Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Duits (taal)

Duits (taal)

Duits is deel van die Germaanse taalfamilie en, met meer as 100 miljoen sprekers, die twaalfde grootste taal wêreldwyd. Dit word onder andere gepraat in Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg, Suid-Tirool (Italië), Eupen-Malmédy (België), Liechtenstein, Noord-Sleeswyk (Denemarke) en Namibië, en is nog steeds 'n belangrike vreemde taal in Oos-Europese lande. Dit is ook die tweede belangrikste taal op die internet en derde grootste taal waarin boeke verskyn. Die feit dat Duitsland se moderne universiteite tot onlangs geen studiegelde gevra het nie het die taal ook aantreklik gemaak vir sowat 200 000 (2004) buitelandse studente wat daar hul opleiding kry. Duitssprekendes aan die Kaap, wat Nederlands slegs as 'n aanleerderstaal gepraat het, oefen een van die groot invloede by die ontwikkeling van die Afrikaanse taal uit, veral op die gebied van die grammatika, terwyl die invloed op die Afrikaanse woordeskat beperk bly tot enkele woorde soos werskaf (van Duits wirtschaften). Daar is egter voorbeelde in die Afrikaanse woordeskat, waar die uitspraak en ortografie nader aan die huidige Duitse vorm staan (vergelyk: Afrikaans wurm en Duits Wurm met Nederlands worm, Afrikaans vleis en Duits Fleisch met Nederlands vlees of Afrikaans botter en Duits Butter met Nederlands boter).

Etimologie

Die Latynse naam is lingua theodisca, terwyl die Oudhoogduitse en Middelhoogduitse terme respektiewelik diutisk en tiutsch is. Die woord Duits is vermoedelik afgelei van theoda, wat oorspronklik na die Germaanse taal van die volk verwys, in teenstelling met die Latynse kerktaal en walhisk, die tale van die Romaanse volke. Eers vanaf die 9de eeu word na die mense, wat die Duitse taal praat, ook as theodisci verwys, terwyl vroeë bronne eerder na die verskillende stamme, soos byvoorbeeld die Franke, verwys. Vanaf die 10de eeu word met die term veral die stamme van die Oosfrankiese Ryk bedoel (Franke, Saksers, Beiers, Friese, Alemanne, Thuringers en ander). Tot by die 19de eeu is die skryfwyse "teutsch" gebruik, 'n foutiewe afleiding van die Latynse teutonicus, wat deur die Romeinse skrywer Livius gebruik word.

Taalgeskiedenis

19de eeu

Oudhoogduits

Oudhoogduits is die vroegste, Opper-Duitse vorm van die Duitse taal, wat tussen die 8de en laat 11de eeu gepraat word. Die term verwys eerder na 'n aantal dialekte, wat deur die tweede (Oudhoogduitse) klankverskuiwing beïnvloed is, soos byvoorbeeld Alemannies, Beiers, Middelfrankies, Oosfrankies en Rynfrankies. Weens die gebrek aan 'n standaardtaal word hierdie dialekte naas mekaar gepraat en geskryf. Die skryf- en kopieerwerk bly 'n domein van die kerk, en tot by die 8ste eeu is dokumente byna uitsluitend in Latyn geskryf. Karel die Grote bevorder omtrent 800 die onderwys en wetenskappe; belangrike godsdienstige tekste word dikwels in die volkstaal vertaal. Slegs 'n relatief klein aantal tekste uit die Oudhoogduitse tydperk is bewaar, en dit is veral dokumente wat in belangrike kloosters gekopieer is. Dikwels word tekste vanuit een dialek na 'n ander vertaal, wat in die praktyk 'n vermenging van dialekkenmerke beteken. Die monnike, wat in 'n bepaalde dialekgebied skryf, is dikwels die plaaslike dialek nie magtig nie, en hulle kopieerwerk bevat hiperkorrekte vorme. Ook die gebruik van die Latynse alfabet skep 'n probleem; weens die fonetiese verskille tussen die klassieke Romeinse taal en die Oudhoogduitse dialekte is die ortografise weergawe van klanke in die meeste gevalle twyfelagtig.

Middelhoogduits

Die tydperk van die Middelhoogduitse taal begin omtrent 1100 in die tyd van die kruistogte en eindig met die reformasie omtrent 1500. Dit is 'n aantal dialekte, wat uit die Oudhoogduits ontwikkel, ofskoon daar nog nie sprake van 'n algemene standaardtaal kan wees nie. Net soos in die Oudhoogduitse periode bestaan 'n aantal skryfdialekte naas mekaar. Die skrywers van die tyd probeer egter die opvallendste dialekkenmerke vermy, veral in die liriek. Vanaf die 12de eeu word die Middelfrankiese literêre taal die oorheersende dialek, terwyl in die 13de eeu die taal van die hoofse digters as belangrikste norm erken word. Praag en die Oosmiddelduitse gebiede skep in die 14de eeu die sogenaamde stadhuistaal, wat deur Martin Luther as die grondslag van sy Duitse Bybelvertaling gebruik word.

Nieuhoogduits

Die moderne Nieuhoogduitse periode begin met die Bybelvertaling van Luther in 1525. Volgens die hoofsaaklike kenmerke word die periode onderverdeel in die tyd van die volkstaalinvloed (1500-1648); die tyd van die Franse invloed (1648-1748); die tyd van die klaarheid (onder meer deur die skrywer Gotthold Ephraim Lessing (1729-1789) oorheers), die tyd van die gevoelens in die letterkunde (Sturm und Drang), die tyd van die verdieping (Friedrich Gottlieb Klopstock, 1724-1803), die tyd van die rede (Johann Gottfried Herder, 1744-1803) en voltoiing tydens die klassieke en romantieke periode (Johann Wolfgang von Goethe).

Eksterne skakels


- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_de.php Woordeboek Duits-Afrikaans-Duits] category:natuurlike taal als:Deutsche Sprache ja:ドイツ語 ko:독일어 ms:Bahasa Jerman simple:German language th:ภาษาเยอรมัน

Germaanse tale

Die Germaanse tale is deel van die Indo-Europese taalfamilie wat deur die Germaanse volke gepraat is wat in die noorde van Europa aan die grens van die Romeinse Ryk gebly het.

