Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Québec (provinsie)

Québec (provinsie)

Québec is een van die tien provinsies van Kanada met 'n landoppervlakte van 1 540 687 km² en 7 568 640 inwoners (Januarie 2005). Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nouveau-Brunswick (Engels: New Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere - die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Saint-Laurentrivier tot die gematigde sone behoort. Die amptelike taal is Frans. Die grootste stede is Québec (stad), die provinsiale hoofstad, en Montréal.

Vlag en Nasionale Leuse

Montréal Québec se vlag, die fleurdelisé, is 'n wit kruis op 'n blou agtergrond (die simbool van 'n christelike nasie) met vier lelies (Fleur de Lys) wat die Franse monargie versinnebeeld. Hierdie vlag vervang op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou en word die amptelike vlag van die provinsie. Die Nasionale Leuse is "Je me souviens" (Ek herinner my) - 'n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis.

Geografie

Québec is Kanada se grootste provinsie en beslaan sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Québec se oppervlakte lê binne die Kanadese Skild, 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan. Die Sint-Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie en verbind danksy die Sint-Laurenswaterweg sedert die jaar 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan. Naas die Sint-Laurens beskik Québec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater. Québec word in die weste begrens deur die Hudsonbaai en die Engelstalige provinsie van Ontario, in die ooste van die Labradorsee, Newfoundland (Frans: Terre-Neuve) en Nouveau-Brunswick, en in die suide van die VSA-deelstate Maine, Vermont en New York. In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, Le Grand Nord Québécois, by die provinsie te voeg. Québec lê in die ooste van Kanada en word deur Ontario en die Hudsonbaai in die weste, die Atlantiese Oseaan in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate Maine, New Hampshire, Vermont en New York) in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens.

Bevolking

Die bevolking van die Province du Québec bestaan uit die afstammelinge van die Franse en Engelstalige setlaars en die Eerste Nasies (Premières Nations of Amerindians, veral Iroquois en Hurone, en Inuït). Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wêreld hulle in Québec gevestig. Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande 'n nuwe tuiste in Québec gevind. 83% van die totale bevolking praat Frans, sowat 12% is Engelstalig. Daar is minderhede van Sjinese, Portugees-, Grieks- en Italiaanstaliges. Die grootste deel van die Québécois leef langs die Fleuve Saint-Laurent (Saint-Laurentrivier). Engelstalig Terwyl die provinsie enkele dekades gelede nog die grootste natuurlike bevolkingsgroei in Kanada toon, het die geboortekoers nou tot 1,48 gedaal - minder dan die fertiliteitskoers van 2,1 wat nodig is om die huidige bevolkingsyfers in stand te hou. Met die taalstryd in die sewentigerjare het die Franse taal gewen: opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees. Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie; Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franses. Immigrante word deur die provinisiale regering gekies; in 'n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord-Afrikaners in die afgelope jare 'n verblyfpermit gekry. Voor die aankoms van die Franse setlaars is die gebied van die huidige provinsie die tuiste van 'n aantal Indiaanse stamme - die Eerste Nasies. Die Provinsie van Québec erken vandag elf nasies op sy gebied - die Inuït, die Mohawks (Irokese of Iroquois), die Innus, die Cris, die Algonkins, die Atikamekw, die Micmacs, die Hurone, die Abenakis, die Malesiete en die Naskapis. Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar. Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie. Die naam "Huroon" is afgelei van die eieaardige kapsels van die mans. Die Franse woord l'huire wat eintlik die opgesette borstels van 'n varken beskryf word tot "Huroon".

Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking

Geskiedenis

- 1534: Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspé en neem die land namens François I, koning van Frankryk, in besit.
- 1608: Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Saint-Laurentrivier, naby die Indiaanse dorp Kébec.
- 1642: Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville-Marie, 'n dorpie wat later bekend staan as Montréal.
- 1660-1713: Die kolonie wat nou Nieu-Frankryk genoem word groei langs die St. Laurentrivier en in Akadië (gebied aan die Atlantiese Oseaan).
- 1759: Die Britse oorwinning op die Abraham-vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord-Amerika.
- 1763: Frankryk staan sy kolonies in Noord-Amerika aan die Britse kroon af.
- 1791: Grondwet (Constitutional Act) voer 'n parlamentêre stelsel in; Frankokanadiërs se reg op 'n vaderland word erken en Kanada word in 'n Engelstalige (Ontario) en 'n Franstalige provinsie (Québec) verdeel.
- 1837-1838: Die opstand van die Patriotes in Québec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie.
- 1867: British North America Act: Die Federasie van Kanadese provinsies (Québec, Ontario, New Brunswick en Nova Scotia) word gestig.
- 1967: Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo-tentoonstelling in Montréal; sy strydkreet "Vive le Québec libre!" is die beginpunt van die nuwe skeidingsbeweging wat 'n onafhanklike Québec ten doel het.
- 1968: 'n Aantal skeidingsbewegings smelt saam en vorm die nuwe Parti Québecois.
- 1969: Loi pour promouvoir la langue française au Québec: Frans word onderwystaal vir alle nie-Engelstalige Québecois.
- 1974: Loi sur la langue officielle: Frans word die uitsluitende ampstaal van Québec.
- 1976: Met die oorwinning van die Parti Québécois onder leiding van René Lévesque word die onafhanklikheisbeweging in Québec 'n nasionale vraagstuk vir Kanada.
- 1980: 'n Meerderheid van die bevolking stem teen onderhandelinge met die federale regering oor die onafhanklikheid van Québec.
- 1995: 49.4% van die Québecois stem vir 'n onafhanklike staat. Die Kanadese Parlement erken op 30 Oktober 1995 Québec se status as 'n besondere gemeenskap (distinct society).
- 2003: Die oorwinning van die Parti Libéral is 'n teenslag vir die skeidingsbeweging. Parti Libéral

