:: wikimiki.org ::
| Sonnestelsel |
Sonnestelsel
Die sonnestelsel bestaan uit die son en al die hemelliggame wat rondom dit wentel. Dit sluit in planete, mane, komete, meteoriete, asteroïdes en planetoïdes. Die aarde is die derde planeet van die sonnestelsel.
Ander sterre en die liggame wat rondom hulle wentel word gewoonlik na verwys as planetestelsels. Vir 'n spesifieke ster se planetestelsel word dit verkort na byvoorbeel "die stelsel Alpha Centauri" of "die stelsel 51 Pegasus".
Voorwerpe in die sonnestelsel
Daar bestaan 'n wye verskeidenheid van voorwerpe in die sonnestelsel. Hierdie voorwerpe word gewoonlik in verkillende kategorië verdeel, maar in laaste paar jaar het hierdie onderskeid minder duidelik geword, soos ons meer-en-meer te wete kom van ons sonnestelsel. Vir die doeleindes van hierdie ensiklopedie maak ons gebruik van die volgende verdeling:
- Die son (astronomiesimbool ☉) is 'n klas-G2-ster. Dit verteenwoordig 99,86% van die totale massa van die sonnestelsel.
- Die planete. Die nege liggame wat tradisioneel so na verwys word: Mercurius (☿), Venus (♀), Aarde (♁), Mars (♂), Jupiter (♃), Saturnus (♄), Uranus (♅/10px), Neptunus (♆) en Pluto (♇). Hierdie getal kan dalk uitgebrei word na tien weens die onlangse ondekking van 2003 UB313 wat tydelik Xena gedoop is. Daar is 'n goeie kans dat Pluto en Xena deur die Internasional Astronomiese Unie geherklassifiseer gaan word as asteroïdes in plaas van planete. Al die planete behalwe die aarde, is vernoem na gode uit die Grieks-Romeinse mitologie. Die aarde self word ook soms genoem Terra, die naam van die Romeinse god van die aarde.
- Redelike grootte liggame wat rondom die planete wentel word genoem mane.
- Kunsmatige satelliete wat rondom planete, hoofsaaklik die aarde, wentel, sowel as ruimteskepe op pad na die buitenste ruimte.
- Stof en ander klein voorwerpe wat wentel rondom planete in die vorm van ringe.
- Ruimterommel, ook van kunsmatige oorsprong rondom hoofsaaklik die aarde.
- Asteroïdes, liggame kleiner as planete, wat hoofsaaklik voorkom tussen Mars en Jupiter en bestaan uit 'n aansienlike komponent nie-vlugtige materiaal. Hulle word verder onderverdeel in asteroïd groepe en families gebasseer op die volgende wentelbaan eienskappe:
- Asteroïdemane. Asteroïdes wat wentel om ander grootter asteroïdes. Hulle is nie so duidelik onderskeibaar soos planetêre mane nie, aangesien hulle by geleentheid byna dieselfde grootte is en dus eerder 'n paar vorm.
- Trojaanse asteroïdes. Asteroïdes wat wentel in een van Jupiter se L4 of L5 punte. Die term word ook soms gebruik vir asteroïdes in die Lagrangepunte van ander planete.
- Meteoriete. Asteroïdes van deursnee 50 meter en minder.
- Komete, liggame wat hoofsaaklik bestaan uit vlugtigge materiaal in ys vorm en met hoogs eksentrieke wentelbane, gewoonlik met die perihelium binne die wentelbane van die binneste planete, terwyl die aphelium buite Pluto se wentelbaan lê. Kortperiode komete bestaan ook en ou komete, waarvan die vlugtigge stowwe reeds afgedryf is deur die son word soms as asteroïdes geklasifiseer. Sommige komete se hiperboliese wentelbane het hulle oorsprong buite die sonnestelsel.
- Centaurs is komeetagtige liggame met minder eksentrieke wentelbane wat lê tussen die wentelbane van Jupiter en Neptunus.
- Trans-Neptunus-liggame, liggame waarvan die wentelbaan buite die van Neptunus lê. Hulle word verder as volg verdeel:
- Die Kuipergordel is voorwerpe tussen 30 en 50 AE (astronomiese eenhede). ('n AE is ongeveer die mediaan afstand tussen die aarde en die son.) Die vermoede is dat hierdie die oorsprong van kortperiode komete is. Pluto word soms ook geklasifiseer as 'n Kuipergordel liggaam en ander Kuipergordel liggame soortgelyk aan Pluto word verwys na as Plutino's.