Wes-Germaans


- Afrikaans
- Duits
- Engels
- Fries
- Lëtzebuergesch - Die nasionale taal van Luxemburg
- Nederlands

Noord-Germaans


- Noors
- Sweeds
- Deens
- Yslands

Oos-Germaans


- Goties Kategorie:Natuurlike taal ja:ゲルマン語派 ko:게르만어


Duitsland

Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.

Geskiedenis

:
Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland

Politiek

:
Hoofartikel: Politiek van Duitsland

Geografie

:
Hoofartikel: Geografie van Duitsland

State

:
Hoofartikel: State van Duitsland Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg
(Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen
(Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen
(Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen
(Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere
(Bayern)
- Saksen
(Sachsen)
- Saksen-Anholt
(Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren
(Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen
(Thüringen)
- Rynland-Palts
(Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein
(Schleswig-Holstein)

Ekonomie

:
Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Demografie

:
Hoofartikel: Demografie van Duitsland Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Kultuur

:
Hoofartikel: Kultuur van Duitsland

Sien ook

Category:Duitsland Category:Lande in Europa fiu-vro:S'aksamaa als:Deutschland ja:ドイツ ko:독일 ms:Jerman roa-rup:Ghirmânii simple:Germany th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี zh-min-nan:Tek-kok


Oostenryk

Oostenryk (Duits: Österreich), voluit die Republiek Oostenryk (Republik Österreich), is 'n land in Middel-Europa. Die land grens in die weste aan Switserland en Liechtenstein, in die noorde aan Duitsland en die Tsjeggiese Republiek, in die ooste aan Slowakye en Hongarye en in die suide aan Italië en Slowenië. Slowenië als:Österreich fiu-vro:Austria ja:オーストリア ko:오스트리아 ms:Austria simple:Austria th:ประเทศออสเตรีย zh-min-nan:Tang-kok

Luxemburg

Die Groothertogdom Luxemburg is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 451 600 inwoners (2004).

Geskiedenis

:Hoofartikel: Geskiedenis van Luxemburg Koning Lotharius II van Lotaringe (omtrent 835-869) gee die gebied van Luxemburg as leen aan die abdy van Sint Maximinus van Trier (Duitsland). Die owerstes van die klooster regeer Luxemburg as leenhere in die 9de en 10de eeu. Die burg wat tot beskerming van die streek opgerig word verleen sy naam aan die omliggende gebied. Die vroegste dokument waarin die naam Luxemburg verskyn dateer uit die jaar 963 toe graaf Siegfried Lucilinburhuc, die "klein burg" op die rotse van die huidige stad koop. Luxemburg bly tot 1443 'n onafhanklike graafskap en later hertogdom binne die verband van die Heilige Romeinse Ryk. Tydens die 14de eeu kom Duitse konings en keisers vanuit Luxemburg: Hendrik VII, hertog van Luxemburg en keiser van die Heilige Romeinse Ryk (1308-1313); Johan die Blinde, graaf van Luxemburg en koning van Boheme; Karel IV, Wenceslous II en Sigismond, keisers van die Rooms-Duitse Ryk en konings van Boheme. Keiser Karel IV (1347-1378) verhef Luxemburg tot hertogdom (1354). Tussen 1443 en 1815 word Luxemburg deur buitelandse magte regeer: Deur die Boergondiërs (1443 tot 1506), deur die Spanjaarde (1506 tot 1684), deur die Franses (1684 tot 1697), deur die Oostenrykers (1714 tot 1795), en 'n tweede keer deur die Franses (1795 tot 1814). Die Kongres van Wene (1815) verleen die onafhanklikheid aan Luxemburg, as deelstaat van die Duitse Statebond en in personele unie met die koning van Nederland. Eers met die Verdrag van Londen (1839) verkry die groothertogdom sy volle soewereiniteit, wat egter nog twee keer - tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog - geskend word. Die land word in sy geskiedenis ook drie keer gedwing om gebiede aan Frankryk, België en Duitsland af te staan, maar vandag is Luxemburg 'n trotse lid van die Europese Unie wat ondanks die noue samewerking met sy bure sy onafhanklikheid bewaar. Die nasionale leuse is dan ook "Mir wëlle bleiwe wat mir sinn" (Ons wil bly wat ons is).

Politiek

Die Groothertogdom Luxemburg is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre demokratiese stelsel. Die Groothertog is volgens die Luxemburgse Grondwet van 1868 die staatshoof. Die parlement met een kamer (Frans: Chambre des Députés) is die wetgewende orgaan van Luxemburg. Nasionale verkiesings vind elke vyf jaar saam met die verkiesings vir die Europese Parlement plaas. Luxemburgers, wat in die amptelike kiesersregister gelys is, is verplig om aan die verkiesings deel te neem. Die uitvoerende gesag lê by die Groothertog en die regering. Die destydse regering beklee sy amp sedert 31 Julie 2004 en word gevorm deur die Eerste Minister Jean-Claude Juncker, wat ook die tradisionele titel Staatsminister dra, twaalf ministers, 'n adjunk-minister en 'n staatssekretaresse. Die Staatsrad met 27 lede dien as 'n raadgewende orgaan, en nege lede word respektiewelik deur die parlement, die Groothertog en die Staatsraad self benoem. Die belangrikste politieke partye in Luxemburg is die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (CSV, Christelik-Sosiale Volsparty), die Lëtzebuergesch Sozialistesch Arbechterpartei (LSAP, Luxemburgse Sosialistiese Arbeidersparty), die Demokratesch Partei (DP, Demokraties-Liberale Party), die Gréng Alternativ/Gréng Lëscht Ekologesch Initiativ (Ekologiese Party) en die Aktiounskommittee fir Demokratie an Rentengerechtegkeet (Protesbeweging).

Geografie en klimaat

Jean-Claude Juncker Jean-Claude Juncker :Hoofartikel: Geografie van Luxemburg Luxemburg word soms die "groen hart" van Europa genoem, en Julius Caesar beskryf reeds die ondeurdringbare bosgebiede van die streek. Uitlopers van die Ardenne- en Eifelgebergtes strek tot by die Ösling, die landskap in die noordelike deel van Luxemburg, wat deur bebosde heuwels, klein riviere en valleie gekenmerk word. Die Gutland, die suidelike landskap, is 'n vlakte met bosgebiede, klein riviere, weivelde, akkerland en wingerde. Die belangrikste riviere van Luxemburg is die Mosel (Frans: Moselle), wat in die ooste ook die grens met Duitsland vorm, die Sauer, die Our en die Uelzecht (Frans: Alzette). Die klimaat van die groothertogdom word deur die westerse Atlantiese winde beïnvloed, die temperatuure en reënval is gevolglik gematig.