Ekonomie

Die provinsie beskik oor 'n pos-moderne ekonomie wat 'n gemaklike handelsoorskot handhaaf. Ingevolge die vrye handel-ooreenkoms met die Verenigde State in 1987 styg die uitvoere van Québec, waarvan sowat 85 persent vir die VSA-mark bestem is, aansienlik. In 2002 voer Québec produkte en dienste ter waarde van 83,4 biljoen VSA-dollar in, terwyl sy uitvoere tot 92,2 biljoen VSA-dollar styg. Die bruto geografiese produk per capita in 2002 is 27 601 VSA-dollar. Die vallei van die Saint-Laurentrivier is 'n vrugbare landbougebied vir vrugte, groente en graan. Québec is die belangrikste produsent en uitvoerder van esdoringstroop. Veeteelt is 'n verdere basis van die landbou. Groot natuurlike hulpbronne en bloeiende nywerhede verseker dat die inwoners van Québec tot die welvarendstes wêreldwyd behoort. Québec se bosbou, waterkragsentrales, elektroniese-, telekommunikasie-, lug- en ruimtevaartnywerheid is beduidende uitvoerders, veral na die VSA. Die hoëtegnologie-bedrywe in Montréal sluit lugvaartondernemings soos die straler-vervaardiger Bombardier, die stralerenjin-produsent Pratt and Whitney en die vlugsimulator-vervaardiger CAE in. Hierdie wêreldbekende ondernemings en talle toeleweringsbedrywe maak van Québec se lugvaartnywerheid die vierde grootste wêreldwyd.

Politiek

Die goewerneur-generaal is die verteenwoordiger van koningin Elizabeth II as staatshoof. Die Eerste Minister (Frans: Premier ministre) is die leier van die regering en die grootste party in die eenkamerparlement (die Assemblée Nationale of Nasionale Vergadering). Ook die lede van die Ministersraad word uit die geledere van die grootste party benoem.

Sien ook

- Samuel de Champlain - 1608
- Papineau
- René Lévesque category:Québec category:Kanada ja:ケベック州 ko:퀘벡 주 simple:Quebec zh-min-nan:Québec

Kanada

Kanada, histories die dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 32 000 000 inwoners (2005). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede, en word as 'n konstitusionele monargie regeer ná dit saamgebind in 1867 is deur 'n wet van Konfederasie. Kanada se hoofstad is Ottawa, setel van die nasie se parlement, asook die tuiste van die Goewerneur-Generaal en Eerste Minister. Weens die feit dat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Statebond van Nasies. Engels en Frans is die amptelike tale (sien hoofartikels Kanadese Engels en Kanadese Frans). Kanada is 'n moderne en tegnologies-gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike ekonomieë. Kanada was vierde geplaas in die 2004 UN Human Development Index, ná Noorweë, Swede en Australië. Van voor die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree — sien [http://www2.marianopolis.edu/quebechistory/federal/pogg.htm].

Provinsies en Gebiede

Alberta, British Columbia, Manitoba, Newfoundland and Labrador, Northwest Territories, Nova Scotia, Nouveau-Brunswick, Nunavut, Ontario, Prince Edward Island, Québec, Saskatchewan en Yukon Territory

Politiek

Yukon Territory Kanada is 'n konstitusionele monargie. Die koningin of koning van die Verenigde Koninkryk fungeer ook as die koningin of koning van Kanada en is volgens die grondwet die staatshoof. Die daaglikse pligte van die destydse Koningin Elizabeth II word deur die goewerneur-generaal waargeneem, wat gewoonlik 'n afgetrede Kanadese politikus of ander bekende persoon is. Die goewerneur-generaal word na beraadslaging met die Eerste Minister van Kanada formeel deur die koningin benoem. Sy of hy bly onpartydig ten opsigte van die binnelandse beleid en tree veral tydens nasionale plegtighede as 'n simboliese figuur op.

Burgerregte

Na Spanje, Nederland en België is Kanada in Julie 2005 die vierde land ter wêreld wat gay en lesbiese pare volle burgerregte toestaan, insluitende die reg om te trou en kinders aan te neem. Die sogenaamde Wetsontwerp C-38 van die liberale Kanadese regering word in die Senaat van Kanada met 47 Ja- teen 21 Nee-stemme goedgekeur.

Klimaat

Polêre lug bestem die weer in die grootste deel van die oostelike provinsies, die winters is lank en koud. Met uitsondering van die oostelike kusstreke daal die temperatuur vier of vyf maande lank benede die vriespunt, met uiterstes van -50°C (-58° F). Swaar sneeuval kom gereëld regdeur die winter voor. Die lente begin skielik in April of Mei wanneer vogtige lugmassas vanaf die suide noordwaarts trek, die grond ontdooi vinnig en temperature styg duidelik. Die gemiddeldes vir Julie is 10° tot 15°C (50° tot 60°F) in die noorde en 15° tot 20°C (59°F tot 68°F) in die suide. Die weer bly lekker warm tot Oktober. Die weskus van die Kanada en die Rotsgebergte staan onder die invloed van warm, vogtige lugstrominge, wat tot verhoogde reënval in die kusgebiede en reën- en sneeuval in die berggebiede lei. Die temperature is gematig en daal gewoonlik ook in Januarie nie benede die vriespunt nie, terwyl die somers warm en vogtig is. Die gemiddelde temperature lê tussen 10° en 20°C. Die gebiede oos van die Rotsgebergte word deur droë polêre lug oorheers. Die winters hier is lank en koud, en temperature daal gereeld benede die vriespunt. Die vors hou drie tot vyf maande in die suidelike en ses tot elf maande in die noordelike gebiede aan. Die somers word deur droë en warm weerstoestande gekenmerk. Die gemiddelde temperatuur styg orals tot sowat 15°C.

