:: wikimiki.org ::
| April 24 |
April 2424 April is die 114de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (115de in skrikkeljare). Daar volg nog 251 dae in die jaar.
Gebeure
- 1184 VC - DieGrieke betree Troje deur gebruik te maak van die Trojaanse Perd (tradisioneel).
- 1061 - Halley se Komeet word gesien.
- 1704 - Die eerste gereelde koerant in die Verenigde State, die Boston, Massachusetts New-Letter, word gepubliseer.
- 1792 - "La Marseillaise" (Franse volkslied) word gekomponeer.
- 1800 - Die VSA kongress biblioteek word gestig.
- 1814 - Britse troepe verbrand Washington, DC
- 1846 - Die begin van die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog.
- 1863 Die Keyesville menseslagting vind plaas in Keyesville, Kalifornië, VSA.
- 1898 - Spaans-Amerikaanse Oorlog: Spanje verklaar oorlog teen die Verenigde State
- 1913 - Woolworthgebou se openingseremonie.
- 1915 Die Armeense volksmoord begin.
- 1916 - Easter Uprising in Ierland
- 1925 - John Scopes verkondig Darwin se teorie van ewolusie, wat lei tot die Scopes monkey saak.
- 1940 - Tweede Wêreldoorlog: Operation Demon: Die Verenigde Koninkryk begin om Griekeland te evakueer.
- 1963- Huwelik van Prinses Alexandra van Kent en Angus James Bruce Ogilvy by Westminster Abdy in Londen.
- 1961 - Die berging van die Sweedse skip Vasa.
- 1967 - Ruimtevaarder Vladimir Komarov sterf in Soyuz 1
- 1968 - Mauritius word 'n lid-staat van die Verenigde Nasies
- 1970 - Die eerste Sjinese satelliet gelanseer.
- 1970 - Gambië word 'n republiek
- 1975 - Die Baader-Meinhof Gang verantwoordelik vir die opblaas van die Wes-Duitse ambasade in Stockholm
- 1981 - Vrystelling van die eerste IBM PC.
- 1984 - Apple Computer onthul die Apple IIc draagbare rekenaar
- 1990 - Die Hubble Ruimteteleskoop word gelanseer deur Ruimtependeltuig Discovery
- 1990 - Gruinard eiland amptelik vry verklaar van anthrax na 48 jaar van kwarentyn
- 1993 'n IRL bom ontplof in Londen.
- 1996 In die VSA word die Antiterrorisme en effektiewe doodsvonniswet ingedien.
Geboortes
- 1533 - William I van Oranje, Nederlandse leier en nasionale "vader" (d. 1584)
- 1815 - Anthony Trollope, Engelse skrywer (d. 1882)
- 1856 - Henri Philippe Pétain, Franse soldaat en staatsman (d. 1951)
- 1873 - Theodor Körner, generaal en politikus (d. 1957)
- 1876 - Erich Raeder, komandeer in bevel van die Duitse vloot
- 1878 - Jean Crotti, Switserse kunstenaar (d. 1958)
- 1882 - Hugh Dowding, Skotse vegvliënier (d. 1970)
- 1883 - Jaroslav Hasek, Czech outeur (d. 1923)
- 1889 - Heer Stafford Cripps, Britse politikus (d. 1952)
- 1904 - Willem de Kooning, Nederlandse skilder (d. 1997)
- 1905 - Robert Penn Warren, skrywer, Pulitzerprys-wenner (d. 1989)
- 1906 - William Joyce, Fascis (d. 1946).
- 1914 - Justin Wilson, Cajun humoris, kok, skrywer (d. 2001)
- 1924 - Clement Freud, skrywer.
- 1926 - Thorbjörn Fälldin, Eerste Minister van Swede
- 1930 - Jerome Callet, musikant
- 1930 - Richard Donner, regiseur.
- 1934 - Shirley MacLaine, aktrise en outeur
- 1940 - Sue Grafton, outeur
- 1942 - Richard M. Daley, politikus
- 1942 - Barbra Streisand, sangeres, aktrise
- 1952 - Jean-Paul Gaultier, mode ontwerper
- 1953 - Eric Bogosian, akteur, skrywer
- 1954 - Jerry Seinfeld, akteur, komediant
- 1954 - Mumia Abu Jamal, joernalis.
