Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Silikon

Silikon

Silikon is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Si en atoomgetal van 14. As 'n Tetravalente metaalagtige element is silikon minder reaktief as sy chemiese analoog, koolstof. Dit is die tweede volopste element in die Aarde se kors en maak 25.7% daarvan uit in gewig. Dit kom voor in klei, veldspaat, graniet, kwarts en sand, hoofsaaklik in die vorm van silikondioksied (ook bekend as silika) en silikate (verbindings wat silikon, suurstof en metale bevat). Silikon is die hoofbestanddeel van glas, sement, keramieke, die meeste halfgeleiermateriale en silikone. Laasgenoemde plastiese stof word dikwels verwar met silikon. Silikon word meer algemeen as Germanium gebruik as halfgeleier, omdat Germanium probleme het met terugwaartse lekstroom vloei.

Kenmerkende eienskappe

In sy kristallyne vorm het silikon 'n metaalglans en 'n gryserige kleur. Selfs al is dit 'n relatief inerte element, reageer silikon steeds met halogene en verdunde alkalieë, maar die meeste sure (behalwe vir 'n kombinasie van salpetersuur en fluoorsuur het geen invloed daarop nie. Elementêre silikon is deurlaatbaar vir 95% van die golflengtes van infrarooi lig. Suiwer silikon kristalle word selde in die natuur aangetref, aangesien natuurlike silikon gewoonlik as silika (SiO2) voorkom. Suiwer silikon kristalle kan gevind word as insluitsels in goud of in vulkaniese uitbarstings. Dit het 'n negatiewe temperatuur weerstandskoëffisiënt.

Aanwendings

Silikon is 'n baie nuttige element wat noodsaaklik is vir baie menslike bedrywighede. Silikondioksied in die vorm van sand en klei is 'n belangrike bestanddeel van beton en bakstene en word ook gebruik in die vervaardiging van Portland sement. Silikon is 'n baie belangrike bousteen in plant- en dierelewe. Diatome onttrek silika uit water om hulle beskermende selwande te bou. Ander aanwendings is:
- Erdewerk/Emalje - Dit is 'n vuurvaste materiaal wat gebruik word vir hoë temperatuur vervaardiging van materiale en die silikate word gebruik vir die maak van emaljes en erdewerk.
- Staal - Silikon is 'n belangrike bestanddeel van sommige staalsoorte.
- Glas - Silika uit sand is die hoofkomponent van glas. Glas kan in 'n verskeidenheid vorms gegiet word en word onder andere gebruik om vensterglas, houers en isolators te maak.
- Skuurmiddels - Silikonkarbied is een van die belangrikste skuurmiddels.
- Halfgeleiers - Ultra-suiwer silikon kan met arseen, boor, gallium of fosfor gedopeer word om silikon meer geleidend te maak vir gebruik in transistors, sonselle en ander halfgeleier apparate.
- Fotonika - Silikon kan gebruik word in lasers om koherente lig met 'n golflengte van 456 nm te produseer.
- Geneeskundige materiale - Silikone is buigbare stowwe wat silikon-suurstof en silikon-koolstof verbindings bevat; hulle word baie gebruik vir aanwendings soos kunsmatige bors-inplantings en vir kontaklense.
- Vloeibare kristalskerms (LCD's) en sonselle - Gehidrogineerde amorfe silikon toon belofte vir die vervaardiging van lae koste, groot-oppervlak elektronikatoepassings soos rekenaarskerms asook vir laekoste sonselle.
- Konstruksie - Silika is 'n hoofbestandeel in bakstene vanweë sy lae chemiese aktiwiteit.

Geskiedenis

Silikon (Latyn silex, silicis wat vuursteen beteken) is eerste deur Antoine Lavoisier in 1787 geïdentifiseer en is later deur Humphry Davy in 1800 verkeerdelik met 'n chemiese verbinding verwar. In 1811 het Gay Lussac en Thénard waarskynlik 'n onsuiwere mengsel van amorfe silikon berei deur kalium saam met silikon tetrafluoried te verhit. In 1824 het Berzelius amorfe silikon voorberei deur ongeveer dieselfde metode te gebruik. Berzelius het ook die produk verder gesuiwer deur dit herhaaldelik te was.