Volkslied en koninklike lied

Kanada se volkslied is "O Canada". Alhoewel dit die eerste keer op 24 Junie 1880 opgevoer was by 'n Saint Jean-Baptistedag-onthaal in Québec (stad), het dit nie Kanada se amptelike volkslied geword tot 1 Julie 1980 nie. Oor die voorafgaande 70 jaar het "O Canada", "God Save the Queen" en "The Maple Leaf Forever" saamgeding as nie-amptelike volksliede, maar teen die 1960s het "O Canada" as die voorkeurkeuse uitgestaan. Toe dit die amptelike volkslied gemaak is, was meeste Kanadese verbaas dat dit nog nie reeds sulke status geniet het nie. "God Save the Queen" is nou Kanada se koninklike lied. Dit word amptelik gespeel in die teenwoordigheid van die Koningin of ander lede van die koninklike familie. Die eerste ses mate is ook gebruik as deel van die Onder-Koninklike Saluut, wat in die teenwoordigheid van die Goewerneur-Generaal gespeel word. Uit tradisie word "God Save the Queen" gesing aan die einde van uiters formele staatsaangeleenthede (byvoorbeeld 'n staatsbegrafnis of Remembrance Day-diens). Dit word ook gespeel (maar nie gesing nie) by baie militêre aangeleenthede, en sommige Universiteite sluit hulle konvokasies daarmee af. Tot die 1980s was dit ook algemeen vir laerskole in baie streke om hulle byeenkomste af te sluit met "God Save the Queen", maar dit is nie meer die geval nie. Soos met Brittanje verander die lied na "God Save the King" wanneer toestande op die troon dit noodsaak.

Internasionale ranglyste

- UN Human Development Index - 4e plek in 2004 (was eerste deur die meeste van die 1990s)
- Reporters Without Borders - 18e plek in 2004
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 11e plek

Verwysings

- Baie van hierdie materiaal is afkomstig vanuit die CIA World Factbook 2000 en die 2003 Verenigde State Staatsdepartement se webwerf.

Eksterne skakels

- [http://canada.gc.ca/ Government of Canada]
- [http://www.ericdigests.org/pre-928/canada.htm Teaching about Canada]
- [http://warmuseum.ca/cwm/cwme.asp Canadian Military History]
- [http://www.mccord-museum.qc.ca/ McCord Museum of Canadian History] category:Kanada als:Kanada ja:カナダ ko:캐나다 ms:Kanada simple:Canada th:ประเทศแคนาดา zh-min-nan:Canada

2005

Gebeure

Geboortes

Sterftes

- 26 April - Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer
- 20 Julie - James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek;
- 3 Maart 1920) ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
20ste eeu21ste eeu22ste eeu
2002200320042005200620072008
Kategorie:21ste eeu als:2005 ja:2005年 ko:2005년 ms:2005 simple:2005 th:พ.ศ. 2548 zh-min-nan:2005 nî

Verenigde State

Die Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n marinegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van autonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
Verenigde State van Amerika
United States of America
1 1
(V.S. Vlag) (V.S. Groot Seel)
Nasionale leuse: (1776 - ): E Pluribus Unum
(Latyn: "Out of many, one")
(1956 - ): In God We Trust
beeld:US_highlighted_map2.jpg
Amptelike tale Geen op federale vlak, sekere state spesifiseer wel
Engels de facto
Spaans grotendeels gepraat in sommige areas
Hoofstede Washington, DC
President George W. Bush
Oppervlakte
 - Totaal
 - % water
3ste
9 629 091 km²
2,198%
Bevolkingstal
 - Totaal (2000)
 - Bevolkingsdigtheid
3ste
290 342 554
31/km²
Onafhanklikheid
-Verklaar1
Verklaar deur die VK:
4 Julie 1776
Geldeenheid VS dollar ($)
Tydsone UTC -5 tot UTC -11
Volkslied The Star-Spangled Banner
Internet TLD.us, .um, .edu, .gov, .mil
Telefoonkode1

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van die Verenigde State Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die Kapitalistiese model en word gekenmerk deur 'n konstante groei, lae werksloosheid en inflasie, 'n groot begrotings tekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wereld. Verskeie ander lande het hulle geld eenhede gekoppel aan die dollar, of gebruik dit selfs as 'n geldeenheid. Die V.S. effekte beurs word beskou as 'n aanduiding van die wereld ekonomie. Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. industrië vervaardig motorkarre, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is diens industrië, en omtrent 'n driekwart van die V.S. inwonders werk in hierdie sektor. Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van die Verenigde State Met die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wiselende landskap: gematigde woudland op die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kus areas wes van die Rocky Mountains en reenwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.

