Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Kanada

Kanada

Kanada, histories die dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 32 000 000 inwoners (2005). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede, en word as 'n konstitusionele monargie regeer ná dit saamgebind in 1867 is deur 'n wet van Konfederasie. Kanada se hoofstad is Ottawa, setel van die nasie se parlement, asook die tuiste van die Goewerneur-Generaal en Eerste Minister. Weens die feit dat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Statebond van Nasies. Engels en Frans is die amptelike tale (sien hoofartikels Kanadese Engels en Kanadese Frans). Kanada is 'n moderne en tegnologies-gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike ekonomieë. Kanada was vierde geplaas in die 2004 UN Human Development Index, ná Noorweë, Swede en Australië. Van voor die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree — sien [http://www2.marianopolis.edu/quebechistory/federal/pogg.htm].

Provinsies en Gebiede

Alberta, British Columbia, Manitoba, Newfoundland and Labrador, Northwest Territories, Nova Scotia, Nouveau-Brunswick, Nunavut, Ontario, Prince Edward Island, Québec, Saskatchewan en Yukon Territory

Politiek

Yukon Territory Kanada is 'n konstitusionele monargie. Die koningin of koning van die Verenigde Koninkryk fungeer ook as die koningin of koning van Kanada en is volgens die grondwet die staatshoof. Die daaglikse pligte van die destydse Koningin Elizabeth II word deur die goewerneur-generaal waargeneem, wat gewoonlik 'n afgetrede Kanadese politikus of ander bekende persoon is. Die goewerneur-generaal word na beraadslaging met die Eerste Minister van Kanada formeel deur die koningin benoem. Sy of hy bly onpartydig ten opsigte van die binnelandse beleid en tree veral tydens nasionale plegtighede as 'n simboliese figuur op.

Burgerregte

Na Spanje, Nederland en België is Kanada in Julie 2005 die vierde land ter wêreld wat gay en lesbiese pare volle burgerregte toestaan, insluitende die reg om te trou en kinders aan te neem. Die sogenaamde Wetsontwerp C-38 van die liberale Kanadese regering word in die Senaat van Kanada met 47 Ja- teen 21 Nee-stemme goedgekeur.

Klimaat

Polêre lug bestem die weer in die grootste deel van die oostelike provinsies, die winters is lank en koud. Met uitsondering van die oostelike kusstreke daal die temperatuur vier of vyf maande lank benede die vriespunt, met uiterstes van -50°C (-58° F). Swaar sneeuval kom gereëld regdeur die winter voor. Die lente begin skielik in April of Mei wanneer vogtige lugmassas vanaf die suide noordwaarts trek, die grond ontdooi vinnig en temperature styg duidelik. Die gemiddeldes vir Julie is 10° tot 15°C (50° tot 60°F) in die noorde en 15° tot 20°C (59°F tot 68°F) in die suide. Die weer bly lekker warm tot Oktober. Die weskus van die Kanada en die Rotsgebergte staan onder die invloed van warm, vogtige lugstrominge, wat tot verhoogde reënval in die kusgebiede en reën- en sneeuval in die berggebiede lei. Die temperature is gematig en daal gewoonlik ook in Januarie nie benede die vriespunt nie, terwyl die somers warm en vogtig is. Die gemiddelde temperature lê tussen 10° en 20°C. Die gebiede oos van die Rotsgebergte word deur droë polêre lug oorheers. Die winters hier is lank en koud, en temperature daal gereeld benede die vriespunt. Die vors hou drie tot vyf maande in die suidelike en ses tot elf maande in die noordelike gebiede aan. Die somers word deur droë en warm weerstoestande gekenmerk. Die gemiddelde temperatuur styg orals tot sowat 15°C.

Volkslied en koninklike lied

Kanada se volkslied is "O Canada". Alhoewel dit die eerste keer op 24 Junie 1880 opgevoer was by 'n Saint Jean-Baptistedag-onthaal in Québec (stad), het dit nie Kanada se amptelike volkslied geword tot 1 Julie 1980 nie. Oor die voorafgaande 70 jaar het "O Canada", "God Save the Queen" en "The Maple Leaf Forever" saamgeding as nie-amptelike volksliede, maar teen die 1960s het "O Canada" as die voorkeurkeuse uitgestaan. Toe dit die amptelike volkslied gemaak is, was meeste Kanadese verbaas dat dit nog nie reeds sulke status geniet het nie. "God Save the Queen" is nou Kanada se koninklike lied. Dit word amptelik gespeel in die teenwoordigheid van die Koningin of ander lede van die koninklike familie. Die eerste ses mate is ook gebruik as deel van die Onder-Koninklike Saluut, wat in die teenwoordigheid van die Goewerneur-Generaal gespeel word. Uit tradisie word "God Save the Queen" gesing aan die einde van uiters formele staatsaangeleenthede (byvoorbeeld 'n staatsbegrafnis of Remembrance Day-diens). Dit word ook gespeel (maar nie gesing nie) by baie militêre aangeleenthede, en sommige Universiteite sluit hulle konvokasies daarmee af. Tot die 1980s was dit ook algemeen vir laerskole in baie streke om hulle byeenkomste af te sluit met "God Save the Queen", maar dit is nie meer die geval nie. Soos met Brittanje verander die lied na "God Save the King" wanneer toestande op die troon dit noodsaak.

