:: wikimiki.org ::
| Québec (stad) |
Québec (stad)Québec (Frans: Ville de Québec) is die hoofstad van die gelyknamige Kanadese provinsie. Met sy 586 000 inwoners (2003) is dit op een na die grootste stad van hierdie Franstalige provinsie - en ook die enigste in Noord-Amerika wat versterk is. Die stad lê bo-op Cap Diamant aan die oewer van die Sint-Laurensrivier, wat hier 'n breedte van sowat 800 meter bereik. Vieux Québec (Ou-Québec) is deur die UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Die stad het 'n pragtige hawe aan die Sint-Laurensrivier. Plaaslike nywerhede verwerk produkte van die omgewing soos hout en voedsel.
Geskiedenis
wêrelderfenisgebied
Samuel de Champlain het die plek van die huidige stad 1608 as 'n onneembare vesting beskou en die eerste gebou opgerig wat vinnig tot 'n dorp en later tot 'n stad gegroei het. Louis Hébert, die eerste Kanadese setlaar, het sy huis by die Huroonse dorp Stadacona opgerig.
In die somer van 1759 is die stad deur die Britse Generaal James Wolfe beleër. Met die kapitulasie van die Franse Generaal Marquis de Montcalm op die Abraham-vlaktes het die doodsklok vir Nieu-Frankryk gelui. In die Verdrag van Parys (1763) het Frankryk die kolonie aan die Britse Kroon afgestaan.
Die Britte het die versterkings herbou en die Citadel van Québec opgerig om die stad teen Amerikaanse troepe te verdedig. Die laaste slag is in 1775 geveg; Britse troepe het toe 'n Amerikaanse leër onder die bevel van Benedict Arnold teruggeslaan.
In daardie tyd het die stad sy huidige voorkoms gekry met klein Noormanniese huisies, Engelse kerke, neoklassieke en Victoriaanse geboue. Die reusagtige Château Frontenac is in 1893 opgerig en gee die stad vandag nog 'n middeleeuse inslag.
1893
Op 1 Januarie 2002 smelt twaalf munisipaliteite, wat voorheen deel van die Communauté urbaine de Québec is, met Québec (stad) saam.
In 2005 tree die nasionale hoofstad van Québec as gasheer van die tweede belangrikste sportfees (na die Olimpiese Spele), die Wêreldspele van die Polisiemanne en Brandweermanne, op. 11 000 atlete en 14 000 begeleiers kom in Québec (stad) byeen.
Ekonomiese basis
Ville de Québec is die administratiewe en kulturele hoofstad van die provinsie Québec en is danksy die historiese stadskern ook 'n eersterangse toeristebestemming. Die stad het 'n seehawe by die monding van die Sint-Charlesrivier en 'n olieraffinadery in Sint-Romauld. Die plaaslike nywerhede steun op die verwerking van hout en landbouprodukte. Die tersiêre sektor en nuwe tegnologieë sorg vir 'n bestendige ekonomiese groei; die werkloosheidsyfer is laer as in Montréal en ander gebiede in die provinsie.
Universiteit
Die grootste deel van die Université Laval het in 1950 na die voorstad Sainte-Foy verhuis. Tans is daar sowat 35 000 studente (sowat 2 000 van hulle is Franstalige studente uit Amerika, Europa en Afrika). Die universiteit speel 'n belangrike rol by die studie en bevordering van die Franstalige kultuur in Noord-Amerika.
Besienswaardighede
Noord-Amerika
- Die Afrikaanstalige besoeker het hier die geleentheid om die enigste Europese gemeenskap naas die Afrikaners te leer ken wat gedurende die 18de eeu soos die Kaap onder Britse bewind gekom het. Nietemin kan hy sy kulturele onafhanklikheid nog trots bewaar. Die argitektuur is dalk nóg eg Frans, nóg eg Engels, maar Ville de Québec is beslis die kulturele hoofstad van die Frankofone Amerika. Die somer is die hoogtepunt van talle kulturele feeste terwyl die winter die tyd is om Kersfees in 'n sprokieswêreld van ys en sneeu te vier.