Verspreiding

Silikon is die hoofkomponent van aeroliete wat 'n klas van meteoroïde is en ook van tektiete wat 'n natuurlike glas is. Per gewig, maak silikon ongeveer 25.7% van die Aarde se kors uit en na suurstof is dit ook die tweede volopste element. Elementêre silikon word nie in die natuur aangetref nie. Dit kom meestal as oksiede en silikate voor. Sand, ametis, agaat, kwarts, rotskristal, vuursteen (flint), jaspis en opaal is sommige van die vorms waarin die oksied voorkom. Graniet, asbes, veldspaat, klei, hoornblende en mika is maar 'n paar van die vele silikaat bevattende minerale.

Vervaardiging

Silikon word kommersieel vervaardig deur die verhitting van hoë suiwerheid silika in 'n elektriese boogoond met koolstof elektrodes. By temperature hoër as 1900 °C word die silika na silikon gereduseer deur die koolstof volgens die chemiese vergelyking :SiO2 + C → Si + CO2 Vloeibare silikon versamel dan in die bodem van die oond en word dan gedreineer en verkoel. Die silikon wat so geproduseer word, word metallurgiese graad silikon genoem en het 'n suiwerheid van ten minste 99%. In 1997, het metallurgiese graad silikon ongeveer $ 0.50 per g gekos; in 2000 het die gemiddelde prys vir silikonmetaal gedaal na 56 Amerikaanse sent per pond [http://minerals.usgs.gov/minerals/pubs/commodity/silicon/760301.pdf].

Suiwering

Die gebruik van silikon in halfgeleier apparatuur vereis 'n baie hoër suiwergheidsgraad as wat toelaatbaar is vir mettalurgiese graad silikon. Geskiedkundig is verskeie tegnieke gebruik om hoë suiwerheid silikon te vervaardig.

Fisiese metodes

Vroeëre silikonsuiweringsmetodes was gebaseer op die feit dat wanneer vloeibare silikon begin stol, dit die onsuiwerste silikon is wat laaste stol. Die vroegste metode van silikonsuiwering, wat eerste in 1919 beskryf is en in beperkte hoeveelhede gebruik is om radarkomponente tydens die Tweede Wêreldoorlog te vervaardig, het die maal van mettalurgiese graad silikon en dan gedeeltelike oplossing daarvan in 'n suur behels. Wanneer dit gemaal is het die silikon gekraak op sodanige wyse dat die swakker onsuiwer liggings aan die buitekant van die silikonkorrels voorgekom het. Die gevolg was dat die onsuiwere silikon eerste opgelos is as dit met 'n suur behandel is en daarom die suiwerder silikon produk agtergelaat het. Met die sonesmeltingstegniek, die eerste metode wat industrieel aangewend is, word stawe metallurgiese graad silikon verhit totdat die een kant begin smelt. Die verhitter word dan stadig teen die lengte van die staaf afbeweeg en sodoende word 'n kort lengte van die staaf heeltyd in die gesmelte toestand gehou soos die silikon daaragter weer verkoel en stol. Aangesien die meeste onsuiwerhede geneig is om in die gesmelte toestand te wil bly is dit geneig om heeltyd in die gesmelte sone te bly. Wanneer die proses dus afgehandel is, het die meeste onsuiwerhede dus na die punt wat laaste gesmelt is beweeg. Hierdie punt word dan afgesny en weggegooi en die proses word dan weer herhaal indien 'n hoër suiwerheid verlang word.

Chemiese metodes

Vandag word silikon eerder gesuiwer deur dit na 'n silikonverbinding om te skakel wat makliker gesuiwer kan word as die silikon self en die suiwer verbinding weer om te skakel na silikon. Trichlorosilaan is die silikonverbinding wat mees dikwels gebruik word, al word silikontetrachloried en silaan ook gebruik. Wanneer hierdie gasse oor silikon geblaas word teen hoër temperature ontbind hulle na silikon met 'n hoë suiwerheidsgraad. In die Siemens proses word hoë suiwerheid silikonstawe blootgestel aan trichlorosilaan teen 1150°C. Die trichlorosilaangas ontbind en vorm 'n addisionele silikon neerslag op die stawe volgens die volgende chemiese reaksie: :2 HSiCl3 → Si + 2 HCl + SiCl4 Silikon vervaardig met hierdie en ander soortgelyke prosesse word poli-kristallyne silikon genoem. Die vlakke van onsuiwerheid in Poli-kristallyne silikon is tipies in die omgewing van 1 deel per biljoen of minder. DuPont het op 'n tyd 'n ultra-suiwer silikon vervaardig deur silikontetrachloried met hoë suiwerheid sinkdampe te reageer teen 950°C, en sodoende silikon geproduseer het volgens die vergelyking: :SiCl4 + 2 Zn → Si + 2 ZnCl2 Die tegniek was egter besaai met praktiese probleme (soos die sinkchloried byproduk wat gestol het en die lyne geblokkeer het) en is uiteindelik uitgefaseer ten gunste van die Siemens proses

Kristallisasie

Die Czochralski proses word dikwels gebruik om hoë suiwerheid silikon kristalle te maak vir gebruik in vastetoestand/halfgeleier apparate.

