Suid-AfrikaSuid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.
Ander name
Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga)
Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika.
Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika
Politieke partye in die parlement in 2003
- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)
Provinsies
Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)
Geografie
right
Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika
Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika
Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.
Wynbou
Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Suid-Afrika
ja:南アフリカ共和国
ko:남아프리카 공화국
ms:Afrika Selatan
simple:South Africa
zh-min-nan:Lâm-hui
Republiek'n Republiek, in die mees basiese sin, is 'n staat waarin soewereiniteit uiteindelik vanaf die mense (hoe ook al gedefinieer) afkomstig is, eerder as vanuit 'n oorerftelike of ander beginsel.
Republieke is nie noodwendig demokraties nie — byvoorbeeld, baie republieke se mag word onder diktatorskap uitgeoefen, of volledige burgerskap word nie gebied aan slawe, vrouens of mense van spesifieke ras of etniese afkoms nie — en nie alle demokratiese grondwette word as republieke geag nie — byvoorbeeld, daar word nooit na die Verenigde Koninkryk, alhoewel demokraties in meeste van sy instellings en wetgewing is, as 'n republiek verwys nie, omdat dit 'n oorerflike staatshoof het, sowel as oorblywende oorerflike elemente in sy wetgewing.
Die woord is afkomstig vanuit die Latynse res publica, of "publieke dinge." Hierdie term, soos die Griekse ekwivalent politeia, beteken fundamenteel die politieke organisasie van die samelewing in 'n algemene sin, en die gebruik van hierdie terme deur klassieke outeurs (soos die titel van Plato se Republiek) behoort nie geneem te word as verwysings na enige spesifieke vorm van grondwet nie.
Category:Regeringsvorme
ja:共和制
ko:공화제
simple:Republic
Afrika
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 244 050 km2 wat 20.3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 800 miljoen mense - ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.
Lande
Asië
- Algerië
- Angola
- Benin
- Botswana
- Burkina Faso
- Burundi
- Comore-eilande
- Demokratiese Republiek van die Kongo
- Djiboeti
- Egipte
- Ekwatoriaal-Guinee
- Eritrea
- Ethiopië
- Gaboen
- Gambië
- Ghana
- Guinee
- Ivoorkus
- Kaap Verde
- Kameroen
- Kenia
- Lesotho
- Liberië
- Libië
- Madagaskar
- Malawi
- Mali
- Marokko
- Mauritanië
- Mauritius
- Mosambiek
- Namibië
- Niger
- Nigerië
- Republiek van die Kongo
- Rwanda
- Senegal
- Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Seychelle-eilande
- Sierra Leone
- Soedan
- Somalië
- Suid-Afrika
- Swaziland
- Tanzanië
- Togo
- Tsjad
- Tunisië
- Uganda
- Wes-Sahara
- Zambië
- Zimbabwe
category:Afrika
ja:アフリカ
ko:아프리카
ms:Afrika
simple:Africa
th:ทวีปแอฟริกา
zh-min-nan:Hui-chiu
NamibiëDie Republiek van Namibië (vroeër bekend as Suidwes-Afrika) is 'n land in suidwestelike Afrika, op die Atlantiese kus. Dit word deur Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die weste, en Suid-Afrika in die suide begrens. Onafhanklikheid was in 1990, wat Namibië een van die jongste nasies in die wêreld maak.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Namibië
In 1966 het SWAPO 'n oorlog van onafhanklikheid begin, maar dit was in 1988 dat Suid-Afrika toegestem het om sy administrasie te eindig. Onafhanklikheid was in 1990, terwyl Suid-Afrika Walvisbaai eers in 1994 aan Namibië afgestaan het.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Namibië
Die hoof van die land is die president, vir wie die bevolking elke vyf jaar stem. Die hoof van die regering is die eerste minister , wat deur die president aangestel word. SWAPO is die land se grootste party.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Namibië
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Namibië
Mense
Hoofartikel: Mense van Namibië
Die amptelike taal is Engels, maar omtrent 60% van die bevolking kan Afrikaans praat.
