Die oppervlakte dui die grootte van 'n 2-dimensionele gebied aan. Dit kan die oppervlakte wees an 'n tweedimensionele vorm maar ook die oppervlakte van 'n driedimensionele varm wees. Die term oppervlakte word ook dikwels gebruik om die grootte van 'n stuk grond ('n Plaas, erf of 'n land) aan te dui.
Die SI-eenheid van oppervlakte is die vierkante meter, m2. Dit is 'n afgeleide eenheid van die SI-eenheid, meter.
Vir 'n lys van nie SI-eenhede sien oppervlakeenhede.
Vergelykings
Oppervlakte kan as volg bereken word:
:: (2D-oppervlak)
:: (3D-oppervlak),
waar daar oor die oppervlak geïntegreer word.
2D
Die oppervlakte van verskeie tweedimensionele voorwerpe:
- Oppervlakte van 'n vierkant: lengte × lengte.
- Oppervlakte van 'n reghoek: lengte × breedte.
- Oppervlakte van 'n ruit: hoogte × breedte.
- Oppervlakte van 'n driehoek: ½ × basis × hoogte.
- die oppervlakte kan ook met behulp van die formule van Heron bereken word.
- Oppervlakte van 'n sirkel: π r2 (waarin r die straal van die sirkel is).
- (Vir praktiese redes kan bogenoemde vergelyking ook in terme van diameter (D) (=2·r) geskryf word (Diameter is dikwels makliker bepaalbaar) π D2 /4
3D
Die oppervlakte van verskeie driedimensionele voorwerpe:
- Oppervlakte van 'n kubus: 6 s², waarin s die lengte is van 'n sy van die kubus.
- Oppervlakte van 'n reghoekige blok: 2 ((l × w) + (l × h) + (w × h)), waar l, w en h onderskeidelik die lengte, breedte en hoogte van die blok is.
- Oppervlakte van 'n bol: 4 π r² waarin r die straal van die bol is.
- Oppervlakte van 'n silinder: 2 π r (h + r), waarin r die straal van die sirkelvormige basis is, en h die hoogte van die silinder.
- Oppervlakte van 'n kegel: π r (r + √(r² + h²)), waarin r die straal van die sirkelvormige basis is, en h die hoogte van die kegel is.
Wiskundige afleiding
Deur gebruik te maak van :
- reghoek: (b: breedte, l: lengte)
- sirkel: . Uiteraard is dit eleganter om die sirkel polêr te beskryf en in 'n polêre assestelsel te integreer.
Die internasionale eenheidstelsel (genoem die SI-stelsel vanuit die Franse frase, Système International d'Unités) is die mees gebruikte stelsel van eenhede in die wêreld. Dit word in alledaagse handel gebruik in byna elke land buiten die Verenigde State, Liberië en Myanmar en word ook wêreldwyd gebruik vir wetenskaplike en ingenieurswerk. In 1960, is SI gekies as die beste sub-stel van die bestaande meter-kilogram-sekonde (MKS) stelsel van eenhede eerder as die ouer centimeter-gram-sekonde (CGS) eenheidstelsel. Verskeie nuwe eenhede is later bygevoeg. Daar word soms na die SI-stelsel verwys as die metrieke stelsel (veral in die Verenigde State, wat dit nog nie aangeneem het nie al het die gebruik daar begin toeneem). Die internasionale eenheidstelsel verwys na 'n spesifieke groep mates wat afgelei en uitgebrei is vanuit die metrieke stelsel; alle metrieke eenhede word egter nie as SI-eenhede aanvaar nie.
Daar is sewe basiseenhede en verskeie afgeleide eenhede, saam met 'n stel voorvoegsels. Eenhede wat nie SI-eenhede is nie kan omgeskakel word na SI-eenhede (of omgekeerd) deur die omskakeling van eenhede. Byna alle sulke eenhede is al geherdefinieer in terme van die SI-eenhede.
Oorsprong
Daar word op die eenhede van die SI-stelsel deur 'n reeks internasionale konferensies besluit wat deur die standaarde-organisasieBureau International des Poids et Mesures (Internasionale Buro van Gewigte en Mates) gereël word. Die SI het eers sy naam in 1960 gekry en die laaste byvoeging het in 1971 plaasgevind.