Isotope

Silikon het nege isotope, met massagetalle tussen 25 en 33. Si-28 (die volopste isotoop, teen 92.23%), Si-29 (4.67%) en Si-30 (3.1%) is stabiel; Si-32 is 'n radio-aktiewe isotoop wat geproduseer word deur die verval van argon. Si-32 se halfleeftyd na vele debat is vasgestel om as ongeveer 276 jaar, en dit verval deur beta-emissie na P-32 (wat 'n 14.28 jaar halfleeftyd het) en dan na S-32.

Voorsorgmaatreëls

'n Ernstige longsiekte wat bekend staan as silikose (stoflong) kom dikwels voor in myners, steensnyers en ander mense wat werk in 'n omgewing waar silikahoudende stof in groot hoeveelhede ingeasem word.

Verwysings


- [http://periodic.lanl.gov/elements/14.html Los Alamos National Laboratory – Silicon]

Eksterne skakels


- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/Si/index.html WebElements.com – Silicon]
- [http://environmentalchemistry.com/yogi/periodic/Si.html EnvironmentalChemistry.com – Silicon]
- [http://mineral.galleries.com/minerals/elements/silicon/silicon.htm Mineral.Galleries.com – Silicon] Category:Metaalagtiges Category:Halfgeleiers ja:ケイ素 ko:규소 th:ซิลิคอน

Chemiese element

'n Chemiese element, ook dikwels eenvoudig na verwys as 'n element, is 'n stof wat nie verder verdeel kan word met gewone chemiese metodes om ander stowwe te lewer nie. Die kleinste partikel van so 'n element is 'n atoom, wat bestaan uit elektrone wat om 'n kern van protone en neutrone wentel. Die atoomgetal van 'n element, "Z", is gelyk aan die aantal protone in die atoom van die element. Koolstof byvoorbeeld, is die element met die atoomgetal 6 en bevat 6 protone in sy kern. Alle atome van 'n element het dieselfde atoomgetal en bevat dieselfde aantal protone. Atome van dieselfde element kan egter verskillende hoeveelhede neutrone bevat en sulke verskillende atome staan as isotope van die element bekend. Die atoommassa van 'n element, A, word gemeet in atoom massa eenhede (ame) en is rofweg gelyk aan die som van die aantal protone en neutrone in die atoom van die element. 'n Aantal elemente is radioaktief en verander na 'n ander element deur 'n proses van radioaktiewe verval. Die ligste elemente is waterstof en helium wat die eerste elemente was om tydens die groot knal gevorm te word. Alle swaarder elemente word natuurlik of kunsmatig geskep deur verskeie nukleosintetiese prosesse. Daar was met ingang van 2004, 116 bekende elemente, waarvan slegs 91 natuurlik voorkom. Die oorblywende 25 elemente is mensgemaak; waarvan die eerste sodanige element, Tegnetium, in 1937 gemaak is. Alle mensgemaakte elemente is radioaktief met kort halfleeftye en enige sodanige element wat in die aardkors teenwoordig sou wees met die vorming van die aarde sou dus al lankal verval het. Die volgende gerangskikte lyste is beskikbaar vir die elemente:
- Volgens naam
- Volgens simbool
- Volgens atoomgetal Die gerieflikste rangskikking van elemente is die periodieke tabel, waar die groepe elemente met soortgelyke chemiese eienskappe saam gerangskik is. Atome van dieselfde element waarvan die kern verskillende getalle neutrone bevat word verskillende isotope van die element genoem. 'n Suiwer element kan bestaan as mono-atomiese- , diatomiese- of poli-atomiese eenhede wat almal uit dieselfde soort atome bestaan. Hierdie verskillende molekulêre strukture van 'n element word allotrope genoem onafhanklik van die toestand waarin die materie voorkom. Die amptelike name van die chemiese elemente word bepaal deur die Internasionale Unie vir Suiwer- en toegepaste Chemie, wat gewoonlik die naam wat deur die ontdekker daarvan gekies word, aanneem. Dit kan lei tot omstredenheid rondom watter navorsingsgroep eintlik die element ontdek het - 'n vraagstuk wat die benoeming van elemente met atoomgetalle hoër as 104 vir 'n aansienlike tyd vertraag het. Daar word ook 'n unieke chemiese simbool aan 'n element toegeken gebaseer op die naam van die element, maar nie noodwendig die Engelse naam nie. Chemiese simbole word internasionaal verstaan wanneer elementname vertaal moet word. Die eerste letter van 'n chemiese simbool word altyd met 'n hoofletter geskryf. Elemente kan kombineer (reageer) om suiwer verbindings (soos water, soute, oksiede en organiese verbindings) te vorm. In baie gevalle het hierdie verbindings een vaste stoichiometriese samestelling met hulle eie strukture en eienskappe. Sommige elemente, veral die metaalagtige elemente, kombineer om nuwe strukture te vorm met 'n meer veranderlike samestelling (soos metaal-allooie). In hierdie gevalle is dit beter om van fases te praat as van verbindings. In die algemeen kan 'n spesifieke chemikalie bestaan uit 'n mengsel van bostaande.