- Die Place d'Armes met sy neogotiese fontein lê in die hart van Ou-Québec en lei die besoeker tot die Château Frontenac op die Place Royale. Die reusagtige gebou is in 1893 as 'n hotel van Canadian Pacific Railways opgerig en beskik oor 613 kamers. Die voorsaal van die hotel bekoor met die luukse binnenshuise argitektuur en meubilering van die laat 19de eeu.
- Terrasse Dufferin en die Promenade des Gouverneurs lei tot die Citadelle, die amptelike woning van die Kanadese goewerneur-generaal in die Franstalige gedeelte van Kanada, en die Parc des Champs-de-Bataille met die Abraham-vlaktes. Die Parlementsgebou bied 'n pragtige uitsig oor die stad vanaf die 31ste verdieping.
- Die Musée du Québec naby die Wolfe-monument vertoon tradisionele en moderne kuns, keramiek en inheemse goud- en silwerkuns vanaf die 17de tot by die 20ste eeu.
- Die Hótel du Parlement in die Grande Allée huisves die parlement van die provinsie en is 'n goeie voorbeeld van die Frans-klassisistiese boustyl.
- Die Musée de l'Amerique Française beskik oor 'n indrukwekkende versameling van Franse en Frans-Kanadese objekte en gee 'n goeie indruk van die 19de eeuse lewe in Québec.
- Die Grande Allée is 'n statige ou straat met klein hotelletjies, restourante en buitelugkafees.
- Die Musée de la Civilisation (Museum van die Beskawing) is aan vyf onderwerpe gewy - die mens se liggaam, materie, die geselskap, taal en menselike gedagte.
- Die Île d'Orléans (Orléans-eiland) lê in die midde van die St. Laurensrivier en is 'n goeie voorbeeld van die lewe in die vroeë Québec. Koop daar gerus geweefde produkte, dekens, aarbeie, appels en natuurlik die spesialiteit van Québec - allerlei esdoringprodukte.
- Die Moulin de la Chevrotière is 'n meul wat uit die 18de eeu dateer en nog steeds werk.
- In Wendake (Village-des-Hurons, Huroondorp) kan 'n mens kennis maak met die Huroon-Indiane wat sowat 10 000 jaar gelede na hierdie gebied gekom het.
- Die geskiedkundige Nasionale Park Cartier-Brébeuf lê teen die Sint-Charlesrivier en vertoon 'n namaaksel van die Grande Hermine, die skip waarmee Jacques Cartier na Noord-Amerika geseil het.
Noord-Amerika
Kookkuns
- La Grande Table à la Maison Serge Bruyère is 'n restourant wat hom op die Nouvelle Cuisine toespits (1200 rue Saint-Jean, naby die Côte-du-Palais)
- Aux Anciens Canadiens teenoor die Château Frontenac bied ook die geleentheid om die oudste huis in Québec (stad) te sien (die gebou is tussen 1675 en 1676 opgerig) en ook van die atmosfeer van toeka se tyd te geniet. Die restourant bied plaaslike kookkuns soos soupe aux pois, boulettes, Cretons du Québec en tortière aan (34 rue Saint-Louis)
Eksterne skakel
[http://www.bonjourquebec.com Toerisme in die Province du Québec]
category:Québec
category:Kanada
ja:ケベック市
Frans (taal)
Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn.
Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).
Taalgeskiedenis
Keltiese invloede
Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly.
Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).
Frankiese invloede
Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee.
Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied.
Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu.
Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal.
Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder.
In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer.
Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan.
Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal.
Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies - bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies - vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies - marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies - malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies - gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard
("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus")
Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.
Oudfrans
Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans:
Romaans
Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit.
Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu:
Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit.
11de eeu
Die huidige Franse vertaling:
Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit.
Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan.
Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word.
Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin.
Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem).
Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik.
Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak.
: Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189)
: Chanterai por mon corage
: Que je vueil reconforter,
: Qu'avecques mon grant domage
: Ne quier morir ne foler,
: Quant de la terre sauvage
: Ne voi mes nul retorner
: Ou cil est qui rassoage
: Mes maus quant g'en oi parler.
: Dex, quant crïeront "Outree",
: Sire, aidiés au pelerin
: Par cui sui espaventee,
: Car felon sont Sarazin.
: Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Want ek wil nie sterf of mal word nie
: Ondanks my groot kwelling.
