:: wikimiki.org ::
| Buenos Aires |
Buenos AiresBuenos Aires ([http://kvaleberg.com/extensions/mapsources/index.php?params=34_40_S_58_24_W_ 34°40′S 58°24′W]) is die hoofstad en die ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië en grootste Spaanstalige stad ter wêreld, met 2 746 761 inwoners (2005) in die Distrito Federal (203 km²) en sowat twaalf miljoen mense in die metropolitaanse gebied (Gran Buenos Aires) van 2 915 km². Die stad lê aan die mond van een van die grootste riviere wêreldwyd, die Río de la Plata (Silwerrivier). Aangesien Gran Buenos Aires sowat 'n derde van die Argentynse bevolking huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land.
Danksy talle winkels en boetieke, sy pragtige argitektuur, 'n ryk kulturele lewe, uitstekende restourante en sy kosmopolitiese bevolking van oorwegend Italiaanse, Spaanse, Franse, Duitse, Engelse, Oos-Europese, Arabiese en Asiatiese herkoms staan Buenos Aires ook as die Parys van die Suide bekend. Die stad is een van die mees Europese van Suid-Amerika en ook die Suidelike Halfrond, maar beslis die enige metropool wat met sy noordelike teenstukke enigsins kan meeding. Die stad beleef sy Goue Era in die tydperk tussen 1880 en 1920, toe Argentinië tot die tien welvarendste lande wêreldwyd behoort en Buenos Aires as sy skitterende hoofstad nuwelinge uit Europa lok wat hier 'n beter bestaan wil vind.
Europa
Geskiedenis
Die eerste Europese seevaarder, wat in die jaar 1516 naby Buenos Aires voet aan wal sit, is die Spanjaard Juan de Solís. Hy noem die groot rivier wat hy teenkom die Mar Dulce (Soet See). Twintig jaar later stig Pedro de Mendoza die eerste nedersetting, Santa Maria del Buen Aire, in die gebied. Die Spanjaarde moet die kolonie weens die verset van die vyandelik gesinde Indiane enkele jare later na Asunción in Paraguay verskuif.
Die perde en beeste, wat die Spanjaarde agterlaat, vorm die grondslag vir die Argentynse veeteelt, die belangrikste ekonomiese basis van die land. 'n Permanente vesting en dorp ontstaan uiteindelik in 1586 toe 'n groep setlaars na die gebied terugkeer. Die stad bly vir bykans tweehonderd jaar 'n onbenullige plek, en smokkelary is sy broodwinning aangesien die Spaanse regering die voorkeur aan ander hawens soos Lima gee.
Lima
Eers met die stigting van 'n Spaanse onderkoninkryk, wat groot dele van Argentinië, Chile, Uruguay en Bolivië insluit, speel die stad 'n belangrike rol as administratiewe sentrum. Snelle ekonomiese vooruitgang bevorder die plaaslike nasionalisme; die gebied kry in 1810 'n selfregerende status, en in 1816 verklaar die burgers van Buenos Aires die onafhanklikheid van die Argentinië. Dekades lank sukkel die plaaslike regering met die moeilikheid om die gesag oor die hele land te kry; aanhangers van 'n federale stelsel baklei met lede van politieke groeperings wat eerder 'n eenheidstaat verkies.
1816
In 1880 word Buenos Aires tot federale distrik (Distrito Federal) verklaar. Die regering van president Julio Rocas neem Europese stede, met name Parys, as voorbeeld vir die ontwikkeling van die stad. Die Franse hoofstad gee die aanleiding vir honderdtalle nuwe geboue wat volgens Paryse boustyle beplan word en die aan die stad nog steeds 'n Europese voorkoms gee. Grootskaalse immigrasie uit Italië, Spanje, Duitsland, Engeland, Pole, Rusland en die Midde-Ooste en snelle ekonomiese groei maak van die Parys van Latyns-Amerika een van die welvarendste stede wêreldwyd. Aan die begin van die 20ste eeu leef meer dan een miljoen porteños - soos die inwoners van Buenos Aires in hul eie land bekend staan - in die stad. "Ryk soos 'n Argentyn" word 'n vaste begrip in Parys en ander Europese metropole.
Die groot Avenidas van Buenos Aires, soos die Avenidas Santa Fé, Córdoba en Corrientes, word in die dertigerjare gebou. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog smelt die stad met sy voorstede saam en huisves sowat een derde van Argentinië se bevolking.
Ekonomiese en politieke teenslae na die Tweede Wêreldoorlog het Buenos Aires voorlopig van sy rol as ryke stad beroof, en die teenstellings tussen die welvarende noordelike stadswyke en die bitterarm suide is oorgroot; langsamerhand herwin die stad egter sy status as lewendige metropool van 'n vooruitstrewende land.
Klimaat
Buenos Aires lê soos die grootste deel van Argentinië in die gematigde sone van die Suidelike Halfrond. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 17,5° C, die gemiddelde jaarlikse reënval 1 173 millimeter.
Januarie is die warmste maand met gemiddeldes van 24,5° C, terwyl temperature in die midwinter van Julie tot gemiddeldes van 11,1° C daal. Die somermaande is baie warm en bedompig. Baie porteños verlaat die stad in Januarie en Februarie vir 'n vakansie aan die kus of in die berggebiede. Die wintermaande is vogtig, maar nie regtig koud nie.
Bekende stadswyke (barrios)
Februarie
- Die Sentrale Besigheidsdistrik digby die hawe is die senusentrum van die Argentynse sakewêreld. Maar soos elders ontvlug die sakevrouens en -manne graag hul bedrywige kantoorgeboue om in een van die uitstekende restourante te dineer.
- Die barrios Palermo, Retiro en Recoleta vorm die Noordelike Distrik van Buenos Aires. Dit is die welvarendste en dus ook duurste woongebied en besigheidsdistrik van die Argentynse hoofstad. Die statige ou huise in die gebied is omtrent 1900 gebou en toon die sterk Franse invloed op die boustyl van daardie tydperk. Teen die sewentigerjare van die 19de eeu, na die uitbreek van 'n geelkoors-epidemie in die suidelike stadswyke, begin die ontwikkeling van die gebied, en dit is veral die meer welgesteldes wat hulle hier kom vestig.
- Palermo Bosque is 'n groen eiland in die stad en die geskikte plek vir 'n verskeidenheid sportsoorte soos polo.
- Palermo Chico behoort tot die welvarendste stadswyke van Buenos Aires en bekoor met sy Frans-geïnspireerde argitektoniese style wat van neoklassies tot ultramodern strek. Baie van die ou herewonings is nou in ambassades omgeskep, aangesien min porteños die onderhoud van die luukse geboue nog kan bekostig. Naas diplomate is daar ook baie bekende Argentynse rolprentsterre en sportmense wat huise in Palermo Chico bewoon.
- Palermo Viejo is 'n rustige woonbuurt en gewilde woonplek vir talle psigoloë en psigoanaliste wat voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog hier 'n nuwe tuiste gevind het - in daardie tydperk kry die buurt sy bynaam "Villa Freud".
- La Boca en San Telmo is deel van die Suidelike Distrik van Buenos Aires. La Boca, eweneens digby die hawe, bekoor met sy kleurryke houthuise. Die inwoners van La Boca is deur die skilder Benito Quinquela Martín aangemoedig om hul barrio met kleure te verfraai. Sy huis is nou die Museo de Bellas Artes de La Boca en vertoon sy beroemde skilderye, wat veral die lewe van die dokwerkers van die buurt uitbeeld. Dit is die tradisionele woonbuurt van die arbeiders, die Genuese immigrante, die vissers - en die plek waar die mense van Buenos Aires ontmoet om te dineer en te dans. Die outentieke tangodans en Argentyns-Italiaanse kookkuns maak dit ook 'n eersterangse besienswaardigheid vir die besoeker.
- San Telmo met sy elegante koloniale argitektuur is die barrio van die antikwiteitehandelaars en kunstenaars. Die eertydse agterbuurt trek in die jare sestig talle kunstenaars en intellektueles wat die gebied weer laat oplewe. Naas die ateljees en antikwiteitewinkels lok die barrio met sy uitstekende restourante en 'n vlooimark op die plein Plaza Dorrego wat op Sondae plaasvind. Die stadswyk beskik ook oor die oudste en bekendste tangokroeë soos Michelangelo, La Casa Blanca en La Casa Rosada. Talle statige ou geboue is nou gerestoureer en huisves nagklubs, boetieke, ateljees en woonstelle in hulle patio's.
Besienswaardighede
- Die Avenida 9 de Julio is sedert 1936 die breedste laan ter wêreld - daar lê sowat 460 voet (140 meter) tussen die sypaadjies aan sy regter- en linkerkant. Talle ou geboue is in die dertigerjare afgebreek om hierdie avenida te bou - behalwe vir die statige Franse Ambassade wat aan die hoek van 9 de Julio en Alvearstraat oorgebly het.
- Die Plaza de Mayo dra sy naam ter ere van die stigters van die Argentynse Republiek wat hier in Mei 1810 die onafhanklikheid van die land verklaar het. Dit is een van die mooiste pleine wêreldwyd, met pragtige palms, tuine, 'n sentrale standbeeld en historiese geboue uit die koloniale tydperk ringsom. Hier vind alle belangrike betogings plaas (byvoorbeeld dié van die Moeders van die Plaza de Mayo wat teen die gruweldade van die militêre bewind in die jare sewentig protesteer), en die plein kan as die besige sentrum van Argentinië beskou word - hier lê die Casa Rosada, die beroemde ligrooskleurige gebou wat in 1894 opgerig is en in 1910 as setel van die Argentynse regering bekend staan. 'n Museum in die huis vertoon antikwiteite en ander voorwerpe wat aan nasionale helde behoort het. Die Casa Rosada word deur 'n eregarde bewaak - om sewe uur saans haal hierdie soldate die nasionale blou-wit vlag in. Die Cabildo (Raadsaal van Buenos Aires) van 1751 is die plek waar die onafhanklikheid van die land beplan is; die gebou beskik oor 'n museum met meubels en voorwerpe uit die koloniale verlede. Die Sentrale Besigheidsdistrik lê suid van die Plaza.
