:: wikimiki.org ::
| Sterrekunde |
SterrekundeSterrekunde (ook Astronomie, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde en die atmosfeer behels. Die oorsprong, ewolusie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer.
chemiese bemanning gefotografeer terwyl hulle om die Maan gewentel het in 1969. Naby die middel van die agterkant van die Maan geleë, die deursnee van die krater is ongeveer 92 kilometer.]]
Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol te speel het, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels met 'n verbygaande aard. Sterrekunde moet nie met sterrewiggelary (astrologie) verwar word nie. Sterrewiggelary is 'n geloof dat daar 'n korrelasie bestaan tussen mense se doen en late en noodlot en die stand van die hemelliggame – al het die twee velde 'n gemeenskaplike oorsprong is hulle baie verskillend, sterrekundiges aanvaar die wetenskaplike metode en sterrewiggelaars (astroloë) nie.
Vertakkinge van sterrekunde
Toe sterrekunde nog in sy kinderskoene gestaan het, in die tyd van die antieke Grieke en ander antieke beskawings het sterrekunde hoofsaaklik bestaan uit sterremeetkunde, waar die posisies van sterre en plante in hemel gemeet is. Later met die werk van Kepler en Newton is die weg gebaan vir hemelmeganika, die wiskundige voorspelling van die bewegings van die hemelliggame onder invloed van swaartekrag en die voorwerpe in ons sonnestelsel in besonder. Baie van die pogings in bogenoemde twee velde is hoofsaaklik per hand gedoen maar word deesdae outomaties met rekenaars gedoen tot so 'n mate dat die twee vakgebiede nie meer as onafhanklik beskou kan word nie. Bewegings en liggings van voorwerpe kan nou maklik vasgestel word en die moderne sterrekunde bemoei homself meer met die pogings om ware fisiese aard van hemelliggame waar te neem en te verstaan.
Vanaf die begin van die 20ste eeu was die veld van professionele sterrekunde geneig om verdeel te word in waarnemende sterrekunde en teoretiese astrofisika. Alhoewel die meeste sterrekundiges elemente van beide in hulle navorsing gebruik, word verskillende vaardighede benodig en daarom is die meeste sterrekundiges geneig om in die een of die ander te spesialiseer.
Waarnemende sterrekunde is meestal gemoeid met die insameling en verwerking van data wat die bou en onderhoud van instrumente behels. Teoretiese astrofisika (fisiese sterrekunde) is hoofsaaklik gemoeid met die verklaring en verstaan van die implikasies van die verskillende modelle en behels werk met analitiese modelle op rekenaars.
Die studievelde kan ook verdeel word op twee ander maniere: volgens "onderwerp", gewoonlik na aanleiding van die gebied in die ruimte (bv. Sterrestelsel sterrekunde) of "probleme aangespreek" (soos stervorming of kosmologie); of volgens die manier waarop die inligting verkry word.
Volgens onderwerp of probleem aangespreek
teoretiese astrofisika. Deur die "Mars Global Surveyor" gefotografeer, die lang donker lyn word gevorm deur 'n bewegende draaikolk in die atmosfeer van Mars (soortgelyk aan 'n tornado op aarde). Die stofduiwel self (die swart kol) klim teen die wal van die krater uit. Die lyne aan die regterkant is sandduine op die vloer van die krater.]]
- Sterremeetkunde: Die studie van die ligging van hemelliggame en hulle verandering in posisie. Definiëer die koördinaatstelsel wat gebruik word en die bewegingsleer van voorwerpe in ons heelal.
- Astrofisika (Fisiese sterrekunde): die studie van die fisika van die heelal insluitende die fisiese eienskappe (ligsterkte, digtheid, temperatuur, chemiese samestelling) van sterrekundige voorwerpe.
- Kosmologie: die studie van die oorsprong van die heelal en sy ewolusie. Die studie van kosmologie is teoretiese astrofisika op groot skaal.
- Ewolusie en vorming van sterrestelsels: die studie van die vorming van die sterrestelsels en hul ewolusie daarna.
- Sterstelselkunde: die studie van die struktuur en onderdele van ons en ander sterrestelsels.
- Buitestelsel sterrekunde: die studie van hemelliggame
- Sterkunde: Die studie van sterre.
- Sterewolusie: die studie van die ewolusie van sterre vanaf hulle vorming tot hul einde as blote oorblyfsels; supernova's, bruin dwerge, of swartgate.
- Stervorming: die studie van die toestande en prosesse wat lei tot die vorming van sterre binne in gaswolke.
- Planetêre Wetenskappe: die studie van die planete van die sonnestelsel.
- Astrobiologie: die studie van die oorsprong en ewolusie van biologiese stelsels in die heelal.