: Ek kan niemand sien
: Wat van die wilde land terugkom nie.
: Waar is die een wat my hart gerus kan stel
: Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat.
: God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by
: Vir wie ek sidder,
: Want die Sarasene is verraderlik.
Middelfrans
Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu.
Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp.
Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word.
Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e).
In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling.
Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote.
Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.
Nieufrans
In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (la seule et unique langue du Royaume de France).
In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal.
Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af.
Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen.
Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly.
Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk.
Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry.
Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.
Taalregisters
Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal - français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.
Die Loi Toubon (Toubon-wet)
Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media.
Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie.
Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine.
Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.
Frans in Suid-Afrika
rekenaarwetenskap
Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer.
Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands.
Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg.
Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.
Eksterne skakels
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans]
Category:Franse taal Category:Frankryk
als:Französische Sprache
ja:フランス語
ko:프랑스어
simple:French language
th:ภาษาฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-gí
2003Gebeure
Geboortes
- 11-? Lady Louise Windsor
Sterftes
- 05-05 Walter Sisulu
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:21ste eeu
als:2003
ja:2003年
ko:2003년
ms:2003
simple:2003
th:พ.ศ. 2546
zh-min-nan:2003 nî
Noord-Amerika - Groenland
- Kanada
- Meksiko
- Verenigde State van Amerika (VSA)
Sentraal-Amerika
- Belize
- Costa Rica
- El Salvador
- Guatemala
- Honduras
- Nicaragua
- Panama
Karibiese eilande
- Antigua
- Aruba
- Bahamas
- Barbados
- Britse Maagde-eilande
- Dominika
- Dominikaanse Republiek
- Grenada
- Haïti
- Jamaika
- Kuba
- Nederlandse Antille
- Bonaire
- Curaçao
- Saba
- Sint Eustacius
- Sint Maarten
- Puerto Rico
- St. Lucia
- St. Vincent
- Trinidad en Tobago
ja:北アメリカ
ko:북아메리카
simple:North America
th:ทวีปอเมริกาเหนือ
zh-min-nan:Pak Bí-chiu
UNESCO UNESCO is die Engelse afkorting vir United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization (Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies), 'n spesiale organisasie van die Verenigde Nasies wat in 1945 gestig is en sy hoofkwartier in die Franse hoofstad Parys het. Tans het 191 lande as lede by die UNESCO aangesluit, waaronder ook Suid-Afrika, een van die twintig stigterslede.
Die UNESCO is onderverdeel in 'n Algemene Konferensie en 'n Uitvoerende Raad, terwyl die Sekretariaat-Generaal die UNESCO se bedrywighede bestuur.
Die UNESCO is veral werksaam op die gebied van die onderwys, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, die internasionale kulturele samewerking en die inligtingsbedryf (wat onder meer die pers, uitsaaidienste, televisie en filmkuns insluit). Die UNESCO bevorder ook geletterheid in ontwikkelende lande en bewaar die wêreldkultuurerfenis. Die lys van wêrelderfenisgebiede word deur die UNESCO saamgestel.
Die twintig stigterslede
- wêrelderfenisgebied Verenigde Koninkryk
- Verenigde Koninkryk Nieu-Seeland
- Nieu-Seeland Saoedi-Arabië
- Saoedi-Arabië Suid-Afrika
- Suid-Afrika Australië
- Australië Indië
- Indië Mexiko
- Mexiko Frankryk
- Frankryk Dominikaanse Republiek
- Dominikaanse Republiek Turkye
- Turkye Egipte
- Egipte Noorweë
- Noorweë Kanada
- Kanada Volksrepubliek van Sjina
- Volksrepubliek van Sjina Denemarke
- Denemarke Verenigde State
- Verenigde State Tsjeggië
- Tsjeggië Brasilië
- Brasilië Libanon
- Libanon Griekeland
ja:国際連合教育科学文化機関
ko:유네스코
simple:United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization
th:องค์การศึกษา วิทยาศาสตร์ และวัฒนธรรมแห่งสหประชาชาติ
zh-min-nan:Unesco
Wêrelderfenisgebied.]]
'n UNESCO Wêrelderfenisgebied is 'n spesifieke plek (soos 'n woud, bergreeks, meer, woestyn, gebou of stad) wat benoem is vir die internasionale Wêrelderfenisprogram wat deur UNESCO bedryf word.