Internasionale ranglyste


- UN Human Development Index - 4e plek in 2004 (was eerste deur die meeste van die 1990s)
- Reporters Without Borders - 18e plek in 2004
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 11e plek

Verwysings


- Baie van hierdie materiaal is afkomstig vanuit die CIA World Factbook 2000 en die 2003 Verenigde State Staatsdepartement se webwerf.

Eksterne skakels


- [http://canada.gc.ca/ Government of Canada]
- [http://www.ericdigests.org/pre-928/canada.htm Teaching about Canada]
- [http://warmuseum.ca/cwm/cwme.asp Canadian Military History]
- [http://www.mccord-museum.qc.ca/ McCord Museum of Canadian History] category:Kanada als:Kanada ja:カナダ ko:캐나다 ms:Kanada simple:Canada th:ประเทศแคนาดา zh-min-nan:Canada

Öland

Öland is 'n eiland in die Oossee. Teen 1 342km² is dit die tweede grootste eiland wat aan Swede behoort, na Gotland. Dit is deel van die Kalmar Län. Kalmar Län Dit is die eiland van die:
- Oelandia, of Öland — a historiese Provinsie van Swede
- Ölands Län, — a voormalige administratiewe en polititiese subafdeeling (län) van Swede
- Borgholm Munisipaliteit, of Borgholms kommun — a huidige Munisipaliteit van Swede
- Mörbylånga Munisipaliteit, of Mörbylånga kommun — a huidige Munisipaliteit van Sweden Kategorie:Sweedse eilande in die Oossee
-


Noord-Amerika


- Groenland
- Kanada
- Meksiko
- Verenigde State van Amerika (VSA) Sentraal-Amerika
- Belize
- Costa Rica
- El Salvador
- Guatemala
- Honduras
- Nicaragua
- Panama Karibiese eilande
- Antigua
- Aruba
- Bahamas
- Barbados
- Britse Maagde-eilande
- Dominika
- Dominikaanse Republiek
- Grenada
- Haïti
- Jamaika
- Kuba
- Nederlandse Antille
  - Bonaire
  - Curaçao
  - Saba
  - Sint Eustacius
  - Sint Maarten
- Puerto Rico
- St. Lucia
- St. Vincent
- Trinidad en Tobago ja:北アメリカ ko:북아메리카 simple:North America th:ทวีปอเมริกาเหนือ zh-min-nan:Pak Bí-chiu

2005

Gebeure

Geboortes

Sterftes


- 26 April - Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer
- 20 Julie - James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek;
- 3 Maart 1920) ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
20ste eeu21ste eeu22ste eeu
2002200320042005200620072008
Kategorie:21ste eeu als:2005 ja:2005年 ko:2005년 ms:2005 simple:2005 th:พ.ศ. 2548 zh-min-nan:2005 nî

1867

Gebeure


- 30 Maart Die VSA koop Alaska van Rusland vir $7,2 miljoen.
- Swael word ontdek in ondergrondse neerslae in Louisiana en Texas.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1864186518661867186818691870
Kategorie:19de eeu ja:1867年 ko:1867년 simple:1867

Ottawa

Ottawa is sedert 1857 die hoofstad van Kanada. Die stad lê aan die oewer van die Rivière des Outaouais, in die provinsie Ontario. Bekende besienswaardighede is sy katedrale en Parlementsgeboue op die Colline parlementaire (Parlementsheuwel). Belangrike nywerhede sluit waterkrag, saagmeulens, papier, meel, leer, vuurhoutjies, masjiene en yster in. Die Metropolitaanse gebied van Ottawa het 1 064 000 inwoners (2001).

Geografie

Ottawa lê teen die suidelike oewer van die Rivière des Outaouais, by die monding van die Rideaukanaal, Rideaurivier en Gatineaurivier. Die oudste wyke van die stad, Lower Town, lê in die gebied tussen die Rideaukanaal en die Rideaurivier. Die finansiële en kommersiêle sentrum van Ottawa is Centre Town aan die teenoorliggende oewer. Parlementsheuwel (Colline parlementaire of Parliament Hill), die setel van die Kanadese regering, lê tussen die stadsentrum en die Rivière des Outaouais.