Die ware oorsprong van die SI of metrieke stelsel dateer terug na ongeveer 1640. Dit is uitgevind deur Franse wetenskaplikes en het 'n groot hupstoot in terme van gewildheid gekry tydens die Franse Rewolusie van 1789. Die metrieke stelsel het gepoog om eenhede te kies wat nie arbitrêr vasgestel is nie, wat dog steeds prakties sou wees, en wat mooi ingeskakel het met die rewolusie se amptelike ideologie van suiwere rede; dit is voorgestel as 'n noemenswaardige verbetering oor die inkonsekwente eenhede wat voor dit in gebruik was en waarvan die waarde dikwels afgehang het van die streek.
Die belangrikste eenheid is dié van lengte: een meter was bedoel om gelyk aan 1/10 000 000de van die afstand van die pole tot by die ekwator langs die lengtelyn deur Parys af te wees. Die afstand is ongeveer 10% langer as 'n jaart. Later is 'n platinumstaaf met 'n onbuigsame deursnee in die vorm van 'n X vervaardig om as 'n maklik bruikbare standaard te gebruik om 'n meter se lengte te bevestig. Vanweë die feit dat dit moeilik was om die lengte van 'n meridiaankwadrant in die 18de eeu te meet, was die eerste platinum prototipe 0,2 millimeters te kort. Daar is toe later besluit om 'n veelvoud van 'n spesifieke straling se golflengte te gebruik om die (onveranderde) lengte op 'n abstrakte manier te definieer en uiteindelik is daar besluit om die meter te definieer as die afstand wat lig in 'n spesifieke typerk aflê in 'n vakuum.
Die oorsprongklike basiseenheid van massa in die metrieke stelsel was die gram, maar dit is vinnig verander na kilogram, wat gedefinieer is as die massa van suiwer gedistilleerde water by sy hoogste digtheid (+3.98 grade Celsius) wat in 'n kubus waarvan die kante afmetings het van 1/10de van 'n meter. Een kilogram is ongeveer 2.2 pond. Die kubiese ruimte is ook 'n liter genoem sodat die volumes van verskillende vloeistowwe maklik daarmee vergelyk kon word. Teen 1799 is 'n platinumsilinder vervaardig om as die standaardgewig vir 'n kilogram te dien, dus het geen watergebaseerde standaard ooit gedien as die primêre standaard toe die metrieke stelsel elders in gebruik geneem is nie. In 1890 is die silinder met 'n ander vervang wat uit 90% platinum-, 10% iridiumlegering bestaan het en het sedertien as die standaard bly dien en word in 'n kluis iewers in Parys bewaar.
Die kilogram is die enigste basiseenheid wat nie herdefinieer is in terme van 'n onveranderende natuurlike verskynsel nie. Wetenskaplikes het egter by die Royal Society in Londen 'n beroep gedoen dat die massa van die standaard kilogram in Parys vervang moet word as die amptelike definisie en dat dit vervang moet word deur 'n onveranderlike natuur-eienskap (eerder as deur 'n fisiese voorwerp waarvan die massa effens kan verander), maar 'n besluit oor die herdefiniëring kan eers in 2007 geneem word.
Die eenheid van temperatuur het die centigraad of omgekeerde Celsius graad geword, wat beteken dat die kwikskaal opgedeel word in 100 gelyke dele tussen die temperatuur van 'n water-ys mengsel en die kookpunt van suiwer, gedistilleerde water (by seevlak). So word die temperatuur van kookwater dan 100 grade Celsius en die vriespunt van water, 0 grade Celsius. 'n Honderd jaar later het wetenskaplikes die bestaan van 'n absolute nul temperatuur vasgestel. Dit het toe die daarstel van 'n nuwe temperatuurskaal genoodsaak, wat die absolute skaal of kelvinskaal genoem word, wat die nulpunt verskuif maar nog steeds 'n 100 kelvin tussen die vriespunt en kookpunt van water beslaan.
Die metrieke eenheid van tyd het die sekonde geword en is oorspronklik as 1/86 400ste van 'n gemiddelde Sondag gedefinieer. Die formele definisie van die sekonde is verskeie kere verander vanweë gevorderde wetenskaplike vereistes (sterrekundige waarnemings, stemvurkhorlosie, kwartshorlosie en toe die sesium-atoomhorlosie) maar die gebruikers van polshorlosies sou nie die verskil agterkom nie.