Ander artikels
- Kommunikasie in Namibië
- Vervoer in Namibië
- Militêr van Namibië
- Buitelandse verbande van Namibië
Eksterne skakels
- [http://www.grnnet.gov.na/intro.htm Republiek van Namibië] - Regering van Namibië
- [http://www.rsf.fr/article.php3?id_article=4116 Indeks van wêreldwye persvryheid] 31 uit 139 lande
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Namibië
ja:ナミビア
ko:나미비아
ms:Namibia
zh-min-nan:Namibia
Botswana
Die Republiek van Botswana is 'n land in suider Afrika. Onafhanklikheid was September 30, 1966. Die hoofstad is Gaborone.
- Geskiedenis van Botswana
- Geografie van Botswana
- Mense van Botswana
- Politiek van Botswana
- Ekonomie van Botswana
- Kommunikasie in Botswana
- Vervoer in Botswana
- Militêr van Botswana
- Kultuur van Botswana
- Buitelandse verbande van Botswana
Beeld:Kaart_Botswana.png
Kategorie:Botswana
Kategorie:Lande van Afrika
ja:ボツワナ
ko:보츠와나
ms:Botswana
simple:Botswana
zh-min-nan:Botswana
Zimbabwe
Zimbabwe lê in Suider-Afrika en grens aan Zambië in die noordweste, Mosambiek in die Noord Ooste, Suid-Afrika aan die Suide en Botswana in die Noordweste.
Hierdie land het eers bekend gestaan as Suid-Rhodesië en was 'n Britse kolonie.
In 1965 het Zimbabwe onafhanklikheid verkry en in 1970 het Zimbabwe oorgeslaan in 'n Republiek.
Na verskeie verkiesings het Suid-Rhodesië in 1980 amptelik as die Republiek van Zimbabwe bekend gestaan.
Zimbabwe het 'n grote van 390 759 vierkante kilometer.
Die hoofstad van Zimbabwe is Harare.
Fisiografies
Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die groot plato in Suider-Afrika.
Die hoëveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoof rivier naamlik Zambezi en Limpopo.
Die kariba meer is net afstroom van Victoria en is een van die grootste mens gemaakte mere in die wêreld.
Klimaat
Zimbabwe lê in 'n tropiese klimaat en het gemidelde temperature van 15.6ºC in die winter en 21.1ºC in die somer.
Die gemiddelde reënval vir Zimbabwe is 890mm vir die hoëveld en 610mm vir die middelveld.
Geskiedenis van Zimbabwe
Die Ryk van Monomotapa
Die vroeë geskiedenis van die Koninkryk van Monomotapa (wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit bestaan reeds sedert die Middeleeue. Naas die hoofstad Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou word is daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter toon. Akkerbou, veeteelt en mynbou is die ekonomiese fondament van die ryk. Danksy die goudmynbou kan die koninkryk handel met Arabiere, Perse en Ethiopiërs dryf. Goud, ivoor en slawe word teen speserye, yster, sout en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou verswak die mag van die konings; 1607 moet hulle die myne aan die Portugese afstaan. 1629 word die koninkryk 'n vasalstaat van Portugal. Die Portugese begin ook koper, yster, lood en tin te ontgin en bedryf landbou op grootplase. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu word dit 1889-90 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesië.
Rhodesië
Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) en Njassaland (die huidige Malawi) word in 1953 verenig as die Sentralafrikaanse Federasie, wat tot 1963 bestaan. Die blanke regering van Suid-Rhodesië onder leiding van die Eerste Minister Ian Smith verklaar in 1965 die onafhanklikheid van die gebied, wat deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies nie erken word nie. Ten spyte van die instelling van politieke en ekonomiese sanksies kan Rhodesië sy onafhanklike status bewaar.
In 1970 word Rhodesië 'n republiek. Die regering sluit in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk wat die erkenning van die onafhanklikheid en die invoering van 'n algemene stemreg ten doel het.