Ekonomie

:Hoofartikel: Ekonomie van Luxemburg Met die opbloei van die staalnywerheid aan die begin van die 20ste eeu word Luxemburg een van die welvarendste Europese nasies. Vandag is die land een van die finansiële sentra van Europa, en danksy die voordelige belastingwetgewing lok Luxemburg groot en klein beleggers. Ander belangrike sektore van die ekonomie is handel en vervoer, assuransiemaatskappye, media en radio- en televisiemaatskappye wat ook programme vir die buurlande uitsaai. Die Luxemburgse onderneming SES-Global is die grootste satellietmaatskappy ter wêreld. Satelliet-TV-, -radio-, en -datatransponders word vir heel Europa aangebied. Die belangrikste uitvoergoedere is metale, masjiene, plastiek en industriële gom.

Demografie

:Hoofartikel: Demografie van Luxemburg Naas die inheemse Mosel-Frankiese Lëtzebuergers is daar sowat 174 200 buitelanders, veral Portugese (63 800), Franses (21 100), Italianers (18 900), Belgiërs (16 000), Duitsers (10 300), Britte (4 600), Nederlanders (3 600) en Spanjaarde. Meer dan 90% van die bevolking is Rooms-Katoliek. Die grootste stede naas Luxemburg (stad) is Esch-sur-Alzette, Déifferdeng (Frans: Differdange, Duits: Differdingen), Diddeleng (Frans: Dudelange, Duits: Düdelingen) en Sanem. Echternach is 'n bekende bedevaartsentrum en toeristebestemming.

Taalbeleid

Echternach Weens die noue politieke en ekonomiese bande met België is Frans die taal van die administrasie en wetgewing, terwyl die koerante in Duits verskyn. Die inheemse dialek en omgangstaal, Lëtzebuergesch, is 'n Mosel-Frankiese streektaal wat tot die Middelduitse groep van dialekte behoort. Net soos die Switsers-Duitse dialek in Switserland raak Lëtzebuergesch sedert die Tweede Wêreldoorlog al hoe meer gewild en ontwikkel tot die derde amptelike taal. Hoewel daar in 1946 pogings onderneem is om die spelling te reformeer, volg dit in die algemeen nog steeds meer of minder die reëls van die Duitse taal. Talle vreemde woorde word uit die Franse taal oorgeneem. Meertaligheid beteken in Luxemburg dat net die situasie bepaal watter taal gebruik word: Lëtzebuergesch is die omgangstaal wat ook in die parlement, op die radio en op die televisie gebruik word; Duits is die taal van die meeste koerante; terwyl die onderwys op skool aanvanklik in Duits en later in Frans voorsien word.

Kultuur

:Hoofartikel: Kultuur van Luxemburg

Sien ook

Category:Luxemburg Category:Lande in Europa Category:Luxemburg als:Luxemburg ja:ルクセンブルク ko:룩셈부르크 ms:Luxembourg simple:Luxembourg th:ประเทศลักเซมเบิร์ก zh-min-nan:Luxembourg

België

België (Nederlands: België, Frans: Belgique, Duits: Belgien) is 'n land in Wes-Europa, begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg, Frankryk, en die Noordsee. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa (met Nederlands sprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Frans sprekende mense in die suide).

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van België

Politiek

Hoofartikel: Politiek van België

Geografie

Hoofartikel: Geografie van België

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van België

Demografie

Hoofartikel: Demografie van België

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van België

Sien ook

Category:België Category:Lande in Europa als:Belgien fiu-vro:Belgiä ja:ベルギー ko:벨기에 ms:Belgium simple:Belgium th:ประเทศเบลเยียม zh-min-nan:Belgien

Liechtenstein

Die Prinsdom van Liechtenstein (Duits: Fürstentum Liechtenstein) is ‘n piepklein, deur land omringde land in Wes-Europa, begrens deur Switserland in die weste en Oostenryk in die ooste. Liechtenstein is 'n bergagtige gebied teen die Ryn en aan die voet van die oostelike Alpe. Die land staan bekend vir sy posseëls, wat nog steeds 'n belangrike bron van inkomste is, as 'n toerisme- en hier veral wintersportbestemming, maar is waarskynlik nog meer bekend as belastingtoevlugsoord. Liechtenstein trek voordeel uit sy ligging by die kruispunt van belangrike handelsroetes, wat Switserland met Oostenryk en Duitsland met die Switserse Alpegebied en Noord-Italië verbind. Die land vorm sedert 1923 'n monetêre en doeane-unie met Switserland, wat ook sy buitelandse belange waarneem. Na die Tweede Wêreldoorlog beleef Liechtenstein 'n vinnige ekonomiese groei danksy die suksesvolle kombinasie van tegniese kundigheid uit Switserland en Oostenryk met buitelandse beleggings. Die land beskik oor 'n hoogs gespesialiseerde nywerheids- en dienstesektor, terwyl die tradisionele landbou steeds minder belangrik word. Tweede Wêreldoorlog

Eksterne Skakels


- [http://www.liechtenstein.li Amptelike Portaal van die Prinsdom van Liechtenstein]
- [http://www.liechtenstein.li/en/eliechtenstein_main_sites/portal_fuerstentum_liechtenstein/home.htm Engelse weergawe van Amptelike Portaal]
- [http://www.tourismus.li Amptelike Portaal van Liechtenstein Tourisme]
- [http://www.fuerstenhaus.li Die Vorstehuis]
- [http://www.llv.li Portal der Liechtensteinischen Landesverwaltung]
- [http://www.gesetze.li Liechtensteinische Gesetze]
- [http://www.auswaertiges-amt.de/www/de/laenderinfos/laender/laender_ausgabe_html?type_id=14&land_id=97 Länder- und Reiseinformationen] des Auswärtigen Amtes
- [http://www.kunstmuseum.li Kunstmuseum Liechtenstein]
- [http://www.un.int/liechtenstein Mission von Liechtenstein bei der UNO]
- [http://www.das-parlament.de/2003/49/Europa/005.html Artikel über die neue Verfassung]
- [http://www.urlaub-liechtenstein-reisen.de/sitemap.html Liechtenstein Reiseführer]
- [http://www.schloesslekeller.li/ Kleintheater Schlösslekeller]. als:Liechtenstein fiu-vro:Liechtenstein ja:リヒテンシュタイン ko:리히텐슈타인 ms:Liechtenstein simple:Liechtenstein th:ประเทศลิกเตนสไตน์ zh-min-nan:Liechtenstein