Besienswaardighede


- Canada Aviation Museum - Hier kan iedereen 'n kubervlieënier in die vliegtuigsimulator wees (2421 Lancaster Road).
- Colline parlementaire/Parliament Hill (Parlementsheuwel) met die Parlementsgeboue in die Neo-gotiese styl is 'n bekende baken van die "Capitale nationale". Die geboue met hulle kenmerkende groen koperdakke word teen die middel van die 19de eeu opgerig. Die Vredetoring (Peace Tower) van die sentrale hoofgebou dien met sy hoogte van 92 meter as 'n uitstekende uitkykpunt.
- Rideau Canal is die wêreld se grootste ysskaatsbaan (Smiths Falls, 34 a Beckwith Street, S.). Die kanaal, wat in 1832 opgerig is, is sowat 200 kilometer lank en dien oorspronklik as militêre en vervoerverbinding wat tot by Kingston aan die Ontariomeer strek. Vandag is dit 'n vermaaklikheidsterrein wat tydens die somer oop is vir kanoes, sport- en seilbote.
- Die Bytown Museum lê digby die kanaal en behandel die geskiedenis van die stad en die kanaalbou. 1832
- Die Château Laurier is in 1912 deur die spoorwegmaatskappy Canadian Pacific Railroad opgerig. Die luukse hotel is in die boustyl van 'n Franse kasteel ontwerp en bekoor met sy torings.

Inkopies


- ByWard Market bied talle boetieke en galerye (oos van Rideau Canal en Parliament Hill)
- Rideau Centre versamel meer dan 180 groot name uit die handelswêreld (50 Rideau Street) category:Ontario category:Kanada ja:オタワ ko:오타와 simple:Ottawa, Ontario zh-min-nan:Ottawa

Statebond van Nasies

Die Britse Statebond (of algemeen net Statebond) is 'n vrywillige vereniging van onafhanklike, soewereine state, meestal bestaande uit die Verenigde Koninkryk en sy vorige kolonies. Nie alle lede van die Statebond erken die Britse monarg as staatshoof nie. Díé wat dit wel doen is bekend as Statebondgebiede, maar die meerderheid van lede is republieke, en 'n handvol andere is inheemse monargieë. Alle lede erken wel vir Koningin Elizabeth II as die Hoof van die Statebond, 'n rol wat miskien die beste met díé van 'n seremoniële president vergelyk kan word.

Oorspronge

Die Statebond het die Britse Ryk vervang, en sy oorspronge lê in die Rykskonferensies van die laat 1920s (konferensies van Britse en koloniale eerste ministers het gebeur vanaf 1887), waar die onafhanklikheid van self-regerende kolonies en dominiums erken is, en is uiteindelik geformaliseer deur die Statuut van Westminster in 1931. Die Statebond is geskep as 'n vereniging van vrye en gelyke state, en lidmaatskap was gebaseer op die gemene trou aan die Britse Kroon. 1931.]] Ná die Tweede Wêreldoorlog is die Ryk stadig afgebreek, wat deels aan die groei van onafhanklikheidsbewegings in die onderdanige streke (mees belangrik in Indië onder die invloed van Mohandas Gandhi) toegeskryf kan word, asook die Britse Regering se verkrampte omstandighede as gevolg van die koste van die oorlog. Burma (1948) en Suid-Jemen (1967) was onder die paar vorige kolonies/protektorate wat nie tot die Statebond toegetree het by onafhanklikheidswording nie. Miskien die mees bekende groep vorige Britse kolonies, die Verenigde State, is ook nie lid van die Statebond nie, omdat die onafhanklikheid van die VSA hierdie instelling met oor 'n honderd jaar voorafgaan. Die Republiek van Ierland was 'n lid, maar het die Statebond verlaat met republiekwording in 1949. Die kwessie van republiekstatus binne die Statebond is eers in 1950 opgelos toe daar ooreengekom is, volgens 'n formule voorgestel deur Kanadese Eerste Minister Louis St. Laurent, dat Indië 'n lid mag bly ten spyte van haar huidige republiekgrondwet1. (Voorheen het Ierland en Burma die Statebond verlaat na republiekwording.) Hierdie besluit, soos uiteengesit in die London Declaration, het toegelaat dat lede die Britse monarg as Hoof van die Statebond aanvaar ongeag van hulle binnelandse grondwetlike opset, en word deur baie gesien as die begin van die moderne Statebond. Soos die Statebond gegroei het, het Brittanje en die vorige "blanke Dominiums" informeel (en meestal veragtend) bekend geraak as die Wit Statebond, spesifiek wanneer hulle met die armer, meestal nie-blanke Statebondslede verskil het oor verskeie kwessies by die Statebond Regeringshoofde-ontmoetings. Aantygings dat die "Wit Statebond" ander belange as spesifiek die Afrika Statebondnasies het, asook beskuldigings van rassisme en kolonialisme het gereeld voorgekom gedurende debatte oor Rhodisië in die 1970s, die oplegging van sanksies teen die apartheidsera Suid-Afrika in die 1980s, en meer onlangs oor die kwessie van om druk uit te oefen vir demokratiese hervorming in Nigerië en later Zimbabwe in onlangse jare.

