:: wikimiki.org ::
| Anjou |
Anjou - Anjou is 'n stad in Frankryk
- Anjou is 'n stad in Quebec, Kanada.
ja:アンジュー家
ko:앙주
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
Quebec (provinsie)Québec is een van die tien provinsies van Kanada met 'n landoppervlakte van 1 540 687 km² en 7 568 640 inwoners (Januarie 2005). Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nouveau-Brunswick (Engels: New Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere - die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Saint-Laurentrivier tot die gematigde sone behoort. Die amptelike taal is Frans. Die grootste stede is Québec (stad), die provinsiale hoofstad, en Montréal.
Vlag en Nasionale Leuse
Montréal
Québec se vlag, die fleurdelisé, is 'n wit kruis op 'n blou agtergrond (die simbool van 'n christelike nasie) met vier lelies (Fleur de Lys) wat die Franse monargie versinnebeeld.
Hierdie vlag vervang op 21 Januarie 1948 die ou Britse Union Jack op die toring van die parlementsgebou en word die amptelike vlag van die provinsie.
Die Nasionale Leuse is "Je me souviens" (Ek herinner my) - 'n trotse verwysing na die provinsie se kleurryke geskiedenis.
Geografie
Québec is Kanada se grootste provinsie en beslaan sowat drie keer die oppervlakte van Frankryk. Die provinsie vorm 'n reusagtige landmassa, wat van die 45ste noordelike breedtegraad tot by die Arktiese See strek. Die grootste deel van die gebied, veral die noordelike gebiede van Nouveau-Québec, is egter yl bevolk. Meer as 90 persent van Québec se oppervlakte lê binne die Kanadese Skild, 'n baie ou geologiese gebied, wat geskiedkundig ook as die Ungava-gewes bekend staan.
Die Sint-Laurensrivier is die lewensaar van die provinsie en verbind danksy die Sint-Laurenswaterweg sedert die jaar 1959 die Groot Mere tussen Kanada en die Verenigde State met die Atlantiese Oseaan. Naas die Sint-Laurens beskik Québec met sy een miljoen mere en riviere oor enorme reserwes van varswater.
Québec word in die weste begrens deur die Hudsonbaai en die Engelstalige provinsie van Ontario, in die ooste van die Labradorsee, Newfoundland (Frans: Terre-Neuve) en Nouveau-Brunswick, en in die suide van die VSA-deelstate Maine, Vermont en New York.
In die jare 1898 en 1912 besluit die Kanadese Parlement om die groot noordelike gebiede, Le Grand Nord Québécois, by die provinsie te voeg. Québec lê in die ooste van Kanada en word deur Ontario en die Hudsonbaai in die weste, die Atlantiese Oseaan in die ooste, die Verenigde State (met die deelstate Maine, New Hampshire, Vermont en New York) in die suide en die Arktiese Oseaan in die noorde begrens.
Bevolking
Die bevolking van die Province du Québec bestaan uit die afstammelinge van die Franse en Engelstalige setlaars en die Eerste Nasies (Premières Nations of Amerindians, veral Iroquois en Hurone, en Inuït). Daarbenewens het immigrante van dwarsoor die wêreld hulle in Québec gevestig. Sedert 1945 het 650 000 immigrante uit 80 lande 'n nuwe tuiste in Québec gevind. 83% van die totale bevolking praat Frans, sowat 12% is Engelstalig. Daar is minderhede van Sjinese, Portugees-, Grieks- en Italiaanstaliges. Die grootste deel van die Québécois leef langs die Fleuve Saint-Laurent (Saint-Laurentrivier).
Engelstalig
Terwyl die provinsie enkele dekades gelede nog die grootste natuurlike bevolkingsgroei in Kanada toon, het die geboortekoers nou tot 1,48 gedaal - minder dan die fertiliteitskoers van 2,1 wat nodig is om die huidige bevolkingsyfers in stand te hou.