- Oortwolkliggame, tans nog teoreties, het wentelbane tussn 50 000 en 100 000 AE. Dit word vermoed dat hierdie die oorsprong van die langperiode komete is.
- Klein hoeveelhede stof.
- 90377 Sedna, 'n liggaam wat onlangs ontdek is met 'n hoogs eliptiese baan van 76 AE tot 928 AE. Dit pas duidelik nie in enige van bogenoemde in nie, maar die ontdekkers meen dit moet beskou word as deel van die Oortwolk.
- 2003 UB313, nog 'n liggaam wat onlangs ontdek is. Dit is ongeveer 1,5 maal so groot soos Pluto en een omwenteling om sy eie as neem 52 jaar. Dit bestaan waarskynlik hoofsaaklik uit klip en ys, soortgelyk aan Pluto.
Behalwe vir die son, verteenwoordig Jupiter die grootste deel van die massa van die sonnestelsel (ongeveer 0,1%). Op sy beurt verteenwoordig Saturnus die grootste gedeelte van die res, dan Uranus en Neptunus, en dan aarde en Venus.
90377 Sedna
ja:太陽系
ko:태양계
ms:Sistem suria
simple:Solar system
th:ระบบสุริยะ
PlaneetPlaneet is die algemene term vir 'n groot hemelliggaam wat wentel rondom 'n ster maar wat nie self 'n ster is nie. Die term kom van die Griekse woord πλανήτης, planētēs, wat beteken swerweling. Die naam is gekies aangesien antieke waarnemers opgelet het dat die planete rond beweeg in die hemelruim, teenoor die normale sterre wat staties bly teenoor mekaar. Daar word tans nege planete erken in ons sonnestelsel deur die Internasionale Sterrekundige Vereniging. Hierdie lys word hoofsaaklik gebaseer op historiese konsensus. Aangesien daar nie enige wetenskaplike definisie is vir 'n planeet nie, betwis verskeie astroloë die presiese getal. Sommige voel dat Pluto nie op die lys hoort nie terwyl andere voel dat daar tot 'n paar dosyn planete is.
Planeetvorming
Die proses hoe planete gevorm word is nie heeltemal duidelik nie. Die algemene teorie is tans dat 'n nuwe ster vorm uit 'n newelwolk onder die invloed van swaartekrag. Die oorblyfsels van die wolk vorm dan 'n skyf van ruimtestof en gas wat wentel rondom die ster. Lokale massakonsentrasies veroorsaak dat van hierdie stof verder konsentreer uit die wolk en onder die invloed van swaartekrag bymekaar kom om planete te vorm. Wanneer die ster eindelik ontsteek, veroorsaak die sonwind dat die oorblywende vrydrywende gas en stof afgedryf word.
Hierdie teorie word egter tans meer en meer bevraagteken na mate die mensdom se kennis van ander planetestelsels uitgebrei word.
Planete binne ons sonnestelsel
:Hoofartikel: Sonnestelsel.
Die aanvaarde planete in ons sonnestelsel is vernoem na gode uit die Grieks-Romeinse mitologie, met die uitsondering van die aarde aangesien antieke waarnemers die aarde nie as 'n planeet beskou het nie, maar wel as die middelpunt van die heelal.
Erkende planete
planetary nomenclature
Volgens die Internasionale Sterrekundige Vereniging is daar nege planete in ons sonnestel, in volgorde van toenemende afstand vanaf die son:
Daar is egter sprake dat Pluto dalk sy status as 'n planeet kan verloor en geklasifiseer kan word as 'n kuipergordelliggaam.
