Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Alpe

Alpe

Die Alpe is 'n magtige bergreeks in Europa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot by Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot by Italië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na die Dinariese Gebergte, in die noordooste na die Karpate. Die hoogste berg, die Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter bo seevlak. Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Vooralpe (tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (met 'n hoogte van meer as 3 000 meter). Die Alpe ontstaan gedurende die geologiese tydperk van die tersiêr, toe die oorspronklike vasteland van Afrika noordwaarts beweeg, die sedimentafsettings van die Middellandse See eers saampers en daarna opvou. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte. Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende die Ystydperk verander gletsers die voorkoms van die gebergte en begin groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos die Bodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en die Gardameer in Noord-Italië laat ontstaan. Gardameer As 'n waterskeiding en klimatologiese grensgebied skei die Alpe die stroomgebiede van die Noordsee, die Middellandse See en die Swart See en die klimaatsones van die maritieme gebied in die weste, die kontinentale in die noorde en ooste en die milde Mediterreense gebied in die suide van mekaar. Die Alpe is die brongebied van groot Europese riviere soos die Inn, Po, Rhône en Ryn.

Ekonomiese basis

Geografiese en klimatologiese omstandighede bepaal die ekonomiese basis van die verskillende gebiede. Die noordelike Vooralpegebied word deur 'n moderne landbousektor met melkboerdery en veeteelt gekenmerk, terwyl die bosgebiede 'n aantal werksgeleenthede in die houtbedryf skep. Die milde klimaat in die valleie van die suidelike Alpe is uiters geskik vir die wynbou en vrugteverbouing, terwyl in die oostelike gebiede sout en ertse gemyn word. Hidroëlektriese kragopwekking voorsien in die elektrisiteitsbehoeftes van baie Alpegebiede. Die alpiene sportbedryf is 'n belangrike bron van inkomste in alle gebiede, alhoewel die massatoerisme negatiewe uitwerkings op die sensitiewe omgewing en mikroklimaat van die gebergte het. als:Alpen ja:アルプス山脈 ko:알프스 산맥

Europa

Lande van Europa


- Albanië
- Andorra
- Belarus
- België
- Bosnië-Herzegowina
- Bulgarye
- Ciprus
- Denemarke (Sien ook: Groenland en die Faroëreilande)
- Duitsland
- Estland
- Finland (Sien ook: Lapland)
- Frankryk
- Griekeland
- Hongarye
- Ierse Republiek
- Italië
- Kroasië
- Letland
- Liechtenstein
- Litaue
- Luxemburg
- Malta
- Moldawië (Ook bekend as Moldowa)
- Monaco
- Nederland
- Noorweë (Sien ook: Lapland)
- Oekraïne
- Oostenryk
- Pole
- Portugal
- Roemenië
- Rusland
- San Marino
- Slowakye
- Slowenië
- Spanje
- Swede (Sien ook: Lapland)
- Switserland
- Tsjeggië
- Turkye
- Vatikaanstad
- Verenigde Koninkryk (Sien ook: Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland)
- Ysland

Minnan

Category:Europa als:Europa ja:ヨーロッパ ko:유럽 ms:Eropah roa-rup:Evropa simple:Europe th:ทวีปยุโรป zh-min-nan:Europa

Frankryk

Die Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje. Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie. Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië. Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower. Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk. Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Frankryk Geografie van Frankryk Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika. Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter. Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite. Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind. Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.

Klimaat

Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense). Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem. In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Frankryk Politiek van Frankryk Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958 verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek. Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie. Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette. Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.

Buitelandse beleid

Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op. Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.

Verdediging

1958 Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander. Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is. In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele. Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel. Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop. Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Verenigde Koninkryk Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina). Volksrepubliek van Sjina Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar). Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste. Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.

Administratiewe verdeling

Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk Lys van gebiede in Frankryk Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.

