:: wikimiki.org ::
| Kobalt |
Kobalt
Kobalt is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Co en atoomgetal van 27.
Kenmerkende eienskappe
Kobalt is 'n harde ferromagnetiese silwerwit element. Die Curie-temperatuur is 1388 K met 1.6~1.7 Bohr magnetone per atoom. Dit word dikwels saam met nikkel gevind en beide hierdie elemente is kenmerkende elemente in meteoritiese yster. Soogdiere vereis klein hoeveelhede kobaltsoute in hul dieet. Kobalt-60 is 'n kunsmatig vervaardigde radio-aktiewe isotoop van kobalt en is 'n belangrike radio-aktiewe spoorder en middel vir die behandeling van kanker. Kobalt het 'n relatiewe deurdringbaarheid gelyk aan twee derdes dié van yster. Metalliese kobalt verteenwoordig 'n mengsel van twee kristallografiese strukture, heksagonaal diggepak en kubies vlakgesentreerd met 'n oorgangstemperatuur tussen die kristalstrukture van 722 K.
Algemene oksidasietoestande van kobalt is +2 en +3, +1 is egter ook al waargeneem.
Aanwendings
- Legerings, soos:
- Superlegerings, vir onderdele van gasturbiene in stralerenjins.
- Korrosie- en slytasiebestande legerings.
- Hoëspoedstale
- Gesementeerde karbied- en diamantgereedskap.
- Magnete en magnetiese stoormedia.
- Alnico magnete.
- Kataliste vir die ru-olie en chemiese nywerhede.
- elektroplatering vanweë die voorkoms, hardheid en weerstand tot oksidasie.
- Drogingsmiddels vir verwe, vernisse en inke.
- Onderlaag vir glasemalje op porselein.
- Pigmente (kobaltblou en kobaltgroen).
- Battery-elektrodes.
- Staalversterkte bande
- Kobalt-60 as gammastraalbron vind verskeie toepassings:
- Dit word gebruik in radioterapie.
- Dit word gebruik vir die sterilisasie van voedsel (koue pasteurisasie).
- Dit word gebruik in industriële radiografie om strukturele foute in metaalkomponente op te spoor.
60Co is 'n nuttige bron van gammastrale deels omdat dit in bepaalde klein hoeveelhede en op groot maat vervaardig kan word deur natuurlie kobalt eenvoudig aan neutrone in 'n reaktor bloot te stel vir 'n gegewe tyd.
Geneeskundige gebruike
Kobalt-60 is 'n radio-aktiewe metaal wat gebruik word in radioterapie. Dit straal twee soorte gammastrale uit met energieë van 1.17 MeV en 1.33 MeV. Die 60Co bron is ongeveer 2 cm in deursnee en produseer gevolglik 'n geometriese penumbra, wat die grens van die stalingsveld vaag maak. Die metaal verpoeier ongelukkig maklik tot 'n fyn stof wat probleme veroorsaak met die beveiliging teen straling. Die 60Co bron is nuttig vir ongeveer 5 jaar maar is selfs hierna steeds baie radio-aktief, wat veroorsaak het dat 60Co masjiene deesdae baie minder gewild is in die Westerse wêreld waar partiekelversnellers meer algemeen voorkom. Die eerste 60Co terapie masjien (die "kobaltbom") is in Kanada gebou en gebruik. Hierdie masjien kan besigtig word by die Saskatoon Kankernavorsingsentrum besigtig word waar dit in die voorportaal uitgestal word.
Geskiedenis
Saskatoon
Kobalt se verbindings is al sedert antieke tye bekend, waar dit gebruik was om glas 'n diep blou te kleur.
Die ontdekking van kobalt word aan George Barndt (1694-1768) toegeskryf. Die presiese datum van die ontdekking wissel volgens bron maar dit was iewers tussen 1730 en 1737 gewees. Dit was vir hom moontlik om te wys dat kobalt die bron was van die blou kleur in glase waar die kleur voorheen toegeskryf was aan bismut wat saam met die kobalt voorgekom het.
Gedurende die 19de eeu, is kobaltblou by die Norweegse Blaafarveværket (Bykans 70-80% van wêreldproduksie), geproduseer onder leiding van die Pruisiese nyweraar Benjamin Wegner.
In 1938 het John Liningood en Glenn Seaborg kobalt-60 ontdek.
Die woord kobalt is afkomstig van die Duitse woord kobold, wat bose gees beteken, so genoem deur die myners vanweë sy giftigheid en probleme wat dit veroorsaak het (dit het die ander ontginde minerale, soos Nikkel, besoedel). Ander dink weer die naam kom uit die oorspronklike Griekse woord kobalos wat 'myn' beteken.
Biologiese rol
Kobalt is in klein hoeveelhede noodsaaklike vir vele lewende organismes, insluitende die mens. 'n Konsentrasie van 0.13 tot 0.3 mg/kg kobalt in die grond het 'n opmerklike invloed op die gesondheid van weidiere. Kobalt is ook die sleutelkomponent van die vitamien kobalamien of dan vitamien B-12.
Verspreiding
vitamien B-12
Kobalt kom nie in die natuur in vrye metaalvorm voor nie. Kobalt word gewoonlik ook nie alleen gemyn nie en is geneig om as byproduk van nikkel en koper ontgin te word. Die hoofertse van kobalt is kobaltiet, eritriet, gloukodot en skutterudiet. Die wêreld se grootste vervaardigers van kobalt is die DRK, Sjina, Zambië, Rusland en Australië.
