:: wikimiki.org ::
| Tweede Wêreldoorlog |
Tweede WêreldoorlogDie Tweede Wêreldoorlog was die duurste en mees omvangryke gewapende konflik in die geskiedenis van die wêreld. Dit duur van 1939 tot 1945 en word so genoem omdat dit die tweede oorlog was waar lande uit feitlik alle kontinente (dié wat destyds bewoon was) betrokke was. In beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog het 'n enorme aantal mense gesterf in verskeie slagvelde regoor die wêreld.
In die Tweede Wêreldoorlog het twee groepe teen mekaar geveg: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. Die Geallieerdes het bestaan uit die Britse Statebond, VSA, Sowjet-Unie, Sjina, Frankryk, Pole en ander Europese lande. Die Spilmoondhede het bestaan uit Duitsland, Italië, Japan en hul bondgenote.
Omtrent 55,5 miljoen mense kom om tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die massamoord op ses miljoen Jode onder die Nazi-bewind van Adolf Hitler, die gebruik van tegnologie van die industriële era, en massa-bomaanvalle op burgerlikes het alles daartoe bygedra dat meer burgerlikes in hierdie oorlog gesterf het as in enige ander in die geskiedenis.
Bronnelys
- World War II by die Engelse Wikipedia
- Tweede Wereldoorlog by die Nederlandse Wikipedia
als:Zweiter Weltkrieg
ja:第二次世界大戦
ko:제2차 세계 대전
ms:Perang Dunia II
simple:World War II
th:สงครามโลกครั้งที่สอง
1945 Gebeure
- 18 April Meer as 'n duisend bomwerpers val Helgoland aan.
- 25 April VSA en Russiese troepe ontmoet by die Elbe
- 25 April Die Verenigde nasies word in San Francisco, Kalifornië gevorm
- 26 Junie Die grondwet van die Verenigde nasies geteken
- 27 Desember - Die Wêreldbank word op ooreenkoms van 28 nasies geskep.
Geboortes
Sterftes
- 12 April - Franklin Delano Roosevelt, politikus en president van die VSA
- 10 Desember - August Vermeylen, Vlaams-Belgiese skrywer ( - 12 Mei 1872)
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1945年
ko:1945년
simple:1945
th:พ.ศ. 2488
Eerste WêreldoorlogDie Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waar lande van uit die hele wêreld by betrokke was. Dit vind plaas van 1914 tot 1918 tussen die gealieerdes en die sentrale magte. Geen konflik voor hiérdie het soveel soldate gemobiliseer of soveel slagvelde behels nie. Teen die einde van die oorlog was dit die tweede bloedigste opgetekende konflik (na die Taipingrebellie), alhoewel dit binne 'n paar dekades oorskadu sou word deur die Tweede Wêreldoorlog.
Geen ander oorlog het die landskap van Europa so dramaties verander nie - vier ryke het tot 'n val gekom: Die Duitse, die Oostenryk-Hongaarse, die Ottomaanse en die Russiese Ryk. Hulle vier dinastië, die Hohenzollerns, die Habsburgers, die Ottomane en die Romanovs, van wie die magte terugdateer tot en met die tyd van die kruistogte, het almal geval gedurende, of ná die oorlog.
Die Eerste Wêreldoorlog word gekenmerk deur die loopgraafoorlog, veral op die Westerse Front. Meer as nege miljoen sterf op die oorlogsveld, en amper ewe veel op die tuisfront weens voedseltekort, massamoord en grondgevegte. Chemiese wapens word vir die eerste keer gebruik, die eerste grootskaalse bomaanvalle uit die lug word geloots, en van dié eeu se eerste grootskaalse burgerlike slagtings vind plaas.
Op 28 Junie 1914 word Franz Ferdinand, troonopvolger tot die Oostenryk-Hongaarse troon, vermoor in Sarajevo, Bosnië deur 'n pro-Serwiese nasionalis (die Bosnies-Serwiese student Gavrilo Princip). Alhoewel daar soms aangevoer word dat hierdie sluipmoord direk aanleiding gegee het tot die oorlog, lê die oorlog se ware oorsake verder terug, in die komplekse web van alliansies en teenkragte wat ontwikkel het tussen die verskye Europese kragte na die nederlaag van Frankryk en die forming van die Duitse staat onder Otto von Bismarck in 1871.