- Alsace
  - 67 Bas-Rhin
  - 68 Haut-Rhin
- Aquitaine
  - 24 Dordogne
  - 33 Gironde
  - 40 Landes
  - 47 Lot-et-Garonne
  - 64 Pyrénées-Atlantiques
- Auvergne
  - 03 Allier
  - 15 Cantal
  - 43 Haute-Loire
  - 63 Puy-de-Dôme
- Basse-Normandie
  - 14 Calvados
  - 50 Manche
  - 61 Orne
- Bourgogne (Boergondië)
  - 21 Côte-d'Or
  - 58 Nièvre
  - 71 Saône-et-Loire
  - 89 Yonne
- Bretagne
  - 22 Côtes-d'Armor
  - 29 Finistère
  - 35 Ille-et-Vilaine
  - 56 Morbihan
- Centre
  - 18 Cher
  - 28 Eure-et-Loir
  - 36 Indre
  - 37 Indre-et-Loire
  - 41 Loir-et-Cher
  - 45 Loiret
- Champagne-Ardenne
  - 08 Ardennes
  - 10 Aube
  - 51 Marne
  - 52 Haute-Marne
- Corse (Corsica)
  - 2A Corse-du-Sud
  - 2B Haute-Corse
- Franche-Comté
  - 25 Doubs
  - 39 Jura
  - 70 Haute-Saône
  - 90 Territoire-de-Belfort
- Haute-Normandie
  - 27 Eure
  - 76 Seine-Maritime
- Île-de-France
  - 75 Parys
  - 77 Seine-et-Marne
  - 78 Yvelines
  - 91 Essonne
  - 92 Hauts-de-Seine
  - 93 Seine-Saint-Denis
  - 94 Val-de-Marne
  - 95 Val-d'Oise
- Languedoc-Roussillon
  - 11 Aude
  - 30 Gard
  - 34 Hérault
  - 48 Lozère
  - 66 Pyrénées-Orientales

- Limousin
  - 19 Corrèze
  - 23 Creuse
  - 87 Haute-Vienne
- Lorraine
  - 54 Meurthe-et-Moselle
  - 55 Meuse
  - 57 Moselle
  - 88 Vosges
- Midi-Pyrénées
  - 09 Ariège
  - 12 Aveyron
  - 31 Haute-Garonne
  - 32 Gers
  - 46 Lot
  - 65 Hautes-Pyrénées
  - 81 Tarn
  - 82 Tarn-et-Garonne
- Nord-Pas-de-Calais
  - 59 Nord
  - 62 Pas-de-Calais
- Pays-de-la-Loire
  - 44 Loire-Atlantique
  - 49 Maine-et-Loire
  - 53 Mayenne
  - 72 Sarthe
  - 85 Vendée
- Picardie
  - 02 Aisne
  - 60 Oise
  - 80 Somme
- Poitou-Charentes
  - 16 Charente
  - 17 Charente-Maritime
  - 79 Deux-Sèvres
  - 86 Vienne
- Provence-Alpes-Côte d'Azur
  - 04 Alpes-de-Haute-Provence
  - 05 Hautes-Alpes
  - 06 Alpes-Maritimes
  - 13 Bouches-du-Rhône
  - 83 Var
  - 84 Vaucluse
- Rhône-Alpes
  - 01 Ain
  - 07 Ardèche
  - 26 Drôme
  - 38 Isère
  - 42 Loire
  - 69 Rhône
  - 73 Savoie
  - 74 Haute-Savoie
- Départements d'outre mer (DOM)
(Oorsese départements), elk van hulle is ook 'n département en 'n omgewing gelyktydig:
  - 971 Guadeloupe
  - 972 Martinique
  - 973 Guyane française
  - 974 La Réunion
- Collectivités territoriales (Kollektiewe gebiede):
  - 975 Saint-Pierre et Miquelon
  - 976 Mayotte
- Pays et Territoires d'outre-mer (PTOM) (Oorsese Lande en Teretoriale):
  - 986 Wallis-et-Futuna
  - 987 Franse Polynesië
  - 988 Nouvelle Calédonie (pays d'outre mer vanaf 1998)
  - Terres australes et antarctiques françaises (Franse Suidelike and Antarktiese Gebiede) (insluitend Frankryk se Antartika eis)
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements. Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Frankryk Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer. Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners). Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit. Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar. Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.

