:: wikimiki.org ::
| Alchemie |
AlchemieAlchemie is die antieke soeke na 'n metode, of kuns, om onedelmetale te verander in edelmetale - 'n proses wat as transmutasie bekendstaan. Alchemiste het beweer dat die beginmateriaal, 'n materiaal is wat geredelik bekombaar was vir die gewone mens. Die belofte van onbeperkte rykdom het oor die eeue heen die mensdom se nuuskierigheid in alchemie geprikkel.
Die afkoms van die term Alchemie is onseker. Alchemie se geskiedenis word herlei na Egipte, die Grieke en die Arabiere. Die Arabiere het 'n term "Al kimia" maar die oorspronkilike betekenis van "Kimia" is onbekend. Die grieke het 'n woord "chyma" wat verwys na die verwerking van metale. Alchemie word terug herlei na 'n Egiptiese term "chem" wat swart beteken en verwys na Egipte as "Die land van swart grond". Hierdie teorie ondersteun die teorie dat alchemie vanuit Egipte na die Grieke en toe na die Arabiere, en daarna na Europa versprei het.
Alchemie het sy hoogtepunt bereik voor die ontwikkeling van die periodieke tabel en het staatgemaak op 'n klasifikasie van stowwe in terme van twee kontinuums: droog & nat op die een kontinuum, warm & koud op 'n ander kontinuum. Alhoewel alchemiste van verskeie stowwe gebruik gemaak het, het veral kwik, swael en sout 'n bepalende rol gespeel in die formules wat gedokumenteer is. Alchemiste het met sewe primêre metale gewerk naamlik: silwer, kwik, koper, goud, yster, tin en lood. Hierdie sewe metale is verbind aan die sewe sigbare ruimteligame. Alchemie het swaar gesteun op sterrekunde om te bepaal wanneer sekere alchemiese prosesse moes begin. Baie van die alchemie dokumentasie bly egter tot vandag toe onduidelik aangesien die alchemis gewoonlik gepoog het om sy waarnemings geheim te hou. In alchemie is daar geglo dat 'n bepaalde prosedure van die meng, oplos, opwarm en skeiding van stowwe nodig is om die steen van die wyses, die magisterium, te produseer. Die steen was die sleutel wat transmutasie moontlik gemaak het asook die verlenging van 'n mens se lewensduur.
Alchemie word egter op 'n mistieke vlak eerder verbind aan 'n filosofie met 'n groter omvang, as net die verandering van onedelmetale in edelmetale. Die alchemis het geglo dat die uiterlike transmutasie van metale gepaard gegaan het met 'n innerlike transformasie van die siel. In sy diepste wese is Alchemie die ontsluiting van begrip vir die bestaan van die mens, asook die geheimenisse vir 'n ewige lewe. Binne hierdie konteks was die fokus geplaas op die veredeling van die mens se innerlike wese.
Verskeie oortuigings, praktyke, simbole en mites word gekoppel aan die wetenskap van alchemie. As gevolg van al die geheimhouding het alchemie ontwikkel as 'n sterk individuele dissipline. Alhoewel groot hoeveelheid materiaal geskryf is oor alchemie is daar baie teenstrydighede. Elke individu moes self die geheime van alchemie ontdek.
Beginsels van alchemie
Alchemie is gebasseer op die volgende beginsels:
- 'n Onwrikbare doelwit - die strewe na transmutasie of perfeksie.
- Die navolging van baie spesifieke prosesse, in 'n bepaalde volgorde en volgens gespesifiseerde kriteria, gebaseer op 'n kennis van die basismateriale.
- Fyn en konstante waarneming en beheer oor die prosesse.
- Bepaalde instrumente is benut om bepaalde effekte te kry.
- Die prosesse was gekenmerk as 'n proses van herhaling en voortdurende verfyning.
- Die alchemis is as waarnemer net so 'n belangrike deel van die proses as die instrumente en materiale.
- Die alchemis het geglo hy werk saam met die natuur of ter ondersteuning aan die natuur, om die natuur te help om 'n punt van perfeksie te bereik.
Die lewenswyse van 'n alchemis
Die wêreld van die alchemis was nie altyd 'n maklike een nie. Alchemie het bekend gestaan as: "Die groot werk" en het 'n voltydse betrokkenheid van die alchemis vereis om vure teen konstante temperature te hou. 'n Alchemis moes 'n laboratorium inrig met verskeie instrumente. Hierdie laboratoriums het die konstante gevaar ingehou van brande, ontploffings en gifstowwe wat vrygelaat is. Hierdie gevaar is verder vergroot deurdat die alchemis konstant sekere prosesse moes dophou en dus met weinig slaap oor die weg moes kom. Heelparty van die simboliek en beelde wat in alchemie tot stand gekom het word toegeskryf aan drome. Dit is juis hierdie aspek van alchemie wat die bekende psigoanalis, Carl Jung se belangstelling in alchemie aangewakker het. Alchemiste is blootgestel aan bespotting omdat daar baie kulkunstenaars en bedrieërs was wat hulself as alchemiste voorgedoen het. Daar was verskeie tye waar alchemiste vervolg is weens aantygings van valsheid of kwaadwilligheid. Alchemiste was ook blootgestel aan die gierigheid van mense wat hulle aangeval het om hul geheime te verkry, sonder om die langdradige proses van ontdekking en uitvinding te volg. Alchemiese prosesse kon maande en selfs jare duur voordat die proses volledig afgehandel was. As daar 'n fout iewers ingesluip het moes die Alchemis van vooraf begin.
Die bydrae tot moderne wetenskap
Alchemie was die voorloper van die moderne wetenskap en aptekerswese, in die sin dat baie chemiese waarnemings gedokumenteer is in terme van die interaksies van verskillende stowwe. So byvoorbeeld het 'n Duitse alchemis, Henning Brandt, fosfor ontdek in 1669 terwyl hy goud gemeng het met 'n aftreksel van urine.
Daar is verskeie mense wat 'n groot bydrae gelewer het tot die moderne wetenskap as gevolg van die beoefening of studie van alchemie:
- Paracelsus, wat geken is as die vader van moderne aptekerswese.
- Joan Baptista van Helmont, wat die bestaan van gasse bewys het.
- Johann Friedrich Böttger, wat die eerste persoon was in Europa om porselein te ontdek.
- Robert Boyle wat die basis gelê het vir moderne chemié.
- Isaac Newton wat verantwoordelik was vir die wetenskaplike revolusie, het baie tyd spandeer om alchemie te bestudeer.
- Carl Jung, die psigoanalis, het alchemiebronne bestudeer en gevind dat die simboliek van alchemie noue verband hou met die oertipes wat figureer in die drome en fantasieë van sy pasiënte.
Lys van Alchemiste
- 350 v. C.-270 v. C.: Tsou Yen is die eerste bekende praktiserende alchemis.
- 250 v.C. Bolos of Mendes - skryf die oudste alchemiese teks in die Weste genaamd: "Physika"
- 100 Maria die Jodin - is veral bekend vir die verbetering van alchemiese instrumente.
- 400 Zosimos - Skryf die werk "On Virtue"
- 704 Khalid ibn Yazid - 'n Prins van Damaskus wat aanvaar word as die eerste Arabierse alchemis.
- 760 Abu Musa Jabir - 'n Arabierse alchemis ook bekend as Gerber, wat belangrik geag is deur Europese alchemiste.
- 721 - 815 Jabir ibn Hayyan Die outeur van Die boek van Venus wat handel oor die kuns van Alchemie.