- 1962 - Jeff Minter, programmeerder.
- 1964 - Djimon Hounsou, akteur.
- 1973 - Sachin Tendulkar, krieketspeler.
Sterftes
- 1342 - Pous Benedict XII (b. 1285)
- 1731 - Daniel Defoe, Engelse skrywer (b. c. 1660)
- 1736 - Eugene of Savoy, Franse-Australiese generaal (b. 1663)
- 1924 - Granville Stanley Hall, psigoloog (1844-02-01/).
- 1938 - George Grey Barnard, beeldhouer (b. 1863)
- 1942 - Lucy Maude Montgomery, Kanadese outeur (b. 1874)
- 1947 - Willa Cather, skrywer (b. 1873)
- 1965 - Louise Dresser, aktrise
- 1967 - Vladimir Komarov, ruimtevaarder op Soyuz 1 (b. 1927)
- 1974 - Bud Abbott, akteur, komediant (b. 1895)
- 1982 - Ville Ritola, Finnse atleet (b. 1896)
- 1986 - Wallis Simpson (b. 1896).
Vakansiedae
Kategorie:Datum
ja:4月24日
ko:4월 24일
simple:April 24
th:24 เมษายน
Gregoriaanse kalenderDie Gregoriaanse kalender is tans dwarsdeur die westerse wêreld in gebruik, en is 'n wysiging van die Juliaanse kalender. Dit is eerste voorgestel deur die Napolese dokter Aloysius Lilius, en is uitgevaardig deur die vernoemde Pous Gregorius XIII op 24 Februarie 1582 (hierdie dokument is gedateer 1581 aangesien die kalenderjaar in daardie tyd in Maart begin het).
Die Gregoriaanse kalender was ontwerp omdat die gemiddelde jaar in die Juliaanse kalender effe té lank was, wat veroorsaak het dat die dag-en-nag-eweninge geleidelik vroeër in die kalenderjaar verskuif het.
Akkuraatheid
Die Gregoriaanse kalender verbeter die Juliaanse benadering deur 3 Juliaanse skrikkeldae elke 400 jaar oor te slaan, wat 'n gemiddelde jaar met 365.2425 sonnedae gee.
Dit sal 'n fout lewer van 1 dag elke 3000 jaar, wat 'n aansienlike verbetering op die Juliaanse fout van 1 dag elke 138 jaar is. Oor hierdie lang tydskale is dit ook te verwagte dat wisselings in die Aarde se wentelbaan en onvoorspelbare rotasie dit onwaarskynlik maak dat enige langtermyn akkuraatheid deur 'n skrikkeldag-reël ingewin sou word.
Numeriese feite
Die gemiddelde jaar is 365.2425 dae = 52.1775 weke 8,765.82 uur = 525,949.2 minute = 31,556,952 sekondes.
'n Gewone jaar is 365 dae = 8,760 uur = 525,600 minute = 31,536,000 sekondes.
'n Skrikkeljaar is 366 dae = 8,784 uur = 527,040 minute = 31,622,400 sekondes.
Party jare mag ook 'n skrikkelsekonde bevat.
Die 400-jaar siklus van die Gregoriaanse kalender het 146,097 dae en dus presies 20,871 weke. So byvoorbeeld was die dae van die week in 1603 presies dieselfde as in 2003.
Dit veroorsaak ook meer maande om op 'n Sondag te begin (en dus 'n Vrydag die dertiende te hê) as enige ander dag van die week. 688 uit elke 4,800 maande (of 172 uit 1,200) begin op 'n Sondag, terwyl net 684 uit elke 4,800 maande (171 uit 1,200) begin op een van 'n Saterdag of Maandag, die mins-algemene gevalle.
'n Kleiner siklus is 28 jaar (1,461 weke), indien geen oorgeslane skrikkeljare daarin bevat is nie. Dae van die week in jare mag ook herhaal ná 6, 11, 12, 28 of 40 jaar. Intervalle van 6 en 11 is slegs moontlik met gewone jare, terwyl intervalle van 28 en 40 slegs moontlik is met skrikkeljare. 'n Interval van 12 jaar kan gebeur met beide tipes, maar slegs indien daar 'n oorgeslane skrikkeljaar tussen-in is.