- Vanuit die heuwel van die Plaza San Martín kan 'n mens die wonderlike uitsig oor die barrio Retiro geniet. Die Kavanagh-gebou in die buurt is in 1936 met 120 meters die eerste wolkekrabber in Latyns-Amerika - en die uitsig wat 'n mens vanuit die boonste woonstelle kan geniet is asemberowend: Tot by die oewers van die Río de la Plata, oor Retiro, oor die wandellaan Florida en die Plaza San Martín. Corina Kavanagh, een van die rykste vroue in Argentinië, het al haar erfgeld aan hierdie wolkekrabber bestee. Die gebou in die Art-déco-styl is deur die argitekte Gregorio Sánchez, Ernesto Lagos en Luis Maria de la Torre ontwerp. Ander bekende geboue van die Plaza is die Sheraton Hotel en die ou stasie van Retiro. Die moderne Catalinas-wolkekrabbers in die suide is in die laat sewentigerjare opgerig.
- Die Kerkhof van Recoleta is die begraafplaas van die welgestelde burgers. Evita Perón se graf trek nog steeds die meeste besoekers. Die kerkhof is sedert sy inwyding in 1882 'n soort klein weergawe van Buenos Aires en sy verskillende boustyle.
- Die Operateater Colón met sy pragtige Europese boustyl is een van die bekendste bakens van die stad en die simbool van sy bloeiende kulturele lewe. Die wêreldwyd bekende instelling het uitstekende akoestieke eienskappe. Die hoof-ouditorium, wat oor ses verdiepings verrys, bied sitplekke vir meer dan 3 500 besoekers en sowat 1 000 staanplekke. Die Colón beskik oor 'n museum wat die geskiedenis van die teater behandel.
- Die Munisipale Teater San Martín is 'n moderne gebou van chroom en glas met ses tonele. Die teater, wat in 1960 ingewy is, is die grootste instelling van sy soort in Argentinië en bied 'n oordaad gratis-konserte, feeste, skouspele, lesings en ander aktiwiteite aan. Naby die teater is die Kulturele Sentrum San Martín, 'n soortgelyke instelling.
- Die Galileo Galilei-planetarium in Parque 3 de Febrero is in 1966 opgerig en bied sitplekke vir 340 besoekers. Sy vertonings, uitstallings en konferensies behandel die astronomiese navorsing. Die metalliese meteoriet, wat voor die gebou vertoon word, is in die provinsie El Chaco gevind en weeg sowat 1 530 kilogram.
- Die Museo de Arte Latinoamericano de Buenos Aires (MALBA) is in 2001 geopen en huisves nou die kunsversameling van die Argentynse sakeman Eduardo Constantini, met meer as 200 objekte van 80 kunstenaars, wat 'n aantal sleutelwerke van die Latyns-Amerikaanse kuns in die 20ste eeu insluit.
- Die Museo de Esculturas Luis Perlotti in die huis van die kunstenaar huisves 'n versameling van 1 000 van sy werke, wat in 1976 aan die stad Buenos Aires geskenk is.
Kookkuns
Die plaaslike kookkuns steun op bief en die asado, die tradisionele Argentynse braaivleis. Die Argentiniërs eet dit een of twee keer per dag, en daar is talle soorte bife soos die bife de costilla (wat aan die Noord-Amerikaanse T-bone biefstuk herinner) en die bife de chorrizo ('n soort ribstuk). 'n Oordaad worsies word bedien, byvoorbeeld die pikante chorizo, die bloedwors morcilla en die salchicha - 'n lang, dun worsie. Empanadas is die Argentynse soort vleispasteijies wat met bief gevul en gebak of gebraai word. Tydens die ete word gewoonlik Argentynse rooiwyn geskink.
1966
Daar is sowat 3 500 restourante en ander eetplekke in die stad. Die parillas, wat tradisionele Argentynse braaivleis bedien, is een van die mees tipiese plaaslike eetplekke. Daar is egter ook talle cafés, confiterías (wat alkohol, koffie en tee bedien), heladerías (vir roomys), sandwicherías, wiskerías, cocktelerías en ander gewilde ontmoetplekke.
Die beste buurte vir 'n tradisionele braaivleis-ete is Costanera Norte en Puerto Madero. Die besoeker, wat die Spaans-Argentynse kookkuns waardeer, vind die beste restourante langs die Avenida de Mayo. Die mees tradisionele Italiaanse pizza's kan 'n mens in die Corrientes-straat geniet. Die plaza Cortázar, Palermo Hollywood, Las Cañitas en Recoleta is gebiede waar die restourante hulle op die mees verfynde en eksotiese kookkuns vir die fynproewer toespits.
Die internasionale restourante in Buenos Aires is uitstekend, hoewel 'n Franse spyskaart nie noodsaaklik outentieke Franse cuisine bedoel nie - daar is altyd 'n bietjie Argentynse variasie, behalwe vir die eersterangse restourante. Die immigrante het hul eie kookkuns - eweneens met 'n sterk Argentynse invloed - hier bewaar. Naas die kos wat in Italiaanse, Sjinese, Spaanse, Duitse, Russiese en Kosjer restourante bedien word, is daar 'n verskeidenheid spesialiteite van dwarsoor die wêreld.
Argentiniërs eet baie laat, teen middernag is restourante nog steeds vol met 'n oormaat besoekers.
category:Argentinië
ja:ブエノスアイレス
ko:부에노스아이레스
ms:Buenos Aires
simple:Buenos Aires
2005 Gebeure
Geboortes
Sterftes
- 26 April - Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer
- 20 Julie - James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek; - 3 Maart 1920)
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:21ste eeu
als:2005
ja:2005年
ko:2005년
ms:2005
simple:2005
th:พ.ศ. 2548
zh-min-nan:2005 nî
Suid-AmerikaSuid-Amerika is 'n kontinent met meeste van sy gebied in die Suidelike halfrond. Dit lê tussen die Stille Oseaan en die Atlantiese Oseaan. Die Andesgebergtes loop langs die westekant van die kontinent. Die gebied oos van die Andes is hoofsaaklik tropiese reenwoud, die Amasonerivierkom.
Lande in Suid-Amerika
- Argentinië
- Bolivia
- Brasilië
- Chile
- Colombia
- Ecuador
- Falkland-eilande
- Frans-Guyana
- Paraguay
- Peru
- Suriname
- Uruguay
- Venezuela
Links in English
- [http://www.geographicguide.com/brazil.htm Brazil]
- [http://www.geographicguide.com/south-america.htm South America].
Kategorie:Kontinente
ja:南アメリカ
ko:남아메리카
simple:South America
th:ทวีปอเมริกาใต้
zh-min-nan:Lâm Bí-chiu
1880 Gebeure
- Bezuidenhout affair
- 30 Desember - Paul Kruger word die President van die Transvaalse Republiek.
Geboortes
- C. Louis Leipoldt (†1947), Afrikaanse digter.
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1880년
1920 Gebeure
- Stigting van Université de Montréal (Kanada)
Geboortes
- 3 Maart - James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek; † 20 Julie 2005)
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1920年
ko:1920년
simple:1920
th:พ.ศ. 2463
1516 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:16de eeu
ko:1516년
1586 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:16de eeu
ko:1586년
Uruguay
Uruguay is 'n klein land in Suid-Amerika. Dit word begrens deur Brasilië in die noorde, Argentinië met die Uruguayrivier in die weste, die Río de la Plata in die suidweste en die Atlantiese Oseaan in die suidooste. Omtrent die helfte van die bevolking woon in die hoofstad Montevideo.
Die land is die tweede-kleinste in Suid-Amerika, en een van die mees stabiele. Dit vorm vir 'n lang tydperk 'n soort bufferstaat tussen die gebiede van die koloniale moonthede, Portugal en Spanje. Met sy onafhanklikheid in die jaar 1828 lei interne geskille tot 'n fase van politieke magstryd en burgeroorloë, maar uiteindelik word die land danksy die Europese immigrante uit veral Italië en Spanje 'n welvarende land, wat in Europa as die "Switserland van Suid-Amerika" bekend staan.
Die vleisverwerking, wat in die 1860'erjare 'n aanvang in die stad Fray Bentos neem, en die uitvinding van vragskepe met koelingsgeriewe maak van die land een van die grootste vleis-, vel- en woluitvoerders ter wêreld.
Die landbou vorm nog steeds die ekonomiese basis van die land, terwyl die toerisme danksy bekende bestemmings soos Punta del Este en die Costa de Oro 'n groot bydrae tot die vinnig groeiende dienstesektor lewer. Desondanks is honderdduisende Uruguyaners gedwing om 'n heenkome in die buiteland, veral in Argentinië, te vind. 'n Ander probleem bly die oorheersende rol van die hoofstad Montevideo, wat nog steeds meer as die helfte van die bevolking huisves.
Geskiedenis
Costa de Oro
Omtrent 1000 n.C. is die Charrúa, 'n Indiaanse volk, die grootste etniese groep in die gebied van die huidige Uruguay.
Die Spaanse seevaarder Juan Díaz de Solis is in die jaar 1515 die eerste Europeaan, wat in Uruguay voet aan wal sit en met die verkenning van die monding van die Río de la Plata begin. Die Spaanse naam van die rivier - "Silwerrivier" - dui aan dat die Spanjaarde hoop om in die omgewing silwer te vind. 1526 sit Sebastiano de Caboto die verkenningswerk voort en seil stroomop die takrivier Paraná.
Onder hewige verset van die Charrúa-volk begin die Spanjaarde en Portugese met die verowering van die gebied, en alhoewel Uruguay reeds in 1516 'n Spaanse kolonie word, ontstaan die eerste nedersettings nie voor die 17de eeu nie.
Aangesien tegelykertyd setlaars vanuit Buenos Aires en Portugal die land binnedring, bly die gebied 'n twispunt tussen Spanje en Portugal. In 1724 stig Spanjaarde die hoofstad Montevideo, terwyl die posisie van die Portugese in Uruguay begin verswak. In 1776 word die gebied van Uruguay as die "Banda Oriental" (oostelike oewer of land oos van die Uruguayrivier) by die Spaanse Onderkoninkryk Río de la Plata (die historiese voorloper van die huidige Argentinië) ingelyf.
Die onafhanklikheidsbeweging onder leiding van José Gervasio Artigas begin in 1810 om die Spaanse juk af te werp, tog word die land net een jaar later 'n twispunt tussen Argentinië en Brasilië. In 1821 slaag Brasilië daarin om die gebied as Provincia Cisplatina te annekseer. Danksy die militêre ingryping van Argentinië verwerf Uruguay in 1825 sy onafhanklikheid. Die República Oriental del Uruguay (Republiek oos van die Uruguayrivier) word op 4 Oktober 1828 uitgeroep.