- 864 Al Razi - Maak 'n groot bydrae tot alchemie deur 'n bydrae te maak tot die klasifikasie van stowwe asook die verbetering van laboratorium tegnieke.
- 1058 - 1111 Algazel'n Persiese Moslem skrywer/ filosoof van "Kimiya al sa'ada" of "Die alchemie van geluk" se werke is van Arabierse oorvertaal na Latyn
- 1252 - 1284 Alfonso X Die koning van Kastilië vertaal Oosterse Alchemie geskrifte in Kastiliaans
- 14 de eeu: Nicolas Flamel
- 14 de eeu: Bernard of Treves
- 1493 - 1541: Paracelsus
- 1486 - 1535 :Cornelius Agrippa
- 15de eeu: George Ripley outeur van "The twelve gates" of "Die twaalf hekke"
- 1524 -:Thomas Charnock
- 1527 - 1608 John Dee
- 20ste eeu: Archibald Cockren
Verwante boeke
- 2002, D. Fernando, The Dictionary of Alchemy - An A-Z of History, People and Definitions,Vega, 64 Brewery Road, London, N7 9NT
- 2001, P. Marshall, The Philosopher's stone - A quest for the secrets of alchemy, Pan Macmillan, 20 New Warf Road, London N1 9RR, Basinstoke and Oxford
- 1991, C. Gilchrist, The elements of alchemy, Element Books Limited, Shaftesbury, Dorset SP7 8BP.
Verwante skakels
[http://www.levity.com/alchemy/index.html The Alchemy Web Site]
ja:錬金術
Periodieke tabelDie periodieke tabel van die chemiese elemente is 'n uitbeelding van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens elektronstruktuur sodat baie chemiese eienskappe reëlmatig verander deur die tabel.
Die periodieke tabel van die elemente
Die volgende figuur wys die huidige tabel van bekende elemente. Elke element is gelys volgens sy atoomgetal en chemiese simbool.
Elemente in dieselfde kolom of periodieke tabelgroep se chemiese eienskappe is soortgelyk.
Atoomgetalle in rooi dui op elemente wat nie natuurlik op aarde voorkom nie.
Geskiedenis
Oorspronklik was die stelsel ontwerp sonder kennis van die inwendige bou van die atoom. Die elemente is gerangskik volgens hulle atoommassa. Die Duitser Johann Wolfgang Döberreiner was die eerste wat opgemerk het dat daar 'n golfbeweging ontstaan het in die eienskappe. Hy het triade van ooreenkomstige elemente onderskei. Die Engelsman John Alexander Reina Newlands het ontdek dat daar 'n reelmatigheid van elke 8 elemente bestaan, maar hulle het hom bespot toe hy die vermoede uitspreek dat dit vergelykbaar met die oktawe in die musiek kon wees. Uiteindelik het die Duitser Lothar Meyer en die Rus Dmitry Mendeleev die eerste perodieke tabel gepubliseer. Daarby het hulle vir Telluur en Jodium die massa volgorde omgeruil. Dit het die ooreenstemming met die eienskappe verbeter. Na die koms van die golfmeganika het dit duidelik geword dat hierdie stap geregverdig was.
Sien ook
- Lys van elemente volgens naam
- Lys van elemente volgens simbool
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com Chemistry: Web Elements]
- Engelse weergawe van die [http://bmrl.med.uiuc.edu:8080/MRITable/MRItable.html periodieke tabel] vir magnetiese resonansie.
category:chemie
als:Periodensystem
ja:周期表
ko:주기율표
ms:Jadual berkala
simple:Periodic table
th:ตารางธาตุ
Swael
Swael is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool S en atoomgetal van 16. Dit kom wyd verspreid voor en is 'n smaaklose, reuklose, multivalente nie-metaal. Swael, in sy onverbonde vorm is 'n geel kristallyne vastestof. In die natuur kan dit gevind word in suiwer vorm of as sulfied en sulfaat minerale. Dit is 'n lewensnoodsaaklike element en word in verskeie aminosure aangetref. Kommersiële gebruik van swael is hoofsaaklik vir kunsmis maar dit word ook gebruik in buskruit, lakseermiddels, vuurhoutjies, pesdoders en swamdoders.
Kenmerkende eienskappe
Swael is 'n sagte en ligte stof met 'n heldergeel kleur. Alhoewel waterstofsulfied (H2S) 'n kenmerkende vroteierreuk het, is dit belangrik om kennis te neem dat elementêre swael reukloos is! Dit brand met 'n helderblou vlam wat swaeldioksied vrystel, wat 'n kermerkende verstikkende reuk het. Swael is nie oplosbaar in water nie maar wel oplosbaar in koolstofdisulfied. Algemene oksidasietoestande van swael sluit −2, +2, +4 en +6 in. Swael vorm stabiele verbindings met die meeste elemente buiten die edelgasse.
Swael bestaan normaalweg as molekules in die vastestof, en neem hoofsaaklik 'n sikliese kroonvormige S8 struktuur aan. Swael het vele allotrope buiten S8. Deur een atoom van die kroon te verwyder verkry mens S7, wat verantwoordelik is vir die heldergeel kleur wat met swael geassosieer word. Ander ringstrukture is ook al voorberei, die vernaamstes waarvan S12 en S18 insluit.
Die kristallografie van swael is kompleks. Afhangende van die spesifieke toestande kan die swaelallotrope vele onderskeibare kristalstrukture vorm, waarvan die rombiese en monokliniese S8 die bekendste is. In teenstelling daarmee bestaan sy ligter buurman op die periodieke tabel uit slegs twee vorme van chemiese belang: O2 en O3. Selenium, die swaarder analoog van swael vorm 'n paar ringstrukture maar is meer stabiel as 'n gryskleurige polimeer.
'n Noemenswaardige eienskap is dat die viskositeit (vloeibaarheid) van gesmelte swael, anders as die meeste ander vloeistowwe toeneem met temperatuurstyging vanweë die vorming van polimeerkettings.
Amorfe of plastiese swael kan voorberei word deur die snelle verkoeling van gesmelte swael. X-straal kristallografiese ondersoeke het getoon dat die amorfe vorm 'n heliese struktuur mag hê, met agt atome per draai. Hierdie vorm is metastabiel by kamertemperatuur en keer geleidelik terug na sy kristallyne vorm. Die proses gebeur binne 'n kwessie van ure tot dae maar kan vinnig gekataliseer word deur geskikte katalisators, onder andere menslike speeksel ('n hoofrede waarom 'n mens nie swael in die mond moet plaas nie).
Aanwendings
Swael het vele industriële gebruike. Swaelsuur (H2SO4), een van die belangrikste verbindings van swael, maak daarvan een van die belangrikste elemente in gebruik as 'n industriële roumateriaal. Dit is van groot belang in byna elke denkbare sektor van die wêreld se ekonomieë. Swaelsuurproduksie is die grootste eindverbruik van swael en verbruik daarvan word oraloor beskou as een van die beste indikatore van 'n nasie se ontwikkelingsvlak. In die Verenigde state is swaelsuur diè industriële chemikalie waarvan die meenste vervaardig word. Swael word ook gebruik in batterye, reinigingsmiddels, die vulkanisering van rubber, swamdoders en vir die vervaardiging van fosfaatbevattende misstowwe. Sulfiet word gebruik as bleikmiddel in papiervervaardiging en as preserveermiddel in wyn en gedroogde vrugte. Vanweë sy vlambaarheid word swael ook gebruik in vuurhoutjies, buskruit en vuurwerke. Natrium of ammonium tiosulfaat word gebruik in fotografiese fikseermiddels. Magnesiumsulfaat, ook beter bekend as Engelse sout (en: Epsom salts) word gebruik as lakseermiddel, 'n badsout, as skilfermiddel of as 'n magnesiumaanvulling vir plante.