Sport

Die Statebond hou die Statebondspele elke vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Spele.

Lys van Statebondslede volgens kontinent

Datum van lidmaatskap in hakies.
- Europa
  - Verenigde Koninkryk (1931)
  - Ciprus (1961)
  - Malta (1964)
- Noord-Amerika
  - Kanada (1931)
  - Jamaika (1962)
  - Trinidad en Tobago (1962)
  - Barbados (1966)
  - Die Bahamas (1973)
  - Grenada (1974)
  - Dominica (1978)
  - Sint Lucia (1979)
  - Sint Vincent en die Grenadine (1979)
  - Antigua en Barbuda (1981)
  - Belize (1981)
  - Sint Kitts en Nevis (1983)
- Suid-Amerika
  - Guyana (1966)
- Afrika
  - Suid-Afrika (1931 en verlaat in 1961, sluit weer aan in 1994)
  - Ghana (1957)
  - Nigerië (1960 en opgeskort in 1995, maar weer toegelaat in 1999)
  - Sierra Leone (1961)
  - Tanzanië (1961)
  - Uganda (1962)
  - Kenia (1963)
  - Malawi (1964)
  - Zambië (1964)
  - Gambië (1965)
  - Botswana (1966)
  - Lesotho (1966)
  - Mauritius (1968)
  - Swaziland (1968)
  - Seychelles (1976)
  - Namibië (1990)
  - Mosambiek (1995)
  - Kameroen (1995)
- Asië
  - Indië (1947)
  - Pakistan (1947, verlaat in 1972 maar sluit weer aan in 1989)
  - Sri Lanka (1948)
  - Malaysië (1957)
  - Singapoer (1965)
  - Bangladesh (1972)
  - Maldives (1982)
  - Brunei (1984)
- Australië en Oseanië
  - Australië (1931)
  - Nieu-Seeland (1931)
  - Samoa (1970)
  - Tonga (1970)
  - Fiji (1970 en verlaat in 1987, maar sluit weer aan in 1997)
  - Papoea Nieu Guinea (1975)
  - Solomon Eilande (1978)
  - Vanuatu (1980)
  - Tuvalu (1978)
  - Kiribati (1979)
  - Nauru (1999) Tans opgeskorte lede:
- Geen. Vorige lede:
- Éire (Republiek van Ierland), verlaat in 1949.
- Newfoundland, word 'n Kanadese provinsie in 1949.
- Zimbabwe, verlaat in 2003.

Sien ook


- Dominium
- Britse Ryk
- Anglosfeer
- Federal Commonwealth Society

Eksterne skakels


- [http://www.thecommonwealth.org The Commonwealth Secretariat]
- [http://www.commonwealth.org.uk/ The Commonwealth Institute, London]
- [http://www.rcsint.org The Royal Commonwealth Society]
- [http://www.empiremuseum.co.uk/ British Empire & Commonwealth Museum, Bristol, England]
- [http://www.sas.ac.uk/commonwealthstudies/index.htm University of London Institute of Commonwealth Studies]
- [http://www.fcsworld.com/ Federal Commonwealth Society Homepage]
- [http://www.aclals.org Association for Commonwealth Literature and Language Studies] Category:Internasionale organisasies Category:Britse Ryk ja:イギリス連邦 ko:영국 연방 ms:Negara-negara Komanwel

Engels

Die woord Engels kan beteken:
- Die mense van Engeland as 'n etniese groep.
- Vanaf of verwant aan Engeland (of verkeerderlik, alhoewel algemeen gebruik, die Verenigde Koninkryk)
- Die Engelse taal, wat ook mag beteken:
  - Afrika-dialekte van Engels
  - Amerikaanse Engels
  - Australiese Engels
  - Britse Engels
  - Kanadese Engels
  - Karibbeaanse Engels
  - Hiberno-Engels
  - Indiese Engels
  - Middel-Engels
  - Moderne Engels
  - Ou Engels
  - Pakistani Engels
- Friedrich Engels, 'n vriend van Karl Marx

Sien ook


- Tale in Suid-Afrika category:natuurlike taal ja:英語 ko:영어 minnan:Eng-gí ms:Bahasa Inggeris simple:English th:ภาษาอังกฤษ tokipona:toki Inli zh-cn:英语 zh-tw:英語

Franse taal

Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn. Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).

