Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Petrol

Petrol

Petrol is 'n vloeibare brandstof wat van ru-olie of steenkool gemaak word. Dit word veral as brandstof in binnebrandenjins gebruik. Dit bestaan hoofsaaklik uit koolwaterstowwe, het 'n lae viskositeit en 'n redelike lae kookpunt. Petrol en diesel is die algemeenste brandstowwe wat vir vervoer gebruik word, en speel dus 'n belangrike rol in die ekonomie.

Chemiese eienskappe

Petrol word tradisioneel in raffinaderye vervaardig. Die stof wat bloot uit ru-olie gedistilleer word, voldoen nie meer aan die vereistes van moderne enjins nie, maar word wel gebruik in die vervaardigingsproses. Sasol gebruik die Fischer-Tropsch-proses vir die vervaardiging van petrol (en ander brandstowwe) uit steenkool. Meeste petrol bestaan uit koolwaterstowwe met tussen vyf en twaalf koolstofatome per molekule - hoofsaaklik parafiene, naftene, aromate en oliefiene. Die spesifieke verhoudings sal afhang van die raffinadery, die spesifieke ru-olie wat gebruik is, en die kwaliteit petrol - veral die oktaan. Petrol kan ook ander organiese elemente bevat, byvoorbeeld eters wat bygevoeg word, asook onsuiwerhede, veral swaelverbindings. Sekere onsuiwerhede moet verwyder word omdat hulle andersins korosie in die enjin sou veroorsaak.

Oktaan

Die belangrikste eienskap van petrol is die oktaangradering. Bystowwe word by petrol gevoeg om te voorkom dat die enjin klop - die verskynsel waar van die brandstof te vroeg ontplof en 'n klopgeluid (vibrasie) in die enjin veroorsaak. Soos wat die druk in enjins se silinders verhoog, vergroot die probleem met enjinklop. Die oktaan van 'n brandstof dui aan hoe klopbestand dit is. Dit word gemeet relatief tot 'n mengsel van 2,2,4-trimetielpentaan ('n isomeer van oktaan) en n-heptaan. 'n 87-oktaan-petrol het dus dieselfde klopbestandheid as 'n mengsel met 87% iso-oktaan en 13% n-heptaan. Die oktaangraderingstelsel is ontwikkel deur die chemikus Russel Marker. Die oktaangradering van petrol is dus nie 'n aanduiding van die hoeveelheid oktaan wat in die petrol teenwoordig is nie. Algemeen beskikbare petrol het oktaangraderings in die omgewing van 87 tot 95. Dit is egter moontlik vir 'n brandstof om 'n oktaan van meer as 100 te hê, aangesien iso-oktaan nie die mees klopbestande stof is nie. Renvloeistowwe, etanol, vliegtuigbrandstof, en gas (LPG) het oktaangraderings van 110 en hoër. Petrol se oktaan kan verhoog word deur bystowwe, soos tetraetiellood (in "lood"-bevattende petrol). In Suid-Afrika verskil die oktaangradering van petrol by die kus en hoërliggende dele. Petrol by die kus en laerliggende gebiede het 'n effens hoër oktaan om vir die hoër lugdruk geskik te wees.

Loodvrye petrol

Petrol is sedert die 1920's aangevul met 'n verbinding van lood om dit meer klopbestand te maak. Dit het egter aan die lig gekom dat hierdie praktyk baie skadelik is vir die omgewing en dat loodvlakke in mense se bloed hierdeur beïnvloed is. Sedert die 1970's begin die VSA om die gebruik van lood uit te faseer. In die 1990's staak die VSA en meeste lande in Europa geheel en al en word slegs loodvrye petrol verkoop. In Suid-Afrika staak die algemene gebruik van loodbevattende petrol aan die einde van 2005, alhoewel loodvrye petrol reeds vroeër beskikbaar was. Omdat lood bietjie teen erosie in die enjin beskerm, kan sekere ouer motors nie loodvrye petrol gebruik nie. Sulke motors moet aangepas word. Motors met katalitiese omsetters kan slegs van loodvrye petrol gebruikmaak aangesien lood hierdie omsetters beskadig.

Bronne


- [http://www.sasol.com/sasol_internet/downloads/SasolSSIBrochure_1124955092860.pdf Reaching new frontiers in liquid fuels technology], Sasol
- [http://www.bp.co.za/opencms/opencms/portal/Products/Commercial/Fuels/Unleaded_petrol_comm.html Unleaded petrol], BP
- Vanaf die Engelse Wikipedia:
  - [http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Gasoline&oldid=27938587 Gasoline]
  - [http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Tetra-ethyl_lead&oldid=24330246 Tetra-ethyl lead]
  - [http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Octane_rating&oldid=28361574 Octane rating]
  - [http://en.wikipedia.org/w/index.php?title=Engine_knocking&oldid=27943038 Engine knocking] Kategorie:Brandstowwe ja:ガソリン

Ekonomie

Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik van goedere en dienste. Ekonomie word positief genoem wanneer dit poog om die gevolge van verskillende keuses aan die hand van 'n stel aannames te verduidelik en normatief wanneer dit 'n sekere aksie voorskryf. Die onderwerp word breedweg verdeel in twee hoof vertakkings: mikro-ekonomie – wat gemoeid is met indiwiduele instansies, soos huishoudings en ondernemings en makro-ekonomie – wat die ekonomie as 'n geheel beskou (insluitende inflasie, werkloosheid, industriële produksie en die rol van die regering). Aangeleenthede wat spesifiek aandag in ekonomie geniet is hulpbron toedeling, produksie, verspreiding, handel en mededinging. Ekonomie kan in beginsel, en word toenemend, aangewend om probleme wat keuses onder toestande van skaarsheid behels of met die bepaling van waarde. waarde.]]

Studievelde in ekonomie

Ekonomie word gewoonlik verdeel in twee hoof vertakkinge:
- Mikro-ekonomie, wat die ekonomiese gedrag van indiwiduele rolspelers soos besighede, huishoudings en indiwidue bestudeer, met die oog om die besluitneming te midde van skaarsheid te verstaan asook die gevolge van sodanige besluite.
- Makro-ekonomie, bestudeer die ekonomie as 'n geheel met die doel om die wisselwerking tussen ekonomiese maatstawwe te verstaan soos onder andere nasionale inkomste, werksgeleenthede en inflasie. Pogings om hierdie twee vertakkinge saam te versmelt of om die onderskeid tussen hulle te weerlê is belangrike motiverings in heelwat onlangse ekonomiese gedagtes, veral in die laat 1970s en vroë 1980s. Vandag bestaan eenstemmigheid oor die standpunt dat goeie makro-ekonomie 'n sterk mikro-ekonomiese grondlag moet hê; dit wil sê die uitgangsputne moet 'n teoretiese en bewese ondersteuning in mikro-ekonomie geniet. Ekonomie kan ook verder onderverdeel word wat nie altyd netjies inskakel by die makro/mikro verdeling nie. By hierdie ondervertakkinge word ingesluit: internasionale ekonomie, arbeidsekonomie, welsynsekonomie, hulpbronekonomie, omgewingsekonomie, bestuursekonomie, finansiële ekonomie, stedelike ekonomie en ekonomiese aardrykskunde. Daar bestaan ook metodologieë wat deur ekonome gebruik word waarvan die onderliggende teorieë baie belangrik is.
- Die mees betekenisvolle voorbeeld hiervan mag dalk ekonometrie wees, wat statistiese tegnieke gebruik om ekonomiese data te bestudeer. Berekeningsekonomie is afhanklik van wiskundige metodes wat ekonometrie dan insluit.
- 'n Ander meer onlangse tendens en nader verwant aan mikro-ekonomie, is om sosiale sielkundige begrippe (gedragsekonomie) en metodes (eksperimentele ekonomie) te gebruik in die studie van ekonomie. Ander onderverdelings is ook moontlik. Finansies is tradisioneel as deel van ekonomie beskou– aangesien die inhoud en die resultate daarvan natuurlik uit mikro-ekonomie spruit – die vakgebied is egter effektief as 'n onafhanklik dog verwante dissipline gevestig. Daar bestaan 'n toenemende tendens om idees en metodes van ekonomie in 'n wyer konteks toe te pas. Aangesien ekonomiese analise op besluitneming fokus, kan dit toegepas word (met wisselvallige resultate) op ander velde waar mense alternatiewe moet oorweeg – opvoeding, huwelik, gesondheid ens. Die velde wat ondersoek word in Ekonomie oorvleuel dus dikwels met ander sosiale wetenskappe insluitend politieke wetenskap en sosiologie. Sien politiese ekonomie vir die studie van ekonomie in die politieke konteks. Die oorheersende politiese ekonomie word losweg kapitalisme genoem.