Die program poog om terreine van besondere belang, kultureel of natuurlik, te katalogiseer, vernoem en bewaar vir die gemene erfenis van die mensdom ([http://whc.unesco.org/criteria.htm#debut presiese kriteria]). Plekke op die lys kan fondse vanuit die Wêrelderfenisfonds ontvang onder sekere omstandighede. Die program is gestig deur die Convention Concerning the Protection of World Cultural and Natural Heritage wat aangeneem is deur die Algemene Konferensie van UNESCO op 16 November 1972.
Teen 2004 is 'n totaal van 788 gebiede ingesluit in die lys, waarvan 611 kultureel, 154 natuurlik en 23 gemengde eiendomme in 134 Staatspartye is.
Lyste van Wêrelderfenisgebiede
- Lys van monumente in die Wêrelderfenisgebiedslys
Sien ook
- Lys van bewaringsonderwerpe
Eksterne skakels
- [http://whc.unesco.org UNESCO World Heritage Sites] - Amptelike werf
- [http://whc.unesco.org/pg.cfm?cid=31 List of UNESCO World Heritage Sites] - Amptelike werf
- [http://www.schaetze-der-welt.de/sdw_index.html Duitse webwerf met video's oor die wêrelderfenisgebiede]
- [http://www.vrheritage.org VRheritage.org] - dokumentasie oor erfenisgebiede
- [http://worldheritage-forum.net/en/ Worldheritage-Forum] - Weblog en Forum vir Wêrelderfenisgebiede en -onderwerpe
- [http://www.find-croatia.com/unesco-heritage.html Croatia World Heritage] - Wêrelderfenis in Kroasië - UNESCO
Category:Argeologie
Category:Wêrelderfenisgebiede
ja:世界遺産
ko:세계유산
zh-min-nan:UNESCO Sè-kài Ûi-sán
1608 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
- - John Dee - Alchemis en astroloog raadgewer van Koninging Elizabeth.
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:17de eeu
ko:1608년
Nieu-Frankryk Nieu-Frankryk (Frans: La Nouvelle-France) is 'n Franse kolonie in Noord-Amerika, wat in die tydperk tussen 1608 en 1763 bestaan en naas die gebied van die Sint-Laurensrivier ook die Mississippivallei met Louisiana en Akadië ingesluit het.
Jacques Cartier maak namens die Koninkryk van Frankryk reeds in die jaar 1534 aanspraak op die gebied langs die Sint-Laurensrivier en vernoem dit Nieu-Frankryk. Die Franse kolonisering neem egter eers in die jaar 1608 'n aanvang. In hierdie jaar stig die ontdekker Samuel de Champlain die hoofstad Québec en word vervolgens as die eerste goewerneur benoem.
Die Franse koning Lodewyk XIV verklaar die kolonie in 1663 tot koninklike provinsie, en in 1674 kry die provinsie sy eie regering.
Nadat vroeër pogings in 1629 en 1711 misluk het, slaag Groot-Brittanje in 1759 daarin om die gebied te verower. In die Verdrag van Parys van die jaar 1763 erken Frankryk die Britse heerskappy oor die provinsie, wat vervolgens vir administratiewe doeleindes in Opper-Kanada en Neder-Kanada verdeel is.
Kategorie:Frankryk
Kategorie:Kanada
Kategorie:Québec
ja:ヌーベルフランス
1763 Gebeure
- Verdrag van Parys waarmee Frankryk sy Noord-Amerikaanse kolonies aan die Britse Kroon afstaan
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:18de eeu
ko:1763년
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
1775 Gebeure
- 11 April Laaste coltrekking vir heksery in Duitsland
- 17 MeiAmerikaanse Rewolutionêre Oorlog: Die Continental Kongres verklaar handel met Kanada as onwettig.
Geboortes
- Thomas Girten- Waterverfskilder
- JMW Turner - Waterverfskilder
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:18de eeu
ko:1775년
Château Frontenac Die Château Frontenac is een van die bekendste besienswaardighede in Québec (stad), die hoofstad van die Franstalige provinsie Québec in Kanada. Danksy die ligging op 'n hoë kaap bied die hotel 'n voortreflike uitsig oor die stad en die Sint-Laurensrivier.