Die Eerste Wêreldoorlog bring 'n definitiewe breuk met die ou wêreldorde en laat die absolute monargie in Europa finaal sterf. Die na-oorlogse faling om baie van die oorsake en gevolge van die oorlog effektief te hanteer lei tot die ontstaan van fasisme in Italië, Nasionale Sosialisme in Duitsland en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog 'n paar dekades later. Die oorlog was ook die katalis vir die Russiese Rewolusie, wat later rewolusies in ander lande soos Sjina en Kuba sou inspireer, en wat die basis word vir die Koue Oorlog tussen die Sowjet-Unie en die VSA. Die einde van die Ottomaanse Ryk in die ooste was die basis vir 'n demokratiese opvolgstaat, Turkye. In Sentraal-Europa is die nuwe state Tjegoslowakye en Joegoeslawië gebore, en Pole is herskep.
Aktiwiteite van Frankryk en die Britse magte1 in die ooste van die voormalige Ottomaanse Ryk het uiteindelik verskye latere konflikte tot gevolg, insluitend die Israel-Palistina-konflik, die Grieks-Turkse konkflik oor Cyprus, die Iran-Irak-konflik van die 1980s, en die gepoogde landbesettinge van die 1990s deur Irak. Die Grieks-Turkse konflik wat in 1924 geëindig het, was die laaste groot, direkte konflik van die oorlog.
Notas
# Die term "Britse magte" is algemeen in daardie tyd gebruik vir die Verenigde Koninkryk en haar eertydse kolonies Kanada, Suid-Afrika, Newfoundland, Australië en Nieu-Seeland)
Bronnelys
- World War I by die Engelse Wikipedia
- Eerste Wereldoorlog by die Nederlandse Wikipedia
ja:第一次世界大戦
ko:제1차 세계 대전
ms:Perang Dunia I
simple:World War I
th:สงครามโลกครั้งที่หนึ่ง
GeallieerdesIn die algemeen is geallieerdes mense of groepe mense wat saamstaan in 'n alliansie.
Die term Geallieerdes word normaalweg gebruik om die lande wat teen die sentrale magte geveg het in die Eerste Wêreldoorlog, en teen die Spilmoondhede (en:"Axis Powers") in die Tweede Wêreldoorlog te beskryf.
Eerste Wêreldoorlog
Hoof Geallieerdes
- Frankryk
- Verenigde Koninkryk
- Rusland (tot 1917)
- Italië (vanaf Mei 23, 1915)
- Verenigde State (vanaf April 6, 1917)
Tweede Wêreldoorlog
Hoof Geallieerdes
- Sjina
- Frankryk (na 1940)
- Verenigde Koninkryk
- Sowjet-Unie
- Verenigde State (vanaf 7 Desember 1941)
ja:連合国
ko:연합국
Britse Statebond
Die Britse Statebond (of algemeen net Statebond) is 'n vrywillige vereniging van onafhanklike, soewereine state, meestal bestaande uit die Verenigde Koninkryk en sy vorige kolonies.
Nie alle lede van die Statebond erken die Britse monarg as staatshoof nie. Díé wat dit wel doen is bekend as Statebondgebiede, maar die meerderheid van lede is republieke, en 'n handvol andere is inheemse monargieë. Alle lede erken wel vir Koningin Elizabeth II as die Hoof van die Statebond, 'n rol wat miskien die beste met díé van 'n seremoniële president vergelyk kan word.
Oorspronge
Die Statebond het die Britse Ryk vervang, en sy oorspronge lê in die Rykskonferensies van die laat 1920s (konferensies van Britse en koloniale eerste ministers het gebeur vanaf 1887), waar die onafhanklikheid van self-regerende kolonies en dominiums erken is, en is uiteindelik geformaliseer deur die Statuut van Westminster in 1931. Die Statebond is geskep as 'n vereniging van vrye en gelyke state, en lidmaatskap was gebaseer op die gemene trou aan die Britse Kroon.
1931.]]
Ná die Tweede Wêreldoorlog is die Ryk stadig afgebreek, wat deels aan die groei van onafhanklikheidsbewegings in die onderdanige streke (mees belangrik in Indië onder die invloed van Mohandas Gandhi) toegeskryf kan word, asook die Britse Regering se verkrampte omstandighede as gevolg van die koste van die oorlog. Burma (1948) en Suid-Jemen (1967) was onder die paar vorige kolonies/protektorate wat nie tot die Statebond toegetree het by onafhanklikheidswording nie. Miskien die mees bekende groep vorige Britse kolonies, die Verenigde State, is ook nie lid van die Statebond nie, omdat die onafhanklikheid van die VSA hierdie instelling met oor 'n honderd jaar voorafgaan. Die Republiek van Ierland was 'n lid, maar het die Statebond verlaat met republiekwording in 1949.