Vakansiedae

Notas

# Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die amerikas gesien as onakkuraat en beledegend, maar is algemeen en word elders aanvaar. category:Verenigde State ja:アメリカ合衆国 ko:미국 ms:Amerika Syarikat nb:Amerikas forente stater simple:United States th:สหรัฐอเมริกา zh-min-nan:Bí-kok

Ontario

Stede

- Stede van Ontario
- Ajax
- Ancaster
- Arnprior
- Aurora
- Barrie
- Belleville
- Bolton
- Bowmanville
- Bracebridge
- Brampton
- Brantford
- Brighton
- Brockville
- Burlington
- Cambridge
- Campbellford
- Carleton Place
- Cayuga
- Chatham
- Cobourg
- Cochrane
- Collingwood
- Cornwall, Ontario
- Dundas
- Dunnville
- Elliot Lake
- Elmira
- Espanola
- Etobicoke
- Fenelon Falls
- Fergus
- Fort Erie
- Fort Frances
- Goderich
- Grand Bend
- Gravenhurst
- Gananogue
- Gogama
- Guelph
- Hamilton
- Hawkesbury
- Hearst
- Huntsville
- Iroquois Falls
- Kanata
- Kapuskasing
- Keewatin
- Kemptville
- Kenora
- Kincardine
- Kingston, Ontario
- Kirkland Lake
- Kitchener, Waterloo
- Lancaster
- Lindsay
- Londen
- Longlac
- Madoc
- Manitouwadge
- Markham
- Mississauga
- Moosonee
- Mount Forest
- Napanee
- Nepean
- New Liskeard
- Newmarket
- Nipigon
- North Bay ()
- North York
- Oakville
- Orangeville
- Orleans
- Oshawa
- Owen Sound
- Parry Sound
- Pembroke
- Peterborough
- Pickering
- Picton
- Port Colborne
- Port Hope
- Richmond Hill
- Rockland
- St. Catharines
- St. Jacobs
- St. Thomas
- Sault Ste. Marie
- Shelbourne
- Simcoe
- Stoney Creek
- Stratford
- Sudbury
- Thornhill
- Thorold
- Timmins
- Toronto, Ontario
- Trenton
- Thunder Bay
- Uxbridge
- Wasaga Beach
- Welland
- Whitby
- Windsor
- Woodstock ---- Ontario is a stadt in San Bernardino, Los Angeles, Kalifornië ja:オンタリオ州 ko:온타리오 주 simple:Ontario zh-min-nan:Ontario

Saint-Laurentrivier

Die Sint-Laurensrivier (Frans: fleuve Saint-Laurent, Engels: Saint Lawrence River; in die taal van die Mohawk: Kaniatarowanenneh of "Groot Waterweg") is 'n groot rivier in die gematigde klimaatsone van Noord-Amerika, wat die Groot Mere langs die Amerikaans-Kanadese grens met die Atlantiese Oseaan verbind. Die rivier vloei in wes-oostelike rigting deur die Kanadese provinsie Québec en maak 'n deel uit van die grens tussen die Amerikaanse deelstaat New York en die Kanadese provinsie Ontario. Die rivier het sy oorsprong by die uitmonding van die Ontariomeer naby Kingston, Ontario. Die Sint-Laurens vloei deur Cornwall, Ontario, Montréal, Trois-Rivières en Québec (stad) en mond uiteindelik uit in die Sint-Laurensgolf, die grootste riviermonding ter wêreld. Die rivier vloei 1 900 myl (3 058 kilometer) van sy oorsprong tot sy uitmonding (744 myl of 1 197 kilometer vanaf die Ontariomeer). Sy dreineringsgebied sluit die Groot Mere van Noord-Amerika in, die wêreld se grootste stelsel van varswatermere met 'n oppervlakte van 1,03 miljoen vierkante kilometer. By die uitmonding vloei 'n gemiddelde van 10 400 kubieke meter per sekonde af. Québec (stad) Die Sint-Laurensrivier sluit die Sint-Louismeer suid van Montréal, die Sint-Françoismeer naby Salaberry-de-Valleyfield en die Sint-Pierremeer oos van Montréal in. Sy belangrikste eilande is die Duisend Eilande (Thousand Islands) naby Kingston, die Île-de-Montréal (Montréaleiland), die Jesuseiland (Île Jésus) van Laval, Orléanseiland naby Québec (stad) en die Anticosti-eiland noord van die Gaspé-skiereiland. Die Champlainmeer, Rivière-des-Outaouais (Ottawarivier), Richelieurivier en Saguenayrivier mond almal in die Sint-Laurens uit. Saguenayrivier Die eerste Europeër, wat die Sint-Laurensrivier bevaar, is Jacques Cartier, wat die rivier op 9 Junie 1534 ontdek en die gebied in die naam van koning Frans I van Frankryk tot 'n Franse besitting ("Nieu-Frankryk") verklaar. Tot die vroeë 17de eeu verwys die Franses na die gedeelte van die rivier wat in die rigting van Montréal vloei en na die Riviére des Outaouais as die Rivière du Canada (Kanadarivier). Die Sint-Laurensrivier dien as die hoofroete vir die verkenning van die Amerikaanse binneland vanuit Europa. Oorspronklik is die Sint-Laurensrivier net tot by Montréal bevaarbaar, aangesien die geweldige Lachine-versnellings die skeepvaartroete blokkeer. Met die bou van die Lachinekanaal kan die versnellings vir die eerste keer omseil word. Die nuwe Sint-Laurenswaterweg, 'n grootskaalse stelsel van kanale en sluise wat in 1959 geopen is, skep nou 'n verbinding tussen die Atlantiese Oseaan en die Lake Superior, wat ook vir groot skepe geskik is.