Die Swart opposisie, wat veral deur die bevrydingsbewegings ZANU en ZAPU gevorm word, voer in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering. Alhoewel reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwe grondwet gevoer word en in 1979 'n Swart regering onder biskop Muzorewa gevorm word, vind eers in 1980 'n algemene verkiesing plaas. Zimbabwe word onder die leiding van die Eerste Minister Robert Mugabe onafhanklik.
Die politieke situasie bly onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdag word om aanhangers van die opposisie te wees, word in die buiteland met skerp kritiek bejeën. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die régime in Harare met lenings steun, word Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tirannieë van die wêreld gereken.
- Geografie van Zimbabwe
- Mense van Zimbabwe
- Politiek van Zimbabwe
- Ekonomie van Zimbabwe
- Communications in Zimbabwe
- Vervoer in Zimbabwe
- Militêr van Zimbabwe
- Buitelandse verbande van Zimbabwe
- Kultuur van Zimbabwe (Musiek van Zimbabwe )
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Zimbabwe
ja:ジンバブエ
ko:짐바브웨
ms:Zimbabwe
simple:Zimbabwe
zh-min-nan:Zimbabwe
Swaziland
Swaziland is 'n absolute monargie in Suider-Afrika. Dit is 'n buurland van Suid-Afrika en Mosambiek.
- Geskiedenis van Swaziland
- Geografie van Swaziland
- Mense van Swaziland
- Politiek van Swaziland
- Ekonomie van Swaziland
- Kommunikasie in Swaziland
- Vervoer in Swaziland
- Weermag van Swaziland
- Buitelandse verbande van Swaziland
- Kultuur van Swaziland (Musiek van Swaziland)
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Swaziland
ja:スワジランド
ko:스와질란드
ms:Swaziland
zh-min-nan:Swazi-tē
Lesotho
Die Koninkryk van Lesotho is 'n land in suider Afrika. Onafhanklikheid was 4 Oktober 1966. Die hoofstad is Maseru.
- Geskiedenis van Lesotho
- Geografie van Lesotho
- Mense van Lesotho
- Politiek van Lesotho
- Ekonomie van Lesotho
- Kommunikasie in Lesotho
- Vervoer in Lesotho
- Militêr van Lesotho
- Kultuur van Lesotho
- Buitelandse verbande van Lesotho
Beeld:LesothoKaart.png
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Lesotho
ja:レソト
ko:레소토
ms:Lesotho
simple:Lesotho
zh-min-nan:Lesotho
Tale in Suid-AfrikaDaar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale in, en ander nie-amptelikes. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die tweede meeste amptelike tale (na Indië). Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorspong, die ander nege vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
Amptelike tale
- Afrikaans
- Engels
- Ndebele
- Noord-Sotho
- Sotho
- Swazi
- Tsonga
- Tswana
- Venda
- Xhosa
- Zoeloe
Daar word voorsiening gemaak in die Grondwet van Suid-Afrika vir die bevordering van die Khoi, Nama en San tale asook vir gebaretaal. Ander nie-amptelike tale sluit in: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele en Phuthi. Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika.
Oorspronge
Die tale kan verdeel word volgens oorsprong as volg:
- Afrikaans ontstaan hoofsaaklik vanuit Nederlands
- Suid-Afrikaanse Engels stem nouliks ooreen met Britse Engels
- Zoeloe, Xhosa, Ndebele, en Swazi vorm deel van die Nguni-taalfamilie.
- Sotho, Tswana en Noord-Sotho vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
- Tsonga en Venda behoort ook tot die Bantoetaalfamilie (soos die Nguni- en Sotho-tale), maar toon minder ooreenkomste met die ander amptelike Bantoetale.
Verspreiding
Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemed reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.
- Afrikaans word oor feitlik die hele land gebruik (met minder gebruik in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en party stedelike gebiede).
- Engels word baie algemeen gebruik (veral as tweede taal en vir onderrig onder swartes), maar het veral minder moedertaalsprekers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, en meeste landelike gebiede.