Sien ook


- Chemie
- Ontdekking van die chemiese elemente
- Verspreiding van die chemiese elemente
- Sistematiese elementnaam
- Chemical elemente wat na mense vernoem is
- Chemical elemente wat na plekke vernoem is
- Verbinding

Eksterne skakels


- [http://www.vanderkrogt.net/elements/ Elementymology & Elements Multidict] word history and language dictionary

Chemiese inligting


- [http://www.webelements.com/ WebElements]
- [http://www.vcs.ethz.ch/chemglobe/ptoe/ ChemGlobe]
- [http://pearl1.lanl.gov/periodic/default.htm Los Alamos National Laboratory]
- [http://www.chemicalelements.com/ ChemicalElements] Category:Chemie ? ja:元素

Atoomgetal

Die atoomgetal (Z) is 'n term wat in chemie en fisika gebruik word om die aantal protone wat in die kern van 'n atoom voorkom, aan te dui. In 'n atoom met 'n neutrale lading is die aantal elektrone tipies gelyk aan die atoomgetal. Die atoomgetal het aanvanklik verwys na die nommer wat die element se plek in die periodieke tabel aangedui het. Toe Mendelejev die bekende chemiese elemente gegroepeer het na aanleiding van ooreenkomste in hulle chemiese gedrag, is daar opgemerk dat die plasing van elemente in streng volgorde volgens hulle atoommassa's gelei het tot verkeerde plasings. Jodium en tellurium verskyn oënskynlik in die verkeerde volgorde as hulle in die tabel volgens hul atoommassas gelys word en pas beter in die tabel as hulle plekke omgeruil word. Wanneer hulle in die volgorde geplaas word waar hulle chemiese eienskappe beter ooreengestem het dit duidelik geword dat hulle nommers in die tabel ooreengestem het met hul atoomgetalle soos in die eerste paragraaf gedefinieer. Die getal is proporsioneel tot die massa van die atoom, maar het soos deur bostaande afwyking geïllustreer, 'n ander eienskap as die massa gereflekteer. Die afwykings in hierdie volgorde is uiteindelik deur Henry Gwyn Jeffreys Moseley na aanleiding van sy navorsing in 1913 verduidelik. Moseley het 'n streng verwantskap ontdek tussen die x-straaldiffraksiespektra van die elemente en hulle korrekte plasing in die periodieke tabel. Dit het later duidelik geword dat die atoomgetal ooreengestem het met die elektriese lading van die kern; met ander woorde die aantal protone. Dit is hierdie lading wat aan elemente hulle chemiese eienskappe verleen eerder as hul atoommassas. Die atoomgetal is nou verwant aan die massagetal (maar hulle moet nie met mekaar verwar word nie) wat die aantal protone en neutrone in die kern van 'n atoom is. Die massagetal word dikwels na die naam van die element geskryf, bv. koolstof-14 (gebruik in koolstofdatering).

