Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Formule 1

Formule 1

Beeld:F1_logo.png Formule Een,dikwels afgekort tot F1 en ook bekend as Grand Prix wedrenne, is die hoogste enkel sitplek (oopwiel) motorwedren klas. Dit is 'n internasionale sport, wat jaarlikse wêreld bestuurders- en vervaardigerskampioenskappe insluit. Menige beskou dit as die toppunt van motorwedrenne; dit is diè duurste sport in die wêreld, met die gemiddelde spanbegrotings in die orde van honderde miljoene VS dollars. Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne (18 in 2004), bekend as grand prix, op pasgemaakte bane of afgebakende strate. Die sport is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwe wedrenne in Barein, Maleisië, Sjina en een wat beplan word in Turkye het die sport se internasionale karakter en beeld verder versterk. Die sport word beheer deur die FIA, Fédération Internationale de l'Automobile, wat op sy beurt hoofsaaklik bevorder en beheer word deur Bernie Ecclestone.

Geskiedenis

Bernie Ecclestone te Monza in 1955]] Hoof Artikel: Geskiedenis van Formule Een
Sien Grand Prix motorwedrenne vir die Geskiedenis wat 1950 voorafgaan. Geskiedkundig het die Formule Een reeks ontwikkel uit die voor-oorlogse Europese Grand Prix motorwedrenne van die 1920s en die 1930s. Verskeie Europese wedren organisasies het die reëls neergelê vir 'n Wêreldkampioenskap voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, maar as gevolg van die staking van wedrenne tydens die oorlog, is die bestuurderswêreldkampioenskap eers in 1950 geformaliseer; 'n kampioenskap vir vervaardigers het gevolg in 1958. Nie kampioenskap Formule Een wedrenne is vir baie jare oral oor die wêreld gehou, maar as gevolg van die toenemende kostes en dalende belangstelling is die laaste van hierdie wedrenne in die vroeë 1980s gestaak. Giuseppe Farina het die eerste Wêreldkampioenskapwedren gewen tydens die 1950 Britse Grand Prix te Silverstone, en het voortgegaan om die eerste Wêreldkampioenskap in sy Alfa Romeo te wen, net 'n kortkoppie voor sy spanmaat Juan Manuel Fangio. Fangio het die titel in 1951 verower; Alberto Ascari het die volgende twee kampioenskappe verower in Ferrari motors, maar Fangio het toe daarna vier opeenvolgende kampioenskappe gewen vanaf 1954 tot en met 1957. Alhoewel Stirling Moss gereeld met hom kon kompeteer, is Fangio egter die persoon wat onthou sal word as die een wat Formule Een se eerste dekade gedomineer het. Die eerste groot tegnologiese ontwikkeling, Cooper se bekendstelling van middel gemonteerde enjins, het ook in die 1950s geskied; Jack Brabham, die kampioen van 1959 en 1960 het die meerderwaardigheid van die nuwe ontwerp bewys. Dit het spoedig daartoe gelei dat die voorlangs gemonteerde enjin permanent hiermee vervang is. Die eerste Britse Wêreldkampioen was Mike Hawthorn, wat 'n Ferrari bestuur het om die titel in 1958 te verower; toe Colin Chapman F1 betree het as 'n onderstel ontwerper en later as die stigter van Lotus, het die Britte die veld vir die volgende dekade gedomineer. Tussen Jim Clark, Jackie Stewart, Jack Brabham,Graham Hill en Denny Hulme het Britse spanne twaalf bestuurders- en vervaardigers-wêreldkampioenskappe verower tussen die jare 1962 en 1973. In 1962 het die Lotus span die Lotus 