Strokiesverhaal] Strokiesverhaal (of tekenprent-verhaal) is die generiese term vir sekwensiële kuns. Dit bestaan uit in 'n sekwensiële volgorde gerangskikte prente, wat 'n gebeurtenis beskryf of 'n verhaal vertel. Meestal (maar nie noodsaaklik nie) is die prente geteken en gekombineer met verhalende teks en/of direkte rede (wat dikwels in die vorm van spraakborrels aangebied word).
Strokiesverhale word algemeen as 'n kuns in hul eie reg beskou, wat sy oorsprong sowel in die letterkunde asook in die beeldende kuns het. Die Engelse vakterm comic of comic strip (komiese strokie) is 'n bietjie misleidend, aangesien die strokiesverhale nie noodsaaklik van komiese aard moet wees nie.
In Frankryk en België, waar strokiesverhale lankal deel van die kulturele lewe is, word na 'n strokiesverhaal as bande dessinée (getekende strokie) verwys (dikwels word net die afkorting "BD" gebruik). Die Franse letterkundige Francis Lacassin vorm in 1971 die nuwe vakterm negende kuns.
Die geskiedenis van die strokiesverhaal
'n Presiese datum vir die eerste strokiesverhaal is moeilik om te bepaal. Met die definisie van strokiesverhale as sekwensiële kunsvorm kan die rotstekeninge van byvoorbeeld die grotte van Lascaux in Frankryk of soortgelyke tekeninge in Italië, Algerië en Sjina as vroeë strokiesverhale beskryf word, aangesien hulle 'n verhaal met behulp van tekeninge vertel.
Sjina
Hierdie definisie sluit ook die antieke fresko's van Egipte, Griekeland en Rome in, wat wél as 'n verhaal beskou kan word, wat met 'n reeks beelde vertel word.
In die middeleeue is die Tapyt van Bayeux sonder twyfel een van die beroemdste strokiesverhale, wat die Normandiese verowering van Engeland met behulp van beelde ook aan ongeletterdes sou kon verduidelik.
Afrikaanse strokiesverhale
Die vermenslikte bobbejane van Adoons-hulle (1948), wat naas 'n aantal ander tipies Afrikaanse karakters en tema's deur die Suid-Afrikaanse strokieskunstenaar Thomas Ochse Honiball (1905-1990) geskep is, behoort tot die bekendste strokiesverhale wat oorspronklik in Afrikaans verskyn het. Honiball het tydens sy verblyf in die Verenigde State kennis met die oorsese koerantstrokies gemaak en na sy terugkeer na Suid-Afrika in 1930 besluit om die strokiesverhaal ook by die Afrikaanse publiek bekend te maak.
als:Comic
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
1971 Gebeure
- David Ruelle en Floris Takens ontwikkel die konsep van 'n Vreemde aantrekker as voorloper tot chaosteorie.
----
Geboortes
----
Sterftes
- 04-06Igor Stravinsky.
----
1966 -- 1967 -- 1968 -- 1969 -- 1970 -- 1971 -- 1972 -- 1973 -- 1974 -- 1975 -- 1976
Eeue: -- 19de eeu -- 20ste eeu -- 21ste eeu
Kategorie:20ste eeu
ja:1971年
ko:1971년
simple:1971
th:พ.ศ. 2514
Lascaux
Lascaux is die naam van 'n dorp in die département Dordogne (Frankryk). In die omgewing van Lascaux, sowat twee kilometer suidoos van die dorp Montignac, lê die bekende grot van Lascaux met 'n aantal rotstekeninge, wat tot die oudste bekende menslike kunswerke behoort. Die grot is deur die UNESCO as wêrelderfenisgebied erken.
Die tekeninge ontstaan vermoedelik in die Magdalénien-tydperk, tussen 17 000 en 15 000 v.C., en verbeeld hoofsaaklik destydse diere soos die oeros, perd en hert in 'n hoogs realistiese manier. 'n Ander gewilde motief is die omtrekke van die menslike hand.