Sien ook


- periodieke tabel
- lys van elemente volgens getal Category:Chemiese eienskappe Category:Kernfisika als:Ordnungszahl ja:原子番号 ko:원자 번호 simple:Atomic number th:เลขอะตอม

Koolstof

Koolstof is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool C en atoomgetal van 6. Die nie-metaalagtige, tetravalente element kom algemeen voor en het verskeie allotropiese vorms:
- diamant (die hardste mineraal bekend). Verbindingstruktuur: 4 elektrone in sogenaamde 3-dimensionele sp3 orbitale.
- grafiet (een van die sagste stowwe). Verbindingstruktuur: 3 elektrone in 2-dimensionele sp2-orbitale en 1 elektron in 'n s-orbitaal.
- Kovalent verbinde sp1 orbitale is van chemiese belang alleenlik. Fullerene is nanometer-skaal molekules. In die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 60 koolstof atome in 'n grafietlaag wat gebuig is om 'n driedimensionele struktuur te gee wat baie soos 'n sokkerbal lyk. Lampswart bestaan uit klein grafietagtige areas. Die areas kom lukraak verspreid voor dus is die hele struktuur isotropies. Sogenaamde 'glasagtige koolstof' is isotropies en net so sterk soos glas. Anders as in normale grafiet, is die grafietagtige lae nie gerangskik soos in die bladsye van 'n boek nie maar is gevrommel soos wanneer 'n mens papier vrommel. Koolstofvesels is soortgelyk aan glasagtige koolstof. Onder spesiale behandeling (rek van organiese vesels en verkoling daarvan) is dit moontlik om die grafietvlakke in die rigting van die vesel te rangskik. Daar is dan geen koolstofvlakke wat loodreg tot die as van die vesel gerangskik is nie. Die resultaat is vesels met 'n baie hoër spesifieke breeksterkte as die van staal! Koolstof kom voor in alle organiese lewe en vorm die basis van organiese chemie. Hierdie nie-metaal het ook die interessante eienskap dat dit met atome van sy eie soort kan verbindings vorm asook met 'n groot verskeidenheid ander elemente, soveel so dat daar bykans 10 miljoen bekende verbindings van koolstof bestaan. Wanneer dit met suurstof verbind vorm dit koolstofdioksied, 'n molekuul wat absoluut noodsaaklik is vir plante om te groei. Wanneer dit met waterstof verbind, vorm dit verskeie verbindings bekend as koolwaterstowwe wat weer uiters noodsaaklik is vir die nywerheid in die vorm van fossielbrandstowwe. Wanneer dit met beide suurstof en waterstof verbind kan dit baie groepe verbindings vorm insluitend vetsure wat noodsaaklik is vir lewe en esters wat die geur aan baie vrugte verleen. Die istotoop koolstof-14 word algemeen gebruik in radioaktiewe datering.

Kenmerkende eienskappe

Koolstof is vir baie redes 'n merkwaardige element. Sy verskillende vorme sluit een van die sagste (grafiet) en een van die hardste (diamant) stowwe aan die mens bekend in. Meerendeels het dit 'n sterk neiging om verbingings te vorm met ander klein atome, insluitende ander koolstof atome en sy klein grootte maak dit vir die element moontlik om veelvuldige verbindings te maak. As gevolg van hierdie eienskappe is dit bekend dat koolstof byna tien miljoen bekende chemiese stowwe kan vorm. Koolstof verbindings vorm die basis van alle lewe op aarde en die koolstof-stikstof siklus verskaf van die energie wat deur die son en ander sterre uitgestraal word. Koolstof is nie in die grootknal geskep nie as gevolg van die feit dat dit 'n driedubbele botsings van alfa partikels (helium kerne) vereis om geproduseer te kan word. Die heelal het aanvanklik uitgesit en ook te vinnig afgekoel vir dit om te gebeur. Dit word egter in die binnekant van sterre gevorm omdat die botsingsproses skynbaar daar moontlik is.

Aanwendings

Koolstof is 'n noodsaaklike komponent van alle lewende stelsels en sonder dit sou lewe soos ons dit ken nie kon bestaan nie. Die hoof ekonomiese gebruik van koolstof is in die vorm van koolwaterstowwe, waarvan die fossielbrandstowwe, metaangas en ru-olie, die vernaamste bronne is. Ru-olie word deur die petrochemiese nywerheid gebruik om onder andere petrol, diesel en keroseen deur middel van distillasieprosesse in raffinaderye te vervaardig. Ru-olie is die rou-materiaal vir vele sintetiese stowwe waaronder die plastieke ook tel.