Taalgeskiedenis

Keltiese invloede

Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly. Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).

Frankiese invloede

Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee. Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied. Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu. Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal. Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder. In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer. Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan. Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal. Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies
- bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies
- vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies
- marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies
- malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies
- gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard ("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus") Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.

Oudfrans

Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans: Romaans Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit. Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu: Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit. 11de eeu Die huidige Franse vertaling: Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit. Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan. Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word. Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin. Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem). Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik. Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak. : Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189) : Chanterai por mon corage : Que je vueil reconforter, : Qu'avecques mon grant domage : Ne quier morir ne foler, : Quant de la terre sauvage : Ne voi mes nul retorner : Ou cil est qui rassoage : Mes maus quant g'en oi parler. : Dex, quant crïeront "Outree", : Sire, aidiés au pelerin : Par cui sui espaventee, : Car felon sont Sarazin. : Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos : Ek gaan sing om my hart te vertroos : Want ek wil nie sterf of mal word nie : Ondanks my groot kwelling. : Ek kan niemand sien : Wat van die wilde land terugkom nie. : Waar is die een wat my hart gerus kan stel : Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat. : God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by : Vir wie ek sidder, : Want die Sarasene is verraderlik.

Middelfrans

Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu. Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp. Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met
ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word. Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e). In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling. Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote. Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.

Nieufrans

In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (
la seule et unique langue du Royaume de France). In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal. Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af. Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen. Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly. Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk. Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry. Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.

Taalregisters

Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal -
français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.

Die Loi Toubon (Toubon-wet)

Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media. Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie. Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term
vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine. Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.

Frans in Suid-Afrika

rekenaarwetenskap Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer. Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands. Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg. Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die
L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.

Eksterne skakels


-
[http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans] Category:Franse taal Category:Frankryk als:Französische Sprache ja:フランス語 ko:프랑스어 simple:French language th:ภาษาฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-gí

Kanadese Frans

Frans is een van Kanada se twee amptelike tale; die ander is Engels (sien Kanadese Engels). Volgens die sensus van 2001 het die aantal Franstaliges buite Kanada se enige Frankofone provinsie Québec toegeneem; tans praat 4,4 persent van die bevolking in die Anglofone provinsies Frans as hulle huistaal.

Geskiedenis

Alhoewel Frans vanaf die 17de eeu die verkeerstaal van Nieu-Frankryk word, praat die Franse setlaars in die kolonie - met uitsondering van die koloniste wat uit die Île-de-France afkomstig is - die dialekte van hulle provinsies (Normandië, Bretagne, Poitou, Guyenne, Saintonge en Aunis). Met die inlywing van Nieu-Frankryk in die Britse Ryk begin die afsonderlike ontwikkeling van die Kanadese Frans, wat ten opsigte van uitspraak en woordeskat talle besonderhede van die 17de eeuse Frans bewaar het, maar ook invloede van sy anglofone omgewing toon. Die Kanadese omgangstaal verskil soms sterk van dié wat in Frankryk gepraat word, tog is daar net een Franse standaardtaal. Franstalige televisieprogramme uit Frankryk, Kanada, België en Switserland word deur die gemeenskaplike internasionale kanaal TV5 wêreldwyd uitgesaai.

Québec

Québec is die enige provinsie waar alleenlik Frans die ampstaal is. Sowat 81.4 persent van die bevolking is Franstalig. Die Frans van Québec toon sommige afwykings aangaande uitspraak en woordeskat, vergeleke met die standaardtaal van die Académie française. Die Québecois se Frans is meer of minder 'n weergawe van die taal soos dit in die tydperk van die Ancien régime, voor die Franse Rewolusie met sy taalstandaardisering op basis van die Paryse streektaal, in Frankryk gepraat word. In die algemeen het Europese Franstaliges egter hoegenaamd geen probleem om die Frans van die provinsie te verstaan nie.

Atlantiese provinsies

Frans is een van die twee ampstale van die provinsie van Nouveau-Brunswick (Engels: New Brunswick). Die Akadiese dialek van Frans, waaruit die Cajun-Frans van Louisiana ontwikkel, word in die maritieme provinsies nog steeds gepraat. Nouveau-Brunswick het die grootste aantal Akadiese Franstaliges en is die enige provinsie wat amptelik tweetalig is. Sowat een derde van sy bevolking praat Frans, en Moncton, Nouveau-Brunswick is die eerste Kanadese stad wat tweetalig verklaar is. Die Franse taal in Terre-Neuve (Newfoundland) is deur uitwissing bedreig.