Ekonomiese aannames

Vraag en aanbod

kapitalisme Hoof Artikel: Vraag en aanbod. In mikro-ekonomiese teorie poog vraag en aanbod om die prys en hoeveelheid goedere wat in kompeterende markte verkoop word te beskryf, verduidelik en te voorspel. Dit is een van die mees fundamentele ekonomiese modelle, wat oraloor gebruik word as 'n basiese bousteen tot 'n wye reeks meer gedetaïlleerde ekonomiese modelle en teorieë. Die teorie beweer in die algemeen dat waar goedere (ekonomie) in 'n mark verhandel word teen 'n prys waar verbruikers meer goedere aanvra as wat die ondernemings bereid is om te verskaf, die tekort sal neig om die prys van die goedere op te stoot. Die verbruikers wat bereid is om meer te betaal sal die markprys hoër bie. Teenoorgesteld sal die pryse geneig wees om te val as die hoeveelheid goedere wat aangebied word die vraag daarna oorskry. Hierdie prys/hoeveelheid aanpassingsmeganisme veroorsaak dat die mark 'n ewewigspunt nader, 'n punt waar daar nie meer enige druk vir verandering bestaan nie. Hierdie teoretiese punt van stabiliteit word gedefinieer as die punt waar produsente bereid is om presies dieselfde hoeveelheid goedere te verskaf as wat die verbruikers wil koop. Die teorie van vraag en aanbod is belangrik in die werking van 'n markgerigte ekonomie in soverre dit die meganisme verduidelik aan die hand waarvan besluite oor hulpbron toewysings gemaak word.

Prys

Ten einde die eb en vloed van vraag en aanbod te meet is 'n meetbare waarde nodig. Die oudste en mees algemeen gebruikte is Prys, of dan die heersende ruilkoers tussen kopers en verkopers in 'n mark. Prysteorie volg die beweging van meetbare hoeveelhede oor tyd na asook die verwantskap tussen prys en ander meetbare hoeveelhede. In Adam Smith se Wealth of Nations is daar verwys na die kompromis tussen prys en gerief. Ekonomiese teorie is tot 'n groot mate gebasseer op die prys en die vraag en aanbod teorie. In ekonomiese teorie vind die mees effektiewe kommunikasie plaas wanneer veranderinge in die ekonomie plaasvind deur middel van prys, waar 'n ooraanbod lei tot laer pryse en 'n te hoë vraag lei tot hoër pryse. vraag en aanbod — 'n belangrike kwessie vir internasionale handel.]] In baie praktiese ekonomiese modelle, word 'n mate van "prysvastheid" by die model ingesluit om voorsiening te maak vir die waarneembare feit dat in baie markte pryse nie vloeibaar is nie. Ekonomiese beleid wentel dikwels rondom argumente oor wat die "ekonomiese wrywing" of prysvastheid veroorsaak, wat op sy beurt die ewewig tussen vraag en aanbod verhoed. 'n Ander omstrede ekonomiese aangeleentheid is of waarde korrek deur prys gemeet word aldan nie. In hoofstroom markgerigte ekonomie, waar daar beduidende tekorte bestaan wat nie in prys vervat is nie word daar gesê dat daar 'n eksternalisasie van koste bestaan. Markgerigte ekonomie voorspel dat skaars goedere wat te laag geprys is oorverbruik word (Sien sosiale koste). Hierdie begrip lei tot die openbare goedere teorie.

Skaarsheid

Omdat skaarsheid en besluitneming sentrale begrippe is in ekonomiese teorie, is die vraag oor watter die basiese kompromieë is, van kardinale belang. In elke ekonomiese teorie vind daar 'n basiese uitruiling van twee of meer skaars goedere plaas. Adam Smith het dit gedefinieer as die ruil van tyd of gerief vir geld. 'n Persoon kan byvoorbeeld naby 'n dorp bly en meer betaal vir sy huis of verder weg bly en minder betaal maar die met “ongerief betaal” vir die verskil. Adam Smith behels altyd onderhandelinge van aangesig tot aangesig. Daar is een podium op die vloer vir elkeen van die beurs se ongeveer drieduisend andele. Die uitgangspunt dat die primêre kompromie in ekonomie tussen tyd en geld is, het verskeie opponente. Elkeen hiervan baseer hulle standpunt oor skaarsheid op verskillende fundamentele kompromieë. 'n Klein aantal ekonome verkies om ekonomie te definieer as die studie van hoe en waarom mense handel dryf; hierdie definisie impliseer egter relatiewe skaarsheid.

Marginalisme

In marginalistiese ekonomiese teorie word die prysvlakke bepaal deur die marginale koste en marginale gebruikswaarde. Die prys van alle goedere sal die koste wees van die maak van die laaste een wat mense nog sal koop, die prys van alle werkers in 'n onderneming sal die koste wees van die laaste een wat die onderneming benodig. Marginalisme ondersoek besluite gebaseer op die grense, wat die koste van produksie van die volgende eenheid is teenoor hoeveel wins dit sal lewer. Waneer marginale opbrengs op 'n aksie nul bereik, sal die aksie stopgesit word. Marginale gebruikswaarde is die hoeveelheid genieting of nut 'n indiwidu put uit 'n aankoop van 'n item teenoor die aankoop van een minder daarvan. Marginale beloning is dikwels onderhewig aan verminderende opbrengste, die verkryging van 'n verlaagde beloning uit meer produksie of verbruik – die 10de lekkertjie smaak nie so lekker soos die eerste nie en bring dus 'n verminderde marginale gebruikswaarde mee. Marginalisme het toenemend belangrikheid in ekonomiese teorie verkry in die laat 19de eeu en is 'n tegniek wat gebruik word om te analiseer hoe ekonomiese stelsels sal reageer. Marginale koste van produksie verdeel die kostes in vaste kostes wat betaal moet word onafhanklik van hoeveel goedere geproduseer word, en veranderlike kostes. Die marginale koste is die veranderlike koste van die laaste eenheid plus die persentasie van die vaste koste. Marginalisme veronderstel dat wanneer die wins uit van die volgende eenheid nul bereik, dat die eenheid nie geproduseer sal word nie.