Daar bestaan ook ander dissiplines wat as vertakkinge van sterrekunde beskou kan word.
- Sterrekundige Argeologie
- Astrochemie
Sien lys van sterrekundige onderwerpe vir 'n deegliker lys van sterrekunde verwante bladsye.
Volgens die maniere waarop inligting verkry word
In sterrekunde word inligting hoofsaaklik verkry deur die bespeuring en analise van elektromagnetiese straling, fotone, kosmiese straling, neutrinos, meteore en dalk in die toekoms swaartekraggolwe (sien LIGO en LISA).
'n Tradisionele verdeling van sterrekunde deur die deel van die elektromagnetiese spektrum wat waargeneem word:
- Optiese sterrekunde beskryf die tegnieke wat gebruik word om lig te bespeur en te analiseer in en rondom die golflengtes wat waarneembaar is met die oog (omtrent 400-800 nm). Die mees gebruikte apparaat is die teleskoop met elektroniese kameras en spektrograwe.
- Infrarooi sterrekunde is gemoeid met die bespeuring van infrarooi straling (Golflengtes korter as die van rooi lig). Die mees algemene apparaat is die teleskoop maar met 'n instrument wat geoptimiseer is vir infrarooi. Ruimteteleskope word ook gebruik om die steuring (elektromagnetiese interferensie) van die atmosfeer uit te skakel.
- Radio sterrekunde gebruik heeltemal ander instrumenttipes om straling op te spoor. Golflengtes hier kan wissel van mm tot cm. Die ontvangers is soortgelyk aan die wat gebruik word vir radio uitsendings (wat straling van dieselfde golflengtes gebruik) Sien ook Radioteleskoop.
- Hoë-energie sterrekunde: Die studie van sterrekundigie voorwerpe wat hoë-energie elektromagnetiese golwe vrystel. Dit sluit X-strale, gammastrale, UV-strale, neutrinos en kosmiese straling in.
kosmiese straling
Optiese en radio sterrekunde kan gedoen word met grond-gebaseerde sterrewagte, omdat die atmosfeer deurskynend is vir daardie golflengtes. Infrarooi lig word sterk geabsorbeer deur waterdamp, dus moet infrarooi sterrewagte geleë waas op hoë en droeë plekke of in die ruimte.
Die atmosfeer is ondeurskynend vir X-strale, gammastrale en UV-strale en behalwe vir 'n paar golflengte "vensters" ook vir infrarooi strale dus moet waarnemings gedoen word vanaf ballonne of ruimte sterrewagte.
Kort geskiedenis
In die vroeë geskiedenis het sterrekunde slegs die waarnemings en voorspellings behels, van die bewegings van hemelligame wat met die blote oog waargeneem kon word. Die Rigveda verwys na die 27 sterrebeelde wat met die beweging van die son geassosieer word en ook die 12 diereriemverdeling van die naghemel. Die antieke Grieke het belangrike bydraes gemaak tot sterrekunde, onder andere die definisie van die helderheidstelsel. Die Bybel bevat 'n aantal stellings oor die posisie van die aarde in die heelal en die aard van die sterre en planete, waarvan die meeste eerder digterlik as letterlik is; sien Bybelse kosmologie. In 500 vC, het Aryabhata 'n wiskundige stelsel voorgestel waar die aarde om sy eie as draai en die beweging van die planete relatief tot die son oorweeg het.
Sterrekunde het gestagneer tydens die middeleeuse Europa, maar het in die Arabiese wêreld gefloreer. Laat in die 9de eeu het die islamietiese sterrekundige al-Farghani (Abu'l-Abbas Ahmad ibn Muhammad ibn Kathir al-Farghani) uitvoering geskryf oor die beweging van die hemelliggame. Sy werk is in die 12de eeu na Latyn vertaal. Laat in die 10de eeu is 'n baie groot sterrewag naby Teheran in Iran deur die sterrekundige al-Khujandi gebou wat onder andere 'n paar middaglyn-oorgange van die son waargeneem het en daaruit die skuinsheid van die aarde se wentelvlak (ekliptiek) ten opsigte van die hemelekwator bereken het. In Persië het Omar Khayyam (Ghiyath al-Din Abu'l-Fath Umar ibn Ibrahim al-Nisaburi al-Khayyami) vele tabelle opgestel en 'n verandering van die kalender opgestel wat meer akkuraat was as die Juliaanse kalender en byna so akkuraat soos die Gregoriaanse kalender was.
Tydens die Renaissance het Kopernikus 'n heliosentriese model van die sonnestelsel voorgestel. Sy werk is deur Galileo Galilei en Johannes Kepler uitgebrei, reggestel en verdedig. Galileo het teleskope begin gebruik om sy waarnemings te verbeter. Kepler was die eerste om 'n stelsel te ontwikkel wat die bewegings van die planete om die Son as middelpunt in korrekte besonderhede beskryf het.