Verbindings
As gevolg van die vele oksidasie toestande is daar 'n oorvloedige aantal verbindings. Oksiede is antiferromagneties teen lae temperature CoO (Néeltemperatuur: 291 K) en Co3O4 (Néeltemperatuur: 40 K).
Isotope
Kobalt kom in die natuur in een stabiele isotoop voor, naamlik 59Co. 22 Radio-isotope is geëien met die mees stabiele hiervan 60Co met 'n halfleeftyd van 5.2714 jaar, 57Co met 'n halfleeftyd van 271.79 dae en 56Co met 'n halfleeftyd van 77.27 dae en 58Co met 'n halfleeftyd van 70.86 dae. Die oorblywende radio-aktiewe isotope het halfleeftye wat minder is as 18 ure en die meerderheid van hierdies se halfleeftye is korter as 'n sekonde. Hierdie element het ook 4 metatoestande, waarvan almal 'n halfleeftyd van korter as 15 minute het.
Die isotope van kobalt se atoommassas wissel tussen 50 ame (50Co) tot 73 ame (73Co). Die primêre vervalmodus voor die mees algemene isotoop, 59Co, is elektronvangs en die primêre modus daarna is betaverval. Die primêre vervalprodukte voor 59Co is element 26 (yster) isotope en die primêre produkte daarna is isotope van element 28 (nikkel).
Voorsorgmaatreëls
Verpoeierde kobalt in sy metaalvorm verteenwoordig 'n brandgevaar. Kobaltverbindings moet met omsigtigheid gehanteer word vanweë kobalt se effense toksisiteit.
Kobalt-60 is 'n sterk gamma-straler en blootstelling aan 60Co verteenwoordig 'n kankergevaar. Inname van 60Co sal lei tot die opneem van van die kobalt in die weefsels wat daarna baie stadig weer vrygestel word. Kobalt-60 is 'n risiko faktor tydens kernontploffings aangesien neutronstralings yster in hierdie isotoop kan omsit. Sommige kernwapens is doelbewus ontwerp om die hoeveelheid Kobalt-60 wat versprei word te verhoog; dit word ook soms in engels na verwys as 'n dirty bomb of kobaltbom. Die gevare in vredestyd behels die onverskillige hantering daarvan of diefstal uit mediese radioterapeutiese eenhede.
Verwysings
- [http://periodic.lanl.gov/elements/27.html Los Alamos National Laboratory artikel oor Kobalt]
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/Co/key.html WebElements.com – se artikel oor Kobalt]
- [http://www.caro-acro.ca/caro/educ/publ/vig/vignettes/cobalt/Interactions.pdf Londen vier 50 jaar van Kobalt-60 Radioterapie]
Sien ook
- Benjamin Wegner
Category:Chemical elements
Category:Transition metals
Kategorie:Chemiese elemente
ja:コバルト
th:โคบอลต์
Chemiese element'n Chemiese element, ook dikwels eenvoudig na verwys as 'n element, is 'n stof wat nie verder verdeel kan word met gewone chemiese metodes om ander stowwe te lewer nie. Die kleinste partikel van so 'n element is 'n atoom, wat bestaan uit elektrone wat om 'n kern van protone en neutrone wentel.
Die atoomgetal van 'n element, "Z", is gelyk aan die aantal protone in die atoom van die element. Koolstof byvoorbeeld, is die element met die atoomgetal 6 en bevat 6 protone in sy kern. Alle atome van 'n element het dieselfde atoomgetal en bevat dieselfde aantal protone. Atome van dieselfde element kan egter verskillende hoeveelhede neutrone bevat en sulke verskillende atome staan as isotope van die element bekend. Die atoommassa van 'n element, A, word gemeet in atoom massa eenhede (ame) en is rofweg gelyk aan die som van die aantal protone en neutrone in die atoom van die element. 'n Aantal elemente is radioaktief en verander na 'n ander element deur 'n proses van radioaktiewe verval.
Die ligste elemente is waterstof en helium wat die eerste elemente was om tydens die groot knal gevorm te word. Alle swaarder elemente word natuurlik of kunsmatig geskep deur verskeie nukleosintetiese prosesse.
Daar was met ingang van 2004, 116 bekende elemente, waarvan slegs 91 natuurlik voorkom. Die oorblywende 25 elemente is mensgemaak; waarvan die eerste sodanige element, Tegnetium, in 1937 gemaak is. Alle mensgemaakte elemente is radioaktief met kort halfleeftye en enige sodanige element wat in die aardkors teenwoordig sou wees met die vorming van die aarde sou dus al lankal verval het.
Die volgende gerangskikte lyste is beskikbaar vir die elemente:
- Volgens naam
- Volgens simbool
- Volgens atoomgetal
Die gerieflikste rangskikking van elemente is die periodieke tabel, waar die groepe elemente met soortgelyke chemiese eienskappe saam gerangskik is.
Atome van dieselfde element waarvan die kern verskillende getalle neutrone bevat word verskillende isotope van die element genoem. 'n Suiwer element kan bestaan as mono-atomiese- , diatomiese- of poli-atomiese eenhede wat almal uit dieselfde soort atome bestaan. Hierdie verskillende molekulêre strukture van 'n element word allotrope genoem onafhanklik van die toestand waarin die materie voorkom.