Die Château Frontenac is een van die eerstes in 'n hele reeks hotelle wat deur die Kanadese spoorwegmaatskappy Canadian Pacific / Canadien Pacifique aan die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu volgens die planne van die Amerikaanse argitek Bruce Prince opgerig is. Dit open sy deure in die jaar 1893. Die spoorwegmaatskappy probeer met die hotelle die luukse toerisme te bevorder en die belangstelling van welgestelde reisigers vir sy treine te wek. Wat sy boustyl betref, is die Château Frontenac nou verwant aan die Château Lac Louise aan die oewer van Alberta se Louisemeer.
Die Château Frontenac dra sy naam ter ere van Louis de Buade, graaf van Frontenac, wat in die tydperk tussen 1672 en 1682 en vir 'n tweede ampstermyn tussen 1689 en 1698 goewerneur van die kolonie Nieu-Frankryk is. Die hotel is op die plek opgerig, waar Frontenac teen die einde van die 17de eeu met die bou van die Citadelle de Québec begin.
Die hotel ondergaan in die 20ste eeu talle wysigings, waarvan die byvoeging van die toring deur die argitekte Maxwel in die jaar 1926 die belangrikste is. Die toring het sedertdien 'n bekende baken van die hotel en die stad Québec geword.
Die Konferensie van Québec in die jaar 1943, waartydens Winston Churchill en Franklin Delano Roosevelt stategieë vir die Tweede Wêreldoorlog bespreek, vind in die Citadelle van Québec plaas, terwyl die personeel oorwegend in die Château Frontenac
woon.
Category:Québec
1 Januarie1 Januarie is die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar (365 in skrikkeljare).
Gebeure
- 45 VGE - Die Juliaanse tydsberekening tree in werking.
- 404 - Die laaste gladiatorkompetisie vind plaas in Rome.
- 1438 - Albert II van Habsburg word koning van Hongarye.
- 1622 - In die Gregoriaanse kalender word 1 Januarie as die eerste dag van die jaar verklaar.
- 1651 - Karel II van Engeland word die koning van Skotland.
- 1700 - Rusland aanvaar die Juliaanse tydsberekening.
- 1707 - Johan V word die koning van Portugal.
- 1788 - Die eerste uitgawe van The Times word gepubliseer.
- 1801 - Die wetgewende unie van Groot Brittanje en Ierland smelt saam om die Verenigde koningryk te vorm, die Sint Patrickkruis word tot die Union Jack gevoeg.
- 1801 - Giuseppe Piazzi ontdek die eerste asteroïed, 1 Ceres.
- 1804 - Die einde van Franse regering in Haïti.
- 1808 - Invoering van slawe na die VSA word verban.
- 1863 - Abraham Lincoln lewer die emansipasieafkondiging tydens die tweede jaar van die Amerikaanse burgeroorlog.
- 1880 - Konstruksie van die Panamakanaal begin.
- 1893 - Japan aanvaar die Gregoriaanse kalender.
- 1899 - Die einde van die Spaanse regering in Kuba.
- 1901 - Nigerië word 'n Britse protektoraat.
- 1901 - Stigting van die statebond van Australië(Federasie).
- 1912 - Stigting van die Republiek van China op die Chinese vasteland.
- 1937 - Anastasio Somoza word die president van Nicaragua.
- 1956 - Die einde van die Anglo-Egiptiese kondominium in die Soedan.
- 1959 - In Kuba word Fulgencio Batista deur Fidel Castro omvergewerp.
- 1960 - Kameroen word onafhanklik.
- 1962 - Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 1964 - Die federasie van Rhodesië en Njassaland ontbind.
- 1970 - Die Unix epog begin om 00:00:00 GT.
- 1971 - Sigaret advertensies word verban op die VSA-televisie.
- 1979 - Die VSA en China begin diplomatiese betrekkinge.
- 1981 - Griekeland betree die Europese gemeenskap.
- 1983 - ARPANET verander offisieël na die internetprotokol, om die Internet te vorm.
- 1984 - AT&T word opgebreek in 22 onafhanklike dele.
- 1984 - Spanje en Portugal betree die Europese gemeenskap.
