politieke beweging Félibrige wat probeer om op die grondslag van die Provençaalse dialek 'n nuwe standardtaal te skep wat ook vir literêre doeleindes geskik is. Met voorlopers soos Abbé Joseph Roux wat die spelling standardiseer, Prosper Estieu en Antonin Perbosc word Mistral die belangrikste Oksitaanse digter. Vir die gedig Mirèio wat hy reeds in 1851 geskryf het ontvang Mistral in die jaar 1904 die Nobelprys vir Letterkunde.
Max Rouquette (Oksitaans: Max Roqueta) is 'n ander groot Oksitaans-Provençaalse digter van die 20ste eeu. Sy werk omvat talle romans, kortverhale, gedigte en toneelstukke, wat hy steeds ook self na Frans vertaal. Max Rouquette sterf in Junie 2005 op 96-jarige leeftyd in Montpellier.
Amptelike status
Die Oksitaanse taal word aan die begin van die 21ste eeu nog steeds nie as ampstaal gebruik nie, maar die Franse televisiekanaal France 3 bied gereëld nuusberigte in Oksitaans aan. Suid-Franse kinders kan die Oksitaanse taal in besondere kleuterskole, die sogenaamde calandretas, aanleer.
Vergelyking met ander Romaanse tale
Eksterne skakel
[http://videojts.france3.fr/ Nuusberigte in Oksitaans vir Windows Mediaspeler]
Category:Frankryk
als:Okzitanische Sprache
ja:オック語
ko:오크어
Atoom
| Atoom |
|
| Klassifikasie |
|
| |
| | Eienskappe |
|
|
| Massa: | Atoommassa |
| Elektronlading: | 0 C |
| Deursnee: | 10pm tot 100pm |
|
'n Atoom is 'n submikroskopiese struktuur wat in alle gewone materie rondom ons voorkom. Atome bestaan uit subatomiese partikels: elektrone, protone, en neutrone. Atome het die geneigdheid om te kombineer om molekules te vorm. Die watermolekule
bestaan byvoorbeeld uit 2 waterstof-atome en 1 suurstof-atoom. Atome is die fundamentele boustene van chemie en word nie vernietig in chemiese reaksies nie. Slegs 91 tipes chemiese boustene, of chemiese elemente, kan natuurlik op die aarde gevind word, en word geklassifiseer in die periodieke tabel. Die klassifikasie is gebaseer op die aantal protone in die atoom. Ander tipes atome kan kunsmatig berei word, maar hulle is onstabiel en breek geleidelik af na natuurlike chemiese elemente deur middel van kernfisie.
Atome van dieselfde chemiese element kan verskillende radioaktiewe eienskappe hê, gebaseer op die aantal neutrone. Atome met dieselfde aantal protone maar verskillende getal neutrone word isotope genoem van die selfde chemiese element. Omdat atome oral voorkom, is dit baie eeue lank reeds 'n belangrike studieveld. Tans fokus navorsing op kwantum-effekte, soos in Bose-Einstein-kondensaat.
Atoomteorie
Die atoomteorie is 'n teorie oor die aard van materie. Die teorie bepaal dat alle materie uit atome bestaan.
Die Griekse filosowe, soos Leucippus en Democritus, het oor die aard van materie nagedink. Hulle denkpatroon het, eenvoudig gestel, die volgende roete gevolg: indien 'n materiaal soos goud opgebreek word, verander die aard van die kleiner stukke nie - hulle is nogsteeds goud. Die Grieke het gespekuleer dat, indien hierdie stukke in nog kleinerwordende stukkies opgebreek word, daar waarskynlik 'n stadium sou kom waar die deeltjies nie verder opgebreek kon word nie. In Grieks beteken die woord atomos "nie skeibaar nie". Dit is waarvandaan die woord atoom afgelei is.