- Zoeloe word veral in KwaZulu-Natal en Gauteng gebruik.
- Xhosa word veral in die Oos- en Wes-Kaap gebruik.
- Sotho word veral in die Vrystaat en naburige Lesotho gebruik.
- Tswana word veral in die Noordwes en naburige Botswana gebruik.
- Noord-Sotho word veral in Gauteng en Limpopo gebruik.
- Swazi word hoofsaaklik in Mpumalanga en naburige Swaziland gebruik.
- Tsonga word hoofsaaklik in Limpopo gebruik.
- Venda word hoofsaaklik in die voormalige tuisland van Venda gebruik.
IndiëIndië is 'n land in Asië op die Indiese subkontinent. Na Sjina het dit van alle lande ter wêreld die meeste inwoners, ongeveer 1 miljard. Indië is 'n reusagtige skiereiland, wat in die ooste en suide grens aan die Indiese Oseaan en in die weste aan die Golf van Bengale. In die noorde grens die land (van wes na oos) aan Pakistan, Sjina (Tibet), Nepal, Bhoetan, Burma en Bangladesh. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan lê die eilandstaat Sri Lanka en ten suidweste die Maldive-eilande. Die skiereiland word ook die Indiese subkontinent genoem. Die grootste stad in Indië is Mumbai.
Kategorie:Land
Kategorie:Indië
Kategorie:Skiereiland
Kategorie:Britse Statebond
als:Indien
[[got:
Engels (taal)Engels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 402 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.
Eksterne skakels
- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=ENG Ethnologue report for English]
- [http://www2.ignatius.edu/faculty/turner/languages.htm The World's Most Widely Spoken Languages]
- [http://dictionary.cambridge.org Cambridge Dictionary]
- [http://www.bbc.co.uk/radio4/routesofenglish/index.shtml BBC - Radio 4 - Routes of English]
- [http://www.askoxford.com/globalenglish/?view=uk AskOxford.com: Global English]
- [http://dict.die.net/ English-English dictionary] - kombineer inligting vanuit verskeie woordeboeke.
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_en.php Woordeboek Engels-Afrikaans-Engels]
- [http://dictionary.oed.com/newsletters/2001-06/varieties.html Varieties of English and the OED]
- [http://www.vec.ca/english/1/english.cfm Development of English]
- [http://www.readprint.com Read Print Books] - sluit baie publieke-domein werke in vanuit klassieke Engelse literatuur
- [http://www.vocabulary.co.il Learning Vocabulary Can Be Fun] Vier aanlyn, interaktiewe speletjies om studente te help woordeskat aanleer.
Verdere leesstof
- The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
- The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
- A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable (London, 2002)
Category:natuurlike taal
als:Englische Sprache
ja:英語
ko:영어
ms:Bahasa Inggeris
simple:English language
th:ภาษาอังกฤษ
zh-min-nan:Eng-gí
Ndebele (taal)Met betrekking tot taal, kan Ndebele na verskillende tale verwys:
- Suid-Ndebele - algemeen slegs Ndebele genoem in Suid-Afrika. Een van SA se amptelike landstale.
- Noord-Ndebele
ja:ヌデベレ語
ZoeloeDie taal Zoeloe (isiZulu in Zoeloe) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur 9 200 144 mense as moedertaal gepraat (1996-sensus). Dit maak dit die taal met die meeste moedertaalsprekers in Suid-Afrika. Die grootste hoeveelheid van die Zoeloesprekers woon in KwaZulu-Natal. Die taal is ook verwant aan Xhosa en is deel van die Nguni-taalfamilie.
category:natuurlike taal
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
- Die Zoeloe wikipedia
ja:ズールー語
Noord-SothoDie taal Noord-Sotho (Sesotho sa Leboa in Noord-Sotho) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Daar word dit deur ongeveer 3 695 846 mense as moedertaal gepraat (1996-sensus). Noord-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie.
Aangesien die Pedi-groep die grootste deel uitmaak van die heterogene Noord-Sotho-groep, word daar ook soms na Noord-Sotho verwys as Pedi (Sepedi in Noord-Sotho).