Ander gebruike


- Die isotoop 14C, wat op 27 Februarie 1940 ontdek is, word gebruik om radiokoolstof datering te doen.
- Sommige rookverklikkers gebruik klein hoeveelhede radioaktiewe koolstof isotoop as bron van ioniserende bestraling (Die meeste rookverklikkers van die tipe gebruik egter 'n isotoop van Amerikium).
- Grafiet word gekombineer met kleie om die 'lood' te maak wat in potlode gebruik word.
- Diamant word vir versieringsdoeleindes gebruik en ook om boorpunte en vir ander eienskappe waar van sy hoë hardheid gebruik gemaak word.
- Koolstof word by yster gevoeg om staal te maak.
- Koolstof word ook gebruik vir die beheerstawe in kernreaktore.
- Grafiet koolstof in 'n verpoeierde, koek vorm word gebruik as houtskool om mee te kook, vir kunswerk en ander gebruike.
- Houtskool word gebruik in pil of poeier vorm om toksiese stowwe of giwwe in die spysverteringskanaal te adsorbeer.
- Die chemiese en strukturele eienskappe van fullerene, in die vorm van koolstof nanobuise het belowende potensiële gebruike in die ontluikende veld van nanotegnologie.

Geskiedenis

Koolstof is reeds in die voorgeskiedenis ontdek en was al bekend aan die antieke mens, wat dit vervaardig het deur die verbranding van organiese materiaal met onvoldoende hoeveelhede suurstof (houtskool). Diamante is ook lank bekend as edelgesteente al was mense nie bewus van die verbintenis met houtskool nie. Die mees onlangste allotroop wat ontdek is fullerene is ontdek as 'n neweproduk van molekulêre bundel eksperimente van die 1980's.

Allotrope

Vier allotrope van koolstof is bekend: amorfe, grafiet, diamant en fullerene. Die ontdekking van 'n vyfde vorm is onlangs op 22 Maart 2004 bekend gemaak. In sy amorfe vorm is koolstof eintlik basies grafiet maar word nie saamgebind in 'n kristallyne makrostruktuur nie. Dit kom eerder voor as 'n poeier wat die hoofbestandeel is van stowwe soos houtskool en lampswart (roet). Teen normale drukke neem koolstof die vorm van grafiet aan, waar elke atoom gebonde is aan drie ander 'n vlak wat bestaan uit versmelte heksagonale ringe, soortgelyk aan diè in aromatiese koolwaterstowwe. Die twee bekende vorms van grafiet, alfa (heksagonaal) en beta (aromatiese koolwaterstowwe vanweë die delokalisering van die pi-wolk. Die materiaal is sag en die blaadjies van die lae word slegs deur Van der Waalskragte aanmekaar gehou wat beteken dat hulle maklik oormekaar gly. Teen baie hoë drukke het koolstof 'n allotroop wat diamant genoem word waar elke atoom verbind is aan vier ander koolstof atome. Diamant het dieselfde kubiese struktuur as silikon en germanium en danksy die sterkte van die koolstof-koolstof binding is dit saam met die iso-elektroniese boornitried (BN) die hardste stof bekend gedefinieer as sy weerstand teen krapmerke. Die oorgang na grafiet is by kamertemperatuur so stadig dat dit onopmerklik is. Onder sekere toestande kan koolstof kristalliseer tot Lonsdaliet, 'n vorm soortgelyk aan diamant maar heksagonaal. Fullerene het 'n grafietagtige struktuur, maar in plaas van 'n suiwer heksagonale pakking bevat dit ook pentagone (of moontlik heptagone) van koolstof atome wat gebuig is om sfere, ellipse of silinders te vorm. Die eienskappe van fullerene (ook bekend in Engels as "buckyballs" en "buckytubes") is nog nie ten volle ontleed nie. Die name van die fullerene word ontleen aan die naam van die ontwerper van die geodesiese koepel wat 'n soortgelyke struktuur het as die van die "buckyballs". 'n ferromagnetiese nanoskuim allotroop is ook onlangs ontdek.