Namibië

Die Republiek van Namibië (vroeër bekend as Suidwes-Afrika) is 'n land in suidwestelike Afrika, op die Atlantiese kus. Dit word deur Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die weste, en Suid-Afrika in die suide begrens. Onafhanklikheid was in 1990, wat Namibië een van die jongste nasies in die wêreld maak.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Namibië In 1966 het SWAPO 'n oorlog van onafhanklikheid begin, maar dit was in 1988 dat Suid-Afrika toegestem het om sy administrasie te eindig. Onafhanklikheid was in 1990, terwyl Suid-Afrika Walvisbaai eers in 1994 aan Namibië afgestaan het.

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Namibië Die hoof van die land is die president, vir wie die bevolking elke vyf jaar stem. Die hoof van die regering is die eerste minister , wat deur die president aangestel word. SWAPO is die land se grootste party.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Namibië

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Namibië

Mense

Hoofartikel: Mense van Namibië Die amptelike taal is Engels, maar omtrent 60% van die bevolking kan Afrikaans praat.

Ander artikels


- Kommunikasie in Namibië
- Vervoer in Namibië
- Militêr van Namibië
- Buitelandse verbande van Namibië

Eksterne skakels


- [http://www.grnnet.gov.na/intro.htm Republiek van Namibië] - Regering van Namibië
- [http://www.rsf.fr/article.php3?id_article=4116 Indeks van wêreldwye persvryheid] 31 uit 139 lande
Kategorie:Lande van Afrika Kategorie:Namibië ja:ナミビア ko:나미비아 ms:Namibia zh-min-nan:Namibia

2004

Gebeure

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
20ste eeu21ste eeu22ste eeu
2001200220032004200520062007
Kategorie:21ste eeu als:2004 ja:2004年 ko:2004년 ms:2004 roa-rup:2004 simple:2004 th:พ.ศ. 2547 zh-min-nan:2004 nî

Afrikaans (taal)

Die taal Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en word deur omtrent 6 miljoen persone as 'n eerste taal gebruik. Die taal het grootliks sy wortels in sewentiende-eeuse Nederlands, maar is deur talle ander tale beïnvloed, soos Engels, Maleis, Duits, Portugees, Arabies, Swahili, Xhosa, Zoeloe, Sotho en ander Afrika-tale.

Geskiedenis

Tot en met die negentiende eeu het Afrikaans slegs as spreektaal bestaan, en Nederlands het as die formele en geskrewe taal gedien. Op 14 Augustus 1875 is in Paarl die Genootskap van Regte Afrikaanders gestig onder leiding van Ds. S.J. du Toit. Hierdie organisasie het hom van meets aan beywer vir die bevordering van Afrikaans. In ooreenstemming met Wet 8 van 1925, het Afrikaans 'n amptelike taal geword, tesame met Engels. Die eerste volledige vertaling van die Bybel in Afrikaans is voltooi teen 1933. Ná 1948 is die besiging van die taal begin gelykstel aan Afrikanernasionalisme en het dit 'n belangrike rol gespeel in die wit minderheidsregering tydens die apartheidjare. Toe 'n nuwe grondwet in 1996 daargestel is, is Afrikaans behou as een van elf ander amptelike tale.

Spelling

Alhoewel die Arabiese Afrikaans van die Kaapse Moslemgemeenskap en die tipe Afrikaans wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl bevorder is, reeds gebruik maak van 'n vereenvoudigde en vernieude spelling (vgl. getoelies), hou die Taalkommissies van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, wat sedert 1914 die enigste gesag in hierdie verband is, die spelling dekades lank ná aan die oorgeërfde Nederlandse model. Intussen word die feit gewaardeer, dat Afrikaans reeds meer as 350 jaar van Nederlands geskei is en oor sy eie fonologie beskik.

Huidige stand van sake

Die mees onlangse sensussyfers toon aan dat 5 811 547 mense Afrikaans as hul eerste taal gebruik in Suid-Afrika. Afrikaans word feitlik deur al die ander etniese groepe in Suid-Afrika gepraat as 'n tweede (of selfs derde) taal en daar is 'n groot stuk werk gedoen om die streeksverskille van dié taal te ontwikkel, iets wat nie veel aandag geniet het in vroeëre jare nie. In Namibië is daar ongeveer 146 000 sprekers. Afrikaans word erken as nasionale taal maar die amptelike taal is Engels.

Klassifikasie


- Familie: Indo-Europees
- Groep: Germaans
- Subgroep: Wes-Germaans

Streeksdialekte


- Kaapse Afrikaans
- Oosgrensafrikaans
- Oranjerivier-Afrikaans

Sien ook


- Tale in Suid-Afrika
- Afrikaanse woordelys en spelreëls
- Afrikaanse taalgeskiedenis
- Afrikaanse letterkunde
- Die Afrikaanse Taalmonument

Eksterne skakels

Algemene inligting


- [http://www.omniglot.com/writing/afrikaans.htm Omniglot arikel oor Afrikaans]
- [http://www.ethnologue.com/14/show_language.asp?code=AFK Ethnologue verslag oor Afrikaans]
- [http://afrikaans.be/ Afrikaans.be] - Webblad vir die gebruik, bevordering en uitbreiding van Afrikaans in België en Nederland
- [http://academic.sun.ac.za/afrndl/tna/ Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans]

Ontstaan en geskiedenis van Afrikaans


- [http://taalschrift.org/discussie/000191.html Afrikaans is Amsterdams!] Nederlandse artikel in Taalschrift - Tydskrif oor taal en taalbeleid
- [http://www.ned.univie.ac.at/afrikaans/euroforum/artikels/kreoolkinders.htm Nederlands se Afrikaanse Kreool-kinders]
- [http://www2.univ-reunion.fr/~ageof/text/74c21e88-297.html Meertaligheid in 'n kosmopolitaanse gemeenskap - gevalle studie van Distrik Ses] (Frans: Le multilinguisme dans une société cosmopolite : le cas de District Six)