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
Bronne
- http://countrystudies.us/south-africa/47.htm
SesothoDie taal Suid-Sotho (Sesotho in Suid-Sotho) word deur rondom 3 104 197 mense gepraat (1996-Sensus) in Suid-Afrika waar dit 'n amptelike taal is. Dit is ook die amptelike taal van Lesotho. Daar is 'n paar ortografiese verskille tussen die Suid-Sotho van Suid-Afrika en dié van Lesotho. Suid-Sotho is ook deel van die Sotho-taalfamilie.
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
TswanaDie taal Tswana (Setswana in Tswana) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 3 301 774 mense as moedertaal gepraat (1996-sensus). Tswana vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
Eksterne skakels
- [http://www.spel.co.za/spsetswana.html Setswana Speltoetser en Woordafbreker]
- [http://www.puk.ac.za/fakulteite/lettere/skt/aft.html Vakgroep Afrikatale, Noordwes-Universiteit]
Venda (taal)Die taal Venda (Tshivenda in Venda) is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur ongeveer 876 409 mense as moedertaal gepraat (1996-sensus). Dit word ook deur ongeveer 84 000 in Zimbabwe gepraat. Dit vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
Dialekte sluit Phani en Tavha-tsindi in.
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
Eksterne skakels en bronne
- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=VEN Ethnologue inskrywing oor Venda]
category: natuurlike taal
category:Suid-Afrika
category:Zimbabwe
TsongaDie taal Tsonga (Xitsonga in Tsonga) vorm deel van die Niger-Congo-taalfamilie. Dit is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika, waar dit deur ongeveer 1 756 105 mense as moedertaal gepraat word (1996-sensus). Dit word deur ongeveer 1.5 miljoen mense gepraat in Mosambiek en deur 19 000 in Swaziland. Daar is ook ongeveer 5 000 sprekers in Zimbabwe.
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
Eksterne skakels
- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=TSO Ethnologue oor Tsonga]
Category:Bantoetale
Category:Tale van Mosambiek
Category:Tale van Suid-Afrika
Category:Tale van Swaziland
Category:Tale van Zimbabwe
Tale in Suid-AfrikaDaar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale in, en ander nie-amptelikes. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die tweede meeste amptelike tale (na Indië). Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorspong, die ander nege vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
Amptelike tale
- Afrikaans
- Engels
- Ndebele
- Noord-Sotho
- Sotho
- Swazi
- Tsonga
- Tswana
- Venda
- Xhosa
- Zoeloe
Daar word voorsiening gemaak in die Grondwet van Suid-Afrika vir die bevordering van die Khoi, Nama en San tale asook vir gebaretaal. Ander nie-amptelike tale sluit in: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele en Phuthi. Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika.
Oorspronge
Die tale kan verdeel word volgens oorsprong as volg:
- Afrikaans ontstaan hoofsaaklik vanuit Nederlands
- Suid-Afrikaanse Engels stem nouliks ooreen met Britse Engels
- Zoeloe, Xhosa, Ndebele, en Swazi vorm deel van die Nguni-taalfamilie.
- Sotho, Tswana en Noord-Sotho vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
- Tsonga en Venda behoort ook tot die Bantoetaalfamilie (soos die Nguni- en Sotho-tale), maar toon minder ooreenkomste met die ander amptelike Bantoetale.
Verspreiding
Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemed reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.
- Afrikaans word oor feitlik die hele land gebruik (met minder gebruik in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en party stedelike gebiede).
- Engels word baie algemeen gebruik (veral as tweede taal en vir onderrig onder swartes), maar het veral minder moedertaalsprekers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, en meeste landelike gebiede.
- Zoeloe word veral in KwaZulu-Natal en Gauteng gebruik.
- Xhosa word veral in die Oos- en Wes-Kaap gebruik.
- Sotho word veral in die Vrystaat en naburige Lesotho gebruik.
- Tswana word veral in die Noordwes en naburige Botswana gebruik.