Biologiese rol
Die aminosure, sistien en metionien bevat swael, asook al die polipeptiede, proteïne en ensieme wat hierdie aminosure bevat. Dit maak swael 'n noodsaaklike komponent van alle lewende selle. Disulfiedverbindings tussen polipeptiede is baie belangrik in die samestelling van proteïne en strukture. Homosistien en taurien is ook swaelbevattende aminosure maar maak nie deel uit van DNA of die primêre struktuur van proteïne nie. Sommige vorms van bakterieë gebruik waterstofsulfied (H2S) in plaas van water as die elektrondonor in 'n primitiewe proses soortgelyk aan fotosintese. Swael in die vorm van sulfaat-ione word deur plante vanuit die grond geabsorbeer.
Omgewingsimpak
Die brand van steenkool en ru-olie deur nywerhede en kragstasies stel groot hoeveelhede swaeldioksied (SO2) in die lug vry wat met atmosferiese water en suurstof reageer om swaelsuur te produseer. Dit veroorsaak suur-reën wat die pH van grond en varswaterbronne verlaag. Dit lei tot noemenswaardige skade aan die natuurlike omgewing asook chemiese verwering van standbeelde en ander geskiedkundige argitektoniese strukture. Brandstofstandaarde word toenemend strenger gemaak en vereis 'n al laer swael-inhoud van produkte wat uit fossielbrandstowwe vervaardig word om die vorming van suur-reën te voorkom. Die swael wat sodoende onttrek word word geraffineer en maak 'n groot deel van swaelproduksie uit.
Geskiedenis
fossielbrandstowwe
Swael is bekend sedert antieke tye en daar word daarna verwys in die boek van Genesis in die Bybel.
Homer het verwys na peswerende swael in die 9de eeu v.C. In 424 v.C. het die Boeotië-stam die mure van 'n stad vernietig deur 'n mengsel van steenkool, swael en teer onder hulle te brand. In die 12de eeu het die Sjinese buskruit uitgevind wat 'n mengsel van kaliumnitraat (KNO3), koolstof en swael is. Vroeëre alchemiste het aan swael sy eie alchemiese simbool toegeken wat bestaan het uit 'n driehoek bo-aan 'n kruis. Laat in die 1770s, het Antoine Lavoisier gehelp om die wetenskaplike gemeenskap daarvan te oortuig dat swael inderwaarheid 'n element was en nie 'n verbinding nie. In 1867 is swael ontdek in ondergrondse neerslae in Louisiana en Texas. Die boliggende grond was onstabiel wat gewone mynboumetodes onmoontlik gemaak het. Die probleem is egter oorkom met die ontwikkeling van die Frasch proses.
Verspreiding
Frasch proses
Frasch proses, Nieu-Seeland]]
Swael kom natuurlik in goot hoeveelhede as verbindings met ander elemente in sulfiede (bv. piriet, cinnabar, galena, sfaleriet en stibniet en sulfate (bv. gips) voor. Dit word in die onverbonde vorm gevind naby warmbronne en vulkaniese streke. Daar is noemenswaardige elementêre swaelneerslae langs die Gulf Coast van die V.S.A. Ander hoofverskaffers is: Kanada, Japan, Frankryk, Pole en Meksiko. Vulkaniese neerslae word ook tans in Indonesië en Chili ontgin.
Die kenmerkende kleure van Jupiter se vukaniese maan Io is vanweë verskeie vorms van gesmelte en soliede swael en swaeldampe. Daar is ook 'n donker area naby die Maankrater, Aristarchus, wat 'n swaelneerslag mag wees. Swael is ook teenwoordig in baie meteoriete.
Verbindings
Waterstofsulfied het die kenmerkende reuk van vrot eiers. Wanneer dit in water opgelos word, is waterstofsulfied suur en sal met metale reageer om 'n reeks metaalsulfiedes te vorm. Natuurlike metaalsulfiedes kom ook algemeen voor, veral dié van yster. Ystersulfied word piriet genoem en is al dikwels deur prospekteerders met goud verwar.
Baie van die onwelriekende reuke van organiese verbindings is vanweë die feit dat die verbindings swael bevat. Etiel- en metielmerkaptaan word gebruik om 'n reuk aan natuurlike gas te verleen sodat lekke geruik kan word. Die reuk van knoffel en 'n muishond se afskeiding word ook deur swaelbevattende organiese verbindings veroorsaak.
Polimeriese swaelnitried het metaaleienskappe al bevat dit nie enige metaal-atome nie. Die verbinding het ook buitengewone elektriese en optiese eienskappe.
Ander belangrike swaelverbindings sluit in:
- natriumditioniet, Na2S2O4, 'n kragtige reduseermiddel.
- swaeligsuur, H2SO3, word voorberei deur SO2 in water op te los. Swaeligsuur en die ooreenstemmende sulfiete is betreklik sterk reduseermiddels. 'n Ander verbinding wat uit SO2 verkry word is die pirosulfiet-ioon (S2O52−).
- Die tiosulfate (S2O32−). Tiosulfate word gebruik as fikseermiddel in fotografiese prosesse en is oksideermiddels en ondersoek word ingestel na die moontlike vervanging van sianied met ammonium tiosulfaat vir die loging van goud. [http://doccopper.tripod.com/gold/AltLixiv.html]
- Verbindings van ditionoë-suur (H2S2O6)
- Die politioniese sure, (H2SnO6), waar n kan wissel van 3 tot 80.
- Die sulfate, die soute van swaelsuur.
- Sulfiede is eenvoudige verbindings van swael met 'n ander chemiese element.
- Swaelsuur reageer met SO3 in ekwimolêre verhoudings om piro-swaelsuur te vorm.
- peroksiemono-swaelsuur en peroksiedi-swaelsuur, wat deur die aksie van SO3 op gekonsentreerde H2O2, en H2SO4 op gekonsentreerde H2O2 onderskeidelik voorberei word.
- tetraswaeltetranitried S4N4.
- Tiosianate is verbindings wat ide tiosinaat-ioon, SCN- bevat.
- tiosianogeen, (SCN)2.
- 'n tio-eter is 'n molekule met die vorm R-S-R', waar R en R' organiese groepe verteenwoordig. Dit is die swaelekwivalente van die eters.
- 'n Tiol (ook bekend as merkaptaan) is 'n molekule met 'n -SH funksionele groep. Hierdie is die swaelekwivalente van die alkohole.
- 'n Tiolaat ioon het 'n -S- funksionele groep daaraan verbind. Hierdie is die swaelekwivalente van die alkoksied ione.
- 'n Sulfoon is 'n molekule met 'n R-S(=O)-R' funksionele groep waar R en R' organiese groepe verteenwoordig.
- 'n Sulfoksied is 'n molekule met 'n R-S(=O)(=O)-R' funksionele groep. 'n Algemene voorbeeld van 'n sulfoksied is DMSO.
Isotope
Swael het 18 isotope waarvan vier stabiel is: 32S (95.02%), 33S (0.75%), 34S (4.21%) en 36S (0.02%). Behalwe vir 35S het die radio-aktiewe isotope van swael almal baie kort leeftye. Swael-35 word gevorm deur afsplintering deur kosmiese straling van argon-40 in die atmosfeer. Dit het 'n halfleeftyd van 87 dae.