- 1993 - Tsjeggo-Slowakye verdeel, en die Tsjeggiese republiek, en die republiek van Slowakye word gestig.
- 1994 - Die Noord Amerikaanse vryehandelsverdrag word in werking gestel.
- 1995 - Die Wêreld-handelsorganisasie word geskep om die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel te vervang.
- 1995 - Oostenryk, Finland and Swede betree die Europese unie.
- 1999 - Die Eurogeldeenheid word ingelei.
- 2002 - Eurobanknote en -muntstukke word ingelei.
- 2003 - Luís Inácio Lula da Silva word president van Brasilië.
Geboortes
- 1431 - Pous Alexander VI (18 Augustus,1503).
- 1449 - Lorenzo de Medici, staatskundige (9 April,1492).
- 1484 - Huldreich Zwingli, protestante leier (11 Oktober,1531).
- 1618 - Bartolomé Esteban Murillo, skilder (3 April,1682).
- 1735 - Paul Revere (10 Mei,1818).
- 1839 - Ouida, skrywer (25 Januarie,1908).
- 1860 - George Washington Carver, plantkundige (5 Januarie,1943).
- 1863 - Pierre de Coubertin, historikus (2 September,1937).
- 1876 - Harriet Brooks, fisikus (17 April,1933).
- 1879 - E. M. Forster, skrywer (7 Junie,1970).
- 1887 - Wilhelm Canaris, admiraal (9 April,1945).
- 1890 - Anton Melik, aardrykskundige (8 Junie,1966).
- 1894 - Satyendra Nath Bose, wiskundige (4 Februarie,1974).
- 1895 - J. Edgar Hoover, FBI direkteur (2 Mei,1972).
- 1909 - John Glenn, ruimtevaarder.
- 1912 - Kim Philby, spioen (11 November,1988).
- 1917 - Jule Gregory Charney, weerkundige (16 Junie,1981).
- 1919 - J. D. Salinger, skrywer.
- 1925 - Idi Amin, diktator.
- 1933 - Joe Orton, skrywer (9 Augustus,1967).
- 1940 - Helmut Jahn, argitek.
- 1945 - Jacky Ickx, renjaer.
Sterftes
- 898 - Odo, graaf van Parys.
- 1817 - Martin Heinrich Klaproth, chemikus (1 Desember,1743).
- 1894 - Heinrich Hertz, fisikus (22 Februarie,1857).
- 1953 - Hank Williams, sanger (17 September,1923).
- 1972 - Maurice Chevalier, akteur (12 September,1888).
- 1992 - Grace Hopper, rekenaar pionier (9 Desember,1906).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Baie lande wat die Gregoriaanse kalender gebruik, vier Nuwejaarsdag om 00:00:00 met vuurwerkvertonings.
- Katolieke agtdaagse fees van die heilige maagd Maria, moeder van God.
- Die agtste dag van Kersfees.
- Kopieregvervaldag word in die VSA gevier, wanneer 'n jaar se werke publieke domein word. Word nie gevier tussen 1978 tot 2018 nie, as gevolg herhaalde kopiereg-verlengings.
- Onafhanklikheidsdag van Haïti.
- Stigtingsdag in China.
- Onafhanklikheidsdag van die Soedan.
- Bevrydingsdag in Kuba.
- Stigtingsdag in Slowakye.
- Laaste dag van Kwanzaa.
- Wêreldbiddag vir vrede.
Kategorie:Datum
ja:1月1日
ko:1월 1일
simple:January 1
th:1 มกราคม
2002Gebeure
Geboortes
Sterftes
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:21ste eeu
als:2002
ja:2002年
ko:2002년
ms:2002
simple:2002
th:พ.ศ. 2545
zh-min-nan:2002 nî
Québec (provinsie)Québec is een van die tien provinsies van Kanada met 'n landoppervlakte van 1 540 687 km² en 7 568 640 inwoners (Januarie 2005). Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nouveau-Brunswick (Engels: New Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere - die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Saint-Laurentrivier tot die gematigde sone behoort. Die amptelike taal is Frans. Die grootste stede is Québec (stad), die provinsiale hoofstad, en Montréal.