25 ingeskryf wat 'n aluminium plaat onderstel (bekend as 'n skulpromp) eerder as die tradisionele buis-onderstel gebruik het. Dit het later geblyk om die grootste tegnologiese deurbraak te wees na die bekendstelling van die agterlangs gemonteerde enjins. In 1968 het Lotus borgskappe aan die sport bekend gestel deur die vorm van 'n Goue Blaar (kenteken van die Imperial Tobacco maatskappy), op hulle motors te laat aanbring. Borgskappe het sedertien by verre die grootste bron van inkomste vir die spanne geword. Sigaret vervaardigers bly tot vandag toe nog 'n groot bron van finansiering vir Formule Een. Aerodinamiese drukkrag het stadig 'n al hoe groter en belangriker rol in motor ontwerp begin speel vandat die eerste drukvlerk in die laat 1960s ingespan is. In die laat 1970s het Lotus grondeffek aerodinamika bekendgestel wat enorme groot afwaartse drukkrag verskaf het en sodoende die draaisnelhede dramaties verhoog het; maar tot Colin Chapman se misnoë is dit summier verbied in 1983. 'n Suid-Afrikaner Jody Scheckter het in 1979 die kampioenskap in 'n Ferrari verower. Die 1980s was die era van die turbo-aanjaer motors wat meer as 'n 1000 perdekrag (750 kW) kon ontwikkel. Hierdie motors was en is steeds die kragtigste renbaan wedrenmotors van alle tye, maar om snelhede te beperk is brandstoftenk kapasiteit en aanjaer drukke beperk en uiteindelik is turbo-aanjaers finaal verbied in 1989. Tydens die vroeë 1990s, het spanne begin om elektroniese bestuurshulpmiddele in te span soos onder andere kragstuur, traksie beheer, en semi-outomatiese ratkaste. Sommige van die ontwikkelings was geleen by die gewone motors van die tyd. Ander innoverings, soos die aktiewe onderstel het primêr op die resiesbaan ontwikkel en het later hulle pad na die vertoonlokale gevind. Die FIA het vanweë klagtes dat tegnologie die uitkoms van die wedrenne bepaal het eerder as die bestuurder se vaardigheid, besluit om baie van die hulpmiddele te verban in 1994. Williams was die mees suksesvolle span in die vroeë tot middel negentigers met Nigel Mansell, Alain Prost, Damon Hill en Jacques Villeneuve wat kampioenskappe met hulle Renault aangedrewe Williams motors losgeslaan het, behalwe vir Michael Schumacher wat met 'n Benetton twee kampioenskappe in die tydperk losgeslaan het. Toe Williams hulle Renault enjins verloor het in 1998 het McLaren die dominerende span geword en het hulle 'n vervaardigerskampioenskap gewen terwyl hulle voorste bestuurder Mika Hakkinen twee wêreldkampioenskappe gewen het. Michael Schumacher het vanaf 2000 die eerste dekade van die nuwe millenium gedomineer saam met die Ferrari span. Slegs drie spanne domineer die kampioenskap al vanaf 1984 naamlik McLaren, Williams en Ferrari wat buiten twee, al die motors verskaf het vir die kampioene. 'n Direkte gevolg van die tegnologiese verbeteringe is dat die finansiële las soveel groter geword het en is dit bykans onmoontlik vir die kleiner onafhanklike spanne om kompeterend te wees en om finansieël lewensvatbaar te bly. Verskeie spanne (onder andere Prost en Arrows) moes al om die rede aan die kompetisie ontrek. Vanaf 2004 is daar nog tien spanne op die lys, en al maak spanne selde ingligting oor hulle begrotings bekend word dit geraam in die honderde miljoene VS dollar.