Geloof

Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word. Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as : Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%. Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Vakansiedae
Datum Afrikaanse Naam Franse naam Opmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagJour de l'An 
6 JanuarieDriekoningsfeesFête des Rois 
2 FebruarieLigmisLa Chandeleur 
-PaasfeesPâquesSondag, datum variëer
-PaasmaandagLundi de PâquesMaandag na Paasfees
1 MeiWerkersdagFête du Travail 
8 MeiV-E DayVictoire 1945Einde van die Tweede Wêreldoorlog
-HemelvaartdagAscensionDonderdag, 40 dae na Paasfees
-PinksterPentecôteSewende Sondag na Paasfees
14 JulieBastille DagFête NationaleNasionale Dag
15 AugustusMaria-ten-HemelopnemingAssomption 
1 NovemberAllerheiligedagToussaint 
11 NovemberVeteranedag
Armistice Day
Remembrance Day
Armistice 1918Einde van die Tweede Wêreldoorlog
25 DesemberKersfeesNoël 
-Goeie VrydagVendredi saintBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin
26 DesemberTweede dag van KersfeesSaint ÉtienneBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin

Allerlei

26 Desember Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie. Sien: Lys van stede in Frankryk

Sien ook

Category:Frankryk Category:Lande in Europa

Eksterne verwysings

als:Frankreich fiu-vro:Prantsusmaa ja:フランス ko:프랑스 ms:Perancis simple:France th:ประเทศฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-kok

Oostenryk

Oostenryk (Duits: Österreich), voluit die Republiek Oostenryk (Republik Österreich), is 'n land in Middel-Europa. Die land grens in die weste aan Switserland en Liechtenstein, in die noorde aan Duitsland en die Tsjeggiese Republiek, in die ooste aan Slowakye en Hongarye en in die suide aan Italië en Slowenië. Slowenië als:Österreich fiu-vro:Austria ja:オーストリア ko:오스트리아 ms:Austria simple:Austria th:ประเทศออสเตรีย zh-min-nan:Tang-kok

Duitsland

Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.

Geskiedenis

:
Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland

Politiek

:
Hoofartikel: Politiek van Duitsland

Geografie

:
Hoofartikel: Geografie van Duitsland

State

:
Hoofartikel: State van Duitsland Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg
(Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen
(Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen
(Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen
(Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere
(Bayern)
- Saksen
(Sachsen)
- Saksen-Anholt
(Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren
(Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen
(Thüringen)
- Rynland-Palts
(Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein
(Schleswig-Holstein)

Ekonomie

:
Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Demografie

:
Hoofartikel: Demografie van Duitsland Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Kultuur

:
Hoofartikel: Kultuur van Duitsland

Sien ook

Category:Duitsland Category:Lande in Europa fiu-vro:S'aksamaa als:Deutschland ja:ドイツ ko:독일 ms:Jerman roa-rup:Ghirmânii simple:Germany th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี zh-min-nan:Tek-kok


Afrika

Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 244 050 km2 wat 20.3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 800 miljoen mense - ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking.

Lande

Asië
- Algerië
- Angola
- Benin
- Botswana
- Burkina Faso
- Burundi
- Comore-eilande
- Demokratiese Republiek van die Kongo
- Djiboeti
- Egipte
- Ekwatoriaal-Guinee
- Eritrea
- Ethiopië
- Gaboen
- Gambië
- Ghana
- Guinee
- Ivoorkus
- Kaap Verde
- Kameroen
- Kenia
- Lesotho
- Liberië
- Libië
- Madagaskar
- Malawi
- Mali
- Marokko
- Mauritanië
- Mauritius
- Mosambiek
- Namibië
- Niger
- Nigerië
- Republiek van die Kongo
- Rwanda
- Senegal
- Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Seychelle-eilande
- Sierra Leone
- Soedan
- Somalië
- Suid-Afrika
- Swaziland
- Tanzanië
- Togo
- Tsjad
- Tunisië
- Uganda
- Wes-Sahara
- Zambië
- Zimbabwe category:Afrika ja:アフリカ ko:아프리카 ms:Afrika simple:Africa th:ทวีปแอฟริกา zh-min-nan:Hui-chiu