Ontario

Frans is die moedertaal van sowat 'n half miljoen mense in Ontario, veral in die noordooste en ooste van diie provinsie. Sowat 'n derde van hulle praat Frans nie meer as hulle huistaal nie. Alhoewel die provinsie geen amptelike taal het nie, is dit oorwegend Engelstalig. Die owerhede gebruik die Franse taal sodra daar 'n groot minderheid Franstaliges is, byvoorbeeld in die federale regering.

Prairie-provinsies

Michif, 'n unieke taal met elemente van Frans en die inheemse Cree-taal word deur 'n klein aantal Métis in die provinsie van Manitoba gepraat. Manitoba het ook 'n beduidende minderheid Franstaliges in die gebied van Saint-Boniface naby Winnipeg. Ook die provinsie van Saskatchewan het 'n groot Frankofone gemeenskap, die sogenaamde Fransaskois.

Noordelike gebiede

Frans is een van die ampstale in al drie noordelike gebiede: Yukon, Noordwes-gebiede (Northwest Territories) en Nunavut. Category:Franse taal

2004

Gebeure

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
20ste eeu21ste eeu22ste eeu
2001200220032004200520062007
Kategorie:21ste eeu als:2004 ja:2004年 ko:2004년 ms:2004 roa-rup:2004 simple:2004 th:พ.ศ. 2547 zh-min-nan:2004 nî

Noorweë

Noorweë (Norge of Noreg in Noors, Norgga gonagasriika in Noordsami , Vuona gånågisrijkka in Lulesaami en Nøørjen gånkarijhke in Suidsami) is 'n Noord-Europese land. Dit is geleë op die Skandinawiese skiereiland, en grens aan Swede, Finland en Rusland. Die hoofstad van Noorweë is Oslo. Ander belangrike stede is Bergen, Trondheim en Stavanger. Die nabygeleë Svalbard en Jan Mayen eilandgebiede val onder Noorweegse heerskappy en word as deel van die Noorweegse koninkryk beskou, terwyl die Bouvet eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan en die Peter I eiland in the Suidelike Stille Oseaan as Noorweegse besittings, wat nie deel is van die Noorweegse koninkryk is nie, gesien word. Noorweë maak verder ook aanspraak op Dronning Maud Land in Antartika. Noorweë is 'n Grondwetlike monargie. Die huidige koning is Harald V; premier is Kjell Magne Bondevik. Noorweë was 'n selfstandige koninkryk van die negende eeu n.Chr. tot 1397, waarna dit in die Unie van Kalmar opgeneem is saam met Denemarke en Swede. Toe Swede in 1521 die Unie verlaat, word Noorweë 'n provinsie van Denemarke. Dit bly onder Deense gesag tot dit in 1814 ooorgaan in Sweedse hande. Noorweë kry daarmee 'n eie grondwet en meer selfbestuur. In 1905 word Noorweë weer 'n onafhanklike staat met koning Haakon VII as staatshoof. Edvard Grieg is Noorweë se musikale trots. Sy musiek dra by tot die Noorse selfbewussein. musiek

Provinsies

Noorweë is verdeel in 19 fylker (provinsies). Sien: Provinsies van Noorweë

Enkele plekke in Noorweë


- Bergen
- Fredrikstad
- Hammerfest
- Kongsberg
- Narvik
- Trondheim

Gegewens


- die kuslyn is 2 650 km lank as die fjorde nie ingereken word nie. As die fjorde ingereken word, is die kuslyn byna 10 keer so lank, om die waarheid te sê net so lank as die kuslyn van Australië.
- as Noorweë om Oslo geroteer sou word, sou Noordkaap (die noordelikste punt) by Rome geleë wees.

Sien ook


- Geskiedenis van die Nore
- Monumente op die Wêrelderfgoedlys
- Noorse Monarge
- Noorweë van A tot Z
- Christen Demokratiese Party van Noorweë

Eksterne skakels


- [http://www.noorwegen.org/ Amptelike Noorweë werf in die VSA in Engels]
- [http://www.norway.org.za/ Noorweegse Ambasade in Suid-Afrika in Engels]
- [http://www.norway.no/ Algemene inligting oor Noorweë in Engels]
- [http://www.seafood.no/recipes/search Noorweegse seekosresepte in Engels] Kategorie:Land Kategorie:Noorweë als:Norwegen [[got:

Australië

Australië is die sesde-grootste land in die wreld (geografies), en die enigste een wat 'n hele kontinent beslaan, asook die grootste in die Australasië-streek. Australië sluit die eiland van Tasmanië in, wat 'n Australiese Staat is. Sy buurstate sluit in Nieu-Seeland na die suidooste, en Indonesië, Papoea Nieu Guinea en Oos-Timor na die noorde. Die Engelse woord "Australia" word deur inwoners as @"streIlI@ of @"streIj@ (SAMPA), of əˈstɹeɪlɪə of əˈstɹeɪjə (IFA). Die land is formeel bekend as die Australiese Gemenebes. IFA