Voorkoms

Daar bestaan byna tien miljoen koolstof verbindings wat bekend is aan die wetenskap en baie duisende van hierdie verbindings is noodsaaklik tot lewensprosesse en baie van die organies-gebaseerde reaksies is ekonomies belangrik. Hierdie element kom in groot hoeveelhede in die son, sterre, komete en in die atmosfeer van baie planete. Sommige meteoriete bevat mikroskopies klein diamante wat gevorm is toe die sonnestelsel slegs 'n protoplanetêre skyf was. Koolstof kan 'n samestelling met ander elemente in die aarde se atmosfeer gevind word asook opgelos in water. Met klein hoeveelhede kalsium, magnesium en yster is dit 'n groot komponent van baie groot rotsformasies karbonaatrots (kalksteen, dolomiet, marmer ens.). wanneer koolstof met waterstof verbind word vorm dit steenkool, petroleum en natuurlike gas wat koolwaterstowwe genoem word. Grafiet word in groot hoeveelhede in New York en Texas in die V.S.A; Rusland; Mexiko; Groenland; en Indië aangetref. Natuurlike diamante kom voor in die mineraal kimberliet wat gevind kan word in antieke vulkaniese nekke en pype. Die grootste neerslae van diamante kom in Afrika en spesifiek in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, die Republiek van die Kongo en Sierra Leone voor. Daar is ook neerslae in Kanada, die Russiese Noordpoolstreek, Brasilië en in Noord- en Wes-Australië.

Anorganies verbindings

(Sien ook organiese chemie.) Die mees prominente oksied van koolstof is koolstofdioksied, CO2. Dit vorm 'n mindere komponent van die Aarde se atmosfeer, word geproduseer en verbruik deur lewende wesens. In water vorm dit spoorhoeveelhede koolsuurgas, H2CO3. Karbonaat ione word ook gevorm deur die reaksie van die koolsuurgas met ander elemente om karbonaatsoute of minerale te vorm soos kalsiet. Die ander oksiede is koolstof monoksied, CO, en die seldsame koolstof suboksied, C3O2. Koolstofmonoksied word gevorm deur onvolledige verbranding en is 'n kleurlose en reuklose gas. Die molekules bevat elkeen 'n driedubbele verbinding en is nogal polêr, wat dit 'n neiging gee om permanent aan hemoglobien molekules te bind en dit dus 'n hoogs giftige gas maak. Sianied, CN, het 'n soortgelyke struktuur en tree baie soos 'n halied-ioon op; die nitried Sianogeen, (CN)2, is verwant. Met sterk metale vorm koolstof of karbiede, C-, of aseteliede, C22-; Koolstof met elektronegatiwiteite van 2 en 5 verkies om kovalente verbindings te vorm. 'n Paar karbiede het kovalente roosterstrukture wat baie soos die van diamant lyk.

Koolstofkettings

Koolstofkettings is die atomiese struktuur van koolwaterstowwe wat 'n reeks koolstofatome in 'n ketting vorm met die oorblywende verbindings wat met waterstof versadig word. Vlugtige olies het tipies korter kettings en vette nog langer kettings. Wasse (soos kerswas) het uiters lang kettings.

Koolstofsiklus

Die voortdurende proses van verbinding en vrystelling van koolstof en suurstof met die daarmee gepaardgaande stoor en vrystelling van energie. katabolisme + anabolisme = metabolisme. Sien koolstofsiklus.

Isotopes

In 1961 het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie die koolstof-12 isotoop aanvaar as die basis vir die bepaling van atoomgewigte.
- Koolstof-14 is 'n radio-isotoop met 'n halfleeftyd van 5715 jaar en is baie gebruik vir die radiokoolstof datering van hout en ander monsters vanaf argeologiese terreine. Koolstof het twee stabiele isotope wat natuurlik voorkom: C-12 (98.89%) en C-13(1.11%).

Voorsorgmaatreëls

Verbindings van koolstof het 'n wye verskeidenheid toksiese werkinge. Koolstof monoksied (CO), wat teenwoordig is in die uitlaatgasse van motorvoertuigenjins, en Sianied (CN-) wat gebruik word in die mynboubedryf is uitermate giftig vir soogdiere. Baie ander koolstofverbindings is nie-giftig en is om die waarheid te sê noodsaaklik vir die bestaan van lewe. Organiese gasse soos eteen (CH2=CH2) (ook etileen genoem), etyn (HCCH) (ook asetileen genoem) en metaan (CH4) is hoogs vlambaar en selfs plofbaar wanneer dit met lug gemeng word. Suiwer koolstof is egter nie giftig nie.