Die vinnige wêreldwye ingebruikneming van die metrieke stelsel vir ekonomiese en alledaagse gebruik het plaasgevind hoofsaaklik omdat baie lande nie hul eie gebruiklike stelsels gehad het om baie begrippe te beskryf nie, of in ander lande om vinnige standardisasie teweeg te bring tussen die verskeie streke se stelsels. Internasionale faktore het ook die ingebruikneming van die metrieke stelsel beïnvloed, omdat baie lande hulle handel sodoende kon verhoog. Wetenskaplike werk met klein en groot hoeveelhede word ook makliker gemaak omdat dit so goed inval by die desimale syferstelsel.
Basis
Die SI-stelsel is op sewe basiseenhede gebou, die kilogram, meter, sekonde, ampère, kelvin, mol en kandela. Hierdie eenhede word gebruik om die verskeie afgeleide eenhede te definieer.
Die SI-stelsel definieer ook 'n aantal SI-voorvoegsels om saam met die eenhede te gebruik: wanneer enige van hierdie met 'n eenheidnaam gebruik word, definieer dit die aantal onderverdelings of veelvoude van die eenheid. Die voorvoegsel kilo stel veelvoude van 'n duisend voor, dus is die kilometer 'n 1 000 meter, die kilogram 'n 1 000 gram ensovoorts. Neem kennis dat 'n miljoenste van 'n kilogram 'n milligram is en nie 'n mikrokilogram nie.
SI-skryfstyl
- Simbole word in kleinletters geskryf, behalwe vir die simbole wat afgelei word van die naam van 'n persoon. Dit beteken dat die simbool van die SI-eenheid vir druk, wat na Blaise Pascal vernoem is, Pa is. Die amptelike SI-brosjure lys die simbool vir die liter as 'n toegelate uitsondering op die hoofletter reël en kan dit met of 'n hoof- of kleinletter geskryf word.
- Simbole word in enkelvoud geskryf, bv 25 kg (en nie "25 kge" nie).
- Simbole, anders as afkortings, het nie 'n punt (.) aan die einde nie.
- Dit word verkies dat die simbool in 'n regop Romeinse letters geskryf word (byvoorbeeld, m vir meter en K vir kelvin) om dit van wiskundige en fisiese veranderlikes te onderskei. Liter word egter met l (skuinsgedrukte kleinletter-l) aangedui om verwarring met die syfer 1 te voorkom. (2002-AWS)
- 'n Spasie moet tussen die getalle en die simbole gelaat word: 2.21 kg, 7.3·102m2. Daar is 'n uitsondering op hierdie reël. Die simbole vir vlakke se hoeke in grade, minute en sekondes ( °, ′ en ″) word direk na die getal geplaas met geen spasie tussenin nie.
- SI gebruik spasies om desimale syfers in stelle van drie te skei. Bv. 1 000 000 of 342 142 (in teenstelling met die kommas en punte van ander stelsels, bv. 1,000,000 of 1.000.000).
- SI het tot 1997 slegs die komma as skeiding vir desimale breuke gebruik. Die getal vier en twintig en een en vyftig honderdes sou toe nog as "24,51 geskryf gewees het. In 1997 het die CIPM besluit dat die Britse punt as die desimale skeiding gebruik sou word in teks waarvan die taal oorwegend Engels is ("24.51"); en sou die komma die desimale skeiding vir al die ander tale bly. (In Afrikaans word die desimale komma gebruik.)
- Simbole vir afgeleide eenhede wat gevorm word deur veelvoulde van ander eenhede, word gelas deur 'n spasie of 'n punt op die middel van die lyn (·), bv. N m of N·m.
- Simbole wat gevorm word deur die kwosiënt van twee eenhede word met 'n vorentoe skuinsstreep (/) geskei of as 'n negatiewe eksponent aangetoon, bv. m/s, m s-1, m·s-1 of . 'n Solidus (skuinsstreep) moet nie gebruik word as die resultaat daarvan dubbelsinnig is nie bv. gebruik kg·m-1·s-2, en nie "kg/m/s2" nie.