Middellandse See

Die Middellandse See (die naam is afgelei van die oorspronklike Latyns mare mediterraneum) maak deel uit van die Atlantiese Oseaan, alhoewel dit net deur die seestraat van Gibraltar met die Oseaan verbind word en andersins 'n binnelandse see vorm, wat die vastelande van Europa en Afrika van mekaar skei. Deur die Dardanelle, die See van Marmara en die Bosporus word dit ook met 'n aangrensende kleiner binnelandse see, die Swart See van Oos-Europa, verbind. Swart See Die water van die Middellandse See beslaan 'n oppervlakte van 2 331 000 vierkante kilometer; die afstand tussen sy uiterste westelike en oostelike punte is sowat 3 520 kilometer, die grootste afstand in noord-suid-rigting 1 120 kilometer. Die Middellandse See bereik sy grootste diepte in die Ioniese See met meer as 5 000 meter. Die see word in twee groot bekkens onderverdeel, die Westelike Hoofbekken met die Baleariese of Iberiese See in die weste en die Tireense See in die ooste, en die Oostelike Bekken, wat die Ioniese See met die Adriatiese See en die Levantynse See met die Aegeis-see insluit. Die grootste eilande is Korsika (Frankryk), Sardinië en Sisilië (Italië), die Baleariese Eilande (Spanje), Kreta en die Ioniese eilandgroep (Griekeland), Ciprus en Malta. Malta Kenmerkende eienskappe van die Middellandse See is sy taamlik hoë soutgehalte en die swak getye. Die see skep vir die omliggende landgebiede 'n eie klimaatsone, die sogenaamde Mediterreense klimaat met warm, droë somers en winterreën, vergelykbaar aan die klimaat van Suid-Afrika se Kaapse skiereiland. Altyd groene hardloof en bosse vorm saam met die macchie, 'n ondeurdringbare bosveld met struike van drie tot vier meter en klein boompies, die tipiese flora van die Mediterreense streke. Ansjovis, tonyn, sardiens, dolfyne, oesters en kreef is die belangrikste spesies van sy fauna. macchie Reeds in die antieke tydperk verbind die Middellandse See die kulture van die omliggende gebiede, veral tydens die Romeinse Ryk, wat die See as sy eie binnelandse see (Latyns mare nostrum of "ons see") kon beskou. Die Mediterreense handel is die ekonomiese basis vir die welvarende Italiaanse stadstate soos Venesië en Genua. Met die opening van die Egiptiese Suezkanaal in 1869 kan die Middellandse See sy rol as een van die belangrikste seevaartroetes ter wêreld nog versterk.

Geologie en geskiedenis

Die Middellandse See is 'n oorblyfsel van die Tethyssee, 'n reusagtige diepseegebied wat tydens die mesosoïkum oos van die vasteland Pangaea gevorm het. Ses miljoen jaar gelede sluit tektoniese aktiwiteite as gevolg van die botsing van Afrika en Europa se vastelande die seestraat van Gibraltar, en groot dele van die Middellandse See lê gereëld droog. Afsettings van gips en sout uit die tersiêre tydperk dek nog steeds die seebodem. Ook tydens die ystydperk lê die see gedeeltelik droog. Die Franse duiker Henry Cosquer ontdek in 1985 naby Marseille 'n prehistoriese grot met rotstekeninge, wat 36 meter benede die seespieël lê. ja:地中海 ko:지중해 th:ทะเลเมดิเตอร์เรเนียน zh-min-nan:Tē-tiong-hái