Die grot is op 12 September 1940 ontdek en sedert die jaar 1948 toeganklik vir die publiek. Die kooldioksied, wat deur die daaglikse 1 200 besoekers vrygestel is, beskadig die tekeninge egter duidelik. In 1963 is die grot weer vir die publiek gesluit. Die tekeninge is vervolgens gerestoureer en word nou daagliks bewaak.
'n Namaaksel van die grot, Lascaux II, staan sedert die jaar 1983 oop vir die publiek. Afbeeldings en reproduksies van ander kunswerke uit Lascaux word in die Museum vir Prehistoriese Kuns "Le Thot" naby Montignac vertoon.
Eksterne skakels
- [http://www.culture.fr/culture/arcnat/lascaux/en/ Amptelike webwerf van die grotte van Lascaux]
Category:Frankryk
Algerië
Algerië is 'n groot Noord-Afrikaland. Dit vorm saam met Marokko en Tunesië, waartussen dit lê, die Maghreb. In die suide grens dit, van wes na oos, aan die Wes-Sahara, Mauretanië, Mali, Niger en Libië. Die Middellandse See vorm die noordgrens.
Algerië is 'n voormalige kolonie van Frankryk. Op 5 Julie 1962 word Algerië onafhanklik.
Die hoofstad is Algiers. Die meeste mense woon in die breë, bergagtige kusstrook. In die suide is 'n deel van die noordelike Sahara. Die oorheersende godsdiens is Islam, maar die land het ook 'n klein persentasie Christene.
Onlangse geskiedenis
Sedert 1992 beveg die Algerynse regering diverse groepe Islamitiese ekstremiste. Veral deur terreuraksies van hierdie groepe, het tienduisende mense in dorpe en stede in die noorde van Algerië gesterf. Ook tans duur hierdie aanslae voort. Dié land ly ook onder werkloosheid, watertekort en behuisingsnood. In 2003 is die noorde deur 'n swaar aardbewing getref.
Data
Basisgegevens
- Bestuursindeling: 48 provinsies
- Hoofstad: Algiers (1 519 740 inwoners (1998), agglomerasie 2 600 000)
- Ander stede: Oran (655 850), Constantine (462 200), Batna (242 500), Annaba (215 100), Setif (211 900), Sidi bel Abbès (180 300), Beskra (171 000), Djelfa (154 300), Tbessa (153 200), Blida (153 100), Skikda (152 300), Bejaïa (147 100), Tiaret (145 300)
Bevolking
- Bevolkingsgroepe: Arabiere 70%, Berbers 30%, Franse
- Tale: Arabies (amptelike taal), Berber (Tamazight, Kabyl e.a.), Frans
- Lewensverwagting: 71 jaar (2001)
- Bevolkingsgroei: 2,4% (gemiddelde 1980-2001)
- Geletterdheid: mans 23%, vrouens 42% (2001)
Bestuur
Algerië is 'n republiek. Die parlement bestaat uit 'n nasionale vergadering van 389 lede wat elke 5 jaar verkies word, en 'n nasionaleraad met 96 indirek gekose en 48 deur die president benoemde lede; elke 3 jaar word die helfte van die leden gekies. Die president word elke 5 jaar regstreeks gekies.
