Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Monaco

Monaco

Die Vorstedom van Monaco (Frans: Principauté de Monaco, Monegaskies: Munegu of Principatu de Munegu) is 'n stadstaat en die tweede kleinste land ter wêreld. Monaco lê tussen Frankryk en die Middellandse See, aan die Franse Riviera of Côte d'Azur (Asuurblou Kus). Monaco bestaan hoofsaaklik uit die ou stad Monaco en die woongebiede wat later bygevoeg is. Dit is die digbevolkste staat ter wêreld. Monaco staan bekend as die Manhattan van die Middellandse See, 'n naam wat na die talle wolkekrabbers en voortdurende boubedrywighede verwys. Die handhawing van die openbare orde is 'n prioriteit vir die regering; lae misdaadsyfers is belangrik om Monaco se aantreklikheid vir die welgesteldes en skones te bewaar. Terselfdertyd het Monaco aan die begin van die 21ste eeu die voorheen ongekende stap geneem om sy deure vir die hoofstroom-toerisme te open.

Geskiedenis

wolkekrabber Die naam Monaco is afgelei van die nabygeleë Griekse kolonie Monoikos, wat in die 6de eeu v.C. deur die Phokeane gestig is. Volgens 'n ou mite het Herkules die gebied van Monaco besoek, en ter ere van hom het die Phokeane 'n tempel opgerig - die tempel van Herkules Monoikos, wat later die middelpunt van 'n Gallies-Romeinse nedersetting word. Monoikos word in die jaar 122 v.C. deur Romeinse troepe verower. Die inheemse bevolking vermeng na die ondergang van die Romeinse Ryk met Gotiese en Frankiese setlaars, wat hulle in die gebied vestig. Monaco word in die 9de eeu 'n deel van die Graafskap Nice. Teen die middel van die 11de eeu verower Genuese troepe die stad, en Monaco word 'n kolonie van die Italiaanse Republiek van Genua. Vanaf 1070 is lede van die Grimaldi-gesin die stadshere. Die keisers van die Heilige Romeinse Ryk keur die inlywing van Monaco by die Genuese magsgebied herhaaldelik goed. In 1162 verleen keiser Frederik Barbarossa sy toestemming vir die vestiging van Genuese koopmans in die gebied, terwyl keiser Hendrik VI Monaco in 1191 amptelik aan die Republiek van Genua skenk. Twee eeue lank bly Monaco die skouplek van 'n bloedige magstryd tussen twee Genuese partye - die Ghibelline, aanhangers van die keisers, en die pousgesinde Guelfe. Die Ghibelline rig in 1215 'n vesting op, die historiese voorloper van die huidige vorstepaleis. In 1297 jaar verklee François Grimaldi, 'n lid van die Guelfe-party, in die py van 'n Fransiskaanse monnik ("monaco" in Italiaans) en verower die Ghibelline-vesting, wat die beroemde rots van Monaco destyds beskerm. Die gesinshoof van die Guelfe begin sy heerskappy as Rainier I en word die stamvader van die nog steeds regerende dinastie van die Huis van Grimaldi, wat Monaco sedertdien as 'n onafhanklike gebied regeer. 1297 In 1346 slaag Charles I Grimaldi daarin om die nabygeleë stad Menton by Monaco in te lyf. 1355 word ook Roquebrune 'n Monegaskiese besitting. Tydens die heerskappy van Jean I word Monaco in 1419 uiteindelik die eiedom van die Huis van Grimaldi. Die Franse koning Karel VIII en die hertog van Savoie erken in 1489 met 'n oorkonde die onafhanklikheid van Monaco. Honoré II van Monaco word in 1612 die eerste heerser wat die titel "vors" dra. 1731 begin die heerskappy van die geslagslyn van Goyon de Matignon-Grimaldi. Die enigste tydperk van vreemde heerskappy is die jare van 1789 tot 1814, toe Monaco onder Franse heerskappy staan. Volgens 'n besluit van die Kongres van Wene is Monaco van 1815 tot 1860 'n protektoraat van die Koninkryk Sardinië, terwyl sy onafhanklikheid een jaar later deur die Frans-Monegaskiese Verdrag erken word. Die stede Menton en Roquebrune verklaar in 1848 hulle onafhanklikheid en word twaalf jaar later by Frankryk ingelyf. Nadat Sardinië in 1861 'n deel van die koninkryk Italië geword het, erken Frankryk danksy die oortuigingskrag van vors Charles III Grimaldi (1856-1889) die soewereiniteit van Monaco en sy huidige grense. In 1865 tree die doeane-unie tussen Frankryk en Monaco in werking. Tegelykertyd word die kasino van Monaco geopen. Danksy die winste uit die kasinobedryf geniet die inheemse bevolking vanaf 1869 belastingvryheid. 1869 Tot by die proklamasie van 'n grondwet in 1911 tydens die heerskappy van Albert I Grimaldi (1889-1922) regeer die prins van Monaco as 'n absolute heerser. In Julie 1918 word 'n ooreenkoms onderteken wat bepaal dat Frankryk in 'n beperkte mate as 'n beskermende mag sal optree. Die ooreenkoms, wat deel van die Verdrag van Versailles is, maak die Monegaskiese politiek ondergeskik aan Frankryk se politieke, militêre en ekonomiese belange. Prins Rainier III bestyg die troon in 1949 na die dood van sy grootvader Prins Louis II. Hy trou in 1956 met die Amerikaanse rolprentster Grace Kelly (vorstin Gracia Patricia). Met die nuwe grondwet, wat in 1962 geproklameer is, word die doodstraf afgeskaf, die stemreg vir vroue ingevoer en 'n hooggeregshof ingestel om basiese burgerregte te beskerm. In 1982 sterf vorstin Gracia Patricia in 'n tragiese motorongeluk. In 1993 word Monaco 'n volwaardige lidstaat van die Verenigde Nasies. In 2002 bepaal 'n nuwe ooreenkoms tussen Frankryk en Monaco dat die vorstedom 'n onafhanklike staat mag bly, selfs al sou daar geen erfgename wees nie wat die troon kan bestyg. 'n Ouer verdrag het in hierdie geval vasgelê dat Monaco weer by Frankryk ingelyf sou word. Die verantwoordelikheid vir militêre sake berus egter by Frankryk. Weens die ernstige siekte van sy vader oefen Prins Albert vanaf 31 Maart 2005 sy ampspligte uit. Met die dood van Prins Rainier op 6 April 2005 volg Albert sy vader op 12 Julie as Prins Albert II op.

Politiek

Monaco word sedert die jaar 1911 as 'n konstitusionele monargie geregeer, waarby die prins as staatshoof fungeer. Die Staatsminister en regeringshoof is die voorsitter van die Regeringsraad met vier lede (die kabinet). Staatsminister en Regeringsraad vorm gesamentlik die uitvoerende gesag van Monaco. Die Staatsminister moet 'n Franse burger wees, wat deur die Prins benoem word. Die Franse regering stel 'n aantal kandidate vir die amp voor. Volgens die Grondwet van 1962 deel die Prins sy uitvoerende gesag met die een-kamer-parlement van Monaco, die Nasionale Raad. Die 24 lede van die parlement word vir 'n periode van vyf jaar in 'n algemene verkiesing vasgestel. Die plaaslike politiek word deur die Kommunale Raad met 15 verkose lede beheer. Die burgemeester fungeer as voorsitter van die raad.