Die teenstellings tussen die Argentyns- en Brasiliaansgesinde politieke groeperings lei tot 'n gewelddadige binnelandse konflik. Die sogenaamde "Blancos" (die Wittes), veral konserwatiewe eienaars van groot landgoedere, wat deur die Argentynse diktator Juan Manuel Rosas ondersteun word, veg teen die "Colorados" (Rooies), sosiaal-liberaalgesinde nyweraars en koopmanne.
In 1838 begin diktator Rosas 'n veldtog teen Paraguay, Uruguay en Brasilië; Uruguay word deur Argentynse troepe beset. Frans-Britse troepe gryp in 1845 in en dwing Argentinië om sy buurland weer te ontruim. Met die oorwinning van die Colorados in 1851 begin die politieke situasie stabiliseer.
In 1864 val Paraguay sy buurlande Argentinië, Uruguay en Brasilië aan, maar die land ly 'n vernederende neerlaag. Een jaar later vorm die Colorado-party die nuwe regering, besluit egter om saam met die oppisisieparty, die Partido Nacional (of Blancos), te regeer. Hierdie magsdeling, die sogenaamde kollegiale stelsel, verseker dat Uruguay tot 'n stabiele demokrasie ontwikkel.
Uruguay is uiters geskik vir landbou en veeteelt, en tussen 1830 en 1930 vestig sowat 700 000 immigrante uit Spanje, Italië, Duitsland, Engeland en Switserland hulle in die land. Sy welvarende landbou en die uitvoer van vleis is die basis vir 'n grootskaalse ekonomiese opbloei. Uruguay word een van die rykste state in Latyns-Amerika. Die beleid van president José Batlle y Ordóñez, wat 1903 as staatshoof verkies word, maak van Uruguay 'n moderne staat met 'n gevorderde welvaartstelsel. Hy skei staat en kerk van mekaar en begin met die uitbou en modernisering van die pad- en spoorwegnet. In die 20ste eeu kan die land op sosiale vlak tred hou met die Europese nasies en kry die bynaam "Switserland van Suid-Amerika".
Die Groot Depressie van 1929 tref Uruguay baie hard, en die ekonomiese krisis bevorder in 1933 die verkiesing van Gabriel Terra. Sy regering munt in 'n diktatorskap uit, wat tot 1942 voortduur. Die liberale regering herstel in 1946 die kollegiale stelsel.
Nuwe grondwette word in 1919 en 1951 goedgekeur. Uruguay is in 1945 een van die stigterslede van die Verenigde Nasies.
In die sestigerjare begin die ekonomiese situasie geleidelik versleg. Die sosiale onrus, wat vervolgens opvlam, lei in 1963 tot die vorming van 'n gewapende stadsguerilla, die sogenaamde Tupamaros (vernoem na die Inka-koning Túpac Amarú), wat veral in die hoofstad Montevideo optree. In 1967 word die kollegiale stelsel deur 'n presidiale regering vervang, Jorge Pacheco Areco word die nuwe president. Sy opvolger Juan María Bordaberry (Colorados), wat in 1972 die presidentsamp oorneem, is nie in stat om die land se probleme op te los nie. Die militêre staatsgreep van die jaar 1973, waarby Bordaberry die mag met die Uruguayaanse weermag deel, is 'n poging om 'n einde aan die onluste en terreuraanslae te maak, lui egter ook 'n tydperk van 'n diktatoriale regeringstelsel in, wat eers met die vrye demokratiese verkiesings van 1985 tot 'n einde kom. Die outeritêr-militêre régime verbied alle politieke aktiwiteite en vermoor die leiers van linkse opposisiepartye. Tussen 1973 en 1975 verlaat meer as een miljoen mense om politieke en ekonomiese redes die land. In 1976 word Bordaberry deur die militêre leiers afgesit; die weermag begin die land alleen te regeer en verkies Aparicio Méndez as die nuwe president. Terwyl die ekonomie vanaf 1978 begin herstel, bly Uruguay een van die mees repressiewe lande ter wêreld; die relatiewe aantaal politieke gevangenes is die hoogste ter wêreld.
Die nuwe grondwet, wat die magsposisie van die militêre leiers sou versterk, word deur die bevolking in die referendum van 1980 nie goedgekeur nie. Weens die toenemde politieke instabiliteit en onluste word president Méndez deur generaal Gregorio Alvarez, 'n voorstander van demokratiese hervorming, vervang.
In die eerste vrye verkiesing na die staatsgreep word in 1985 Julio María Sanguinetti Cairolo (Partido Colorado) die nuwe president. Ondanks die hoë inflasiekoers van meer as 70 persent en 'n skuldlas van vier biljoen VSA-dollar slaag hy daarin om die ekonomie te stabiliseer.
Die wenner van die verkiesing in 1990 is Luis Alberto Lacalle de Herrera (Partido Nacional), wat die politiek van sy voorganger voortsit. Sy regering beplan om die groot staatsbedrywe, wat die vervoer-, kommunikasie-, energie- en versekeringsbedryf oorheers en deur groot verliese gekenmerk word, te privatiseer. Hierdie planne word in 'n referendum afgekeur.
Die huidige regering onder die leiding van president Tabaré Vázquez word deur 'n koalisie van linkse partye gevorm.
Ekonomie
Uruguay beskik oor 'n markgerigte ekonomie, alhoewel die staatsektor nog steeds 'n buitengewoon groot aandeel beslaan. In teenstelling met sy buurstate begin die land taamlik laat met die privatisering van sy staatsbedrywe.
Die relatiewe stabiliteit van die Uruguyaanse ekonomie word gereeld deur resessies in Argentinië en Brasilië ondermyn. Sedert die sestigerjare ondervind Uruguay groot ekonomiese moeilikhede, aangesien die land nie meer as 'n werklike mededinger op die wêreldmark kan optree nie. Dit steun nog steeds op die landbou, met name die veeteelt. Die voedselverwerking is die grootste nywerheid van die land.
Alhoewel Uruguay nou 'n lidstaat van die gemeenskaplike Suid-Amerikaanse mark Mercosur geword het en sy ekonomie teen 'n gemiddelde jaarlikse koers van 3,6 persent groei, leef nog steeds 23 persent van sy bevolking benede die broodlyn.
Kategorie:Suid-Amerika
Kategorie:Uruguay
fiu-vro:Uruguay
ja:ウルグアイ
ko:우루과이
ms:Uruguay
th:ประเทศอุรุกวัย
zh-min-nan:Uruguay
Bolivië
Bolivia is 'n land in Suid-Amerika. Dit grens Brazilië in die noord en oos, Paraguay en Argentinië in die suid, en Chili en Peru in die wes.
Peru
Kategorie:Suid-Amerika
ja:ボリビア
ko:볼리비아
ms:Bolivia
th:ประเทศโบลิเวีย
zh-min-nan:Bolivia
1816 Gebeure
- Argentinië verklaar sy onafhanklikheid van Spanje
Geboortes
-
Sterftes
- Thomas Girten -Waterverfskilder
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1816년
simple:1816
1880 Gebeure
- Bezuidenhout affair
- 30 Desember - Paul Kruger word die President van die Transvaalse Republiek.
Geboortes
- C. Louis Leipoldt (†1947), Afrikaanse digter.
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1880년
Parys: Hierdie artikel handel oor Parys in Frankryk. Vir die dorp in die Vrystaat, sien Parys (Vrystaat).
----
Parys (Frans: Paris) is die hoofstad en grootste stad van Frankryk met 2 110 694 inwoners (2005) en 'n oppervlakte van 105,4 km². 11 501 738 mense woon in die metropolitaanse gebied van Parys (1 Januarie 2005). In administratiewe opsig is Parys tegelykertyd 'n stad en 'n département.
Parys is die hoofkwartier van internasionale organisasies soos die UNESCO, OECD en die Europese Ruimtevaartorganisasie ESA. Dit is die grootste Franstalige metropool en die kulturele sentrum van die Franstalige gemeenskappe (Frankofonie).
Parys, sy voorstede (La Petite Couronne - "Klein Randgebied") en die omgewing (La Grande Couronne - "Groot Randgebied") word L'Île-de-France genoem - dit is die historiese hartland van Frankryk en sy geestelike middelpunt.
Daar is geen ander stad wat dieselfde bevoorregte stelling in sy eie land en op sy kontinent inneem soos Parys nie - dit is die stad van die avantgarde, die stad wat steeds aan die voorpunt van belangrike ontwikkelings staan. Hier begin alles wat Frankryk, Europa en die wêreld gaan verander - die mode, die kuns, die politiek, die argitektuur, die filosofie, die musiek, die filmkuns.
Die metropolitaanse gebied van Parys is ook die belangrikste finansiële en sakesentrum van Europa en die hoofkwartier van sowat 40 persent van die Franse maatskappye. Die bruto nasionale produk van hierdie gebied is groter as dié van Australië. Die voorstad La Défense in die département Hauts-de-Seine huisves die grootste sentrale besigheidsgebied van Europa en op een na ook die grootste Europese aandelebeurs.
Hauts-de-Seine
Geskiedenis
Die vroegste Keltiese nedersettings ontstaan op twee klein eilande in die rivier Seine wat deur die stad vloei. In daardie tyd staan die dorp bekend as Louk-teih (Plek van die Moeras) of Lutu-hezi (Waterwoning). Hoewel daar net 'n klompie houthutte opgerig word, is dit 'n plek wat danksy die strategies belangrike ligging deur die Romeine uitgebou word. In die Romeinse tydperk kry die stad die naam Lutetia Parisiorum (die Parisii is 'n Galliese stam wat in die streek leef). Die Gallo-Romeinse stad beslaan ongeveer die oppervlak van die huidige cité (ou stadskern) en word danksy die Heilige Geneviève (422-502) in 451 deur die Hunne - wat toe groot dele van Europa verwoes - gespaar. Onder die Frankiese bewind word Parys die hoofstad van die Neustriese Deelryk, in die Karolingiese tydperk egter weer afgeskaal tot hoofstad van die graafskap. Met die bekroning van hertog Hugo Capet as koning van Frankryk 987 herwin Parys sy status as hoofstad van die ryk.