Kategorie:Sterrekunde
als:Planet
ja:惑星
ko:행성
ms:Planet
simple:Planet
th:ดาวเคราะห์
zh-min-nan:He̍k-chheⁿ
SonDie son is die ster in ons sonnestelsel. Die aarde, asook verskeie ander planete, wentel om die son. Die son wentel op sy beurt weer om die middelpunt van die melkweg - die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat. Die son is een van die belangrikste dinge wat lewe op aarde moontlik maak.
als:Sonne
ja:太陽
ko:태양
ms:Matahari
simple:Sun
th:ดวงอาทิตย์
zh-min-nan:Ji̍t-thâu
PlaneetPlaneet is die algemene term vir 'n groot hemelliggaam wat wentel rondom 'n ster maar wat nie self 'n ster is nie. Die term kom van die Griekse woord πλανήτης, planētēs, wat beteken swerweling. Die naam is gekies aangesien antieke waarnemers opgelet het dat die planete rond beweeg in die hemelruim, teenoor die normale sterre wat staties bly teenoor mekaar. Daar word tans nege planete erken in ons sonnestelsel deur die Internasionale Sterrekundige Vereniging. Hierdie lys word hoofsaaklik gebaseer op historiese konsensus. Aangesien daar nie enige wetenskaplike definisie is vir 'n planeet nie, betwis verskeie astroloë die presiese getal. Sommige voel dat Pluto nie op die lys hoort nie terwyl andere voel dat daar tot 'n paar dosyn planete is.
Planeetvorming
Die proses hoe planete gevorm word is nie heeltemal duidelik nie. Die algemene teorie is tans dat 'n nuwe ster vorm uit 'n newelwolk onder die invloed van swaartekrag. Die oorblyfsels van die wolk vorm dan 'n skyf van ruimtestof en gas wat wentel rondom die ster. Lokale massakonsentrasies veroorsaak dat van hierdie stof verder konsentreer uit die wolk en onder die invloed van swaartekrag bymekaar kom om planete te vorm. Wanneer die ster eindelik ontsteek, veroorsaak die sonwind dat die oorblywende vrydrywende gas en stof afgedryf word.
Hierdie teorie word egter tans meer en meer bevraagteken na mate die mensdom se kennis van ander planetestelsels uitgebrei word.
Planete binne ons sonnestelsel
:Hoofartikel: Sonnestelsel.
Die aanvaarde planete in ons sonnestelsel is vernoem na gode uit die Grieks-Romeinse mitologie, met die uitsondering van die aarde aangesien antieke waarnemers die aarde nie as 'n planeet beskou het nie, maar wel as die middelpunt van die heelal.
Erkende planete
planetary nomenclature
Volgens die Internasionale Sterrekundige Vereniging is daar nege planete in ons sonnestel, in volgorde van toenemende afstand vanaf die son:
Daar is egter sprake dat Pluto dalk sy status as 'n planeet kan verloor en geklasifiseer kan word as 'n kuipergordelliggaam.
Kategorie:Sterrekunde
als:Planet
ja:惑星
ko:행성
ms:Planet
simple:Planet
th:ดาวเคราะห์
zh-min-nan:He̍k-chheⁿ
Venus (planeet)
Venus, die tweede planeet vanaf die Son is vernoem na die Romeinse godin, Venus. Die planeet toon baie ooreenkomste met die Aarde ten opsigte van sy grootte en massale samestelling. Al die planete se wentelbane is ellipties maar Venus se baan is die naaste aan 'n sirkel met 'n middelpuntafwyking van minder as 1%.
Venus is nader aan die Son as die Aarde en daarom verskyn dit altyd in rigting van die Son aan die hemelruim. Van die aarde gesien is die grootste hoek (waarnemershoek) wat Venus en die Son in die hemelruim vorm , 47.8 °). Venus word dus gewoonlik 'n paar uur voor sonsopkoms of 'n paar uur na sonsondergang gesien. Wanneer Venus op sy helderste is kan dit selfs in die dag sigbaar wees wat dit een van twee hemelliggame buiten die son maak wat beide in die dag en nag sigbaar kan wees. Daar word dikwels na Venus as die Môrester of die Aandster verwys en is buiten die maan die helderste voorwerp in die naghemel.
Die siklus tussen 'n maksimum waarnemershoek en die daaropvolgende een duur 584 dae. Na hierdie 584 dae verstryk is Venus op 'n posisie 72 grade weg van die vorige een af. Aangesien 5 - 584 = 2920 wat gelykstaande is aan 8 - 365 (Aantal dae in aardjaar) sal Venus elke 8 jaar (minus die twee skrikkeldae) op dieselfde punt in die hemel verskyn. Hierdie siklus het in antieke Egipte as die Sothis-siklus bekend gestaan. Interresant genoeg is die getal 2920 ook byna gelykstaande aan presies 99 maanomwentelinge wat 29.5 dae duur.