Name

1959 Die oorsprong van die Northrivier in die Mesabi-bergreeks van Minnesota word as die brongebied van die Sint-Laurensrivier beskou. Aangesien dit deur 'n groot aantal mere vloei, verander sy naam dikwels. Van sy oorsprong tot by sy uitmonding staan hy bekend as die:
- Northrivier
- Sint-Louisrivier
- Lake Superior
- St. Marysrivier
- Huronemeer
- Sint-Clairrivier
- Sint-Clairmeer
- Detroitrivier
- Eriemeer
- Niagararivier
- Ontariomeer
- Sint-Laurensrivier

Eksterne kakels

- [http://collections.ic.gc.ca/stlauren/ Plaaslike geografie van die Sint-Laurensrivier]
- [http://www.parks.on.ca/home.htm St. Lawrence Parks Commission (Ontario)]
- [http://www.greatlakes-seaway.com/ Waterwegstelsel van die Groot Mere en die Sint-Laurensrivier] Kategorie:Québec Kategorie:Kanada ja:セントローレンス川 simple:Saint Lawrence River

Franse taal

Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn. Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).

Taalgeskiedenis

Keltiese invloede

Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly. Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).

Frankiese invloede

Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee. Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied. Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu. Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal. Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder. In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer. Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan. Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal. Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies
- bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies
- vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies
- marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies
- malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies
- gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard ("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus") Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.

Oudfrans

Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans: Romaans Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit. Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu: Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit. 11de eeu Die huidige Franse vertaling: Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit. Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan. Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word. Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin. Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem). Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik. Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak. : Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189) : Chanterai por mon corage : Que je vueil reconforter, : Qu'avecques mon grant domage : Ne quier morir ne foler, : Quant de la terre sauvage : Ne voi mes nul retorner : Ou cil est qui rassoage : Mes maus quant g'en oi parler. : Dex, quant crïeront "Outree", : Sire, aidiés au pelerin : Par cui sui espaventee, : Car felon sont Sarazin. : Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos : Ek gaan sing om my hart te vertroos : Want ek wil nie sterf of mal word nie : Ondanks my groot kwelling. : Ek kan niemand sien : Wat van die wilde land terugkom nie. : Waar is die een wat my hart gerus kan stel : Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat. : God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by : Vir wie ek sidder, : Want die Sarasene is verraderlik.

Middelfrans

Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu. Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp. Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met
ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word. Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e). In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling. Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote. Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.

Nieufrans

In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (
la seule et unique langue du Royaume de France). In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal. Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af. Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen. Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly. Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk. Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry. Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.

Taalregisters

Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal -
français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.

Die Loi Toubon (Toubon-wet)

Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media. Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie. Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term
vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine. Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.

Frans in Suid-Afrika

rekenaarwetenskap Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer. Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands. Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg. Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die
L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.

Eksterne skakels

-
[http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans] Category:Franse taal Category:Frankryk als:Französische Sprache ja:フランス語 ko:프랑스어 simple:French language th:ภาษาฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-gí

Québec (stad)

Québec (Frans: Ville de Québec) is die hoofstad van die gelyknamige Kanadese provinsie. Met sy 586 000 inwoners (2003) is dit op een na die grootste stad van hierdie Franstalige provinsie - en ook die enigste in Noord-Amerika wat versterk is. Die stad lê bo-op Cap Diamant aan die oewer van die Sint-Laurensrivier, wat hier 'n breedte van sowat 800 meter bereik. Vieux Québec (Ou-Québec) is deur die UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar. Die stad het 'n pragtige hawe aan die Sint-Laurensrivier. Plaaslike nywerhede verwerk produkte van die omgewing soos hout en voedsel.

Geskiedenis

wêrelderfenisgebied Samuel de Champlain het die plek van die huidige stad 1608 as 'n onneembare vesting beskou en die eerste gebou opgerig wat vinnig tot 'n dorp en later tot 'n stad gegroei het. Louis Hébert, die eerste Kanadese setlaar, het sy huis by die Huroonse dorp Stadacona opgerig. In die somer van 1759 is die stad deur die Britse Generaal James Wolfe beleër. Met die kapitulasie van die Franse Generaal Marquis de Montcalm op die Abraham-vlaktes het die doodsklok vir Nieu-Frankryk gelui. In die Verdrag van Parys (1763) het Frankryk die kolonie aan die Britse Kroon afgestaan. Die Britte het die versterkings herbou en die Citadel van Québec opgerig om die stad teen Amerikaanse troepe te verdedig. Die laaste slag is in 1775 geveg; Britse troepe het toe 'n Amerikaanse leër onder die bevel van Benedict Arnold teruggeslaan. In daardie tyd het die stad sy huidige voorkoms gekry met klein Noormanniese huisies, Engelse kerke, neoklassieke en Victoriaanse geboue. Die reusagtige Château Frontenac is in 1893 opgerig en gee die stad vandag nog 'n middeleeuse inslag. 1893 Op 1 Januarie 2002 smelt twaalf munisipaliteite, wat voorheen deel van die Communauté urbaine de Québec is, met Québec (stad) saam. In 2005 tree die nasionale hoofstad van Québec as gasheer van die tweede belangrikste sportfees (na die Olimpiese Spele), die Wêreldspele van die Polisiemanne en Brandweermanne, op. 11 000 atlete en 14 000 begeleiers kom in Québec (stad) byeen.

Ekonomiese basis

Ville de Québec is die administratiewe en kulturele hoofstad van die provinsie Québec en is danksy die historiese stadskern ook 'n eersterangse toeristebestemming. Die stad het 'n seehawe by die monding van die Sint-Charlesrivier en 'n olieraffinadery in Sint-Romauld. Die plaaslike nywerhede steun op die verwerking van hout en landbouprodukte. Die tersiêre sektor en nuwe tegnologieë sorg vir 'n bestendige ekonomiese groei; die werkloosheidsyfer is laer as in Montréal en ander gebiede in die provinsie.