Die Motors

2004 span in 2003 bestuur.]] Hoof Artikel: Formule Een motors Moderne F1 motors is enkel sitplek, oop kajuit, oop wiel renmotors. Hulle moet deur die spanne self vervaardig word en deur 'n 3.0 liter, tien silinder natuurlik geaspireerde enjins aangedryf word. Die beste enjins se kraglewering word hier om en by 900 perdekrag gereken by 19000 opm. Ratkaste is hoofsaaklik 7-spoed en semi-outomaties (d.w.s. die drywer moet die ratverandering sein aktiveer, die koppelaar, versnellerbeheer en verandering van die rat word alles egter elektronies beheer); Die motors steun swaar op aerodinamika met die gebruik van groot voor en agter drukvlerke om ongeveer twee keer soveel drukkrag te skep as wat die motor weeg; dus kan 'n F1 motor teoreties maklik onderstebo of teen 'n steil helling ry. Die motors word van ultra liggewig koolstofvesel vervaardig en gebruik 'n uiters fyn verstelde brandstofmengsel wat baie soortgelyk is aan gewone petrol. Gegroefde bande vervaardig uit doelgemaakte verbindings om maksimum klouvermoë te gee en 'n baie kort leeftyd het, word gebruik.

Wedrenne en Strategie

Hoof Artikel: Formula Een Wedren 'n Formule Een grand prix vind oor die tydperk van 'n naweek plaas en begin met vrye oefeninge op die Vrydag. Twee kwalifiserende rondtes vind plaas op die Saterdag, waartydens elke bestuurder aan 'n "Vlieënde Ronde" tydtoets op 'n leë baan onderwerp word. Die eerste ronde bepaal die volgorde waarvolgens die renjaers die tweede en finale sessie sal aandurf (Dit is dikwels voordelig om laaste te gaan aangesien die baan geneig is om vinniger te wees soos rubber neergelê word en daar is natuurlik ook die voordeel dat die mikpunt bekend is). Die tweede rondte bepaal dan die wegspring volgorde op die baan. Die reëls vir die 2004 seisoen bepaal verder dat die span nie aan die motor (insluitende brandstofvlakke) mag verstel na die voltooiïng van die finale kwalifiserende rondte en die aanvang van die wedren op die Sondag nie (Parc Fermè). Elke span kan twee inskrywings doen en al was dit algemeen in die vroeë verlede vir motors om nie te kwalifiseer nie, is die kostes en risikos vir die spanne te hoog en word kwalifisering nie meer gebruik om te bepaal of die motor mag deelneem al dan nie. Die wedren begin met 'n opwarm rondte ("parade lap") waarna die motors agter die wegspringblokke oplyn in die volgorde waar hulle gekwalifiseer het. 'n Stelsel van ligte bo oor die baan word gebruik om die wegspring te beheer. Wedrenafstande is so om en by 300 kilometer en die wedren se tydsduur word beperk tot twee ure. Punte word toegeken aan die top agt renjaers in elke resies en aan hul onderskeie spanne. Die wenner van die jaarlike kampioenskap is die bestuurder (of dan die span in geval van die vervaardigerskampioenskap) met die meeste punte teen die einde van die seisoen.

Renjaers en vervaardigers

Sien Lys van Formule Een vervaardigers vir 'n volledige lys van die spanne. Sien Lys van Formule Een renjaers vir 'n lys van renjaers wat al aan Formula Een deelgeneem het. Sien Lys van Formule Een Kompioene vir 'n volledige lys kampioene. 'n Uitstaande kenmerk van Formule Een is dat die spanne self die motors bou waarin hulle deelneem, anders as die "spesifikasie reekse" soos die Indy Racing League en Nascar reekse in die VSA. Gevolglik is die terme span en vervaardiger uitruilbaar. F1 se 1950 intreeseisoen het agtien spanne gelok om deel te neem, maar vanweë die stygendo kostes het baie vinnig uitgetree. Ferrari is die enigste span uit die 1950 inskrywings wat nog steeds deelneem en in 2004 is daar slegs tien spanne, elk met twee inskrywings, oor op die inskrywingslys. Die Duitse renjaer Michael Schumacher hou tans nog die rekord vir die meeste bestuurderskampioenskappe ooit gewen (Sewe) en Ferrari hou nog die rekord vir die meestne vervaardigerskampioenskappe (Veertien). Jochen Rindt is die enigste renjaer aan wie die kampioenskap na sy dood toegeken is. Daar word aan elke kar 'n nommer toegeken. Die vorige jaar se Wêreld bestuurderskampioen kry die nommer 1, en sy spanmaat die nommer 2. Die ander spanne se nommers word dan toegekan na aanleiding van hulle posisie in die voorafgaande jaar se vervaardigerskampioenskap. Die nommer 13 word al sedert 1974 nie meer gebruik nie.

Grands Prix

Sien Lys van Formule Een Grand Prixs vir 'n volledige lys van Kampioenskap wedrenne. Die aantal Grand Prixs wat in 'n seisoen plaasvind het oor die jare gevarieer. Slegs sewe wedrenne het in die eerste 1950 seisoen plaasgevind; oor die jare het die kalender meer as verdubbel in grootte. Die aantal wedrenne na 1980 het min of meer konstant gebly rondom sestien tot sewentien, met die grootste aantal wedrenne in 2004 (agtien). Ses van die oorspronklike sewe wedrenne het in Europa plaasgevind met die enigste nie-Europese wedren in Amerika Indianapolis 500, wat ondanks die poging om Amerikaanse deelnemers te lok, nie 'n sukses was nie. Die F1 kampioenskap het stadig uitgebrei na ander nie-Europese lande. Argentinië was die eerste Suid-Amerikaanse Grand Prix gasheer in 1953 en Morokko het die eerste Afrika Grand Prix aangebied in 1958. Asië (Japan, 1976) en Oseanië (Australië, 1985) het later ook gevolg. Die huidige agtien wedrenne is versprei oor die kontinente van Europa, Asië, Australië, Noord-Amerika en Suid-Amerika. Tradisioneel bied elke nasie slegs 'n enkele grand prix aan wat dan die naam van die land dra. As 'n land egter meer as een wedren aanbied word daar ander name aan die wedrenne toegeken. Duitsland, Spanje en Brittanje het almal al voorheen twee wedrenne aangebied wat dan bekend gestaan het as die Europese Grand Prix. Die grand prixs waarvan sommige 'n langer geskiedenis het as die Formule Een Wêreldkampioenskap word nie altyd elke jaar by die selfde baan gehou nie. Die Britse Grand Prix, het byvoorbeeld gewissel tussen Brands Hatch en Silverstone tussen 1963 en 1986. Die enigste wedren wat in al die kampioeskapseisoene se kalenders voorkom is die Italiaanse Grand Prix wat elke keer op Monza plaasgevind het behalwe in 1980 toe dit in Imola plaasgevind het. (In 2004 staan die Imola wedren as die San Marino grand prix bekend)