Venus se unieke bewegings was al rondom 1600 v.C. bekend aan die antieke Babiloniërs en aan die Maja beskawing (wat 'n godsdienstige kalender ontwikkel het gebasseer op die bewegings van Venus). Die Maasai stam in Afrika het die planeet Kileken gedoop na 'n mite daaroor genaamd "Die Weeskind". Sint Jerome het Venus, Lucifer gedoop, die gevalle engel wat volgens Christelike geskrifte uit die hemel gewerp is.
Christelike Die sterrekundige simbool van Venus word ook in Biologie gebruik vir die vroulike geslag. Dit verteenwoordig die godin Venus se handspieël: 'n sirkel met 'n kruisie daaronder. Die simbool verteenwoordig ook vroulikheid en die antieke alchemiste het dit gebruik om koper te verteenwoordig.
Daar word ook soms beweer dat die verband met geslag en vroulikheid te make het met die 266 dae tydsinterval tussen die minimum en maksimum waarnemershoek van Venus, wat min of meer ooreenstem met die tydsduur van 'n menslike swangerskap.
Fisiese kenmerke
Atmosfeer
left
Venus het 'n atmosfeer wat hoofsaaklik uit koolstofdioksied en 'n klein hoeveelheid stikstof bestaan, met 'n atmosferiese druk by die oppervlak wat 90 keer groter is as die van die aarde ('n druk gelyk aan 'n diepte van 1 kilometer onder die Aarde se oseane). Hierdie enorme CO2-ryke atmosfeer veroorsaak 'n sterk kweekhuis-effek en gevolglike uiterste oppervlaktemperature van so hoog as 500 °C in laagliggende dele op die planeet se ewenaar. Dit maak Venus se oppevlak warmer as dié van Mercurius al is Venus bykans dubbel die afstand vanaf die son en ontvang dit dus slegs ongeveer 25% van die straling (2613.9 W/m2 in die bolaag van die atmosfeer en slegs 1071.1 W/m2 by die oppervlak). As gevolg van die termiese traagheid en konveksie in sy digte atmosfeer wissel die dag- en nagtemperature op venus nie so dramaties nie ten spyte daarvan dat Venus se omwenteling om sy as bykans 'n volle Venusjaar neem, wat beteken dat Venus se oppervlak maar teen 'n skamele 6.5 km/h draai.
Die son se straling op die oppervlak is baie laag as gevolg van die planeet se baie dik wolkbedekking wat die meeste sonlig weer in die ruimte in terug weerkaats. Venus se bolometriese weerkaatsingsvermoë is ongeveer 60% en sy sigbare lig weerkaatsingsvermoë is selfs groter.
Die winde in die bolaag van die atmosfeer is sterk (300 km/h) maar by die oppervlak is die windspoed baie laer en gewoonlik maar 'n paar kilometer per uur. Die wolke bestaan hoofsaaklik uit swaeldioksied- en swaelsuurdruppels en bedek die planeet geheel en al, wat enige besonderhede van die oppervlak onsigbaar maak vir die menslike oog. Die temperatuur bo-op hierdie wolke is ongeveer −45 °C. Die gemiddelde oppervlaktemperatuur van Venus, soos deur NASA aangegee, is 464 °C. Die minimum temperatuur in die tabel aangegee is vir die bokant van die wolke en nie die oppervlak nie waar die temperatuur nooit laer as 400 °C val nie (Hierdie temperatuur is voldoende om lood te smelt.)