Geografie

1911 Die Vorstedom van Monaco is na die Vatikanstad die kleinste onafhanklike staat ter wêreld. Dit lê aan die Mediterreense kus, sowat 18 kilometer oos van Nice en digby die Italiaanse grens. Monaco word andersins deur Frankryk omring. Die vorstedom belaan 'n smal strepie land langs die kus en teen die voet van die Alpe, met 'n kuslyn van meer as 3,2 kilometer. Sy hoogste punt is "Le Rocher" (Die Rots) met 140 meter. Tot 1959 beslaan Monaco 'n oppervlakte van slegs sowat 150 hektaar. Sedertdien is die grondgebied deur middel van landaanwinning met 40 hektaar vergroot. Monaco word in sewe wyke (quartiers) verdeel: Monaco-Ville, die hoofstad en ou stad wat op 'n voorgebergte in die Middellandse See lê; La Condamine, die hawegebied; Monte Carlo, die vernaamste woongebied en vakansieoord met die kasino; Fontvieille, 'n nuwe woongebied wat kunsmatig uit die see gewen is, met onder meer die winkelsentrum Carrefour; Moneghetti aan die westelike grens met die Cap d'Ail; Larvotto Terano met sy seeklub, noordoos van Monte Carlo; en Saint-Romain, 'n klein gemeenskap wat aan Larvoto Terano grens. Die vorstedom staan bekend vir sy natuurskoon en milde, sonnige klimaat. Die gemiddelde laagste temperatuur in Januarie en Februarie is 8°C (47°F), terwyl die gemiddelde hoogste temperatuur in Julie en Augustus tot by 26°C (78°F) styg.

Ekonomie

Die Monegasse se lewenstandaard is hoog en vergelyk gunstig met dié van Franse metropolitaanse gebiede. Een van die vernaamste bronne van inkomste is die toerisme, wat deur die aantreklike klimaat en die kasino bevorder word. Die hawehoof is in 2001 duidelik vergroot om meer kruisvaartskepe te kan akkomodeer. Die vorstedom het sy ekonomie suksesvol gediversifiseer en sowel die dienstesektor asook klein, skoon nywerhede met groot waardetoevoeging uitgebrei. 1959 Die jaarlikse begroting beloop tans sowat 1 biljoen Euro. Monaco het sedert 1869 geen inkomstebelasting vir sy inwoners nie, maar wél 'n monopolie oor die posdiens en tabak. Die telefoonnetwerk is vroeër deur die staat beheer. Intussen is 49 persent in die besit van Cable and Wireless, 45 persent van die staat en 6 persent van die Compagnie Monégasque de Banque (Monegaskiese Bankmaatskappy), alhoewel dit nog steeds 'n monopolie is. Monopolies is dalk die opmerklike kenmerk van Monaco se ekonomie; hulle bestaan ook ten opsigte van die televisie-opvangs (antennes word nie toegelaat nie en die plaaslike kabeltelevisie is 'n verpligte diens), gas-, elektrisiteits- en watervoorsiening. televisie Die belangrikste belasting is dié op toegevoegde waarde. Die kasinomaatskappy, wat deur die Société des Bains de Mer (SBM) beheer word en na die Tweede Wêreldoorlog sowat 70 persent van die staat se inkomste oplewer, dra met sy vyf kasino's nou minder as 5 persent by (in die jaar 1949 is dit nog 45 persent). Die kasino's staan alleenlik oop vir buitelandse besoekers, Monegasse mag nie speel nie. Die SBM beheer tans veral gastronomiese ondernemings soos sy vier hotelle (onder meer die luukse hotelle Monte Carlo Beach Hotel en die Hôtel de Paris), meer as twintig restourante en die nagklub Jimmy'z. Die splinternuwe Monte Carlo Bay Hotel & Resort, 'n viersterhotel met elf verdiepings en 335 kamers, is op 1 Oktober 2005 op die skiereiland van die Larvotto ingewy en spog met sy eie strandmeer en chloorvrye water. Daarnaas beskik die SBM oor aansienlike eiendomme. Die staat besit 70 persent van die SBM se aandele, wat op die Paryse effektebeurs gelys is. Die gebrek aan 'n inkomstebelasting maak Monaco 'n aantreklike woonplek vir Europese welgesteldes, wat die belastingnet in hulle tuislande wil ontwyk (met die merkwaardige uitsondering van Frankryk). Die vorstedom het sodoende die tuiste van sowat 20 000 miljoenêrs geword. Die meeste van hulle is sakelui en verdien hulle inkomste met besighede buite die vorstedom. In die onlangse verlede is daar onthullings oor geldwas-aktiwiteite. chloor Aan die begin van die 21ste eeu vergroot Monaco se tekort op die lopende rekening duidelik. Die regering onder Prins Albert II besef dat die vorstedom sy gewildheid onder veral jong toeriste aansienlik moet vergroot. Monaco begin dus nie net sy beeld as toeristebestemming heeltemaal verander nie, maar het ook 'n grootskaalse beleggingsprogram van stapel gestuur. chloor Aangesien die prys vir 'n vliegkaartjie van byvoorbeeld Duitsland na Nice in 2005 tot sowat 25 Euro gedaal het, probeer Monaco nou ook meer jong toeriste met minder koopkrag na die vorstedom te lok. 'n Nuwe stasie is opgerig, en die vorstedom sal in die toekoms 'n deel van Frankryk se TGV-sneltreinspoorwegnet wees. Die aantal bushaltes is tot meer as 140 vergroot. Teen die jaar 2006 sal die aantal hotelbeddens met 40 persent styg. Die tekort aan goedkoper driesterhotelle word nou verlig deur onder meer 'n nuwe hotel van die Franse Novotel-ketting, wat op die voormalige perseel van Radio Monte Carlo opgerig word. Monaco is geen lidstaat van die Europese Unie nie, maar deur die monetêre en doeane-unie nou verbind met Frankryk. Volgens 'n monetêre ooreenkoms, wat Monaco met Frankryk as die verteenwoordiger van die Europese Unie gesluit het, mag die vorsetedom sedert Januarie 1999 die Euro as amptelike geldeenheid gebruik. Die vorstedom mag nie self Euro-banknote uitgee nie, tog het Monaco die reg om vanaf 1 Januarie 2002 Euro- en Centstukke met sy eie ontwerpe op die nasionale sy te munt.