Renbane

San Marino Sien Lys van Formule Een renbane vir 'n lys van renbane wat gebruik is. Die meeste renbane in gebruik vandag is spesifiek vir die kompetiese gebou. Die enigste suiwer straat renbaan is die Circuit de Monaco wat vir die Monaco Grand Prix gebruik word. Van die ander bane is ook geheel of gedeeltelik op publieke paaie uitgelê, soos byvoorbeeld die bane van Spa-Francorchamps of Montréal. Die glansrykheid van die Monaco GP bly een van die belangrikste redes waarom die baan steeds in gebruik is al voldoen die baan streng gesproke nie aan die veiligheidsvereistes wat op ander bane van toepassing gemaak word nie. Die voormalige wêreldkampioen Nelson Piquet het in sy bekende kommentaar gesê dat om in Monaco te jaag dieselfde is as om met 'n helikopter in jou sitkamer rond te vlieg. Na die dood van Ayrton Senna en Roland Ratzenberger gedurende die 1994 seisoen het die FIA hoër veiligheidstandaarde vereis; moderne Formula Een bane bevat afloopareas en bandversperrings om die gevaar van beserings tydens ongelukke te voorkom. 'n Tipiese baan bevat normaalweg 'n strook reguit pad waar die wenstreep en wegspringblokke is. Die kuipe waar die bestuurders stop vir brandstof en om bande te ruil gedurende die wedren en waar die spanne aan die motors werk voor die aanvang van die resies, is normaalweg reg langs die wegspringblokke. Die uitleg van die bane varieer baie. Van die draai op die bane het al groot bekendheid verwerf soos die hoë-snelheid Eau Rouge by Spa-Francorchamps.

Mense

Hoof Artikel: Lys van mense betrokke by Formule Een Formule Een is al die sepie van die sportwêreld genoem: Die eksotiese plekke, groot hoeveelhede geld en bekende gesigte betrokke by die "F1 sirkus" verleen aan die sport 'n aura van glans wat afwesig is by baie ander sportsoorte. Onder die bekendste name in F1 geskiedenis is:
- Bernie Ecclestone, die biljoenêr, president van Formule Een bestuur en bekend as die "F1 Supremo".
- Max Mosley, president van die Fédération Internationale de l'Automobile
- Jean Marie Balestre, voormalige president van die Fédération Internationale de l'Automobile
- Jean Todt, Ferrari se spanhoof;Flavio Briatore, Renault spanhoof; David Richards, BAR spanhoof.
- Sir Frank Williams en Ron Dennis, respektiewelik die eienaars van die Williams and McLaren spanne.
- Peter Sauber, Eddie Jordan en Paul Stoddart, respektiewelik die eienaars van Sauber, Jordan en Minardi
- Michael Schumacher, sewe keer wêreldkampioen en die mees suksesvolste F1 renjaer in die geskiedenis asook die hoogs betaaldste sportman op die planeet.
- Juan Manuel Fangio, voormalige renjaer en vyf keer Wereldkampioen.
- Ayrton Senna, Voormalige renjaer en drie keer Wêreldkampioen; Brasiliaanse nasionale held wat gesterf het na 'n hoë spoed ongeluk by Imola in 1994. Dikwels word na hom verwys as die "Late great Ayrton Senna".
- Niki Lauda, Alain Prost en Jackie Stewart, Wereldkampioene.
- Stirling Moss, voormalige renjaer en algemeen beskou as die beste renjaer wat nooit die wêreldkampioenskap gewen het nie.
- Colin Chapman, Lotus stigter; het 'n revolusie in renmotor ontwerp ontketen; gesterf te midde van die DeLorean skandaal.
- ITV F1 kommentators Murray Walker en Martin Brundle, baie bekend vir hulle geesdriftige kommentaar en bekende flaters.