Die Doomsday algoritme is 'n metode waarmee jy kan bepaal watter van die 14 kalendervariasies gebruik behoort te word in enige gegewe jaar ná die Gregoriaanse reformasie. Dit is gebasseer op die laaste dag in Februarie, ook bekend as die Doomsday.
Sien ook
- Skrikkeljaar
Eksterne skakels
- [http://www.hermetic.ch/cal_stud/cal_art.htm Die Juliaanse en Gregoriaanse kalenders]
- [http://www.tondering.dk/claus/calendar.html Algemene vrae oor kalenders]
- [http://www.norbyhus.dk/calendar.html The Perpetual Calendar] Hierdie gee die datums waarop baie lande oorgeskakel het na die Gregoriaanse kalender.
als:Gregorianischer Kalender
ja:グレゴリオ暦
ko:그레고리력
ms:Kalendar Gregory
simple:Gregorian calendar
th:ปฏิทินเกรกอเรียน
Griekeland
Griekeland (Grieks: Ελλάδα = Elláda) is 'n land in Suid-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 20 persent van die landoppervlak.
Griekeland grens in die noorde (van wes na oos) aan Albanië, Masedonië, Bulgarye en Turkye. Verder is die vasteland van Griekeland begrens deur die Middellandse See (in die suide), die Ioniese See (in die weste) en die Egeïse See (in die ooste). Die grootste eilande is Kreta, Evia, Lesbos en Rodos.
Griekeland is sinds 1981 lid van die Europese Unie.
Geskiedenis
:Hoofartikel: Geskiedenis van Griekeland
Politiek
:Hoofartikel: Politiek van Griekeland
Geografie
:Hoofartikel: Geografie van Griekeland
Ekonomie
:Hoofartikel: Ekonomie van Griekeland
Demografie
:Hoofartikel: Demografie van Griekeland
Kultuur
:Hoofartikel: Kultuur van Griekeland
Sien ook
- [http://www.olympion.de/greek-embassies-worldwide.html A list of Greek Embassies Worldwide]
Category:Griekeland
Category:Lande in Europa
fiu-vro:Kriika
ja:ギリシャ
ko:그리스
ms:Yunani
roa-rup:Gârţii
simple:Greece
th:ประเทศกรีซ
zh-min-nan:Hi-lia̍p
1061 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:11de eeu
ko:1061년
Koerant 'n Koerant is 'n nuusblad, wat daagliks of weekliks uitgegee word en van gebeurtenisse in die politiek, ekonomie, kultuur en sport berig. Dikwels lewer dit eie kommentaar oor geselekteerde nuus en beskik ook oor 'n rubriek met briewe van lesers. Koerante kan die openbare mening mobiliseer en fungeer as 'n belangrike instrument by die handhawing van die meningsvryheid en die demokratiese kontrole van owerhede.
Definisie in die perswetenskap
'n Publikasie moet aan 'n aantal kriteria voldoen om as 'n koerant gedefinieer te word:
- Periodisiteit: 'n Koerant moet daagliks of tenminste weekliks uitgegee word.
- Sirkulasie: 'n Koerant moet meganies of andersins in groot getalle gekopieer en versprei word.
- Publisiteit: 'n Koerant moet publiek verskyn en vir almal wat belang stel beskikbaar wees.
- Inhoud: 'n Koerant moet 'n verskeidenheid onderwerpe in sy artikels behandel.
- Neutraliteit: Die koerant se uitgewer(s) en verslaggewers moet neutraal wees ten opsigte van die nuus.
- Seleksie: Met die oordaad van nuusberigte, wat vandag beskikbaar is, word die verantwoorde seleksie van die mees belangrike nuus vandag ook as 'n belangrike kriterium vir 'n koerant beskou.
Etimologie
Die Afrikaanse woord koerant is afgelei van die Franse leenwoord courant, wat in Nederland sedert 1617 gebruik word en blykbaar 'n verkorting van die Nederlandse term courante nouvellen "lopende nuus" is, wat uit die 16de eeu dateer.
Ander Germaanse tale soos Duits (Zeitung) en Sweeds (tidning) bewaar in hul woorde 'n ander aspek wat in hierdie vorm omtrent 1300 vir die eerste keer gebruik word - die van 'n "berig oor iets wat in die tyd gebeur", afgelei byvoorbeeld van die Ou-Noorse tidan "in die tyd gebeur".