- Noord-Sotho word veral in Gauteng en Limpopo gebruik.
- Swazi word hoofsaaklik in Mpumalanga en naburige Swaziland gebruik.
- Tsonga word hoofsaaklik in Limpopo gebruik.
- Venda word hoofsaaklik in die voormalige tuisland van Venda gebruik.
Geskiedenis van Suid-Afrika=Pre-historiese Suid-Afrikaanse geskiedenis=
Argeologiese opgrawings dui daarop dat die "moderne" mens meer as 50 000 jaar gelede reeds in die teenswoordige Suid-Afrika aanwesig was. Die landstreek is moontlik nagenoeg 30 000 jaar gelede die eerste keer deur San-groepe (Boesmans) beset.
Die jongste argeologiese navorsing dui daarop dat die voorvaders van die Suider-Afrikaanse swartmense boere was wat van verder noord op die vasteland gekom het. Van nagenoeg die eerste of tweede eeu nC het hulle hulle in klein gemeenskappe langs die kus van die teenswoordige KwaZulu-Natal gevestig. Hulle sou later opwaarts versprei in die riviervalleie van die streek en nog later tot in die hoërliggende graslande.
=Die eerste Europeërs=
Die eerste Europeërs wat hulle hier gevestig het, kom in 1652 onder leiding van die Nederlandse kommandeur Jan van Riebeeck na die Kaap. Die Afrikanerbevolking ("Boere") ontwikkel daarna grotendeels uit nasate van Nederlandse, Duitse en Franse immigrante.
Brittanje beset die Kaap in 1806 en baie Britse immigrante kom in 1820 na Suid-Afrika.
In die middel-1820's heers Shaka, grondlegger van die Zoeloevolk, reeds oor 100 000 mense en het hy ’n leër van 40 000 manskappe. Talle misnoegde Boere trek van 1836 af noordwaarts onder die Britse gesag uit (die "Groot Trek") en stig hul eie republieke in die noorde: die Oranje-Vrijstaat en Zuid-Afrikaansche Republiek of Transvaal. Daar is verskillende botsings tussen die Boere en die swart volkere, ook die Zoeloes onder aanvoering van Shaka se moordenaar, Dingane.
Die ontdekking van diamante (1867) en goud (1886) in die noorde lei tot ’n toestroming van Europeërs, maar intensifiseer die onderwerping van die swartmense. Die Boere verset hulle teen Britse pogings om hul onafhanklikheid van hulle weg te neem, dog hulle word in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) verslaan.
=Unie van Suid-Afrika=
In 1910 verenig die Kaapkolonie, Natal, die Oranjerivierkolonie en Transvaal om die Unie van Suid-Afrika te vorm -- ’n dominium of susterstaat van Brittanje in die Britse Gemenebes.
Etlike honderde lede van Suid-Afrika se opgeleide swart elite stig in 1912 ’n nasionale organisasie om teen rassediskriminasie beswaar te maak en vir gelyke behandeling voor die reg te vra. Dit word die South African Native National Congress genoem, wat in 1923 tot die African National Congress (ANC) hernoem word.
In 1914 tree Suid-Afrika, te midde van groot kritiek binnelands, aan die kant van Brittanje toe tot die Eerste Wêreldoorlog. Rebellerende Afrikaners word vasgevat
Vrese by blanke mynwerkers dat hul werk aan swartmense gegee kan word, lei in 1922 tot ’n mynwerkersopstand in Johannesburg, maar dit word deur 20 000 troepe met artillerie, tenks en bomwerpers onderdruk.
Met die aanvaarding in 1931 van die Statuut van Westminster deur die Britse parlement word die volle gelykheid van Brittanje en die dominiums, dus ook Suid-Afrika, erken en word die Statebond, ’n vereniging van onafhanklike state, gestig.
Tydens die Groot Depressie bevind ’n kommissie in 1931 dat byna ’n derde van die Afrikaners armlastig is, terwyl min Engelssprekende blankes onder die broodlyn lewe. Dit lei tot ’n (uiteindelik geslaagde) veldtog vir die ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner -- én sy politieke dominansie.