Eksterne skakels


- [http://www.formula1.com Formula1.com] — Amptelike webwerf; kalender, statistieke, volledige uitslae van wedrenne sedert 1950, lewendige tydhou tydens GPs en nuus
- [http://www.fia.com/sport/Regulations/f1regs.html Huidige reëls] op die [http://www.fia.com/FIA webwerf]
- [http://www.grandprix.com GrandPrix.com] — F1 nuus en 'n Grand Prix Ensiklopedie.
- [http://www.fun-1.org/ Fun-1] — Daaglikse satiriese kommentaar oor Formule Een nuus.
- [http://www.itv-f1.com ITV.com/f1] — Nuus fotos en kommentaar van ITV, F1 se Britse kommentators; ook van Matt Bishop en F1 Racing tydskrif.
- [http://www.cololotwin.com/ Formule 1: La Toile de la F1] Category:Motorwedren Category:Formule Een ja:フォーミュラ1

Sport


- Atletiek
- Gholf
- Hokkie
- Krieket
- Motorsport
- Muurbal
- Netbal
- Rugby
- Sokker
- Swem
- Tennis Kategorie:Sport ja:スポーツ ko:스포츠 ms:Sukan simple:Sport th:กีฬา

Europa

Lande van Europa


- Albanië
- Andorra
- Belarus
- België
- Bosnië-Herzegowina
- Bulgarye
- Ciprus
- Denemarke (Sien ook: Groenland en die Faroëreilande)
- Duitsland
- Estland
- Finland (Sien ook: Lapland)
- Frankryk
- Griekeland
- Hongarye
- Ierse Republiek
- Italië
- Kroasië
- Letland
- Liechtenstein
- Litaue
- Luxemburg
- Malta
- Moldawië (Ook bekend as Moldowa)
- Monaco
- Nederland
- Noorweë (Sien ook: Lapland)
- Oekraïne
- Oostenryk
- Pole
- Portugal
- Roemenië
- Rusland
- San Marino
- Slowakye
- Slowenië
- Spanje
- Swede (Sien ook: Lapland)
- Switserland
- Tsjeggië
- Turkye
- Vatikaanstad
- Verenigde Koninkryk (Sien ook: Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland)
- Ysland

Minnan

Category:Europa als:Europa ja:ヨーロッパ ko:유럽 ms:Eropah roa-rup:Evropa simple:Europe th:ทวีปยุโรป zh-min-nan:Europa

Afrika

Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 244 050 km2 wat 20.3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 800 miljoen mense - ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.

Lande

Asië
- Algerië
- Angola
- Benin
- Botswana
- Burkina Faso
- Burundi
- Comore-eilande
- Demokratiese Republiek van die Kongo
- Djiboeti
- Egipte
- Ekwatoriaal-Guinee
- Eritrea
- Ethiopië
- Gaboen
- Gambië
- Ghana
- Guinee
- Ivoorkus
- Kaap Verde
- Kameroen
- Kenia
- Lesotho
- Liberië
- Libië
- Madagaskar
- Malawi
- Mali
- Marokko
- Mauritanië
- Mauritius
- Mosambiek
- Namibië
- Niger
- Nigerië
- Republiek van die Kongo
- Rwanda
- Senegal
- Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Seychelle-eilande
- Sierra Leone
- Soedan
- Somalië
- Suid-Afrika
- Swaziland
- Tanzanië
- Togo
- Tsjad
- Tunisië
- Uganda
- Wes-Sahara
- Zambië
- Zimbabwe category:Afrika ja:アフリカ ko:아프리카 ms:Afrika simple:Africa th:ทวีปแอฟริกา zh-min-nan:Hui-chiu

Australië

Australië is die sesde-grootste land in die wreld (geografies), en die enigste een wat 'n hele kontinent beslaan, asook die grootste in die Australasië-streek. Australië sluit die eiland van Tasmanië in, wat 'n Australiese Staat is. Sy buurstate sluit in Nieu-Seeland na die suidooste, en Indonesië, Papoea Nieu Guinea en Oos-Timor na die noorde. Die Engelse woord "Australia" word deur inwoners as @"streIlI@ of @"streIj@ (SAMPA), of əˈstɹeɪlɪə of əˈstɹeɪjə (IFA). Die land is formeel bekend as die Australiese Gemenebes. IFA

Internasionale ranglyste


- Human Development Index - derde plek
- Reporters Without Borders - 41ste plek
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 14e plek
- [http://www.ciesin.columbia.edu/indicators/ESI/rank.html Environmental Sustainability Index 2002] - 16e uit alle lande

Eksterne skakels


- [http://www.australia.gov.au/ Australian Government Information and Services]
- [http://dmoz.org/Regional/Oceania/Australia/ Open Directory Project: Australia]
- [http://www.virtualaustralia.com/australia/photos/ Australian Photos]
- [http://www.australia.com Australian Tourist Commission]
- [http://www.ausmag.net Backpacking in Australia] Insider information about backpacking in Australia
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/as.html CIA - The World Factbook — Australia] - CIA's Factbook on Australia
- [http://www.liverpoolmuseums.org.uk/nof/emigrants/ emigration from Britain to Australia] Interactive real story of Nineteenth century
- [http://www.synaptic.bc.ca/gallery/lcatntoc.htm#Australi Gallery of Australia Photographs] Attractions primarily in Queensland and the Northern Territory
- [http://www.csu.edu.au/australia Guide to Australia] Provides essential information about Australia
- [http://www.travelconsumer.com/countries/australia.htm Travel guide to Australia]
- [http://gutenberg.net.au/dictbiog/00-dict-biogIndex.html Dictionary of Australian Biography, 1949 edition] zh-min-nan:Ò-tāi-lī-a ko:오스트레일리아 ms:Australia ja:オーストラリア simple:Australia th:ประเทศออสเตรเลีย