Taalhulpmiddels


- [http://www.openoffice.org.za/projects.php?id=4 Gratis Afrikaanse speltoetser vir OpenOffice]
- [http://www.wspel.co.za/ Gratis Afrikaanse speltoetser vir MSOffice 2000/XP/2003]
- [http://www.spel.co.za Kommersiële Afrikaanse speltoetser, tesourus en woordafbreker]
- [http://web.sois.uwm.edu/AFR101/ Afrikaanse lesse op die net]
- [http://www.onnet.up.ac.za/ Goudmyn vir Afrikaans-onderwysers] - Webruimte net vir Afrikaans-onderwysers by die Universiteit van Pretoria
- [http://www.nb.co.za/Pharos/Skryfafrikaans/saArticleDisplay.asp?iCategory_id=73 Rekenaarterme in Afrikaans]

Afrikaanse kultuur verwante skakels


- [http://www.fak.org.za/ FAK]
- [http://www.akademie.co.za/ Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]
- [http://www.hdn.za.net/ Huis der Nederlanden] Nederlands-Vlaams-Afrikaanse kultuursentrum
- [http://web.archive.org/web/20040210124148/http://digbundel.8k.com/index.html eDigbundel] - blad vir gratis publikasie van waar Afrikaanse gedigte
- [http://www.storiewerf.co.za/welkom.htm Storiewerf] oor kinder- en jeugboeke
- [http://www.voortrekkers.org.za/ www.voortrekkers.org.za] Amptelike webblad van Die Voortrekkers
- [http://voortrekkers.virafrikaans.com/ov.html Oom Vossie Voortrekkers] Amptelike webblad van die Bellville Oom Vossie Voortrekker kommando
- [http://voortrekkers.virafrikaans.com/ Oord Tygerberg Voortrekkers] Amptelike webblad van Die Voortrekkers in Oord Tygerberg, Bellville (Oom Vossie), Kuilsrivier (De Kuilen), Durbanville (Doordekraal), Brackenfell (Kanonkop) en Kraaifontein.

Afrikaans in die Buiteland


- [http://www.ned.univie.ac.at/afrikaans/ Euro-Afrikaans] Afrikaans in Europa by die Departement Nederlandistik, Universiteit van Wene
- [http://www.afrikaans.org.nz/ Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland]
- [http://roepstem.tripod.com/ Die Roepstem] 'n Nederlandse inisiatief om die Afrikaanse en die Nederlandse taalwêreld saam te bring Kategorie:Natuurlike taal ja:アフリカーンス語 ms:Bahasa Afrikaans simple:Afrikaans

Franke

Die Franke was 'n Germaanse volk wat sover bekend vanaf die begin van huidige jaartelling in die huidige Duitsland gewoon het. Hulle kultuur, taal en daaglikse lewens was soortgelyk aan die van verwante Germaanse volke. Daar word aangeneem dat die Franke oorspronklik ontstaan het as 'n vereniging van diverse Germaanse stamme (Latyns: Usipeti, Tencteri, Sugambri en Bructeri) wat die Rynvallei en gebiede direk oos daarvan bewoon het. Gregorius van Tours wat rond 570 'n geskiedenis van die Franke geskryf het, sê dat koning Clovis 'n 'Sicamber' genoem word.

Oorname van die Romeinse gesag

Die (Saliese) Franke dring vanaf 290 oor die grens van die Romeinse Rijk, die Ryn. In 355 verkry hulle van die Romeinse keiser toestemming om as 'bondgenote' op Romeinse gebied in die Skeldevallei en tussen die groot riviere te vestig, om daarna die hele Nederland-benede-die-riviere plus die huidige Vlaandere in besit te neem. Soos later Engeland verloor die gebied so sy Latynse karakter. In die vyfde eeu n.C. stort die Romeinse gesag in Wes-Europa in duie. In die noordelike Europese streke beteken dit dat die beskawing grotendeels 'n terugval in die prehistorie beleef. Daarom is daar maar weinig betroubare inligtingsbronne oor hierdie tydperk. In 486 -tien jaar na die aftreë van die laaste Wes-Romeinse keiser- verslaan die Frankiese koning Clovis die laaste Romeinse generaal, Syagrius, by Parys. Hulle rig hulle uitbreiding vervolgens op die welvarende suide en van hieruit verower hulle eerstens geleidelik Gallië. Gallië kry die naam Frankryk (die ryk van die Franke), na aanleiding van hulle nuwe heersers. In die 6de tot 8ste eeu verower hulle geleidelik ook die Germaanse stamlande oor die Ryn en Donau, rofweg die gebiede van die huidige Duitsland en Oostenryk. Onder die Karolingiese dinastie beset die Franke ook nog groot dele van Spanje en Italië en word daarmee die magtigste nuwe staat sedert die val van die (Wes-)Romeinse Ryk.

Die einde van die Franke as aparte volk

In die voorheen Romeinse streke word die Franke geleidelik in die Latynstalige bevolking, wat getalsgewys veel groter was as die klein groep Frankiese heersers, geassimileer. Díe proses het egter baie tyd geneem. Die Frankiese konings hou tot na Karel die Grote (Frans Charlemagne) aan om hulle eie Germaanse dialek te praat.