In die Tweede Wêreldoorlog is daar groot verdeeldheid tussen Engelssprekendes en baie Afrikaners, veral toe Suid-Afrika troepe stuur om aan die Britse kant teen Duitsland in Noord-Afrika en Europa te veg. Reeds in 1938 het Afrikaners die Ossewabrandwag gestig, ’n paramilitêre organisasie wat ten doel sou hê om "vaderlandsliefde" in te skerp. Tydens die oorlog word etlike duisende lede van die Ossewabrandwag weens beweerde ondermynende bedrywighede geïnterneer -- ook John Vorster, ’n toekomstige eerste minister.
Die sogenaamde Herenigde Nasionale Party (HNP) wen in 1948 die verkiesing in Suid-Afrika. Hoewel ’n groot kloof tussen die lewenswyses van swart en wit van meet af in Suid-Afrika bestaan het, word dit deur die Nasionaliste in die beleid van afsonderlike ontwikkeling ("apartheid") gereglimenteer. Tot huwelike tussen blank en gekleurd word verbied en selfs seksuele verhoudings tussen rassegroepe. Apartheid word egter oor die volgende aantal dekades ál meer deur die wêreldgemeenskap veroordeel. Die HNP word tot die Nasionale Party (NP) hernoem en sou in Suid-Afrika regeer tot 1994.
Daar is aanvanklik ’n opwellende verset in swart geledere. In Maart 1960 brand die polisie los op swart mans, vroue en kinders wat in Sharpeville betoog teen die nuwe paswette wat die bewegings van swartmense beperk. Altesaam 69 betogers word doodgeskiet. Die ANC word in April verbied, maar daarna word ’n ondergrondse militêre vleuel gevorm.
=Republiek van Suid-Afrika=
In Oktober 1960 besluit die Unie se stemgeregtigdes, almal blankes, dat Suid-Afrika ’n republiek moet word en op 31 Mei 1961 word die land amptelik die Republiek van Suid-Afrika. Die land onttrek hom ook uit die Statebond.
Maar in die tweede helfte van die twintigste eeu waai die "winde van verandering" so fel oor Afrika dat die wêreldmening al hoe sterker teen kolonialisme draai. Feitlik met elke voormalige Europese kolonie wat onafhanklik word, verhewig die druk op Suid-Afrika om sy apartheidsbeleid te laat vaar en die stemreg aan al sy rasse te gee.
=Die Nuwe Era=
Die blanke regering van die Republiek swig in die begin van die laaste dekade van die twintigste eeu, veral toe die einde van die Koue Oorlog en die verbrokkeling van die eens magtige Sowjet-Unie die moontlikheid van ’n Kommunistiese oorname in Suid-Afrika laat vervaag. Die ANC word deur pres. F.W. de Klerk ontban en Nelson Mandela, ’n voorste ANC-gevangene, word in Februarie 1990 ná 27 jaar in die gevangenis vrygelaat.
Indringende samesprekings word hierna gevoer om ’n sterk nuwe grondwet uit te beitel. Die onderhandelinge dreig plek-plek om te ontspoor, maar die wedersydse besef dat daar geen vreedsame alternatief vir ’n onderhandelde ooreenkoms is nie, laat die onderhandelaars vasbyt. Uiteindelik is daar so minlike skikking dat die Nobelprys vir Vrede in 1993 saam aan Mandela en De Klerk toegeken word.
In April 1994 word die eerste vrye verkiesing in Suid-Afrika gehou. Ná meer as drie eeue van wit oorheersing word die beheer aan ’n regering van nasionale eenheid oorgedra. Suid-Afrika word ingedeel in nege provinsies, tans bekend as Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap. Mandela word president en in Mei 1994 ingehuldig. Hy dra in 1999 die presidentskap aan Thabo Mbeki oor.
