:: wikimiki.org ::
| Calvinisme |
CalvinismeCalvinisme is 'n stroming in die protestantse Christendom wat gebaseer is op die teologiese leer van die hervormer Johannes Calvyn, asook die daaruit voortspruitende sosiale en politieke leer.
Calvinisme sorg vir die tweede fase van die Protestantse Hervorming, toe evangeliese kerke begin vorm het na Luther verban is uit die Rooms-Katolieke Kerk. Calvinisme ontstaan dus uit die Lutherse beweging (Calvyn het self ook die Lutherse Augsburgse Geloofsbelydenis geteken in 1540). Calvyn se invloed was egter groter by die Switserse Hervorming wat nie Luthers was nie, maar eerder onder die invloed was van Huldrych Zwingli. Calvinisme het ook groot invloed gehad in Frankryk, Skotland (waar John Knox die Calvinistiese denke verbreed het) en ook die Nederlande.
Dit het duidelik geword dat die Gereformeerde kerke se dogma besig was om in 'n rigting te ontwikkel onafhanklik van Luther s'n, onder die invloed van vele skrywers en hervormers, waaronder Calvyn vooraanstaande was, en hierdie vorm van dogma het só bekend begin staan as Calvinisme. Calvinisme verwys dus nie net na die bewegings wat spesifiek gebasseer is op die leer van Calvyn nie, maar verwys ook in die algemeen na Protestantse dogmas van nie-Lutherse nationale kerke in Protestantse lande asook verskeie klein Protestantse hervormingsbewegings - Hervormde kerke wat buite die Katolieke Kerk in die sestiende eeu gevorm het.
Kategorie:Christendom
ChristendomDie Christendom is 'n religie wat aanvaar dat Jesus Christus die seun van God is en verlossing aanbied aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Dit is tans die religie met die grootste aantal volgelinge [http://www.adherents.com Adherents.com]
Die Christendom het oor die twintig eeue van sy bestaan in baie vertakkings verdeel, onder andere:
- Katolieke kerke
- Die Maronitiese Kerk
- Die Rooms-Katolieke Kerk
- Ortodokse kerke
- Die Ethiopies-Ortodokse Kerk
- Die Grieks-Ortodokse Kerk
- Die Russies-Ortodokse Kerk
- Protestantse kerke
- Adventistiese kerke
- Apostoliese kerke
- Baptiste kerke
- Calvinistiese Gereformeerde kerke
- Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Familie
- Die Nederduitse Hervormde Kerk
- Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika
- Die Presbiteriaanse Kerk
- Charismatiese kerke
- Shophar
- Lutheraanse kerke
- Metodistiese kerke
- Pinksterkerke
- Apostoliese Geloofsending
Sien ook: Teologie -- Christelike doktrine -- Bybel
Category:Christendom
ja:キリスト教
ko:기독교
ms:Kristian
simple:Christianity
th:คริสต์ศาสนา
zh-min-nan:Ki-tok-kàu
1540 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:16de eeu
ko:1540년
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
NederlandNederland is 'n land in Europa. Neder verwys na die feit dat meer as die helfte van Nederland onder die seespieël lê. Dit word begrens deur die Noordsee, België en Duitsland. Nederland vorm saam met die eiland Aruba en die Nederlandse Antille die Nederlandse Koninkryk.
Mense verwys dikwels na Nederland as Holland - die naam van die ou provinsie Holland en die gesamentlike naam van die twee huidige provinsies Noord- en Zuid-Holland, maar Holland is net 'n deel van Nederland, soos Engeland net 'n deel van die Verenigde Koninkryk is.
Geskiedenis
Oudheid
In die oudheid was die gebied wat nou Nederland is bevolk deur 'n aantal Germaanse stamme, die Franke in die suide, Batawiërs in die rivieregebied, Friese in die noorde en Sakse in die ooste. In die 1ste eeu arriveer die Romeine en verover gebied tot aan die Ryn, waar sy felle gevegte lewer met die Germane en uiteindelik die Ryn tot die noordgrens van Hulle ryk maak. Na die val van die Wes-Romeinse ryk trek die Franke suidwaarts en stig die Frankiese ryk.
