Die Republiek Argentinië is 'n Spaanse land in die suide van Suid-Amerika, tussen die Andesgebergte en die suidelike Atlantiese Oseaan. Dit is die land van Evita, Maradona en die Tango. Argentinië is Suid-Amerika se top Rugbyspelende land en ook die land waarheen 'n groep Afrikaners vroeg in die vorige eeu getrek het. Argentinië grens aan Uruguay, Brasilië, Paraguay, Bolivia en Chili. Die naam, Argentinië, is afgelei van die Latynse woord argentum (silwer), 'n edelmetaal wat 'n belangrike rol gespeel het in die opkoms van Europese kolonialisme in Argentinië. In 2001 het ekonomiese probleme insluitend die grootste wanbetaling van buitelandse skuld ($88 biljoen) ooit, gelei tot bloedige onluste en die val van die regering. Ekonomiese maatreëls soos die ontkoppeling van die peso van die dollar het egter intussen tot indrukwekkende ekonomiese herstel gelei en Argentinië is nou ook 'n gewilde toeriste-bestemming, aangehelp deur die gunstige wisselkoers teenoor meeste belangrike geldeenhede.
Geskiedenis
In die begin van die 16e eeu arriveer die eerste Europeërs in die omgewing opsoek na 'n suidelike deurgang van die Atlantiese na die Stille Oseaan. Die sluit onder meer Ferdinand Magellaan en Pedro de Mendoza in. Laasgenoemde stig die nedersetting 'Nuestra Senora Santa Maria del Buen Aire', die huidige Buenos Aires in omtrent 1536. In die noordweste van die land, waar goeie landbougrond gevind word, stig die Spanjaarde wat vanuit die onderkoninkryk Bolivia kom verskillende nedersettings: Mendoza, Tucuman, Cordoba en Salta. Daar word perde geteel, vee vir vleisproduksie aangehou, en suiker, tabak en groente verbou. Die noordwestelike deel van Argentinië beleef 'n bloei tydperk in die 17de en 18de eeu as gevolg van handel met die onderkoninkryk Peru, terwyl Buenos Aires slegs 'n tweederangse hawe was. Dit verander eers in 1776, toe Buenos Aires die bestuursentrum word van die nuwe vise-koninkryk 'Rio de la Plata', 'n gebied wat die huidige Argentinië, Uruguay, Paraguay en 'n deel van Bolivia ingesluit het.
Buenos Aires
In 1816 word Argentinië onafhanklik van Spanje, na 'n kort stryd met die Spaanse besetters, onder leiding van José de San Martin. De Sa Martin, wat ook in Chili, en Peru vir onafhanklikheid geveg het, word nog steeds deur die Argentyne as 'n held beskou. In die eerste jare van die jong nasie ontstaan diverse konflikte tussen sentraliste en federaliste, tot in 1853, toe 'n nuwe grondwet aangeneem is. In die tweede helfte van die 19de eeu, gaan Buenos Aires snel vooruit, deels as gevolg van die aankoms van duisende immigrante. Nuwe tegnologië (vries van vleis, spoorweë) stimuleer landbou en veeteelt. Nuwe gebiede soos Patagonië word verower. Immigrante uit Engeland en Wallis begin skaapteelt op groot estancias. Argentinië word na die Verenigde State die tweede 'Beloofde Land' van Amerika.
Vervolgens word Argentinië egter gekenmerk deur aanhoudende politieke konflikte tussen konserwatiewe en liberale elemente en tussen burgers en die weermag . Na die Tweede Wêreldoorlog verskyn die populistiese peronisme, wat die verhouding tot 'n punt dryf . Tot 1983 word steeds bloediger optredende militêre junta's afgewissel met outoritêre siviele regerings, wat lei tot toenemende ekonomiese probleme, korrupsie, algemene afkeur in die politiek en die nederlaag in die Falklandoorlog teen die Verenigde Koninkryk.
Hierna help vier vrye verkiesings om demokrasie in Argentinië stewig te vestig. Die ekonomie stort egter in 2001 in een.