Waarde

Daar kan beweer word dat onderliggend tot ekonomiese teorie daar 'n teorie oor waarde moet wees. Waarde kan gedefinieer word as die onderliggende aktiwiteite wat ekonomie meet en beskryf. waarde VSA $100 goudnoot kon deur die draer vir goud omgeruil word]] Adam Smith het arbeid as die onderliggende bron van waarde gedefinieer en die arbeidsteorie van waarde vorm die grondslag van Karl Marx , David Ricardo en vele ander klassieke ekonome se werk. Die arbeidsteorie van waarde voer aan dat goedere of dienste se waarde gemeet kan word aan die arbeid wat dit neem om dit te vervaardig. Hierdie waarde bepaal dan die kommoditeitsprys. Die arbeidsteorie van prys en die naverwante koste-van-produksie teorie van waarde oorheers die werk van die meerderheid klassieke ekonome, maar dit is by verre nie die enigste aanvaarde basis vir waardebepaling nie. Die noe-klassieke ekonome en die Oostenrykse leerskool ekonome verkies die marginale teorie van waarde. Markteorie beweer weer dat daar nie 'n waarde anders as prys is nie, dat die mark al die beskikbare inligting in prys vervat, en solank as wat die markte oop bly sal die prys en waarde dieselfde wees. Hierdie teorie berus op die begrip van die rasionele ekonomiese speler. 'n Ander stel teorieë berus op die begrip dat daar 'n basiese eksterne skaarsheid bestaan en dat waarde die verwantskap tot daardie basiese skaarsheid verteenwoordig. Teorieë gebaseer op ekonomie wat beperk word deur die beskikbaarheid van energie of 'n goudstandaard val in hierdie kategorie. Al hierdie teorieë maak deel uit van hedendaagse ekonomiese studies.

Ekonomiese taal en redenasies

Ekonomie maak staat op nougesette redenasiestyle, meer as enige ander sosiale wetenskap. Ekonomiese metodologie het verskeie wisselwerkende onderverdelings;
- Die versameling van ekonomiese data. Hierdie data bestaan uit meetbare waardes van prys en veraanderinge in pryse van meetbare goedere. Byvoorbeeld: die koste om 'n werker vir 'n week te huur of die koste van spesifieke goedere en hoeveel daarvan verbruik word.
- Formulering van modelle van ekonomiese verwantskappe, byvoorbeeld, die verwantskap tussen algemene prysvlakke en die algemene indiensnemingsvlakke. Dit sluit waarneembare vorme van ekonomiese aktiwiteite in: geld, verbruik, voorkeure, koop, verkoop, pryse ens. Sommige modelle is eenvoudige rekeningkundige modelle, terwyl ander veronderstellings maak rondom spesifieke tipe ekonomiese gedrag, soos bv. Die maksimering van gebruikswaarde of van wins. 'n Voorbeeld van 'n model wat beide die aspekte illustreer is die klassieke wiskundige formulering van die Keynesiese stelsel wat die verbruiksfunksie en die nasionale inkomste gelykheid insluit. In hierdie artikel word na sulke modelle as formele modelle verwys al is hulle nie formeel in die sin van formele logika nie.
- Skep van Ekonomiese statistiek. Die data wat versamel is word in die model ingevoer om 'n verteenwoordiging van die ekonomiese aktiwiteit te skep. Byvoorbeeld: die algemene prysvlak is 'n teoretiese idee algemeen in makro-ekonomiese modelle. Die voorspelling van 'n spesifieke inflasiekoers behels die neem van meetbare pryse en 'n model van mense se verbruiksgewoontes om sodoende 'n algemene prysvlak te bepaal vanuit die beskikbare inligting in die model. Veronderstel byvoorbeeld dat petrol 4 Rand 'n liter kos: om die prysvlak te bereken sal 'n model vereis van hoeveel petrol die gemiddelde persoon verbruik en hoeveel van sy inkomste daarvoor opsygesit word &mdas;maar dit vereis ook 'n model van hoe mense petrol verbruik en watter ander goedere/dienste plaasvervangers daarvoor is.
- Beredenering vanuit die ekonomiese modelle. Die proses van beredenering (sien die artikels oor informele logika, logiese beredenering) kan soms gevorderde wiskunde insluit. Byvoorbeeld, 'n gevesntigde tradisie onder ekonome is om ekonomiese veranderlikes aan die hand van twee-dimensionele grafieke te beredeneer, waar die kurwes wat die verwantskappe verteenwoordig tussen die asveranderlikes in verskeie indekse vervat word. Soos algemeen in wetenskap kan die gevolgtrekkings wat gemaak word deur die beredenering 'n voorspllende asook 'n bevestigende (of weerleggende) waarde hê. 'n voorbeeld van voorspellende waarde van ekonomiese teorie is die voorspelling van die uitwerking van huidige begrotingstekort op rentekoerse vir die volgende 10 jaar. 'n Voorbeeld van die bevestigende waarde van ekonomiese teorie sal die bevestiging (of weerlegging) van teorieë wees oor die verwantskap tussen marginale belastingkoerse en die begrotingstekort. Formele modellering is gegrond op die algemene beginsels van konsekwentheid en volledigheid.

Die ontwikkeling van ekonomiese denke

Hoof Artikel: Geskiedenis van ekonomiese denke. Die begrip ekonomie is rondom 1870 gevorm en gewild gemaak deur neo-klassieke ekonome soos Alfred Marshall en het politiese ekonomie vervang. Die begrip politiese ekonomie is deurgaans gebruik in die 18-19de eeue deur denkers soos Adam Smth, David Ricardo en Karl Marx. Ekonomie word afgelei vanuit die Griekse woord oikos- wat huis of nedersetting beteken en nomos vir wette of norme. Ekonomiese denkrigtings kan rofweg in drie fases verdeel word: Voormodern (Grieks, Romeins, Arabies), Vroeë modern en Modern (sedert Adam Smith in die laat 18de eeu). Sistematiese ekonomiese teorie is hoofsaaklik in die moderne tyd ontwikkel.

Denkrigtings van ekonomie

Daar was al verskeie wedywerende ekonomiese denkrigtings jeens kapitalisme van die laat 18de eeu tot op hede gewees. Belangrike denkrigtings is klassieke ekonomie, Marxistiese ekonomie, Keynesiese ekonomie, Neo-klassieke ekonomie en Nuwe klassieke ekonomie. Daar bestaan ook ander denkrigtings. Hierdie denkrigtings is oor verskeie jare ontwikkel, en verskil fundamenteel met mekaar.

Neo-klassieke ekonomie

Neo-klassieke ekonomie gaan van die veronderstelling uit dat hulpbronne skaars is en dat dit nodig is om te kies tussen wedywerende alternatiewe. Dit wil sê, ekonomie het te doen met kompromieë. Met skaarsheid behels die kies van 'n alternatief die opsegging van 'n ander alternatief – ook genoem die geleentheidskoste. Die geleentheidskoste skep 'n inbegrepe prysverwantskap tussen wedywerende alternatiewe. Verder word skaarsheid eksplisiet gekwantifiseer deur prysverwantskappe in beide die markgerigte en beplande ekonomieë. Die verstaan van keuses wat deur indiwidue en groepe gemaak word is van kernbelang. Ekonome glo dat aansporings en begeertes 'n belangrike rol speel in besluitneming. Begrippe van die nuttigheidsleer filosofiese denkrigting word gebruik as analitiese begrippe in ekonomie, al verstaan ekonome dat die gemeenskap nie nuttigheidsleer doelwitte sal aanneem nie. Een voorbeeld hiervan is die idee van die gebruikswaarde funksie, wat aanvaar word as die wyse waarop indiwiduele ekonomiese spelers besluit wat hulle gelukkig maak en watter besluite hulle maak in die nastrewe van daardie geluk.