Struktuur
Sub-atomiese partikels
Atome bestaan hoofsaaklik uit leë spasies, maar ook uit kleiner subatomiese partikels. In die kern van 'n atoom is 'n klein positief gelaaide kern wat bestaan uit nukleone(nl. protone en neutrone). Die res van die atoom bestaan uit die buigsame elektronskille. In 'n neutrale atoom, is die getal protone en elektrone ewe veel, en balanseer die elektriese ladings mekaar uit. Gelaaide atome word ione genoem.
Atome met minder elektrone as protone het 'n positiewe lading en staan bekend as katione. Atome met meer elektrone as protone het 'n negatiewe lading en staan bekend as anione.
Elektrone wentel rondom die kern teen hoë snelhede. Elektrone wentel teen verskillende afstande vanaf die kern. Ons sê die naaste aan die kern kom in een "skil" (ook 'n orbitaal genoem) voor en dié wat verder weg is weer in 'n ander "skil". Daar word aan elke skil/orbitaal 'n nommer toegeken. Die een naaste aan die kern is skil 1, die volgende skil vanaf die kern word skil 2 genoem, ensovoorts. Die kern is meer as 100 000 keer kleiner as die atoom - die grootte van die atoom word dus bepaal deur die grootte van die buitenste elektron skil. Indien 'n atoom vergroot sou word tot die grootte van Johannesburg se lughawe, sou die kern in die middel kleiner as 'n golfballetjie wees!
Elemente en isotope
Atome word in gewoonlik geklassifiseer volgens hul atoomgetalle, wat ooreenstem met die aantal protone in die atoom (in neutrale atome, is dit dieselfde as die aantal elektrone). Die atoomgetal bepaal die familie of element waaraan die atoom behoort. Koolstof-atome is byvoorbeeld die enigste atome wat 6 protone bevat. Al die atome met dieselfde atoomgetal deel 'n wye verskeidenheid fisiese eienskappe en toon dieselfde chemiese gedrag. Die verskillende tipes atome word in die periodieke tabel aangedui. Die massagetal of nukleoongetal is die totale protone en neutrone wat in die atoom voorkom. Die aantal neutrone het geen invloed op die elementklassifikasie van 'n atoom nie. Daar kan dus in een "atoomfamilie" of element verskeie atoomtipes wees wat dieselfde atoomgetal het maar met verskillende massagetalle. Hierdie verskillende atoomtipes word dan isotope van mekaar genoem.
Om 'n isotoop van ander isotope in sy elementfamilie te onderskei skryf 'n mens net die naam van die element en sy massagetal neer, bv. koolstof 14 (wat bestaan uit 6 protone en 8 neutrone in elke atoom).
Die eenvoudigste atoom is die waterstof-atoom, met 'n atoomgetal van 1 en wat bestaan uit een proton en een elektron. Die waterstof-isotope wat 1 additionele neutron bevat word deuterium genoem; die waterstof-isotoop met 2 additionele neutrone word tritium genoem. Die isotope was 'n onderwerp wat baie belangstelling in wetenskap ontlok het, veral in die vroeë ontwikkeling van kwantumteorie.
Buitenste orbitale en verbinding
Die chemiese gedrag van atome is hoofsaaklik te danke aan die interaksie tussen hulle elektrone. Veral die elektrone in die buitenste skil/orbitaal, wat die valens-elektrone genoem word, het die grootste invloed op chemiese gedrag. Kernelektrone (dié wat nie in die buitenste skil voorkom nie) speel wel 'n sekondêre rol, hoofsaaklik vanweë die afskermingseffek van die positiewe lading in die atoomkern.
Elke orbitaal rondom die kern kan 'n beperkte aantal elektrone huisves:
Orbitaal 1: - 2 elektrone
Orbitaal 2: - 8 elektrone
Orbitaal 3: - 8 of 18 elektrone (afhangende van watter element)
Elke atoom wat 'n vol (of leë) buitenste orbitaal het, is meer stabiel. Atome bereik die stabiliteit deur elektrone te deel met naburige elektrone of deur elektrone van ander atome geheel en al te verwyder. Wanneer elktrone gedeel word, word 'n kovalente verbinding gevorm.