Bodenmeer

Die Bodenmeer (Duits: Bodensee, Frans: Lac de Constance; soms word dit ook die Swabiese Meer genoem) is die tweede grootste meer in Wes-Europa, in die grensgebied van Duitsland, Switserland en Oostenryk, met 'n oppervlakte van 539 vierkante kilometer en 'n diepte van tot by 252 meter. Die Bodenmeer lê aan die voet van die Alpe en ontstaan tydens die Ystydperk as 'n gletsermeer van die Ryngletser. Eintlik is dit net 'n groot verbreding van die Ryn. Danksy die omliggende bergreekse is die klimaat van die Bodenmeerstreek besonder mild, en naas die toerisme is die wynbou en vrugteverbouing 'n belangrike bron van inkomste. Die grootste eilande is Reichenau met sy beroemde geskiedkundige klooster ('n wêrelderfenisgebied van die UNESCO), Mainau met sy beroemde tuinlandskap en Lindau (almal in die Duitse deel van die meer). Category:Duitsland Category:Switserland Category:Oostenryk als:Bodensee ja:ボーデン湖 simple:Lake Constance

Ryn

Die Ryn (Engels Rhine, rätoromanisch Rain, Frans Rhin, Nederlands Rijn) is 'n Rivier in Europa met 'n lengte van 1320 kilometer. Beide die rivier se bron-riviere, Vorderrhein en Hinterrhein ontstaan in Sankt-Gotthard-Massiv (Kanton Graubünden) in die Switserse Alpe. Die Ryn se monding is in die nabyheid van Rotterdam in die Nederlande in die Noordsee. Die naam Ryn is van Keltiese oorsprong en beteken vloeiend. Tesame met die Donau vorm die Ryn die grootste gedeelte van die noordelike grens van die Romeinse ryk, die Romeine het die rivier Rhenus genoem. Sedert hierdie tydperk is die Ryn 'n besige water- en handelstraat.

Regterkantse sy-riviere van die Ryn


- uit die Swartwoud (Schwarzwald) (van die bron na die noorde):
  - Wutach
  - Wiese
  - Dreisam
  - Elz
  - Kinzig
  - Rench
  - Murg
  - Alb
- Neckar
- Main
- Murg
- Lahn
- Wied
- Sieg
- Wupper
- Düssel
- Ruhr
- Emscher
- Lippe

Linkerkantse sy-riviere van die Ryn


- Thur
  - Murg
  - Necker
  - Sitter
- Töss
- Glatt
- Aare
- Birs
- Ill
- Nahe
- Mosel
- Nette
- Ahr
- Erft

Stede langs die Ryn

((L) vir stede wat links geleë is, (R) vir stede wat regs geleë is)
- Ilanz
- Chur
- Kreuzlingen (L)
- Konstanz (R)
- Stein am Rhein
- Schaffhausen (R)
- Rheinau
- Eglisau
- Kaiserstuhl (Aargau) (L)
- Waldshut (R)
- Laufenburg (Baden) (R)
- Laufenburg (Schweiz) (L)
- Bad Säckingen (R)
- Rheinfelden (Baden) (R)
- Rheinfelden (Schweiz) (L)
- Basel (L)
- Kleinbasel (R)
- Mülhausen (L)
- Breisach am Rhein (R)
- Straßburg (L)
- Kehl (R)
- Karlsruhe (R)
- Wörth am Rhein (L)
- Germersheim (L)
- Speyer (L)
- Ludwigshafen (L)
- Mannheim (R)
- Gernsheim (R)
- Mainz (L)
- Wiesbaden (R)
- Rüdesheim am Rhein (R)
- Bingen (L)
- Sankt Goarshausen (R)
- Sankt Goar (L)
- Boppard (L)
- Lahnstein (R)
- Koblenz (L,R)
- Bendorf (R)
- Neuwied (R)
- Weißenthurm (L)
- Andernach (L)
- Bad Hönningen (R)
- Bad Breisig (L)
- Sinzig (L)
- Linz am Rhein (R)
- Remagen (L)
- Unkel (R)
- Bad Honnef (R)
- Bonn (L,R)
- Königswinter (R)
- Niederkassel (R)
- Wesseling (L)
- Keulen (L,R)
- Dormagen (L)
- Monheim am Rhein (R)
- Düsseldorf (R,L)
- Neuss, (L)
- Krefeld-Uerdingen (L)
- Duisburg (R,L)
- Rheinberg (L)
- Wesel (R,L)
- Xanten (L)
- Rees (R)
- Emmerik aan die Ryn (R)
- Lobith (R)
- Arnhem (R)
- Wijk bij Duurstede (R) Sien ook:
- Lys van Europese riviere