- president: Abdelaziz Bouteflika (sedert April 1999)
- regeringsleier: Ahmed Ouyahia (sedert Mei 2003)
- minister van buitenlandse sake: Abdelaziz Belkhadem
- partye met aantal setels (verkiesing Mei 2002):
- FLN (Front de Libération Nationale) 199 van 389, nationaalraad 10 van 96 gekozen leden
- RND (Rassemblement National Démocratique) 48 - 80
- MRN (Mouvement de la Réforme Nationale; gematig Islamities) 43 - 0
- MSP (Mouvement de la Société de la Paix; gematig Islamities) 38 - 2
- PT (Parti des Travailleurs) 21 - 0
- Ander partye 11 - 4
- Onafhanklikes 29 - 0
Ekonomie
- BNP: $51 028 miljoen (2001), $1650 per persoon
- Groei BNP: 0,6%
- Landbou: graan, dadels, citrusvrugte, wyn
- Grondstowwe: aardolie, aardgas, yster, fosfaat, sink, sout
- Uitvoere (2002): aardolie, aardgas en verwante produksie (96%), half-gefabriseerde goedere (3%)
- Uitvoervenootskappe: Italië 27%, Verenigde Staten 12%, Spanje 12%, Frankryk 11%, Brazilië 8%, Duitsland 7%, Nederland 5%
- Invoere: masjienerie en vervoermiddele 38%, half-gefabriseerde goedere 20%, verbruikersgoedere 14%
- Invoervenootskappe: Frankryk 26%, Verenigde State 8%, Italië 6%, Duitsland 5%, Turkye 4%
Kategorie:Algerië
Kategorie:Lande van Afrika
ja:アルジェリア
ko:알제리
ms:Algeria
simple:Algeria
Griekeland
Griekeland (Grieks: Ελλάδα = Elláda) is 'n land in Suid-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 20 persent van die landoppervlak.
Griekeland grens in die noorde (van wes na oos) aan Albanië, Masedonië, Bulgarye en Turkye. Verder is die vasteland van Griekeland begrens deur die Middellandse See (in die suide), die Ioniese See (in die weste) en die Egeïse See (in die ooste). Die grootste eilande is Kreta, Evia, Lesbos en Rodos.
Griekeland is sinds 1981 lid van die Europese Unie.
Geskiedenis
:Hoofartikel: Geskiedenis van Griekeland
Politiek
:Hoofartikel: Politiek van Griekeland
Geografie
:Hoofartikel: Geografie van Griekeland
Ekonomie
:Hoofartikel: Ekonomie van Griekeland
Demografie
:Hoofartikel: Demografie van Griekeland
Kultuur
:Hoofartikel: Kultuur van Griekeland
Sien ook
- [http://www.olympion.de/greek-embassies-worldwide.html A list of Greek Embassies Worldwide]
Category:Griekeland
Category:Lande in Europa
fiu-vro:Kriika
ja:ギリシャ
ko:그리스
ms:Yunani
roa-rup:Gârţii
simple:Greece
th:ประเทศกรีซ
zh-min-nan:Hi-lia̍p
Middeleeuecategory:Geskiedenis
category:Geskiedenis
Die Middeleeue word rofweg gesien as die tyd tussen 400 en 1500 na Christus in die Europese geskiedenis. Na die middeleeue, in die renaissance, kom monargië tot stand en word van die klassieke kulture weer ontdek, en word die middeleeue gesien as 'n tussenfase na die val van die Wes-Romeinse ryk (5e eeu).
In die tyd van 476 tot 800 word die weste van Europa oorheers deur die koninkryke wat gestig is deur die Germaanse stamme. Die Franke het 'n belangrike rol gespeel omdat hulle die katolieke vorm van Christendom aangeneem het en stadig 'n groot deel van Europa verower het. In 800 word hulle koning Karel die Grote keiser en begin die Karolingiese Renaissance. Die keisers verloor vinnig hulle mag aan hulle vasalle (onderdane?) en so begin die feodale tyd.
Eksterne skakels
- [http://www.sca.org.au/cunnan/wiki/Main_Page Cunnan] - 'n Engelse wiki wat inligting versamel van die middeleeue en die rennaissance
ja:中世
simple:Middle Ages
EngelandGeskiedkundige en bevolkingsryke land op die eiland Groot Brittanje, tans deel van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland, ten suide van Skotland.
Een van die bekendste konings van hierdie land is Henry I
category:Europa
zh-min-lan:Englan
ja:イングランド
ko:잉글랜드
ms:England
simple:England
th:แคว้นอังกฤษ
zh-min-nan:England
Suid-AfrikaSuid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.
Ander name
Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga)
Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika.
Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika
Politieke partye in die parlement in 2003
- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)
Provinsies
Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)
Geografie
right
Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika
Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika
Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.