987
Parys ervaar groot welvaart uit sy ligging - belangrike handelsroetes kom hier bymekaar, en aan die begin van die 12de eeu word die stad aansienlik vergroot. Tydens die heerskappy van die konings Lodewyk VI en VII neem die stad meer en meer administratiewe funksies as hoofstad van Frankryk waar, en sy beroemde skole - soos byvoorbeeld die katedraalskool van Sainte-Geneviève - lok die vernaamste geleerdes en 'n groot aantal studente van verskillende Europese lande. Uit hierdie skole wat hulle hoofsaaklik aan die linkeroewer van die rivier Seine bevind, ontstaan in die twaalfde eeu die Universiteit van Parys. Die studente het gewoonlik Latyn met mekaar gepraat sodat hulle woonbuurt (wat vandag nog bestaan) die Quartier Latin genoem word.
Die stad groei ook in die 13de eeu nog sterk; die koninklike paleis word vergroot en die gotiese katedraal in die cité (historiese stadskern) word opgerig. Koning Filips II laat die stad, wat nou sowat 80 000 inwoners tel, versterk, en onder koning Lodewyk IX is dit uiteindelik een van die grootste en belangrikste stede in Europa. Die stad groei saam met die monargie, maar weens sy oorgrote politieke belang kry dit nooit die stadsreg nie. 'n Koninklike provost regeer Parys, en behalwe vir die gildes - by name die koopliede van die Seine - slaag die burgerskap nie daarin om 'n stadsraad of ander verteenwoordigende liggame te skep nie. Die Sonkoning Lodewyk XIV verkies om in die nabygeleë Versailles te bly, wat van daardie stad tussen 1643 en 1715 die koninklike hoofstad maak.
Die burgerlike verset teen die absolutistiese "Ancien Régime" bereik 'n hoogtepunt in die Franse Rewolusie. Op 14 Julie 1789 storm die burgers die gevangenis Bastille. Die Rewolusionêre probeer om die land van die adelsheerskappy, die geestelikheid en ook die Christelike "bygeloof" te bevry. Die nekslag wat die adel en kerk toegedien word, verseker dat Frankryk 'n sekulêre maatskappy van selfstandige burgers word.
Bastille
Die rewolusionêre neigings van die Paryse bevolkings herleef in die Franko-Pruisiese Oorlog van 1870-1871 met die opstand van die Paryse Commune. Die beleg van Parys deur Pruisiese troepe en 'n hongersnood in die winter van 1870-1871 lei tot die Commune se oorgawe.
In die tagtigerjare van die 19de eeu beleef Parys weer 'n tydperk van bloeiende welvaart wat as La Belle Époque bekend staan. In hierdie tydperk word die bekendste baken van die stad, die Eiffeltoring, opgerig (1889). Parys organiseer ook die Olimpiese Spele van 1900.
1900
Die Tweede Wêreldoorlog en die Duitse blitzkrieg bring die bitter jare van Duitse besetting. In die laat somer van 1944 word Parys deur Gealliëerde Anglo-Franse Magte bevry.
Studenteproteste en stakings dwarsoor die land skud die Paryse regering in 1968. Anders as byvoorbeeld in Duitsland sluit die studente- en werkersbewegings in Frankryk saam, en die eskalerende betogings en proteste hou vir sommige destydse waarnemers selfs die gevaar van 'n burgeroorlog in.
Die sestigerjare is ook 'n tydperk van ekonomiese vooruitgang; die ontwikkeling van die wolkekrabberbuurt La Défense begin. Parys bevestig sy rol as wêreldstad in die volgende dekades met 'n reeks asemrowende argitektoniese projekte wat deur die Franse Staatspresidente bevorder word. President Georges Pompidou bevorder die bou van die Centre Culturel in die stadswyk Beaubourg; President Valéry Giscard d'Estaing die Musée de l'Orsay, die Institut du Monde arabe en die Cité des Sciences et de l'Industrie; terwyl die glaspiramide van die Louvre, die Opéra-Bastille, die Bibliothèque de France en die Grande Arche in La Défense onlosmaaklik met President François Mitterrand verbind is.
Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee in Julie 2005 om die Olimpiese Spele van die jaar 2012 eerder in Londen as in Parys te laat plaasvind word in die stad en dwarsoor Frankryk met ontsteltenis ter kennis geneem.
Parys se banlieues, 'n ring van voorstede wat onder meer as woonkwartiere vir minderbevoorregte bevolkingsgroepe soos Noord- en Swart-Afrikaanse immigrante dien, is in die herfs van 2005 weer eens die skouplek van gewelddadige onluste, wat vinnig oor die hele land versprei. Grootskaalse immigrasie van ongeskooldes, wat werkloosheid, armoede, woningnood en misdaad tot gevolg het, het 'n ernstige probleem vir Franse metropole geskep. Die opgehoopte frustrasie van veral jeugdiges word vergroot deur die feit dat hulle grotendeels Franse burgerskap het, maar desondanks nie in die Franse maatskappy geïntegreer is nie.
Die onluste in 2005 breek uit na die dood van twee jeugdiges, wat valslik geglo het dat hulle deur polisiemanne agternagesit is, in 'n ongeluk. Gewelddadige betogings en opmerkings deur die Franse Minister van Binnelandse Sake, Nicolas Sarkozy, dat die voorstede "skoongemaak" moet word, gee die anleiding tot die landswye onluste.
banlieues
banlieues
Besienswaardighede
- Die Arc de Triomphe is 'n reusagtige triomfboog in die neoklassieke styl. Keiser Napoléon I begin die bouwerk in 1806. Die boog, wat veertien jaar later voltooi is, verrys nou bo die twaalf strate wat straalvormig van die Place de l'Étoile uitgaan. Sedert 1920 huisves die boog die Graf van die Onbekende Soldaat. Ter nagedagtenis van alle gesneuwelde Franse soldate brand hier 'n ewige vlam (Place Charles de Gaulle, 75008 Paris).
- Die Cathédrale Notre-Dame de Paris is in 1163 deur die destydse biskop Maurice de Sully begin en eers in 1345 voltooi. Die katedraal verteenwoordig twee eeue van gotiese boukuns (6, place du Parvis Notre-Dame).
- Die Conciergerie is 'n reusagtige gebou aan die oewer van die Seine, wat eers as koningspaleis van die Capet-dinastie en later, tydens die Franse Rewolusie, as kerker gedien het. Die gevangenes wat hier aangehou is sluit prominentes soos Marie-Antoinette, Danton, Robespierre en André Chenier in. Die gebou, wat vandag 'n deel van die Paleis van Justisie is, beskik oor vier torings en drie sale in die gotiese styl (Conciergerie, 1, quai de l'Horloge, 75001 Paris).
- Die Eiffeltoring aan die noordwestelike kant van die Champ-de-Mars is die bekendste baken van die Franse hoofstad, Parys. Die toring wat van staal gemaak is, is deur die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel (1832-1923) beplan en vir die Wêreldtentoonstelling en die eeufees van die Franse Rewolusie in 1889 gebou. Die toring is 300,5 meter hoog (met sy antenna 320,8 meter) en dien vandag as uitkykpunt en uitsaaitoring. Daar is hysbakke na die uitkykplekke wat 'n voortreflike uitsig oor die stad bied, en in goeie weersomstandighede kan 'n mens sowat 70 kilometer ver sien. Waagmoediges kan met die 1 652 trappies op na die boonste platvorm stap. Die toring huisves 'n poskantoor, 'n rolprentteater wat met sy films die geskiedenis van die Eiffeltoring behandel, en op die tweede verdieping, die bekende Jules Verne restourant. Dit is so gewild dat besprekings weke vooraf gemaak moet word (Champs-des-Mars, 75007 Paris).
- Die Grande Arche de la Défense is 'n soort moderne weergawe van die Paryse Triomfboog (Arc de Triomphe). Die reusagtige, hoekige boog wat sowat 110 m hoog is, lê op die as van die Champs-Élysées. Die boog is met Italiaanse Carraramarmer en glas bekleed en bied 'n asemrowende uitsig oor die stad. Die Roete van Hedendaagse Kuns met sowat 60 beeldhouwerke maak van La Défense - die grootste en modernste sakesentrum van Europa - 'n soort opelugmuseum (92044 Paris La Défense Cedex).
- Die Hôtel National des Invalides / Tombeau de Napoléon is in 1670 deur koning Lodewyk XIV (Louis XIV) vir die invalides opgerig. In die pragtige goue koepel word keiser Napoléon se as bewaar. Die gebou huisves ook die groot oorlogsmuseum Musée de l'Armée met 300 000 historiese voorwerpe (6, boulevard des Invalides, 75007 Paris).
- Die indrukwekkende moderne gebou van die Opéra National de Paris-Bastille verrys op die Place de la Bastille. Die operateater, wat deur die bekende argitek Carlos Ott ontwerp en in 1989 ingewy is, beskik oor 2 700 sitplekke (120, rue de Lyon, 75012 Paris).
- Die Opéra National de Paris-Garnier is deur die argitek Garnier in die ryk versierde styl van Napoléon III ontwerp. Die Italiaanse Saal beskik oor uitstekende akoestiese eienskappe; Marc Chagall het die pragtige skildery aan die plafon geskep (8, rue Scribe, 75009 Paris).
- Die Panthéon is 'n indrukwekkende kerk wat in 1758 deur die argitek Soufflot opgerig is. Dit verrys bo die stadswyk Quartier Latin op die hoogtes van die Montagne Sainte-Geneviève. In 1791 neem die Assemblée Nationale die besluit om van die Panthéon, die begraafplaas van die groot persoonlikhede van Frankryk te maak (Place du Panthéon, 75005 Paris).
- Sainte-Chapelle is 'n kunsvolle gebou wat in 1246 deur Lodewyk die Heilige opgerig is om die lydensrelikwieë te bewaar. Die glasvensters uit die 13de eeu maak 'n groot deel van die mure uit (naby Métro Cité-stasie).
- Die Jardin du Luxembourg in die Quartier Latin (6de arrondissement) vorm die pragtige omgewing van die Palais du Luxembourg. Die paleis is tussen 1615 en 1627 deur die argitek Salomon de Brosse in die Florentynse styl opgerig. Vandag is dit die setel van die Franse Senaat. Die park met sy pragtige paaie, bome en poele is 'n gewilde ontspanningsplek vir die Parysenaars. Die talle standbeelde van Franse konings en koninginne maak van die park ook 'n historiese buitelugmuseum (Jardins du Luxembourg, 75006 Paris).