Kepler was egter nie suksesvol met die ontwikkeling van die toerieë vir die wette wat hy neergeskryf het nie. Newton se uitvinding van hemelligaam dinamika en sy swaartekragwet was finaal in staat om die bewegings van die planete te verduidelik. Die refleksie teleskoop is toe ook ontdek wat waarnemings nog verder verbeter het.
Dit is bevind dat sterre vêr afgeleë voorwerpe was. Met die ontdekking van spektroskopie is dit bewys dat die sterre soortgelyk aan ons eie son was, maar met 'n wye reeks van temperature, massas en groottes. Die bestaan van ons sterrestelsel, die Melkweg, as 'n aparte groep sterre is eers in die 20ste eeu, saam met die bestaan van ander "eksterne" sterrestelsels bewys. Die uitsetting van die heelal soos waargeneem deur die oënskynlike wegwaartse beweging van die meeste sterrestelsels is ook ontdek. Kosmologie het reuse vooruitgang gemaak in die 20ste eeu met die grootknalteorie model wat sterk ondersteun word deur bewyse verskaf deur sterrekunde en fisika, soos byvoorbeeld die kosmiese mikrogolf agtergrondstraling, Hubble se wet en kosmologiese oorvloed van die elemente.
Vir 'n meer gedetaïlleerde geskiedenis van sterrekunde, sien geskiedenis van sterrekunde.
geskiedenis van sterrekunde
Kronologiese lyste
- kunsmatige satelliete en onbemande verkenningsvaartuie
- sterrekundige kaarte, kataloguste, en opmetings
- swartgat fisika
- kosmologie
- Kronologie van sterrestelsel, sterrestelsel trosse en grootskaalse strukture
- natuurlike satelliete
Sien ook
- Lys van sterrekundige onderwerpe
- Sterrekundiges en Astrofisici
- Ruimtewetenskap
- Sterrekundige benamingskonvensies
- Sterrekundige simbole
- Sterrekundige voorwerpe
- Sterrekundige siklusse
- Internasionale Sterrekundige Vereniging
- Amerikaanse Sterrekundige Vereniging
- Royal Astronomical Society
- Suidelike Europese Sterrewag
Sterrekundige Gereedskap
- Teleskoop
- Rekenaars
- Sakrekenaar
- Sterrewag
- Ruimte sterrewag
- Hubble teleskoop
Eksterne skakels
Organisasies
- [http://www.aavso.org/ American Association of Variable Star Observers]
- [http://www.aas.org/ American Astronomical Society]
- [http://www.astrosociety.org/ Astronomical Society of the Pacific]
- [http://www.saao.ac.za/assa/ Astronomical Society of Southern Africa]
- [http://ciclops.lpl.arizona.edu/ Cassini Imaging Laboratory] – Verstommende beelde van die planete geneem deur die Cassini ruimte-verkenningsvaartuig.
- [http://www.astro.cz/ Czech Astronomical Society]
- [http://www.drastronomy.com/ Durham Region Astronomical Association]
- [http://www.eso.org/ European Southern Observatory]
- [http://www.hawastsoc.org/ Hawaiian Astronomical Society]
- [http://www.hia-iha.nrc-cnrc.gc.ca/ Herzberg Institute of Astrophysics]
- [http://www.noao.edu/ National Optical Astronomy Observatories]
- [http://www.nyaa-starfest.com/ North York Astronomical Association]
- [http://open-site.org/Science/Astronomy/ Open Encyclopedia Project] - Sterrekundige Afdeling.
- [http://www.rasc.ca/ Royal Astronomical Society of Canada]
- [http://www.ras.org.uk/ Royal Astronomical Society (UK)]
- [http://www.rasnz.org.nz/ Royal Astronomical Society of New Zealand]
- [http://www.slasonline.org/ Saint Louis Astronomical Society]
- [http://www.popastro.com/ Society for Popular Astronomy (UK)]
- [http://www.iayc.org/ International Astronomy Youth Camp (IAYC)]
Verwysings: Formules en konstantes
- [http://www.jqjacobs.net/astro/astrofor.html Sterrekundige Formules]
- [http://www.jqjacobs.net/astro/astro.html Indeks van sterrekundige konstantes]
- [http://ads.harvard.edu/books/hsaa/ Zombeck se Handbook of Space Astronomy and Astrophysics]
Ander Eksterne Skakels
- [http://www.spacewallpapers.net Sterrekundige fotos vir gebruik as rekenaar agtergrond]
- [http://www.absoluteastronomy.com Sterrekundige feite en inligting]
- [http://www.facts-and-figures.org/html/astronomy.php Sterrekundige feite vir opvoeders]
- [http://xxx.lanl.gov/ Die Los Alamos Astrofisika Databasis]
- [http://antwrp.gsfc.nasa.gov/apod/ Sterrekundige foto van die dag]
- [http://www.phys-astro.sonoma.edu/BruceMedalists/ Bruce Medaljewenners (jaarlikse sterrekundige toekenning sedert 1898)]
- [http://physics.unr.edu/grad/welser/astro/arab.html Islamieties en Arabiese Sterrekunde]
- [http://www.site.uottawa.ca:4321/astronomy/index.html Universiteit van Ottawa se Sterrekunde Stoor van Kennis]
- [http://www.auroresboreales.com Meer oor die noorderligte]
Category:Sterrekunde
ja:天文学
ko:천문학
ms:Astronomi
simple:Astronomy
th:ดาราศาสตร์
WetenskapWetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van waarneming, eksperimentering en logiese redenering.