Situasie in Nederland en België

Die huidige outochtone Nederlanders is grotendeels 'n vermenging van Franke en ander Germaanse stamme. Nederlands en dus Afrikaans, stam daarom waarskynlik vir 'n groot deel af van Nederfrankiese dialekte. Daar het baie min dokumente bewaar gebly wat hierdie veronderstelling kan bevestig. Die Franke het altyd Latyn gebruik as skryftaal. In die gebied van die huidige België is die etniese bewoners in Wallonië grotendeels nog Kelties/Romaans en verder noord is die Frankies/Germaanse element sterker. In die noordelike dele van Nederland het die Friese vir 'n lang tyd die oppermag, veral langs die kus. Die Franke gaan reeds vroeg, omstreeks 490, tot die katolieke christendom oor. Utrecht was lank 'n Frankiese bolwerk van waaruit probeer is om ook die Friese te kersten (en te onderwerp). Uit díe tyd, die einde van die 8ste eeu, stam die Utrechtse doopgelofte:
- Forsachistu diabolae (?).
  - (respondeat:) ec forsacho diabolae.
- end allum diobol gelde (?)
  - (respondeat:) end ec forsacho allum diobolgelde
- end allum dioboles uuercum (?)
  - (respondeat:) end ec forsacho allum diaboles uuercum and wordum thunaer ande uuoden ende saxnote ende allvm them unholdum the hira genotas sint.
- Versaak jy die duivel?
  - (antwoord): ek versaak die duiwel.
- en die duiwelsdiens?
  - (antwoord): en ek versaak alle duiwelsdiens.
- en alle werke van die duiwel?
  - (antwoord): en ek versaak alle duiwelswerke en -woorde, Donar en Wodan en Saksnoot en alle demone die hulle makkers is'. Sien ook: Lys van konings die Franke Kategorie:Frankiese Ryk Kategorie:Germaanse volk als:Franken (Volk) ja:フランク人

19de eeu

Eeue:
18de eeu 19de eeu 20ste eeu
1801 1802 1803 1804 1805 1806 1807 1808 1809 1810
1811 1812 1813 1814 1815 1816 1817 1818 1819 1820
1821 1822 1823 1824 1825 1826 1827 1828 1829 1830
1831 1832 1833 1834 1835 1836 1837 1838 1839 1840
1841 1842 1843 1844 1845 1846 1847 1848 1849 1850
1851 1852 1853 1854 1855 1856 1857 1858 1859 1860
1861 1862 1863 1864 1865 1866 1867 1868 1869 1870
1871 1872 1873 1874 1875 1876 1877 1878 1879 1880
1881 1882 1883 1884 1885 1886 1887 1888 1889 1890
1891 1892 1893 1894 1895 1896 1897 1898 1899 1900
Kategorie:19de eeu ja:19世紀 ko:19세기 simple:19th century th:คริสต์ศตวรรษที่ 19 zh-min-nan:19 sè-kí

8ste eeu

Eeue
7de eeu8ste eeu9de eeu
700701702703704705706707708709
710711712713714715716717718719
720721722723724725726727728729
730731732733734735736737738739
740741742743744745746747748749
750751752753754755756757758759
760761762763764765766767768769
770771772773774775776777778779
780781782783784785786787788789
790791792793794795796797798799
800801802803804805806807808809
Kategorie:8ste eeu ja:8世紀 ko:8세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 8

800

Gebeure


- 25 Desember - Pous Leo III kroon Karel die Grote as keiser, 'n titel wat nie in die die Weste gebruik is sedert die troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
7de eeu8ste eeu9de eeu
797798799800801802803
Kategorie:8ste eeu Kategorie:9de eeu ko:800년

Latynse alfabet

Die Latynse alfabet is die alfabet wat vir so te sê alle westerse tale se spelling gebruik word insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika. Die voorloper van die westerse alfabet is ontwikkel deur die Feniciërs (sien Feniciëse alfabet). In gewysigde vorm is dit deur die Grieke oorgeneem. Die Romeine het weer daarvan 'n nuwe alfabet afgelei, wat egter nogal in terme van tekens van die voorloper verskil. Die Latynse alfabet tel in die tyd van Cicero 21 letters. Vir die weergee van Griekse woorde word Y en Z later toegevoeg. I en V het sowel vokaliese as konsonantiese waarde. In die Middeleeue kom J (konsonant=medeklinker) en U (vokaal=klinker) daarby. W is dubbel V om /w/ weer te gee (die bilabiale semivokaal van, byvoorbeeld, die Engelse: wall, well, will, ... of Afrikaanse twee, swaai ens). Tans bestaan vir die Afrikaanse spelling gebruiklike variant van die Latynse alfabet uit die volgende 26 hoofletters: en die volgende 26 kleinletters: In baie tale is ekstra letters toegevoeg, of soos in Afrikaans is letters voorsien van diakritiese tekens (kappies, deeltekens ens.) om voorsiening te maak vir taalspesifieke skryfwyses.
- In Nederlands beskou sommige naslaanwerke die IJ, wat as die Afrikaanse Y uitgespreek word, as 'n aparte letter. Die meeste kies egter om die IJ as 'n kombinasie van die letters I en J te sien, of as spellingsvariant van Y.
- In Bokmål en Deens is die volgende letters aan die einde van die alfabet gelas:: æ, ø en å. Die letters q, w, x en z word amper nooit in Deens gebruik nie.
- In Sweeds word die volgende ekstra tekens gebruik: å, ä, en ö. "w" Kan in Sweeds as 'n variant van "v" beskou word en slegs in name en leenwoorde gebruik word.
- In Faroëes is nog 'n paar toegevoeg om die volgende ekstra letters te gee: á, í, ó, ú, ý, ð (edh), ø en æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie. Die spesiale letter edh (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom.
- In Yslands is die ekstra letter of tekens:: á, é, í, ó, ú, ý, ð (edh), þ (thorn), ö en æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie.
- In Duits word drie diakritiese letters en een ekstra teken gebruik: ä, ö, ü : ß (genoem kringel-S of in Duits: es-tsett or scharfes s). Die diakritiese letter word soos in Afrikaans nie as deel van die alfabet beskou nie Die ess-zett of scharfes s (ß) bestaan net as 'n kleinletter aangesien dit nooit aan die begin van 'n woord kan voorkom nie. Standardisering agv die Duitse spellinghervorming van 1996 het die voorkoms van die letter drasties verminder. Die "ß" word nou net na 'n lang klinker (soos in Fuß "voet" en mäßigen "matig") gebruik, terwyl die kort klinkers altyd 'n "ss" het: byvoorbeeld dass "dat" en Verdruss "verdriet". Die "ß" word gewoonlik sorteer asof dit 'n "ss" is - soms as 'n "s", maar dit word as verkeerd beskou. In Switserland word "ß" nie gebruik nie. Om gestandardiseerde sleutelborde vir Duits, Frans en Italiaans te skep, word dit vervang met "ss". Sien ook: Arabiese alfabet, Armeense alfabet, Braille, Cyrilliese alfabet, Feniciëse alfabet, Glagolitiese alfabet, Griekse alfabet, Goties alfabet, Hebreeuwse alfabet, Koptiese alfabet, Hangul (Koreaans alfabet), Morse, NAVO-spelalfabet, Ogham alfabet, Rune alfabet, Steno, Thaise alfabet Kategorie:Skryfstelsel als:Lateinisches Alphabet ja:ラテン文字 ko:로마 문자 th:อักษรละติน zh-min-nan:Lô-má-jī