Met die taalstryd in die sewentigerjare het die Franse taal gewen: opskrifte en kennisgewings moes gewoonlik eentalig Frans wees. Die afskaling van Engels word vandag nie meer stelselmatig deurgevoer nie; Engelstalige opskrifte behoort egter steeds kleiner te wees as die Franses. Immigrante word deur die provinisiale regering gekies; in 'n poging om die persentasie Franstaliges te vergroot het baie Noord-Afrikaners in die afgelope jare 'n verblyfpermit gekry.
Voor die aankoms van die Franse setlaars is die gebied van die huidige provinsie die tuiste van 'n aantal Indiaanse stamme - die Eerste Nasies. Die Provinsie van Québec erken vandag elf nasies op sy gebied - die Inuït, die Mohawks (Irokese of Iroquois), die Innus, die Cris, die Algonkins, die Atikamekw, die Micmacs, die Hurone, die Abenakis, die Malesiete en die Naskapis.
Die elf stamme van die Eerste Nasies het vandag sowat 70 000 lede en streef daarna om hul eie taal en kultuur te bewaar. Die Iroquois en Hurone is albei lede van die Irokese taalfamilie. Die naam "Huroon" is afgelei van die eieaardige kapsels van die mans. Die Franse woord l'huire wat eintlik die opgesette borstels van 'n varken beskryf word tot "Huroon".
Die tien grootste munisipaliteite volgens bevolking
Geskiedenis
- 1534: Jacques Cartier sit voet aan wal in Gaspé en neem die land namens François I, koning van Frankryk, in besit.
- 1608: Samuel de Champlain land aan die noordoewer van die Saint-Laurentrivier, naby die Indiaanse dorp Kébec.
- 1642: Paul Chomedey de Maisonneuve stig Ville-Marie, 'n dorpie wat later bekend staan as Montréal.
- 1660-1713: Die kolonie wat nou Nieu-Frankryk genoem word groei langs die St. Laurentrivier en in Akadië (gebied aan die Atlantiese Oseaan).
- 1759: Die Britse oorwinning op die Abraham-vlaktes lei tot die einde van die Franse heerskappy in Noord-Amerika.
- 1763: Frankryk staan sy kolonies in Noord-Amerika aan die Britse kroon af.
- 1791: Grondwet (Constitutional Act) voer 'n parlamentêre stelsel in; Frankokanadiërs se reg op 'n vaderland word erken en Kanada word in 'n Engelstalige (Ontario) en 'n Franstalige provinsie (Québec) verdeel.
- 1837-1838: Die opstand van die Patriotes in Québec maak duidelik dat talle burgers die Britse gesag nie aanvaar nie.
- 1867: British North America Act: Die Federasie van Kanadese provinsies (Québec, Ontario, New Brunswick en Nova Scotia) word gestig.
- 1967: Die Franse President Charles de Gaulle besoek die Expo-tentoonstelling in Montréal; sy strydkreet "Vive le Québec libre!" is die beginpunt van die nuwe skeidingsbeweging wat 'n onafhanklike Québec ten doel het.
- 1968: 'n Aantal skeidingsbewegings smelt saam en vorm die nuwe Parti Québecois.
- 1969: Loi pour promouvoir la langue française au Québec: Frans word onderwystaal vir alle nie-Engelstalige Québecois.
- 1974: Loi sur la langue officielle: Frans word die uitsluitende ampstaal van Québec.
- 1976: Met die oorwinning van die Parti Québécois onder leiding van René Lévesque word die onafhanklikheisbeweging in Québec 'n nasionale vraagstuk vir Kanada.
- 1980: 'n Meerderheid van die bevolking stem teen onderhandelinge met die federale regering oor die onafhanklikheid van Québec.
- 1995: 49.4% van die Québecois stem vir 'n onafhanklike staat. Die Kanadese Parlement erken op 30 Oktober 1995 Québec se status as 'n besondere gemeenskap (distinct society).