Geskiedenis
Die antieke tydperk
Rome staan bekend as die bakermat van die eerste koerante. Aanvanklik lê die verantwoordelikheid vir openbare kennisgewings by die pontifex maximus, die Romeinse opperpriester, wat die nuus op plate bekend maak. Ook die annales maximi, 'n soort memorandum, is op plate uitgehang. Ander vroeë publikasies, wat gereëld verskyn, sluit kronieke en kalenders in.
In die jaar 59 v.C. stig Gaius Iulius Caesar die eerste soort nuusblad, die acta populi Romanae diurna (of verkort acta diurna), wat tot 300 n.C. verskyn. Die acta word in twee uitgawes uitgegee - die acta senatus met amptelike kennisgewings van die Romeinse Senaat en die acta populi, wat nuus oor die daaglikse gebeurtenisse in Rome bevat en veral vir die provinsies bestem is. Acta, wat as besonder belangrik geag word, is in erts gegiet om hulle te kan bewaar.
Die gewone acta populi word op die sogenaamde charta geskryf, wat gemaak is van 'n stof of huid wat onderaan die papirusbas lê (Latyns: liber).
Keiser Augustus staak die uitgawe van die acta senatus en versmelt hulle met die acta populi.
Ondanks hulle naam, wat 'n daaglikse verskyning aandui, word die acta diurna ("daaglikse gebeurtenisse") gebruik om die nuus van 'n bepaalde tydperk in 'n tydelike rangorde op te lys. Die acta diurna, wat soms ook acta urbis ("stadskoerant") genoem word, bly steeds onder die beheer van die staat. Private nuusblaaie met kennisgewings oor familiêre of gemeenskapsnuus word slegs vir 'n kort tydperk toegelaat en onder die heerskappy van keiser Traianus uiteindelik verbied. Gewoonlik moet hulle deur omroepers bekend gemaak word. Dikwels word ook briewe geskryf en sommer net gekopieer vir 'n groter aantal belangstellendes.
Die oplaag van die acta is taamlik klein, en geen enkel eksemplaar het bewaar gebly nie. Nietemin kan hulle inhoud deur talle aanhalings in ander bronne gerekonstrueer word.
Die acta bevat veral nuus oor aangeleenthede van die staat, soos reise van Romeinse amptenare of kennisgewings van die keiserlike gesin, soos geboortes, sterfgevalle, begrafnisse, huwelike en onthale. Daarnaas verskyn nuus oor opspraakwekkende gebeurtenisse soos oorstromings, droogtes en ander rampe. Geleidelik word ook die kennisgewings van vooraanstaande Romeinse gesinne in die acta opgeneem, waarby Romeinse familienuus ook gereëld belangrike egskeidings bekend maak.
Kenmerkend is die sensuur, wat deur die keiserlike redaksie uitgeoefen is. Alle familienuus en advertensies is noukeurig ondersoek voordat hulle vir publikasie vrygestel is. Dikwels stel die heersers belang in spesifieke onderwerpe of wens dat 'n bepaalde saak publiek gemaak moet word. In hierdie geval is die redaksie aangewys om artikels in dié verband te publiseer.
Met die verskuiwing van die keiserlike hof na Konstantinopel word die acta gestaak. In die etimologie van die Romaanse tale leef hulle egter voort. Die Romeinse woordvorming diurnalis "daagliks" is bewaar in die Franse journal en Italiaanse giornale.
Die Middeleeue en vroeë moderne tydperk
Koopliede, bodes en vagante (skoliere, studente en werklose predikante wat as volkssangers dwarsoor die land reis) dien in die Middeleeue as 'n soort "lewende koerante", wat nuus orals bekend maak.
Uit hierdie lewende of mondelinge koerante ontwikkel geleidelik die geskrewe nuusblaaie, met amptelike, sake- en privaatbriewe as hulle voorlopers.
Die welvarende Europese stede van die van die 13de en 14de eeu het 'n behoefte aan politieke en handelsnuus, en die stadsrade begin ordinari (bodes of koeriers) gebruik om nuus uit te ruil. Die grootste aanleiding tot die herstigting van gereëlde nuusblaaie kom egter van die groot handelshuise. Die sogenaamde koopmansbriewe, wat vanaf die 14de eeu verskyn, bevat nuus oor politieke en handelsake. In die Italiaanse hawestad Venesië vrskyn vanaf 1536 die eerste gazette.