Internasionale ranglyste


- Human Development Index - derde plek
- Reporters Without Borders - 41ste plek
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 14e plek
- [http://www.ciesin.columbia.edu/indicators/ESI/rank.html Environmental Sustainability Index 2002] - 16e uit alle lande

Eksterne skakels


- [http://www.australia.gov.au/ Australian Government Information and Services]
- [http://dmoz.org/Regional/Oceania/Australia/ Open Directory Project: Australia]
- [http://www.virtualaustralia.com/australia/photos/ Australian Photos]
- [http://www.australia.com Australian Tourist Commission]
- [http://www.ausmag.net Backpacking in Australia] Insider information about backpacking in Australia
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/as.html CIA - The World Factbook — Australia] - CIA's Factbook on Australia
- [http://www.liverpoolmuseums.org.uk/nof/emigrants/ emigration from Britain to Australia] Interactive real story of Nineteenth century
- [http://www.synaptic.bc.ca/gallery/lcatntoc.htm#Australi Gallery of Australia Photographs] Attractions primarily in Queensland and the Northern Territory
- [http://www.csu.edu.au/australia Guide to Australia] Provides essential information about Australia
- [http://www.travelconsumer.com/countries/australia.htm Travel guide to Australia]
- [http://gutenberg.net.au/dictbiog/00-dict-biogIndex.html Dictionary of Australian Biography, 1949 edition] zh-min-nan:Ò-tāi-lī-a ko:오스트레일리아 ms:Australia ja:オーストラリア simple:Australia th:ประเทศออสเตรเลีย

Nova Scotia

Nova Scotia (Frans Nouvelle-Écosse) is 'n provinsie van Oos-Kanada aan die Atlantiese Oseaan. Die hoofstad is Halifax (360 000 inwoners). Die provinsie se motorregistrasienommers het "Canada's Ocean Playground" as hulle leuse, en behalwe vir die landengte van Chignecto is Nova Scotia 'n eiland, wat deur die waters van die Fundy-baai, die Golf van Saint-Laurent en die Seestraat van Northumberland begrens word. Die provinsie het hoofsaaklik vrugbare boland en valleie; die gematigde klimaat bevorder landbou. Die provinsie staan bekend vir sy vrugte (Franse setlaars het hier vroeg 'n soort "Klein Normandie" geskep waar groot hoeveelhede cidre, die Noormanse appelwyn, gebottel word), veeboerderye, suiwelnywerheid, bosboubedrywe, vissery en visverwerking; ander bronne van inkomste is steenkool en die yster- en staalnywerheid. Fynproewers vereenselwig die provinsie met sy kreefte - Nova Scotia is vandag die grootste uitvoerder van hierdie seekos-spesialiteit, en sowat 90 persent van sy vangste het buitelandse bestemmings. staal

Die Skotse erfenis

Nadat Frankryk sy Noord-Amerikaanse kolonies aan Groot-Brittanje afstaan, vestig baie immigrante uit die Skotse Hoogland hulle in die provinsie. Dit is veral clan-hoofde en kleinboere wat deur die Engelse owerhede verdryf is. Die setlaars bring hulle Keltiese taal en musiek saam na hulle nuwe tuiste, en Skotse tradisies soos die Hoogland-spele (Highland Games) en die viering van die Robbie-Burns-Dag ter ere van die nasionale Skotse digter Robert Burns is gewilde feeste in Nova Scotia.

Geografie

Die provinsie se vasteland is 'n skiereiland met talle baaie in die Atlantiese Oseaan, wat net deur die Seestraat van Chignecto met die Noord-Amerikaanse vasteland verbind word. Kaap-Breton-eiland, 'n groot eiland noordoos van die provinsie se vasteland, en Sable Island, 'n klein eiland wat sowat 175 kilometer van die provinsie se suidkus af lê en vir sy skeepswrakke bekend staan, behoort eweneens tot die provinsie. Na die Prins-Edward-Eiland is Nova Scotia Kanada se tweede kleinste provinsie volgens oppervlakte, en geen plek in Nova Scotia lê meer as 56 kilometer van die see af. category:Nova Scotia ja:ノバスコシア州 ko:노바스코샤 주 zh-min-nan:Nova Scotia