- 2003: Die oorwinning van die Parti Libéral is 'n teenslag vir die skeidingsbeweging.
Parti Libéral
Ekonomie
Die provinsie beskik oor 'n pos-moderne ekonomie wat 'n gemaklike handelsoorskot handhaaf. Ingevolge die vrye handel-ooreenkoms met die Verenigde State in 1987 styg die uitvoere van Québec, waarvan sowat 85 persent vir die VSA-mark bestem is, aansienlik. In 2002 voer Québec produkte en dienste ter waarde van 83,4 biljoen VSA-dollar in, terwyl sy uitvoere tot 92,2 biljoen VSA-dollar styg. Die bruto geografiese produk per capita in 2002 is 27 601 VSA-dollar.
Die vallei van die Saint-Laurentrivier is 'n vrugbare landbougebied vir vrugte, groente en graan. Québec is die belangrikste produsent en uitvoerder van esdoringstroop. Veeteelt is 'n verdere basis van die landbou.
Groot natuurlike hulpbronne en bloeiende nywerhede verseker dat die inwoners van Québec tot die welvarendstes wêreldwyd behoort. Québec se bosbou, waterkragsentrales, elektroniese-, telekommunikasie-, lug- en ruimtevaartnywerheid is beduidende uitvoerders, veral na die VSA.
Die hoëtegnologie-bedrywe in Montréal sluit lugvaartondernemings soos die straler-vervaardiger Bombardier, die stralerenjin-produsent Pratt and Whitney en die vlugsimulator-vervaardiger CAE in. Hierdie wêreldbekende ondernemings en talle toeleweringsbedrywe maak van Québec se lugvaartnywerheid die vierde grootste wêreldwyd.
Politiek
Die goewerneur-generaal is die verteenwoordiger van koningin Elizabeth II as staatshoof. Die Eerste Minister (Frans: Premier ministre) is die leier van die regering en die grootste party in die eenkamerparlement (die Assemblée Nationale of Nasionale Vergadering). Ook die lede van die Ministersraad word uit die geledere van die grootste party benoem.
Sien ook
- Samuel de Champlain - 1608
- Papineau
- René Lévesque
category:Québec
category:Kanada
ja:ケベック州
ko:퀘벡 주
simple:Quebec
zh-min-nan:Québec
Kanada
Kanada, histories die dominium Kanada, is die mees noordelike land in Noord-Amerika asook die wêreld, met 'n oppervlakte van 9 984 670 km² en 32 000 000 inwoners (2005). Dit is 'n gedesentraliseerde federasie van 10 provinsies en 3 gebiede, en word as 'n konstitusionele monargie regeer ná dit saamgebind in 1867 is deur 'n wet van Konfederasie.
Kanada se hoofstad is Ottawa, setel van die nasie se parlement, asook die tuiste van die Goewerneur-Generaal en Eerste Minister. Weens die feit dat dit voorheen 'n Franse en toe Britse kolonie was, is Kanada lid van La Francophonie en die Statebond van Nasies. Engels en Frans is die amptelike tale (sien hoofartikels Kanadese Engels en Kanadese Frans).
Kanada is 'n moderne en tegnologies-gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne. Alhoewel die huidige Kanadese ekonomie wyd uiteenlopend geword het, bly die benutting van natuurlike hulpbronne 'n belangrike dryfkrag van baie plaaslike ekonomieë.
Kanada was vierde geplaas in die 2004 UN Human Development Index, ná Noorweë, Swede en Australië.
Van voor die Konfederasie af het Kanada onder die beginsels van "vrede, orde en goeie regering" opgetree — sien [http://www2.marianopolis.edu/quebechistory/federal/pogg.htm].