Sien ook

Micro-ekonomie

:Micro-ekonomie | Vraag en Aanbod | Verbruikersteorie | Eksperimentele ekonomie | Gedragsekonmie | Algemene ewewig | Industriele organisasie | Finansiële ekonomie | Bestuursekonomie | Internasionale handel | Arbeidsmark | Ontwikkelingsekonomie | Omgewingsekonomie | Openbare keuse teorie | Openbare geodere | Vervoer ekonomie | Gesondheidsekonomie | Marginale vraag

Makro-ekonomie

:Macro-ekonomie | Stabiliseringsbeleid | Monetêre beleid | Monetarisme | Fiskale beleid | Ekonomiese groei | Koopkrag pariteit | Aanbodkant ekonomie | Keynesiese ekonomie | Goudstandaard

Metodologie

:Siklusse | Ekonometrie | Spelteorie | Wiskundige ekonomie | Ewolusionêre ekonomie

Verwante Onderwerpe

:Kommersialisme | Kommunisme | Kapitalisme | Deregulasie | ekonomiese aanwyser | Uitbuiting | Freiwirtschaft | Informele ekonomie | Arbeidsteorie van waarde | Laissez-faire | Mark ekonomie | Marxisme | Nasionalisering | Natuurlike kapitalisme | Netwerk effek | Deelnemende ekonomie | Beplande ekonomie | Privatisering | Regulering | Sosialisme | sosialistiese ekonomie | Aandelebeurs | Sintetiese ekonomie | Belasting | Welsyn

Eksterne skakels


- [http://www.ncee.net National Council on Economic Education]
- [http://www.tutor2u.net 'n Bron van gratis studie notas oor ekonomie]
- [http://www.oswego.edu/~economic/newbooks.htm 'n Gids na verskeie aanlyn ekonomiese handboeke]
- [http://www.oecd.org/statistics/ OECD Statistics] Organization For Co-operation and Economic Development Statistical site.
- [http://www.dmoz.org/Science/Social_Sciences/Economics/ Economics Directory]
- [http://www.bls.gov Bureau of Labor Statistics] Amerikaanse mannekragdepartement se statistiek afdeling.
- [http://www.worldbank.org/data/ Die wêreldbank se datawerf ]
- [http://www.bea.doc.gov VSA se Departement van Handel se Ekonomiese Statistiek]
- [http://rfe.wustl.edu/EconFAQ.html Ekonomiese hulpbronne op die Net]
- [http://web.mit.edu/krugman/www/islm.html Brief Introduction to Macroeconomics by Paul Krugman]
- [http://www.wws.princeton.edu/~pkrugman/ Paul Krugman's Page,] including the essay There's something about macro.
- [http://www.ericdigests.org/1999-4/economics.htm The National Voluntary Content. ERIC Digests.]
- [http://www.ericdigests.org/1998-1/economic.htm Recent Trends in Economic Education. ERIC Digest.]
- [http://homepage.newschool.edu/het/thought.htm Schools of Thought] – Compare one versus another regarding particular issues
- [http://www.uqac.uquebec.ca/zone30/Classiques_des_sciences_sociales/ Classiques des Sciences Sociales] More than 800 full text books and articles (in French)
- [http://www.econlib.org/library/YPDBooks/Lalor/llCy744.html The Nature of Things] by Jean-Baptiste Say - An essay in which Say claim that economics isn't an ethical system that one can simply refute on the basis one doesn't accept its values - it is a collection of theories and models that explain inductively found principles.
- [http://etext.lib.virginia.edu/cgi-local/DHI/dhi.cgi?id=dv2-06 Dictionary of the history of Ideas:] History of Economics ja:経済学 ko:경제학 simple:Economics th:เศรษฐศาสตร์ zh-cn:经济学 zh-tw:經濟學 Category:Ekonomie

Koolstof

Koolstof is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool C en atoomgetal van 6. Die nie-metaalagtige, tetravalente element kom algemeen voor en het verskeie allotropiese vorms:
- diamant (die hardste mineraal bekend). Verbindingstruktuur: 4 elektrone in sogenaamde 3-dimensionele sp3 orbitale.
- grafiet (een van die sagste stowwe). Verbindingstruktuur: 3 elektrone in 2-dimensionele sp2-orbitale en 1 elektron in 'n s-orbitaal.
- Kovalent verbinde sp1 orbitale is van chemiese belang alleenlik. Fullerene is nanometer-skaal molekules. In die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 60 koolstof atome in 'n grafietlaag wat gebuig is om 'n driedimensionele struktuur te gee wat baie soos 'n sokkerbal lyk. Lampswart bestaan uit klein grafietagtige areas. Die areas kom lukraak verspreid voor dus is die hele struktuur isotropies. Sogenaamde 'glasagtige koolstof' is isotropies en net so sterk soos glas. Anders as in normale grafiet, is die grafietagtige lae nie gerangskik soos in die bladsye van 'n boek nie maar is gevrommel soos wanneer 'n mens papier vrommel. Koolstofvesels is soortgelyk aan glasagtige koolstof. Onder spesiale behandeling (rek van organiese vesels en verkoling daarvan) is dit moontlik om die grafietvlakke in die rigting van die vesel te rangskik. Daar is dan geen koolstofvlakke wat loodreg tot die as van die vesel gerangskik is nie. Die resultaat is vesels met 'n baie hoër spesifieke breeksterkte as die van staal! Koolstof kom voor in alle organiese lewe en vorm die basis van organiese chemie. Hierdie nie-metaal het ook die interessante eienskap dat dit met atome van sy eie soort kan verbindings vorm asook met 'n groot verskeidenheid ander elemente, soveel so dat daar bykans 10 miljoen bekende verbindings van koolstof bestaan. Wanneer dit met suurstof verbind vorm dit koolstofdioksied, 'n molekuul wat absoluut noodsaaklik is vir plante om te groei. Wanneer dit met waterstof verbind, vorm dit verskeie verbindings bekend as koolwaterstowwe wat weer uiters noodsaaklik is vir die nywerheid in die vorm van fossielbrandstowwe. Wanneer dit met beide suurstof en waterstof verbind kan dit baie groepe verbindings vorm insluitend vetsure wat noodsaaklik is vir lewe en esters wat die geur aan baie vrugte verleen. Die istotoop koolstof-14 word algemeen gebruik in radioaktiewe datering.

Kenmerkende eienskappe

Koolstof is vir baie redes 'n merkwaardige element. Sy verskillende vorme sluit een van die sagste (grafiet) en een van die hardste (diamant) stowwe aan die mens bekend in. Meerendeels het dit 'n sterk neiging om verbingings te vorm met ander klein atome, insluitende ander koolstof atome en sy klein grootte maak dit vir die element moontlik om veelvuldige verbindings te maak. As gevolg van hierdie eienskappe is dit bekend dat koolstof byna tien miljoen bekende chemiese stowwe kan vorm. Koolstof verbindings vorm die basis van alle lewe op aarde en die koolstof-stikstof siklus verskaf van die energie wat deur die son en ander sterre uitgestraal word. Koolstof is nie in die grootknal geskep nie as gevolg van die feit dat dit 'n driedubbele botsings van alfa partikels (helium kerne) vereis om geproduseer te kan word. Die heelal het aanvanklik uitgesit en ook te vinnig afgekoel vir dit om te gebeur. Dit word egter in die binnekant van sterre gevorm omdat die botsingsproses skynbaar daar moontlik is.

Aanwendings

Koolstof is 'n noodsaaklike komponent van alle lewende stelsels en sonder dit sou lewe soos ons dit ken nie kon bestaan nie. Die hoof ekonomiese gebruik van koolstof is in die vorm van koolwaterstowwe, waarvan die fossielbrandstowwe, metaangas en ru-olie, die vernaamste bronne is. Ru-olie word deur die petrochemiese nywerheid gebruik om onder andere petrol, diesel en keroseen deur middel van distillasieprosesse in raffinaderye te vervaardig. Ru-olie is die rou-materiaal vir vele sintetiese stowwe waaronder die plastieke ook tel.

Ander gebruike


- Die isotoop 14C, wat op 27 Februarie 1940 ontdek is, word gebruik om radiokoolstof datering te doen.
- Sommige rookverklikkers gebruik klein hoeveelhede radioaktiewe koolstof isotoop as bron van ioniserende bestraling (Die meeste rookverklikkers van die tipe gebruik egter 'n isotoop van Amerikium).
- Grafiet word gekombineer met kleie om die 'lood' te maak wat in potlode gebruik word.
- Diamant word vir versieringsdoeleindes gebruik en ook om boorpunte en vir ander eienskappe waar van sy hoë hardheid gebruik gemaak word.
- Koolstof word by yster gevoeg om staal te maak.
- Koolstof word ook gebruik vir die beheerstawe in kernreaktore.
- Grafiet koolstof in 'n verpoeierde, koek vorm word gebruik as houtskool om mee te kook, vir kunswerk en ander gebruike.
- Houtskool word gebruik in pil of poeier vorm om toksiese stowwe of giwwe in die spysverteringskanaal te adsorbeer.
- Die chemiese en strukturele eienskappe van fullerene, in die vorm van koolstof nanobuise het belowende potensiële gebruike in die ontluikende veld van nanotegnologie.