Op 'n paar uitsonderings na (soos bierverkope in die Verenigde Koninkryk) kan die stelsel wettig gebruik word in alle lande in die wêreld en onderhou baie lande nie meer definies van ander eenhede nie. Die lande wat nog steeds amptelike erkenning aan nie SI-eenhede verleen (bv. Die V.S.A. en die VK) het moderne omskakelingsfaktore daarvoor gedefinieer. Landmetingsafstande is egter nie in die V.S.A. geherdefinieer nie vanweë die opgehoopte fout wat dit teweeg sou bring en daarom bly die landmetervoet en landmeterduim daar aparte eenhede. (In die Verenigde Koninkryk was dit nie 'n probleem nie want die landmetingsopnames was reeds in metrieke eenhede voor die Tweede Wêreldoorlog.
Eenhede
Basiseenhede
Die volgende eenhede is die fundamentele eenhede waaruit al die ander afgelei is, hulle is dimensioneel onafhanklik. Die definisies hieronder word algemeen aanvaar.
Dimensielose afgeleide eenhede
Die volgende SI eenhede word afgelei vanuit die basiseenhede en is dimensieloos.
Afgeleide eenhede met spesiale name
Basiseenhede kan saamgevoeg word om eenhede af te lei vir die meet van ander hoeveelhede. Sommiges het spesiale name gekry.
Nie SI-eenhede wat aanvaar is vir gebruik saam met SI
Die volgende eenhede is nie SI-eenhede nie maar word aanvaar vir gebruik saam met die SI stelsel.
SI-voorvoegsels
Die volgene SI-voorvoegsels kan gebruik word by enige van bostaande eenhede om 'n veelvoud of verdeling van die oorspronklike eenheid aan te dui.
Verouderde SI-voorvoegsels
Die volgende SI-voorvoegsels word nie meer gebruik nie.
Amptelik - [http://www.bipm.fr/en/si/ BIPM (SI-agentskap vir stelselonderhoud)] (tuisblad)
- [http://www.bipm.org/en/publications/brochure/ BIPM reference] (SI-verwysings)
- [http://www.iso.ch/iso/en/CatalogueDetailPage.CatalogueDetail?CSNUMBER=5448&ICS1=1 ISO 1000:1992 SI-eenhede en aanbevelings vir die gebruik van hulle veelvoude]
Inligting - [http://physics.nist.gov/cuu/Units/index.html US NIST reference on SI]
- [http://ts.nist.gov/ts/htdocs/200/202/pub814.htm#chart chart]
- [http://www.aticourses.com/international_system_units.htm SI – Die geskiedenis en gebruik daarvan in wetenskap en die nywerheid]
- [http://www.unc.edu/~rowlett/units/ 'n Woordeboek vir eenhede van mates]
- [http://www.unics.uni-hannover.de/ntr/russisch/si-einheiten.html5 Cyrillic transcription of SI symbols]
- Judson, Lewis B., Weights and Measures Standards of the United States: A brief history, NBS Special Publication 447, orig. iss. October 1963, updated March 1976 ([http://ts.nist.gov/ts/htdocs/200/202/SP%20447.pdf 46 page PDF file])
Pro-metrieke-stelsel drukgroepe
- [http://www.ukma.org.uk/ Die UK Metric Association]
Die meter (simbool: m) is die SI-basiseenheid van lengte. Dit word gedefinieer as die lengte van die pad wat lig in 'n absolute vakuum in 'n tydsinterval van 1 / 299 792 248 van 'n sekonde.
Deur 'n SI-voorvoegsel voor die meter te voeg kan veelvoude en breukdele aangedui word; byvoorbeeld kilometer (1000 meter; kilo- = 1000) en nanometer (een miljardste van 'n meter; nano- = 1 / 1 000 000 000).
Die woord self is afkomstig vanaf die Franse woord mètre wat op sy beurt afkomstig is vanaf die Griekse woord metron (μετρον), wat "'n mate" beteken.