Bekende stadswyke
1627
- La Défense in die weste van Parys is die grootste en belangrikste sentrale besigheidsdistrik van Europa. Dit dien as 'n gekombineerde woonbuurt en sakesentrum wat die hoofkwartiere van die belangrikste internasionale maatskappye huisves. Die stadswyk is 'n reusagtige wandellaan, terwyl die parkeerplekke, stasies, buslane en ander geriewe ondergronds aangelê is. Die futuristiese karakter van hierdie wolkekrabberbuurt word deur die reusagtige Grande Arche beklemtoon.
- Faubourg Saint-Honoré is die hoofkwartier van die crème-de-la-crème van die internasionale modeontwerpers - rondom die kerk La Madeleine is name soos Hermès, Yves Saint-Laurent, Dior en Versace ou bekendes.
- La Place de la Concorde, Champs-Elysées: Aan die einde van een van die mooiste lanings ter wêreld lê die grootste plein van Parys: La Place de la Concorde. Sedert 1836 staan hier 'n obelisk uit die Egiptiese stad Luxor.
- Quartier du Marais, place des Vosges: Tydens die 17de eeu is die Quartier Marais die gewildste woonbuurt van die Paryse adel wat hier sy stadspaleise oprig. Vandag huisves die stadswyk talle kroeë en boetieke. Die Place des Vosges bekoor met sy harmoniese huisfasades.
- Quartier Montmartre, place du Tertre: Tot die 19de eeu bly die Quartier Montmartre 'n klein dorpie. Na sy inlywing by die stad Parys word dit die gewildste ontmoetingsplek vir die Paryse kunstenaars en intellektueles. Vandag lok dit baie toeriste.
Musea
19de eeu
- Die Centre National d'Art Moderne et de Culture Georges Pompidou met sy hipermoderne argitektuur is in een van Parys se oudste woonbuurte en lok miljoene in- en uitheemse besoekers. Dit stel die kuns van die 20ste eeu ten toon en beskik oor een van die omvattendste versamelings. 'n Verskeidenheid uitstallings, konserte en rolprentvertonings is deel van die konsep (19, rue Beaubourg, 75004 Paris).
- Die Institut du Monde Arabe is in 1980 gestig om die verwisseling van gedagtes tussen die Westerse en die Islamse beskawings te bevorder. In die gebou met sy kenmerkende fasades van glas en staal is 'n museum en 'n ouditorium ingerig. Die instituut bied ook gereeld uitstallings aan. Die restourant op die boonste verdieping bied 'n pragtige uitsig oor die stad (1, rue des Fossés-Saint-Bernard, 75005 Paris).
- Die Musée du Louvre is 'n voormalige koningspaleis wat nou een van die rykste museums wêreldwyd huisves. Die reusagtige glaspiramide in die binnehof is deur die Sjinees-Amerikaanse argitek Ieoh Ming Pei ontwerp (Entrée Pyramide du Louvre, 75058 Paris Cedex 01).
- Die Pavillon de Marsan, in die noordelike vleuel van die Louvre, huisves twee museums: Die Musée des Arts Décoratifs en die Musée des Arts de la Mode. Meubels, sierade, tapyte, klere en ander voorwerpe uit die verlede word hier vertoon.
- Die Musée d'Orsay is 'n voormalige stasiegebou - die Gare d'Orsay - wat nou een van die grootste en belangrikste museums van Parys huisves. Sy versamelings stel die kuns van die jare 1848 tot 1914 ten toon en word deur wisselende uitstallings aangevul (62, rue de Lille, 75007 Paris).
- 'n Voormalige herehuis uit die 17de eeu, die Hôtel Salé, huisves die Musée Picasso. Die naam van die herehuis verwys na sy oorspronklike eienaar, Pierre Aubert, Seigneur de Fontenay, wat verantwoordelik is vir die belasting op sout, die sogenaamde gabelle. Die herehuis word in die jare 1656 tot 1659 deur die argitek Jean de Bouiller in die tipiese boustyl van die stadswyk Marais opgerig. Die huis word in 1964 deur die stad Parys gekoop, en in die jaar 1974 word die besluit geneem om die Picasso-museum in die Hôtel te huisves. Die museum word in 1985 geopen. Meer as 200 skilderye, 150 beeldhouwerke, 3 000 tekeninge en prente van Pablo Picasso kan hier bewonder word (5, rue Thorigny, 75003 Paris).
- Die Musée Rodin in die Hôtel Biron, 'n meesterlike voorbeeld van die Rocaille-boustyl en voormalige stadspaleis uit die 19de eeu, vertoon die grootste kunswerke van die beroemde beeldhouer soos Les Bourgeois de Calais, La Porte de l'Enfer, Le Penseur en Balzac (77, rue de Varenne, 75007 Paris).
- Die Museum vir Natuurgeskiedenis - Grande Galerie de l'Évolution beskik oor aansienlike versamelings fossiele en diergeraamtes, halfedelgesteentes (die grootste van sy soort wêreldwyd), reusagtige kristalle en meteoriete (57, rue Cuvier, 75007 Paris).
- Die Stad van die Wetenskap en die Nywerheid van La Villette (Cité des Sciences et de l'Industrie de la Villette) bied 'n reeks permanente en wisselende uitstallings, mediateke, 'n planetarium, die Géode met sy hipermoderne rolprentteater en 'n duikboot wat nou as museum dien. Die omliggende park van 55 ha huisves 'n aantal kulturele instellings soos die Stad van die Musiek (Cité de la Musique) (Parc de la Villette 30, avenue Corentin Cariou, 75019 Paris).
- Die Musée Carnavalet in die historiese Hôtel Carnavalet behandel die geskiedenis van Parys van die prehistoriese tydperk tot by die 18de eeu. Hier word die ou sleutels van die Bastille, die Verklaring van Menseregte uit die jaar 1789 en ander voorwerpe en dokumente bewaar (23, rue de Sévigné , 75003 Paris).
Vermaak
- Die Grand Rex is die grootste rolprentteater in Europa met 2 650 sitplekke (Le Grand Rex - 1, boulevard Poissonnière, 75002 Paris).
Inkopies
Europa
- Parys staan natuurlik bekend as die hoofstad van die mode. Die beste juwelierswinkels vind 'n mens rondom die Place Vendôme, terwyl die ontwerpers van die Haute Couture die Avenues Montaigne en François Ier hulle hoofkwartier gemaak het. Die nuwe generasie couturiers vertoon hulle mode in die buurte Marais en Bastille. Die stadswyk Saint-Germain-des-Près is die eerste adres vir elegante prêt-à-porter-mode.
- Die laagste pryse word tydens die groot uitverkopings in Januarie en Julie gevra. En die winkelsentrum La Vallée Outlet Shopping Village bied die modeartikels van die vorige jaar, breekware en tafelversierings teen laer pryse aan.
- Die groot afdelingswinkels van Parys word tydens die 19de eeu gestig - die oudste van hulle is Le Bon Marché - en bied 'n oordaad van artikels vir elke smaak. Die indrukwekkendstes is Les Galeries Lafayette en Le Printemps met sy pragtige koepel op die Boulevard Haussmann. Le Bon Marché en La Samaritaine bekoor bowendien deur hulle argitektuur. Tati bied die laagste pryse. Die internasionale winkelsentrum Val d'Europe is 'n voorbeeld van 'n hipermoderne inkoopsentrum.
- Liefhebbers van oudhede het 'n aantal adresse in Parys wat hulle moet besoek: le Louvre des Antiquaires, le Village Suisse en die strate rue de Verneuil, de Lille en des Saints-Pères in die 6de en 7de arrondissement. Die vlooimark Puces de Saint-Ouen is die grootste versameling van oudhede wêreldwyd. 'n Aantal kunsgalerye lê in die 4de arrondissement, in die rue Vieille du Temple.
- Parys beskik oor 'n aantal passages (winkelsentra met 'n oordekte wandellaan as middelpunt) wat as die voorlopers van moderne afdelingswinkels beskou word. Tydens hul bloeityd in die 19de eeu is daar 'n honderdtal passages in die Franse hoofstad, en by drie van hulle wat vandag nog bestaan moet die toeris 'n besoek aflê. Die Passage Jouffroy huisves die wasbeeldemuseum Musée Grévin (10-12, boulevard Montmartre; 9, rue de la Grange-Batelière). Die elegante Galerie Vivienne is die hoofkwartier van die bekende mode-ontwerper Jean-Paul Gaultier (4, rue des Petits-Champs; 5, rue de la Banque; 6, rue Vivienne). Die Passage des Panoramas is die oudste in Parys (11, boulevard Montmartre; 10, rue Saint-Martin; 38, rue Vivienne; 151, rue Montmartre - 6 uur tot middernag).
Vervoer
Julie
Parys en die omliggende Île-de-France beskik oor twee internasionale lughawens, Roissy-Charles de Gaulle (sowat 25 km noord van Parys) en Orly (14 km suid van Parys). Die ses stasies van die Franse Spoorweë (Société nationale des Chemins de Fer Français, SNCF) is Gare du Nord, Gare de l'Est, Gare de Lyon, Gare d'Austerlitz, Gare Montparnasse en Gare Saint-Lazare. Openbare vervoerdienste word deur die RATP verskaf (Métro, busse, tramway en RER). Die stadstreine van die RER (Réseau Express Régional) beskik oor vyf linies wat tussen 5:30 en 0:30 uur ry. Die ondergrondse Métro beskik oor 15 linies en sowat 300 stasies in Parys en die voorstede; die Métrotreine ry tussen 5:30 en 0:30 uur. Busse ry tussen 5:30 en 20:30 uur.
Die Paryse Métropolitain is deur die ingenieur, Fulgence Bienvenue, ontwerp, maar dit is die kunstenaars wat die stasies tot kunswerke veral in die Art Déco-styl omskep. Vandag is daar nog sowat 90 van hierdie Art déco-pawiljoene.
Die Métro is 'n soort Parys in 'n neutedop. In spitstye wemel dit van duisende beroepsmense, maar vir die grootste deel van die dag is dit die wêreld van die dakloses (les clochards of les sans-abri), die musikante en kleinhandelaars.
category:Parys
als:Paris (Stadt)
ko:파리 시
ja:パリ
simple:Paris
th:ปารีส
ItaliëDie Italiaanse Republiek of Italië is 'n land in die suide van Europa, wat bestaan uit 'n stewel-vormige skiereiland sowel as twee ander groot eilande in die Middellandse See: Sicilië en Sardinië.