Middeleeue
In die middeleeue word wat nou Nederland is via die Oos-Frankiese Ryk 'n onderdeel van die Heilige Romeinse Ryk. Later in die middeleeue verswak die mag van die keiser op die ryk en verskuif die mag na graafskappe en hertogdomme. Deur veroweringe en strategiese huwelike verword dit to die Bourgondiese ryk. Die Bourgondiese ryk word ingelyf in die Franse koninkryk, maar sonder die gebied wat vandag Nederland en België is. Dit is so'n bietje die tyd dat die begrip Nederlande bekend word. Die Nederlande word deel van die Habsburgse ryk, wat bestaan uit Oostenryk, die Nederlande en Spanje. Hierdie periode word afgesluit met koning Karel V, wat later ook nog keiser van die Heilige Romeinse Ryk word.
Tagtigjarige oorlog
Gedurende hierdie periode, begin 16de eeu, kom die protestantisme in Nederland sterk op. Dit was vir die seun van Karel V, Filips II, streng katoliek, onverteerbaar. Die Spaanse inquisisie hou meedoënloos huis in die Nederlande met onthoofdinge en brandstapels om die ketters uit te roei. Dit het gelei tot grote onvrede in die Nederlande en dit lei tot 'n opstand. Stadhouder Willem van Oranje probeer Filips II te oortuig om die inquisisie te stop en pleit vir vryheid van godsdienst. Filips II stuur egter 'n Spaanse leër om die opstand neer te slaan. Willem van Oranje word teen sy wil leier van die opstand, wat uitgroei 'n oorlog, die tagtigjarige oorlog. Die Republiek der Zeven Vereenigde Nederlanden word uitgeroep. In 1648 word die Vrede van Munster geteken en blyf die suidelike provinsies in Spaanse hande, en erken Spanje die onafhanklikheid van die republiek. Die grens wat nou die grens tussen Nederland en België is, lê vas.
Goue eeu
Die republiek werp die feodale stelsel van sig af en gaan 'n kapitalistiese struktuur kryg. Dit het gelei tot grote vooruitgange in die ekonomie en wetenskap. Die windmole word ontdek en maak 'n industrie moontlik en ook, heel belangrik, inpoldering van land moontlik waardeur gebiede onder die seespieël in snel tempo drooggemaak word. Ontwikkelinge in die skeepsboukunst maak handel moontlik met lande wat ver weg is en kolonië word gestig in Noord-Amerika, die Karibiese gebied, Suid-Afrika en Asië. Die internasionale mag van Nederland neem so snel toe dat dit die Engelse besorg maak en in 1689 breek die eerste van die vier Engels-Nederlandse oorloë uit, wat die Nederlanders hulle kolonie Nieuw Amsterdam kos.
Onstaan van die koninkryk
In die derde Engels-Nederlandse oorlog word die Engelse oorwin en stadhouer Willem III van Oranje-Nassau bestyg die Engelse troon. Die ekonomiese sentrum verkuif nou egter na Londen. Dit het tot onvrede gelei in die republiek asook die opkoms van 'n roep in die republiek om demokrasie. Dit het gelei tot 'n vierde oorlog. Dit het die republiek so verswak dat sy 'n aantal jare later geen party was nie vir die leërs van Napoleon wat na die Franse revolusie Europa verower. Die Engelse maak van die Franse besetting gebruik en verower enkele kolonies, waaronder die Kaapkolonie en Nederlands Indië van Nederland. Nadat die Franse verdyf is, word besluit om 'n sterke staat noordelik van Frankryk in te stel. Dit omvat vereniging van de noordelike en suidelike Nederlande. Nederland kryg ook Nederlands Indië terug. Die hereniging lei egter tot groot onvrede by Franse bewoners van die suidelike Nederlande. 'n Lae populariteit van koning Willem I maak dit moontlik dat sy die Vlaamse boerebevolking vir hulle saak win. In 1830 breek 'n opstand uit en die staat België word uitgeroep. Die huidige staatvorm van Nederland ontstaan in 1848, waarby die mag aan die parlement toegeken word.
Politiek
Staatsvorm
Nederland is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre stelsel. Die staatshoof is Koningin Beatrix. Die parlement bestaan uit twee kamers, waarbij die Tweede Kamer gekies word deur regstreekse verkiesings en die Eerste Kamer deur die Provinsiale State wat op sy beurt regstreeks gekies is. Die Tweede Kamer bestaan uit 150 parlementariërs, die Eerste Kamer uit 75 parlementariërs.
Kroon
Die Kroon word gevorm deur die koning of koningin en die kabinetministers. Die koning word binne die Kroon volledig ingelig oor alle politieke sake van die dag.