Die amptelike name van die chemiese elemente word bepaal deur die Internasionale Unie vir Suiwer- en toegepaste Chemie, wat gewoonlik die naam wat deur die ontdekker daarvan gekies word, aanneem. Dit kan lei tot omstredenheid rondom watter navorsingsgroep eintlik die element ontdek het - 'n vraagstuk wat die benoeming van elemente met atoomgetalle hoër as 104 vir 'n aansienlike tyd vertraag het. Daar word ook 'n unieke chemiese simbool aan 'n element toegeken gebaseer op die naam van die element, maar nie noodwendig die Engelse naam nie. Chemiese simbole word internasionaal verstaan wanneer elementname vertaal moet word. Die eerste letter van 'n chemiese simbool word altyd met 'n hoofletter geskryf.
Elemente kan kombineer (reageer) om suiwer verbindings (soos water, soute, oksiede en organiese verbindings) te vorm. In baie gevalle het hierdie verbindings een vaste stoichiometriese samestelling met hulle eie strukture en eienskappe.
Sommige elemente, veral die metaalagtige elemente, kombineer om nuwe strukture te vorm met 'n meer veranderlike samestelling (soos metaal-allooie). In hierdie gevalle is dit beter om van fases te praat as van verbindings.
In die algemeen kan 'n spesifieke chemikalie bestaan uit 'n mengsel van bostaande.
Sien ook
- Chemie
- Ontdekking van die chemiese elemente
- Verspreiding van die chemiese elemente
- Sistematiese elementnaam
- Chemical elemente wat na mense vernoem is
- Chemical elemente wat na plekke vernoem is
- Verbinding
Eksterne skakels
- [http://www.vanderkrogt.net/elements/ Elementymology & Elements Multidict] word history and language dictionary
Chemiese inligting
- [http://www.webelements.com/ WebElements]
- [http://www.vcs.ethz.ch/chemglobe/ptoe/ ChemGlobe]
- [http://pearl1.lanl.gov/periodic/default.htm Los Alamos National Laboratory]
- [http://www.chemicalelements.com/ ChemicalElements]
Category:Chemie
?
ja:元素
Periodieke tabelDie periodieke tabel van die chemiese elemente is 'n uitbeelding van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens elektronstruktuur sodat baie chemiese eienskappe reëlmatig verander deur die tabel.
Die periodieke tabel van die elemente
Die volgende figuur wys die huidige tabel van bekende elemente. Elke element is gelys volgens sy atoomgetal en chemiese simbool.
Elemente in dieselfde kolom of periodieke tabelgroep se chemiese eienskappe is soortgelyk.
Atoomgetalle in rooi dui op elemente wat nie natuurlik op aarde voorkom nie.
Geskiedenis
Oorspronklik was die stelsel ontwerp sonder kennis van die inwendige bou van die atoom. Die elemente is gerangskik volgens hulle atoommassa. Die Duitser Johann Wolfgang Döberreiner was die eerste wat opgemerk het dat daar 'n golfbeweging ontstaan het in die eienskappe. Hy het triade van ooreenkomstige elemente onderskei. Die Engelsman John Alexander Reina Newlands het ontdek dat daar 'n reelmatigheid van elke 8 elemente bestaan, maar hulle het hom bespot toe hy die vermoede uitspreek dat dit vergelykbaar met die oktawe in die musiek kon wees. Uiteindelik het die Duitser Lothar Meyer en die Rus Dmitry Mendeleev die eerste perodieke tabel gepubliseer. Daarby het hulle vir Telluur en Jodium die massa volgorde omgeruil. Dit het die ooreenstemming met die eienskappe verbeter. Na die koms van die golfmeganika het dit duidelik geword dat hierdie stap geregverdig was.
Sien ook
- Lys van elemente volgens naam
- Lys van elemente volgens simbool
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com Chemistry: Web Elements]
- Engelse weergawe van die [http://bmrl.med.uiuc.edu:8080/MRITable/MRItable.html periodieke tabel] vir magnetiese resonansie.
category:chemie
als:Periodensystem
ja:周期表
ko:주기율표
ms:Jadual berkala
simple:Periodic table
th:ตารางธาตุ
AtoomgetalDie atoomgetal (Z) is 'n term wat in chemie en fisika gebruik word om die aantal protone wat in die kern van 'n atoom voorkom, aan te dui. In 'n atoom met 'n neutrale lading is die aantal elektrone tipies gelyk aan die atoomgetal.
Die atoomgetal het aanvanklik verwys na die nommer wat die element se plek in die periodieke tabel aangedui het. Toe Mendelejev die bekende chemiese elemente gegroepeer het na aanleiding van ooreenkomste in hulle chemiese gedrag, is daar opgemerk dat die plasing van elemente in streng volgorde volgens hulle atoommassa's gelei het tot verkeerde plasings. Jodium en tellurium verskyn oënskynlik in die verkeerde volgorde as hulle in die tabel volgens hul atoommassas gelys word en pas beter in die tabel as hulle plekke omgeruil word. Wanneer hulle in die volgorde geplaas word waar hulle chemiese eienskappe beter ooreengestem het dit duidelik geword dat hulle nommers in die tabel ooreengestem het met hul atoomgetalle soos in die eerste paragraaf gedefinieer. Die getal is proporsioneel tot die massa van die atoom, maar het soos deur bostaande afwyking geïllustreer, 'n ander eienskap as die massa gereflekteer.
Die afwykings in hierdie volgorde is uiteindelik deur Henry Gwyn Jeffreys Moseley na aanleiding van sy navorsing in 1913 verduidelik. Moseley het 'n streng verwantskap ontdek tussen die x-straaldiffraksiespektra van die elemente en hulle korrekte plasing in die periodieke tabel. Dit het later duidelik geword dat die atoomgetal ooreengestem het met die elektriese lading van die kern; met ander woorde die aantal protone. Dit is hierdie lading wat aan elemente hulle chemiese eienskappe verleen eerder as hul atoommassas.