Aan die noordekant word dit begrens deur die Alpe, en grens aan Frankryk, Switserland, Oostenryk en Slovenië. Die onafhanklike lande van San Marino en die Vatikaan is klein ingeslote Italiaanse gebiede.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Italië
Areas
Geskiedenis van Italië
Italië word verdeel in 20 areas (regioni, enkelvoud regione), waarvan vyf 'n spesiale outonome status geniet, aangedui deur 'n - :
- Abruzzo
- Basilicata
- Calabria
- Campania
- Emilia-Romagna
- Friuli-Venezia Giulia -
- Latium (Lazio)
- Liguria
- Lombardye (Lombardia)
- Marche
- Molise
- Piedmont (Piemonte)
- Apulia (Puglia)
- Sardinia (Sardegna) -
- Sicilië (Sicilia) -
- Toskana (Toscana)
- Trentino-Suid Tirol (Trentino-Alto Adige) -
- Umbria
- Aosta Vallei (Valle d'Aosta) -
- Veneto
A area word weer verder verdeel in provinsies.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Italië
category:Europa
als:Italien
fiu-vro:Itaalia
ja:イタリア
ko:이탈리아
ms:Itali
simple:Italy
th:ประเทศอิตาลี
zh-min-nan:Italia
Duitsland
Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.
Geskiedenis
:Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland
Politiek
:Hoofartikel: Politiek van Duitsland
Geografie
:Hoofartikel: Geografie van Duitsland
State
:Hoofartikel: State van Duitsland
Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg (Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen (Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen (Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen (Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere (Bayern)
- Saksen (Sachsen)
- Saksen-Anholt (Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren (Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen (Thüringen)
- Rynland-Palts (Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein)
Ekonomie
:Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland
Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg.
Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.
Demografie
:Hoofartikel: Demografie van Duitsland
Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004.
Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.
Kultuur
:Hoofartikel: Kultuur van Duitsland
Sien ook
Category:Duitsland
Category:Lande in Europa
fiu-vro:S'aksamaa
als:Deutschland
ja:ドイツ
ko:독일
ms:Jerman
roa-rup:Ghirmânii
simple:Germany
th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี
zh-min-nan:Tek-kok
EngelandGeskiedkundige en bevolkingsryke land op die eiland Groot Brittanje, tans deel van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland, ten suide van Skotland.
Een van die bekendste konings van hierdie land is Henry I
category:Europa
zh-min-lan:Englan
ja:イングランド
ko:잉글랜드
ms:England
simple:England
th:แคว้นอังกฤษ
zh-min-nan:England
Pole
Pole is 'n land in Europa. Dit grens aan Duitsland, Tsjeggië, Slowakye, Oekraïne, Belarus, Russiese Federasie en Litaue. Pole word verdeel in 16 areas (województwo, enkelvoud województwa).
Pole het 1 Mei 2004 lid geword van die Europese Unie.
UNESCO-wêrelderfenisgebiede
Warszawa
Krakow
Wieliczka
Malbork
Zamosc
Torun
Oswiecim
Jawor
Swidnica
Kalwaria Zebrzydowska
Puszcza Bialowieska
Bad Muskau
Debno
Besienswaardighede
Image:Varsovie04-32.jpg|Warszawa
Image:Warsaw modern buildings.jpg|Warszawa
Image:Wilanow palace.jpg|Warszawa
Image:Warsaw palace.jpg|Warszawa
Image:Warszawa Namiestnikowski.png|Warszawa
Image:Warszawa Copernicus.png|Warszawa
Image:Warsaw church.jpg|Warszawa
Image:Warsaw church1.jpg|Warszawa
Image:Krakow_Sukiennice.jpg|Krakow
Image:Piazza_del_Mercato_di_Cracovia.JPG|Krakow
Image:Krakow-Wawel-Courtyard.jpg|Krakow
Image:Krakow-Wawel_cathedral.jpg|Krakow
Image:Kalplica wawel.jpg|Krakow
Image:Krakow nagrobek Kazimierza W.jpg|Krakow
Image:Krakau_PeteruPaul.jpg|Krakow
Image:Krakow_Boze_Cialo-2.jpg|Krakow
Image:Teatr Slowackiego.JPG|Krakow
Image:Gothic altar veit stoss.jpg|Krakow
Image:Pl-gdansk-neptun2004.jpg|Gdansk
Image:ZURAW-Gdansk 2004 ubt.jpeg|Gdansk
Image:Bazylika mariacka gdansk ubt.jpeg|Gdansk
Image:Gdansk Radhuset.jpg|Gdansk
Image:Oliwa kathedraal.jpg|Gdansk
Image:Wroclaw 1.jpg|Wroclaw
Image:Breslau-rathaus.jpg|Wroclaw
Image:Wroclaw-Katedra-3.jpg|Wroclaw
Image:Wroclaw-AulaLeopoldina4.jpg|Wroclaw
Image:Torun-Rynek-ratusz-2.jpg|Torun
Image:Torun-palac-dambskich.jpg|Torun
Image:Ratusz Poznan od Wielkiej.jpg|Poznan
Image:Poznan Fara 106-07.jpg|Poznan
Image:Lublin Archikatedra.jpg|Lublin
Image:Bydgoszcz Spichrze.jpg|Bydgoszcz
Image:Rogalin palac (1).jpg|Rogalin
Image:Pulawy palac czartoryskich.jpg|Pulawy
Image:Poland - Ksiaz castle.jpg|Ksiaz
Image:Zamek w Pszczynie003 kpjas.jpg|Pszczyna
Image:Jasna Góra 20050919.JPG|Czestochowa
Image:Kielce palace 2.jpg|Kielce
Image:Zamosc ratusz.jpg |Zamosc
Image:Poland Baranow - Castle.jpg|Baranow Sandomierski
Image:Kazimierz Dolny (kamienica pod sw Mikolajem i Krzysztofem) 01.jpg|Kazimierz Dolny
Image:Janowiec dziedziniec.jpg|Janowiec
Image:Nowy Wiśnicz.jpg|Nowy Wisnicz
Image:Ogrodzieniec.jpg|Ogrodzeniec
Image:Rzeszów zamek 2004b.jpg|Rzeszow
Image:Malbork zamek zblizenie.jpg|Malbork
Image:Poland Frombork - Cathedral Hill.jpg|Frombork
Image:Golub-Dobrzyn2.jpg|Golub-Dobrzyn
Image:Kwidzyn zamek.JPG|Kwidzyn
Image:Moszna zamek4.jpg|Moszna
Image:Tatry Panorama01xxx.jpg|Tatry
category:Europa
als:Polen
fiu-vro:Poola
ja:ポーランド
ko:폴란드
ms:Poland
simple:Poland
th:ประเทศโปแลนด์
zh-min-nan:Polska
Midde-Ooste Midde-Ooste
- Bahrein
- Irak
- Iran
- Israel (Sien ook: Palestina)
- Jemen
- Jordanië
- Koeweit
- Libanon
- Oman
- Qatar
- Saoedi-Arabië
- Sirië
- Verenigde Arabiese Emirate
Sentraal-Ooste
- Afghanistan
- Bangladesh
- Bhutan
- Indië
- Kazakhstan
- Kirghizstan
- Maldive-eilande
- Mongolië
- Nepal
- Oesbekistan
- Pakistan
- Sri Lanka
- Tadjikistan
- Toerkmenistan
Suid-Oos Asië
- Brunei
- Indonesië
- Kambodja
- Laos
- Maleisië
- Myanmar
- Filippyne
- Singapoer
- Thailand
- Vanuatu
- Viëtnam
Verre-Ooste
- Volksrepubliek van Sjina
- Hong Kong
- Japan
- Noord-Korea
- Macau
- Suid-Korea
- Republiek van Sjina
category:Asië
ja:アジア
ko:아시아
ms:Asia
simple:Asia
th:ทวีปเอเชีย
zh-min-nan:A-chiu
Parys: Hierdie artikel handel oor Parys in Frankryk. Vir die dorp in die Vrystaat, sien Parys (Vrystaat).
----
Parys (Frans: Paris) is die hoofstad en grootste stad van Frankryk met 2 110 694 inwoners (2005) en 'n oppervlakte van 105,4 km². 11 501 738 mense woon in die metropolitaanse gebied van Parys (1 Januarie 2005). In administratiewe opsig is Parys tegelykertyd 'n stad en 'n département.
Parys is die hoofkwartier van internasionale organisasies soos die UNESCO, OECD en die Europese Ruimtevaartorganisasie ESA. Dit is die grootste Franstalige metropool en die kulturele sentrum van die Franstalige gemeenskappe (Frankofonie).
Parys, sy voorstede (La Petite Couronne - "Klein Randgebied") en die omgewing (La Grande Couronne - "Groot Randgebied") word L'Île-de-France genoem - dit is die historiese hartland van Frankryk en sy geestelike middelpunt.
Daar is geen ander stad wat dieselfde bevoorregte stelling in sy eie land en op sy kontinent inneem soos Parys nie - dit is die stad van die avantgarde, die stad wat steeds aan die voorpunt van belangrike ontwikkelings staan. Hier begin alles wat Frankryk, Europa en die wêreld gaan verander - die mode, die kuns, die politiek, die argitektuur, die filosofie, die musiek, die filmkuns.
Die metropolitaanse gebied van Parys is ook die belangrikste finansiële en sakesentrum van Europa en die hoofkwartier van sowat 40 persent van die Franse maatskappye. Die bruto nasionale produk van hierdie gebied is groter as dié van Australië. Die voorstad La Défense in die département Hauts-de-Seine huisves die grootste sentrale besigheidsgebied van Europa en op een na ook die grootste Europese aandelebeurs.
Hauts-de-Seine
Geskiedenis
Die vroegste Keltiese nedersettings ontstaan op twee klein eilande in die rivier Seine wat deur die stad vloei. In daardie tyd staan die dorp bekend as Louk-teih (Plek van die Moeras) of Lutu-hezi (Waterwoning). Hoewel daar net 'n klompie houthutte opgerig word, is dit 'n plek wat danksy die strategies belangrike ligging deur die Romeine uitgebou word. In die Romeinse tydperk kry die stad die naam Lutetia Parisiorum (die Parisii is 'n Galliese stam wat in die streek leef). Die Gallo-Romeinse stad beslaan ongeveer die oppervlak van die huidige cité (ou stadskern) en word danksy die Heilige Geneviève (422-502) in 451 deur die Hunne - wat toe groot dele van Europa verwoes - gespaar. Onder die Frankiese bewind word Parys die hoofstad van die Neustriese Deelryk, in die Karolingiese tydperk egter weer afgeskaal tot hoofstad van die graafskap. Met die bekroning van hertog Hugo Capet as koning van Frankryk 987 herwin Parys sy status as hoofstad van die ryk.