Onder die belangrikste uitgewers is die koopmansgesin Fugger in die Duitse stad Augsburg, wat tussen 1568 en 1604 die Fugger-koerant uitgee. Die Fuggers beskik reeds oor 'n soort nuusagentskap, wat nuus uit alle wêrelddele versamel, kopieer en uitgee. Die bewerkers en uitgewers van hierdie nuus staan destyds as nouvellante bekend.
Die Fuggers verskaf 'n "Ordinari-" en "Ekstra-Ordinari"-koerant aan belangstellendes. As bronne dien die boodskappe van die Fugger se medewerkers in die buitelandse kantore en bekende persoonlikhede. Die meeste nuus word reeds in Duits gepubliseer, daarnaas word ook Italiaans en Latyn gebruik. Die nuus en koerante is vinnig dwarsoor die vasteland gestuur. Die koerante bevat geen berigte oor die kulturele of filosofiese lewe van die tyd nie, maar lewer gedetailleerde artikels oor handel, politiek en gebeurtenisse by die keiserlike hof.
Die volledige biblioteek van meer as 40 000 enkele blaaie van die koerant word in 1655 deur keiser Ferdinand III aangekoop en in Wene georden.
Moderne koerante
Wene
Met die uitvinding van die boekdrukkuns teen die einde van die 15de eeu ontstaan die tegniese basis om koerante in groot oplaagsyfers te druk en te versprei. Aanvanklik word nuusblaaie met net een bladsy gedruk, wat van tyd tot tyd verslag gee van oorlogsdade, wonderlike gebeurtenisse en ander onderwerpe. Die oudste nuusblad van hierdie soort dateer uit die jaar 1482. Die verhale van die ontdekkingsreisigers gee aanleiding tot die uitgawe van ontdekkerskoerante, waarvan die kolumbusbrief van 1493 die eerste is. Die reformasie van die 16de eeu lei tot die grootskaalse uitgawe van gedrukte pamflette, wat deur die Duitse reformator Martin Luther en ander as gewilde medium vir godsdienstige propagandaveldtogte gebruik word.
Die sogenaamde historische Relationen, wat in Duitsland vanaf die jaar 1588 verskyn, word in die vorm van kronieke uitgegee, maar verskyn as eerste moderne publikasies gereëld op 'n halfjaarlikse basis in groot stede soos Frankfurt am Main en Keulen. Die Relation van Augsburg verskyn vanaf 1597 maandeliks.
In 1605 begin die Straatsburgse drukker en boekhandelaar Johann Carolus om weekliks gedrukte uitgawes van sy tot dusver handgeskrewe nuusversamelings uit te gee. Die nuusblad, wat onder die titel Relation verskyn, word in die perswetenskap as die eerste gedrukte koerant ter wêreld beskou. Die eerste daaglikse nuusblad verskyn in 1660 in Leipzig (Duitsland).
Die koerant as periodieke medium raak vinnig nie net vir nuusberigte nie, maar ook vir politieke en wetenskaplike besprekings gewild.
Die Franse nuusblad La Gazette, vir die eerste keer in 1631 uitgegee deur die geneeskundige Renandot, is die vroegste politieke koerant. 1665 volg die eerste wetenskaplike nuusblad, die Journal des Savants, wat deur die Parysenaar Denis Sallo gestig word.
Die twee groot mededingers op die koerantemark is die boekdrukkers en die posmeesters; tradisioneel dra baie koerante nog name wat die woord "Post" bevat. 'n Ander woord, wat soms in verband met koerante uit die 17de eeu gebruik word, is "intelligensie", wat destyds sinoniem met "kennis" of "bekendstelling" gebruik word. Die sogenaamde "intelligensieblaaie" bevat oorwegend sakenuus of advertensies met ware wat te koop of te ruil is. Die intelligensieblaaie is 'n Franse uitvinding en verskyn in 1633 vir die eerste keer in Parys, ses jaar later ook in Londen. Dikwels is sakemanne, die besitters van kroeë, maar ook Joodse burgers, wat enige soort handel dryf, en ander spesifieke groepe gedwing om op die intelligensieblaaie in te teken.