Die atoomgetal is nou verwant aan die massagetal (maar hulle moet nie met mekaar verwar word nie) wat die aantal protone en neutrone in die kern van 'n atoom is. Die massagetal word dikwels na die naam van die element geskryf, bv. koolstof-14 (gebruik in koolstofdatering).
Sien ook
- periodieke tabel
- lys van elemente volgens getal
Category:Chemiese eienskappe
Category:Kernfisika
als:Ordnungszahl
ja:原子番号
ko:원자 번호
simple:Atomic number
th:เลขอะตอม
Atoom
| Atoom |
|
| Klassifikasie |
|
| |
| | Eienskappe |
|
|
| Massa: | Atoommassa |
| Elektronlading: | 0 C |
| Deursnee: | 10pm tot 100pm |
|
'n Atoom is 'n submikroskopiese struktuur wat in alle gewone materie rondom ons voorkom. Atome bestaan uit subatomiese partikels: elektrone, protone, en neutrone. Atome het die geneigdheid om te kombineer om molekules te vorm. Die watermolekule
bestaan byvoorbeeld uit 2 waterstof-atome en 1 suurstof-atoom. Atome is die fundamentele boustene van chemie en word nie vernietig in chemiese reaksies nie. Slegs 91 tipes chemiese boustene, of chemiese elemente, kan natuurlik op die aarde gevind word, en word geklassifiseer in die periodieke tabel. Die klassifikasie is gebaseer op die aantal protone in die atoom. Ander tipes atome kan kunsmatig berei word, maar hulle is onstabiel en breek geleidelik af na natuurlike chemiese elemente deur middel van kernfisie.
Atome van dieselfde chemiese element kan verskillende radioaktiewe eienskappe hê, gebaseer op die aantal neutrone. Atome met dieselfde aantal protone maar verskillende getal neutrone word isotope genoem van die selfde chemiese element. Omdat atome oral voorkom, is dit baie eeue lank reeds 'n belangrike studieveld. Tans fokus navorsing op kwantum-effekte, soos in Bose-Einstein-kondensaat.
Atoomteorie
Die atoomteorie is 'n teorie oor die aard van materie. Die teorie bepaal dat alle materie uit atome bestaan.
Die Griekse filosowe, soos Leucippus en Democritus, het oor die aard van materie nagedink. Hulle denkpatroon het, eenvoudig gestel, die volgende roete gevolg: indien 'n materiaal soos goud opgebreek word, verander die aard van die kleiner stukke nie - hulle is nogsteeds goud. Die Grieke het gespekuleer dat, indien hierdie stukke in nog kleinerwordende stukkies opgebreek word, daar waarskynlik 'n stadium sou kom waar die deeltjies nie verder opgebreek kon word nie. In Grieks beteken die woord atomos "nie skeibaar nie". Dit is waarvandaan die woord atoom afgelei is.
Struktuur
Sub-atomiese partikels
Atome bestaan hoofsaaklik uit leë spasies, maar ook uit kleiner subatomiese partikels. In die kern van 'n atoom is 'n klein positief gelaaide kern wat bestaan uit nukleone(nl. protone en neutrone). Die res van die atoom bestaan uit die buigsame elektronskille. In 'n neutrale atoom, is die getal protone en elektrone ewe veel, en balanseer die elektriese ladings mekaar uit. Gelaaide atome word ione genoem.
Atome met minder elektrone as protone het 'n positiewe lading en staan bekend as katione. Atome met meer elektrone as protone het 'n negatiewe lading en staan bekend as anione.
Elektrone wentel rondom die kern teen hoë snelhede. Elektrone wentel teen verskillende afstande vanaf die kern. Ons sê die naaste aan die kern kom in een "skil" (ook 'n orbitaal genoem) voor en dié wat verder weg is weer in 'n ander "skil". Daar word aan elke skil/orbitaal 'n nommer toegeken. Die een naaste aan die kern is skil 1, die volgende skil vanaf die kern word skil 2 genoem, ensovoorts. Die kern is meer as 100 000 keer kleiner as die atoom - die grootte van die atoom word dus bepaal deur die grootte van die buitenste elektron skil. Indien 'n atoom vergroot sou word tot die grootte van Johannesburg se lughawe, sou die kern in die middel kleiner as 'n golfballetjie wees!
Elemente en isotope
Atome word in gewoonlik geklassifiseer volgens hul atoomgetalle, wat ooreenstem met die aantal protone in die atoom (in neutrale atome, is dit dieselfde as die aantal elektrone). Die atoomgetal bepaal die familie of element waaraan die atoom behoort. Koolstof-atome is byvoorbeeld die enigste atome wat 6 protone bevat. Al die atome met dieselfde atoomgetal deel 'n wye verskeidenheid fisiese eienskappe en toon dieselfde chemiese gedrag. Die verskillende tipes atome word in die periodieke tabel aangedui. Die massagetal of nukleoongetal is die totale protone en neutrone wat in die atoom voorkom. Die aantal neutrone het geen invloed op die elementklassifikasie van 'n atoom nie. Daar kan dus in een "atoomfamilie" of element verskeie atoomtipes wees wat dieselfde atoomgetal het maar met verskillende massagetalle. Hierdie verskillende atoomtipes word dan isotope van mekaar genoem.