Vlag en Nasionale Leuse
Montréal
Québec se vlag, die fleurdelisé, is 'n wit kruis op 'n blou agtergrond (die simbool van 'n christelike nasie) met vier lelies (Fleur de Lys) wat die Franse monargie versinnebeeld.
Hierdie vlag vervang op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou en word die amptelike vlag van die provinsie.
Die Nasionale Leuse is "Je me souviens" (Ek herinner my) - 'n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis.
Geografie
Québec is Kanada se grootste provinsie en beslaan sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Québec se oppervlakte lê binne die Kanadese Skild, 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan.
Die Sint-Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie en verbind danksy die Sint-Laurenswaterweg sedert die jaar 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan. Naas die Sint-Laurens beskik Québec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater.
Québec word in die weste begrens deur die Hudsonbaai en die Engelstalige provinsie van Ontario, in die ooste van die Labradorsee, Newfoundland (Frans: Terre-Neuve) en Nouveau-Brunswick, en in die suide van die VSA-deelstate Maine, Vermont en New York.
In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, Le Grand Nord Québécois, by die provinsie te voeg. Québec lê in die ooste van Kanada en word deur Ontario en die Hudsonbaai in die weste, die Atlantiese Oseaan in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate Maine, New Hampshire, Vermont en New York) in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens.
Bevolking
Die bevolking van die Province du Québec bestaan uit die afstammelinge van die Franse en Engelstalige setlaars en die Eerste Nasies (Premières Nations of Amerindians, veral Iroquois en Hurone, en Inuït). Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wêreld hulle in Québec gevestig. Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande 'n nuwe tuiste in Québec gevind. 83% van die totale bevolking praat Frans, sowat 12% is Engelstalig. Daar is minderhede van Sjinese, Portugees-, Grieks- en Italiaanstaliges. Die grootste deel van die Québécois leef langs die Fleuve Saint-Laurent (Saint-Laurentrivier).
Engelstalig
Terwyl die provinsie enkele dekades gelede nog die grootste natuurlike bevolkingsgroei in Kanada toon, het die geboortekoers nou tot 1,48 gedaal - minder dan die fertiliteitskoers van 2,1 wat nodig is om die huidige bevolkingsyfers in stand te hou.
Met die taalstryd in die sewentigerjare het die Franse taal gewen: opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees. Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie; Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franses. Immigrante word deur die provinisiale regering gekies; in 'n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord-Afrikaners in die afgelope jare 'n verblyfpermit gekry.
Voor die aankoms van die Franse setlaars is die gebied van die huidige provinsie die tuiste van 'n aantal Indiaanse stamme - die Eerste Nasies. Die Provinsie van Québec erken vandag elf nasies op sy gebied - die Inuït, die Mohawks (Irokese of Iroquois), die Innus, die Cris, die Algonkins, die Atikamekw, die Micmacs, die Hurone, die Abenakis, die Malesiete en die Naskapis.
Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar. Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie. Die naam "Huroon" is afgelei van die eieaardige kapsels van die mans. Die Franse woord l'huire wat eintlik die opgesette borstels van 'n varken beskryf word tot "Huroon".
Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking
Geskiedenis
- 1534: Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspé en neem die land namens François I, koning van Frankryk, in besit.
- 1608: Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Saint-Laurentrivier, naby die Indiaanse dorp Kébec.
- 1642: Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville-Marie, 'n dorpie wat later bekend staan as Montréal.
- 1660-1713: Die kolonie wat nou Nieu-Frankryk genoem word groei langs die St. Laurentrivier en in Akadië (gebied aan die Atlantiese Oseaan).
- 1759: Die Britse oorwinning op die Abraham-vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord-Amerika.
- 1763: Frankryk staan sy kolonies in Noord-Amerika aan die Britse kroon af.
- 1791: Grondwet (Constitutional Act) voer 'n parlamentêre stelsel in; Frankokanadiërs se reg op 'n vaderland word erken en Kanada word in 'n Engelstalige (Ontario) en 'n Franstalige provinsie (Québec) verdeel.
- 1837-1838: Die opstand van die Patriotes in Québec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie.
- 1867: British North America Act: Die Federasie van Kanadese provinsies (Québec, Ontario, New Brunswick en Nova Scotia) word gestig.
- 1967: Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo-tentoonstelling in Montréal; sy strydkreet "Vi | | |