Voor die Franse Rewolusie van 1789 keer die strenge sensuurmaatreëls en die gebrek aan demokratiese burgerregte die sukses van die perswese as die spreekbuis van die openbare mening. Met die begin van die liberale en demokratiese bewegings, die tegniese vooruitgang in die drukkerynywerheid en die uitvinding van goedkoper papierverwerkingsmetodes is die tyd ryp om van die koerant 'n werklike massamedium te maak. Die vervoer- en inligtingsbedryf ondersteun met die nuwe spoorwegverbindings en die telegraaf die vinnige verspreiding van nuus. Kommersiële nuusagentskappe soos Havas, Reuter en Wolff stel nuusberigte goedkoop ter beskikking.
Die persvryheid in Suid-Afrika neem 'n aanvang met 'n ordonnansie van die Kaapse koloniale regering, wat op 30 April 1829 geproklameer is en die publikasie van enige nuusblad toestaan, alhoewel bepaalde regulasies en die "lasterwette" van die tyd nog nagekom moet word.
Veral die perswese in Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State word deur groot uitgewers soos William Randolph Hearst (1863-1951), William Lord Beaverbrook (1879-1964) en Harold Harmsworth, lord Rothermere (1868-1940), en hulle trusts oorheers, wat ook vinnig die markkrag van die sogenaamde poniekoerante ontdek. Die Duitse perslandskap word gekenmerk deur 'n groot aantal klein streekkoerante, wat lewensvatbaar bly, alhoewel die grootste uitgewer, die ultrakonserwatiewe Alfred Hugenberg (1865-1951), vanaf die twintigerjare 'n leidende rol by die vestiging van anti-semitiese en ver-regse politieke opvattings speel. Uiteindelik word hy 'n wegbereider vir Adolf Hitler. Meer onlangse uitgewers, wat vanweë hul groot invloed omstrede raak, is die Duitse uitgewer Axel Springer (1912-1985), wat met sy konserwatiewe koerante 'n teenstander van die studentebeweging in die jare sestig word, en later die miljoenêr Rupert Murdoch ( - 1931), wat vanuit
Australië 'n wêreldwye uitgewersimperium oprig.
Die Afrikaanse pers in Suid-Afrika
Die eerste Afrikaanse nuusblad, wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners uitgegee word, is die Afrikaanse Patriot, wat as Di Patriot vanaf 15 Januarie 1876 in die Paarl verskyn. Dit is later opgevolg deur die Paarl Post.
Ná 1948 verleen die meeste Afrikaanse koerante meer of minder kritiese ondersteuning aan die bewind van die Nasionale Party, terwyl die anglofone pers, met die uitsondering van The Citizen, as spreekbuis van die blanke opposisiepartye optree. Met die algemene verkiesings van 1994 begin die Afrikaanse perslandskap verander. Koerante soos Die Transvaler (Johannesburg) en die Oosterlig (Port Elizabeth) is intussen gestaak, terwyl die huidige groot Afrikaanse dagblaaie Beeld (Johannesburg), Die Burger (Kaapstad) en die Volksblad (Bloemfontein) as moderne mediums en spreekbuise van die Afrikaanse gemeenskappe deel van die demokratiese samelewing geword het.
Die Afrikaanse perslandskap word aangevul deur die sondagkoerant Rapport en Die Son, die eerste Afrikaanse poniekoerant.
Sien ook
- :Kategorie:Suid-Afrikaanse koerante
ja:新聞
ms:Akhbar
simple:Newspaper
th:หนังสือพิมพ์
zh-cn:报纸
zh-tw:報紙
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
1800 Gebeure
- 1 Januarie - Die VOC word formeel ontbind.
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:18de eeu
ko:1800년
Verenigde Koninkryk
Die Verenigde Koningkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland is 'n staat bestaande uit die nasies van Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland, ook bekend as die Verenigde Koninkryk (VK, en:UK). Dit is geleë noord van die noord-westelike kus van die Europese vasteland, omring deur die Noordsee, die Engelse Kanaal en die Atlantiese Oseaan.
Die woord Brittanje word soms gebruik om te verwys na die Verenigde Koninkryk.