987
Parys ervaar groot welvaart uit sy ligging - belangrike handelsroetes kom hier bymekaar, en aan die begin van die 12de eeu word die stad aansienlik vergroot. Tydens die heerskappy van die konings Lodewyk VI en VII neem die stad meer en meer administratiewe funksies as hoofstad van Frankryk waar, en sy beroemde skole - soos byvoorbeeld die katedraalskool van Sainte-Geneviève - lok die vernaamste geleerdes en 'n groot aantal studente van verskillende Europese lande. Uit hierdie skole wat hulle hoofsaaklik aan die linkeroewer van die rivier Seine bevind, ontstaan in die twaalfde eeu die Universiteit van Parys. Die studente het gewoonlik Latyn met mekaar gepraat sodat hulle woonbuurt (wat vandag nog bestaan) die Quartier Latin genoem word.
Die stad groei ook in die 13de eeu nog sterk; die koninklike paleis word vergroot en die gotiese katedraal in die cité (historiese stadskern) word opgerig. Koning Filips II laat die stad, wat nou sowat 80 000 inwoners tel, versterk, en onder koning Lodewyk IX is dit uiteindelik een van die grootste en belangrikste stede in Europa. Die stad groei saam met die monargie, maar weens sy oorgrote politieke belang kry dit nooit die stadsreg nie. 'n Koninklike provost regeer Parys, en behalwe vir die gildes - by name die koopliede van die Seine - slaag die burgerskap nie daarin om 'n stadsraad of ander verteenwoordigende liggame te skep nie. Die Sonkoning Lodewyk XIV verkies om in die nabygeleë Versailles te bly, wat van daardie stad tussen 1643 en 1715 die koninklike hoofstad maak.
Die burgerlike verset teen die absolutistiese "Ancien Régime" bereik 'n hoogtepunt in die Franse Rewolusie. Op 14 Julie 1789 storm die burgers die gevangenis Bastille. Die Rewolusionêre probeer om die land van die adelsheerskappy, die geestelikheid en ook die Christelike "bygeloof" te bevry. Die nekslag wat die adel en kerk toegedien word, verseker dat Frankryk 'n sekulêre maatskappy van selfstandige burgers word.
Bastille
Die rewolusionêre neigings van die Paryse bevolkings herleef in die Franko-Pruisiese Oorlog van 1870-1871 met die opstand van die Paryse Commune. Die beleg van Parys deur Pruisiese troepe en 'n hongersnood in die winter van 1870-1871 lei tot die Commune se oorgawe.
In die tagtigerjare van die 19de eeu beleef Parys weer 'n tydperk van bloeiende welvaart wat as La Belle Époque bekend staan. In hierdie tydperk word die bekendste baken van die stad, die Eiffeltoring, opgerig (1889). Parys organiseer ook die Olimpiese Spele van 1900.
1900
Die Tweede Wêreldoorlog en die Duitse blitzkrieg bring die bitter jare van Duitse besetting. In die laat somer van 1944 word Parys deur Gealliëerde Anglo-Franse Magte bevry.
Studenteproteste en stakings dwarsoor die land skud die Paryse regering in 1968. Anders as byvoorbeeld in Duitsland sluit die studente- en werkersbewegings in Frankryk saam, en die eskalerende betogings en proteste hou vir sommige destydse waarnemers selfs die gevaar van 'n burgeroorlog in.
Die sestigerjare is ook 'n tydperk van ekonomiese vooruitgang; die ontwikkeling van die wolkekrabberbuurt La Défense begin. Parys bevestig sy rol as wêreldstad in die volgende dekades met 'n reeks asemrowende argitektoniese projekte wat deur die Franse Staatspresidente bevorder word. President Georges Pompidou bevorder die bou van die Centre Culturel in die stadswyk Beaubourg; President Valéry Giscard d'Estaing die Musée de l'Orsay, die Institut du Monde arabe en die Cité des Sciences et de l'Industrie; terwyl die glaspiramide van die Louvre, die Opéra-Bastille, die Bibliothèque de France en die Grande Arche in La Défense onlosmaaklik met President François Mitterrand verbind is.
Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee in Julie 2005 om die Olimpiese Spele van die jaar 2012 eerder in Londen as in Parys te laat plaasvind word in die stad en dwarsoor Frankryk met ontsteltenis ter kennis geneem.
Parys se banlieues, 'n ring van voorstede wat onder meer as woonkwartiere vir minderbevoorregte bevolkingsgroepe soos Noord- en Swart-Afrikaanse immigrante dien, is in die herfs van 2005 weer eens die skouplek van gewelddadige onluste, wat vinnig oor die hele land versprei. Grootskaalse immigrasie van ongeskooldes, wat werkloosheid, armoede, woningnood en misdaad tot gevolg het, het 'n ernstige probleem vir Franse metropole geskep. Die opgehoopte frustrasie van veral jeugdiges word vergroot deur die feit dat hulle grotendeels Franse burgerskap het, maar desondanks nie in die Franse maatskappy geïntegreer is nie.
Die onluste in 2005 breek uit na die dood van twee jeugdiges, wat valslik geglo het dat hulle deur polisiemanne agternagesit is, in 'n ongeluk. Gewelddadige betogings en opmerkings deur die Franse Minister van Binnelandse Sake, Nicolas Sarkozy, dat die voorstede "skoongemaak" moet word, gee die anleiding tot die landswye onluste.
banlieues
banlieues
Besienswaardighede
- Die Arc de Triomphe is 'n reusagtige triomfboog in die neoklassieke styl. Keiser Napoléon I begin die bouwerk in 1806. Die boog, wat veertien jaar later voltooi is, verrys nou bo die twaalf strate wat straalvormig van die Place de l'Étoile uitgaan. Sedert 1920 huisves die boog die Graf van die Onbekende Soldaat. Ter nagedagtenis van alle gesneuwelde Franse soldate brand hier 'n ewige vlam (Place Charles de Gaulle, 75008 Paris).
- Die Cathédrale Notre-Dame de Paris is in 1163 deur die destydse biskop Maurice de Sully begin en eers in 1345 voltooi. Die katedraal verteenwoordig twee eeue van gotiese boukuns (6, place du Parvis Notre-Dame).
- Die Conciergerie is 'n reusagtige gebou aan die oewer van die Seine, wat eers as koningspaleis van die Capet-dinastie en later, tydens die Franse Rewolusie, as kerker gedien het. Die gevangenes wat hier aangehou is sluit prominentes soos Marie-Antoinette, Danton, Robespierre en André Chenier in. Die gebou, wat vandag 'n deel van die Paleis van Justisie is, beskik oor vier torings en drie sale in die gotiese styl (Conciergerie, 1, quai de l'Horloge, 75001 Paris).
- Die Eiffeltoring aan die noordwestelike kant van die Champ-de-Mars is die bekendste baken van die Franse hoofstad, Parys. Die toring wat van staal gemaak is, is deur die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel (1832-1923) beplan en vir die Wêreldtentoonstelling en die eeufees van die Franse Rewolusie in 1889 gebou. Die toring is 300,5 meter hoog (met sy antenna 320,8 meter) en dien vandag as uitkykpunt en uitsaaitoring. Daar is hysbakke na die uitkykplekke wat 'n voortreflike uitsig oor die stad bied, en in goeie weersomstandighede kan 'n mens sowat 70 kilometer ver sien. Waagmoediges kan met die 1 652 trappies op na die boonste platvorm stap. Die toring huisves 'n poskantoor, 'n rolprentteater wat met sy films die geskiedenis van die Eiffeltoring behandel, en op die tweede verdieping, die bekende Jules Verne restourant. Dit is so gewild dat besprekings weke vooraf gemaak moet word (Champs-des-Mars, 75007 Paris).
- Die Grande Arche de la Défense is 'n soort moderne weergawe van die Paryse Triomfboog (Arc de Triomphe). Die reusagtige, hoekige boog wat sowat 110 m hoog is, lê op die as van die Champs-Élysées. Die boog is met Italiaanse Carraramarmer en glas bekleed en bied 'n asemrowende uitsig oor die stad. Die Roete van Hedendaagse Kuns met sowat 60 beeldhouwerke maak van La Défense - die grootste en modernste sakesentrum van Europa - 'n soort opelugmuseum (92044 Paris La Défense Cedex).
- Die Hôtel National des Invalides / Tombeau de Napoléon is in 1670 deur koning Lodewyk XIV (Louis XIV) vir die invalides opgerig. In die pragtige goue koepel word keiser Napoléon se as bewaar. Die gebou huisves ook die groot oorlogsmuseum Musée de l'Armée met 300 000 historiese voorwerpe (6, boulevard des Invalides, 75007 Paris).
- Die indrukwekkende moderne gebou van die Opéra National de Paris-Bastille verrys op die Place de la Bastille. Die operateater, wat deur die bekende argitek Carlos Ott ontwerp en in 1989 ingewy is, beskik oor 2 700 sitplekke (120, rue de Lyon, 75012 Paris).
- Die Opéra National de Paris-Garnier is deur die argitek Garnier in die ryk versierde styl van Napoléon III ontwerp. Die Italiaanse Saal beskik oor uitstekende akoestiese eienskappe; Marc Chagall het die pragtige skildery aan die plafon geskep (8, rue Scribe, 75009 Paris).
- Die Panthéon is 'n indrukwekkende kerk wat in 1758 deur die argitek Soufflot opgerig is. Dit verrys bo die stadswyk Quartier Latin op die hoogtes van die Montagne Sainte-Geneviève. In 1791 neem die Assemblée Nationale die besluit om van die Panthéon, die begraafplaas van die groot persoonlikhede van Frankryk te maak (Place du Panthéon, 75005 Paris).
- Sainte-Chapelle is 'n kunsvolle gebou wat in 1246 deur Lodewyk die Heilige opgerig is om die lydensrelikwieë te bewaar. Die glasvensters uit die 13de eeu maak 'n groot deel van die mure uit (naby Métro Cité-stasie).
- Die Jardin du Luxembourg in die Quartier Latin (6de arrondissement) vorm die pragtige omgewing van die Palais du Luxembourg. Die paleis is tussen 1615 en 1627 deur die argitek Salomon de Brosse in die Florentynse styl opgerig. Vandag is dit die setel van die Franse Senaat. Die park met sy pragtige paaie, bome en poele is 'n gewilde ontspanningsplek vir die Parysenaars. Die talle standbeelde van Franse konings en koninginne maak van die park ook 'n historiese buitelugmuseum (Jardins du Luxembourg, 75006 Paris).