Geskiedenis

Koolstof is reeds in die voorgeskiedenis ontdek en was al bekend aan die antieke mens, wat dit vervaardig het deur die verbranding van organiese materiaal met onvoldoende hoeveelhede suurstof (houtskool). Diamante is ook lank bekend as edelgesteente al was mense nie bewus van die verbintenis met houtskool nie. Die mees onlangste allotroop wat ontdek is fullerene is ontdek as 'n neweproduk van molekulêre bundel eksperimente van die 1980's.

Allotrope

Vier allotrope van koolstof is bekend: amorfe, grafiet, diamant en fullerene. Die ontdekking van 'n vyfde vorm is onlangs op 22 Maart 2004 bekend gemaak. In sy amorfe vorm is koolstof eintlik basies grafiet maar word nie saamgebind in 'n kristallyne makrostruktuur nie. Dit kom eerder voor as 'n poeier wat die hoofbestandeel is van stowwe soos houtskool en lampswart (roet). Teen normale drukke neem koolstof die vorm van grafiet aan, waar elke atoom gebonde is aan drie ander 'n vlak wat bestaan uit versmelte heksagonale ringe, soortgelyk aan diè in aromatiese koolwaterstowwe. Die twee bekende vorms van grafiet, alfa (heksagonaal) en beta (aromatiese koolwaterstowwe vanweë die delokalisering van die pi-wolk. Die materiaal is sag en die blaadjies van die lae word slegs deur Van der Waalskragte aanmekaar gehou wat beteken dat hulle maklik oormekaar gly. Teen baie hoë drukke het koolstof 'n allotroop wat diamant genoem word waar elke atoom verbind is aan vier ander koolstof atome. Diamant het dieselfde kubiese struktuur as silikon en germanium en danksy die sterkte van die koolstof-koolstof binding is dit saam met die iso-elektroniese boornitried (BN) die hardste stof bekend gedefinieer as sy weerstand teen krapmerke. Die oorgang na grafiet is by kamertemperatuur so stadig dat dit onopmerklik is. Onder sekere toestande kan koolstof kristalliseer tot Lonsdaliet, 'n vorm soortgelyk aan diamant maar heksagonaal. Fullerene het 'n grafietagtige struktuur, maar in plaas van 'n suiwer heksagonale pakking bevat dit ook pentagone (of moontlik heptagone) van koolstof atome wat gebuig is om sfere, ellipse of silinders te vorm. Die eienskappe van fullerene (ook bekend in Engels as "buckyballs" en "buckytubes") is nog nie ten volle ontleed nie. Die name van die fullerene word ontleen aan die naam van die ontwerper van die geodesiese koepel wat 'n soortgelyke struktuur het as die van die "buckyballs". 'n ferromagnetiese nanoskuim allotroop is ook onlangs ontdek.

Voorkoms

Daar bestaan byna tien miljoen koolstof verbindings wat bekend is aan die wetenskap en baie duisende van hierdie verbindings is noodsaaklik tot lewensprosesse en baie van die organies-gebaseerde reaksies is ekonomies belangrik. Hierdie element kom in groot hoeveelhede in die son, sterre, komete en in die atmosfeer van baie planete. Sommige meteoriete bevat mikroskopies klein diamante wat gevorm is toe die sonnestelsel slegs 'n protoplanetêre skyf was. Koolstof kan 'n samestelling met ander elemente in die aarde se atmosfeer gevind word asook opgelos in water. Met klein hoeveelhede kalsium, magnesium en yster is dit 'n groot komponent van baie groot rotsformasies karbonaatrots (kalksteen, dolomiet, marmer ens.). wanneer koolstof met waterstof verbind word vorm dit steenkool, petroleum en natuurlike gas wat koolwaterstowwe genoem word. Grafiet word in groot hoeveelhede in New York en Texas in die V.S.A; Rusland; Mexiko; Groenland; en Indië aangetref. Natuurlike diamante kom voor in die mineraal kimberliet wat gevind kan word in antieke vulkaniese nekke en pype. Die grootste neerslae van diamante kom in Afrika en spesifiek in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, die Republiek van die Kongo en Sierra Leone voor. Daar is ook neerslae in Kanada, die Russiese Noordpoolstreek, Brasilië en in Noord- en Wes-Australië.

Anorganies verbindings

(Sien ook organiese chemie.) Die mees prominente oksied van koolstof is koolstofdioksied, CO2. Dit vorm 'n mindere komponent van die Aarde se atmosfeer, word geproduseer en verbruik deur lewende wesens. In water vorm dit spoorhoeveelhede koolsuurgas, H2CO3. Karbonaat ione word ook gevorm deur die reaksie van die koolsuurgas met ander elemente om karbonaatsoute of minerale te vorm soos kalsiet. Die ander oksiede is koolstof monoksied, CO, en die seldsame koolstof suboksied, C3O2. Koolstofmonoksied word gevorm deur onvolledige verbranding en is 'n kleurlose en reuklose gas. Die molekules bevat elkeen 'n driedubbele verbinding en is nogal polêr, wat dit 'n neiging gee om permanent aan hemoglobien molekules te bind en dit dus 'n hoogs giftige gas maak. Sianied, CN, het 'n soortgelyke struktuur en tree baie soos 'n halied-ioon op; die nitried Sianogeen, (CN)2, is verwant. Met sterk metale vorm koolstof of karbiede, C-, of aseteliede, C22-; Koolstof met elektronegatiwiteite van 2 en 5 verkies om kovalente verbindings te vorm. 'n Paar karbiede het kovalente roosterstrukture wat baie soos die van diamant lyk.

Koolstofkettings

Koolstofkettings is die atomiese struktuur van koolwaterstowwe wat 'n reeks koolstofatome in 'n ketting vorm met die oorblywende verbindings wat met waterstof versadig word. Vlugtige olies het tipies korter kettings en vette nog langer kettings. Wasse (soos kerswas) het uiters lang kettings.

Koolstofsiklus

Die voortdurende proses van verbinding en vrystelling van koolstof en suurstof met die daarmee gepaardgaande stoor en vrystelling van energie. katabolisme + anabolisme = metabolisme. Sien koolstofsiklus.

Isotopes

In 1961 het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie die koolstof-12 isotoop aanvaar as die basis vir die bepaling van atoomgewigte.
- Koolstof-14 is 'n radio-isotoop met 'n halfleeftyd van 5715 jaar en is baie gebruik vir die radiokoolstof datering van hout en ander monsters vanaf argeologiese terreine. Koolstof het twee stabiele isotope wat natuurlik voorkom: C-12 (98.89%) en C-13(1.11%).

Voorsorgmaatreëls

Verbindings van koolstof het 'n wye verskeidenheid toksiese werkinge. Koolstof monoksied (CO), wat teenwoordig is in die uitlaatgasse van motorvoertuigenjins, en Sianied (CN-) wat gebruik word in die mynboubedryf is uitermate giftig vir soogdiere. Baie ander koolstofverbindings is nie-giftig en is om die waarheid te sê noodsaaklik vir die bestaan van lewe. Organiese gasse soos eteen (CH2=CH2) (ook etileen genoem), etyn (HCCH) (ook asetileen genoem) en metaan (CH4) is hoogs vlambaar en selfs plofbaar wanneer dit met lug gemeng word. Suiwer koolstof is egter nie giftig nie.