Geskiedenis
Politiek
Geografie
Atlantiese Oseaan
Ekonomie
Mense
Kultuur
- Lys van stede in die Verenigde Koninkryk
Sport
Eksterne skakels
- [http://www.bbc.co.uk/history/state/nations/ BBC Nations] History of the nations within the UK
- [http://www.bbc.co.uk British Broadcasting Corporation (BBC)]
- [http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/uk.html CIA World Factbook: UK]
- [http://www.direct.gov.uk Gateway to UK governmental services and websites]
- [http://www.walkingtree.com/ Mercator's Atlas] Maps of Cornwall & Wales ("Cornewallia & Wallia"), Ireland ("Irlandia"), Scotland ("Scotia") and England ("Anglia") circa 1564.
- [http://www.number-10.gov.uk Number 10 Downing Street]
- [http://www.statistics.gov.uk Office of National Statistics]
- [http://www.opsi.gov.uk Office of Public Sector Information] Source for all UK legislation 1987-present (successor to Her Majesty's Stationery Office)
- [http://www.macs.hw.ac.uk/britishisles/ The British Isles] Independent view of the UK
- [http://www.royal.gov.uk The British Monarchy]
- [http://www.parliament.uk/ The United Kingdom Parliament]
- [http://www.statistics.gov.uk/StatBase/Product.asp?vlnk=5703&Pos=&ColRank=1&Rank=272 UK 2004 Factbook]
- [http://www.ukcities.co.uk UK Cities] lists a variety of useful resources for every city in the UK
- [http://www.justuk.org UK travel guide] United Kingdom for travellers
- [http://www.world66.com/europe/unitedkingdom World66 Guide to United Kingdom] A travel guide written by its users.
- [http://www.multimap.co.uk www.multimap.co.uk] provides online maps and aerial photographs of the UK
- [http://www.streetmap.co.uk www.streetmap.co.uk] alternative to multimap
- [http://www.upmystreet.com www.upmystreet.com] detailed localised information about places in the United Kingdom
Sien ook
Kategorie:Verenigde Koninkryk
Kategorie:Lande in Europa
ja:イギリス
ko:영국
ms:United Kingdom
simple:United Kingdom
th:สหราชอาณาจักร
zh-min-nan:Liân-ha̍p Ông-kok
1846 Gebeure
- 17 Mei - Die Saxofoon word deur Adolphe Sax gepatenteer.
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1846년
th:พ.ศ. 2389
1863 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1863년
simple:1863
1898 Gebeure
- 12 Junie. Die Filippyne veklaar amptelik die onafhanklikheid van Spanje.
- 26 Desember - Pierre en Marie Curie kondig die ontdekking van 'n nuwe element aan, wat later radium genoem word.
- Aleister Crowley, bekend in okkultisme sluit aan by die Orde van die Goue Skemer
- In België word Nederlands naas Frans as ampstaal erken
Geboortes
Sterftes
- 15 Maart - Benjamin Woolfield Mountfort, argitek
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:19de eeu
ko:1898년
simple:1898
Spanje
Die Koninkryk van Spanje is 'n land aan die suidweste van Europa. Dit deel die Iberiese skiereiland met Portugal en Gibraltar..
category:Spanje
category:Europa
fiu-vro:Hispaania
ja:スペイン
ko:에스파냐
ms:Sepanyol
simple:Spain
th:ประเทศสเปน
zh-min-nan:Se-pan-gâ
Verenigde StateDie Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n marinegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van autonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van die Verenigde State
Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die Kapitalistiese model en word gekenmerk deur 'n konstante groei, lae werksloosheid en inflasie, 'n groot begrotings tekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wereld. Verskeie ander lande het hulle geld eenhede gekoppel aan die dollar, of gebruik dit selfs as 'n geldeenheid. Die V.S. effekte beurs word beskou as 'n aanduiding van die wereld ekonomie.
Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. industrië vervaardig motorkarre, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is diens industrië, en omtrent 'n driekwart van die V.S. inwonders werk in hierdie sektor.
Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van die Verenigde State
Met die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wiselende landskap: gematigde woudland op die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kus areas wes van die Rocky Mountains en reenwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.