Demografie

Euro Met die inlywing van Macau by die Volksrepubliek van Sjina is Monaco tans die digbevolkste land ter wêreld. Monaco vorm saam met die aangrensende en nabygeleë Franse stede soos Menton 'n agglomerasie met meer as 100 000 inwoners.Menton Die sowat 7 600 Monegasse is 'n minderheid in hul eie land. Die grootste deel van die woonbevolking is Franse burgers (47 persent), Italianers (16 persent) en Monegasse (16 persent). Die ander 21 persent van Monaco se internasionale bevolking kom uit 125 verskillende lande. Die ampstaal is Frans, maar daar word ook Monegaskies ('n taal wat van die Genuese dialek afgelei is), Engels en Italiaans gepraat. 99 persent van die bevolking is geletterd. Die Rooms-Katolieke geloof is Monaco se staatskerk, maar die vryheid van godsiens word in die grondwet erken.

Sport

Die vorstedom tree sedert die jaar 1929 as die gasheer op van die Grand Prix automobile de Monaco Formule Een-motorwedrenne en van die Rallye automobile Monte-Carlo, alhoewel die laasgenoemde oorwegend in die Franse département Alpes-Maritimes plaasvind. Monaco beskik ook oor sy eie sokkerklub, die Association sportive de Monaco Football Club (AS Monaco), wat in die Franse Premier-sokkerliga speel.

Museums

sokker Die Oseanografiese Museum van Monaco, 'n instelling wat uitgebou is tot wêreldfaam, is in 1910 deur die verligte vors Albert I gestig, wat self in die Franse vloot diens gedoen het. 'n Kort tyd later is Jacques-Yves Cousteau (1910-1997), die bekende Franse vlootoffisier, ontdekkingsreisiger, navorser en ekologis, aangestel as direkteur. Die museum huisves 'n groot aantal akwariums met seediere soos seesterre, seeperdjies, seeskilpaaie, seekwalle, krappe, kreef, rogvisse, see-egels, seekomkommers, palings, inkvisse en ander spesies, asook 'n groot verskeidenheid voorwerpe soos modelskepe, geraamtes van seediere, werktuie, wapens en ander objekte.

Vermaak

Van 21 tot 30 Oktober 2005 vier Monaco sy eerste Oktoberfest volgens die Beiers-Duitse tradisie, met 'n egte Bierzelt langsaan die Casino. Die inheemse Bière de Monaco, Duitse Weißwurst (wit worsies), Weihenstephan- en Hefeweizenbier word tydens die Oktoberfest selfs in die luukse Hôtel de Paris bedien. fiu-vro:Monaco ja:モナコ ko:모나코 ms:Monaco simple:Monaco th:ประเทศโมนาโก zh-min-nan:Monaco

Franse taal

Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn. Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).

Taalgeskiedenis

Keltiese invloede

Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly. Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).

Frankiese invloede

Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee. Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied. Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu. Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal. Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder. In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer. Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan. Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal. Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies
- bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies
- vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies
- marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies
- malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies
- gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard ("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus") Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.

Oudfrans

Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans: Romaans Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit. Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu: Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit. 11de eeu Die huidige Franse vertaling: Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit. Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan. Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word. Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin. Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem). Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik. Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak. : Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189) : Chanterai por mon corage : Que je vueil reconforter, : Qu'avecques mon grant domage : Ne quier morir ne foler, : Quant de la terre sauvage : Ne voi mes nul retorner : Ou cil est qui rassoage : Mes maus quant g'en oi parler. : Dex, quant crïeront "Outree", : Sire, aidiés au pelerin : Par cui sui espaventee, : Car felon sont Sarazin. : Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos : Ek gaan sing om my hart te vertroos : Want ek wil nie sterf of mal word nie : Ondanks my groot kwelling. : Ek kan niemand sien : Wat van die wilde land terugkom nie. : Waar is die een wat my hart gerus kan stel : Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat. : God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by : Vir wie ek sidder, : Want die Sarasene is verraderlik.

Middelfrans

Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu. Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp. Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met
ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word. Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e). In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling. Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote. Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.

Nieufrans

In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (
la seule et unique langue du Royaume de France). In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal. Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af. Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen. Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly. Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk. Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry. Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.

Taalregisters

Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal -
français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.

Die Loi Toubon (Toubon-wet)

Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media. Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie. Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term
vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine. Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.

Frans in Suid-Afrika

rekenaarwetenskap Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer. Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands. Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg. Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die
L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.

Eksterne skakels


-
[http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans] Category:Franse taal Category:Frankryk als:Französische Sprache ja:フランス語 ko:프랑스어 simple:French language th:ภาษาฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-gí

Middellandse See

Die Middellandse See (die naam is afgelei van die oorspronklike Latyns mare mediterraneum) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan, alhoewel dit net deur die seestraat van Gibraltar met die Oseaan verbind word en andersins 'n binnelandse see vorm, wat die vastelande van Europa en Afrika van mekaar skei. Deur die Dardanelle, die See van Marmara en die Bosporus word dit ook met 'n aangrensende kleiner binnelandse see, die Swart See van Oos-Europa, verbind. Swart See Die water van die Middellandse See beslaan 'n oppervlakte van 2 331 000 vierkante kilometer; die afstand tussen sy uiterste westelike en oostelike punte is sowat 3 520 kilometer, die grootste afstand in noord-suid-rigting 1 120 kilometer. Die Middellandse See bereik sy grootste diepte in die Ioniese See met meer as 5 000 meter. Die see word in twee groot bekkens onderverdeel, die Westelike Hoofbekken met die Baleariese of Iberiese See in die weste en die Tireense See in die ooste, en die Oostelike Bekken, wat die Ioniese See met die Adriatiese See en die Levantynse See met die Aegeis-see insluit. Die grootste eilande is Korsika (Frankryk), Sardinië en Sisilië (Italië), die Baleariese Eilande (Spanje), Kreta en die Ioniese eilandgroep (Griekeland), Ciprus en Malta. Malta Kenmerkende eienskappe van die Middellandse See is sy taamlik hoë soutgehalte en die swak getye. Die see skep vir die omliggende landgebiede 'n eie klimaatsone, die sogenaamde Mediterreense klimaat met warm, droë somers en winterreën, vergelykbaar aan die klimaat van Suid-Afrika se Kaapse skiereiland. Altyd groene hardloof en bosse vorm saam met die macchie, 'n ondeurdringbare bosveld met struike van drie tot vier meter en klein boompies, die tipiese flora van die Mediterreense streke. Ansjovis, tonyn, sardiens, dolfyne, oesters en kreef is die belangrikste spesies van sy fauna. macchie Reeds in die antieke tydperk verbind die Middellandse See die kulture van die omliggende gebiede, veral tydens die Romeinse Ryk, wat die See as sy eie binnelandse see (Latyns mare nostrum of "ons see") kon beskou. Die Mediterreense handel is die ekonomiese basis vir die welvarende Italiaanse stadstate soos Venesië en Genua. Met die opening van die Egiptiese Suezkanaal in 1869 kan die Middellandse See sy rol as een van die belangrikste seevaartroetes ter wêreld nog versterk.