Webverwysings


- [http://www.iksr.org Internationale Kommission zum Schutz des Rheins (IKSR)]
- [http://www.chr-khr.org Internationale Kommission für die Hydrologie des Rheingebietes (KHR)]
- [http://www.wissen.swr.de/sf/begleit/bg0011/gm02.htm SWR Wissen: Geomorphologie - Der Rhein] als:Rhein ja:ライン川 ko:라인 강 simple:Rhine River

Rosh Haayin

Rosch haAjin (hebr. ראש העין) ist eine Stadt in Israel. Im September 2003 betrug die Einwohnerzahl 35.800. Den Status als Stadt erhielt 30 km² große Ortschaft im Jahr 1994. Nordöstlich von Rosch haAjin liegt der "Afeq Industrial Park" mit Firmen der Software- und Telekommunikationsindustrie.

Städtepartnerschaften


- Vanves, Frankreich
- Birmingham, Alabama, USA
- Prag, Tschechien
- Karak, Jordanien

Weblinks

[http://www.rosh-haayin.muni.il Offizielle Website der Stadt Rosh haAjin] Kategorie:Ort in Israel

spielautomaten cheap tickets realplayer heavy metal Online Casino










































:: RELATED NEWS ::
Francisco Delicado
Francisco Delicado, clérigo y escritor español perteneciente al Renacimiento. No se sabe apenas nada sobre su origen, aparte de lo que cuenta en sus obras, publicadas la mayor parte de ellas en Venecia. Aunque se confiesa natural de Martos (Read More...
Jorge Velarde
Teniente segundo graduado del “Huáscar”, fue el único tripulante peruano muerto durante el Combate Naval de Iquique. Este valiente joven se desempeñaba como oficial de señales sobre cubierta y durante la aproximación del “Huáscar” a la “Esmeralda” y durante el tiempo que ambos permanecieron muy cerca, recibió el nutrido fuego de la fusilería chilena y muchas bombas de mano. chilena
Estadio Alberto Jacinto Armando
El Estadio Alberto Jacinto Armando se ubica en Buenos Aires, Argentina. El estadio fue inaugurado el 25 de mayo de 1940 y es popularmente conocido como "La Bombonera". En él se disputan los partidos de fútbol que Boca Juniors juega como local. La inauguración del estadio se llevó a cabo
Endometriosis
Introducción: La endometriosis es una enfermedad relativamente frecuente, que puede afectar a cualquier mujer en edad fértil, desde la menarquia hasta la menopausia, aunque algunas veces, la endometriosis puede durar hasta después de la menopausia. La endometriosis altera la calidad de vida de las mujeres que la padecen, afectando a sus relaciones de pareja, familiares, laborales y de reproducción. La endometriosis consiste en la aparición
Amadís de Gaula
Amadís de Gaula es una obra maestra de la literatura fantástica en castellano y el más famoso de los llamados libros de caballerías, que hicieron furor a lo largo del siglo XVI en España como lectura primeriza de toda una generación de escritores renacentistas y aun barrocos. A fines
Agadé
:La grafía más correcta es Akkad o bien Akkadu, que sería equivalente del nombre sumerio Agade. :Este artículo trata de la ciudad. Para la región, véase Acad. ---- Agadé (o Akkad, Acad) fue una ciudad del norte de la Mesopotamia inferior (localizada en la actualidad en Iraq), en la llamada tierra de Akkad, entre Asiria al norte y Sumeria en el sur. Es l
Diego Hurtado de Mendoza (poeta y diplomático)
Diego Hurtado de Mendoza, poeta y diplomático español (Granada, 1505 - Madrid, 1575). Hijo del conde de Tendilla, estudió en Granada y Salamanca. Fue primer marqués de Mondéjar y estuvo en Italia. Marchó como embajador a Read More...

All Rights Reserved 2005 wikimiki.org