Eksterne skakels


- [http://periodic.lanl.gov/elements/6.html Los Alamos Nasionale Laboratorium in die V.S.A – Koolstof]
- [http://www.nature.com/NSU/040322/040322-5.html][http://www.nature.com/nsu/040322/040322-5.html]
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/C/index.html WebElements.com – Koolstof]
- [http://environmentalchemistry.com/yogi/periodic/C.html EnvironmentalChemistry.com – Kooltsof]
- [http://education.jlab.org/itselemental/ele006.html It's Elemental – Koolstof]
- [http://www.vincentherr.com/cf/ – Koolstof Fullerene en ander Allotrope] modelle deur Vincent Herr Category:Chemiese elemente ja:炭素 ko:탄소 ms:Karbon simple:Carbon th:คาร์บอน

Swael

Swael is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool S en atoomgetal van 16. Dit kom wyd verspreid voor en is 'n smaaklose, reuklose, multivalente nie-metaal. Swael, in sy onverbonde vorm is 'n geel kristallyne vastestof. In die natuur kan dit gevind word in suiwer vorm of as sulfied en sulfaat minerale. Dit is 'n lewensnoodsaaklike element en word in verskeie aminosure aangetref. Kommersiële gebruik van swael is hoofsaaklik vir kunsmis maar dit word ook gebruik in buskruit, lakseermiddels, vuurhoutjies, pesdoders en swamdoders.

Kenmerkende eienskappe

Swael is 'n sagte en ligte stof met 'n heldergeel kleur. Alhoewel waterstofsulfied (H2S) 'n kenmerkende vroteierreuk het, is dit belangrik om kennis te neem dat elementêre swael reukloos is! Dit brand met 'n helderblou vlam wat swaeldioksied vrystel, wat 'n kermerkende verstikkende reuk het. Swael is nie oplosbaar in water nie maar wel oplosbaar in koolstofdisulfied. Algemene oksidasietoestande van swael sluit −2, +2, +4 en +6 in. Swael vorm stabiele verbindings met die meeste elemente buiten die edelgasse. Swael bestaan normaalweg as molekules in die vastestof, en neem hoofsaaklik 'n sikliese kroonvormige S8 struktuur aan. Swael het vele allotrope buiten S8. Deur een atoom van die kroon te verwyder verkry mens S7, wat verantwoordelik is vir die heldergeel kleur wat met swael geassosieer word. Ander ringstrukture is ook al voorberei, die vernaamstes waarvan S12 en S18 insluit. Die kristallografie van swael is kompleks. Afhangende van die spesifieke toestande kan die swaelallotrope vele onderskeibare kristalstrukture vorm, waarvan die rombiese en monokliniese S8 die bekendste is. In teenstelling daarmee bestaan sy ligter buurman op die periodieke tabel uit slegs twee vorme van chemiese belang: O2 en O3. Selenium, die swaarder analoog van swael vorm 'n paar ringstrukture maar is meer stabiel as 'n gryskleurige polimeer. 'n Noemenswaardige eienskap is dat die viskositeit (vloeibaarheid) van gesmelte swael, anders as die meeste ander vloeistowwe toeneem met temperatuurstyging vanweë die vorming van polimeerkettings. Amorfe of plastiese swael kan voorberei word deur die snelle verkoeling van gesmelte swael. X-straal kristallografiese ondersoeke het getoon dat die amorfe vorm 'n heliese struktuur mag hê, met agt atome per draai. Hierdie vorm is metastabiel by kamertemperatuur en keer geleidelik terug na sy kristallyne vorm. Die proses gebeur binne 'n kwessie van ure tot dae maar kan vinnig gekataliseer word deur geskikte katalisators, onder andere menslike speeksel ('n hoofrede waarom 'n mens nie swael in die mond moet plaas nie).

Aanwendings

Swael het vele industriële gebruike. Swaelsuur (H2SO4), een van die belangrikste verbindings van swael, maak daarvan een van die belangrikste elemente in gebruik as 'n industriële roumateriaal. Dit is van groot belang in byna elke denkbare sektor van die wêreld se ekonomieë. Swaelsuurproduksie is die grootste eindverbruik van swael en verbruik daarvan word oraloor beskou as een van die beste indikatore van 'n nasie se ontwikkelingsvlak. In die Verenigde state is swaelsuur diè industriële chemikalie waarvan die meenste vervaardig word. Swael word ook gebruik in batterye, reinigingsmiddels, die vulkanisering van rubber, swamdoders en vir die vervaardiging van fosfaatbevattende misstowwe. Sulfiet word gebruik as bleikmiddel in papiervervaardiging en as preserveermiddel in wyn en gedroogde vrugte. Vanweë sy vlambaarheid word swael ook gebruik in vuurhoutjies, buskruit en vuurwerke. Natrium of ammonium tiosulfaat word gebruik in fotografiese fikseermiddels. Magnesiumsulfaat, ook beter bekend as Engelse sout (en: Epsom salts) word gebruik as lakseermiddel, 'n badsout, as skilfermiddel of as 'n magnesiumaanvulling vir plante.

Biologiese rol

Die aminosure, sistien en metionien bevat swael, asook al die polipeptiede, proteïne en ensieme wat hierdie aminosure bevat. Dit maak swael 'n noodsaaklike komponent van alle lewende selle. Disulfiedverbindings tussen polipeptiede is baie belangrik in die samestelling van proteïne en strukture. Homosistien en taurien is ook swaelbevattende aminosure maar maak nie deel uit van DNA of die primêre struktuur van proteïne nie. Sommige vorms van bakterieë gebruik waterstofsulfied (H2S) in plaas van water as die elektrondonor in 'n primitiewe proses soortgelyk aan fotosintese. Swael in die vorm van sulfaat-ione word deur plante vanuit die grond geabsorbeer.

Omgewingsimpak

Die brand van steenkool en ru-olie deur nywerhede en kragstasies stel groot hoeveelhede swaeldioksied (SO2) in die lug vry wat met atmosferiese water en suurstof reageer om swaelsuur te produseer. Dit veroorsaak suur-reën wat die pH van grond en varswaterbronne verlaag. Dit lei tot noemenswaardige skade aan die natuurlike omgewing asook chemiese verwering van standbeelde en ander geskiedkundige argitektoniese strukture. Brandstofstandaarde word toenemend strenger gemaak en vereis 'n al laer swael-inhoud van produkte wat uit fossielbrandstowwe vervaardig word om die vorming van suur-reën te voorkom. Die swael wat sodoende onttrek word word geraffineer en maak 'n groot deel van swaelproduksie uit.

Geskiedenis

fossielbrandstowwe Swael is bekend sedert antieke tye en daar word daarna verwys in die boek van Genesis in die Bybel. Homer het verwys na peswerende swael in die 9de eeu v.C. In 424 v.C. het die Boeotië-stam die mure van 'n stad vernietig deur 'n mengsel van steenkool, swael en teer onder hulle te brand. In die 12de eeu het die Sjinese buskruit uitgevind wat 'n mengsel van kaliumnitraat (KNO3), koolstof en swael is. Vroeëre alchemiste het aan swael sy eie alchemiese simbool toegeken wat bestaan het uit 'n driehoek bo-aan 'n kruis. Laat in die 1770s, het Antoine Lavoisier gehelp om die wetenskaplike gemeenskap daarvan te oortuig dat swael inderwaarheid 'n element was en nie 'n verbinding nie. In 1867 is swael ontdek in ondergrondse neerslae in Louisiana en Texas. Die boliggende grond was onstabiel wat gewone mynboumetodes onmoontlik gemaak het. Die probleem is egter oorkom met die ontwikkeling van die Frasch proses.