Wetgewingsproses
'n Besluit kan ingedien word deur die regering of 'n willekeurig Tweede-Kamerlid. Hierna volg 'n stemming in die Tweede Kamer. 'n Besluit kan in die Tweede Kamer uitgebreid bespreek en verander word totdat dit goedgekeur word.
Hierna volg 'n goedkeuring in die Eerste Kamer. Die Eerste Kamer doen alleen 'n toetsing of 'n besluit strydig is met die grondwet, andere wette en internasionale verdrage. Die Eerste Kamer kan alleen ja of nee stem, in geval van nee gaan die besluit terug na die Tweede Kamer.
Provinsies
Nederland is verdeel in 12 provinsies. Die laaste wysiging was in 1986 waarby Flevoland, waarvan die droogmaking voltooi is in 1968, sy eie bestuur gekry het.
1968
Geografie
Wat baie besoekers aan Nederland opval is die ekstreme platheid van die landskap - veral in die weste waar die land onder seespieël lê. In die ooste lyk dit effe minder plat, maar steeds redelik plat. Slegs Limburg is heuwelagtig, die hoogste punt is die Vaalserberg met 322 m.
Groot stukke land is uit water gewin; tydens die Suiderseewerke is die provinsie Flevoland geheel uit die Suidersee gewin. Water maak 'n belangrike deel uit van die oppervlak van Nederland, ongeveer 18% bestaan uit water.
'n Ander belangrike waterboukundige projek is die Deltawerke, wat na 'n watersnoodramp in 1953 begin is om Zeeland te beskerm teen oorstrominge. Die Deltawerke omvat baie indrukwekkende waterwerke soos die Oosterscheldekering en die Haringvlietdam.
'n Aantal van die groot riviere mond in Nederland uit in see. Die Ryn kom Nederland by Tolkamer binne, waar die Waal by Nijmegen aftak en 70% van die water afneem. By Westervoort vertak die Ryn die IJssel en by Wijk bij Duurstede gaan die Ryn oor in die Lek. Die ou rivierbedding van die Ryn staan vandag bekend as die Kromme Ryn, maar vervoer geen noemenswaardige waterhoeveelhede meer nie. Die Lek mond uit in die Nieuwe Waterweg.
Die Maas kom in Suid-Limburg by Wezet Nederland binne en stroom noordwaarts. By Mook buig die rivier af in westelike rigting om uiteindelik uit te mond in die Hollands Diep wat in verbinding staan met meerdere andere watere.
Die Schelde kom Nederland ten noorde van Antwerpen binne en verbreed sig tot die Westerschelde.
Ekonomie
Die Nederlandse ekonomie is 'n tipiese dienste-ekonomie, ongeveer 73% van die bevolking werk in die dienstesektor, 25% in die industrie en 2% in die landbou. Soos in baie westerse lande vind 'n proses van deïndustrialisasie plaas, waarby tegnologies laagwaardige industrië verhuis na lae-lonelande in Oos-Europa en Asië. Die Nederlandse ekonomie is baie internasionaal, belangrike uitvoervennote is Duitsland, Frankryk, Groot-Brittanië, Italië en die Verenigde State. Belangrike invoervennote is Duitsland, Verenigde State, België, China, Frankryk en Groot Brittanje. 4% van die Suid-Afrikaanse uitvoer gaan na Nederland, maar dit speel op die Nederlandse invoerbalans slegs 'n klein rol.
Vervoer
Nederland beskik oor 'n digte snelwegnetwerk. Die hoofare is die A1 van Amsterdam na die Duitse grens by Hengelo, die A2 van Maastricht na Amsterdam, die A4 van Delft na Amsterdam, die A12 van Den Haag na die Duitse grens by Emmerik, die A13 van Rotterdam na Den Haag en die A50 van Emmeloord na Eindhoven. Die hoeveelheid verkeer in die Randstad is 'n groot probleem, 'n dag waarop meer as 500km aan verkeersknope ontstaan is geen uitsondering nie.
Daar is ook 'n dig spoorwegnet, met groot knooppunte in Utrecht, Rotterdam, Amsterdam en Amersfoort, met elk baie verbindings in alle rigtings. Die Nederlandse Spoorwege maak baie gebruik van dubbeldektreine om die verkeersstroom aan reisigers aan te kun.