Provinsies en Gebiede
Alberta, British Columbia, Manitoba, Newfoundland and Labrador, Northwest Territories, Nova Scotia, Nouveau-Brunswick, Nunavut, Ontario, Prince Edward Island, Québec, Saskatchewan en Yukon Territory
Politiek
Yukon Territory
Kanada is 'n konstitusionele monargie. Die koningin of koning van die Verenigde Koninkryk fungeer ook as die koningin of koning van Kanada en is volgens die grondwet die staatshoof. Die daaglikse pligte van die destydse Koningin Elizabeth II word deur die goewerneur-generaal waargeneem, wat gewoonlik 'n afgetrede Kanadese politikus of ander bekende persoon is. Die goewerneur-generaal word na beraadslaging met die Eerste Minister van Kanada formeel deur die koningin benoem. Sy of hy bly onpartydig ten opsigte van die binnelandse beleid en tree veral tydens nasionale plegtighede as 'n simboliese figuur op.
Burgerregte
Na Spanje, Nederland en België is Kanada in Julie 2005 die vierde land ter wêreld wat gay en lesbiese pare volle burgerregte toestaan, insluitende die reg om te trou en kinders aan te neem. Die sogenaamde Wetsontwerp C-38 van die liberale Kanadese regering word in die Senaat van Kanada met 47 Ja- teen 21 Nee-stemme goedgekeur.
Klimaat
Polêre lug bestem die weer in die grootste deel van die oostelike provinsies, die winters is lank en koud. Met uitsondering van die oostelike kusstreke daal die temperatuur vier of vyf maande lank benede die vriespunt, met uiterstes van -50°C (-58° F). Swaar sneeuval kom gereëld regdeur die winter voor. Die lente begin skielik in April of Mei wanneer vogtige lugmassas vanaf die suide noordwaarts trek, die grond ontdooi vinnig en temperature styg duidelik. Die gemiddeldes vir Julie is 10° tot 15°C (50° tot 60°F) in die noorde en 15° tot 20°C (59°F tot 68°F) in die suide. Die weer bly lekker warm tot Oktober.
Die weskus van die Kanada en die Rotsgebergte staan onder die invloed van warm, vogtige lugstrominge, wat tot verhoogde reënval in die kusgebiede en reën- en sneeuval in die berggebiede lei. Die temperature is gematig en daal gewoonlik ook in Januarie nie benede die vriespunt nie, terwyl die somers warm en vogtig is. Die gemiddelde temperature lê tussen 10° en 20°C.
Die gebiede oos van die Rotsgebergte word deur droë polêre lug oorheers. Die winters hier is lank en koud, en temperature daal gereeld benede die vriespunt. Die vors hou drie tot vyf maande in die suidelike en ses tot elf maande in die noordelike gebiede aan. Die somers word deur droë en warm weerstoestande gekenmerk. Die gemiddelde temperatuur styg orals tot sowat 15°C.
Volkslied en koninklike lied
Kanada se volkslied is "O Canada". Alhoewel dit die eerste keer op 24 Junie 1880 opgevoer was by 'n Saint Jean-Baptistedag-onthaal in Québec (stad), het dit nie Kanada se amptelike volkslied geword tot 1 Julie 1980 nie. Oor die voorafgaande 70 jaar het "O Canada", "God Save the Queen" en "The Maple Leaf Forever" saamgeding as nie-amptelike volksliede, maar teen die 1960s het "O Canada" as die voorkeurkeuse uitgestaan. Toe dit die amptelike volkslied gemaak is, was meeste Kanadese verbaas dat dit nog nie reeds sulke status geniet het nie.
"God Save the Queen" is nou Kanada se koninklike lied. Dit word amptelik gespeel in die teenwoordigheid van die Koningin of ander lede van die koninklike familie. Die eerste ses mate is ook gebruik as deel van die Onder-Koninklike Saluut, wat in die teenwoordigheid van die Goewerneur-Generaal gespeel word. Uit tradisie word "God Save the Queen" gesing aan die einde van uiters formele staatsaangeleenthede (byvoorbeeld 'n staatsbegrafnis of Remembrance Day-diens). Dit word ook gespeel (maar nie gesing nie) by baie militêre aangeleenthede, en sommige Universiteite sluit hulle konvokasies daarmee af. Tot die 1980s was dit ook algemeen vir laerskole in baie streke om hulle byeenkomste af te sluit met "God Save the Queen", maar dit is nie meer die geval nie. Soos met Brittanje verander die lied na "God Save the King" wanneer toestande op die troon dit noodsaak.