Verspreiding

Frasch proses Frasch proses, Nieu-Seeland]] Swael kom natuurlik in goot hoeveelhede as verbindings met ander elemente in sulfiede (bv. piriet, cinnabar, galena, sfaleriet en stibniet en sulfate (bv. gips) voor. Dit word in die onverbonde vorm gevind naby warmbronne en vulkaniese streke. Daar is noemenswaardige elementêre swaelneerslae langs die Gulf Coast van die V.S.A. Ander hoofverskaffers is: Kanada, Japan, Frankryk, Pole en Meksiko. Vulkaniese neerslae word ook tans in Indonesië en Chili ontgin. Die kenmerkende kleure van Jupiter se vukaniese maan Io is vanweë verskeie vorms van gesmelte en soliede swael en swaeldampe. Daar is ook 'n donker area naby die Maankrater, Aristarchus, wat 'n swaelneerslag mag wees. Swael is ook teenwoordig in baie meteoriete.

Verbindings

Waterstofsulfied het die kenmerkende reuk van vrot eiers. Wanneer dit in water opgelos word, is waterstofsulfied suur en sal met metale reageer om 'n reeks metaalsulfiedes te vorm. Natuurlike metaalsulfiedes kom ook algemeen voor, veral dié van yster. Ystersulfied word piriet genoem en is al dikwels deur prospekteerders met goud verwar. Baie van die onwelriekende reuke van organiese verbindings is vanweë die feit dat die verbindings swael bevat. Etiel- en metielmerkaptaan word gebruik om 'n reuk aan natuurlike gas te verleen sodat lekke geruik kan word. Die reuk van knoffel en 'n muishond se afskeiding word ook deur swaelbevattende organiese verbindings veroorsaak. Polimeriese swaelnitried het metaaleienskappe al bevat dit nie enige metaal-atome nie. Die verbinding het ook buitengewone elektriese en optiese eienskappe. Ander belangrike swaelverbindings sluit in:
- natriumditioniet, Na2S2O4, 'n kragtige reduseermiddel.
- swaeligsuur, H2SO3, word voorberei deur SO2 in water op te los. Swaeligsuur en die ooreenstemmende sulfiete is betreklik sterk reduseermiddels. 'n Ander verbinding wat uit SO2 verkry word is die pirosulfiet-ioon (S2O52−).
- Die tiosulfate (S2O32−). Tiosulfate word gebruik as fikseermiddel in fotografiese prosesse en is oksideermiddels en ondersoek word ingestel na die moontlike vervanging van sianied met ammonium tiosulfaat vir die loging van goud. [http://doccopper.tripod.com/gold/AltLixiv.html]
- Verbindings van ditionoë-suur (H2S2O6)
- Die politioniese sure, (H2SnO6), waar n kan wissel van 3 tot 80.
- Die sulfate, die soute van swaelsuur.
- Sulfiede is eenvoudige verbindings van swael met 'n ander chemiese element.
- Swaelsuur reageer met SO3 in ekwimolêre verhoudings om piro-swaelsuur te vorm.
- peroksiemono-swaelsuur en peroksiedi-swaelsuur, wat deur die aksie van SO3 op gekonsentreerde H2O2, en H2SO4 op gekonsentreerde H2O2 onderskeidelik voorberei word.
- tetraswaeltetranitried S4N4.
- Tiosianate is verbindings wat ide tiosinaat-ioon, SCN- bevat.
- tiosianogeen, (SCN)2.
- 'n tio-eter is 'n molekule met die vorm R-S-R', waar R en R' organiese groepe verteenwoordig. Dit is die swaelekwivalente van die eters.
- 'n Tiol (ook bekend as merkaptaan) is 'n molekule met 'n -SH funksionele groep. Hierdie is die swaelekwivalente van die alkohole.
- 'n Tiolaat ioon het 'n -S- funksionele groep daaraan verbind. Hierdie is die swaelekwivalente van die alkoksied ione.
- 'n Sulfoon is 'n molekule met 'n R-S(=O)-R' funksionele groep waar R en R' organiese groepe verteenwoordig.
- 'n Sulfoksied is 'n molekule met 'n R-S(=O)(=O)-R' funksionele groep. 'n Algemene voorbeeld van 'n sulfoksied is DMSO.

Isotope

Swael het 18 isotope waarvan vier stabiel is: 32S (95.02%), 33S (0.75%), 34S (4.21%) en 36S (0.02%). Behalwe vir 35S het die radio-aktiewe isotope van swael almal baie kort leeftye. Swael-35 word gevorm deur afsplintering deur kosmiese straling van argon-40 in die atmosfeer. Dit het 'n halfleeftyd van 87 dae. Wanneer sulfiedminerale gepresipiteer word kan die isotoop-ewewig tussen die vastestof en vloestoffase klein verskille in die ds-34 waardes veroorsaak in minerale. Die dC-13 en dS-34 van karbonate en sulfiede wat saam voorkom kan gebruik word om die pH en suurstoffugasiteit van die ertsdraende vloeistof tydens ertsvorming te bepaal. In die ekostelsel van die meeste woude word sulfate hoofsaaklik vanuit die atmosfeer verkry; die verwering en verdamping van ertsminerale dra ook tot 'n mate by. Swael met 'n kenmerkende isotoop-samestelling is al gebruik om die bronne van besoedeling te identifiseer. Verrykte swael is ook al gebruik as spoormiddel in hidrologiese ondersoeke. Verskille in die natuurlike verspreiding kan ook gebruik word om stelsels te bestudeer waar daar 'n genoemsame variasie in die S-34 konsentrasie van ekostelsels bestaan.

Voorsorgmaatreëls

Koolstofdisulfied, waterstofsulfied en swaeldioksied moet altyd versigtig hanteer word. Hoewel swaeldioksied veilig genoeg is om in klein hoeveelhede as voedselbymiddel gebruik te word, sal dit in hoër konsentrasies met water in die longe reageer om swaeligsuur daar te vorm; dit veroorsaak dan onmiddelike bloeding en die longe vul met bloed wat versmoring tot gevolg kan hê. In organismes sonder longe soos insekte of plante kan dit ook respirasie verhoed. Waterstofsulfied is betreklik toksies (meer giftig as sianied). Hoewel dit aanvanklik baie sleg ruik is dit geneig om die reuksintuie vinnig af te stomp sodat die potensiële slagoffer onbewus kan raak van die teenwoordigheid daarvan totdat dit te laat is.

Sien ook


- swaelsiklus
- disulfiedverbinding

Verwysings


- [http://periodic.lanl.gov/elements/16.html Los Alamos National Laboratory – Swael]

Eksterne skakels


- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/S/index.html WebElements.com – Sulfur]
- [http://environmentalchemistry.com/yogi/periodic/S.html EnvironmentalChemistry.com – Sulfur] Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Nie-metale Kategorie:Voël ja:硫黄 ko:황 simple:Sulfur th:กำมะถัน

Etanol

Etiel alkohol, wat ook bekend staan as etanol of graanalkohol, is 'n vlambare, kleurlose chemiese verbinding en een van die alkohole wat dikwels in alkoholiese drankies gevind word. In die algemene spreektaal word daar dikwels eenvoudig daarna verwys as alkohol. Sy chemiese formule is C2H5OH.

Geskiedenis

Etanol is al aan die mens bekend sedert die voorgeskiedenis as die aktiewe bestandeel van alkoholiese drank. Die skeiding daarvan om 'n relatiewe suiwer verbinding te verkry is waarskynlik die eerste keer deur Persiese alchemiste soos Geber (721-815) en Al-Razi (864-930) gedoen wat die kuns van distillasie ontwikkel het.