1100

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
10de eeu11de eeu12de eeu
1097109810991100110111021103
Kategorie:11de eeu ko:1100년

1500

Gebeure


- Pedro Cabal ontdek Brasilië.
- Rodrigo de Bastidas land as eerste Spanjaard op die Kolombiaanse kus.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
14de eeu15de eeu16de eeu
1497149814991500150115021503
Kategorie:15de eeu ko:1500년

13de eeu

Eeue
12de eeu13de eeu14de eeu
1200120112021203120412051206120712081209
1210121112121213121412151216121712181219
1220122112221223122412251226122712281229
1230123112321233123412351236123712381239
1240124112421243124412451246124712481249
1250125112521253125412551256125712581259
1260126112621263126412651266126712681269
1270127112721273127412751276127712781279
1280128112821283128412851286128712881289
1290129112921293129412951296129712981299
1300130113021303130413051306130713081309
Kategorie:13de eeu ja:13世紀 ko:13세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 13

14de eeu

Eeue
13de eeu14de eeu15de eeu
1300130113021303130413051306130713081309
1310131113121313131413151316131713181319
1320132113221323132413251326132713281329
1330133113321333133413351336133713381339
1340134113421343134413451346134713481349
1350135113521353135413551356135713581359
1360136113621363136413651366136713681369
1370137113721373137413751376137713781379
1380138113821383138413851386138713881389
1390139113921393139413951396139713981399
1400140114021403140414051406140714081409
Kategorie:14de eeu ja:14世紀 ko:14세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 14

Bybel

Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke: # Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (die Tanach is anders georden). # Die Apokriewe Boeke, boeke buiten die kanon van Nicea. # Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks). In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens). Dit is die mees verspreide boek in die wêreld, waar daar in die laat 20ste eeu meer as 20 000 000 kopieë in omloop was. Dit is uniek in baie opsigte, waarin vertaling en skrywers net 'n paar is.

Die inhoud van die Bybel

Ou testament


- Genesis
- Eksodus
- Levitikus
- Numeri
- Deuteronomium
- Josua
- Rigters
- Rut
- 1 Samuel
- 2 Samuel
- 1 Konings
- 2 Konings
- 1 Kronieke
- 2 Kronieke
- Esra
- Nehemia
- Ester
- Job
- Psalms
- Spreuke van Salomo
- Prediker
- Hooglied van Salomo
- Jesaja
- Jeremia
- Klaagliedere van Jeremia
- Esegiël
- Daniël
- Hosea
- Joël
- Amos
- Obadja
- Jona
- Miga
- Nahum
- Habakuk
- Sefanja
- Haggai
- Sagaria
- Maleagi

Apokriewe boeke


- "Boek van Tobit" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Judith" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Bylae by die boek Ester" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Wysheid van Salomo" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Jezus Sirach" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Baruch" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Brief van Jeremiah" (Baruch 6 in sommige Bybels) (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "Susanna" (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 13 in die Rooms-Katolieke Bybel)
- "The prayer of Azariah and song of the three holy children" (in die Griekse en Slawiese Bybels) en tussen Daniël 3:23-24 in die Rooms-Katolieke Bybel)
- "Bel en die draak" (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 14 in die Rooms-Katolieke Bybel)
- "1 Makkabeërs" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "2 Makkabeërs" (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels)
- "1 Esdras" (in die Griekse Bybel)
- "Gebed van Manasse" (in die Griekse Bybel)
- "Psalm 151" (in die Griekse Bybel)
- "3 Makkabeërs" (in die Griekse Bybel)
- "2 Esdras" (in die Slawiese Bybel en 'n bylae tot die Latynse Vulgata)
- "4 Makkabeërs" (bylae tot die Griekse Bybel)

Nuwe testament


- Matteus
- Markus
- Lukas
- Johannes
- Die handelinge van die apostels
- Romeine
- 1 Korintiërs
- 2 Korintiërs
- Galasiërs
- Effesiërs
- Filippense
- Kolossense
- 1 Tessalonisense
- 2 Tessalonisense
- 1 Timoteus
- 2 Timoteus
- Titus
- Filemon
- Hebreërs
- Jakobus
- 1 Petrus
- 2 Petrus
- 1 Johannes
- 2 Johannes
- 3 Johannes
- Judas
- Die openbaring aan Johannes

Eksterne skakels


- [http://www.bybel.co.za 'n Afrikaanse webwerf oor die Bybel] Kategorie:Christendom ja:聖書 ko:성서 simple:Bible zh-min-nan:Sèng-keng

1525

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
15de eeu16de eeu17de eeu
1522152315241525152615271528
Kategorie:16de eeu ko:1525년

Etta Barnett

Etta Moten Barnett, contralto, (November 5, 1901 - January 2, 2004) was an African American actress and singer. She was born in Weiman, Texas, the daughter of a Methodist minister. She married one of her high school teachers and had three daughters, but the marriage faltered. Etta Moten then attended Western University in Quindaro, Kansas and then completed her education at the University of Kansas, graduating with a Bachleors of Art in voice and drama, then moved to New York City, where she was a soloist with the Eva Jessye Choir. She was cast in the Broadway show Zombie. On January 31, 1933, she became the first black star to perform at the White House. She appeared in two musical films in 1933, Flying Down to Rio (singing "The Carioca") and Gold Diggers of 1933. She married Claude Barnett, the head of the Associated Negro Press. She was cast by George Gershwin as a replacement Bess in the Broadway revival of Porgy and Bess in 1942, and was also in the touring company. She stopped performing in 1952, because of vocal problems. She subsequently was involved with the National Council of Negro Women, the Chicago Lyric Opera and the Field Museum. She was also host of a radio show in Chicago, Illinois. She died of pancreatic cancer at Chicago's Mercy Hospital.