Via die seehawe van Rotterdam is Nederland 'n belangrike deurvoerland vir die res van Europa. Groot seeskepe meer aan in Rotterdam waar hulle lading in kleinere binneskepe oorgelaai word. Via die Ryn kan 'n belangrike deel van Europa bereik word. Olie uit die Midde-Ooste word in Rotterdam via 'n uitgebreide pypleidingstelsel verder Europa in vervoer.
Landbou
Nederlandse landbouprodukte, soos kaas en blomme is oor die hele wêreld bekend en vorm 'n belangrike uitvoerproduk. In die Westland word groot hoeveelhede vrugte in kasse verbou, in die suide en ooste van die land word groot hoeveelhede vee aangehou.
Grondstowwe
Nederland beskik oor steenkool-, aardolie- en veral aardgasreserwes. Die aardgasveld in Slochteren behoort tot die grootste in die wêreld en Nederland beset 'n 20e plek op die lys van lande met die grootste gasreserwes. Dit is 'n belangrike nasionale inkomstebron en gasleidinge vanuit Slochteren loop tot in Italië.
'n Ander grondstof wat 'n rol in die industrie speel is sout. Dit word gewin rondom Hengelo en is 'n bron van chloor vir die chemiese industrie.
Kommunikasie
Die telefoonnetwerk is in hande van 'n voormalig staatsbedryf, Koninklijke PTT Nederland. Omdat dit feitelik 'n monopolie is, is daar wetgewing wat ander maatskapye regte toestaan om teen 'n wettelike tarief toegang tot die fisieke telefoonlyne te verkry, waardeur op hulle eie netwerke hulle eie dienste aan kan bied. Die telefoonnetwerk bestaan vir ongeveer 25% uit digitale ISDN-lyne en vir 75% uit tradisionele analoë lyne.
Nederland het ook 'n groot aantal selfoongebruikers, 11 miljoen. 5 selfoonnetwerke bestaan vir mobiele GSM-kommunikasie.
Televisie gaan vir die grootste deel via analoog (PAL) deur middel van kabel. Die proses van digitalisering is in aan die gang maar die wet van die remmende voorsprong is hier van toepassing, dit word ernstig gehinder deur die relatief goeie kwaliteit beeld wat die analoë televisiekabels lewer.
Internet is vandag danksy 'n groot aantal verskaffers wat lae pryse veroosaak het grotendeels breeëband via televisiekabel en ADSL, sodat ongeveer 60% van die gesinne vandag 'n breëbandaansluiting het. Omdat Amsterdam wêreldwyd 'n belangrike knooppunt is, het daar gedurende die .com-periode groot hoeveelhede glasvesels in die grond gegaan, wat 'n uitgebreide infrastruktuur aan hoofsnelweë opgelewer het, wat op sy beurt weer verskaffers van bedienerhuisvesting ("server hosting") na Nederland getrek het.
Demografie
Tale
Die amptelike tale van Nederland is Nederlands en Fries. Nedersaksies en Limburgs geniet erkenning as streekstale. Fries word gepraat in die provinsie Friesland, dit word deur so te sê iedereen in die provinsie verstaan en ongeveer 'n derde van die bevolking daar as primêre omgangstaal gebruik. Die oorgangsgebied tussen die Nederlandse en Nedersaksiese taalgebied begin oostelik van die provinsie ), maar Nedersaksies word eintlik net in die mees oostelike dele van die land algemeen gepraat. Limburgs word veral in die provinsie Limburg gepraat waarby dit in die suidelike deel van die provinsie sterk van Nederlands begin afwyk. Hoewel die bespreking van of Limburgs 'n taal of 'n dialek is nog voltrek moet word, is die gebruik van Limburgs baie sterk - in Limburg word dit gewoonlik as primêre omgangstaal gebruik. Vrywel die gehele Nederlandse bevolking praat Nederlands op moedertaalvlak.
Naas die inheemse tale het Nederland 'n hoop immigrante gekry wat hulle tale meegebring het, wat tot gevolg het daar hier en daar bietjie Sranan Tongo, Arabies of Turks gepraat word. Gebrekkige kennis van Nederlands in hierdie groepe besorg die regering die laatste jare groot hoofbrekens.
Kultuur
Literatuur
Die Nederlandse literatuur is tans baie lewendig en trek 'n hoop lesers in die binne- en buiteland. Bekende skrywers is onder meer Simon Vestdijk, Gerard van 't Reve, Harry Mullisch, Cees Noteboom, Willem Frederik Hermans.