Wanneer sulfiedminerale gepresipiteer word kan die isotoop-ewewig tussen die vastestof en vloestoffase klein verskille in die ds-34 waardes veroorsaak in minerale. Die dC-13 en dS-34 van karbonate en sulfiede wat saam voorkom kan gebruik word om die pH en suurstoffugasiteit van die ertsdraende vloeistof tydens ertsvorming te bepaal.
In die ekostelsel van die meeste woude word sulfate hoofsaaklik vanuit die atmosfeer verkry; die verwering en verdamping van ertsminerale dra ook tot 'n mate by. Swael met 'n kenmerkende isotoop-samestelling is al gebruik om die bronne van besoedeling te identifiseer. Verrykte swael is ook al gebruik as spoormiddel in hidrologiese ondersoeke. Verskille in die natuurlike verspreiding kan ook gebruik word om stelsels te bestudeer waar daar 'n genoemsame variasie in die S-34 konsentrasie van ekostelsels bestaan.
Voorsorgmaatreëls
Koolstofdisulfied, waterstofsulfied en swaeldioksied moet altyd versigtig hanteer word.
Hoewel swaeldioksied veilig genoeg is om in klein hoeveelhede as voedselbymiddel gebruik te word, sal dit in hoër konsentrasies met water in die longe reageer om swaeligsuur daar te vorm; dit veroorsaak dan onmiddelike bloeding en die longe vul met bloed wat versmoring tot gevolg kan hê. In organismes sonder longe soos insekte of plante kan dit ook respirasie verhoed.
Waterstofsulfied is betreklik toksies (meer giftig as sianied). Hoewel dit aanvanklik baie sleg ruik is dit geneig om die reuksintuie vinnig af te stomp sodat die potensiële slagoffer onbewus kan raak van die teenwoordigheid daarvan totdat dit te laat is.
Sien ook
- swaelsiklus
- disulfiedverbinding
Verwysings
- [http://periodic.lanl.gov/elements/16.html Los Alamos National Laboratory – Swael]
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/S/index.html WebElements.com – Sulfur]
- [http://environmentalchemistry.com/yogi/periodic/S.html EnvironmentalChemistry.com – Sulfur]
Kategorie:Chemiese elemente
Kategorie:Nie-metale
Kategorie:Voël
ja:硫黄
ko:황
simple:Sulfur
th:กำมะถัน
Koper
Kategorie:Chemiese elemente
ja:銅
ko:구리
simple:Copper
th:ทองแดง
Yster
Yster is 'n chemiese element met die simbool Fe en atoomgetal van 26. Dit is 'n metaal in groep 8 en periode 4 van die periodieke tabel. Yster is die finale element wat tydens nukleosintese van sterre gevorm word en is dus die swaarste element wat nie 'n supernova of soortgelyke heftige gebeurtenis vereis vir sy vorming nie. Dit is daarom dan ook die swaarmetaal wat die meeste in die heelal voorkom.
Kenmerkende eienskappe
Yster is die metaal wat die meeste voorkom en daar word geglo dat dit die element is wat die tiende meeste in die heelal voorkom. Yster is ook op 'n massabasis die element wat die grootste deel van die Aarde uitmaak (34.6%); die konsentrasie yster in die verskillende lae van die Aarde wissel van baie hoog by die kern tot ongeveer 5% in die kors; dit is dalk moontlik dat die Aarde se binnekern bestaan uit 'n enkele ysterkristal, dit is egter meer waarskynlik dat dit uit 'n mengsel van yster en nikkel bestaan; daar word geglo dat die groot hoeveelheid yster in die Aarde verantwoordelik is vir sy magnetiese veld. Yster se simbool is Fe wat 'n afkorting vir ferrum, die latynse woord vir yster is.
Yster is 'n metaal wat uit ystererts ontgin word en word bitter selde in die vrye onverbonde vorm in die natuur aangetref. Om elementêre yster te verkry moet die onsuiwerhede verwyder word met behulp van chemiese reduksie. Yster word gebruik om staal te vervaardig wat nie 'n element is nie maar 'n legering, 'n oplossing van verskillende metale (en sommige nie-metale, veral koolstof).
Die kern van yster het die hoogste bindingsenergie per nukleoon, dit is dus die swaarste element wat eksotermies deur fusie geskep word en die ligste deur middel van fissie. Wanneer 'n groot ster aan die einde van sy leeftyd ineen krimp, bou die interne temperatuur en druk op, en stel die ster in staat om toenemend swaarder elemente te produseer. Wanneer yster begin vorm, sal die ster nie meer voldoende energie in sy kern produseer nie en ontstaan 'n supernova.
Kosmologiese modelle met 'n oop heelal voorspel dat daar 'n fase behoort te bestaan waar alle materie, as gevolg van stadige fusie en fissie reaksies, in yster sal verander.
Aanwendings
Yster is die metaal wat die meeste gebruik word en beslaan by tonnemaat ongeveer 95% van wêreldwye metaalproduksie. Die kombinasie van lae koste en hoë sterkte maak dit onontbeerlik, veral in toepassings soos motorvoertuie, groot skeepsrompe, en strukturele komponente vir geboue. Staal is die bekendste legering van yster. Ander vorms wat yster in aangetref word, sluit in:
- Ru-yster bevat 4% – 5% koolstof en verskeie hoeveelhede onsuiwerhede soos swael, silikon en fosfor. Dit is slegs belangrik as 'n intermediêre produk vir die vervaardiging van ystererts om gietyster en staal.
- Gietyster bevat 2% – 3.5% koolstof en klein hoeveelhede mangaan. Onsuiwerhede wat in ru-yster teenwoordig is wat die materiaaleienskappe negatief beïnvloed, soos swael en fosfor, is tot aanvaarbare vlakke verminder. Dit het 'n smeltpunt tussen 1420 – 1470 K, wat laer is as die twee hoofkomponente en dit is die eerste produk wat gesmelt word wanneer koolstof en yster saam verhit word. Dit is uiters sterk, hard en bros. Verwerking van gietyster selfs wanneer dit witwarm is, is geneig om die voorwerp te breek.
- Koolstaal bevat tussen 0.5% en 1.5% koolstof, met klein hoeveelhede mangaan, swael, fosfor en silikon.
- smee-yster bevat minder as 0,5% koolstof. Dit is 'n taai, pletbare produk. Dit bevat gewoonlik slegs 'n paar tiendes van 'n persent koolstof.
- Staallegerings bevat verskillende hoeveelhede koolstof sowel as ander metale, soos chroom, vanadium, molibdeen, nikkel, wolfram ens.
- Yster (III) oksiede word gebruik in die vervaardiging van magnetiese bewaring van inligting in rekenaars. Hulle word ook dikwels met ander stowwe vermeng en behou hulle magnetiese eienskappe in oplossings.
Geskiedenis
Die vroegste bewyse van die gebruik van yster kom van die Soemeriërs en die Egiptenare, waar klein voorwerpe soos spiespunte en ornamente wat met yster afkomstig uit die oorblyfsels van meteoriete gemaak is gevind is en wat datteer uit ongeveer 4000 v.C. Omdat meteoriete uit die lug val word daar deur taalkundiges gespekuleer dat die woord yster (en ander Europese verbuigings van die woord) oorspronklik van die Etruskaanse woord aisar afkomstig is wat die gode beteken.