Universiteit

Die grootste deel van die Université Laval het in 1950 na die voorstad Sainte-Foy verhuis. Tans is daar sowat 35 000 studente (sowat 2 000 van hulle is Franstalige studente uit Amerika, Europa en Afrika). Die universiteit speel 'n belangrike rol by die studie en bevordering van die Franstalige kultuur in Noord-Amerika.

Besienswaardighede

Noord-Amerika
- Die Afrikaanstalige besoeker het hier die geleentheid om die enigste Europese gemeenskap naas die Afrikaners te leer ken wat gedurende die 18de eeu soos die Kaap onder Britse bewind gekom het. Nietemin kan hy sy kulturele onafhanklikheid nog trots bewaar. Die argitektuur is dalk nóg eg Frans, nóg eg Engels, maar Ville de Québec is beslis die kulturele hoofstad van die Frankofone Amerika. Die somer is die hoogtepunt van talle kulturele feeste terwyl die winter die tyd is om Kersfees in 'n sprokieswêreld van ys en sneeu te vier.
- Die Place d'Armes met sy neogotiese fontein lê in die hart van Ou-Québec en lei die besoeker tot die Château Frontenac op die Place Royale. Die reusagtige gebou is in 1893 as 'n hotel van Canadian Pacific Railways opgerig en beskik oor 613 kamers. Die voorsaal van die hotel bekoor met die luukse binnenshuise argitektuur en meubilering van die laat 19de eeu.
- Terrasse Dufferin en die Promenade des Gouverneurs lei tot die Citadelle, die amptelike woning van die Kanadese goewerneur-generaal in die Franstalige gedeelte van Kanada, en die Parc des Champs-de-Bataille met die Abraham-vlaktes. Die Parlementsgebou bied 'n pragtige uitsig oor die stad vanaf die 31ste verdieping.
- Die Musée du Québec naby die Wolfe-monument vertoon tradisionele en moderne kuns, keramiek en inheemse goud- en silwerkuns vanaf die 17de tot by die 20ste eeu.
- Die Hótel du Parlement in die Grande Allée huisves die parlement van die provinsie en is 'n goeie voorbeeld van die Frans-klassisistiese boustyl.
- Die Musée de l'Amerique Française beskik oor 'n indrukwekkende versameling van Franse en Frans-Kanadese objekte en gee 'n goeie indruk van die 19de eeuse lewe in Québec.
- Die Grande Allée is 'n statige ou straat met klein hotelletjies, restourante en buitelugkafees.
- Die Musée de la Civilisation (Museum van die Beskawing) is aan vyf onderwerpe gewy - die mens se liggaam, materie, die geselskap, taal en menselike gedagte.
- Die Île d'Orléans (Orléans-eiland) lê in die midde van die St. Laurensrivier en is 'n goeie voorbeeld van die lewe in die vroeë Québec. Koop daar gerus geweefde produkte, dekens, aarbeie, appels en natuurlik die spesialiteit van Québec - allerlei esdoringprodukte.
- Die Moulin de la Chevrotière is 'n meul wat uit die 18de eeu dateer en nog steeds werk.
- In Wendake (Village-des-Hurons, Huroondorp) kan 'n mens kennis maak met die Huroon-Indiane wat sowat 10 000 jaar gelede na hierdie gebied gekom het.
- Die geskiedkundige Nasionale Park Cartier-Brébeuf lê teen die Sint-Charlesrivier en vertoon 'n namaaksel van die Grande Hermine, die skip waarmee Jacques Cartier na Noord-Amerika geseil het. Noord-Amerika

Kookkuns

- La Grande Table à la Maison Serge Bruyère is 'n restourant wat hom op die Nouvelle Cuisine toespits (1200 rue Saint-Jean, naby die Côte-du-Palais)
- Aux Anciens Canadiens teenoor die Château Frontenac bied ook die geleentheid om die oudste huis in Québec (stad) te sien (die gebou is tussen 1675 en 1676 opgerig) en ook van die atmosfeer van toeka se tyd te geniet. Die restourant bied plaaslike kookkuns soos soupe aux pois, boulettes, Cretons du Québec en tortière aan (34 rue Saint-Louis)

Eksterne skakel

[http://www.bonjourquebec.com Toerisme in die Province du Québec] category:Québec category:Kanada ja:ケベック市

1948

Gebeure

- 3 April - President Harry Truman teken die Marshallplan.
- 17 April - Onthulling van die Hugenote-monument in Franschhoek (Wes-Kaap, Suid-Afrika)
- 24 Junie - Die Sowjet-Unie begin die Berlynse blokkade deur oorlandse beweging na Wes-Berlyn te keer
- 26 Junie - Die Westerse geallieerdes begin 'n lugbrug na Wes-Berlyn teen die blokkade deur die Sowjet-Unie.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1945 1946 1947 1948 1949 1950 1951
Kategorie:20ste eeu als:1948 ja:1948年 ko:1948년 simple:1948 th:พ.ศ. 2491

Vermont

Vermont is 'n deelstaat van die Verenigde State van Amerika in Nieu-Engeland met 'n oppervlakte van 24 900 km² en 619 000 inwoners (2003). Sy hoofstad is Montpelier (7 945 inwoners, 2003). Landbou, veeteelt, bosbou, steengroewe, werktuig- en tekstielnywerheid is die belangrikste bronne van inkomste. In die sewentigerjare het baie ondernemings uit die Franstalige Kanadese provinsie Québec hulle in Vermont gevestig. Die staat, wat deur die Green Mountains-gebergte deurkruis word, is bekend vir die pragtige kleure wat sy bosgebiede in die najaar (Indian Summer) vertoon. Category:Nieu-Engeland ja:バーモント州 ko:버몬트 주

1898

Gebeure

- 12 Junie. Die Filippyne veklaar amptelik die onafhanklikheid van Spanje.
- 26 Desember - Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van 'n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- Aleister Crowley, bekend in okkultisme sluit aan by die Orde van die Goue Skemer
- In België word Nederlands naas Frans as ampstaal erken

Geboortes

Sterftes

- 15 Maart - Benjamin Woolfield Mountfort, argitek ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19ste eeu20ste eeu
1895189618971898189919001901
Kategorie:19de eeu ko:1898년 simple:1898

1912

Gebeure

Geskiedenis

- 04-15 Die Titanic sink.