Sien ook
- Wetenskaplike metode
Aarde
]
Die aarde is die planeet waarop ons lewe. Dit is die derde planeet van die son af en wentel binne
'n jaar daarom. Die aarde draai een keer per dag om sy eie as. Twee derdes van die oppervlak
is met water bedek en die res met land. Die aarde het 'n satelliet, die maan, wat elke 27.32 dae om die aarde wentel. Die aarde se ouderdom word op vier biljoen jaar geskat.
Die afstand vanaf die ewenaar tot by die pool is omtrent tienduisend kilometer.
Die algemeenste element in die aarde se kors is silikon. Die kern van die aarde is waarskynlik van gesmelte yster. Die aarde het 'n magneetveld, wat die energieke partikels van die sonwind afweer.
Daar is 'n osoonlaag hoog bo die aarde wat skadelike sonstrale afskerm.
Die oppervlakte van die aarde is verdeel in oseane, vastelande en eilande. Dit is ook verdeel in lande,
waarvan Rusland die grootste is. Die hoogste berg is die Berg Everest,
die diepste deel is die Mariana-skeurvallei. Die droogste plek is die
Acama woestyn in Suid-Amerika, en die natste is Cherrapoenji in Indië,
die koudste is Antarktika.
Sien ook
- Aardbewing
ja:地球
ko:지구
ms:Bumi
simple:Earth
th:โลก
zh-min-nan:Tē-kiû
ChemieChemie of skeikunde is die wetenskap van materie en die interaksie daarvan met energie. As gevolg van die wye verskeidenheid materie (wat meestal atomies is), is chemici dikwels betrokke in die strewe om die wisselwerking tussen atome en molekules wat daaruit gevorm word te bestudeer en te verstaan.
Die term Skeikunde in Afrikaans moet nie verwar word met die onderwerp wat in Engels bekend staan as separation technology nie.
Vertakkings van chemie
Chemie word tipies verdeel in verskeie hoofvertakkings. Daar is ook verskeie multi-disiplinêre en meer gespesialiseerde vertakkings van chemie.
Organiese chemie is die wetenskap van die struktuur, eienskappe, samestelling, en chemiese reaksies van organiese stowwe.
Anorganiese chemie is die vertakking van chemie wat handel oor die studie van die eienskappe en reaksies van anorganiese stowwe. Die skeidslyn tussen die organiese en anorganiese vertakkings van chemie is nie absoluut duidelik nie en daar vind oorvleuelings plaas, waarvan die ondervertakking organometaal chemie 'n voorbeeld is.
Fisiese chemie is die studie van die fisiese grondbeginsels van chemiese sisteme en prosesse. Van belang is die beskrywing van die transformasies wat chemiese stowwe ondergaan by verskillende energietoestande. Belangrike studievelde in dié verband sluit in chemiese
termodinamika, chemiese kinetika, kwantum chemie, statistiese meganika en spektroskopie.
Biochemie is die studie van die chemikalieë, chemiese reaksies en chemiese interaksies wat in lewende organismes plaasvind.
Analitiese chemie is die analise van materiaalmonsters om sodoende hul chemiese samestelling en struktuur te verstaan.
Ander Vertakkinge : Materiaalkunde, Polimeer chemie, Omgewingskunde, Farmakologie, Termochemie, Kernchemie, Elektrochemie, Berekenings-chemie, Supramolekulêre chemie, Geneeskundige chemie.
Fundamentele beginsels
Nomenklatuur
Nomenklatuur verwys na die stelsel vir die benaming van chemiese stowwe. Daar is goed gedefinieërde stelsels in plek vir die benaming van chemiese spesies. Organiese stowwe se name word toegeken aan die hand van die organiese nomenklatuurstelsel. Anorganiese stowwe word benoem aan die hand van die anorganiese nomenklatuurstelsel.