Vakansiedae
Notas
# Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die amerikas gesien as onakkuraat en beledegend, maar is algemeen en word elders aanvaar.
category:Verenigde State
ja:アメリカ合衆国
ko:미국
ms:Amerika Syarikat
nb:Amerikas forente stater
simple:United States
th:สหรัฐอเมริกา
zh-min-nan:Bí-kok
1913 Gebeure
Geboortes
Sterftes
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1913年
ko:1913년
simple:1913
1916 Geburee
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:20ste eeu
ja:1916年
ko:1916년
simple:1916
th:พ.ศ. 2459
IerlandIerland is 'n tweestatige eiland in die Atlantiese Oseaan wat deur die Ierse volk bewoon word. Die Republiek van Ierland is 'n lidstaat van die Europese Unie en in die Noorde van die eiland is die enklave Ulster (of, Noord-Ierland) wat deel vorm van die Verenigde Koninkryk.
Sien ook
- Gesiekenis van Ierland
simple:Ireland
Xinzha LuXinzha Lu (新闸路) is een metrostation in de stad Sjanghai.
Het station is onderdeel van de en ligt binnen de binnenste ringweg van de stad.
teksty zakady sportowe dieta kopenhaska sitemap.html spielautomaten
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Castle Hill, New Zealand
Castle Hill, New Zealand is a high country station on New Zealand's South Island. It was so named because of the imposing arrary of limestone boulders in the area reminiscent of an old, run-down stone castle. Nearby Castle Hill Village has a small number of winter holiday homes but no public facilities. In 2002 it was named a "Spiritual Center of the Universe" by the Dalai Lama. It is widely considered to be the epitome of New Zealand's South Island climbing scene, where on any given day one can find r
|
VADS (Vulcan Anti-Aircraft Automatic Cannon Defence System)
The Vulcan Air Defense System (VADS) is a self-propelled automatic anti-aircraft gun used by the United States military. It is also known as the M163. The M157 gun is a variant of the General Dynamics 20mm M61 Vulcan rotary cannon—the standard cannon in most US combat aircraft since the 1960s.
The weapon is either mounted on a modified M113 ve
|
Vingean singularity
, 15 separate lists of paradigm shifts for key events in human history show an exponential trend. Lists prepared among others by Carl Sagan, Paul D. Boyer, Encyclopedia Britannica, Larimer County, Colorado in the United States. The town was located in foothills southwest of Fort Collins, just west of the Dakota Hogback. It was established in the 1880s as a camp for workers at the nearby stone
|
Seras Victoria
Seras Victoria (セラス・ヴィクトリア lit. Serasu Vikutoria) is a character from the anime and manga series Hellsing. Hellsing
Manga version
A policewoman who got the rough end of the ghoul-infested town, Cheddar, where a vampire dressed as a priest took control of the town and turned its inhabit
|
William Edwards (naval officer)
William W. Edwards (about 1790 – 14 August 1813) was an officer in the United States Navy during the War of 1812.
Born in Petersburg, Virginia, Edwards was appointed a midshipman 1 September 1811. In
|
Watchmanofephraim
Watchmanofephraim is a singer-songwriter from Dublin, Ireland.Full Name is Damien Davis.
He is 38 with two Albums to date, Keep the pace and Goldenbridge.
His Main Objectives it would seem, are to attack the Churches or at least to judge the Churches, as did the Old Testament Prophets Isaiah, Jeremiah, Ezekiel.
He is currently Over in Ireland Gigging in The City,He can be seen at The Halfpenny bridge,
|
Candee Jay
Candee Jay is a Dutch electronica artist. She is produced by Pronti and Kalmani, the production duo who worked with fellow Dutch artist, Alice Deejay.
Candee Jay has released one album, Electrifing, in the UK, but it failed to make the charts there.
Discography
Singles
|
Fort Lewis, Washington
Fort Lewis is a census-designated place and U.S. Army post located in Pierce County, Washington. As of the 2000 census, the base had a total population of 19,089.
Geography
2000Fort Lewis is located at 47°6'52" North, 122°33'53" West (47.114369, -122.564587).
According to the
|
Don Garber
Don Garber (born October 9, 1957) is the commissioner of Major League Soccer, succeeding Doug Logan in 1999. Previous to this, he was employed by the National Football League, as head of NFL International.
His first move as commissioner was to bring the league more in line with the internatio
|
|