Sjina

Die Volksrepubliek van Sjina (Engels: People's Republic of China) bevat meeste van die kulturele, historiese en geografiese area wat bekend staan as Sjina. Sedert die stigting in 1949, is dit gelei deur die Kommunistiese Party van Sjina. Dit is die meesbevolkste land, met 'n populasie van meer as 1 3000 000 000, die meeste wat geklassifiseer word as van Han Sjinese etniese herkoms. Dit is die grootste land in oppervlakte in Oos-Asië en die vierde grootste in die wêreld. Die republiek grens aan 14 lande: Afghanistan, Bhutan, Myanmar, Indië, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tajikistan en Vietnam.

Geskiedenis

Hoof Artikel: Geskiedenis van Sjina Lys van administratiewe divisies van areas onder die beheer van die People's Republic of China.

Geografie

Hoof Artikel: Geografie van Sjina
Vakansiedae
Datum English Name Plaaslike Naam Opmerking
1 Januarie Nuwejaar 元旦
1 Mei Werkersdag 劳动节
4 Mei Jeugdag 青年节 Herdenk die May Fourth Movement
1 Julie Komunistiese Party van Sjina Stigtingsdag 建党节 Skepping van 1ste Nasionale Kongres op 1 Julie 1921
1 Augustus Weermagdag 建军节 Nanchang Opstand (南昌起义)
on 1 Augustus 1927
1 Oktober Nasionale dag 国庆节 Stigting van Volksrepubliek op 1 Oktober 1949
1ste dag van die 1ste maan maand Lentefees (sjinese nuwejaar) 春节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 1ste maan maand Lanternfees 元宵节 Gebaseer op die Sjinese kalender
5de Son Term. Vroeg April Qing Ming Jie (Graf vee Dag) 清明节 Gebaseer op die Sjinese kalender
5de dag van die 5de maan maand Draakbootfees (Draakfees) 端午节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 7de maan maand Geesfees (Spookfees) 中元节 Gebaseer op die Sjinese kalender
15de dag van die 8de maan maand Middel Herfsfees (Maanfees) 中秋节 Gebaseer op die Sjinese kalender
9de dag van die 9de maan maand Dubbel Nege Fees 重阳节 Gebaseer op die Sjinese kalender
als:Volksrepublik China ja:中華人民共和国 ko:중화인민공화국 ms:Republik Rakyat China simple:People's Republic of China th:สาธารณรัฐประชาชนจีน zh-cn:中华人民共和国 zh-min-nan:Tiong-hoâ Jîn-bîn Kiōng-hô-kok zh-tw:中华人民共和国

1955

Gebeure


- 04-05 Winston Churchill tree uit as die eerste minister van die Verenigde Koninkryk.

Geboortes


- 16 April - Groothertog Henri van Luxemburg

Sterftes


- 04-07 Theda Bara, akteur
- 04-18 Albert Einstein, wetenskaplike (1879-03-14/). ----
- Dae
- Eeue
- Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1952 1953 1954 1955 1956 1957 1958
Kategorie:20ste eeu ja:1955年 ko:1955년 simple:1955 th:พ.ศ. 2498

1930

Gebeure


- 5 April - Gandhi breek die Britse wet deur sout te maak
- 22 April - Die Verenigde Koninkryk, Japan en die VSA teken die Londense Vlootverdrag om die duikbootoorlog te reguleer.
- Die stemreg word aan blanke vroue in Suid-Afrika toegestaan

Geboortes


- 3 April Helmut Kohl, politikus, Duitse kanselier (1982-1998)

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1927 1928 1929 1930 1931 1932 1933
Kategorie:20ste eeu ja:1930年 ko:1930년 simple:1930

Tweede Wêreldoorlog

Die Tweede Wêreldoorlog was die duurste en mees omvangryke gewapende konflik in die geskiedenis van die wêreld. Dit duur van 1939 tot 1945 en word so genoem omdat dit die tweede oorlog was waar lande uit feitlik alle kontinente (dié wat destyds bewoon was) betrokke was. In beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog het 'n enorme aantal mense gesterf in verskeie slagvelde regoor die wêreld. In die Tweede Wêreldoorlog het twee groepe teen mekaar geveg: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. Die Geallieerdes het bestaan uit die Britse Statebond, VSA, Sowjet-Unie, Sjina, Frankryk, Pole en ander Europese lande. Die Spilmoondhede het bestaan uit Duitsland, Italië, Japan en hul bondgenote. Omtrent 55,5 miljoen mense kom om tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die massamoord op ses miljoen Jode onder die Nazi-bewind van Adolf Hitler, die gebruik van tegnologie van die industriële era, en massa-bomaanvalle op burgerlikes het alles daartoe bygedra dat meer burgerlikes in hierdie oorlog gesterf het as in enige ander in die geskiedenis.