Atome
Hoofartikel: Atoom.
'n Atoom is a versameling stowwe wat bestaan uit 'n positief gelaaide kern, wat gewoonlik uit protone en neutrone bestaan, en 'n aantal elektrone, waarvan die negatiewe lading die positiewe lading in die kern balanseer.
Elemente
Hoofartikel: Chemiese element.
'n Element is 'n klas van atome wat dieselfde aantal protone in die atomiese kern bevat. Hierdie getal staan bekend as die atoomgetal van die element. Alle atome wat byvoorbeeld 6 protone in hul kern bevat is atome van die chemiese element koolstof, en alle atome met 92 protone in hul kern is atome van die element uraan.
Die gerieflikste voorstelling van die elemente is in die periodieke tabel, wat groepe elemente met soortgelyke eienskappe saam groepeer. Alfabetiese lyste van die elemente geranskik volgens naam, simbool asook lyste met die elemente gerangskik volgens atoomgetal is ook beskikbaar.
Aangesien die aantal protone in die kern die aantal elektrone rondom die kern bepaal en aangesien die elektrone die buitenste deel van die atoom vorm (die deel wat die buitewêreld "sien"), word die eienskappe, interaksies en chemiese transformasies waaraan 'n element kan deelneem hoofsaaklik deur die aantal protone bepaal. Daar kan egter subtiele verskille wees in die chemiese eienskappe wat teweeg gebring word deur verskille in die aantal neutrone wat ook in die kern voorkom van atome wat andersins aan dieselfde element behoort.
Chemiese stowwe
'n Chemiese stof bestaan uit 'n vaste verhouding elemente wat sy samestelling bepaal, en 'n bepaalde struktuur wat sy chemiese eienskappe bepaal. "Water" byvoorbeeld, is 'n chemiese stof wat uit waterstof en suurstof in die verhouding twee tot een bestaan. Chemiese stowwe word gevorm en vernietig deur chemiese reaksies.
Molekules
Hoofartikel: Molekule.
'n Molekule is die kleinste onverdeelbare deel van 'n suiwer chemiese stof wat sy stel unieke einskappe behou. 'n Molekule bestaan uit twee of meer atome wat chemies aan mekaar verbind is.
Verbinding
Hoofartikel: Chemiese verbinding.
'n Chemiese verbinding is die krag wat atome in molekules of kristalle bymekaar hou. In baie eenvoudige stowwe kan die valensie verbindingsteorie en die konsep van oksidasiegetal gebruik word om te voorspel wat die molekulêre struktuur en samestelling sal wees. Soortgelyk kan teorieë van klassieke fisika gebruik word om die ioonstrukture te voorspel. Met meer komplekse stowwe soos metaalkomplekse faal valens verbindingsteorie en is 'n deegliker begrip
gebaseer op kwantum meganika nodig.
Toestande van Materie
Hoofartikel: Fase (materie).
'n Fase is 'n stel toestande van 'n chemiese stelsel wat soortgelyke massale strukturele eienskappe het, oor 'n reeks omgewingstoestande soos druk of temperatuur. Fisiese eienskappe soos digtheid en refraksie indeks val in die waardes wat die fase karakteriseer. Die fase word gedefinieer deur die faseverandering wat die stof ondergaan wanneer energie in die stelsel ingesit of uitgehaal word. Die energie veroorsaak 'n verandering in die struktuur van die stelsel eerder as om die massale toestande van die stelsel te verander.
Somtyds is daar nie 'n diskrete grens om tussen twee fases te onderskei nie maar is die oorgang kontinu en in so 'n geval word die toestand waarin die stof verkeer as 'n superkritiese toestand beskryf. Wanneer drie toestande bestaan onder dieselfde kondisies, staan dit bekend as die trippel punt en aangesien dit onveranderlik is vir die betrokke chemiese stof, is dit 'n gerieflike verwysingspunt om ander stelle kondisies mee te beskryf.
Die mees bekende voorbeelde van fases is vastestowwe, vloeistowwe en gasse. Minder bekende fases sluit in plasmas, Bose-Einstein kondensate en fermioniese kondensate en die paramagnetiese en ferromagnetiese fases van magnetiese materiale. Selfs water/ys waarmee almal vertroud is het baie verskillende fases wat afhang van die druk en die temperatuur van die stelsel. Die mees bekende fases het te doen met driedimensionele stelsels maar dit is moontlik om analoë in twee dimensies te definieer, wat baie aandag geniet vanweë die toepaslikheid daarvan op biologie.
Reaksies
Hoofartikel: Chemiese reaksie.