Eksterne skakels


- [http://periodic.lanl.gov/elements/6.html Los Alamos Nasionale Laboratorium in die V.S.A – Koolstof]
- [http://www.nature.com/NSU/040322/040322-5.html][http://www.nature.com/nsu/040322/040322-5.html]
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/C/index.html WebElements.com – Koolstof]
- [http://environmentalchemistry.com/yogi/periodic/C.html EnvironmentalChemistry.com – Kooltsof]
- [http://education.jlab.org/itselemental/ele006.html It's Elemental – Koolstof]
- [http://www.vincentherr.com/cf/ – Koolstof Fullerene en ander Allotrope] modelle deur Vincent Herr Category:Chemiese elemente ja:炭素 ko:탄소 ms:Karbon simple:Carbon th:คาร์บอน

Hyperfinite type II-1 factor

In mathematics, Murray and von Neumann proved that up to isomorphism there is a unique von Neumann algebra that is a factor of type II1 and also hyperfinite; it is called the hyperfinite type II1 factor. There are an uncountable number of other factors of type II1.

Constructions


- The von Neumann group algebra of a discrete group with the infinite conjugacy class property is a factor of type II1, and if the group is amenable and countable the factor is hyperfinite. There are many groups with these properties, as any group such that any finite subset generate a finite subgroup is amenable. For example, the von Neumann group algebra of the infinite symmetric group of all permutations of a countable infinite set that fix all but a finite number of elements is the hyperfinite type II1 factor.
- If p is any non-zero finite projection in a hyperfinite von Neumann algebra A of type II, then pAp is the hyperfinite type II1 factor. This is very hard to prove, and is the main step in the proof of uniqueness of the hyperfinite type II factor.
- The tensor product of a countable number of factors of type I2 with respect to their tracial states is the hyperfinite type II1 factor. This is also sometimes called the Clifford algebra of an infinite separable Hilbert space.

See also


- Subfactors Category:Von Neumann algebras

niusy free poker media online casinos online spielautomaten










































:: RELATED NEWS ::
Sarah Wynter
Sarah Wynter is an Australian actress, best known for her role of Kate Warner on the television drama 24 She was born on February 15 1973, in Newcastle, New South Wales, Australia. Her Grandmother Jane Brinkworth was the reason Sarahs carreer begain. Wynter has also appeared in
Super Mario Brothers: The Lost Levels
Super Mario Bros.: The Lost Levels (Super Mario Bros. 2 in Japan) is a sequel to Nintendo's Super Mario Bros. It was first released in Japan on June 3 1986 for the FCD. The game is very similar to Super Mario Bros. both graphically and in terms of gameplay. It is generally conside
Super Mario Brothers Deluxe
The Super Mario remake series was created by Nintendo as a program to modernize their games for the Game Boy system. The series consists of updates to all the Mario Bros. console games in the Super Mario Bros. series which spanned both the Nintendo Famicom and Nintendo Entertainment System and the A number of television shows based on the Super Mario Bros. video game series exist. After making his animated debut alongside his old co-star Donkey Kong in 1983 and starring in a few anime specials released only in Japan, <
UNITE HERE
UNITE HERE is a result of a 2004 merger of two American labor unions: the Union of Needletrades, Industrial, and Textile Employees (UNITE) and the Hotel Employees and Restaurant Employees Union (HERE). The union represents 440,000 active members in the hotel, textile, laundry and gaming industries. The general president o
Sodium deficiency
The electrolyte disturbance hyponatremia exists when the sodium level in the plasma falls below 135 mmol/l. It is an abnormality that can be seen in isolation or, as most often is the case, as a complication of other medical illnesses.

Symptoms

Most patients are asymptomatic of the hyponatremia, but usually have symptoms related to the underlying cause. Severe hyponatremia may cause Vancouver Island with a population of 2821 (2001). It is home to Willie Mitchell of the Minnesota Wild and the world's largest burl. It is the seat of the Mount Waddington Regional District. Category:Communities in British Columbia animation company founded by legendary anime pioneer Tatsuo Yoshida along with his brothers Kenji and Toyoharu. The studio's name has a double Japanese meaning of "Tatsu's child" (Tatsu being a nickname for Tatsuo) and "seadragon" which was the inspiration for its seahorse corporate logo. The translated and edite
Port Moody
Port Moody, British Columbia is a small city forming a crescent at the east end of Burrard Inlet in British Columbia, and part of the Greater Vancouver Regional District. It is bordered by Coquitlam on the east, and Burnaby on the west. The villages of Belcarra, and
Super Mario Bros (film)
Super Mario Bros.
Super Mario Bros. is a 1993