Geologie

- Alfred Wegener en Arthur Holmes stel die teorie van kontinentale verskuiwing voor.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1909 1910 1911 1912 1913 1914 1915
Kategorie:20ste eeu ja:1912年 ko:1912년 simple:1912 th:พ.ศ. 2455

Engels (taal)

Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 402 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.

Eksterne skakels

- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=ENG Ethnologue report for English]
- [http://www2.ignatius.edu/faculty/turner/languages.htm The World's Most Widely Spoken Languages]
- [http://dictionary.cambridge.org Cambridge Dictionary]
- [http://www.bbc.co.uk/radio4/routesofenglish/index.shtml BBC - Radio 4 - Routes of English]
- [http://www.askoxford.com/globalenglish/?view=uk AskOxford.com: Global English]
- [http://dict.die.net/ English-English dictionary] - kombineer inligting vanuit verskeie woordeboeke.
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_en.php Woordeboek Engels-Afrikaans-Engels]
- [http://dictionary.oed.com/newsletters/2001-06/varieties.html Varieties of English and the OED]
- [http://www.vec.ca/english/1/english.cfm Development of English]
- [http://www.readprint.com Read Print Books] - sluit baie publieke-domein werke in vanuit klassieke Engelse literatuur
- [http://www.vocabulary.co.il Learning Vocabulary Can Be Fun] Vier aanlyn, interaktiewe speletjies om studente te help woordeskat aanleer.

Verdere leesstof

- The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
- The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
- A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable (London, 2002) Category:natuurlike taal als:Englische Sprache ja:英語 ko:영어 ms:Bahasa Inggeris simple:English language th:ภาษาอังกฤษ zh-min-nan:Eng-gí

1945

Gebeure

- 18 April Meer as 'n duisend bomwerpers val Helgoland aan.
- 25 April VSA en Russiese troepe ontmoet by die Elbe
- 25 April Die Verenigde nasies word in San Francisco, Kalifornië gevorm
- 26 Junie Die grondwet van die Verenigde nasies geteken
- 27 Desember - Die Wêreldbank word op ooreenkoms van 28 nasies geskep.

Geboortes

Sterftes

- 12 April - Franklin Delano Roosevelt, politikus en president van die VSA
- 10 Desember - August Vermeylen, Vlaams-Belgiese skrywer (
- 12 Mei 1872) ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1942 1943 1944 1945 1946 1947 1948
Kategorie:20ste eeu ja:1945年 ko:1945년 simple:1945 th:พ.ศ. 2488

Engels (taal)

Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 402 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.

Eksterne skakels

- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=ENG Ethnologue report for English]
- [http://www2.ignatius.edu/faculty/turner/languages.htm The World's Most Widely Spoken Languages]
- [http://dictionary.cambridge.org Cambridge Dictionary]
- [http://www.bbc.co.uk/radio4/routesofenglish/index.shtml BBC - Radio 4 - Routes of English]
- [http://www.askoxford.com/globalenglish/?view=uk AskOxford.com: Global English]
- [http://dict.die.net/ English-English dictionary] - kombineer inligting vanuit verskeie woordeboeke.
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_en.php Woordeboek Engels-Afrikaans-Engels]
- [http://dictionary.oed.com/newsletters/2001-06/varieties.html Varieties of English and the OED]
- [http://www.vec.ca/english/1/english.cfm Development of English]
- [http://www.readprint.com Read Print Books] - sluit baie publieke-domein werke in vanuit klassieke Engelse literatuur
- [http://www.vocabulary.co.il Learning Vocabulary Can Be Fun] Vier aanlyn, interaktiewe speletjies om studente te help woordeskat aanleer.

Verdere leesstof

- The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
- The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
- A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable (London, 2002) Category:natuurlike taal als:Englische Sprache ja:英語 ko:영어 ms:Bahasa Inggeris simple:English language th:ภาษาอังกฤษ zh-min-nan:Eng-gí

Kanada

Kanada, histories die dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 32 000 000 inwoners (2005). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede, en word as 'n konstitusionele monargie regeer ná dit saamgebind in 1867 is deur 'n wet van Konfederasie. Kanada se hoofstad is Ottawa, setel van die nasie se parlement, asook die tuiste van die Goewerneur-Generaal en Eerste Minister. Weens die feit dat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Statebond van Nasies. Engels en Frans is die amptelike tale (sien hoofartikels Kanadese Engels en Kanadese Frans). Kanada is 'n moderne en tegnologies-gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike ekonomieë. Kanada was vierde geplaas in die 2004 UN Human Development Index, ná Noorweë, Swede en Australië. Van voor die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree — sien [http://www2.marianopolis.edu/quebechistory/federal/pogg.htm].