Oppervlak
Op Venus kan twee groot kontinentagtige hooglande onderskei word. Op die noordelike hoogland wat Ishtar Terra heet en ongeveer so groot as Australië is, word baie berge aangetref. Die hoogste punt is Maxwell Montes wat ongeveer 10 km bo die omliggende land uittroon. In die suidelik halfrond lê Aphrodite Terra wat in grootte vergelykbaar is met Suid-Amerika. Tussen hierdie hooglande word diepliggende dele gevind soos Atalanta Planitia, Guinevere Planitia en Lavinia Planitia. Die digte atmosfeer sorg daarvoor dat die meeste meteoriete opbreek voordat dit die oppervlak bereik en daarom is daar nouliks enige kraters op die Venus te vind. Oor die hele planeet heen kan groot afgeplatte vulkane gevind word. Met die uitsondering van Maxwell Montes is alle berge, vlaktes en ander geologiese strukture na werklike en mitologiese vroue vernoem.
vrou
Kategorie:Sterrekunde
ja:金星
ko:금성
ms:Zuhrah
simple:Venus (planet)
th:ดาวศุกร์
Mars (planeet)
Mars
Klik op beeld vir groter weergawe |
| Wentelbaaneienskappe (Epoch J2000) |
| Deursnitradius | 227 936 637 km 1.52366231 AE |
| Omtrek | 9,553 AE |
| Eksentrisiteit | 0,09341233 |
| Perihelium | 206 644 545 km 1,38133346 AE |
| Aphelium | 249 228 730 km 1,66599116 AE |
| Rewolusieperiode | 686,9601 dae |
| Sinodiese periode | 779,96 dae |
| Gemiddelde wentelspoed | 24,077 km/s |
| Maksimum wentelspoed | 26,499 km/s |
| Minimum wentelspoed | 21,972 km/s |
| Inklinasie | 1,85061° (5,65° tot die son se ewenaar) |
| Aantal satelliete | 2 |
| Fisiese eienskappe |
| Ewenaardeursnee | 6804,9 km (0,533 aardes) |
| Pooldeursnee | 6754,8 km (0.531 aardes) |
| Afgeplatheid | 0,00736 |
| Oppervlakte | 1,448×108 km2 (0,284 aardes) |
| Volume | 1.638×1011 km3 (0,151 aardes) |
| Massa | 6.4185×1023 kg (0,107 aardes) |
| Mediaandigtheid | 3,934 g/cm3 |
| Ewenaar aantrekkingskrag | 3,69 m/s2 (0,376g) |
| Ontsnappingssnelheid | 5,027 km/s |
| Rotasieperiode | 1,025957 dae (24,622962 uur) |
| Rotasiespoed | 868,22 km/h by ewenaar |
| Aksiale neiging | 25,19° |
| Albedo | 0.15 |
Oppervlaktemperatuur - minimum - mediaan - maksimum |
133 K 210 K 293 K |
| Atmosferiese eienskappe |
| Atmosferiese druk | 0,7-0,9 kPa |
| Koolstofdioksied | 95,32% |
| Stikstof | 2,7% |
| Argon | 1,6% |
| Suurstof | 0,13% |
| Koolstofmomoksied | 0,07% |
| Waterdamp | 0,03% |
| Stikstofoksied | 0,01% |
| Neon | 2,5 ppm |
| Krypton | 300 ppb |
| Xenon | 80 ppb |
| Osoon | 30 ppb |
| Metaan | 10,5 ppb |
|
Mars is die vierde planeet vanaf die son in ons sonnestelsel. Dit is vernoem na die Romeinse god van oorlog, Mars, asgevolg van die rooi kleur soos gesien vanaf die aarde. Mars het twee mane, Phobos en Deimos. Beide mane is buitegewoon gevorm, wat die vermoede skep dat hulle asteroïdes is, gevang deur die aantrekkings krag van Mars. Die voorvoegsel areo- word gebruik met verwysing na Mars.
In Sjinese, Koreaanse en Japanese kultuur word na Mars verwys as die Vuurster, gebaseer op die vyf Elemente.
Jupiter (planeet)
Jupiter is vanaf die son gesien die vyfde en tewens grootste planeet van ons sonnestelsel. Nes Saturnus is Jupiter 'n gasreus en het dus nie 'n vaste oppervlakte nie. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Jupiter.