Bekende stadswyke
1627
- La Défense in die weste van Parys is die grootste en belangrikste sentrale besigheidsdistrik van Europa. Dit dien as 'n gekombineerde woonbuurt en sakesentrum wat die hoofkwartiere van die belangrikste internasionale maatskappye huisves. Die stadswyk is 'n reusagtige wandellaan, terwyl die parkeerplekke, stasies, buslane en ander geriewe ondergronds aangelê is. Die futuristiese karakter van hierdie wolkekrabberbuurt word deur die reusagtige Grande Arche beklemtoon.
- Faubourg Saint-Honoré is die hoofkwartier van die crème-de-la-crème van die internasionale modeontwerpers - rondom die kerk La Madeleine is name soos Hermès, Yves Saint-Laurent, Dior en Versace ou bekendes.
- La Place de la Concorde, Champs-Elysées: Aan die einde van een van die mooiste lanings ter wêreld lê die grootste plein van Parys: La Place de la Concorde. Sedert 1836 staan hier 'n obelisk uit die Egiptiese stad Luxor.
- Quartier du Marais, place des Vosges: Tydens die 17de eeu is die Quartier Marais die gewildste woonbuurt van die Paryse adel wat hier sy stadspaleise oprig. Vandag huisves die stadswyk talle kroeë en boetieke. Die Place des Vosges bekoor met sy harmoniese huisfasades.
- Quartier Montmartre, place du Tertre: Tot die 19de eeu bly die Quartier Montmartre 'n klein dorpie. Na sy inlywing by die stad Parys word dit die gewildste ontmoetingsplek vir die Paryse kunstenaars en intellektueles. Vandag lok dit baie toeriste.
Musea
19de eeu
- Die Centre National d'Art Moderne et de Culture Georges Pompidou met sy hipermoderne argitektuur is in een van Parys se oudste woonbuurte en lok miljoene in- en uitheemse besoekers. Dit stel die kuns van die 20ste eeu ten toon en beskik oor een van die omvattendste versamelings. 'n Verskeidenheid uitstallings, konserte en rolprentvertonings is deel van die konsep (19, rue Beaubourg, 75004 Paris).
- Die Institut du Monde Arabe is in 1980 gestig om die verwisseling van gedagtes tussen die Westerse en die Islamse beskawings te bevorder. In die gebou met sy kenmerkende fasades van glas en staal is 'n museum en 'n ouditorium ingerig. Die instituut bied ook gereeld uitstallings aan. Die restourant op die boonste verdieping bied 'n pragtige uitsig oor die stad (1, rue des Fossés-Saint-Bernard, 75005 Paris).
- Die Musée du Louvre is 'n voormalige koningspaleis wat nou een van die rykste museums wêreldwyd huisves. Die reusagtige glaspiramide in die binnehof is deur die Sjinees-Amerikaanse argitek Ieoh Ming Pei ontwerp (Entrée Pyramide du Louvre, 75058 Paris Cedex 01).
- Die Pavillon de Marsan, in die noordelike vleuel van die Louvre, huisves twee museums: Die Musée des Arts Décoratifs en die Musée des Arts de la Mode. Meubels, sierade, tapyte, klere en ander voorwerpe uit die verlede word hier vertoon.
- Die Musée d'Orsay is 'n voormalige stasiegebou - die Gare d'Orsay - wat nou een van die grootste en belangrikste museums van Parys huisves. Sy versamelings stel die kuns van die jare 1848 tot 1914 ten toon en word deur wisselende uitstallings aangevul (62, rue de Lille, 75007 Paris).
- 'n Voormalige herehuis uit die 17de eeu, die Hôtel Salé, huisves die Musée Picasso. Die naam van die herehuis verwys na sy oorspronklike eienaar, Pierre Aubert, Seigneur de Fontenay, wat verantwoordelik is vir die belasting op sout, die sogenaamde gabelle. Die herehuis word in die jare 1656 tot 1659 deur die argitek Jean de Bouiller in die tipiese boustyl van die stadswyk Marais opgerig. Die huis word in 1964 deur die stad Parys gekoop, en in die jaar 1974 word die besluit geneem om die Picasso-museum in die Hôtel te huisves. Die museum word in 1985 geopen. Meer as 200 skilderye, 150 beeldhouwerke, 3 000 tekeninge en prente van Pablo Picasso kan hier bewonder word (5, rue Thorigny, 75003 Paris).
- Die Musée Rodin in die Hôtel Biron, 'n meesterlike voorbeeld van die Rocaille-boustyl en voormalige stadspaleis uit die 19de eeu, vertoon die grootste kunswerke van die beroemde beeldhouer soos Les Bourgeois de Calais, La Porte de l'Enfer, Le Penseur en Balzac (77, rue de Varenne, 75007 Paris).
- Die Museum vir Natuurgeskiedenis - Grande Galerie de l'Évolution beskik oor aansienlike versamelings fossiele en diergeraamtes, halfedelgesteentes (die grootste van sy soort wêreldwyd), reusagtige kristalle en meteoriete (57, rue Cuvier, 75007 Paris).
- Die Stad van die Wetenskap en die Nywerheid van La Villette (Cité des Sciences et de l'Industrie de la Villette) bied 'n reeks permanente en wisselende uitstallings, mediateke, 'n planetarium, die Géode met sy hipermoderne rolprentteater en 'n duikboot wat nou as museum dien. Die omliggende park van 55 ha huisves 'n aantal kulturele instellings soos die Stad van die Musiek (Cité de la Musique) (Parc de la Villette 30, avenue Corentin Cariou, 75019 Paris).
- Die Musée Carnavalet in die historiese Hôtel Carnavalet behandel die geskiedenis van Parys van die prehistoriese tydperk tot by die 18de eeu. Hier word die ou sleutels van die Bastille, die Verklaring van Menseregte uit die jaar 1789 en ander voorwerpe en dokumente bewaar (23, rue de Sévigné , 75003 Paris).
Vermaak
- Die Grand Rex is die grootste rolprentteater in Europa met 2 650 sitplekke (Le Grand Rex - 1, boulevard Poissonnière, 75002 Paris).
Inkopies
Europa
- Parys staan natuurlik bekend as die hoofstad van die mode. Die beste juwelierswinkels vind 'n mens rondom die Place Vendôme, terwyl die ontwerpers van die Haute Couture die Avenues Montaigne en François Ier hulle hoofkwartier gemaak het. Die nuwe generasie couturiers vertoon hulle mode in die buurte Marais en Bastille. Die stadswyk Saint-Germain-des-Près is die eerste adres vir elegante prêt-à-porter-mode.
- Die laagste pryse word tydens die groot uitverkopings in Januarie en Julie gevra. En die winkelsentrum La Vallée Outlet Shopping Village bied die modeartikels van die vorige jaar, breekware en tafelversierings teen laer pryse aan.
- Die groot afdelingswinkels van Parys word tydens die 19de eeu gestig - die oudste van hulle is Le Bon Marché - en bied 'n oordaad van artikels vir elke smaak. Die indrukwekkendstes is Les Galeries Lafayette en Le Printemps met sy pragtige koepel op die Boulevard Haussmann. Le Bon Marché en La Samaritaine bekoor bowendien deur hulle argitektuur. Tati bied die laagste pryse. Die internasionale winkelsentrum Val d'Europe is 'n voorbeeld van 'n hipermoderne inkoopsentrum.
- Liefhebbers van oudhede het 'n aantal adresse in Parys wat hulle moet besoek: le Louvre des Antiquaires, le Village Suisse en die strate rue de Verneuil, de Lille en des Saints-Pères in die 6de en 7de arrondissement. Die vlooimark Puces de Saint-Ouen is die grootste versameling van oudhede wêreldwyd. 'n Aantal kunsgalerye lê in die 4de arrondissement, in die rue Vieille du Temple.
- Parys beskik oor 'n aantal passages (winkelsentra met 'n oordekte wandellaan as middelpunt) wat as die voorlopers van moderne afdelingswinkels beskou word. Tydens hul bloeityd in die 19de eeu is daar 'n honderdtal passages in die Franse hoofstad, en by drie van hulle wat vandag nog bestaan moet die toeris 'n besoek aflê. Die Passage Jouffroy huisves die wasbeeldemuseum Musée Grévin (10-12, boulevard Montmartre; 9, rue de la Grange-Batelière). Die elegante Galerie Vivienne is die hoofkwartier van die bekende mode-ontwerper Jean-Paul Gaultier (4, rue des Petits-Champs; 5, rue de la Banque; 6, rue Vivienne). Die Passage des Panoramas is die oudste in Parys (11, boulevard Montmartre; 10, rue Saint-Martin; 38, rue Vivienne; 151, rue Montmartre - 6 uur tot middernag).
Vervoer
Julie
Parys en die omliggende Île-de-France beskik oor twee internasionale lughawens, Roissy-Charles de Gaulle (sowat 25 km noord van Parys) en Orly (14 km suid van Parys). Die ses stasies van die Franse Spoorweë (Société nationale des Chemins de Fer Français, SNCF) is Gare du Nord, Gare de l'Est, Gare de Lyon, Gare d'Austerlitz, Gare Montparnasse en Gare Saint-Lazare. Openbare vervoerdienste word deur die RATP verskaf (Métro, busse, tramway en RER). Die stadstreine van die RER (Réseau Express Régional) beskik oor vyf linies wat tussen 5:30 en 0:30 uur ry. Die ondergrondse Métro beskik oor 15 linies en sowat 300 stasies in Parys en die voorstede; die Métrotreine ry tussen 5:30 en 0:30 uur. Busse ry tussen 5:30 en 20:30 uur.
Die Paryse Métropolitain is deur die ingenieur, Fulgence Bienvenue, ontwerp, maar dit is die kunstenaars wat die stasies tot kunswerke veral in die Art Déco-styl omskep. Vandag is daar nog sowat 90 van hierdie Art déco-pawiljoene.
Die Métro is 'n soort Parys in 'n neutedop. In spitstye wemel dit van duisende beroepsmense, maar vir die grootste deel van die dag is dit die wêreld van die dakloses (les clochards of les sans-abri), die musikante en kleinhandelaars.
category:Parys
als:Paris (Stadt)
ko:파리 시
ja:パリ
simple:Paris
th:ปารีส
20ste eeuEeue:
| | |