Om 'n isotoop van ander isotope in sy elementfamilie te onderskei skryf 'n mens net die naam van die element en sy massagetal neer, bv. koolstof 14 (wat bestaan uit 6 protone en 8 neutrone in elke atoom).
Die eenvoudigste atoom is die waterstof-atoom, met 'n atoomgetal van 1 en wat bestaan uit een proton en een elektron. Die waterstof-isotope wat 1 additionele neutron bevat word deuterium genoem; die waterstof-isotoop met 2 additionele neutrone word tritium genoem. Die isotope was 'n onderwerp wat baie belangstelling in wetenskap ontlok het, veral in die vroeë ontwikkeling van kwantumteorie.
Buitenste orbitale en verbinding
Die chemiese gedrag van atome is hoofsaaklik te danke aan die interaksie tussen hulle elektrone. Veral die elektrone in die buitenste skil/orbitaal, wat die valens-elektrone genoem word, het die grootste invloed op chemiese gedrag. Kernelektrone (dié wat nie in die buitenste skil voorkom nie) speel wel 'n sekondêre rol, hoofsaaklik vanweë die afskermingseffek van die positiewe lading in die atoomkern.
Elke orbitaal rondom die kern kan 'n beperkte aantal elektrone huisves:
Orbitaal 1: - 2 elektrone
Orbitaal 2: - 8 elektrone
Orbitaal 3: - 8 of 18 elektrone (afhangende van watter element)
Elke atoom wat 'n vol (of leë) buitenste orbitaal het, is meer stabiel. Atome bereik die stabiliteit deur elektrone te deel met naburige elektrone of deur elektrone van ander atome geheel en al te verwyder. Wanneer elktrone gedeel word, word 'n kovalente verbinding gevorm.
Kovalente verbindings is die sterkste atomiese verbinding. Sodoende bly atome saam in groepe wat molekules genoem word. Die elektrone in die buitenste orbitale wentel dan om al die atome wat elke individuele atoom dan laat met 'n vol (dus stabiele) buitenste orbitaal.
Wanneer een of meer elektrone geheel en al van 'n atoom verwyder word deur 'n ander atoom, word 'n ioon gevorm. Ione is atome wat a netto lading bevat as gevolg van die wanbalans in die aantal protone en elektrone. Sommige atome, soos Natrium, het een elektron in die buitenste orbitaal.
Ander, soos chloor, het net een meer elektron nodig om die buitenste orbitaal vol te maak. As natrium-atome dus kontak maak met chloor-atome, sal die natrium-atome hulle buitenste elektrone afgee aan die chloor-atome. Die natrium-atome sal dus 'n positiewe lading verkry en die chloor-atome sal 'n negatiewe lading verkry. Die ioon wat die elektron gesteel het word die anioon genoem en is negatief gelaai. Die atoom wat sy elektron verloor het word 'n katioon genoem en is positief gelaai. Katione en anione word na mekaar aangetrek as gevolg van die coulombiese kragte tussen die positiewe en negatiewe ladings. Die aantrekkingskrag word elektrovalente of ioniese verbinding genoem en is swakker as kovalente verbindings.
category:chemie
category:fisika
ja:原子
ko:원자
ms:Atom
simple:Atom
th:อะตอม
Yster
Yster is 'n chemiese element met die simbool Fe en atoomgetal van 26. Dit is 'n metaal in groep 8 en periode 4 van die periodieke tabel. Yster is die finale element wat tydens nukleosintese van sterre gevorm word en is dus die swaarste element wat nie 'n supernova of soortgelyke heftige gebeurtenis vereis vir sy vorming nie. Dit is daarom dan ook die swaarmetaal wat die meeste in die heelal voorkom.
Kenmerkende eienskappe
Yster is die metaal wat die meeste voorkom en daar word geglo dat dit die element is wat die tiende meeste in die heelal voorkom. Yster is ook op 'n massabasis die element wat die grootste deel van die Aarde uitmaak (34.6%); die konsentrasie yster in die verskillende lae van die Aarde wissel van baie hoog by die kern tot ongeveer 5% in die kors; dit is dalk moontlik dat die Aarde se binnekern bestaan uit 'n enkele ysterkristal, dit is egter meer waarskynlik dat dit uit 'n mengsel van yster en nikkel bestaan; daar word geglo dat die groot hoeveelheid yster in die Aarde verantwoordelik is vir sy magnetiese veld. Yster se simbool is Fe wat 'n afkorting vir ferrum, die latynse woord vir yster is.
Yster is 'n metaal wat uit ystererts ontgin word en word bitter selde in die vrye onverbonde vorm in die natuur aangetref. Om elementêre yster te verkry moet die onsuiwerhede verwyder word met behulp van chemiese reduksie. Yster word gebruik om staal te vervaardig wat nie 'n element is nie maar 'n legering, 'n oplossing van verskillende metale (en sommige nie-metale, veral koolstof).
Die kern van yster het die hoogste bindingsenergie per nukleoon, dit is dus die swaarste element wat eksotermies deur fusie geskep word en die ligste deur middel van fissie. Wanneer 'n groot ster aan die einde van sy leeftyd ineen krimp, bou die interne temperatuur en druk op, en stel die ster in staat om toenemend swaarder elemente te produseer. Wanneer yster begin vorm, sal die ster nie meer voldoende energie in sy kern produseer nie en ontstaan 'n supernova.
Kosmologiese modelle met 'n oop heelal voorspel dat daar 'n fase behoort te bestaan waar alle materie, as gevolg van stadige fusie en fissie reaksies, in yster sal verander.