Samestelling
Die kern van Jupiter het 'n deursnee van 14 000 km en bestaan deels uit nikkel-yster ('n mengsel van sowat 90 % yster en ca. 8% nikkel) en deels uit klip, en het 'n temperatuur van 25 000 K. Daar om is 'n ongeveer 40 000 km dik laag van metaal-waterstof (90%) en helium (10%). Hierdie laag word deur 'n relatief dun oorgangslaag geskei van die buitenste laag van vloeibare molekulêre waterstof wat 'n dikte van 20 000 km het waar die temperatuur en druk na binne toe toeneem. Behalwe waterstof en helium kom in laer konsentrasies ook metaan, etaan en koolstofdioksied voor.
left
Normaalweg absorbeer planete lig van die son en straal weer eweveel energie uit na die ruimte in die vorm van hitte. Infrarooimetings dui egter an dat Jupiter twee maal soveel energie uitstraal as wat dit absorbeer. Hierdie ekstra energie is vermoedelik 'n overblyfsel uit die tyd toe Jupiter gevorm is. 'n Ander moontlike verklaring vir die verskeinsel is dat die stadige digter wording van Jupiter onder involed van sy eie swaartekrag met uitstraling van hitte gepaard gaan.
Jupiter is vroeër ook 'n mislukte ster genoem. Maar die planeet is te klein vir 'n bruin dwerg. Vir 'n bruin dwerg moet daar ten minstel 13 keer die massa van Jupiter wees. As die massa so'n 100 maal groter was as wat nou die geval is, sou daar kernfusie plaas kon vind waarvolgens waterstof en helium omgeset word in energie en dan sou Jupiter 'n ster gewees het.
Atmosfeer
Aangesien Jupiter geen vaste oppervlakte het, is die grens met die atmosfeer nie maklik aan te gee. Meestal wordt die hoogte waarop de druk 1 bar bedra as verwysinspunt geneem. Die atmosfeer van Jupiter bestaan hoofdsaaklik uit waterstof en helium. Ander gasse wat aangetref word is metaan, ammoniak, waterstofdeuteried, ethaan en waterdamp. Waterstoffosfied, waterstofsulfied en ammoniumhydrosulfied kom slegs sporadies voor. Hierdie gasse is verantwoordelik vir die rooi, bruin en wit wolke. Die digtheid en die lae temperatuur sorg daarvoor dat die atmosfeer van Jupiter meer soos 'n vloeistof eerder as 'n gas optree. Die vele storme in die atmosfeer word vermoedelik veroorsaak deur die hoë temperatuur in die kern van de planeet en die snelle rotasie.
Die groot rooi vlek
wolk
Een van die mees opvallende eienaardighede van Jupiter is die Groot Rooi Vlek effens suid van die ewenaar. Die vlek word veroorsaak deur 'n sikloon wat al minstens 300 jaar duur. Sedert die eerste waarnemings in die begin van die 18de eeu het die vlek in omvang afgeneem. In vergelyking met 100 jaar gelede het die vlek teen 2000 in grootte halveer. Dit is nie bekend of dit veroorsaak word deur skommelinge en of die vlek ooit volledig sal verdwyn nie.
Inslag van komeet Shoemaker-Levy 9
Tussen 16 en 22 Julie 1994 stort 21 fragmente van die komeet Shoemaker-Levy 9 op die suidelike halfrond van Jupiter neer. Dit was die eerste keer dat botsings tussen hemelligame direk waargeneem is. Daar word verwag word dat as gevolg van die groot omvang, massa en swaartekrag van Jupiter die soort botsings veel gereelder voorkom.
Mane en ringe rondom Jupiter
Teen Mei 2001 was daar ongeveer 28 manen rondom Jupiter bekend, waaronder Io, Europa, Ganymedes en Callisto. Later is daar met behulp van nuwe tegnieke en verbeterde apparatuur nog 'n groot aantal ander mane ontdek en teen 2004 is daar so'n 63 voorwerpe geïdentifiseer. 'n Volledig oorsig hiervan is te vinden in die ys van mane van Jupiter.
Rondom Jupiter word ook 'n aantal dun ringe wat uit stof- en ysdeeltjies bestaan aangetref. Die binnenste ring, genaamd 1979 J1R, het vermoedelik ontstaan uit losgeraakte materiaal van die mane Metis en Adrastea na inslae deur meteoriete. 1979 J1R lê op 'n afstand van 110 000 km van die middelpunt van jupiter en is so'n 22 000 km breed. Nog verder na buite lê nog twee ringe (1979 J2R en 1979 J3R) op 'n afstand van onderskeidelik 125 000 en 170 000 km. Van die buitenste ring word aangeneem dat dit ontstaan het uit interplanetêre stof. Die bestaan van die ringe is eers in 1979 bevestig en is veel kleiner as die ringe van Saturnus.