Stage


- Fast and Furious, a musical revue (1931)
- Zombie, a play (1932)
- Porgy and Bess, musical revival (1943—44)
- Lysistrata, Aristophanes' comedy, with an all black cast (1946)

Films


- Flying Down to Rio (1933)
- Gold Diggers of 1933 (1933)

References

The Music of Black Americans: A History. Eileen Southern. W. W. Norton & Company; 3rd edition. ISBN 0393971414 Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten Barnett, Etta Moten

dieta online slots rozstpy SYLWESTER metal










































:: RELATED NEWS ::
Baseball
Baseball on joukkuepallopeli, joka on erityisen suosittua Amerikoissa ja Itä-Aasiassa. Se muistuttaa suomalaista pesäpalloa. Softball on baseballia muistuttava peli, jota pelataan isommalla pallolla ja jossa syöttö tapahtuu alakautta. Suomessa baseballia pelataan yhdellä sarjatasolla: Baseball SM-sarja.

Pelin kulku

Lajin ensimmäiset säännöt kirjoitti Sodankäynnin koko on ollut heimojen joukko, valtio. Siirtyminen historialliseen sodankäyntiin tapahtui kirjoitustaidon syntymisen kautta. Käytännössä tämä merkitsi valtion syntymistä. Ei siis ole olemassa valtiota ilman kirjoitustaitoa. Ajankohta oli noin 4000 e.Kr. Tieto irtautui ihmisen muistista (vrt. Kalevala ja runonlaulajat). Tallennus oli vielä hyvin kallista. Aikakauden pohjana oli myös
Sodankäynnin historian kokonaisuus
Sodankäynnin historian kokonaisuus esitetään professori Quincy Wrightin tutkimuksessa "A Study of War". Kyse on ehkä suurimmasta koskaan sodankäyntiä käsitelleestä tutkimuksesta (19261942). Sen mukaan sodankäynti voidaan jakaa historiallisesti neljään vaiheeseen.

Sodankäynnin historian päävaiheet

Nämä vaiheet ovat olleet
- animaalinen vaihe ennen kieltä
- primitiivinen vaihe
Sodankäynti ennen valtioita
] Carl von Clausewitzin määritelmän mukaan sodankäynti on kahden itsenäisen tahdon välistä organisoitua, vihamielistä vaikuttamista, jossa keskeinen ja perinteinen keino on fyysinen väkivalta. Sen tavoitteena on vastapuolen tai vastapuolien taivuttaminen omaan tahtoon. Sodankäynti ei ole itsenäinen ilmiö, vaan politiikan väline. Se on suurten etupyyteiden välinen konflikti, joka ratkaistaan verisesti
Verkostokeskeinen sodankäynti
Verkostokeskeinen sodankäynti (engl. Network-Centric Warfare, NCW) USA:n ja useamman muun maan omaksuma uusi informaatiosodankäynnin kehittyneempi versio. =Määritelmästä= Verkostokeskeinen sodankäynti on informaatioylivoiman mahdollistava toiminta- (operation) konsepti, joka luo kasvavaa taisteluvoimaa verkottamalla sensorit, päätöksentekijät ja ampujat saavuttamaan jaettu tietoisuus, kasvava päätöksenteon nopeus, suurempi toiminnan nopeus, suurempi kuolettavuus, suurempi eloonjäämistodennäköisyys ja s
Sodankäynnin ulottuvuudet
Sodankäynnin ulottuvuudet ovat systemaattinen kokonaisuus sodankäynnissä.

Sodankäynnin ulottuvuuksien ominaisuuksia

Sodankäynnin ulottuvuuksien ominaisuudet ovat sellaiset, että:
- ne ovat olleet sodankäynnissä aina olemassa
- ne tulevat olemaan sodankäynnissä todennäköisesti aina olemassa
- ne esiintyvät sodankäynnin kaikilla tasoilla ja kaikissa puolustushaaroissa ja aselajeissa
- ne kattavat yhdessä koko sodankäynnin kokonaisuuden ja
- niissä pyritään mahdollisimman pieneen luk
Sodankäynti
] Carl von Clausewitzin määritelmän mukaan sodankäynti on kahden itsenäisen tahdon välistä organisoitua, vihamielistä vaikuttamista, jossa keskeinen ja perinteinen keino on fyysinen väkivalta. Sen tavoitteena on vastapuolen tai vastapuolien taivuttaminen omaan tahtoon. Sodankäynti ei ole itsenäinen ilmiö, vaan politiikan väline. Se on suurten etupyyteiden välinen konflikti, joka ratkaistaan verisesti
Mitä sodankäynti on?
] Carl von Clausewitzin määritelmän mukaan sodankäynti on kahden itsenäisen tahdon välistä organisoitua, vihamielistä vaikuttamista, jossa keskeinen ja perinteinen keino on fyysinen väkivalta. Sen tavoitteena on vastapuolen tai vastapuolien taivuttaminen omaan tahtoon. Sodankäynti ei ole itsenäinen ilmiö, vaan politiikan väline. Se on suurten etupyyteiden välinen konflikti, joka ratkaistaan verisesti
Mustatorvisieni
Mustatorvisieni (Craterellus cornucopioides) on erinomainen ruokasieni, joka ei tarvitse esikäsittelyä. Tyviosa on mullanmakuinen ja sitkeä, joten sitä ei käytetä. Mustatorvisieni kasvaa Etelä- ja Keski-Suomessa tiheinä kasvustoina rehevien metsien ja lehtojen aukkopaikoissa. Mustatorvisieni jää helposti huomaamatta sillä se maastoutuu lähes täydellisesti lahoavien lehtien joukkoon. Mustatorvisieni on herkullinen monella tapaa valmistettuna. Sitä sopii käyttää kuten suppilovahveroa tai vaikka sekaisin suppilovahveron
Suppilovahvero
Suppilovahvero (Cantharellus tubaeformis) on erinomainen torvimainen ruokasieni, joka ei tarvitse esikäsittelyä. Kooltaan sieni on pienikokoinen, sienestäjän on etsittävä sitä sammaleen seasta. Sen lakki on kellertävän tai harmahtavan ruskea, keskellä on selvä suppilo. Jalka on keltainen, pitkä, hoikka ja ontto. Suppilovahvero esiintyy yleensä kuusimetsissä ryppäinä ja lähistöllä on usein lisää ryppäitä. Suppilovahveron näköisellä kosteikkovahvero
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org