Kovalente verbindings is die sterkste atomiese verbinding. Sodoende bly atome saam in groepe wat molekules genoem word. Die elektrone in die buitenste orbitale wentel dan om al die atome wat elke individuele atoom dan laat met 'n vol (dus stabiele) buitenste orbitaal.
Wanneer een of meer elektrone geheel en al van 'n atoom verwyder word deur 'n ander atoom, word 'n ioon gevorm. Ione is atome wat a netto lading bevat as gevolg van die wanbalans in die aantal protone en elektrone. Sommige atome, soos Natrium, het een elektron in die buitenste orbitaal.
Ander, soos chloor, het net een meer elektron nodig om die buitenste orbitaal vol te maak. As natrium-atome dus kontak maak met chloor-atome, sal die natrium-atome hulle buitenste elektrone afgee aan die chloor-atome. Die natrium-atome sal dus 'n positiewe lading verkry en die chloor-atome sal 'n negatiewe lading verkry. Die ioon wat die elektron gesteel het word die anioon genoem en is negatief gelaai. Die atoom wat sy elektron verloor het word 'n katioon genoem en is positief gelaai. Katione en anione word na mekaar aangetrek as gevolg van die coulombiese kragte tussen die positiewe en negatiewe ladings. Die aantrekkingskrag word elektrovalente of ioniese verbinding genoem en is swakker as kovalente verbindings.
category:chemie
category:fisika
ja:原子
ko:원자
ms:Atom
simple:Atom
th:อะตอม
Eeue
Kategorie:Eeue
19de eeuEeue:
Kategorie:19de eeu
ja:19世紀
ko:19세기
simple:19th century
th:คริสต์ศตวรรษที่ 19
zh-min-nan:19 sè-kí
21ste eeuDie begin van die 21ste eeu is gekenmerk deur the 2001-09-11 terroriste-aanval in die VSA, en die oorloë as gevolg daarvan.
Eeue
Kategorie:21ste eeu
ja:21世紀
ko:21세기
simple:21st century
1901 Gebeure
- 1 Januarie - Nigerië word 'n Britse protektoraat
- 25 April - New York word die eerste staat wat motorkar-nommerplate vereis.
- 24 Junie - Eerste uitstalling van Pablo Picasso geopen.
- 25 September - Die Koninkryk van Ashanti word deur Britanje ge-annekseer as deel van die Gouekuskolonie.
Geboortes
- 11 Maart - Leopold III van België
- 7 Mei - Gary Cooper, akteur (d. 1961)
- 4 Augustus - Louis Armstrong, jazz-musikant (d. 1971)
Sterftes
- 9 September - Henri de Toulouse-Lautrec, skilder.
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1901年
ko:1901년
1903 Gebeure
- 17 Desember - Die eerste aangedrewe vlug vind plaas, deur die Wright-broers.
Geboortes
- 25 Junie - George Orwell (Eric Arthur Blair), skrywer (†1950).
- 17 November - Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en Staatspresident (1975-1978).
- Graham Sutherland - Waterverfskilder
Sterftes
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1903年
ko:1903년
simple:1903
1906 Gebeure
- 24 Desember - Reginald Fessenden saai die eerste radio uitsending ooit uit.
Geboortes
Sterftes
----
Dag | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1906年
ko:1906년
simple:1906
th:พ.ศ. 2449
Kategorie:20ste eeuKategorie:Eeue
ja:Category:20世紀
Argintina
L'Argintina è un paisi di la Mèrica dû Sud chi cunfina a nord cu la Bolivia e cu lu Paraguai, a nordest cu lu Brasili, a ovest cu lu Cili, a est cu l'Uruguai e a sudest cu l'Ocèanu Atlànticu. La pupulazzioni havi pi lu 48% orìggini taliani e pi lu 51% spagnoli.
Pulitica
Viditi puru:
- Alberto Fernández
- Plaza de Mayo
Category:Amèrica
Category:Argintina
doda pociel tapety na pulpit kultura ruletka
|
|
|
|