Geologie en geskiedenis

Die Middellandse See is 'n oorblyfsel van die Tethyssee, 'n reusagtige diepseegebied wat tydens die mesosoïkum oos van die vasteland Pangaea gevorm het. Ses miljoen jaar gelede sluit tektoniese aktiwiteite as gevolg van die botsing van Afrika en Europa se vastelande die seestraat van Gibraltar, en groot dele van die Middellandse See lê gereëld droog. Afsettings van gips en sout uit die tersiêre tydperk dek nog steeds die seebodem. Ook tydens die ystydperk lê die see gedeeltelik droog. Die Franse duiker Henry Cosquer ontdek in 1985 naby Marseille 'n prehistoriese grot met rotstekeninge, wat 36 meter benede die seespieël lê. ja:地中海 ko:지중해 th:ทะเลเมดิเตอร์เรเนียน zh-min-nan:Tē-tiong-hái

Côte d'Azur

Die Côte d'Azur ("Asuurblou Kus", soms ook die Franse Riviëra genoem) vorm die mees oostelike deel van die Mediterreense kus van Suid-Frankryk. Die Côte d'Azur strek van die stad Toulon in die weste tot by die Italiaanse grens in die ooste. Dit is 'n deel van die gewes (région) Provence-Alpes-Côte d'Azur en sluit die kuslyn van die départements Var en Alpes-Maritimes en die Vorstedom Monaco in. Naas Monaco is Cannes, Saint-Tropez, Menton, Antibes en Nice die mees bekende stede langs die kus. Die kus het sy naam aan die asuurblou hemel te danke, en die gebied spog met meer as 300 sonskyndae per jaar. Die Côte d'Azur se agterland is bergagtig; die Alpe strek in die ooste tot by die kuslyn. 'n Ander bekende gebergte is die Massif des Maures. Die westelike deel van die kusgebied word deur rooi rotse gekenmerk. Die Côte d'Azur is een van die mees gewilde Franse vakansiebestemmings en lok ook baie buitelandse toeriste. 'n Groot aantal Europese bekendes en afgetredenes beskik oor villa's of woonstelle in die gebied. Category:Frankryk

Wolkekrabber

'n Wolkekrabber, of toringgebou, is 'n besonder hoë gebou. Emporis Data Committee, 'n internasionale maatskappy wat 'n lys van hoe geboue oral in die wêreld instand, hou definieer 'n wolkekrabber as 'n gebou wat ten minste 35 meter hoog is en op reelmatige intervalle verdeel is in bewoonbare verdiepings [http://www.emporis.com/en/ab/ds/sg/ra/bu/de/hi/]. Die bewoonbaarheidskriterium onderskei wolkekrabbers van torings en maste. Die Home Insurance Building in Chicago word beskou as die eerste wolkekrabber. Dié tienverdieping gebou is in 1884-1885 opgerig. 'n Ander aanspraakmaker op die titel is die tienverdieping Wainwright Building van 1892 deur Louis Sullivan, wat steeds in St. Louis, Missouri staan. Meeste vroeë wolkekrabbers het hulle verskying gemaak in gebiede met grondtekorte in New York Stad en Chicago aan die einde van die 19de eeu. Noodsaaklike ontwikkelings vir die ontwikkeling van wolkekrabbers was staal, gewapende beton, waterpompe en hysbakke. Tot die 19de eeu, was geboue hoër as ses verdiepings skaars. Dit was onprakties vir mense om soveel trappe op te klim, en waterdruk kon lopende water tot slegs (15 m) voer. Die gewigsdraende dele van wolkekrabbers verskil heelwat van die van ander geboue. Geboue tot omtrent vier verdiepings kan deur hulle mure ondersteun word, terwyl wolkekrabbers en ander hoë geboue deur 'n skeletraam ondersteun moet word. Die mure hang dan soos gordyne van die raam-vandaar die argiteksterm, gordynmuur, vir hoë stelsels van glas wat lateraal ondersteun word deur skeletrame. Spesiale voorsorgmaatreëls moet ook getref word vir windlas op die gebou. 19de eeu 19de eeu] 19de eeu] Sommige struktuuringenieurs definieer 'n wolkekrabber as enige vertikale konstruksie waarvoor wind 'n belangriker las as gewig is. Let daarop dat hierdiedie kriterium nie net deur wolkekrabbers bevredig word nie maar ook deur ander hoë strukture soos torings. Oorspronklik was die term, "skyscraper" 'n vlootterm vir die mas of seil van 'n seilskip.

Geskiedenis van die wêreld se hoogste wolkekrabbers

Vir 'n ranglys van wolkekrabbers volgens hoogte sien Lys van wolkekrabbers. Die onderstaande lys meet die hoogte van die dak van 'n wolkekrabber. Die meer algemene metode is om die hoogste argitektoniese detail te meet, en so 'n meting sou die Petronas Torings, wat in 1998 gebou is insluit. Bron: Onbekend. Tans vind bouwerk plaas aan die Burj Dubai in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate. Daar word verwag dat dit die hoogste gebou in die werêld gaan word en bespiegelinge oor die uiteindelike hoogte wissel van 700 tot 950 m. Verenigde Arabiese Emirate.]]

Sien ook


- Argitektuur, Konstruksie
- Empire_State-gebou, Wêreldhandelsentrum

Eksterne skakels


- http://www.allaboutskyscrapers.com
- http://www.skyscraperpage.com
- http://www.skyscrapercity.com
- http://www.skyscrapers.com
- http://www.skyscrapernews.com
- http://www.skyscraper.org
-
Kategorie:Argitektuur ja:超高層ビル th:ตึกระฟ้า

6de eeu v.C.

Eeue
7de eeu v.C.6de eeu v.C.5de eeu v.C.
Kategorie:6de eeu v.C.ja:紀元前6世紀

Gote

Die Gote was 'n Oos-Germaansevolk wat 'n groot rol gespeel het in die ondergang van die Wes-Romeinse ryk.

Die begin

Die Gote het volgens oorlewering uit die suide van Skandinawië gekom – spesifiek uit Götaland en Gotland). Historici stem nie almal hieroor saam nie. Sommige gaan daarvan uit dat hierdie verhale wesenlik korrek is, en wys op die voorkoms van Gote in die omgewing. Ander betwyfel hierdie herkoms, en vermoed dat dit om twee verskillende volke met toevallig soortgelyke name gaan. Twee naby verwante volke wat in Skandinawië agtergebly het wat word gereeld Gote (1) genoem word, word apart behandel as Geate en Gotlanders. Gotlander Meer sekerheid bestaan oor die tydperk kort na die begin van die jaartelling. Die Gote woon toe aan wat nou die Poolse kus is. Argeoloë ken hulle oorblyfsels daar as die Wielbark-kultuur. In die tweede en derde eeue brei die Gote uit na die suide, oor Pole, Wit-Rusland en die Oekraïne. Die Gote was waarskynlik herders of leef van jag en versameling. Daar was wel konings, maar die word eerder verkies as wat daar sprake was van 'n duidelike alleenheerser. Daar was wel vooraanstaande geslagte soos die Baltha onder die Wes-Gote of die Amal onder de Oos-Gote. Naas die Gote was daar nog ander Germaanse stamme, groot en klein soos die Boergondiërs, die Vandale, die Gepide, die Rugiërs, die Heruli, Bastarnae en die Sciri. Dit wil voorkom of die Gote aanvanklik aan die Vandale onderworpe was, maar hulle later vry veg; dit is egter nie onomwonde bevestig nie.