Ontario

Stede


- Stede van Ontario
- Ajax
- Ancaster
- Arnprior
- Aurora
- Barrie
- Belleville
- Bolton
- Bowmanville
- Bracebridge
- Brampton
- Brantford
- Brighton
- Brockville
- Burlington
- Cambridge
- Campbellford
- Carleton Place
- Cayuga
- Chatham
- Cobourg
- Cochrane
- Collingwood
- Cornwall, Ontario
- Dundas
- Dunnville
- Elliot Lake
- Elmira
- Espanola
- Etobicoke
- Fenelon Falls
- Fergus
- Fort Erie
- Fort Frances
- Goderich
- Grand Bend
- Gravenhurst
- Gananogue
- Gogama
- Guelph
- Hamilton
- Hawkesbury
- Hearst
- Huntsville
- Iroquois Falls
- Kanata
- Kapuskasing
- Keewatin
- Kemptville
- Kenora
- Kincardine
- Kingston, Ontario
- Kirkland Lake
- Kitchener, Waterloo
- Lancaster
- Lindsay
- Londen
- Longlac
- Madoc
- Manitouwadge
- Markham
- Mississauga
- Moosonee
- Mount Forest
- Napanee
- Nepean
- New Liskeard
- Newmarket
- Nipigon
- North Bay ()
- North York
- Oakville
- Orangeville
- Orleans
- Oshawa
- Owen Sound
- Parry Sound
- Pembroke
- Peterborough
- Pickering
- Picton
- Port Colborne
- Port Hope
- Richmond Hill
- Rockland
- St. Catharines
- St. Jacobs
- St. Thomas
- Sault Ste. Marie
- Shelbourne
- Simcoe
- Stoney Creek
- Stratford
- Sudbury
- Thornhill
- Thorold
- Timmins
- Toronto, Ontario
- Trenton
- Thunder Bay
- Uxbridge
- Wasaga Beach
- Welland
- Whitby
- Windsor
- Woodstock ---- Ontario is a stadt in San Bernardino, Los Angeles, Kalifornië ja:オンタリオ州 ko:온타리오 주 simple:Ontario zh-min-nan:Ontario

Alice Adams

Alice Adams is a Pulitzer Prize winning novel by Booth Tarkington and a 1935 comedy/drama film. The plot of the film revolves around a social climbing girl (Katharine Hepburn) and her mother (Ann Shoemaker). It was written by Dorothy Yost, Mortimer Offner and Jane Murfin. The film was directed by George Stevens. The movie was nominated for the Academy Award for Best Picture.

External link


-
- [http://wiredforbooks.org/aliceadams/ 1984, 1985 and 1991 audio interview with Alice Adams by Don Swaim of CBS Radio, RealAudio] Category:1921 books Category:1935 films Category:Best Actress Oscar Nominee (film) Category:Best Picture Oscar Nominee Category:Novels Category:Films based on novels

Hotel in Sofia Nieruchomoci d Gry miadyca NLP










































:: RELATED NEWS ::
Patrice E. Lumumba
Patrice Emery Lumumba (
- 2. Juli 1925 in Katako-Kombé (Kasai), † 17. Januar 1961 in der Provinz Katanga) war afrikanischer Politiker und von 1960 bis 1961 erster Ministerpräsident des unabhängigen 13. November 1954 in New York als Caryn Elaine Johnson) ist eine US-amerikanische Schauspielerin, Komödiantin und Sängerin. __TOC__ Whoopi Goldberg stand bereits mit 8 Jahren auf der Bühne und brachte im Jahr 1974 ihre Tochter Alexandra zur Welt. Die Ehe mit dem Vater des Kindes wurde noch im selben Jahr geschieden. Im Jahr 19
Film/SchauspielerinnenG
Diese Seite enthält eine Auflistung international bekannter Filmschauspieler. Aufgrund der großen Anzahl von Filmschauspielern ist diese Liste auf mehrere Unterseiten verteilt, welche über die folgenden Verweise erreicht werden können. Für die Sortierung der Listen ist jeweils der Familienname bzw. Künstlername maßgebend. Für Schauspielerinnen gibt es eine eigene Liste, s. Liste der Filmschauspielerinnen.

Siehe a

Bonifatius I. (Papst)
Der Heilige Bonifatius I. war vom 29. Dezember 418 bis zum 4. September 422 Papst in Rom. Sein Geburtsname war Jocundus oder Secundius. Der hochbetagte und kränkliche Presbyter Bonifatius wurde gemeinsam mit dem Archidiakon Kaschgar (offiziell: Kaxgar;chin. 喀什地区; pinyin Kāshí dìqū; auch: Kashgar) ist ein Regierungsbezirk im Uigurischen Autonomen Gebiet Xinjiang der Volksrepublik China. Er hat eine Fläche von 139.906 km². Sein ökonomisches, kulturelles und politi
Robert de Niro