Die kwessie van republiekstatus binne die Statebond is eers in 1950 opgelos toe daar ooreengekom is, volgens 'n formule voorgestel deur Kanadese Eerste Minister Louis St. Laurent, dat Indië 'n lid mag bly ten spyte van haar huidige republiekgrondwet1. (Voorheen het Ierland en Burma die Statebond verlaat na republiekwording.) Hierdie besluit, soos uiteengesit in die London Declaration, het toegelaat dat lede die Britse monarg as Hoof van die Statebond aanvaar ongeag van hulle binnelandse grondwetlike opset, en word deur baie gesien as die begin van die moderne Statebond.
Soos die Statebond gegroei het, het Brittanje en die vorige "blanke Dominiums" informeel (en meestal veragtend) bekend geraak as die Wit Statebond, spesifiek wanneer hulle met die armer, meestal nie-blanke Statebondslede verskil het oor verskeie kwessies by die Statebond Regeringshoofde-ontmoetings. Aantygings dat die "Wit Statebond" ander belange as spesifiek die Afrika Statebondnasies het, asook beskuldigings van rassisme en kolonialisme het gereeld voorgekom gedurende debatte oor Rhodisië in die 1970s, die oplegging van sanksies teen die apartheidsera Suid-Afrika in die 1980s, en meer onlangs oor die kwessie van om druk uit te oefen vir demokratiese hervorming in Nigerië en later Zimbabwe in onlangse jare.
Sport
Die Statebond hou die Statebondspele elke vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Spele.
Lys van Statebondslede volgens kontinent
Datum van lidmaatskap in hakies.
- Europa
- Verenigde Koninkryk (1931)
- Ciprus (1961)
- Malta (1964)
- Noord-Amerika
- Kanada (1931)
- Jamaika (1962)
- Trinidad en Tobago (1962)
- Barbados (1966)
- Die Bahamas (1973)
- Grenada (1974)
- Dominica (1978)
- Sint Lucia (1979)
- Sint Vincent en die Grenadine (1979)
- Antigua en Barbuda (1981)
- Belize (1981)
- Sint Kitts en Nevis (1983)
- Suid-Amerika
- Guyana (1966)
- Afrika
- Suid-Afrika (1931 en verlaat in 1961, sluit weer aan in 1994)
- Ghana (1957)
- Nigerië (1960 en opgeskort in 1995, maar weer toegelaat in 1999)
- Sierra Leone (1961)
- Tanzanië (1961)
- Uganda (1962)
- Kenia (1963)
- Malawi (1964)
- Zambië (1964)
- Gambië (1965)
- Botswana (1966)
- Lesotho (1966)
- Mauritius (1968)
- Swaziland (1968)
- Seychelles (1976)
- Namibië (1990)
- Mosambiek (1995)
- Kameroen (1995)
- Asië
- Indië (1947)
- Pakistan (1947, verlaat in 1972 maar sluit weer aan in 1989)
- Sri Lanka (1948)
- Malaysië (1957)
- Singapoer (1965)
- Bangladesh (1972)
- Maldives (1982)
- Brunei (1984)
- Australië en Oseanië
- Australië (1931)
- Nieu-Seeland (1931)
- Samoa (1970)
- Tonga (1970)
- Fiji (1970 en verlaat in 1987, maar sluit weer aan in 1997)
- Papoea Nieu Guinea (1975)
- Solomon Eilande (1978)
- Vanuatu (1980)
- Tuvalu (1978)
- Kiribati (1979)
- Nauru (1999)
Tans opgeskorte lede:
- Geen.
Vorige lede:
- Éire (Republiek van Ierland), verlaat in 1949.
- Newfoundland, word 'n Kanadese provinsie in 1949.
- Zimbabwe, verlaat in 2003.