Die Oekraïne en Transsilvanië

In die derde en vierde eeue trek die Gote suidwaarts, en vestig hulle in die gebied tussen die Donau en die Don, die huidige Roemenië en Oekraïne. Die verdeling in Oos-Gote en Wes-gote stam waarskynlik van kort na hulle aankoms daar. Daar ontstaan twee Gotiese ryke. Ondanks alle omswerwinge daarna sou daar waarskynlik altyd 'n aantal van hulle in die streke gebly het, die voorkoms van die Krimgote tot die 18e eeu op die Krim-skiereiland getuig hiervan. Reeds in 238 was die bedreiging van die Gote so groot dat Maximinus besluit om hulle met skatte af te koop nadat hulle die stad Histria aan die monding van die Donau geplunder het. Tien jaar later begin nog baie grootskaalse plundertogte. In 249 word Marcianopolis geplunder, en in 250 breek Kniva met 'n leër deur die Donaugrens, en verower Philippopolis, waar hy oorwinter. Die volgende jaar word keiser Decius in 'n moeras gelok, verslaan en dood gemaak. In 253 en 254 volg nog 'n aantal minder suksesvolle aanvalle. Na 256 verdwyn Romeinse inskripsies uit Dacië, waarskynlik omdat die provinsie in die jaar verlore gaan aan die Tervingi. In 255 was 'n vloot gebruik, en met behulp hiervan word Klein-Asië in 255-257 aangeval, en word baie stede in Pontus, Bythinië en Propontus slagoffers van die Gote. In 268 volg <
- !wellicht/
- > die grootste aanval. 'n Vloot van Gote en Herule trek die keer langs die weskus van die Swart See en vaar deur die Dardanellen. In die Egeïse See word die groep na aanvalle op Lesbos en Athos in drie dele verdeel. Die eerste, Herulise, groep land by Thessaloniki, maar word vernietigend verslaan deur keiser Gallienus. Die tweede groep plunder Griekeland, maar word in 269 verslaan deur keiser Claudius II by Naissus (Nish). Hierna word die oorlewendes op die land agtervolg, en moes hulle uiteindelik oorgee. Die derde groep onderneem aanvalle op die kuste van Klein-Asië, Rhodos en Siprus, voor hulle deur Probus na die Swarte See teruggejaag word. Aurelianus behaal 'n groot oorwinning teen die Gote en die Dacise Carpi, en besluit daarna om Dacië te ontruim. Die besluit is skynbaar suksesvol, want die Gote hou hulle daarna rustig, en bevriend selfs die keiserryk, soos blyk uit die feit dat hulle in 297 troepe stuur om in die oorlog teen die Perse te help. Waarskynlik was hulle te besig met die besetting van Dacië, soos ook blyk uit die vlug van volke uit die gebied (die Bastarni, die Carpi en die Gepide) na die Romeinse Ryk. In hierdie tyd ontstaan twee belangrike Gotiese ryke, die van die Tervingi in die weste en dat van die Greuthingi in die ooste. Hulle grens word gevorm deur die Dnjestr en Proet riviere. Die Tervingi is rofweg die latere Wes-Gote, die Greuthingi die Oos-Gote, al is die werklikheid ingewikkelder.

Die vierde eeu

In die jare wat volg was daar tog weer reëlmatig invalle vanuit die voormalige Dacië oor die Donau wat nou weer die grens was. Konstantyn die Grote was bewus van die gevaar en bou uitgebreide versterkings langs die lang Donaugrens (324). In 332 word die Tervingi foederati, volke buite die ryk wat met die Romeine verbind is, al is dit waarskynlik dat hulle die status ook al eerder gehad het. In die algemeen was die verhoudinge tussen die Romeine en die Gote in die eeu vanaf 269 vriendelik, die Donau was selfs 'n 'oop grens' vir handelaars tot 369, waar die Romeine normaalweg die soort kontak tot enkele spesifieke grensposte beperk het. Rondom 365 was daar tog weer invalle van barbare, waarskynlik Gote, in die Balkan. Procopius, wat gestuur is om hulle te bestry, laat hom tot keiser uitroep, daarmee gesteun deur die Tervingi onder Athanarik. Ook sy opvolger Marcellus laat hom in sy keisersaspirasies steun deur die Gote. Keiser Valens onderneem hierna 'n strafekspedisie teen die Gote, wat hom nie laat aantrek deur hulle verweer dat hulle slegs gereageer het op 'n skynbaar bona fide Romeinse versoek om hulp nie. Dit kom tweemaal tot 'n veldslag, wat beide deur die Romeine gewen is, dog slaag Athanarik daarin om sy troepe betyds terug te trek, en lei relatief geringe verliese. Vrede word gesluit, waarvolgens die Gote enkele konsessies moes maak, maar die situasie van voor 365 werd grotendeels herstel. Onder die Tervingi kom dit in die volgende jare tot 'n stryd tussen die anti-christelike Athanarik en die deur die Romeine en Valens gesteunde Fritigern.

Die Hunne

Van die Greuthingi (Oos-Gote), wat verder van die Romeinse Ryk woon, weet ons minder. Rondom hierdie tyd word hulle geregeer deur 'n magtige en baie oorlogsliewende koning, Ermanarik. Hy bou 'n groot ryk op, al is dit nie duidelik hoe groot nie. Bronne beweer dat sy ryk uitstrek tot aan die Oosseekus, langs die Wolga en tot aan die Oeralgebergte, maar dit is vermoedelik oordrewe. In 375 word die Gote aangeval deur die Hunne, wat vroeër al die meer oostelike Alansonderwerp het. Van Ermanarik word vertel dat hy homself om die lewe bring toe hy nie in staat blyk om die Hunne te stop nie. Sommige historici vermoed dat dit hier om 'n poging gaan om die gode gunstig te stem vir sy volk deur homself te offer. Indien dit die geval is, het dit nie gewerk nie, en die Greuthingi/Oos-Gote vlug weswaarts, na die gebied van die Tervingi. Athanarik laat sy leërs posisie opneem by die Dnjestr, maar moes onder druk van die Hunne terugtrek. Ook 'n tweede poging om meer westelik met behulp van 'n groot muur 'n verdedigingslinie op te trek word deur aanvalle van die Hunne verydel. Hierna besluit die grootste deel van die Tervingi, onder Fritigern en Alavivus om na die Romeinse Ryk te vlug. Ook die Greuthingi, onder Alatheus en Saphrax staan aan die oewer van die Donau om toestemming te vra om binne te trek. Die Tervingi kry toestemming, die Greuthingi nie, maar in die latere skermutselings kon ook hulle oorsteek, en so trek die groep wat later die Wes-gote sou word die Romeinse Ryk binne. Ander Gote, waaronder Athanarik, trek terug na Transsilvanië, en hou daar 'n Gotiese ryk totdat die gebied ook deur die Hunne beset word, waarskynlik kort na 400. Na die dood van Attila, toe die Hunneryk uitmekaar val, was die Gote onder die eerste wat hulle onafhanklikheid herwin. Hierdie raak bekend as die Oos-Gote of Ostrogote, na Ostrogota, die eerste koning van die Oos-Gote (Greuthingi).