Aanwendings
Yster is die metaal wat die meeste gebruik word en beslaan by tonnemaat ongeveer 95% van wêreldwye metaalproduksie. Die kombinasie van lae koste en hoë sterkte maak dit onontbeerlik, veral in toepassings soos motorvoertuie, groot skeepsrompe, en strukturele komponente vir geboue. Staal is die bekendste legering van yster. Ander vorms wat yster in aangetref word, sluit in:
- Ru-yster bevat 4% – 5% koolstof en verskeie hoeveelhede onsuiwerhede soos swael, silikon en fosfor. Dit is slegs belangrik as 'n intermediêre produk vir die vervaardiging van ystererts om gietyster en staal.
- Gietyster bevat 2% – 3.5% koolstof en klein hoeveelhede mangaan. Onsuiwerhede wat in ru-yster teenwoordig is wat die materiaaleienskappe negatief beïnvloed, soos swael en fosfor, is tot aanvaarbare vlakke verminder. Dit het 'n smeltpunt tussen 1420 – 1470 K, wat laer is as die twee hoofkomponente en dit is die eerste produk wat gesmelt word wanneer koolstof en yster saam verhit word. Dit is uiters sterk, hard en bros. Verwerking van gietyster selfs wanneer dit witwarm is, is geneig om die voorwerp te breek.
- Koolstaal bevat tussen 0.5% en 1.5% koolstof, met klein hoeveelhede mangaan, swael, fosfor en silikon.
- smee-yster bevat minder as 0,5% koolstof. Dit is 'n taai, pletbare produk. Dit bevat gewoonlik slegs 'n paar tiendes van 'n persent koolstof.
- Staallegerings bevat verskillende hoeveelhede koolstof sowel as ander metale, soos chroom, vanadium, molibdeen, nikkel, wolfram ens.
- Yster (III) oksiede word gebruik in die vervaardiging van magnetiese bewaring van inligting in rekenaars. Hulle word ook dikwels met ander stowwe vermeng en behou hulle magnetiese eienskappe in oplossings.
Geskiedenis
Die vroegste bewyse van die gebruik van yster kom van die Soemeriërs en die Egiptenare, waar klein voorwerpe soos spiespunte en ornamente wat met yster afkomstig uit die oorblyfsels van meteoriete gemaak is gevind is en wat datteer uit ongeveer 4000 v.C. Omdat meteoriete uit die lug val word daar deur taalkundiges gespekuleer dat die woord yster (en ander Europese verbuigings van die woord) oorspronklik van die Etruskaanse woord aisar afkomstig is wat die gode beteken.
Ystervoorwerpe afkomstig uit die tydperk 3000 v.C. en 2000 v.C. is toenemend in Mesopotamië, Anatolië en Egipte gevind (en is onderskeibaar van voorwerpe wat uit meteoriete vervaardig is vanweë die gebrek in nikkel daarin). Dit wil egter voorkom asof die gebruik van hierdie voorwerpe hoofsaaklik seremonieël was en was yster waarskynlik 'n baie duur metaal, selfs duurder as goud.
Wapens wat in die Iliad beskryf word, is hoofsaaklik van brons, maar word gietblokke van yster as handelsmiddel gebruik. Sommige bronne (Sien verwysing What Caused the Iron Age? hieronder) beweer dat yster waarskynlik 'n byproduk (sponsyster) van koperraffinering was en kon nie andersins deur die mettalurgiese kennis van die dag, vervaardig word nie. Teen 1600 v.C. en 1200 v.C. is Yster toenemend in die Midde-ooste gebruik, maar het dit nie brons as die belangrikste metaal vervang nie.
brons
In die tydperk tussen die 12de tot die 10de eeu v.C. het die gebruik van yster in gereedskap en wapens vinnig dié van brons vervang in die Midde-ooste. Die belangrikste faktor vir hierdie oorskakeling wil nie voorkom asof dit die tegonologiese verbeterings in ysterbewerking was nie, maar eerder die onderbreking van tinvoorsiening. Hierdie oorgangstydperk wat in verskillende tydperke in verskillende wêrelddele plaasgevind het, het die beskawingstydperk wat algemeen as die Ystertydperk bekend staan, ingelui.
In dieselfde oorgangstydperk is karbonering, wat die proses van byvoeging van koolstof tot die ysters van daardie tyd was, ontdek. Yster is uit sponsyster, 'n mengsel van yster en slak met 'n mate van koolstof en of karbied daarin, wat dan herhaaldelik gehamer en gevou is om die slak daarin te verwyder en om die koolstof daaruit te oksideer en sodoende 'n produk te vervaardig wat as smee-yster bekend staan. Smee-yster het 'n baie lae koolstofinhoud gehad en was nie so maklik om hard te maak deur dit te blus nie. Die mense van die Midde-ooste het ontdek dat 'n veel harder produk gemaak kon word deur die smee-yster oor 'n langtermyn in 'n bed houtskool te verhit en dit daarna in water of olie te blus. Die gevolglike produk was harder en minder bros as die brons wat dit vervang het.
In Sjina was die eerste yster ook afkomstig uit meteorietiese yster, voorwerpe wat uit smee-yster vervaardig is wat naby Xinjiang gevind is en uit die 8ste eeu v.C. datteer, dien as argeologiese bewysstukke daarvoor. Hierdie voorwerpe, uit smee-yster vervaardig is met dieselfde prosesse gemaak as dié afkomstig uit die Midde-ooste en Europa en daar word geglo dat dit deur mense wat nie van Chinese afkoms was, ingevoer is.