Chemiese reaksies is veranderinge wat plaasvind in the struktuur van molekules. Sulke reaksies kan lei tot die vorming van groter molekules vanweë molekules wat aan mekaar bind, molekules wat uitmekaar breek om twee of meer kleiner molekules te vorm. Chemiese reaksies kan ook lei tot die herrangskikking van atome binne-in of rondom molekules. Chemiese reaksies behels normaalweg die maak of breek van chemiese verbindings.
Kwantumteorie
Hoofartikel: Kwantumteorie.
Kwantumteorie beskryf die gedrag van materie by kort lengteskale. Dit is in beginsel moontlik om alle chemiese stelsels te beskryf deur van die teorie gebruik te maak, maar dit is wiskundig kompleks en buitengewoon moeilik om te visualiseer. In praktyk kan slegs die eenvoudigste chemiese stelsels realisties ondersoek word en in suiwer kwantummeganika-terme beskryf word en moet benaderings gemaak word vir die meeste praktiese doeleindes (bv. Hartree-Fock of Density functional theory). Dus is 'n detail begrip van kwantum meganika nie nodig vir chemie nie, aangesien die belangrikste implikasies van die teorie in eenvoudiger terme verstaan en toegepas kan word.
Wette
Die mees fundamentele begrip in chemie is die wet van massabehoud wat bepaal dat daar geen meetbare verandering in die hoeveelheid materie plaasvind tydens 'n gewone chemiese reaksie nie.
Moderne fisika bewys dat dit eintlik energie is wat behou word en dat energie en massa verband hou met mekaar ('n beginsel wat belangrik is in kernchemie).
Uit die wet van energiebehoud word die belangrike beginsels van ewewig, termodinamika en kinetika afgelei.
Ander wette van chemie brei uit op die wet van massabehoud. Proust se wet van bepaalde samestelling (Engels: definite composition) bepaal dat suiwer chemikalieë bestaan uit elemente in 'n spesifieke verhouding; vandag weet ons dat die strukturele rangskikking van die elemente ook baie belangrik is.
Dalton se wet van klein heelgetalle bepaal dat die elemente in suiwer chemikalieë voorkom in verhoudings van klein heelgetalle (bv. 1:2 O:H in water); In biomakromolekules en mineraalchemie egter, vereis die voorstelling van die element verhoudings groot getalle.
Meer moderne wette van chemie definieer die verhouding tussen energie en die veranderinge.
In ewewig, bestaan molekules in mengsels gedefinieer deur die moontlike verandering op die tydskaal van die ewewig, en word hulle verhoudings gedefinieer deur die intrinsieke energie van die molekules - hoe laer die intrinsieke energie, in hoe groter oorvloed kom die spesifieke molekule voor.
Verandering van een struktuur na 'n ander vereis die inset van energie om die energiedrumpel te oorkom; Die energie kan kom vanaf die molekules se eie intrinsieke energie, of vanaf 'n eksterne bron wat oor die algemeen die veranderinge sal versnel. Hoe hoër die energiedrumpel, hoe stadiger sal die veranderinge plaasvind.
Daar bestaan ook 'n hipotetiese oorgangstoestand of oorgangstruktuur wat ooreenstem met die struktuur aan die bopunt van die energiedrumpel. Die Hammond Postulaat bepaal dat die struktuur soortgelyk is aan die produk of voermateriaal waarvan die intrinsieke energie die naaste is aan die energiedrumpel. Stabilisering van die hipotetiese oorgangstoestand deur chemiese interaksie is een manier om katalisasie te bewerkstellig.
Alle chemiese prosesse is omkeerbaar (Wet van mikroskopiese omkeerbaarheid) alhoewel sommige prosesse se dryfkragte in terme van energieverskille so groot is, dat hulle vir alle praktiese doeleindes onomkeerbaar is.
category:Chemie
als:Chemie
ja:化学
ko:화학
ms:Kimia
simple:Chemistry
th:เคมี
Sonnestelsel
Die sonnestelsel bestaan uit die son en al die hemelliggame wat rondom dit wentel. Dit sluit in planete, mane, komete, meteoriete, asteroïdes en planetoïdes. Die aarde is die derde planeet van die sonnestelsel.
Ander sterre en die liggame wat rondom hulle wentel word gewoonlik na verwys as planetestelsels. Vir 'n spesifieke ster se planetestelsel word dit verkort na byvoorbeel "die stelsel Alpha Centauri" of "die stelsel 51 Pegasus".
Voorwerpe in die sonnestelsel
Daar bestaan 'n wye verskeidenheid van voorwerpe in die sonnestelsel. Hierdie voorwerpe word gewoonlik in verkillende kategorië verdeel, maar in laaste paar jaar het hierdie onderskeid minder duidelik geword, soos ons meer-en-meer te wete kom van ons sonnestelsel. Vir die doeleindes van hierdie ensiklopedie maak ons gebruik van die volgende verdeling:
- Die son (astronomiesimbool ☉) is 'n klas-G2-ster. Dit verteenwoordig 99,86% van die totale massa van die sonnestelsel.