Religie

Gedurende die vierde eeu was die christendom in opmars onder die Gote, en uiteindelik word hulle christen, deels danksy die werk van Ulfila, die 'apostel van die Gote', wat bekend geword het vanweë sy vertaling van die Bybel in Goties. Hy ontwerp hiervoor 'n spesiaal Gotiese alfabet, gebaseer op die Griekse alfabet, maar met elemente vanuit die Romeinse alfabet en die runiesealfabet. Die Gote val egter nie onder die katolieke geloof nie, maar was Ariane. Hierdie stroming verskil van die ortodokse katolisisme daarin dat hulle nie glo dat Jesus en God dieselfde entiteit is nie, maar dat Jesus as 'n aparte, aan God ondergeskikte skepping, bestaan.

Bekende Gote


- Ostrogota, stamvader der Oos-Gote
- Ulfila, biskop en bybelvertaler
- Ermanarik, koning van die Greuthingi (Oos-Gote)
- Athanarik, regter (heerser) van die Tervingi
- Fritigern, leier van die Wes-Gote
- Alarik, koning van die Wes-Gote
- Eurik, koning van die Wes-Gote
- Theoderik de Grote, koning van die Oos-Gote

Sien ook


- Wes-Gote
- Oos-Gote
- Goties
- KrimgotiesKategorie:Romeinse oudheidKategorie:Germaans volkja:ゴート族ko:고트족

Franke

Die Franke was 'n Germaanse volk wat sover bekend vanaf die begin van huidige jaartelling in die huidige Duitsland gewoon het. Hulle kultuur, taal en daaglikse lewens was soortgelyk aan die van verwante Germaanse volke. Daar word aangeneem dat die Franke oorspronklik ontstaan het as 'n vereniging van diverse Germaanse stamme (Latyns: Usipeti, Tencteri, Sugambri en Bructeri) wat die Rynvallei en gebiede direk oos daarvan bewoon het. Gregorius van Tours wat rond 570 'n geskiedenis van die Franke geskryf het, sê dat koning Clovis 'n 'Sicamber' genoem word.

Oorname van die Romeinse gesag

Die (Saliese) Franke dring vanaf 290 oor die grens van die Romeinse Rijk, die Ryn. In 355 verkry hulle van die Romeinse keiser toestemming om as 'bondgenote' op Romeinse gebied in die Skeldevallei en tussen die groot riviere te vestig, om daarna die hele Nederland-benede-die-riviere plus die huidige Vlaandere in besit te neem. Soos later Engeland verloor die gebied so sy Latynse karakter. In die vyfde eeu n.C. stort die Romeinse gesag in Wes-Europa in duie. In die noordelike Europese streke beteken dit dat die beskawing grotendeels 'n terugval in die prehistorie beleef. Daarom is daar maar weinig betroubare inligtingsbronne oor hierdie tydperk. In 486 -tien jaar na die aftreë van die laaste Wes-Romeinse keiser- verslaan die Frankiese koning Clovis die laaste Romeinse generaal, Syagrius, by Parys. Hulle rig hulle uitbreiding vervolgens op die welvarende suide en van hieruit verower hulle eerstens geleidelik Gallië. Gallië kry die naam Frankryk (die ryk van die Franke), na aanleiding van hulle nuwe heersers. In die 6de tot 8ste eeu verower hulle geleidelik ook die Germaanse stamlande oor die Ryn en Donau, rofweg die gebiede van die huidige Duitsland en Oostenryk. Onder die Karolingiese dinastie beset die Franke ook nog groot dele van Spanje en Italië en word daarmee die magtigste nuwe staat sedert die val van die (Wes-)Romeinse Ryk.

Die einde van die Franke as aparte volk

In die voorheen Romeinse streke word die Franke geleidelik in die Latynstalige bevolking, wat getalsgewys veel groter was as die klein groep Frankiese heersers, geassimileer. Díe proses het egter baie tyd geneem. Die Frankiese konings hou tot na Karel die Grote (Frans Charlemagne) aan om hulle eie Germaanse dialek te praat.

Situasie in Nederland en België

Die huidige outochtone Nederlanders is grotendeels 'n vermenging van Franke en ander Germaanse stamme. Nederlands en dus Afrikaans, stam daarom waarskynlik vir 'n groot deel af van Nederfrankiese dialekte. Daar het baie min dokumente bewaar gebly wat hierdie veronderstelling kan bevestig. Die Franke het altyd Latyn gebruik as skryftaal. In die gebied van die huidige België is die etniese bewoners in Wallonië grotendeels nog Kelties/Romaans en verder noord is die Frankies/Germaanse element sterker. In die noordelike dele van Nederland het die Friese vir 'n lang tyd die oppermag, veral langs die kus. Die Franke gaan reeds vroeg, omstreeks 490, tot die katolieke christendom oor. Utrecht was lank 'n Frankiese bolwerk van waaruit probeer is om ook die Friese te kersten (en te onderwerp). Uit díe tyd, die einde van die 8ste eeu, stam die Utrechtse doopgelofte:
- Forsachistu diabolae (?).
  - (respondeat:) ec forsacho diabolae.
- end allum diobol gelde (?)
  - (respondeat:) end ec forsacho allum diobolgelde
- end allum dioboles uuercum (?)
  - (respondeat:) end ec forsacho allum diaboles uuercum and wordum thunaer ande uuoden ende saxnote ende allvm them unholdum the hira genotas sint.
- Versaak jy die duivel?
  - (antwoord): ek versaak die duiwel.
- en die duiwelsdiens?
  - (antwoord): en ek versaak alle duiwelsdiens.
- en alle werke van die duiwel?
  - (antwoord): en ek versaak alle duiwelswerke en -woorde, Donar en Wodan en Saksnoot en alle demone die hulle makkers is'. Sien ook: Lys van konings die FrankeKategorie:Frankiese RykKategorie:Germaanse volkals:Franken (Volk)ja:フランク人

Nice

Nice (SAMPA en IPA uitspraak: [ni:s] soos Engelse "niece"; ItaliaansNizza, ProvençalNiça of Nissa) is 'n stad in Suid-Frankryk geleë langs die Middelandse See, tussen Cannes en Monaco. Dit is die préfecture (administratiewe hoofstad) van die Alpes-Maritimesdépartement. Die stad is 'n groot toerismesentrum en hoofoord op die Franse Riviera - Côte d'Azur. Die bevolking in 1990 was 345 700. Category:Frankrykja:ニースnb:Nice

Genua

Genua (Italiaans: Genova, Frans: Gênes) is 'n belangrike hawestad in Noord-Italië, hoofstad van die historiese landskap Ligurië en die huidige provinsie Genua, met sowat 590 000 inwoners. Die agglomerasie van Genua het sowat 800 000 inwoners (2004). Die stad is die setel van 'n aartsbiskop en 'n universiteit. Die ou stadskern behoort tot die grootstes in Europa, en die stad spog met talle historiese paleise in 'n verskeidenheid boustyle. Naas die hawe is die skeepsbou en die yster-, staal-, papier-, tekstiel- en chemiese nywerheid die ekonomiese basis van die stad. Ook voedselverwerking en handel lewer 'n groot bydrae tot Genua se ekonomie.