Funksie
Jupiter vervul 'n belangrike funksie binne die sonnestelsel. Omdat dit swaarder is as alle ander planete tesame is dit 'n belangrike onderdeel van die massaewenwig van die sonnestelsel. Deur sy gewig stabiliseer Jupiter die asteroïdegordel; sonder Jupiter sou elke 100 000 jaar 'n astroïde uit die asteroïdegordel die aarde tref en sodoende lewe op aarde ernstig belemmer het tot die mate dat lewe nie moontlik sou wees nie. Daar word daarom tans vermoed dat die aanwesigheid van 'n Jupiteragtige planeet in 'n sonnestelsel 'n voorwaarde kan wees vir die aanwesigheid van lewe in 'n sonnestelsel.
Verkenning
Vanaf die Aarde is Jupiter gereeld met die blote oog sigbaar as 'n helder "ster". In 1610 ontdek Galileo Galilei met 'n teleskoop die vier grootste mane van Jupiter - nou bekend as die Galileïse mane. Sedert die begin van die jare '70 is daar verskeie verkenningsvlugte na Jupiter uitgevoer.
Pioneer 10
Pioneer 10 was die eerste ruimtesending na Jupiter en is op 3 Maart 1972 gelanseer. Op 3 Desember 1973 beweeg Pioneer 10 op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die Aarde.
Voyager
1973
In die winter (Suidelike halfrond) van 1977 word Voyager 1 en Voyager 2 kort na mekaar gelanseer. In 1979 het beide Voyagers baie foto's en inligting oor Jupiter en die mane opgelewer, onder andere oor vulkaan aktiwiteit op die maan Io.
Galileo
18 Oktober 1989 word vanaf Cape Canaveral die Galileo ruimtetuig gelanseer om die mane van Jupiter en die planeet self te bestudeer. Galileo was die eerste sending wat in plaas van verby te vlieg in 'n baan om Jupiter gebring sou word en dit uitgevoerig sou bestudeer. Na 'n reis van ses jaar en ondanks probleme met die antenna, het Galileo ruim 14 000 foto's geneem. Galileo het Jupiter bestudeerd van Desember 1995 tot September 2003 en het gedurende die tydperk 'n skat van nuwe insigte versamel.
Cassini-Huygens
15 Oktober 1997 word die Cassini-Huygens ruimtetuig gelanseer om via Venus, Aarde en Jupiter uiteindelik Saturnus te besoek. In December 2000 gaan Cassini by Jupiter verby en neem foto's met 'n veel hoër resolusie as sy voorgangers. Die gesamentlike aanwesigheid van Galileo en Cassini het dit moontlik gemaak om enkele ekstra eksperimente uit te voer.
New Horizons
New Horizons is 'n sending na Pluto wat beplan word vir 9 Januarie 2006 om in 2015 die eindbestemming te bereik. Om die vlug te bespoedig gaan in Februari 2007 gebruik gemaak word van die aantrekkingskrag van Jupiter. Hiertydens sal gedurende ongeveer vier maande Jupiter uitgebreid waargeneem word.
Afbeeldings
Afbeeldings van Jupiter is te vinde op http://photojournal.jpl.nasa.gov/target/Jupiter
Eksterne skakels
- [http://nssdc.gsfc.nasa.gov/planetary/factsheet/jupiterfact.html Jupiter Fact Sheet] (Engels)
Kategorie:Jupiter
Kategorie:Planeet
Kategorie:Sonnestelsel
als:Jupiter (Planet)
ja:木星
ko:목성
ms:Musytari
simple:Jupiter (planet)
th:ดาวพฤหัสบดี
Natuurlike satellietDie woord maan word gebruik om natuurlike satelliete van planete en ander hemelliggame te beskryf. Daar is tenminste 140 mane in die aarde se sonnestelsel en waarskeinlik verskeie ander in ander sonnestelsels.
Die groot gasreuse, Jupiter en Saturnus het 'n uitgebreide stelsel van mane. Die aarde het een groot maan ("Die maan") en Mars het twee kleiner mane. Pluto het 'n groot maan Charon, maar Pluto en Charon kan ook beskou word as 'n dubbelplaneet.