Bronnelys


- World War II by die Engelse Wikipedia
- Tweede Wereldoorlog by die Nederlandse Wikipedia als:Zweiter Weltkrieg ja:第二次世界大戦 ko:제2차 세계 대전 ms:Perang Dunia II simple:World War II th:สงครามโลกครั้งที่สอง

1950

Gebeure


- 06-25 Die Koreaanse oorlog begin.

Geboortes

Sterftes


- 04-03 Kurt Weill, komponis
- 04-27 In Suid-Afrika word die Groepsgebiede Wet ingestel ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1947 1948 1949 1950 1951 1952 1953
Kategorie:20ste eeu ja:1950年 ko:1950년 simple:1950 th:พ.ศ. 2493

1980

Gebeure


- 04-15 Jean-Paul Sartre, filosoof (1905-06-21/).
- 04-24 'n Poging om VSA geiselaars in Tehran te bevry eindig onsuksesvol.
- 04-25 'n Maneuver om VSA ambasade gyselaars te red in Iran vaal.

Geboortes


-

Sterftes


- 15 April - Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, essayis, roman- en toneelskrywer
- Graham Sutherland - Waterverfskilder ----
- Eeue
- Geskiedenis
- Dae
1977 1978 1979 1980 1981 1982 1983
19e eeu 20ste eeu 21ste eeu
Kategorie:20ste eeu als:1980 ja:1980年 ko:1980년 simple:1980 th:พ.ศ. 2523

Juan Manuel Fangio

Juan Manuel Fangio (24 June, 191117 Julie, 1995) was 'n bekende Argentynse renjaer en vyf keer wenner van die Formule Een kampioenskap waarvan vier agtereenvolgend tussen 1954-57 was. Hy is gebore in Balcarce, Argentinië. Hy het sy renloopbaan in 1934 in Suid-Amerika begin, hoofsaaklik in langafstand wedrenne en is in 1940 en 1941 as die Nasionale Kampioen bekroon. Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het sy opgang vertraag en hy kon eers in 1947 in Europa begin deelneem. Hy was aanvanklik nie baie suksesvol nie, maar dit het alles verander toe hy vir Alfa Romeo in 1950 begin jaag het. Hy het die tweede plek in die kampioenskap van 1950 beklee en sy eerste titel in 1951 verower. Hy het goed gedoen in die 1952 seisoen in 'n Maserati totdat sy seisoen kortgeknip is deur 'n nekbesering wat hy in 'n ernstige ongeluk te Monza in Italië opgedoen het. In 1954 het hy weer teruggekeer en in 'n Maserati begin jaag en oorgeskakel na Mercedes toe hulle in die middel van die seisoen ingeskryf het. Hy het in daardie jaar agt van twaalf wedrenne (ses van die agt wat deel gevorm het van die amptelike kampioenskapskalender) gewen en weer vir Mercedes in 1955 gejaag. Teen die einde van die tweede suksesvolle seisoen (wat oorskadu is deur die tragiese ramp te Le Mans waarin 81 toeskouers gesterf het). Mercedes het al die titels gewen en toe onttrek van Formule Een wedrenne. In 1956 het Fangio na Ferrari geskuif waar hy vir Alberto Ascari vervang het wat in 'n ongeluk gesterf het en toe sy vierde titel verower, deur eerste in drie wedrenne te eindig en tweede in al die oorblywende kampioenskapswedrenne. In 1957 het hy weer sy terugkeer na Maserati gemaak waar hy sy vyfde titel gewen het deur 'n uitsonderlike poging om sy finale oorwinning by die Nurburgring in Duitsland te verseker. Na sy reeks agtereenvolgende kampioenskappe het hy in 1958 afgetree na die Franse Grand Prix na hy 24 Grand Prixs gewen het uit 'n totaal van 51 waarin hy deelgeneem het. Hy is op 23 Februarie, 1958 deur Kubaanse rebelle ontvoer maar is later weer vrygelaat. Hy was daarna tot en met sy dood 'n verteenwoordiger vir Mercedes-Benz, waar hy dikwels in sy voormalige renmotors in vertoonrondtes deelgeneem het. In 1990 is hy ingelyf by die Internasionale Motorsport se ererol. Hy is na sy dood in die Ciudad de Balcarce Begrafplaas in Argentinië begrawe.