Politiek
Die Argentynse grondwet van 1853 (hersien in 1994), bepaal 'n skeiding van magte tussen uitvoerende, wetgewende en regsprekende magte, sowel op nasionale as provinsiale vlak. Die president en vise-president word direk verkies vir vier jaar termyne. Beide mag slegs twee opeenvolgende termyne dien, maar kan na 'n tussenpose van ten minste een termyn vir 'n derde termyn staan. Die president benoem die ministers. Die grondwet gee aansienlike mag aan die president in die dubbel funksie van staatshoof en regeringsleier. Die president het onder andere die vermoë om in "dwingende en noodsaaklike" omstandighede presidensiële dekrete uit te vaardig. Die huidige regeringsleier is Néstor Kirchner.
Die Argentynse parlement (Nasionale Kongres/Congreso Nacional) bestaan uit die Senaat (Senado) met 72 setels en 'n Kamer van Afgevaardigdes (Cámara de Diputados) met 257 setels. Sedert 2001 word senators direk verkies, in trem waarvan elke provinsie, insluitend die federale hoofstad, verteenwoordig word deur drie senators. Senators dien 'n termyn van ses jaar, afgevaardigdes vier jaar. Verkiesings word elke twee jaar gehou vir een derde van die senaat- en die helfte van die afgevaardigdes se setels. Beide kamers word verkies deur proporsionele verteenwoordiging.
Politieke betrekkinge met Suid-Afrika
Suid-Afrikaanse diplomatieke skakeling met Argentinië begin in die jaar 1938; Argentinië verbreek sy betrekkinge met Suid-Afrika egter tydelik op 23 Mei1986.
Die moontlikheid van 'n Suid-Atlantiese Verdragsorganisasie is in die sewentigerjare voorgestel. 'n Dergelike militêre alliansie tussen Suid-Afrika, Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay word veral deur die Raad vir Inter-Amerikaanse Veiligheid bepleit. Dit kom egter nooit tot stand nie.
Provinsies
1986
Argentinië bestaan uit 23 provinsies (provincias, enkelvoud: provincia) en 'n federale distrik (distrito federal). Argentinië maak aanspraak op 'n gedeelte van Antarktika (Spaans: Antártida), alhoewel hierdie vasteland algemeen as supranasionaal en besit van die wêreldgemeenskap beskou word. Die grondgebied van die Provinsie Tierra del Fuego, Antártida en Islas del Atlántico Sur bevat dus ook internasionale gebiede.
- Die huidige amptelike naam vir die federale distrik is "Ciudad Autónoma de Buenos Aires".
Geografie
19861986
Meer nog as Suid-Afrika, wat hierdie leuse al in die tagtigerjare ter bemarking van sy toerismebedryf gebruik, kan Argentinië met trots beweer dat hy alle klimaatsones - en dus die wêreld - in een land verteenwoordig. Die land strek van die tropiese gebiede in die noorde tot by die subantarktiese streke van die suide en beskou ook 'n gedeelte van Antarktika as Argentynse staatsgebied.
Argentinië kan rofweg in drie geografiese gebiede verdeel word: die vrugbare vlaktes van die pampa's in die noordelike helfte van die land, die bron van die Argentynse agrariese rykdom; die plato van Patagonië in die suidelike helfte tot aan Vuurland (Terra del Fuego); en die rotsagtige Andes-bergrug langs die westelike grens met Chili, met die Aconcagua as hoogste punt (6 960m).
Belangrike riviere is die Paraguay, die Bermejo, die Colorado, die Uruguay en die langste rivier, die Paraná. Die laaste twee kom saam in die Rio de La Plata voordat dit in die Atlantiese Oseaan uitmond. Die Argentynse klimaat is hoofsaaklik gematig. Die Noorde is subtropies, die suide droog en sub-Antarkties.
Ekonomie
Argentinië profiteer van 'n ruim hoeveelheid natuurlike hulpbronne, 'n geletterde bevolking, 'n uitvoergerigte landbousektor en gevarieerde industrie. Vanaf die einde van die jare 80 van die 20ste eeu loop internasionale skuld egter hoog op. Inflasie bedra 200% en produksie stort ineen. Om die ekonomiese krisis teë te werk besluit die regering om vrye handel, deregulering en privatisering na te volg. In 1991 vind radikale monetêre hervorming plaas, waarvolgens die peso aan die Amerikaanse dollar verbind word en geldgroei tot die groei in nasionale reserwes beperk word.