Bekende skryvers uit die verlede is Pieter Corneliszoon Hooft, die digter Joost van den Vondel, en Multatuli.
Film
Danksy 'n subsidie wat baie effektief geblyk te wees het, het die filmindustrie in Nederland die laaste jare besonder sterk gegroei, waarby tans (2005) die aantalle films in produksie in die tientalle loop. Enkele suksesvolle films van die afgelope jare sluit in Minoes, De Tweeling, Pietje Bell en Passievrucht.
'n Beroemde Nederlandse film uit die tagtigerjare is Ciske de Rat. Nederlandse regisseurs is ook in die Engelstalige mark aktief, 'n voorbeeld van 'n film wat deur 'n Nederlandse regisseur gemaak is, is Robocop.
Ondanks die goeie produksie van Nederlandstalige films is Engelstalige films in die bioskope tog in die meerderheid, wat met ondertitels gekyk word.
Musiek
Die Nederlandse musiekindustrie gaan tans (2005) 'n rustige periode deur. 'n Aantal musiekgroepe het gestop en ander raak uit die mode. Baie produktiewe periodes was die begin van die tagtigerjare en halfweg die negentigerjare.
Bekende groepe/artieste uit die resente verlede sluit in Doe Maar, Frank Boeijen, Het Goede Doel, Marco Borsato, Guus Meeuwis, De Kast.
Op radiostasies word musiek in verskillende tale gedraai, ook hier is Engels sterk verteenwoordig. Die Nederlandstalige aanbod verskil per sender, op Radio 2 en Radio Noordzee is dit byvoorbeeld 'n groot deel van die aanbod, op Sky Radio word Nederlands alleen gehoor as daar 'n groot Nederlandstalige treffer is. 'n Ander taal wat reëlmatig gehoor word is Italiaans, en ook Frans en Duits is af en toe hoorbaar op die radio.
Kuns
Nederland het baie bekende skilders, bekende meesters is onder meer Rembrandt van Rijn, Johannes Vermeer, Jan Steen en Vincent van Gogh. Bekende kunstenaars uit die resenter tyd is Piet Mondriaan en Maurits Esher.
Vakansiedae
| Datum | Afrikaanse naam | Nederlandse naam | Opmerking
|
|---|
| 1 Januarie | Nuwejaarsdag | Nieuwjaar |
| | Maart/April | Paasfees | Pasen | Nederlanders vier Paasfees oor twee dae.
| | 30 April | Koninginnedag | Koninginnedag | Koninginnedag is oorspronklik gevier op die verjaardag van die koningin, maar word deesdae gevier op die verjaardag van die gewese Koniningmoeder, Juliana, omdat daar dan beter weer is.
| | 4 Mei | Herdenking vir die Dooies | Dodenherdenking | Herdenking vir die mense wat gesneuwel het in die Tweede Wêreldoorlog.
| | 5 Mei | Bevrydingsdag | Bevrijdingsdag | Viering van die oorwinning oor Duitse magte in 1945 tydens die Tweede Wêreldoorlog.
| | 40 dae na Paasfees | Hemelvaartdag | Hemelvaartsdag |
| | 7 weke na Paasfees | Pinkster | Pinksteren | Nederlanders vier Pinkster oor twee dae.
| | 5 Desember | Sinterklaas | Sinterklaas | Sinterklaas, 'n voorganger van Kersfeesvader gee geskenke vir kinders.
| | 25 Desember, 26 Desember | Kersfees | Kerstmis | Nederlanders vier Kersfees oor twee dae.
|
Eksterne skakels
- [http://overheid.nl/ Overheid.nl] - die amptelike werf van die Nederlandse regering
- http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/nl.html
- [http://www.cbs.nl/en/figures/default.asp CBS] - Nederlandse buro van statistiek
category:Europa
[[got:
Kategorie:ChristendomKategorie:Religie
ja:Category:キリスト教
ms:Category:Kristian
simple:Category:Christianity
th:Category:คริสต์ศาสนา
zh-min-nan:Category:Ki-tok-kàu Николай Хайтов
Николай Хайтов е български белетрист, драматург и публицист. Той е известен и с публикациите и изследванията си относно Васил Левски.