Bronnelys
-
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika
NNPDie Nuwe Nasionale Party (NNP) is gevorm vanuit die ou Nasionale Party, nadat die party homself onttrek het uit die Regering van Nasionale Eenheid saam met die ANC. Die naamverandering is gedoen in 'n poging om die party te skei van sy verlede met die instelling en onderhoud van apartheid, en om die party te vernuwe as 'n gematigde, nie-rassige federale party.
Die eerste leier was FW de Klerk, wenner van die Nobelprys vir Vrede tesame met Nelson Mandela, vir sy rol in die afskaffing van apartheid. Die huidige leier is Marthinus van Schalkwyk. Die party het onlangs 'n samewerkingsooreenkoms met die ANC gesluit, wat baie van sy lede ontnugter het.
In die 1999 Algemene Verkiesing was die party feitlik uitgewis op nasionale vlak, maar het baie invloed behou in die Wes-Kaap. Tydens die 2004 Algemene Verkiesing het meeste van die oorblywende ondersteuning die party verlaat, deels weens ongelukkigheid oor die party se alliansie met die ANC, en het die nasionale ondersteuning van 6.9% in 1999 na 1.9% geval (dit was 20.4% in 1994, toe nog as die Nasionale Party). Met die voorheen regerende party nou slegs die sesde grootste party in die land word vrae gevra oor die party se langtermyn toekoms, asook die leierskap van Van Schalkwyk. Ten spyte van die party se powere uitslag in die onlangse verkiesing is Van Schalkwyk die pos van Minister van Omgewingsake en Toerisme toegeken weens die alliansie wat hy gesoek het met die ANC.
Op 9 April 2005 het die federale raad van die NNP amptelik besluit om die party te ontbind. Die party sal ophou voortbestaan om middernag van die dag waarop uitslae aangekondig word van die komende plaaslike regeringsverkiesings, wat beplan is vir laat 2005 of vroeg 2006.
Eksterne skakel
- http://www.nnp.co.za/ Amptelike webwerf
Kategorie:Politiek van Suid-Afrika
ODDie Onafhanklike Demokrate is 'n politieke party in Suid-Afrika. Dit het verteenwoordiging in die parlement gekry toe die stigter, Patricia de Lille, oorgeloop het deur verteenwoordigingstemme van die PAC te gebruik.
Eksterne skakels
- http://www.id.org.za/ - Amptelike webwerf
Kategorie:Politiek van Suid-Afrika
Patricia de Lille
Patricia de Lille is die leier van die Onafhanklike_Demokrate, 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat deur haar in 2003 gestig is.
Kategorie:Mense
Kategorija:Kazensko pravoTa kategorija zajema članke, ki se nanašajo na kazensko pravo.
Kategorija:Pravo
Kategorija:Sodstvo
ja:Category:刑法
last minute egipt Dorota Rabczewska warsaw hotels best online casino praca w anglii
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Microsoft virtual Server
Microsoft Virtual Server is a virtualization solution created by Microsoft that facilitates the creation of virtual machines on the Windows XP and Windows Server 2003 operating systems.
Category:Virtualization softw
|
Signor Beato
Felice Beato (born 1825 or 1834; died possibly 1907?) was a British and Italian photographer. He was one of the first photographers to take pictures in East Asia and one of the first Australia, () is that portion of the coast of Wilkes Land lying between Cape Morse, at 130° 10' E, and Pourquoi Pas Point, at 136° 11' E. It was discovered in January 1840 by Capt. Jules Dumont d'Urville, who recognized the existence of land lying south of the ice cliffs to which he applied t
|
Wikipedia:Votes for deletion/Lollersk8s
This page is an archive of the discussion about the proposed deletion of the article below . This page is no longer live. Further comments should be made on the article's talk page rather than here so that this page is preserved as an historic record. The result of the debate was REDIRECT to Lollerskates. — . This page is no longer live. Further comments should be made on the article's talk page rather than here so that this page is preserved as an historic record. The result of the debate was DELETE. dbenbenn | Votes for Undeletion nomination). No further edits should be made to this page.
| |