Sien ook
- Dominium
- Britse Ryk
- Anglosfeer
- Federal Commonwealth Society
Eksterne skakels
- [http://www.thecommonwealth.org The Commonwealth Secretariat]
- [http://www.commonwealth.org.uk/ The Commonwealth Institute, London]
- [http://www.rcsint.org The Royal Commonwealth Society]
- [http://www.empiremuseum.co.uk/ British Empire & Commonwealth Museum, Bristol, England]
- [http://www.sas.ac.uk/commonwealthstudies/index.htm University of London Institute of Commonwealth Studies]
- [http://www.fcsworld.com/ Federal Commonwealth Society Homepage]
- [http://www.aclals.org Association for Commonwealth Literature and Language Studies]
Category:Internasionale organisasies
Category:Britse Ryk
ja:イギリス連邦
ko:영국 연방
ms:Negara-negara Komanwel
VSADie Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n marinegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van autonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van die Verenigde State
Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die Kapitalistiese model en word gekenmerk deur 'n konstante groei, lae werksloosheid en inflasie, 'n groot begrotings tekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wereld. Verskeie ander lande het hulle geld eenhede gekoppel aan die dollar, of gebruik dit selfs as 'n geldeenheid. Die V.S. effekte beurs word beskou as 'n aanduiding van die wereld ekonomie.
Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. industrië vervaardig motorkarre, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is diens industrië, en omtrent 'n driekwart van die V.S. inwonders werk in hierdie sektor.
Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van die Verenigde State
Met die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wiselende landskap: gematigde woudland op die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kus areas wes van die Rocky Mountains en reenwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.
Vakansiedae
Notas
# Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die amerikas gesien as onakkuraat en beledegend, maar is algemeen en word elders aanvaar.
category:Verenigde State
ja:アメリカ合衆国
ko:미국
ms:Amerika Syarikat
nb:Amerikas forente stater
simple:United States
th:สหรัฐอเมริกา
zh-min-nan:Bí-kok
Sowjet-UnieDie Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR)
(English: Union of Soviet Socialist Republics (USSR))
(Сою́з Сове́тских Социалисти́ческих Респу́блик (СССР), Soyuz Sovetskikh Sotsialisticheskikh Respublik (SSSR)), ook genoem Sowjet-Unie (Сове́тский Сою́з, Sovetsky Soyuz), was 'n staat in noord Eurasië wat bestaan het vanaf 1922 tot 1991. Die lys van republieke in die Sowjet-Unie het gewissel gedurende hierdie periode. Gedurende die laaste jare van bestaan het die Sowjet-Unie bestaan uit 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke (S.S.R.). Rusland was die grootste Republiek in die Sowjet-Unie, en het dit in amper alle aspekte gedomineer; landoppervlakte, populasie, ekonomie en politiese invloed. Die gebied van die Sowjet-Unie het ook heelwat gewissel, en in die laaste jare was dit ongeveer dieselfde as die vorige Keiserlike Rusland, met die uitsondering van Pole en Finland.
Geskiedenis
Hoof artikel: Geskiedenis van die Sowjet Unie
Die Sowjet-Unie was die opvolgerstaat van die Keiserlike Rusland maar was kleiner as 'n gevolg van die onafhanklikheid van Pole, Finland en die Baltiese state. Lenin het 'n beleid ingestel waardeur hierdie veroweringe van die Keiserlike Rusland onafhanklikheid kon verkry, en 'n groot aantal ander gebiede het ook wye outonomiteit verkry.
Gedurende 1938 en 1940 het die Sowjet-Unie Estland, Letland, Litaue, sekere gebiede van Finland, Pole, Roemenië, Mongolië en Hongarye beset. Onder die aanvoering van Joseph Stalin, het die Sowjet-Unie na die Tweede Wêreldoorlog 'n groot wêreldmag geword.
Politiese konfrontasie tussen die Sowjet-Unie en die Verenigde State het geheers vir 'n aantal jare en staan bekend as die Koue Oorlog.
In 1991 het die Sowjet-Unie uit mekaar geval na 'n mislukte staatsgreep deur die militêre leiers wat onsteld was met die rigting waarin Gorbachev die land gelei het.
Die leiers van die Sowjet-Unie, in chronologiese orde,
# Vladimir Lenin (1917-1924)
# Joseph Stalin (1924-1953)
# Georgy Malenkov (Maart - September, 1953)
# Nikita Khrushchev (1953-1964)
# Leonid Brezhnev (1964-1982)
# Yuri Andropov (1982-1984)
# Konstantin Chernenko (1984-1985)
# Mikhail Gorbachev (1985-1991)
Politiek
Republieke
Hoof Artikel: Republieke van die Sowjet-Unie
Geografie
Hoof artikel: Geografie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie het uit die 15 lande hierbo genoem bestaan, met 'n totale oppervlakte van 22,402,200 vk. km.