Ystervoorwerpe afkomstig uit die tydperk 3000 v.C. en 2000 v.C. is toenemend in Mesopotamië, Anatolië en Egipte gevind (en is onderskeibaar van voorwerpe wat uit meteoriete vervaardig is vanweë die gebrek in nikkel daarin). Dit wil egter voorkom asof die gebruik van hierdie voorwerpe hoofsaaklik seremonieël was en was yster waarskynlik 'n baie duur metaal, selfs duurder as goud.
Wapens wat in die Iliad beskryf word, is hoofsaaklik van brons, maar word gietblokke van yster as handelsmiddel gebruik. Sommige bronne (Sien verwysing What Caused the Iron Age? hieronder) beweer dat yster waarskynlik 'n byproduk (sponsyster) van koperraffinering was en kon nie andersins deur die mettalurgiese kennis van die dag, vervaardig word nie. Teen 1600 v.C. en 1200 v.C. is Yster toenemend in die Midde-ooste gebruik, maar het dit nie brons as die belangrikste metaal vervang nie.
brons
In die tydperk tussen die 12de tot die 10de eeu v.C. het die gebruik van yster in gereedskap en wapens vinnig dié van brons vervang in die Midde-ooste. Die belangrikste faktor vir hierdie oorskakeling wil nie voorkom asof dit die tegonologiese verbeterings in ysterbewerking was nie, maar eerder die onderbreking van tinvoorsiening. Hierdie oorgangstydperk wat in verskillende tydperke in verskillende wêrelddele plaasgevind het, het die beskawingstydperk wat algemeen as die Ystertydperk bekend staan, ingelui.
In dieselfde oorgangstydperk is karbonering, wat die proses van byvoeging van koolstof tot die ysters van daardie tyd was, ontdek. Yster is uit sponsyster, 'n mengsel van yster en slak met 'n mate van koolstof en of karbied daarin, wat dan herhaaldelik gehamer en gevou is om die slak daarin te verwyder en om die koolstof daaruit te oksideer en sodoende 'n produk te vervaardig wat as smee-yster bekend staan. Smee-yster het 'n baie lae koolstofinhoud gehad en was nie so maklik om hard te maak deur dit te blus nie. Die mense van die Midde-ooste het ontdek dat 'n veel harder produk gemaak kon word deur die smee-yster oor 'n langtermyn in 'n bed houtskool te verhit en dit daarna in water of olie te blus. Die gevolglike produk was harder en minder bros as die brons wat dit vervang het.
In Sjina was die eerste yster ook afkomstig uit meteorietiese yster, voorwerpe wat uit smee-yster vervaardig is wat naby Xinjiang gevind is en uit die 8ste eeu v.C. datteer, dien as argeologiese bewysstukke daarvoor. Hierdie voorwerpe, uit smee-yster vervaardig is met dieselfde prosesse gemaak as dié afkomstig uit die Midde-ooste en Europa en daar word geglo dat dit deur mense wat nie van Chinese afkoms was, ingevoer is.
In die latere jare van die Zhou Dinastie (ca 550 v.C.), het 'n nuwe ystervervaardigingsvermoë ontstaan as gevolg van hoogs ontwikkelde oondtegnologie. Die Sjinese het hoogoonde vervaardig wat in staat was om temperature van meer as 1300 K te bereik en het die vervaardiging van gietyster of ru-yster ontwikkel.
Yster is al so vroeg as 250 v.C. gebruik. Die beroemde Ashoka Pilaar naby Delhi is uit yster met 'n hoë suiwerheid (98%) vervaardig en het tot op hede nog nie verroes of verweer nie.
As ysterertse saam met koolstof verhit word tot 1420–1470 K, vorm 'n gesmelte vloeistof wat 'n allooi van ongeveer 96.5% yster en 3.5% koolstof. Hierdie produk is sterk, kan in ingewikkelde vorms gegiet word, maar is te bros om verwerk te word tensy die produk gedekarboneer word om die meeste koolstof te verwyder. Sjinese ystervervaardiging vanaf die Zhou dinastie en later was oorwegend gietyster. Yster het egter maar 'n nederige produk gebly wat deur boere vir honderde jare gebruik is en het eers regtig die Sjinese adelstand met die Qindinastie beïnvloed (ca 221 v.C.).
Die ontwikkeling van gietyster was stadiger in Europa omdat die smeltoonde slegs temperature van ongeveer 'n 1000 K kon bereik. Deur 'n groot gedeelte van die Middeleeue is yster in Wes-Europa steeds gemaak deur die verwerking van sponsyster na smee-yster. Die giet van yster het in Europa, eerste in Swede plaasgevind by twee liggings, Lapphyttan en Vinarhyttan, omstreeks 1150 en 1350 n.C. Geleerdes glo dat die praktyk dalk deur die Mongole oor Rusland heen na hierdie plekke gebring is, maar daar is geen klinklare bewys vir hierdie teorie nie. 'n Mark vir hierdie gietyster goedere het in elk geval teen die laat veertiende eeu ontstaan, toe die vraag na kanankoëls ontwikkel het.
Vroeëre ystersmelttegnieke het houtskool gebruik as hittebron en reduseermiddel. In 18de eeuse Engeland het houtvoorrade verminder en is kooks, 'n fossielbrandstof as alternatief gebruik. Hierdie uitvinding deur Abraham Darby het die momentum vir die Industriële omwenteling verskaf.
Verspreiding
Industriële omwenteling
Yster is een van die mees algemene elemente op aarde en maak bykans 5% van die Aardkors uit. Die meeste yster word in verskeie ysteroksiede aangetref, soos in die minerale hematiet, magnetiet en takoniet. Daar word geglo dat die aarde se kern hoofsaaklik uit 'n metalliese yster-nikkel legering bestaan. Ongeveer 5% van die meeste meteoriete bestaan soortgelyk ook uit 'n ysternikkellegering. Al kom meteoriete selde voor is dit die hoofbron van metalliese yster op die aardkors.
Ontginning uit erts
Yster word ontgin van sy ertse, hoofsaaklik hematiet (Fe2O3) en magnetiet (Fe3O4) deur dit met koolstof in 'n hoogoond te ruduseer teen temperature van ongeveer 2000 °C. In 'n hoogoond word ystererts, koolstof in die vorm van kooks en met kalksteen as smeltmiddel bo-in die oond gevoer terwyl verhitte lug deur die oond van die bodem af daardeur geblaas word.
Kooks reageer met suurstof in die oond om koolstofmonoksied te vorm:
:6 C + 3 O2 → 6 CO
Die koolstofmonoksied reduseer die ystererts (hematiet in die chemiese vergelyking hieronder) na gesmelte yter en skakel in die proses om na koolstofdioksied:
:6 CO + 2 Fe2O3 → 4 Fe + 6 CO2
Die smeltmiddel is teenwoordig om die onsuiwerhede in die erts te laat smelt, hoofsaaklik silikondioksied en ander silikate. Algemeen gebruikte smeltmiddels sluit kalksteen (wat grootliks bestaan uit kalsiumkarbonaat) en dolomiet (magnesiumkarbonaat) in. Ander smeltmiddels kan ook gebruik word afhangende van die onsuiwerhede teenwoordig in die erts. In die hoë hitte van die oond ontbind die kalksteen na kalsiumoksied (ongebluste kalk):
:CaCO3 → CaO + CO2
Die kalsiumoksied verbind dan met die silikondioksied om 'n slak te vorm.
:CaO + SiO2 → CaSiO3
Die slak smelt in die hitte van die oond anders as met silikondioksied. Die slak dryf bo-op die digter vloeibare yster. Tuite in die kant van die oond word voorsien om die slak en yster te dreineer. Die yster sodoende verkry word ru-yster. Die slak kan gebruik word vir padbou doeleindes of in die landbou om mineraalarme grond te verryk.