Wynbou
Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Lande van Afrika
Kategorie:Suid-Afrika
ja:南アフリカ共和国
ko:남아프리카 공화국
ms:Afrika Selatan
simple:South Africa
zh-min-nan:Lâm-hui
1905 Gebeure
- Robert Koch ontvang die Nobelprys vir geneeskunde vir sy indentifisering van die tuberkulose-basil.
- Aspirien word in Brittanje bemark.
- Albert Einstein formuleer die teorie van spesiale relatiwiteit
- Die Hereros kom in opstand teen koloniale oorheersing. Die opstand duur 4 jaar. Driekwart van die Hererobevolking word uitgewis en 'n groot aantal Duitsers verloor hul lewens.
- Sir Godfrey Lagden bring sy verslag oor "naturellebeleid" uit. Dit veronderstel dat blankes intelligenter as swartes is en stel rasseskeiding en reservate voor. Dit is rampspoedig, want dit dien as regverdiging vir verskeie latere apartheidswette.
- Die Cullinan diamant word by die Premiermyn naby Pretoria ontdek.
- Die United Tobacco Companies open 'n sigaretfabriek in Kaapstad.
- Die volstruisveerbedryf bereik 'n hoogtepunt in die omgewing van Oudtshoorn.
Geboortes
- 21 Junie - Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, essayis, roman- en toneelskrywer
- 7 Desember - Thomas Ochse Honiball, Suid-Afrikaanse spot- en strokiesprentkunstenaar († 1990)
Sterftes
- 24 Maart - Jules Verne, Franse skrywer van wetenskapsfiksie
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1905年
ko:1905년
simple:1905
th:พ.ศ. 2448
AfrikaansDie taal Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en word deur omtrent 6 miljoen persone as 'n eerste taal gebruik. Die taal het grootliks sy wortels in sewentiende-eeuse Nederlands, maar is deur talle ander tale beïnvloed, soos Engels, Maleis, Duits, Portugees, Arabies, Swahili, Xhosa, Zoeloe, Sotho en ander Afrika-tale.
Geskiedenis
Tot en met die negentiende eeu het Afrikaans slegs as spreektaal bestaan, en Nederlands het as die formele en geskrewe taal gedien. Op 14 Augustus 1875 is in Paarl die Genootskap van Regte Afrikaanders gestig onder leiding van Ds. S.J. du Toit. Hierdie organisasie het hom van meets aan beywer vir die bevordering van Afrikaans. In ooreenstemming met Wet 8 van 1925, het Afrikaans 'n amptelike taal geword, tesame met Engels. Die eerste volledige vertaling van die Bybel in Afrikaans is voltooi teen 1933. Ná 1948 is die besiging van die taal begin gelykstel aan Afrikanernasionalisme en het dit 'n belangrike rol gespeel in die wit minderheidsregering tydens die apartheidjare. Toe 'n nuwe grondwet in 1996 daargestel is, is Afrikaans behou as een van elf ander amptelike tale.
Spelling
Alhoewel die Arabiese Afrikaans van die Kaapse Moslemgemeenskap en die tipe Afrikaans wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl bevorder is, reeds gebruik maak van 'n vereenvoudigde en vernieude spelling (vgl. getoelies), hou die Taalkommissies van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, wat sedert 1914 die enigste gesag in hierdie verband is, die spelling dekades lank ná aan die oorgeërfde Nederlandse model. Intussen word die feit gewaardeer, dat Afrikaans reeds meer as 350 jaar van Nederlands geskei is en oor sy eie fonologie beskik.
Huidige stand van sake
Die mees onlangse sensussyfers toon aan dat 5 811 547 mense Afrikaans as hul eerste taal gebruik in Suid-Afrika. Afrikaans word feitlik deur al die ander etniese groepe in Suid-Afrika gepraat as 'n tweede (of selfs derde) taal en daar is 'n groot stuk werk gedoen om die streeksverskille van dié taal te ontwikkel, iets wat nie veel aandag geniet het in vroeëre jare nie. In Namibië is daar ongeveer 146 000 sprekers. Afrikaans word erken as nasionale taal maar die amptelike taal is Engels.