Andes-bergrug
Aanvanklik was die hervorminge 'n sukses. Inflasie daal en die bruto nasionale produk (BNP) styg, maar opeenvolgende ekonomiese krisisse in Mexiko, Asië, Rusland en Brasilië lei tot 'n nog groter ekonomiese val vanaf 1999. Die regering reageer met belastingverhogings en besuinigings ter beperking van die begrotingstekort, wat teen 1999 tot 2,5% van BNP gestyg het. Binnelandse en internasionale beleggers hou egter aan twyfel in die regering se vermoë om die skulde af te los en die vaste wisselkoers tussen die peso en dollar te handhaaf.
In 2001 versleg die toestand nog meer deur die groei van die aantal verpligtinge, massale geldopnames by banke en 'n verdere val van verbruikers- en produsentevertroue. Regering pogings om 'n begroting wat klop te bereik om so die bankstelsel te stabiliseer en ekonomiese groei te herstel blyk onvoldoende resultaat op te lewer. Die pas verkose president Eduardo Duhalde slaag daarin om van die Internasionale Monetêre Fonds 'n lening van 20 miljard dollar te verkry, maar verdere maatreëls word blykbaar nie toegepas nie. In Januarie 2002 word die peso losgemaak van die dollar.
Argentynse motorfabrikate: Anadón, ASA, Biscayne, JVA en volgens sommige is Lamborghini Latinoamérica 'n aparte automerk.
Suid-Afrikaanse handel met Argentinië
Dekades lank word die ekonomiese bande met Latyns-Amerika nouliks ontwikkel; die Suid-Afrikaanse handel met Argentinië groei stadig en beloop in 1980 nog steeds minder as 100 miljoen VSA-dollar. 'n Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel bestaan sedert 1973 in Buenos Aires, terwyl sy Argentynse eweknie vyf jaar later in Johannesburg gestig word.
Suid-Afrika se belangrikste uitoerprodukte op die Argentynse mark is aanvanklik staal, ystererts, asbes en mangaan, terwyl Argentinië leerware, verwerkte voedsel, tekstielgoedere, chemiese produkte en landboumasjiene na Suid-Afrika uitvoer.
Sien ook: Argentynse wyn.
Demografie
Die Argentynse bevolking is 'n mengsel van nasionale en etniese groepe, waarin die nakomelinge van Italiaanse en Spaanse immigrante oorheers. Aan die einde van die 19de en begin van de 20ste eeu kom baie immigrante uit Europese lande. Veral in die stedelike gebiede woon ongeveer 'n half miljoen immigrante uit Sirië, Libanon en andere lande in die Midde-Ooste. Sedert die negentigerjare vestig 'n aantal immigrante uit Oos-Asië en die voormalige Sowjetunie hulle in die land. Die land trek ook sommige sogenaamde ekologiese immigrante uit Europa. Die oorspronklike inheemse bevolking, ongeveer 700 000 mense, leef veral in die noorde, noordweste en die suide.
Klein groepe Afrikaners - die sogenaamde "bittereinders" - vestig hulle na die Anglo-Boere Oorlog in die omgewing van Comodoro Rivadavia (provinsie Chubut). Die meeste van die sowat 600 emigrante keer in die dertigerjare weer na Suid-Afrika terug.
De enigste amptelike taal is Spaans, hoewel die immigrante ten dele hulle eie taal behou het.
Die Argentyne is hoofsaaklik aanhangers van die offisiële godsdiens, die Rooms-Katolisisme. Die joodse gemeenskap is met 'n kwart miljoen siele die grootste in Latyns-Amerika.
- http://argentinie.pagina.nl
- http://argentinie.startkabel.nl
- [http://www.info.gov.ar Gobierno Electrónico] - Official governmental gateway
- [http://www.presidencia.gov.ar Presidencia] - Official presidential site (in Spanish)
- [http://www.senado.gov.ar Honorable Senado de la Nación] - Official senatorial site (in Spanish)
- [http://www.diputados.gov.ar Honorable Cámara de Diputados de la Nación] - Official lower house site (in Spanish)
- [http://www.loc.gov/rr/international/hispanic/argentina/argentina.html Library of Congress Portals on the World - Argentina]
- [http://www.coha.org Council on Hemispheric Affairs] Latin American information and analysis
- [http://www.telam.com.ar Official news agency]
- [http://ar.todalanet.net Todalanet.net Argentina] - Search engine of Argentinean only web pages.