Provinsies en Gebiede

Alberta, British Columbia, Manitoba, Newfoundland and Labrador, Northwest Territories, Nova Scotia, Nouveau-Brunswick, Nunavut, Ontario, Prince Edward Island, Québec, Saskatchewan en Yukon Territory

Politiek

Yukon Territory Kanada is 'n konstitusionele monargie. Die koningin of koning van die Verenigde Koninkryk fungeer ook as die koningin of koning van Kanada en is volgens die grondwet die staatshoof. Die daaglikse pligte van die destydse Koningin Elizabeth II word deur die goewerneur-generaal waargeneem, wat gewoonlik 'n afgetrede Kanadese politikus of ander bekende persoon is. Die goewerneur-generaal word na beraadslaging met die Eerste Minister van Kanada formeel deur die koningin benoem. Sy of hy bly onpartydig ten opsigte van die binnelandse beleid en tree veral tydens nasionale plegtighede as 'n simboliese figuur op.

Burgerregte

Na Spanje, Nederland en België is Kanada in Julie 2005 die vierde land ter wêreld wat gay en lesbiese pare volle burgerregte toestaan, insluitende die reg om te trou en kinders aan te neem. Die sogenaamde Wetsontwerp C-38 van die liberale Kanadese regering word in die Senaat van Kanada met 47 Ja- teen 21 Nee-stemme goedgekeur.

Klimaat

Polêre lug bestem die weer in die grootste deel van die oostelike provinsies, die winters is lank en koud. Met uitsondering van die oostelike kusstreke daal die temperatuur vier of vyf maande lank benede die vriespunt, met uiterstes van -50°C (-58° F). Swaar sneeuval kom gereëld regdeur die winter voor. Die lente begin skielik in April of Mei wanneer vogtige lugmassas vanaf die suide noordwaarts trek, die grond ontdooi vinnig en temperature styg duidelik. Die gemiddeldes vir Julie is 10° tot 15°C (50° tot 60°F) in die noorde en 15° tot 20°C (59°F tot 68°F) in die suide. Die weer bly lekker warm tot Oktober. Die weskus van die Kanada en die Rotsgebergte staan onder die invloed van warm, vogtige lugstrominge, wat tot verhoogde reënval in die kusgebiede en reën- en sneeuval in die berggebiede lei. Die temperature is gematig en daal gewoonlik ook in Januarie nie benede die vriespunt nie, terwyl die somers warm en vogtig is. Die gemiddelde temperature lê tussen 10° en 20°C. Die gebiede oos van die Rotsgebergte word deur droë polêre lug oorheers. Die winters hier is lank en koud, en temperature daal gereeld benede die vriespunt. Die vors hou drie tot vyf maande in die suidelike en ses tot elf maande in die noordelike gebiede aan. Die somers word deur droë en warm weerstoestande gekenmerk. Die gemiddelde temperatuur styg orals tot sowat 15°C.

Volkslied en koninklike lied

Kanada se volkslied is "O Canada". Alhoewel dit die eerste keer op 24 Junie 1880 opgevoer was by 'n Saint Jean-Baptistedag-onthaal in Québec (stad), het dit nie Kanada se amptelike volkslied geword tot 1 Julie 1980 nie. Oor die voorafgaande 70 jaar het "O Canada", "God Save the Queen" en "The Maple Leaf Forever" saamgeding as nie-amptelike volksliede, maar teen die 1960s het "O Canada" as die voorkeurkeuse uitgestaan. Toe dit die amptelike volkslied gemaak is, was meeste Kanadese verbaas dat dit nog nie reeds sulke status geniet het nie. "God Save the Queen" is nou Kanada se koninklike lied. Dit word amptelik gespeel in die teenwoordigheid van die Koningin of ander lede van die koninklike familie. Die eerste ses mate is ook gebruik as deel van die Onder-Koninklike Saluut, wat in die teenwoordigheid van die Goewerneur-Generaal gespeel word. Uit tradisie word "God Save the Queen" gesing aan die einde van uiters formele staatsaangeleenthede (byvoorbeeld 'n staatsbegrafnis of Remembrance Day-diens). Dit word ook gespeel (maar nie gesing nie) by baie militêre aangeleenthede, en sommige Universiteite sluit hulle konvokasies daarmee af. Tot die 1980s was dit ook algemeen vir laerskole in baie streke om hulle byeenkomste af te sluit met "God Save the Queen", maar dit is nie meer die geval nie. Soos met Brittanje verander die lied na "God Save the King" wanneer toestande op die troon dit noodsaak.

Internasionale ranglyste

- UN Human Development Index - 4e plek in 2004 (was eerste deur die meeste van die 1990s)
- Reporters Without Borders - 18e plek in 2004
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 11e plek

Verwysings

- Baie van hierdie materiaal is afkomstig vanuit die CIA World Factbook 2000 en die 2003 Verenigde State Staatsdepartement se webwerf.

Eksterne skakels

- [http://canada.gc.ca/ Government of Canada]
- [http://www.ericdigests.org/pre-928/canada.htm Teaching about Canada]
- [http://warmuseum.ca/cwm/cwme.asp Canadian Military History]
- [http://www.mccord-museum.qc.ca/ McCord Museum of Canadian History] category:Kanada als:Kanada ja:カナダ ko:캐나다 ms:Kanada simple:Canada th:ประเทศแคนาดา zh-min-nan:Canada

Franse taal

Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn. Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).

Taalgeskiedenis

Keltiese invloede

Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly. Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).

Frankiese invloede

Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee. Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied. Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu. Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal. Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder. In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer. Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan. Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal. Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies
- bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies
- vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies
- marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies
- malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies
- gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard ("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus") Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.

Oudfrans

Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die