In die agtiende eeu was daar by voorkeur twee benaderings tot die definisie van die standaard eenheid van lengte. Een voorstel was om die meter as die lengte van 'n pendulum met 'n periode van een sekonde. Die ander voorstel was om 'n meter as 'n tien miljoenste van die lengte van 'n kwadrant van die aarde se meridiaan te definieer. In 1791 het die Franse akademie vir wetenskap die meridionale definisie bo die pendulum-definisie aanvaar vanweë die effense veranderinge in swaartekrag oor die aardoppervlak wat dan die periode van die pendulum beïnvloed. In 1793 het Frankryk die meter met hierdie definisie as hul amptelike eenheid vir lengte aanvaar. Al is dit later vasgestel dat die eerste prototipe meterstaaf te kort was met 'n vyfde van 'n millimeter vanweë 'n berekeningsfout wat die mate waartoe die aarde afwyk van 'n sfeer (afplatting by die pole), is hierdie lengte as standaard aanvaar. Die omtrek van die Aarde deur die pole is dus ongeveer veertig miljoen meter.
Aarde-spektrum mate as basis aanvaar het. In 1983 is die definisie verander na 'n verband tussen die spoed van lig in 'n vakuum en 'n sekere tydsinterval.]]
In die 1870s en in die lig van meer akkurate meettegnologie is 'n reeks internasionale konferensies gehou om 'n nuwe metriese standaard daar te stel. Die Meter Konvensie (Convention du Mètre) van 1875 het 'n mandaat uitgereik vir die daarstel van 'n permanente Internasionale Buro van Mates en Gewigte (BIPM: Bureau International des Poids et Mesures) wat te Sèvres, Frankryk geleë is. Hierdie nuwe organisasie sou die nuwe prototipe meter en kilogram huisves wanneer dit vervaardig is en ook die nasionale metriese prototipes versprei en sou ook vergelykings tussen hulle en nie-metriese standaarde op 'n deurlopende grondslag doen.
Hierdie organisasie het 'n nuwe prototipe staaf in 1889 vervaardig by die eerste Algemene Konferensie oor Mates en Gewigte (CGPM: Conférence Générale des Poids et Mesures), wat die Internasionale Prototipe Meter as die afstand tussen twee lyne op 'n standaardstaaf van 'n legering bestaande uit 90% platinum en 10% iridium soos gemeet by die smeltpunt van ys.
In 1893 is die standaardmeter vir die eerste keer met behulp van 'n interferometer deur Albert. A. Michelson gemeet, die uitvinder van die toestel en voorsntander van die gebruik van 'n besondere golflengte van lig as 'n standaard mate vir afstand. Teen 1925 was interforometrie in algemene gebruik by die BIPM. Die Internasionale Prototipe Meter het egter die standaard gebly tot in 1960, toe die elfde CGPM die meter volgens die nuwe SI-stelsel gedefinieër het as gelykstaande aan 1 650 763.73 golflengtes van die oranje-rooiemissielyn in die elektromagnetiese spektrum van krypton-86 atome in 'n vakuum. Die oorspronklike prototipe van die meter word steeds by die BIPM gehou onder dieselfde toestande wat in 1889 gespesifiseer is.
Om verder onsekerheid uit die weg te ruim het die sewentiende CGPM van 1983 die definisie vervang tot sy huidige een en daarmee die lengte van die meter in terme van tyd en die spoed van lig uitgedruk:
:Die meter is die padlengte wat lig aflê in 'n vakuum tydens 'n tydsinterval van 1 /299 792 458 van 'n sekonde.
Neem kennis dat hierdie definisie die spoed van lig in 'n vakuum teen presies 299 792 459 meter vasstel. Definisies gebaseer op die fisiese eienskappe van lig is meer presies en reproduseerbaar omdat die eienskappe van lig as universeel konstant beskou word.
- [http://physics.nist.gov/cuu/Units/meter.html Geskiedenis van die meter by die U.S. National Institute of Standards and Technology (NIST)]
- [http://www1.bipm.org/en/scientific/length/ Bureau International des Poids et Measures - Lengte]
Kategorie:Eenhedeko:미터ms:Meterja:メートルsimple:Metreth:เมตร
Vierkant
'n Vierkant is n reghoekige voorwerp wat se 4 sye ewe lank is.