- [http://www.geographicguide.com/south-america.htm South America Pictures]
- [http://www.geographicguide.com/south-america-map.htm South America Map]
- [http://www.globe-images.com/south-america.htm South America Satellite Images]
- [http://www.thowra.com/argentina.html Travelling in Argentina] - Find out about some of the main places to go. (in English)
- [http://www.roadjunky.com/argentina/guide_argentina.shtml A Guide to Travel in Argentina] - Travel tips and a deep look at Argentine culture. (in English)
- [http://expat-argentina.blogspot.com/ Expat Argentina] - Blog about expat life and issues in Argentina
- [http://www.argentina-information.com/ Argentina Information] - Facts and information on different aspects of life in Argentina.
- [http://www.vester.com.ar/argentina/ Pictures of Argentina] - Pictures of Argentina. Provinces, regions, landscapes and people.
Argentynse koerante
- [http://www.clarin.com Clarín], "Clarin", Argentina's most popular newspaper.
- [http://www.lanacion.com La Nación], "The Nation", a conservative newspaper in Spanish.
- [http://www.pagina12.com.ar Página/12], formerly a progressive newspaper in Spanish. It now belongs to Clarín.
- [http://www.larazon.com.ar La Razon], Buenos Aires free evening newspaper, belongs to Clarin
- [http://www.infobae.com InfoBae], a right-wing newspaper in Spanish.
- [http://www.buenosairesherald.com Buenos Aires Herald], a newspaper in English.
- [http://www.lanueva.com.ar La Nueva Provincia], "The New Province", a conservative newspaper of Bahía Blanca, a city south of Buenos Aires.
- [http://www.tageblatt.com.ar Argentinisches Tageblatt], a newspaper in German
- [http://www.lacapital.com.ar Diario La Capital], a newspaper from Rosario, Argentina's third largest city
- [http://www.lavozdelinterior.com.ar La Voz Del Interior], the newspaper of Córdoba, Argentina's second largest city
- [http://www.lagaceta.com.ar La Gaceta], The newspaper of Tucuman, the main city in the Northwest region
Kategorie:Suid-Amerikafiu-vro:Argentinaja:アルゼンチンko:아르헨티나ms:Argentinasimple:Argentinath:ประเทศอาร์เจนตินา
Pearl Jam (Perla Konfitaĵo) estas rokmuzika bando bazita en Seatlo. Ĝi formiĝis frue en 1990, kaj kune kun Nirvana, Soundgarden, kaj Alice in Chains, akcelis la populariĝon de la muzika stilo "grunĝo". Pearl Jam estas la sola bando el tiu kvaropo, kiu aktuale (2005) ekzistas La unua albumo de la grupo, Ten (Dek, 1991), estis grunĝa, sed post tio la muzika stilo de la bando aliiĝis.
ja:パール・ジャム
Flamewar
Ein Flame (aus dem Englischen: to flame, aufflammen) ist ein roher oder geistloser Kommentar bzw. eine Beleidigung in einer Newsgroup-Veröffentlichung, E-Mail-Nachricht ,
Chatsitzung oder einem Forumsthread.
Ein Flame War ist demnach eine sehr kontroverse Diskussion, bei der die Teilnehmer unsachlich und eventuell beleidigend werden. Ein Flame-War beginnt meist a
Franz Joseph Müller von Reichenstein
Franz Joseph Müller von Reichenstein ( - 1740 oder 1742 in Poysdorf, Österreich; † 12. Oktober1825 in Wien) war ein Naturwissenschaftler und Entdecker eines Elementes im Periodensystem.
Er studierte in Wien und Chemnitz. Schlie
Darwin beschrieb 1859 in ein seinem Werk "On the Origin of Species by means of Natural Selection, ..." (wörtlich: Über den Ursprung der Arten durch das Mittel der natürlichen Au
Vorblitz
Der Vorblitz dient dazu, den Rote-Augen-Effekt, der durch Aufnahmen mit Blitzlicht beim Fotografieren entsteht, zu verringern. Durch das vorweg gezündete Blitzlicht verengen sich die Pupillen des fotografierten Menschen oder Tieres und die roten Augen werden, wenn sie denn auftreten, wesentlich kleiner.
Mit Hilfe der elektronischen Bi
Saugmotor
Ein Saugmotor ist ein Verbrennungsmotor, bei dem die Luft nicht durch einen Turbolader oder einen Kompressor vorverdichtet wird.
Die meisten Automotoren sind Saugmotoren.
Die Luft wird durch die Bewegung der Zylinder in den Brennraum gesaugt.
Wenn der Zylinder am oberen Toten Punkt ist, werden die