Ekonomie
Hoof artikel: Ekonomie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie was die eerste land wat sy ekonomie gebaseer het op kommunistiese beginsels waardeur die staat al die produksiemoontlikhede besit het.
Demografie
Hoof artikel: Demografie van die Sowjet-Unie
Die Sowjet-Unie was een van die wêreld se mees etnies uiteenlopende lande, met meer as 100 nasionale etniese groepe wat binne die grense leef. Die totale populasie was geskat as 293 miljoen in 1991.
Kultuur
ja:ソビエト連邦
ko:소비에트 연방
simple:Soviet Union
th:สหภาพโซเวียต
Sjina
Die Volksrepubliek van Sjina (Engels: People's Republic of China) bevat meeste van die kulturele, historiese en geografiese area wat bekend staan as Sjina. Sedert die stigting in 1949, is dit gelei deur die Kommunistiese Party van Sjina. Dit is die meesbevolkste land, met 'n populasie van meer as 1 3000 000 000, die meeste wat geklassifiseer word as van Han Sjinese etniese herkoms. Dit is die grootste land in oppervlakte in Oos-Asië en die vierde grootste in die wêreld. Die republiek grens aan 14 lande: Afghanistan, Bhutan, Myanmar, Indië, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Laos, Mongolië, Nepal, Noord-Korea, Pakistan, Rusland, Tajikistan en Vietnam.
Geskiedenis
Hoof Artikel: Geskiedenis van Sjina
Lys van administratiewe divisies van areas onder die beheer van die People's Republic of China.
Geografie
Hoof Artikel: Geografie van Sjina
als:Volksrepublik China
ja:中華人民共和国
ko:중화인민공화국
ms:Republik Rakyat China
simple:People's Republic of China
th:สาธารณรัฐประชาชนจีน
zh-cn:中华人民共和国
zh-min-nan:Tiong-hoâ Jîn-bîn Kiōng-hô-kok
zh-tw:中华人民共和国
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
Duitsland
Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.
Geskiedenis
:Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland
Politiek
:Hoofartikel: Politiek van Duitsland
Geografie
:Hoofartikel: Geografie van Duitsland
State
:Hoofartikel: State van Duitsland
Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg (Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen (Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen (Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen (Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere (Bayern)
- Saksen (Sachsen)
- Saksen-Anholt (Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren (Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen (Thüringen)
- Rynland-Palts (Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein)
Ekonomie
:Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland
Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg.
Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.
Demografie
:Hoofartikel: Demografie van Duitsland
Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004.
Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.
Kultuur
:Hoofartikel: Kultuur van Duitsland
Sien ook
Category:Duitsland
Category:Lande in Europa
fiu-vro:S'aksamaa
als:Deutschland
ja:ドイツ
ko:독일
ms:Jerman
roa-rup:Ghirmânii
simple:Germany
th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี
zh-min-nan:Tek-kok
JapanJapan (Nippon/Nihon 日 (son) 本 (wortel/bron)), letterlik "die oorsprong van die son") is 'n land in Oos-Asië geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse skiereiland. Die naam, soms bekend as "Die Land van die Opkomende Son," kom van Sjina af en verwys na Japan se oostelike posisie relatief tot die Asiese kontinent. Voor Japan verhoudinge met Sjina gehad het, was dit bekend as Wa (倭) of Yamato (大和).
Japan bestaan uit 'n reeks eilande, die grootstes daarvan, van Suid na Noord, Kyushu (九州), Shikoku (四国), Honshu (本州, die grootste eiland), en Hokkaido (北海道).
Die Japanese naam Nippon word gebruik vir meeste amptelike doeleindes, insluitende geld, posseëls, en internasionale sportbyeenkomste. Nihon is ook 'n gewilde term in Japan. Die naam vir Japan is afgelei uit die Sjinese weergawe van die naam. Die vroeë Mandaryn Sjinese woord vir Japan is opgeteken deur Marco Polo as Cipangu. In Maleisië het die Sjinese woord Japang geword en was dus teegekom deur Portuguese handelaars in Moluccas in die 16de eeu. Daar word geglo dat Portuguese handelaars die eerste mense was wat die woord in Europa bekend gestel het.
In Afrikaans, word die land eenvoudig "Japan" genoem. Die amptelike Japanese titel is Nihon-koku (日本国), letterlik "Staat van Japan."