Internasionale ranglyste
- UN Human Development Index - 4e plek in 2004 (was eerste deur die meeste van die 1990s)
- Reporters Without Borders - 18e plek in 2004
- [http://www.odci.gov/cia/publications/factbook/rankorder/2004rank.html BBP per capita] - 11e plek
Verwysings
- Baie van hierdie materiaal is afkomstig vanuit die CIA World Factbook 2000 en die 2003 Verenigde State Staatsdepartement se webwerf.
Eksterne skakels
- [http://canada.gc.ca/ Government of Canada]
- [http://www.ericdigests.org/pre-928/canada.htm Teaching about Canada]
- [http://warmuseum.ca/cwm/cwme.asp Canadian Military History]
- [http://www.mccord-museum.qc.ca/ McCord Museum of Canadian History]
category:Kanada
als:Kanada
ja:カナダ
ko:캐나다
ms:Kanada
simple:Canada
th:ประเทศแคนาดา
zh-min-nan:Canada WRC 5
WRC: Rally Evolution (also known as World Rally Championship 5: Rally Evolved or simply WRC 5) is the latest World Rally Championship video game in the series.
The game can be played with up to sixteen players online and has support for a steering wheel peripheral.
External links
- [http://www.gamespot.com/ps2/action/wrcrallyevolution/index.html WRC: Rally Evolution] on GameSpot
- [http://ps2.ign.com/articles/642/642846p1.html WRC: Rally Evolution] on IGN
Category:2005 computer and video games
Category:PlayStation 2 games
hoteles en Praga wynajem Bramy garaowe Malaga accommodation Malaga accommodation
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Habermas
Jürgen Habermas ( - 1929 június 18.) német filozófus és szociológus
1954-ben diplomázott, diplomamunkája Friedrich Schellingről szól. 1961 és 1964 között a
|
Hajnóczy József
Hajnóczy József (Aszód, 1750. szeptember 9. - Buda, 1795. május 20.) ügyvéd, királyi tanácsos, kamarai főtitkár.
A magyar jakobinusok egyik vezető személyisége volt. Folyékonyan beszélt magyarul,
|
Call of duty
Call of Duty: 2003. október 29-én kiadott FPS-játék. Ez a háborús játék a II. világháború gyalogsági harcmodorát mutatja be. A játékot az Activision adta ki, és az Infinity Ward csapata fejlesztette.
Folytatása, a
|
Gepida
A gepida, keleti-germán eredetű, a vandálokkal és a gótokkal rokon dialektust beszélő nép. Történetükről nem maradt fenn saját írásos emlék, amit tudni lehet róluk, néhány késő római kori - korai bizánci forráson kívül, azt ellenségeik: a gótok és a longobárdok (más források szerint "langobárdok") krónikáiból lehet k
|
|
|
Dunántúli-középhegység
Dunántúli-középhegység: magyarországi nagytáj a Kisalföld, a Balaton és a Mezőföld között. Kb. 7200 km2, 200 km hosszú, 30- 40 km széles. Legmagasabb csúcsa: Pilis-tető, 757 m. Főként üledékes kőzetekből felépülő röghegység.
Ásványkincsei
- barnakőszén
- bauxit
- Alpokalja, a Kisalföld, a Balaton és a Duna folyam észak-déli szakasza között. Területe: 11350 km2. A legnagyobb része lösszel és homokkal fedett dombvidék, sűrű folyóhálózattal felszabdalva. Ehhez a tájegységhez sorolják a Mecseket és a | |