Geskiedenis

Genua ontwikkel tydens die 10de eeu tot 'n onafhanklike stadrepubliek en eersterangse see- en handelsmag, wat ook groot ele van sy agterland oorheers. In 934 verwoes die Arabiese Sarasene die stad, tog verslaan Genua in 1016 saam met die stad Pisa die Sarasene in 'n seegeveg. Genua verdank 'n groot deel van sy politieke en ekonomiese mag net soos Pisa aan die tydperk van die kruistogte. Albei stede se vlote neem aan die Eerste Kruistog deel en voorsien die kruisvaarderleërs tydens die beleg van Jerusalem in 1099 met voorrade. In 1105 word aan Genua die reg toegestaan om in die hawestad Akko 'n handelspos op te rig, wat van die meeste doeanes vrygestel word. Danksy die monopolie in die handel met die oosterse gebiede van die Middellandse See verwerf Genua rykdom en politieke mag. As die hoofstad van 'n aansienlike koloniale ryk groei Genua tydens die 12de eeu vinnig tot meer as 100 000 inwoners. Na 'n honderdjarige oorlog word ook Pisa as Genua se belangrikste mededinger uit die weg geruim. Pisa verloor tot by die einde van die 13de eeu 'n aansienlike deel van sy magsgebied, insluitende Korsika, Elba en Sardinië. Genua word die magtigste staat in die westelike deel van die Middellandse See en win die Griekse keiser van Byzantium as 'n bondgenoot vir sy magsuitbreiding in die oostelike deel. Sedert 1256 is Venesië en Genua felle teenstanders. 1261 werp Genua in ruiling vir handelsvoorregte in Konstantinopel die Latynse Keiserryk omver, 'n bondgenoot van sy mededinger Venesië. Genua slaag vervolgens daarin om Venesië as vernaamste Europese handelsmag in die oostelike seegebied af te los. Venesië] 'n Aantal Griekse eilande soos Rhodos en Samos word vorstedomme onder die heerskappy van Genuese adellikes, en die stad stig winsgewende kolonies langs die kus van die Swart See, onder meer op die Krim-skiereiland. Die binnelandse magstryd tussen keiser- en pousgesinde Ghibelline en Guelfe, aristokratiese en demokratiese politieke vleuels en die leidende adellike gesinne, soos die Doria, Fieschi en Grimaldi, verswak die Genuese magsposisie op die internsionale toneel. Na 'n wysiging van sy grondwet word Genua vanaf 1339 deur doges regeer, die heersertitel word erflik. Na 1353 kom Genua onder die invloed van afwisselend Frankryk en die Italiaanse stad Milaan. Milaan Die stryd teen Venesië eindig met Genua se neerlaag in die jaar 1381. Die Genuese vloot word naby Chioggia vernietig. Ook op ekonomiese gebied ervaar Genua teenspoed; die Turke begin geleidelik die handel met die Levant oorneem. Na die Turkse verowering van Konstantinopel raak Genua sy besittings in die ooste volledig kwyt. Genua is een van die sentrums van die vroeë kapitalisme en beskik oor hoogs ontwikkelde banke en handelsmaatskappye. Om die ekonomiese verval te keer, probeer Genua nuwe handelsroetes te ontwikkel. Na die ontdekking van Amerika begin die ekonomiese swaartepunt egter van die Middellandse See en sy handelsmonopolies wegbeweeg. Genua se posisie verswak dus verder. Frankryk word Venesië se opvolger as grootste buitelandse bedreiging en begin Genua feitlik oorheers. In 1529 word die Franse maghebbers deur Andrea Doria verdryf, sameswerings lei egter weer tot politieke instabiliteit. Frankryk trek voordeel uit die onluste. 1684 word Genua deur Franse oorlogskepe onder vuur geneem. In 1768 moet Genua die eiland Korsika aan Frankryk verkoop. 1797 stig Napoléon I Bonaparte die Liguriese Republiek, 'n satellietstaat van Frankryk. 1805 word Genua by die Franse keiserryk, tien jaar later by Piemont-Sardinië ingelyf. Tydens die 19de en 20ste eeu beleef Genua 'n ekonomiese opbloei en ontwikkel tot 'n moderne hawestad, wat die nywerhede van die Po-vlakte met die wêreld verbind. Die ekonomiese konferensie van 1922 is die eerste internasionale byeenkoms na die Eerste Wêreldoorlog, waaraan Duitsland weer mag deelneem. Ondanks Frankryk se bedenking geniet die Duitse delegasie die gelyke regte. As gevolg van die konferensie sluit Duitsland en die Sowjetunie, wat destyds op internasionale vlak nog geïsoleer bly, die ooreenkoms van Rapallo. Category:Italiëja:ジェノヴァko:제노바

1162

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
609 v.C.608 v.C.607 v.C.606 v.C.605 v.C.604 v.C.603 v.C.602 v.C.601 v.C.600 v.C.
599 v.C.598 v.C.597 v.C.596 v.C.595 v.C.594 v.C.593 v.C.592 v.C.591 v.C.590 v.C.
589 v.C.588 v.C.587 v.C.586 v.C.585 v.C.584 v.C.583 v.C.582 v.C.581 v.C.580 v.C.
579 v.C.578 v.C.577 v.C.576 v.C.575 v.C.574 v.C.573 v.C.572 v.C.571 v.C.570 v.C.
569 v.C.568 v.C.567 v.C.566 v.C.565 v.C.564 v.C.563 v.C.562 v.C.561 v.C.560 v.C.
559 v.C.558 v.C.557 v.C.556 v.C.555 v.C.554 v.C.553 v.C.552 v.C.551 v.C.550 v.C.
549 v.C.548 v.C.547 v.C.546 v.C.545 v.C.544 v.C.543 v.C.542 v.C.541 v.C.540 v.C.
539 v.C.538 v.C.537 v.C.536 v.C.535 v.C.534 v.C.533 v.C.532 v.C.531 v.C.530 v.C.
529 v.C.528 v.C.527 v.C.526 v.C.525 v.C.524 v.C.523 v.C.522 v.C.521 v.C.520 v.C.
519 v.C.518 v.C.517 v.C.516 v.C.515 v.C.514 v.C.513 v.C.512 v.C.511 v.C.510 v.C.
509 v.C.508 v.C.507 v.C.506 v.C.505 v.C.504 v.C.503 v.C.502 v.C.501 v.C.500 v.C.
11de eeu12de eeu13de eeu
1159116011611162116311641165
Kategorie:12de eeu ko:1162년