Eksterne skakel


- [http://www.ddavid.com/formula1/fangio_bio.htm Grand Prix History - Hall of Fame], Juan-Manuel Fangio Category:Formule Een Category:Motorsport ja:ファン・マヌエル・ファンジオ

1951

Gebeure


- 03-30 Remington Rand besorg die eerste UNIVAC I rekenaar aan die VSA sensus buro.
- Ludwig von Bertalanffy 'n Hongaarse bioloog brei die algemene stelselteorie uit na die veld van biologie
1952 1953 1954
Kategorie:20ste eeu ja:1951年 ko:1951년 simple:1951

1954

Gebeure


- 18 April Gamal Abdel Nasser neem oor in Egipte van koning Faroek. Die land word 'n republiek.
- 22 April VSA senator Joseph McCarthy begin verhore om die VSA leër te ondersoek oor kommunisme.
- 27 Junie Die wêreld se eerste atoomkragstasie ingewy by Obninsk.
- 23 Desember - Die eerste suksesvolle menslike orgaanoorplanting word gedoen: Drs. Joseph Murray en J. Hartwell Harrison plant 'n nier oor na 'n pasiënt vanaf sy tweelingbroer.

Geboortes


- 16 April James Cameron, regiseur
- 9 Desember Jean-Claude Juncker, Luxemburgse politikus

Sterftes


- 10 April Auguste Lumière film maker (
- 19 Oktober -1862). ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1951 1952 1953 1954 1955 1956 1957
Kategorie:20ste eeu ja:1954年 ko:1954년 ms:1954 simple:1954

Cooper


- Alice Cooper
- Anthony Cooper
- Betty Cooper - Archie
- Gary Cooper
- Gordon Cooper
- James Fenimore Cooper
- Cooperstown

Royal Tomb of Akhenaten

The Royal Tomb of Akhenaten is the burial place of the Pharoah Akhenaten, in the Royal Wadi in Amarna. It consists of a long straight descending corridor, and a pillared burial chamber. From the corridor a suite of other rooms (perhaps intended for Nefertiti and Meketaten) branch off. In the burial chamber his granite sarcophagus sat in a slight dip in the floor. It was decorated by carvings of Nefertiti acting as a protective goddess, and by the ever present sun-disks of the Aten. Large amounts of the decoration have been destroyed by flooding. His body was probably removed after the court returned to Thebes, and reburied somewhere in the Valley of the Kings. His sarcophagus was destroyed, but has since been reconstructed — and now sits in the car park of the Cairo Museum. Category:Amarna Tombs

apartment madrid tekst prag hotel tablice katpar










































:: RELATED NEWS ::
U.S. 93d Infantry Division
The 93d Infantry Division was a segregated unit of the United States Army in World War I and World War II.

World War I

The 93d was known at the time as the 93d Infantry Division (Colored) and was comprised of the following regiments:
- 369th Regiment of Infantry, U.S. ("The
Empress Xiaozhuang
Grand Empress Dowager Xiao Zhuang Wen (zh: 孝莊太后 Hiyoošungga Ambalinggū Genggiyenšu Hūwanghu as the Empress in Manchu; 1613-1688) was the grandmother of Emperor Kang Xi of the Qing Dynasty. She was a daughter of a prince of Borjigit, the

Federation Iinternationale de la Natation
: See the disambiguation page for other meanings of FINA. disambiguation page The International Swimming Federation (French Fédération Internationale de Natation, FINA) organizes and regulates international swimming, diving, synchronized swimming,

Australian Sea Lion

The Australian Sea Lion (Neophoca cinerea) is a species of sea lion that breeds only on the south coast of Australia. Today there are about 12,000 Australian Sea Lions following the introduction of the Australian National Parks and Wildlife Act of 1972 which prohibited a harvest that began in earnest as soon as Europeans colonised the continent. The Australian Sea Lion inhabits the ocean around Australia,
Aero (US aircraft manufacturer)
: For the Czechoslovakian and Czech manufacturer commonly referred to as Aero, see Aero Vodochody Aero was formed in Culver City in 1944 to design and manufacture a light twin-engined transport aircraft, the Aero Commander. In 1950 it became the
Kiva (album)
right Kiva (1995) is a collaborative album by the American ambient musicians Steve Roach, Michael Stearns and Ron Sunsinger. A kiva is an underground ceremonial chamber used by Native American cultures of t
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org