Satelliet'n Satelliet is 'n voorwerp wat wentel rondom 'n ander voorwerp. Gravitasie trek die satelliet nader aan die primêre voorwerp, maar die satelliet beweeg in 'n ander rigting sodat die satelliet heeltyd die primêre voorwerp vermy.
Alle voorwerpe wat deel vorm van die sonnestelsel, insluitend die aarde, is satelliete van die son, of satelliete van daardie voorwerpe, soos byvoorbeeld die maan.
Die woord woord oor die algemeen gebruik om 'n kunsmatige satelliet te beskryf (in teenstelling met natuurlike satelliete).
ja:衛星
PZL.27PZL.27 (PZL-27) to prototyp polskiego samolotu pasażersko-pocztowego konstrukcji inżyniera Zbysława Ciołkosza opracowany i wyprodukowany w Państwowych Zakładach Lotniczych w roku 1933.
Historia
Samolot został zamówiony przez polskie Ministerstwo Komunikacji jako szybki samolot pocztowy. Prototyp oblatano na jesieni roku 1934 jako pierwszy samolot PZL z chowanym podwoziem. Próby eksploatacyjne prowadzone przez PLL LOT w latach 1935-1936 wykazały, że samolot ma zbyt słabe osiągi i jest nieekonomiczny. Ostatecznie losy PZL.27 przypięczętowało pojawienie się w roku 1936 znacznie lepszego samolotu RWD-11. Niepotrzebny lotnictwu cywilnemu prototyp PZL.27 zakupił wojskowy Instytut Techniczny Lotnictwa.
Służba w lotnictwie
Samolot ten nigdy nie wyszedł poza stadium prototypu i tym samym nigdy nie trafił do produkcji oraz służby w lotnictwie.
Opis techniczny
Mieszany drewniano metalowy górnopłat zastrzałowy. Skrzydła drewniane, kadłub i usterzenie spawane z rur stalowych, kryte płótnem. Podwozie samolotu klasyczne, dwukołowe chowane, z płozą ogonową. Kabina dla 5 pasażerów i 2 członków załogi. Napęd to 3 silniki rzędowe de Havilland "Gipsy Major I" o mocy (130KM) każdy, umieszczone: jeden w dziobie samolotu, dwa w gondolach podskrzydłowych.
Wersje
- PZL.27 - samolot pocztowo-pasażerski, prototyp.
Dane
Ogólne charakterystyki
- Masa własna: 1470 kg
- Masa całkowita: 2320 kg
- Wymiary:
- Rozpiętość: 13,60 m
- Długość: 10,74 m
- Wysokość: 2,52 m
- Napęd: 3x130 KM
Osiągi
- Prędkość maksymalna: 266 km/h
- Pułap: 4000 m
- Wznoszenie: 3,8 m/s
- Zasięg: 700 km
Kategoria:Polskie konstrukcje lotnicze
Darmowe gry online Baby names teksty sprzet snowboard austria
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Henrik Krohn
Henrik Krohn (fødd i Bergen 10. mai 1826, død på Stedje i Sogndal 14. juni 1879) var ein norsk forfattar og målreisingsmann. Han vaks opp på Stend i
|
Troposfæren
Troposfæren er den lavaste delen av jordatmosfæren og det er i denne delen skyene og det meste av været blir til. Troposfæren startar ved jordoverflata og går opp til 16-18 km over tropane, men minkar til under 10 km over polane. Dette laget utgjer omlag 80 % av atomsfæra sin totale masse. Read More... |
|
Mandarinspråk
Mandarin (tradisjonell kinesisk: 北方話, forenkla kinesisk: 北方话, pinyin: běifānghuà, «nordlig tale» alternativt 北方方言 běifāng fāngyán, bokstavleg. «nordlege dialektar») er ei gruppe kinesiske dialektar tala i større delar av nordre og sørvestre Kina.
Med mandarin meinar ein vanlegvis standardkinesis
|
|
Stridsvogn
Ei stridsvogn er eit beltedrive militært kampkjøretøy utstyrt med kanon for nedkjemping av pansra kjøretøy. Kanonen er vanlegvis montert i et dreibart tårn, som regel saman med ein eller fleire mitraljøser til bruk mot
|
|