Klassifikasie
- Familie: Indo-Europees
- Groep: Germaans
- Subgroep: Wes-Germaans
Streeksdialekte
- Kaapse Afrikaans
- Oosgrensafrikaans
- Oranjerivier-Afrikaans
Sien ook
- Tale in Suid-Afrika
- Afrikaanse woordelys en spelreëls
- Afrikaanse taalgeskiedenis
- Afrikaanse letterkunde
- Die Afrikaanse Taalmonument
Eksterne skakels
Algemene inligting
- [http://www.omniglot.com/writing/afrikaans.htm Omniglot arikel oor Afrikaans]
- [http://www.ethnologue.com/14/show_language.asp?code=AFK Ethnologue verslag oor Afrikaans]
- [http://afrikaans.be/ Afrikaans.be] - Webblad vir die gebruik, bevordering en uitbreiding van Afrikaans in België en Nederland
- [http://academic.sun.ac.za/afrndl/tna/ Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans]
Ontstaan en geskiedenis van Afrikaans
- [http://taalschrift.org/discussie/000191.html Afrikaans is Amsterdams!] Nederlandse artikel in Taalschrift - Tydskrif oor taal en taalbeleid
- [http://www.ned.univie.ac.at/afrikaans/euroforum/artikels/kreoolkinders.htm Nederlands se Afrikaanse Kreool-kinders]
- [http://www2.univ-reunion.fr/~ageof/text/74c21e88-297.html Meertaligheid in 'n kosmopolitaanse gemeenskap - gevalle studie van Distrik Ses] (Frans: Le multilinguisme dans une société cosmopolite : le cas de District Six)
Taalhulpmiddels
- [http://www.openoffice.org.za/projects.php?id=4 Gratis Afrikaanse speltoetser vir OpenOffice]
- [http://www.wspel.co.za/ Gratis Afrikaanse speltoetser vir MSOffice 2000/XP/2003]
- [http://www.spel.co.za Kommersiële Afrikaanse speltoetser, tesourus en woordafbreker]
- [http://web.sois.uwm.edu/AFR101/ Afrikaanse lesse op die net]
- [http://www.onnet.up.ac.za/ Goudmyn vir Afrikaans-onderwysers] - Webruimte net vir Afrikaans-onderwysers by die Universiteit van Pretoria
- [http://www.nb.co.za/Pharos/Skryfafrikaans/saArticleDisplay.asp?iCategory_id=73 Rekenaarterme in Afrikaans]
Afrikaanse kultuur verwante skakels
- [http://www.fak.org.za/ FAK]
- [http://www.akademie.co.za/ Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]
- [http://www.hdn.za.net/ Huis der Nederlanden] Nederlands-Vlaams-Afrikaanse kultuursentrum
- [http://web.archive.org/web/20040210124148/http://digbundel.8k.com/index.html eDigbundel] - blad vir gratis publikasie van waar Afrikaanse gedigte
- [http://www.storiewerf.co.za/welkom.htm Storiewerf] oor kinder- en jeugboeke
- [http://www.voortrekkers.org.za/ www.voortrekkers.org.za] Amptelike webblad van Die Voortrekkers
- [http://voortrekkers.virafrikaans.com/ov.html Oom Vossie Voortrekkers] Amptelike webblad van die Bellville Oom Vossie Voortrekker kommando
- [http://voortrekkers.virafrikaans.com/ Oord Tygerberg Voortrekkers] Amptelike webblad van Die Voortrekkers in Oord Tygerberg, Bellville (Oom Vossie), Kuilsrivier (De Kuilen), Durbanville (Doordekraal), Brackenfell (Kanonkop) en Kraaifontein.
Afrikaans in die Buiteland
- [http://www.ned.univie.ac.at/afrikaans/ Euro-Afrikaans] Afrikaans in Europa by die Departement Nederlandistik, Universiteit van Wene
- [http://www.afrikaans.org.nz/ Die Afrikaanse Klub van Nieu-Seeland]
- [http://roepstem.tripod.com/ Die Roepstem] 'n Nederlandse inisiatief om die Afrikaanse en die Nederlandse taalwêreld saam te bring
Kategorie:Natuurlike taal
ja:アフリカーンス語
ms:Bahasa Afrikaans
simple:Afrikaans
1930 Gebeure
- 5 April - Gandhi breek die Britse wet deur sout te maak
- 22 April - Die Verenigde Koninkryk, Japan en die VSA teken die Londense Vlootverdrag om die duikbootoorlog te reguleer.