Ongeveer 1100Mt (miljoen ton) ystererts is in 2000 in die wêreld ontgin met 'n brutomarkwaarde van ongeveer 25 miljard V.S.A-dollar. Ertsontginning vind plaas in 48 lande maar die vyf grootse produsente, China, Brazilië, Australië, Rusland en Indië maak ongeveer 70% van die wêreld se totale ysterertsproduksie. Die 1100Mt ystererts is gebruik om ongeveer 572Mt ru-yster te vervaardig.
Verbindings
2000.]]
Algemene oksidasie toestande van yster sluit in:
- die Yster (II) toestand, Fe2+.
- die Yster (III) toestand, Fe3+, ook baie algemeen veral in roes.
- die Yster (IV) toestand, Fe4+, wat in sommige ensieme gestabiliseer is (bv. peroksidase.
- die Yster (VI) toestand, Fe6+, is meer seldsaam in kaliumferaat.
- Ysterkarbied Fe3C staan ook bekend as sementiet.
Sien ook
- Ysteroksied
Biologiese rol
Yster is noodsaaklik vir alle organismes buiten 'n paar bakterieë. Dit word meestal stabiel binne metalloproteïene gevind, want andersins veroorsaak dit in die vrye vorm dat vrye radikale gevorm word wat giftig is vir selle. Baie diere sluit yster in by die hemekompleks, 'n noodsaaklike komponent van sitochroom, wat die proteïene is wat by die redoks-reaksies betrokke is (wat onder andere respirasie insluit), asook in die suurstofdraende proteïene hemoglobien en mioglobien. Anorganiese yster wat betrokke is by redoks-reaksies word ook gevind in die yster-swael trosse van baie ensieme, soos bv. nitrogenase (betrokke by ammoniaksintese vanuit stikstof en waterstof) en hidrogenase. 'n Klas nie-heme ysterproteïene is verantwoordelik vir 'n wye reeks funksies in verskeie lewensvorme, soos die ensieme metaan monooksigenase (oksideer metaan na metanol), ribonukleotied reduktase (reduseer ribose na deoksiribose; DNA biosintese), hemeritriene (vervoer en bind suurstof in ongewerwelde seediere) en pers-suur fosfaatase (hidrolis van fosfaatesters). Wanneer die liggaam 'n bakteriese infeksie bestry, stoor dit yster in die vervoerproteïen transferrin om die bakterieë gebruik daarvan te ontsê.
Yster verspreiding word goed beheer in soogdiere. Die yster wat vanuit die duodenum geabsorbeer word word aan transferrin gebind en deur die bloed vervoer na die verskillende selle. Daar word dit deur 'n tot nog toe onbekende meganisme by die teikenproteïene opgeneem [http://www.plosbiology.org/plosonline/?request=get-document&doi=10.1371%2Fjournal.pbio.0000079].
Goeie voedselbronne van yster sluit vleis, vis, pluimvee, lensies, boontjies, blaargroente, tofu, ertjies en aarbeie in.
Voeselaanvullings voorsien dikwels yster in die vorm van Yster (II) fumaraat. Die aanbevole daaglikse inname wissel aansienlik en hang af van ouderdom, geslag en die voedingsbron waarin die yster voorkom (heme-gebaseerde yster het 'n hoër bio-beskikbaarheid) [http://www.iom.edu/Object.File/Master/7/294/0.pdf].
Isotope
Yster wat natuurlik voorkom bestaan uit vier isotope: 5.845% uit radio-aktiewe 54Fe (halfleeftyd: 3.1 x 1022 jaar), 91,754% uit stabiele 56Fe, 2,119% uit stabiele 57Fe en 0,282% uit stabiele 58Fe. 60Fe is 'n uitgestorwe radionuklied wat 'n baie lang halfleeftyd gehad het (1,5 miljoen jaar). Die isotoop 56Fe is van besondere belang vir kernwetenskaplikes aangesien dit die mees stabiele kern moontlik is. Dit is nie moontlik om fissie of fusie reaksies op 56Fe uit te voer en steeds energie vry te stel nie. Dit is vir geen ander element waar nie.
Daar is in sekere meteoriete 'n korrelasie gevind tussen die 60Ni, die dogterproduk van 60Fe en die verspreiding van stabiele yster isotope wat bewys is daarvan dat 60Fe bestaan het met die vorming van die sonnestelsel. Die energie wat vrygestel is deur die verval van 60Fe saam met die energie wat deur die radionuklied 26Al vrygestel is het waarskynlik bygedra tot die hersmelting en differensiasie van asteroïede na hul vorming rondom 4.6 biljoen jaar gelede. Die hoë voorkoms van 60Ni teenwoordig in buiteruimse materiaal verskaf ook meer insig in die ontstaan van die sonnestelsel en sy vroeë geskiedenis. Van die stabiele isotope het slegs 57Fe 'n kernspin (−1/2). Om hierdie rede vind 57Fe toepassings as 'n spin-isotoop in chemie en biochemie.
Voorsorgmaatreëls
Oormatige innamme van yster is toksies, aangesien die oormaat yster met peroksiede in die liggaam reageer wat vrye radikale laat ontstaan. Die liggaam se eie anti-oksidant meganismes beheer hierdie proses as Yster in normale vlakke voorkom. In oormaat word onbeheerbare hoeveelhede vrye radikale gevorm.
Die noodlottige dosis yster by 'n tweejarige is ongeveer drie gram yster. Een gram kan ernstige vergiftiging tot gevolg hê. Daar is gevalle aangemeld van kinders wat vergiftig is deur tussen 10-50 tablette ystersulfaat oor 'n tydperk van 'n paar uur in te neem. Oormatige verbruik van yster is die enkele grootste oorsaak van sterftes by kinders wat per abuis farmaseutiese middels inneem. Die DRI lys die Hoogste Draagbare Inname vlak (HV) vir volwassenes as 45 mg/dag. Vir kinders onder veertien jaar oud is die HV 40 mg/dag.
As yster-inname oormatig is, kan 'n aantal ysteroormaat afwykings voorkom. Om hierdie rede moet mense nie yster aanvullings neem tensy hulle aan 'n ystertekort ly en alvorens hulle 'n dokter geraadpleeg het nie.
Verwysings
- [http://en.wikipedia.org/wiki/Iron Engelstalige wikipedia artikel oor Yster]
- [http://periodic.lanl.gov/elements/26.html Los Alamos National Laboratory – Artikel oor Yster]
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/Fe/index.html WebElements.com – Artikel oor Yster]
- [http://education.jlab.org/itselemental/ele026.html It's Elemental – Artikel oor Yster]
- [http://www.iscor.com/ Mittal se Suid-Afrikaanse stek]
Category:Chemiese elemente
Category:Oorgangsmetale
ja:鉄
ko:철
ms:Besi
simple:Iron
th:เหล็ก
SterrekundeSterrekunde (ook Astronomie, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde en die atmosfeer behels. Die oorsprong, ewolusie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer.
chemiese bemanning gefotografeer terwyl hulle om die Maan gewentel het in 1969. Naby die middel van die agterkant van die Maan geleë, die deursnee van die krater is ongeveer 92 kilometer.]]
Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol te speel het, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels met 'n verbygaande aard. Sterrekunde moet nie met sterrewiggelary (astrologie) verwar word nie. Sterrewiggelary is 'n geloof dat daar 'n korrelasie bestaan tussen mense se doen en late en noodlot en die stand van die hemelliggame – al het die twee velde 'n gemeenskaplike oorsprong is hulle baie verskillend, sterrekundiges aanvaar die wetenskaplike metode en sterrewiggelaars (astroloë) nie.