1191

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
11de eeu12de eeu13de eeu
1188118911901191119211931194
Kategorie:12de eeu ko:1191년 simple:1191

1215

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
12de eeu13de eeu14de eeu
1212121312141215121612171218
Kategorie:13de eeu ko:1215년

1297

Gebeure


- François Grimaldi, 'n lid van die Guelfe-party, verower die Ghibelline-vesting, wat die rots van Monaco beskerm. Hy begin sy heerskappy as Rainier I en word die stamvader van die Huis van Grimaldi.
- Lodewyk IX word vanweë sy asketiese leefstyl en wonderlike genesings by sy graf deur pous Bonifatius VIII heilig verklaar.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
12de eeu13de eeu14de eeu
1294129512961297129812991300
Kategorie:13de eeu ko:1297년

Menton

Menton (Italiaans Mentone) is 'n stad in die Franse département Alpes-Maritimes aan die Côte d'Azur met sowat 30 000 inwoners.

Ligging en klimaat

Danksy die ligging met die See-Alpe se uitlopers in die agterland geniet die stad 'n baie milde klimaat met warm somers. Menton is ook gedurende die winter die warmste vakansieoord van die Côte d'Azur, met baie min dae waar die temperature tot by die vriespunt daal. Die stad is reeds in die 19de eeu 'n gewilde vakansieoord vir welgestelde Engelse toeriste, wat die winter op hul eiland wil ontvlug.

Geskiedenis

Die naam Menton is afgelei van Mont d'Othon. In die Romeinse tydperk word die baai van Menton Pacis Sinus genoem (Vreedsame Baai). Tot by die jaar 1157 is Menton 'n besitting van die grawe van Ventimiglia. Daarna staan dit eers onder die heerskappy van die adellike gesin Vento uit Genua en later - saam met Roquebrune - van die vorstehuis Grimaldi uit Monaco. Na 'n opstand teen die Monegaskiese bewind en sy belastingswette verklaar die burgers die gebied tot 'n onafhanklike republiek; vervolgens verkoop die vorstehuis Menton en Roquebrun aan die Franse keiser Napoléon III. In 'n referendum stem die burgers in 1861 vir die inlywing by Frankryk. Die ekonomiese opbloei van die gebied begin teen die einde van die 19de eeu, toe die heilsame klimaat vir tuberkulose-pasiënte aanbeveel word. Sedert 1884 verbind 'n spoorweg die stad met die res van Frankryk. Tydens die Eerste Wêreldoorlog bly baie gewonde soldate in die stad. Na die Franse oorgawe tydens die Tweede Wêreldoorlog beset Italiaanse troepe die stad en word eers in 1944 na hewige gevegte weer verdryf. Aangesien Noord-Italië nou die welvarendste streek van die Europese Unie geword het, kan baie Italiaanse burgers vandag 'n villa of woonstel in Menton bekostig.

Ekonomie

Die toerisme en dienstesektor vorm die ekonomiese basis van Menton. Baie burgers het 'n werkgeleentheid in Nice of Monaco gevind, terwyl die boubedryf deur Italiaanse ondernemings oorheers word. Die landbou, wat in die 19de eeu veral op suurlemoene steun, is nou minder belangrik. Suurlemoenkonfyt uit Menton is egter nog steeds 'n gewilde soewenier. Die suurlemoene en lemoene, wat as dekorasie vir die jaarlikse "Suurlemoenfees" benodig word, is invoere uit Spanje.

Besienswaardighede

Die ou stadskern met sy pastelkleurige fasades het nog steeds 'n Italiaanse voorkoms. Menton beskik oor 'n groot aantal parke en tuine met subtropiese plantspesies, veral in die voorstad Gavan.

Kerke


- Die katedraal Saint-Michel van 1675 bekoor met sy barok-boustyl. Die mosaiek voor die kerk vertoon die wapen van die Grimaldi-gesin, wat eeue lank oor die stad heers.
- Die Kapusynklooster L'Annonciade dateer uit die 18de eeu en dien as 'n uitkykplek. Category:Frankryk

1419

Gebeure


- 30 Julie - Tydens die eerste Praagse venstergooi (Duits: Fenstersturz) gooi aanhangers van die hervormer Johannes Hus die katolieke stadsraad by die venster uit.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
13de eeu14de eeu15de eeu
1416141714181419142014211422
Kategorie:15de eeu ko:1419년

1489

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
13de eeu14de eeu15de eeu
1486148714881489149014911492
Kategorie:15de eeu ko:1489년

1612

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1609161016111612161316141615
Kategorie:17de eeu ko:1612년

1789

Gebeure


- 14 Julie - Die Franse Rewolusie begin met die storm op die gevangenis Bastille in Parys
- George Washington word die eerste president van die Verenigde State

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
17de eeu18de eeu19de eeu
1786178717881789179017911792
Kategorie:18de eeu ko:1789년 simple:1789

1814

Gebeure


- 04-94 Napoleon tree af vir die eerste keer.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1811181218131814181518161817
Kategorie:19de eeu ko:1814년

1860

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1857185818591860186118621863
Kategorie:19de eeu ko:1860년

1848

Gebeure


- 3 November - 'n Veranderde Hollandse grondwet word geproklameer. Die koninklike mag word beperk.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1845184618471848184918501851
Kategorie:19de eeu ko:1848년 simple:1848

1861

Gebeure


- 27 Januarie - Ds. A.J. Begemann word as die eerste predikant van Pretoria bevestig.
- 24 Junie - Tennessee word die 11de staat wat van die VSA afskei.

Geboortes


- 15 Ferbruarie - Alfred North Whitehead - Filosofie

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1858185918601861186218631864
Kategorie:19de eeu ko:1861년

1889

Gebeure


- 31 Maart - In Parys word die Eiffeltoring ingewy

Geboortes


- April 20- Adolf Hitler
- Paul Nash - Waterverfskilder

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1886189718881889189018911892
Kategorie:19de eeu ko:1889년

1865

Gebeure


- 2 April In die VSA burgeroorlog vlug president Jefferson Davis van die CSA en die meeste van sy kabinet hul hoofstad Richmond.
- 9 April Die VSA burgeroorlog eindig met Robert E. Lee se oorgawe.
- 24 Desember - Die Ku Klux Klan word deur die veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog gestig.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1862186318641865186618671868
Kategorie:19de eeu ko:1865년 simple:1865

Nevada Smith

Nevada Smith is a 1966 Western, released by Paramount Pictures, produced and directed by Henry Hathaway. It stars Steve McQueen as the title character, an assumed name (his real name is Max Sand) which hides his purpose of revenge when he joins a gang of outlaws led by Karl Malden, one of three men who killed Max's white father and Indian mother (