- Die stemreg word aan blanke vroue in Suid-Afrika toegestaan
Geboortes
- 3 April Helmut Kohl, politikus, Duitse kanselier (1982-1998)
Sterftes
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1930年
ko:1930년
simple:1930
Saint-Sulpice-des-Landes (Loira atlantica)
Saint-Sulpice-des-Landes è un comune francese di 596 abitanti situato nel dipartimento della Loira atlantica nella regione della Loira.
Saint-Sulpice-des-Landes
Saint-Sulpice-des-Landes
bielizna erotyczna eba Zapraszamy Pozycjonowanie pociel
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Abessinienkrieg
Der Italienisch-Äthiopische Krieg dauerte vom 3. Oktober 1935 bis zum 9. Mai 1936 und endete mit der Annexion Äthiopiens (dem damaligen Kaiserreich Abessinien) durch das faschistische Italien.
Vorgeschichte
Einen ersten, scheinbar erfolgversprec
|
Karl Alexander von Müller
Karl Alexander von Müller ( - 20. Dezember 1882 in München; † 13. Dezember 1964 in Rottach-Egern) war deutscher Historiker.
Müllers, der Sohn eines bayerischen
|
Canaan
Canaan ist der Name mehrerer Orte:
- in Trinidad und Tobago
- Canaan (Tobago)
- in den USA:
- Canaan (Connecticut)
- Canaan (Maine)
- Canaan (New Hampshire)
-
Ventimiglia (17.000 Einwohner) ist eine Stadt in Norditalien in der Provinz Imperia, Ligurien. Sie liegt an der Riviera und ist Grenzstadt zu Frankreich (der französische Name der Stadt ist Vintimille). Auf Straßenschildern f
|
Bildhauermuseum Prof. Wandschneider
Seit 1994 ist in in Plau am See mit dem „Bildhauermuseum Prof. Wandschneider“ das wohl kleinste selbständige Museum Mecklenburgs zu besuchen. Als sich 1990 der Verein „Prof. Wandschneider“ e. V. gründete, war es auch ein Ziel, mit einer ständigen Ausstellung diesen Künstler und Ehrenbürger der Stadt Plau zu ehren. Im jetzigen Pfarrhaus am Kirchplatz war es dann Anfang Juni 1994 soweit, das kleine Museum konnte hier mit nur einem Ausstellungsraum neu gegründet werden. Und dies an historischer Stätte; hatte hier bereits das alte, 1926 gegründete „Wandschneider-Museum“ von 192
|
|
Sternenhimmelphänomen
Die Windpocken - auch als Wasserpocken oder Feuchtblattern bezeichnet (ICD-10-
Kode: [http://www.lumrix.de/icd.php?f=lumrix-get&r=resource%2Fb%2Fb01.xml&h=1&ss=flar B01]) sind eine durch das Varicella-Zoster-Virus ausgelöste Tröpfcheninfektion. Der Name Windpocken kommt von der hohen Ansteckungsfähigkeit dieser Viren, die auch über einige Meter in der Luft übertragen werden. Die Erkrankung führt bei 90% d
|
Weinbergkirche Dresden-Pillnitz
Die Weinbergkirche "Zum Heiligen Geist" in Dresden-Pillnitz ist ein barockes Kleinod, welches idyllisch inmitten der Weinberge liegt. Erbaut wurde sie im Jahre 1723/25 nach den Plänen des Zwingerbaumeister Matthäus Daniel Pöppelmann. Für ihren Erhalt setzte sich bereits zur Wendezeit die Interessengemeinschaft Weinbergkirche e.V. ein, in den 1990er Jahren konnte die Kirche umfassend saniert und aufwendig restauriert werd
|
|