Vertakkinge van sterrekunde
Toe sterrekunde nog in sy kinderskoene gestaan het, in die tyd van die antieke Grieke en ander antieke beskawings het sterrekunde hoofsaaklik bestaan uit sterremeetkunde, waar die posisies van sterre en plante in hemel gemeet is. Later met die werk van Kepler en Newton is die weg gebaan vir hemelmeganika, die wiskundige voorspelling van die bewegings van die hemelliggame onder invloed van swaartekrag en die voorwerpe in ons sonnestelsel in besonder. Baie van die pogings in bogenoemde twee velde is hoofsaaklik per hand gedoen maar word deesdae outomaties met rekenaars gedoen tot so 'n mate dat die twee vakgebiede nie meer as onafhanklik beskou kan word nie. Bewegings en liggings van voorwerpe kan nou maklik vasgestel word en die moderne sterrekunde bemoei homself meer met die pogings om ware fisiese aard van hemelliggame waar te neem en te verstaan.
Vanaf die begin van die 20ste eeu was die veld van professionele sterrekunde geneig om verdeel te word in waarnemende sterrekunde en teoretiese astrofisika. Alhoewel die meeste sterrekundiges elemente van beide in hulle navorsing gebruik, word verskillende vaardighede benodig en daarom is die meeste sterrekundiges geneig om in die een of die ander te spesialiseer.
Waarnemende sterrekunde is meestal gemoeid met die insameling en verwerking van data wat die bou en onderhoud van instrumente behels. Teoretiese astrofisika (fisiese sterrekunde) is hoofsaaklik gemoeid met die verklaring en verstaan van die implikasies van die verskillende modelle en behels werk met analitiese modelle op rekenaars.
Die studievelde kan ook verdeel word op twee ander maniere: volgens "onderwerp", gewoonlik na aanleiding van die gebied in die ruimte (bv. Sterrestelsel sterrekunde) of "probleme aangespreek" (soos stervorming of kosmologie); of volgens die manier waarop die inligting verkry word.
Volgens onderwerp of probleem aangespreek
teoretiese astrofisika. Deur die "Mars Global Surveyor" gefotografeer, die lang donker lyn word gevorm deur 'n bewegende draaikolk in die atmosfeer van Mars (soortgelyk aan 'n tornado op aarde). Die stofduiwel self (die swart kol) klim teen die wal van die krater uit. Die lyne aan die regterkant is sandduine op die vloer van die krater.]]
- Sterremeetkunde: Die studie van die ligging van hemelliggame en hulle verandering in posisie. Definiëer die koördinaatstelsel wat gebruik word en die bewegingsleer van voorwerpe in ons heelal.
- Astrofisika (Fisiese sterrekunde): die studie van die fisika van die heelal insluitende die fisiese eienskappe (ligsterkte, digtheid, temperatuur, chemiese samestelling) van sterrekundige voorwerpe.
- Kosmologie: die studie van die oorsprong van die heelal en sy ewolusie. Die studie van kosmologie is teoretiese astrofisika op groot skaal.
- Ewolusie en vorming van sterrestelsels: die studie van die vorming van die sterrestelsels en hul ewolusie daarna.
- Sterstelselkunde: die studie van die struktuur en onderdele van ons en ander sterrestelsels.
- Buitestelsel sterrekunde: die studie van hemelliggame
- Sterkunde: Die studie van sterre.
- Sterewolusie: die studie van die ewolusie van sterre vanaf hulle vorming tot hul einde as blote oorblyfsels; supernova's, bruin dwerge, of swartgate.
- Stervorming: die studie van die toestande en prosesse wat lei tot die vorming van sterre binne in gaswolke.
- Planetêre Wetenskappe: die studie van die planete van die sonnestelsel.
- Astrobiologie: die studie van die oorsprong en ewolusie van biologiese stelsels in die heelal.
Daar bestaan ook ander dissiplines wat as vertakkinge van sterrekunde beskou kan word.
- Sterrekundige Argeologie
- Astrochemie
Sien lys van sterrekundige onderwerpe vir 'n deegliker lys van sterrekunde verwante bladsye.
Volgens die maniere waarop inligting verkry word
In sterrekunde word inligting hoofsaaklik verkry deur die bespeuring en analise van elektromagnetiese straling, fotone, kosmiese straling, neutrinos, meteore en dalk in die toekoms swaartekraggolwe (sien LIGO en LISA).
'n Tradisionele verdeling van sterrekunde deur die deel van die elektromagnetiese spektrum wat waargeneem word:
- Optiese sterrekunde beskryf die tegnieke wat gebruik word om lig te bespeur en te analiseer in en rondom die golflengtes wat waarneembaar is met die oog (omtrent 400-800 nm). Die mees gebruikte apparaat is die teleskoop met elektroniese kameras en spektrograwe.
- Infrarooi sterrekunde is gemoeid met die bespeuring van infrarooi straling (Golflengtes korter as die van rooi lig). Die mees algemene apparaat is die teleskoop maar met 'n instrument wat geoptimiseer is vir infrarooi. Ruimteteleskope word ook gebruik om die steuring (elektromagnetiese interferensie) van die atmosfeer uit te skakel.
- Radio sterrekunde gebruik heeltemal ander instrumenttipes om straling op te spoor. Golflengtes hier kan wissel van mm tot cm. Die ontvangers is soortgelyk aan die wat gebruik word vir radio uitsendings (wat straling van dieselfde golflengtes gebruik) Sien ook Radioteleskoop.
- Hoë-energie sterrekunde: Die studie van sterrekundigie voorwerpe wat hoë-energie elektromagnetiese golwe vrystel. Dit sluit X-strale, gammastrale, UV-strale, neutrinos en kosmiese straling in.
kosmiese straling
Optiese en radio sterrekunde kan gedoen word met grond-gebaseerde sterrewagte, omdat die atmosfeer deurskynend is vir daardie golflengtes. Infrarooi lig word sterk geabsorbeer deur waterdamp, dus moet infrarooi sterrewagte geleë waas op hoë en droeë plekke of in die ruimte.
Die atmosfeer is ondeurskynend vir X-strale, gammastrale en UV-strale en behalwe vir 'n paar golflengte "vensters" ook vir infrarooi strale dus moet waarnemings gedoen word vanaf ballonne of ruimte sterrewagte.
Kort geskiedenis
In die vroeë geskiedenis het sterrekunde slegs die waarnemings en voorspellings behels, van die bewegings van hemelligame wat met die blote oog waargeneem kon word. Die Rigveda verwys na die 27 sterrebeelde wat met die beweging van die son geassosieer word en ook die 12 diereriemverdeling van die naghemel. Die antieke Grieke het belangrike bydraes gemaak tot sterrekunde, onder andere die definisie van die helderheidstelsel. Die Bybel bevat 'n aantal stellings oor die posisie van die aarde in die heelal en die aard van die sterre en planete, waarvan die meeste eerder digterlik as letterlik is; sien Bybelse kosmologie. In 500 vC, het Aryabhata 'n wiskundige stelsel voorgestel waar die aarde om sy eie as draai en die beweging van die planete relatief tot die son oorweeg het.