Vervaardiging

distillasie Etanol vir gebruik in alkoholiese drank word deur gisting vervaardig: Dit is 'n produk van die metabolisme van suiker in sekere gisspesies in die afwesigheid van suurstof. Daar word na die kweekproses van gis onder toestande gunstig vir die vervaardiging van alkohol as brouery verwys. Gis kan slegs groei as die alkoholkonsentrasie teenwoordig minder as 14% is. Die alkoholkonsentrasie kan egter verhoog word deur die distillasieproses. Vir 'n alkohol-water mengsel, bestaan daar 'n maksimum kookpunt aseotroop by 96% etanol en 4% water. Dit beteken dat fraksionele distillasie van etanol-water mengsels (van 96% of laer suiwerheid) nie 'n suiwerheid van hoër as 96% etanol kan lewer nie. Daarom word etanol met 'n 95% etanol in waterinhoud dikwels as oplosmiddel verkoop. Om suiwer etanol te vervaardig word 'n klein hoeveelheid benseen bygevoeg en word die mengsel weer fraksioneel gedistilleer. Benseen vorm 'n tersiêre aseotroop met water en etanol om die laaste bietjie water te verwyder en 'n binêre aseotroop met etanol om die grootste hoeveelheid benseen te verwyder. Die oorblywende etanol is dan watervry vir prosesse waar dit 'n vereiste is. Etlike dpm benseen bly egter agter wat veroorsaak dat die verbruik daarvan deur mense kan lei tot kenmerkende lewerskade. Etanol vir industriële gebruik word dikwels vervaardig uit ru-olie bronee, dikwels deur die katalitiese hidrering van etileen met swaelsuur as die katalis. Die proses is goedkoper as die gistingsproses. Etanol vir industriële gebruik word normaalweg ongeskik vir menslike gebruik gemaak ("verderf") deur die insluiting van klein hoeveelhede chemikalieë wat of toksies (soos metanol) of onaangenaam is (soos denatonium), wat gewoonlik die toepaslike belasting of voorraadbeheermeganismes in die betrokke lande vermy. Gedenatureerde alkohol het die VN-nommer UN 1987 en etanol wat "gedenatureer" word deur dit giftig te maak se nommer is VN 1986.

Gebruike

Etanol word gebruik as brandstof (dikwels gemeng met petrol) en in 'n wye verskeidenheid industriële prosesse. Etanol word ook in vriesweermiddels gebruik vanweë sy lae vriespunt. Dit los maklik op in water in alle verhoudings met 'n klein vermindering in volume wanneer die twee gemeng word. Suiwer etanol en 95% etanol is self goeie oplosmiddels wat ietwat minder polêr is as water en word gebruik in reukwater, verwe en tinkture. Ander verhoudings van etanol met water of ander oplosmiddels kan ook gebruik word as oplosmiddels. Alkoholiese drankies het 'n groot verskeidenheid smake vanweë die verskillende verbindings wat tydens die brouproses opgelos word. 'n Oplossing van 70-85% etanol word dikwels as ontsmettingsmiddel gebruik. Dit maak organismes dood deur hulle proteïene te beskadig en deur hul lipiede op te los en is doeltreffend teen die meeste bakterieë en swamme asook baie virusse, maar is oneffektief teen bakteriële spore. Alkoholiese drankies kan as gevolg van hierdie ontsmettingseienskappe vir lang tye gestoor word. Die hidroksielgroep op die etanolmolekule is 'n uiters swak suur, maar wanneer dit met 'n alkali-metaal of 'n baie sterk basis behandel word, word 'n H+-ioon verwyder om 'n etoksied-ioon te vorm, C2H5O-.

Gevare


- Etanol en sy mengsels met water met 'n konsentrasie van groter as 50% is vlambaar en word maklik ontsteek.
- Alhoewel alkohol nie hoogs toksies is nie, kan oormatige etanolverbruik noodlottig wees as die bloed-alkoholvlak 0.4% bereik. 'n Bloedvlak van 0.5% of meer is dikwels noodlottig. Vlakke van 0.1% of selfs meer kan vergiftiging teweeg bring en mens kan tipies sy bewussyn by 'n vlak van 0.3-0.4% verloor. Die wetlike beperking vir bestuurders is tipies 0.08-0.1% in die meeste lande.

Sien ook


- alkoholbrandstof
- alkoholiese drank
- biodiesel
- Gedenatureerde alkohol
- metanol
- propielalkohol

Eksterne skakels


- [http://www.gabarin.com/ayh/alcohol.htm Alkohol in Arabiese bronne] (Geber geen melding word van Al-Razi gemaak nie). Category:Chemiese stowwe Category:Alkohol Category:Organiese verbindings Category:Oplosmiddels ja:エタノール ms:Etanol

Suid-Afrika

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.

Ander name

Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga) Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika. Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika

Politieke partye in die parlement in 2003


- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)

Provinsies

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)

Geografie

right Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.

Wynbou

Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer. Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Lande van AfrikaKategorie:Suid-Afrikaja:南アフリカ共和国ko:남아프리카 공화국ms:Afrika Selatansimple:South Africazh-min-nan:Lâm-hui

2005

Gebeure

Geboortes

Sterftes


- 26 April - Augusto Roa Bastos, Paraguayaanse skrywer
- 20 Julie - James Doohan, Kanadese akteur (Montgomery Scott of "Scotty" in die TV-reeks Star Trek;
- 3 Maart1920) ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
20ste eeu21ste eeu22ste eeu
2002200320042005200620072008
Kategorie:21ste eeu als:2005 ja:2005年 ko:2005년 ms:2005 simple:2005 th:พ.ศ. 2548 zh-min-nan:2005 nî

Theta Pegasi

Theta Pegasi (θ Peg) is a star in the constellation Pegasus. It also has the traditional name Baham ("the livestocks"). Theta Pegasi is of spectral class A2 and has apparent magnitude +3.53. It is approximately 67 light years from Earth.

External link


- [http://www.alcyone.de/SIT/bsc/bsc_search.html Bright Star Catalog] Category:Pegasus constellation Pegasi, Theta

ebay rozstpy hotel madrid kultura aminokwasy










































:: RELATED NEWS ::
Patrick Flynn (Canadian politican)
Patrick Joseph Flynn (born September 8 1921) is a former Canadian politican of Irish extraction. He served as a Liberal Member of Parliament representing Kitchener, Ontario from 1974 to 1979. His younger

GIAT
GIAT Industries (formerly known as Groupement des Industries de l'Armée de Terre, Group of the Industries of the ground Army) is a French government-owned weapon manufacturer. It manufactures various weapons and other hardware for the French and foreign military, including:
- the FAMAS assault ri
Stanisław Konarski
Stanisław Konarski, real name: Hieronim Konarski (Zyrce, September 30, 1700August 3, 1773 in Warsaw, Poland) was a Polish pedagogue, Reformer of Education, political writer, poet, dramatist, Australasia and the islands of South-east Asia. It is less strictly nocturnal than most stone-curlews, and can sometimes be seen foraging by daylight, moving slowly and deliberately, with occasional short runs. It tends to be wary and fly off into the distance ahead of the observer, employin
Cet obscur objet du désir
That Obscure Object of Desire (French: Cet obscur objet du désir; Spanish: Ese oscuro objeto del deseo) is a 1977 film directed by the auteur Luis Buñuel. Written by Buñuel himself with long-time collaborator Jean-Claude Carrière, it was based on a French book by Pierre Louÿs<
Haldimand-Norfolk
Haldimand—Norfolk is a federal and provincial electoral district in Ontario, Canada, that represented in the Canadian House of Commons from 1988 to 1997, and since 2004. It will elect a member of the Legislative Assembly of Ontario in the n
Saint Stephen's Church, Philadelphia
Founded in 1823 in Philadelphia, Pennsylvania, Saint Stephen's Church is an Episcopal church erected on the site where Benjamin Franklin flew his famous kite. It is located at 19 South Tenth Street in Philadelphia and is a parish in the
LES
The abbreviation LES can refer to:
- Large Eddy Simulation, a numerical technique used to solve the partial differential equations governing turbulent fluid flow.
- Launch Escape System, a system used to quickly separate the crew module away from the rest of the rocket.
-