Жизнен път
Николай Хайтов е сред най-популярните съвременни писатели, автор на разнообразни по жанр и тематика художествени и публицистични творби. Роден е на 15 септември 1919 г. в село Яврово, Пловдивска област в бедно семейство. Родителите му са обикновени селяни. Хайтов завършва прогимназия в родното си село, но вместо да постъпи в гимназия в Пловдив, започва сам да си изкарва хляба в големия град. Работи като чирак в магазин за брашна, келнер в кръчма, камериер и общ работник в железопътните кариери край село Крумово, Пловдивско в продължение на три-четири години, което го откъсва от училището и книгите. През 1938 г. завършва гимназия в Асеновград. Обича да чете З. Стоянов, Ив. Вазов, Елин Пелин и Й. Йовков. През 1943 г. завършва в София Лесотехническия факултет. От есента на 1944г. е войник в Пловдив. От 1946г. постъпва на работа в родопските гори най-напред като участъков лесничей в Персенкското горско стопанство. После работи в Лесичево, Девинско и в Горско стопанство - Сапарева баня. От 1951г. е инженер-лесовъд в Радуилския участък на стопанство "Боровец", Самоковско. За неправилно раздаване на дърва е осъден на осем години строг тъмничен затвор и уволнен дисциплинарно от Министерството на горите. По-късно присъдата е отменена от Софийския окръжен съд, но две години остава без работа.
Първият му очерк е публикуван през 1954 г. в списание „Септември“. Следва предложение за сътрудничество в списанието, където печата свой разказ ("Случай без прецедент") и нов очерк. Пише очерци за в."Работническо дело", "Кооперативно село" и др. Очерците, които печата, издава в първата си книга "Съперници" през 1957г. От 1959г. е приет за член на Съюза на българските писатели, работи като редактор във вестник „Народна култура“ и сп."Наша родина". От 1975 до 1977г. е председател на Столичния съвет на културата, член е на Управителния съвет на СБП от 1966г. и секретар на СБП - 1966-1968г. През 1966 г. става главен редактор на списание „Родопи“.
През 1967 г. излизат знаменитите му „Диви разкази“. Те имат над 10 издания в България, като са преведени на 28 чужди езици, включително китайски. През 1989 г. излизат „Избрани произведения“ в три тома.
Н. Хайтов пише над 10 пиеси, 800 статии и рецензии.
Общият тираж на книгите на Хайтов, които са издадени и преиздадени в България, е над 4 милиона екземпляра.
Н. Хайтов е председател на Съюза на българските писатели (СБП) от 1993 до 1999 г., като преди това от 1966 до 1968 г. е негов секретар. Той е упрекван в авторитарност и за разцепването на СБП. Носител е на Димитровска награда за проза, на литературната награда „Йордан Йовков“ и на Вазовата награда за литература. Става носител на ордена „Стара планина“ през 2000 г. Избран е за академик през 1997 г. от Българската академия на науките.
Николай Хайтов има двама синове - Александър и Здравец, и дъщеря - Елена.
Умира на 82 години на 30 юни 2002 г. в 19:30 ч. от левкемия. Опелото се е състояло на 3 юли от 11 часа в църквата „Св. Седмочисленици“.
Произведения
- „Съперници“ (1957)
- „Искрици от огнището“ (1959)
- „Разбудена Родопа“ (1960)
"Писма от пущинаците" 1960
"Хайдути" - очерци 1962
"Старите у дома" 1962
"Жени хайдутки" 1962
"Матей Миткалото" 1964
- „Шумки от габър“ (1965)
"Румяна войвода" 1965
"Родопски властелини" 1965
- „Диви Разкази“ (1967)
"Магьосникът от Брезе" 1979
"Хвъркатото корито" 1979
- „Родопските комити разказват“ (1972)
- „Капитан Петко Войвода“ (1974)
"Разкази и есета" 1984
"Да възседнеш глиган" 1985
- „Бодливата роза“ (1975)
- „Вълшебното огледало“ (1981)
- „Последните мигове и гробът на Васил Левски“ (1985)
- „Избрани произведения“ (1989)
- „През сито и решето“ (2003, посмъртно)
- „Троянските коне в България“ (2002, посмъртно)
- „Гробът на Левски“
- „Дневници“
- „Родопски властелини“
По сценарий на Хайтов са създадени филмите „Козият рог“, „Мъжки времена“, „Краят на песента“, „Капитан Петко Войвода“ (1974),"Дърво без корен", "Орисия", телевизионната поредица "Семейство Калинкови","Ламята"
Цитати
- „Левски е еманация на българщината в най-висшата й форма.“
"Едно е да искаш,друго е да можеш,а пък трето и четвърто - да го направиш!"(из разказа "Мъжки времена")
Другите за него:
"След Иван Вазов народният писател на България е акад.НИКОЛАЙ ХАЙТОВ!"(Любомир Левчев)
"ХАЙТОВ,като никой друг,днес ни преподава най-важния урок,който го няма в училищните програми - урокът по родолюбие!"(Николай Петев)
"Неговите конфликти се извисяват до антична трагедия!"(Богомил Райнов)
"Геният на съвременната българска проза!"