Sterrekunde het gestagneer tydens die middeleeuse Europa, maar het in die Arabiese wêreld gefloreer. Laat in die 9de eeu het die islamietiese sterrekundige al-Farghani (Abu'l-Abbas Ahmad ibn Muhammad ibn Kathir al-Farghani) uitvoering geskryf oor die beweging van die hemelliggame. Sy werk is in die 12de eeu na Latyn vertaal. Laat in die 10de eeu is 'n baie groot sterrewag naby Teheran in Iran deur die sterrekundige al-Khujandi gebou wat onder andere 'n paar middaglyn-oorgange van die son waargeneem het en daaruit die skuinsheid van die aarde se wentelvlak (ekliptiek) ten opsigte van die hemelekwator bereken het. In Persië het Omar Khayyam (Ghiyath al-Din Abu'l-Fath Umar ibn Ibrahim al-Nisaburi al-Khayyami) vele tabelle opgestel en 'n verandering van die kalender opgestel wat meer akkuraat was as die Juliaanse kalender en byna so akkuraat soos die Gregoriaanse kalender was.
Tydens die Renaissance het Kopernikus 'n heliosentriese model van die sonnestelsel voorgestel. Sy werk is deur Galileo Galilei en Johannes Kepler uitgebrei, reggestel en verdedig. Galileo het teleskope begin gebruik om sy waarnemings te verbeter. Kepler was die eerste om 'n stelsel te ontwikkel wat die bewegings van die planete om die Son as middelpunt in korrekte besonderhede beskryf het.
Kepler was egter nie suksesvol met die ontwikkeling van die toerieë vir die wette wat hy neergeskryf het nie. Newton se uitvinding van hemelligaam dinamika en sy swaartekragwet was finaal in staat om die bewegings van die planete te verduidelik. Die refleksie teleskoop is toe ook ontdek wat waarnemings nog verder verbeter het.
Dit is bevind dat sterre vêr afgeleë voorwerpe was. Met die ontdekking van spektroskopie is dit bewys dat die sterre soortgelyk aan ons eie son was, maar met 'n wye reeks van temperature, massas en groottes. Die bestaan van ons sterrestelsel, die Melkweg, as 'n aparte groep sterre is eers in die 20ste eeu, saam met die bestaan van ander "eksterne" sterrestelsels bewys. Die uitsetting van die heelal soos waargeneem deur die oënskynlike wegwaartse beweging van die meeste sterrestelsels is ook ontdek. Kosmologie het reuse vooruitgang gemaak in die 20ste eeu met die grootknalteorie model wat sterk ondersteun word deur bewyse verskaf deur sterrekunde en fisika, soos byvoorbeeld die kosmiese mikrogolf agtergrondstraling, Hubble se wet en kosmologiese oorvloed van die elemente.
Vir 'n meer gedetaïlleerde geskiedenis van sterrekunde, sien geskiedenis van sterrekunde.
geskiedenis van sterrekunde
Kronologiese lyste
- kunsmatige satelliete en onbemande verkenningsvaartuie
- sterrekundige kaarte, kataloguste, en opmetings
- swartgat fisika
- kosmologie
- Kronologie van sterrestelsel, sterrestelsel trosse en grootskaalse strukture
- natuurlike satelliete
Sien ook
- Lys van sterrekundige onderwerpe
- Sterrekundiges en Astrofisici
- Ruimtewetenskap
- Sterrekundige benamingskonvensies
- Sterrekundige simbole
- Sterrekundige voorwerpe
- Sterrekundige siklusse
- Internasionale Sterrekundige Vereniging
- Amerikaanse Sterrekundige Vereniging
- Royal Astronomical Society
- Suidelike Europese Sterrewag
Sterrekundige Gereedskap
- Teleskoop
- Rekenaars
- Sakrekenaar
- Sterrewag
- Ruimte sterrewag
- Hubble teleskoop
Eksterne skakels
Organisasies
- [http://www.aavso.org/ American Association of Variable Star Observers]
- [http://www.aas.org/ American Astronomical Society]
- [http://www.astrosociety.org/ Astronomical Society of the Pacific]
- [http://www.saao.ac.za/assa/ Astronomical Society of Southern Africa]
- [http://ciclops.lpl.arizona.edu/ Cassini Imaging Laboratory] – Verstommende beelde van die planete geneem deur die Cassini ruimte-verkenningsvaartuig.
- [http://www.astro.cz/ Czech Astronomical Society]
- [http://www.drastronomy.com/ Durham Region Astronomical Association]
- [http://www.eso.org/ European Southern Observatory]
- [http://www.hawastsoc.org/ Hawaiian Astronomical Society]
- [http://www.hia-iha.nrc-cnrc.gc.ca/ Herzberg Institute of Astrophysics]
- [http://www.noao.edu/ National Optical Astronomy Observatories]
- [http://www.nyaa-starfest.com/ North York Astronomical Association]
- [http://open-site.org/Science/Astronomy/ Open Encyclopedia Project] - Sterrekundige Afdeling.
- [http://www.rasc.ca/ Royal Astronomical Society of Canada]
- [http://www.ras.org.uk/ Royal Astronomical Society (UK)]
- [http://www.rasnz.org.nz/ Royal Astronomical Society of New Zealand]
- [http://www.slasonline.org/ Saint Louis Astronomical Society]
- [http://www.popastro.com/ Society for Popular Astronomy (UK)]
- [http://www.iayc.org/ International Astronomy Youth Camp (IAYC)]
Verwysings: Formules en konstantes
- [http://www.jqjacobs.net/astro/astrofor.html Sterrekundige Formules]
- [http://www.jqjacobs.net/astro/astro.html Indeks van sterrekundige konstantes]
- [http://ads.harvard.edu/books/hsaa/ Zombeck se Handbook of Space Astronomy and Astrophysics]
Ander Eksterne Skakels
- [http://www.spacewallpapers.net Sterrekundige fotos vir gebruik as rekenaar agtergrond]
- [http://www.absoluteastronomy.com Sterrekundige feite en inligting]
- [http://www.facts-and-figures.org/html/astronomy.php Sterrekundige feite vir opvoeders]
- [http://xxx.lanl.gov/ Die Los Alamos Astrofisika Databasis]
- [http://antwrp.gsfc.nasa.gov/apod/ Sterrekundige foto van die dag]
- [http://www.phys-astro.sonoma.edu/BruceMedalists/ Bruce Medaljewenners (jaarlikse sterrekundige toekenning sedert 1898)]
- [http://physics.unr.edu/grad/welser/astro/arab.html Islamieties en Arabiese Sterrekunde]
- [http://www.site.uottawa.ca:4321/astronomy/index.html Universiteit van Ottawa se Sterrekunde Stoor van Kennis]
- [http://www.auroresboreales.com Meer oor die noorderligte]
Category:Sterrekunde
ja:天文学
ko:천문학
ms:Astronomi
simple:Astronomy
th:ดาราศาสตร์
FilosofieFilosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, betekenis, waarde, bestaan en waarheid. In omgangstaal word die term filosofie baie keer gebruik om te dui op 'n ingesteldheid, uitgangspunt of lewensbeskouing. Hierdie artikel handel eerder oor filosofie as 'n akademiese vakgebied.
Iemand wat filosofie beoefen, word 'n filosoof genoem. Filosofie kan ook verwys na die kollektiewe werk van die groot filosowe.
Filosofiese tradisies
Filosofiese vrae is oorweeg deur mense van baie tye, volkere en kulture. Die term "filosofie" in 'n Europese of Amerikaanse akademiese konteks verwys in die algemeen na die tradisies van die westerse beskawing en word gevolglik "westerse filosofie" genoem. In die weste word die ter | | |