- Die planete. Die nege liggame wat tradisioneel so na verwys word: Mercurius (☿), Venus (♀), Aarde (♁), Mars (♂), Jupiter (♃), Saturnus (♄), Uranus (♅/10px), Neptunus (♆) en Pluto (♇). Hierdie getal kan dalk uitgebrei word na tien weens die onlangse ondekking van 2003 UB313 wat tydelik Xena gedoop is. Daar is 'n goeie kans dat Pluto en Xena deur die Internasional Astronomiese Unie geherklassifiseer gaan word as asteroïdes in plaas van planete. Al die planete behalwe die aarde, is vernoem na gode uit die Grieks-Romeinse mitologie. Die aarde self word ook soms genoem Terra, die naam van die Romeinse god van die aarde.
- Redelike grootte liggame wat rondom die planete wentel word genoem mane.
- Kunsmatige satelliete wat rondom planete, hoofsaaklik die aarde, wentel, sowel as ruimteskepe op pad na die buitenste ruimte.
- Stof en ander klein voorwerpe wat wentel rondom planete in die vorm van ringe.
- Ruimterommel, ook van kunsmatige oorsprong rondom hoofsaaklik die aarde.
- Asteroïdes, liggame kleiner as planete, wat hoofsaaklik voorkom tussen Mars en Jupiter en bestaan uit 'n aansienlike komponent nie-vlugtige materiaal. Hulle word verder onderverdeel in asteroïd groepe en families gebasseer op die volgende wentelbaan eienskappe:
- Asteroïdemane. Asteroïdes wat wentel om ander grootter asteroïdes. Hulle is nie so duidelik onderskeibaar soos planetêre mane nie, aangesien hulle by geleentheid byna dieselfde grootte is en dus eerder 'n paar vorm.
- Trojaanse asteroïdes. Asteroïdes wat wentel in een van Jupiter se L4 of L5 punte. Die term word ook soms gebruik vir asteroïdes in die Lagrangepunte van ander planete.
- Meteoriete. Asteroïdes van deursnee 50 meter en minder.
- Komete, liggame wat hoofsaaklik bestaan uit vlugtigge materiaal in ys vorm en met hoogs eksentrieke wentelbane, gewoonlik met die perihelium binne die wentelbane van die binneste planete, terwyl die aphelium buite Pluto se wentelbaan lê. Kortperiode komete bestaan ook en ou komete, waarvan die vlugtigge stowwe reeds afgedryf is deur die son word soms as asteroïdes geklasifiseer. Sommige komete se hiperboliese wentelbane het hulle oorsprong buite die sonnestelsel.
- Centaurs is komeetagtige liggame met minder eksentrieke wentelbane wat lê tussen die wentelbane van Jupiter en Neptunus.
- Trans-Neptunus-liggame, liggame waarvan die wentelbaan buite die van Neptunus lê. Hulle word verder as volg verdeel:
- Die Kuipergordel is voorwerpe tussen 30 en 50 AE (astronomiese eenhede). ('n AE is ongeveer die mediaan afstand tussen die aarde en die son.) Die vermoede is dat hierdie die oorsprong van kortperiode komete is. Pluto word soms ook geklasifiseer as 'n Kuipergordel liggaam en ander Kuipergordel liggame soortgelyk aan Pluto word verwys na as Plutino's.
- Oortwolkliggame, tans nog teoreties, het wentelbane tussn 50 000 en 100 000 AE. Dit word vermoed dat hierdie die oorsprong van die langperiode komete is.
- Klein hoeveelhede stof.
- 90377 Sedna, 'n liggaam wat onlangs ontdek is met 'n hoogs eliptiese baan van 76 AE tot 928 AE. Dit pas duidelik nie in enige van bogenoemde in nie, maar die ontdekkers meen dit moet beskou word as deel van die Oortwolk.
- 2003 UB313, nog 'n liggaam wat onlangs ontdek is. Dit is ongeveer 1,5 maal so groot soos Pluto en een omwenteling om sy eie as neem 52 jaar. Dit bestaan waarskynlik hoofsaaklik uit klip en ys, soortgelyk aan Pluto.
Behalwe vir die son, verteenwoordig Jupiter die grootste deel van die massa van die sonnestelsel (ongeveer 0,1%). Op sy beurt verteenwoordig Saturnus die grootste gedeelte van die res, dan Uranus en Neptunus, en dan aarde en Venus.