In die latere jare van die Zhou Dinastie (ca 550 v.C.), het 'n nuwe ystervervaardigingsvermoë ontstaan as gevolg van hoogs ontwikkelde oondtegnologie. Die Sjinese het hoogoonde vervaardig wat in staat was om temperature van meer as 1300 K te bereik en het die vervaardiging van gietyster of ru-yster ontwikkel.
Yster is al so vroeg as 250 v.C. gebruik. Die beroemde Ashoka Pilaar naby Delhi is uit yster met 'n hoë suiwerheid (98%) vervaardig en het tot op hede nog nie verroes of verweer nie.
As ysterertse saam met koolstof verhit word tot 1420–1470 K, vorm 'n gesmelte vloeistof wat 'n allooi van ongeveer 96.5% yster en 3.5% koolstof. Hierdie produk is sterk, kan in ingewikkelde vorms gegiet word, maar is te bros om verwerk te word tensy die produk gedekarboneer word om die meeste koolstof te verwyder. Sjinese ystervervaardiging vanaf die Zhou dinastie en later was oorwegend gietyster. Yster het egter maar 'n nederige produk gebly wat deur boere vir honderde jare gebruik is en het eers regtig die Sjinese adelstand met die Qindinastie beïnvloed (ca 221 v.C.).
Die ontwikkeling van gietyster was stadiger in Europa omdat die smeltoonde slegs temperature van ongeveer 'n 1000 K kon bereik. Deur 'n groot gedeelte van die Middeleeue is yster in Wes-Europa steeds gemaak deur die verwerking van sponsyster na smee-yster. Die giet van yster het in Europa, eerste in Swede plaasgevind by twee liggings, Lapphyttan en Vinarhyttan, omstreeks 1150 en 1350 n.C. Geleerdes glo dat die praktyk dalk deur die Mongole oor Rusland heen na hierdie plekke gebring is, maar daar is geen klinklare bewys vir hierdie teorie nie. 'n Mark vir hierdie gietyster goedere het in elk geval teen die laat veertiende eeu ontstaan, toe die vraag na kanankoëls ontwikkel het.
Vroeëre ystersmelttegnieke het houtskool gebruik as hittebron en reduseermiddel. In 18de eeuse Engeland het houtvoorrade verminder en is kooks, 'n fossielbrandstof as alternatief gebruik. Hierdie uitvinding deur Abraham Darby het die momentum vir die Industriële omwenteling verskaf.
Verspreiding
Industriële omwenteling
Yster is een van die mees algemene elemente op aarde en maak bykans 5% van die Aardkors uit. Die meeste yster word in verskeie ysteroksiede aangetref, soos in die minerale hematiet, magnetiet en takoniet. Daar word geglo dat die aarde se kern hoofsaaklik uit 'n metalliese yster-nikkel legering bestaan. Ongeveer 5% van die meeste meteoriete bestaan soortgelyk ook uit 'n ysternikkellegering. Al kom meteoriete selde voor is dit die hoofbron van metalliese yster op die aardkors.
Ontginning uit erts
Yster word ontgin van sy ertse, hoofsaaklik hematiet (Fe2O3) en magnetiet (Fe3O4) deur dit met koolstof in 'n hoogoond te ruduseer teen temperature van ongeveer 2000 °C. In 'n hoogoond word ystererts, koolstof in die vorm van kooks en met kalksteen as smeltmiddel bo-in die oond gevoer terwyl verhitte lug deur die oond van die bodem af daardeur geblaas word.
Kooks reageer met suurstof in die oond om koolstofmonoksied te vorm:
:6 C + 3 O2 → 6 CO
Die koolstofmonoksied reduseer die ystererts (hematiet in die chemiese vergelyking hieronder) na gesmelte yter en skakel in die proses om na koolstofdioksied:
:6 CO + 2 Fe2O3 → 4 Fe + 6 CO2
Die smeltmiddel is teenwoordig om die onsuiwerhede in die erts te laat smelt, hoofsaaklik silikondioksied en ander silikate. Algemeen gebruikte smeltmiddels sluit kalksteen (wat grootliks bestaan uit kalsiumkarbonaat) en dolomiet (magnesiumkarbonaat) in. Ander smeltmiddels kan ook gebruik word afhangende van die onsuiwerhede teenwoordig in die erts. In die hoë hitte van die oond ontbind die kalksteen na kalsiumoksied (ongebluste kalk):
:CaCO3 → CaO + CO2
Die kalsiumoksied verbind dan met die silikondioksied om 'n slak te vorm.
:CaO + SiO2 → CaSiO3
Die slak smelt in die hitte van die oond anders as met silikondioksied. Die slak dryf bo-op die digter vloeibare yster. Tuite in die kant van die oond word voorsien om die slak en yster te dreineer. Die yster sodoende verkry word ru-yster. Die slak kan gebruik word vir padbou doeleindes of in die landbou om mineraalarme grond te verryk.
Ongeveer 1100Mt (miljoen ton) ystererts is in 2000 in die wêreld ontgin met 'n brutomarkwaarde van ongeveer 25 miljard V.S.A-dollar. Ertsontginning vind plaas in 48 lande maar die vyf grootse produsente, China, Brazilië, Australië, Rusland en Indië maak ongeveer 70% van die wêreld se totale ysterertsproduksie. Die 1100Mt ystererts is gebruik om ongeveer 572Mt ru-yster te vervaardig.