Om die oppervlakte uit te werk van n vierkant gebruik jy die formule lent x breedte x hoogte die oppervlakte is dan gelyk aan EENHEID KWADRAAD
ja:正方形ko:정사각형simple:Squareth:รูปสี่เหลี่ยมจัตุรัส
Kategorie:Meetkunde
Hierdie bladsy is 'n opsomming van alle Meetkunde verwante artikels op Wikipedia.
George Maciunas
George Maciunas (George Mačiūnas) ( - 8. November1931 in Kaunas; † 9. Mai1978 in Boston) war ein US-amerikanischer Künstler litauischer Abstammung. Er war Mitbegründer, Theoretiker und Propagandist der Fluxusbewegung.
Maciunas studierte Kunst, Architektur und Musikwissenschaften. 1961 nahm er in New York zusammen mit George Brecht, Al Hansen und Allan Kaprow an frühen Happenings teil. Ab 1962 und bis in die 70er Jahre veranstaltete er in Deutschland Fluxusveranstaltungen, u. a. mit Joseph Beuys.
Er verfasste zahlreiche Dokumentationen und sammelte und ordnete Artefakte zur Fluxuskunst. Wichtige Teile davon befinden sich in der Staatsgalerie Stuttgart und im Hessischen Landesmuseum Wiesbaden.
In Wiesbaden organisierte Maciunas die Internationalen Festspiele neuester Musik, die als erste Fluxusveranstaltungen angesehen werden. Die wichtigsten Teilnehmer waren neben Maciunas Nam June Paik, Dick Higgins, Wolf Vostell, Emmet Williams und die Komponisten Karlheinz Stockhausen und John Cage.
Siehe auch:Performance (Kunst), Aktionskunst
Bash
Bash (GNU Bourne again shell) on Posix-yhteensopiva komentotulkki ensisijaisesti Unix-käyttöjärjestelmille. Bash on alun perin kirjoitettu GNU-käyttöjärjestelmää varten ja on GPL-lisenssin alainen. Bash toimii ainakin valtaosassa UNIXin kaltaisia käyttöjärjestelmiä, mukaan lukien Linux-käyttöjärjestelmissä ja on käännetty my
Joutsen (tähdistö)
Joutsen (lat. Cygnus, gen. Cygni) on pohjoisen taivaan tähdistö, jonka poikki kulkee Linnunrata.
Tähdistössä on varsin runsaasti linnunradan sumuja, tähtijoukkoja ja mustia pölypilviä sekä kiinnostavia tähtiä.
Deneb (Alfa (α) Cygni) on paitsi Joutsenen myös koko tähtitaivaan absoluuttisesti kirkkaimpia tähtiä, 60 000 kertaa kirkkaampi kuin ESAn tiedeohjelman ehdotettu avaruuslento, jolla etsitään muiden tähtien Maan kaltaisia planeettoja. Avaruusalukset laukaistaan vuonna 2014. Avaruuslento kuuluu ESAn Cosmic Vision 2015/2025 -ohjelmaan, josta hyväksyttiin toukokuussa 2005 Helsingissä järjestetyssä ESAn tiedeohjelmakomitean kokouksessa.
Avaruuslento koostuu seitsemästä muodostelmassa lentävästä
Jousimies
:Jousimies on myös horoskooppimerkki.horoskooppimerkki
Jousimies (latinaksi Sagittarius, genetiiviSagittarii, lyhenne Sgr, merkki 20px )
on eteläinen eläinradan tähdistö.
Tämä tähtirikas, laaja eteläisen taivaan
Valhalla
Valhalla on skandinaavisessa mytologiassa jumala Odinin myyttinen halli, jonne urhoollisesti kuolleet soturit pääsivät nauttimaan toismaailmallisista syömingeistä ja juomingeistä valkyyrioiden tuotua heidät sinne. Samalla he myös taistelivat keskenään päivittäin, mutta heräsivät joka ilta uudestaan eloon jatkaakseen syöminkejä. Odin otti puolet sotureista, kun taas toinen puolikas kuului Freija
AKA
Nettislangi on Internetin keskustelupalstoilla sekä chateissa (mm. IRC), pikaviestimissä ja peleissä käytettyjä lyhenteitä ja ilmaisuja. Lyhenteet ovat yleensä englanninkielisiä, vaikka eri kieliryhmillä on myös omia lyhenteitä (esim. suomalaisessa IRC-galleriassa paljon käytetty