Geskiedenis
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Japan
Japan word verdeel in 47 distrikte (gesorteer volgens ISO 3166-2):
Die volgorde van hierdie lys is van Noord na Suid soos wat algemeen in Japan aanvaar word.
ISO 3166-2
Eksterne skakels
Amptelik
- [http://www.mofa.go.jp/ Amptelike werf van die Japanese Ministerie van Buitelandse sake ]- Gedetaileerde dokumente oor Japan se buitelandse beleid, opvoedingsprogramme, kultuur en lewe
- [http://www.kantei.go.jp/foreign/index-e.html Amptelike werf van die eerste minister]
- [http://www.sangiin.go.jp/eng/index.htm Amptelike werf van die Huis van Raadslede]
- [http://www.shugiin.go.jp/index.nsf/html/index_e.htm Amptelike werf van die Huis van Verteenwoordigers]
- [http://courtdomino2.courts.go.jp/home.nsf/ehome?OpenPage Amptelike werf van die Japanese Hooggeregshof]
- [http://www.kunaicho.go.jp/eindex.html Amptelike werf van die Koninklike familie]
Ander
- [http://hanami.ath.cx/ Hanami Web -Japan] (in Engels)
- [http://www.theforeigner-japan.com/ The Foreigner - Japan] - Web-tydskrif oor Japan in Engels
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/ja.html CIA World Factbook -- Japan]
- [http://home.kyodo.co.jp/ Kyodo Japan News Wire Service]
- [http://newslink.org/nonusajap.html AJR Newslink] - Databasis van Engelse koerante in Japan
- [http://www.thejapanfaq.com/ The Japan FAQ: Know Before You Go]
- [http://www.businessweek.com/chapter/katz.htm Business Week - Japan: The System That Soured]
- [http://www.japan-zone.com/index.shtml Japan Zone] - Japan toergids, Japanese populêre kultuur, geskiedenis en Japanese etiket
- [http://www.dmoz.org/Regional/Asia/Japan/ Open Directory Project] - Gids van Japan
- [http://www.lookjapan.com/ lookjapan.com] -- Web-tydskrif oor Japan
- [http://www.japaneselifestyle.com.au/ japaneselifestyle.com.au] -- Web-bron vir Japanese kultuur en kimono
- [http://www.pricechecktokyo.com/ Price Check Tokyo] - 'n Nie-amptelike pryslys van alledaagse items in Tokyo
- [http://www3.tky.3web.ne.jp/~edjacob/saq.html Japan SAQ (Seldom Asked Questions)]
- [http://www.jpop.com/ J-Pop.com] 'n Web-poort na Japanese pop culture
- [http://homepage3.nifty.com/kadzuwo/triviana/links_japan_trivia.htm Link of Links on Japan Trivia] (veeltalig)
category:Japan
als:Japan
ja:日本
ko:일본
ms:Jepun
simple:Japan
th:ประเทศญี่ปุ่น
zh-min-nan:Ji̍t-pún JodeDie woord Jood (van Hebreeus: יהודי: Jahudi meervoud Jahudim) word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke. Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme.
Meeste Jode sien hulleself as 'n volk, lede van 'n nasie, en die voorvaders van Joodse nasionale identiteit word deurgetrek vanaf die Bybelse patriarg Abraham ( Avraham), sy seun Isak en veral Jakob ( Ja'akov), Isak ( Jitshak) se seun, asook deur die persone wat oor die loop van die geskiedenis by hulle aangesluit het as bekeerdes (sien ook Israeliete). Die term Jood ("Jahudi") se oorsprong begin by die verdeling van die Koninkryk van Israel ( Jisra'el) in die noordelike Koninkryk van Israel en die suidelike Koninkryk van Juda ( Jahuda). Daarom is die Israeliete (wat later deur die Assiriërs verwoes is) afkomstig vanuit die noordelike koninkryk, en die Jode ( Jahudim) -wat oorleef het- van die suidelike koninkryk. Soos tyd verloop het, het die woord Jood begin verwys na díé van die Joodse geloof eerder as díé wat van Juda afkomstig is. Etniese Jode sluit beide sogenaamde "gelowige Jahudim" (die wat Judaïsme beoefen) en "sekulêre Jahudim" (díé wat nie Judaïsme as 'n geloof beoefen nie, maar nog steeds hulleself as Jode in 'n kulturele of etniese sin identifiseer) in.
| | |