"Аз се възхищавам пред личността му,той бе ярка фигура,един от творците,които до последно воюваха за България в открита и честна борба!"(Владимир Игнатов - ученик)
Вижте още
- Българска литература
- Списък на писатели
Външни препратки
- [http://liternet.bg/library/bl/h/nhajt.htm Библиотека „Българска литература“ — Николай Хайтов]
Хайтов, Николай
Хайтов, Николай
Хайтов, Николай
narty heavy metal Pozycjonowanie SYLWESTER hotels Amsterdam
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Max Strecker
Max Strecker, ( - 8. Juli 1906 in Stuttgart, † 16. Februar 1991 in München) war ein schwäbischer Komiker, Volksschauspieler und Sänger. Er war verheiratet und hatte e
|
|
Edward Seegar
]
Edward Seegar alias Edward England ( - ?; † Ende 1720 auf Madagaskar) stammte aus Irland und war ein von 1717 bis 1720 aktiver Pirat. Er war es, der zuerst die berühmte "skull and crossbones"-Flagge hisste, die heute jeder als die Standard-
|
Peter Surava
Peter Surava ( - 25. März 1912 in Zürich; † 23. November 1995 in Oberrieden), geboren als Hans Werner Hirsch, war ein Schweizer Journalist.
Nach einer kaufmännischen Lehre und diversen Beschäftigungen wurde Peter Surava Ende der dreiss
|
And One
And One sind eine deutsche Band, deren Stil sich im Bereich von Synthie Pop einordnen läßt. Und der auch was von EBM hat, auch wenn der Marc meint, das wäre nicht so...
And One wurden Ende der 1980er von Steve Naghavi und Chris Ruiz gegründet und hatten mit ihrer Debutsingle Metalhammer 1990 einen Hit in der Electroszene. Heute besteht die Band – nach mehreren Umbesetzungen (die meiste Zeit aus Stev
|
Nekrokore
Spielart des Grindcore, auch oft mit Noisecore oder aber Goregrind zu vergleichen. Samples spielen hierbei eine große Rolle. Diese werden immer wieder in die Songs eingeflochten und durch rhythmische Riffs zum Tragen gebracht.
Versatzstücke aus dem Black Metal sind ebenso zu finden, wie aus den Spielarten Doom Metal, Death Metal oder aber auch Wikipedia:Taxoboxen. -->
Der Mausgraue Schnellkäfer (Adelocera murina), auch Mausgrauer Sandschnellkäfer genannt, ist eine Art aus der Familie der Schnellkäfer.
Mausgraue Schnellkäfer werden etwa 1,5 Zentimeter lang. Der Chitin-Panzer ist mit feinen Schuppen bedeckt, deren Färbung von weiß bis rotbraun variiert. Dadurch entsteht ein unordentliches Muster, insgesamt wirkt der Käfer braungrau. Die Kör
|
Vangelis Papathanassiou
thumb
Vangelis ( - 29. März 1943 in Agria bei Volos, Griechenland; eigentlich Evangelos Odysseas Papathanassiou) ist ein bekannter Komponist.
Seine bekanntesten Kompositionen umfassen die 1982 mit dem Academy Award ausgezeichnete Musik zum Film
|
Adelocera murina
Der Mausgraue Schnellkäfer (Adelocera murina), auch Mausgrauer Sandschnellkäfer genannt, ist eine Art aus der Familie der Schnellkäfer.
Mausgraue Schnellkäfer werden etwa 1,5 Zentimeter lang. Der Chitin-Panzer ist mit feinen Schuppen bedeckt, deren Färbung von weiß bis rotbraun variiert. Dadurch entsteht ein unordentliches Muster, insgesamt wirkt der Käfer braungrau. Die Kör
|
|