Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Volkslied

Volkslied

Die Volkslied van Suid-Afrika is sedert 1996 'n samevoeging van Die Stem van Suid-Afrika (Die Stem) en Nkosi Sikelel' iAfrika. Die onderskeie verse is in vier van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika en die lied bestaan uit twee dele in verskillende toonsoorte.

Geskiedenis

Gedurende die apartheidsjare was Die Stem die volkslied, en tussen 1994 en 1996 het Die Stem en Nkosi Sikelel' iAfrika albei as volkslied gedien. Met die einde van apartheid in die jare negentig het die argitekte van die oorgang na 'n nuwe bedeling egter besef dat daar 'n nuwe volkslied sou moes kom wat vir almal aanvaarbaar is. By Die Stem sou die voorheen benadeeldes nie aanklank vind nie; vir die blankes, wat die woorde van Nkosi Sikelel' iAfrika nie verstaan het nie, was dié weer niks minder as 'n strydkreet van verset nie. Maar deur die twee saam te voeg -- en alle Suid-Afrikaners te laat begryp dat dit 'n lied van seënbede en glorie onder die helderblou hemel van Suid-Afrika is -- is 'n kompromis bereik in die edelste tradisie van versoening. Die oorspronklike woorde en melodie van Nkosi Sikelel' iAfrika is deur Enoch Sontonga geskryf. Voor Nkosi Sikelel’ iAfrika gebruik is as deel van die amptelike volkslied was dit 'n gewilde kerklied en is dit ook beskou as die volkslied deur die onderdrukte bevolking van Suid-Afrika. Die Stem se woorde is deur die vermaarde Afrikaanse skrywer C.J. Langenhoven geskryf en die melodie in 1921 deur M.L. de Villiers gekomponeer. Die Stem van Suid-Afrika was in der waarheid Langenhoven se bekendste enkele werk. Dit was ook De Villiers se gedenkwaardigste toonsetting. Later het die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie sowel God save the King as Die Stem aan die einde van hul daaglikse uitsendings gespeel. Dit is die eerste keer in die openbaar gesing met die amptelike hysing van die landsvlag op 31 Mei 1928, maar dit was eers op 2 Mei 1957 dat die regering Die Stem as die amptelike volkslied aanvaar het. As The Call of South Africa is dit mettertyd ook in Engels gesing.

Inhoud

Die Zoeloe- of Xhosa-weergawe van Nkosi Sikelel' iAfrika (God seën Afrika) word gebruik vir die eerste vers, terwyl die Sotho-weergawe die tweede vers van die volkslied vorm. Die derde en vierde verse bestaan uit 'n Afrikaanse en Engelse deel van Die Stem. Die hele lied is as volg: Nkosi sikelel' iAfrika
maluphakanyisw' uphondo lwayo
Yizwa imithandazo yethu
Nkosi sikelela
thina lusapho lwayo

Morena boloka setjhaba sa heso
O fedise dintwa le matswenyeho
O se boloke (O se boloke)
Setjhaba sa heso
Setjhaba sa South Afrika

South Afrika!

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,

Sounds the call to come together and united we shall stand.
Let us live and strive for freedom in South Africa our land.

Die Xhosa/Zoeloe van die eerste vers en die Sotho van die tweede vers kan as volg vertaal word: Here, seën Afrika
Mag haar gees opstyg
Hoor ons gebede aan
Here, seën ons.

Here, seën Afrika
Verban oorloë en twis
Here, seën ons nasie
Van Suid-Afrika.

Eksterne skakels en bronne


- [http://www.info.gov.za/aboutgovt/symbols/anthem.htm Anthem of South Africa] - By die Suid-Afrikaanse regering se werf] (Engels)
- [http://www.anc.org.za/misc/nkosi.html Nkosi Sikelel' iAfrika] - By die ANC werf (Engels)
- [http://www.national-anthems.org/history.htm History of national anthems] (Engels)
- [http://www.mieliestronk.com Mieliestronk] - Die Mieliestronk-webwerf vir inligting en opvoeding (Afrikaans) Kategorie:Suid-Afrika ko:Nkosi sikelel' iAfrika

Die Stem

Die Stem van Suid-Afrika, ook bekend as Die Stem is in 1918 deur C.J. Langenhoven geskryf, en getoonset in 1921 deur M.L. de Villiers. Dit is die eerste keer in die publiek gesing op 31 Mei 1928, en in 2 Mei 1957 is dit deur die Suid-Afrikaanse regering as die amptelike nasionale volkslied aangekondig. In 20 April 1994 het Nkosi Sikelel' iAfrika ook 'n volkslied van Suid-Afrika geword; en op 10 Oktober 1997 is die eerste twee reëls saam met Engelse reëls, en Xhosa en Sotho dele van Nkosi Sikelel' iAfrika verklaar as Suid-Afrika se volkslied.
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.

Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika.

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf —
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis —
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Eksterne skakel


- [http://roepstem.tripod.com/stema.html Woorde en wysie van Die Stem van Suid-Afrika]



Suid-Afrika

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.

Ander name

Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga) Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika. Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika

Politieke partye in die parlement in 2003


- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)

Provinsies

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)

Geografie

right Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.

Wynbou

Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer. Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Lande van AfrikaKategorie:Suid-Afrikaja:南アフリカ共和国ko:남아프리카 공화국ms:Afrika Selatansimple:South Africazh-min-nan:Lâm-hui

Enoch Sontonga

Enoch Mankayi Sontonga, die komponis van die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied (Nkosi Sikelel' iAfrika), is in 1873 gebore. Aan die einde van die negentiende eeu het Sontonga, wat in Pimville, Soweto, gewoon het, begin onderwys gee aan die Nancefield-Metodistesendingskool. Hy het baie gesange en liedere gekomponeer. Sontonga is op 'n jeugdige 32 jaar oorlede en in die "nie-blanke afdeling" van die Braamfonteinse begraafplaas begrawe. Sy graf het met die jare in verwaarlosing verval, soseer dat dit nogal 'n taamlike speurtog gekos het om dit op te spoor. Maar op 24 September 1996, Erfenisdag in die Nuwe Suid-Afrika, kon 'n treffende swart granietblok op die graf onthul word. Die perseel is ook tot 'n nasionale monument verklaar. Enoch Sontonga se bekendste gesang, Nkosi Sikelel' iAfrika, is deur sy koor in die omgewing van Johannesburg en in KwaZulu-Natal uitgevoer, en ander kore het dit oorgeneem. Dit is op konserte in Johannesburg gewild gemaak deur eerwaarde J.L. Dube se Ohlange Zulu Choir. Sontonga het net die woorde van die eerste vers geskryf. 'n Bekende Xhosa-digter, Samuel Mqhayi, het vir die sewe bykomende verse van die lied gesorg. Sontonga is in 1905 oorlede, maar sy lied het bly voortleef. Dit is op 8 Januarie 1912 as slotgebed gesing op die eerste vergadering van die South African Native National Congress, die voorloper van die African National Congress. In 1925 het die ANC dit as slotgesang vir hul vergaderings aanvaar. 'n Sesotho-weergawe deur Moses Mphahlele is in 1942 gepubliseer. Nkosi Sikelel' iAfrika is vandag nie net 'n deel van die Suid-Afrikaanse volkslied nie, maar ook die volkslied van Tanzanië en Zambië. Dit word ook in Zimbabwe en Namibië gesing.

Bron


- Huisgenoot se Wonderlike Wêreld op CD-Rom, 2004. Kategorie:Mense

31 Mei

31 Mei is die 151ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (152ste in skrikkeljare). Daar volg nog 214 dae in die res van die jaar.

Gebeure

Geboortes

Sterftes


- 1809 - Franz Joseph Haydn, Oostenrykse komponis (
- 31 Maart1732)

Vakansies, vierings en waarnemingsdae


- Kategorie:Datumja:5月31日ko:5월 31일simple:May 31th:31 พฤษภาคม

Kategorie:Suid-Afrika

Hierdie is 'n kategorie wat inligting oor Suid-Afrika (wat die hoofartikel is) bevat. Kategorie:Lande van Afrikaja:Category:南アフリカ共和国ko:분류:남아프리카 공화국

University of Wisconsin-Superior

The University of Wisconsin-Superior was founded in 1893 although its current name dates from 1971 when it became part of the University of Wisconsin System.

Notable alumni


- Seth McDowell
- Arnold Schwarzenegger
- Joe Kelly (author)

Skrty angielskie rozstpy online spielautomaten cheap holidays lanzarote mieszne zdjcia










































:: RELATED NEWS ::
University of Bradford School of Management
Bradford University School of Management, located in Bradford (UK), established in 1963, is an international business school providing undergraduate, postgraduate and doctoral degrees in management, including MBA (London, England and is part of the worldwide Metropolitan Community Church movement. It was formed by a group of worshippers from Metropolitan Community Church of North London who wished to have a Church presence in the East end of the City. Originally Pastored by Rev Andy Braunston, the Church
Wikipedia:Articles for deletion/Podcaching