90377 Sedna
ja:太陽系
ko:태양계
ms:Sistem suria
simple:Solar system
th:ระบบสุริยะ
AstrofisikaAstrofisika is die deel van astronomie (sterrekunde) en fisika wat die fisika van die heelal bestudeer. Dit bestudeer eienskappe van sterrekundige voorwerpe, soos ligsterkte, digtheid, temperatuur, en chemiese samestelling.
ja:天体物理学
ms:Astrofizik
simple:Astrophysics
DigtheidDigtheid dui op die hoeveelheid stof per volume of op die aantal items per volume of oppervlakte.
Hierdie artikel bespreek die digtheid van 'n stof. Vir ander gebruike van die woord digtheid, sien Digtheid (verklaring).
----
Die digtheid van 'n stof (simbool: ρ - Grieks: rho) is 'n mate van massa per eenheid volume. Hoe hoër 'n voorwerp se digtheid, hoe hoër is sy massa per volume. Die gemiddelde digtheid van 'n voorwerp is gelyk aan sy totale massa gedeel deur sy totale volume. 'n Meer digte voorwerp (soos yster) het minder volume as 'n gelyke massa van 'n minder digte stof (soos water).
Die SI eenheid van digtheid is kilogram per kubieke meter (kg/3)
:
met
ρ die voorwerp se digtheid (gemeet in kilogram per kubieke meter)
m die voorwerp se totale massa (gemeet in kilogram)
V die voorwerp se totale volume (gemeet in kubieke meter)
Ander eenhede
Die verouderde g/cm³ (gram per kubieke sentimeter) of kg/L (kilogram per liter) mates kom steeds voor.
:1 kg/dm3 = 1000 g/1000cm3 = 1 kg/l.
In Empiriese eenhede word digtheid gemeet in pond/kubieke voet.
Voorheen was massa en volume verbind deur die gram as die massa van een kubieke sentimeter water teen 3.98 °C te definieer, wat beteken het dat water 'n digtheid van 1 kg/liter gehad het. Dit het probleme geskep weens die kans van massaverlies as gevolg van verdamping, asook digtheidsveranderinge as gevolg van temperatuurveranderinge. Om hierdie rede is 'n alternatiewe definisie van die meter en kilogram ontwikkel wat meer getrou in 'n laboratorium herhaal kan word. Weens die nuwe definisies van meter en kilogram is die digtheid van water by 3.98 °C baie naby aan presies 1 kg/liter. 'n Kubieke meter water weeg dus een metrieke ton.
Digthede van stowwe
Die hoogste bekende digtheid is heel moontlik te vinde in neutronstermaterie. Die singulariteit in die middel van 'n swartgat het geen volume volgens algemene relatiwiteitsteorie, so die digtheid daarvan is ongedefinieerd.
Die mees digte stof wat natuurlik op Aarde voorkom is Iridium, teen ongeveer 22,650 kg/m³.
'n Tabel van digthede van verskeie stowwe:
Let op die lae digtheid van aluminium in vergelyking met die meeste ander metale; juis om hierdie rede is vliegtuie in die verlede hiervan gemaak. Let ook daarop dat lug 'n nie-nul, alhoewel klein, digheid het. Aerogel is die wêreld se ligste vaste stof.
Tabel - digtheid van lug ρ, Spoed van klank in lug c,
akoestiese impedansie Z teenoor temperatuur °C
Relatiewe digtheid
Relatiewe digtheid, voorheen bekend as spesifieke gewig, is 'n dimensielose hoeveelheid gedefinieer as die digtheid van 'n stof gedeel deur die digtheid van water by standaard temperatuur en druk. Per definisie, daarom, is die relatiewe digtheid (of RD) van water 1, en die RD van osmium omtrent 22.
Sien ook
- ISO 31: volumiese massa
- Dord
- Standaard temperatuur en druk
- Relatiewe digtheid
ms:Ketumpatan
ja:密度
Category:Komunismoacategory:Politika
Venezia alberghi motorola gry java doda dating ads site oszust
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Ruota da molino
Ruota da molino è un termine utilizzato in araldica per indicare quella a pale
(Dal "Vocabolario araldico ufficiale", a cura di Antonio Manno – edito a Roma nel 1907)
Image: Muelligen-blason.png|ruota da molino
Image: Muehlau-blason.png|mezza ruota da molino
Traduzioni
- Francese: roue de moulin
Voci correlate
- Fusato
francese di 187 abitanti situato nel dipartimento dell'Aveyron nella regione del Midi-Pirenei.
Terrisse, La
Terrisse, La
|
|
|
Comenius
Jan Amos Komensky o Comenio (nome latinizzato:Comenius) (Nivnice, Moldavia 1592 - Amsterdam 1670)
Il pedagogista Comenio vissuto alla fine dell'Umanesimo-Rinascimento fu un esempio che rivoluzionò il modo di concepire l'is
|
|
|