Verbindings
2000.]]
Algemene oksidasie toestande van yster sluit in:
- die Yster (II) toestand, Fe2+.
- die Yster (III) toestand, Fe3+, ook baie algemeen veral in roes.
- die Yster (IV) toestand, Fe4+, wat in sommige ensieme gestabiliseer is (bv. peroksidase.
- die Yster (VI) toestand, Fe6+, is meer seldsaam in kaliumferaat.
- Ysterkarbied Fe3C staan ook bekend as sementiet.
Sien ook
- Ysteroksied
Biologiese rol
Yster is noodsaaklik vir alle organismes buiten 'n paar bakterieë. Dit word meestal stabiel binne metalloproteïene gevind, want andersins veroorsaak dit in die vrye vorm dat vrye radikale gevorm word wat giftig is vir selle. Baie diere sluit yster in by die hemekompleks, 'n noodsaaklike komponent van sitochroom, wat die proteïene is wat by die redoks-reaksies betrokke is (wat onder andere respirasie insluit), asook in die suurstofdraende proteïene hemoglobien en mioglobien. Anorganiese yster wat betrokke is by redoks-reaksies word ook gevind in die yster-swael trosse van baie ensieme, soos bv. nitrogenase (betrokke by ammoniaksintese vanuit stikstof en waterstof) en hidrogenase. 'n Klas nie-heme ysterproteïene is verantwoordelik vir 'n wye reeks funksies in verskeie lewensvorme, soos die ensieme metaan monooksigenase (oksideer metaan na metanol), ribonukleotied reduktase (reduseer ribose na deoksiribose; DNA biosintese), hemeritriene (vervoer en bind suurstof in ongewerwelde seediere) en pers-suur fosfaatase (hidrolis van fosfaatesters). Wanneer die liggaam 'n bakteriese infeksie bestry, stoor dit yster in die vervoerproteïen transferrin om die bakterieë gebruik daarvan te ontsê.
Yster verspreiding word goed beheer in soogdiere. Die yster wat vanuit die duodenum geabsorbeer word word aan transferrin gebind en deur die bloed vervoer na die verskillende selle. Daar word dit deur 'n tot nog toe onbekende meganisme by die teikenproteïene opgeneem [http://www.plosbiology.org/plosonline/?request=get-document&doi=10.1371%2Fjournal.pbio.0000079].
Goeie voedselbronne van yster sluit vleis, vis, pluimvee, lensies, boontjies, blaargroente, tofu, ertjies en aarbeie in.
Voeselaanvullings voorsien dikwels yster in die vorm van Yster (II) fumaraat. Die aanbevole daaglikse inname wissel aansienlik en hang af van ouderdom, geslag en die voedingsbron waarin die yster voorkom (heme-gebaseerde yster het 'n hoër bio-beskikbaarheid) [http://www.iom.edu/Object.File/Master/7/294/0.pdf].
Isotope
Yster wat natuurlik voorkom bestaan uit vier isotope: 5.845% uit radio-aktiewe 54Fe (halfleeftyd: 3.1 x 1022 jaar), 91,754% uit stabiele 56Fe, 2,119% uit stabiele 57Fe en 0,282% uit stabiele 58Fe. 60Fe is 'n uitgestorwe radionuklied wat 'n baie lang halfleeftyd gehad het (1,5 miljoen jaar). Die isotoop 56Fe is van besondere belang vir kernwetenskaplikes aangesien dit die mees stabiele kern moontlik is. Dit is nie moontlik om fissie of fusie reaksies op 56Fe uit te voer en steeds energie vry te stel nie. Dit is vir geen ander element waar nie.
Daar is in sekere meteoriete 'n korrelasie gevind tussen die 60Ni, die dogterproduk van 60Fe en die verspreiding van stabiele yster isotope wat bewys is daarvan dat 60Fe bestaan het met die vorming van die sonnestelsel. Die energie wat vrygestel is deur die verval van 60Fe saam met die energie wat deur die radionuklied 26Al vrygestel is het waarskynlik bygedra tot die hersmelting en differensiasie van asteroïede na hul vorming rondom 4.6 biljoen jaar gelede. Die hoë voorkoms van 60Ni teenwoordig in buiteruimse materiaal verskaf ook meer insig in die ontstaan van die sonnestelsel en sy vroeë geskiedenis. Van die stabiele isotope het slegs 57Fe 'n kernspin (−1/2). Om hierdie rede vind 57Fe toepassings as 'n spin-isotoop in chemie en biochemie.
Voorsorgmaatreëls
Oormatige innamme van yster is toksies, aangesien die oormaat yster met peroksiede in die liggaam reageer wat vrye radikale laat ontstaan. Die liggaam se eie anti-oksidant meganismes beheer hierdie proses as Yster in normale vlakke voorkom. In oormaat word onbeheerbare hoeveelhede vrye radikale gevorm.
Die noodlottige dosis yster by 'n tweejarige is ongeveer drie gram yster. Een gram kan ernstige vergiftiging tot gevolg hê. Daar is gevalle aangemeld van kinders wat vergiftig is deur tussen 10-50 tablette ystersulfaat oor 'n tydperk van 'n paar uur in te neem. Oormatige verbruik van yster is die enkele grootste oorsaak van sterftes by kinders wat per abuis farmaseutiese middels inneem. Die DRI lys die Hoogste Draagbare Inname vlak (HV) vir volwassenes as 45 mg/dag. Vir kinders onder veertien jaar oud is die HV 40 mg/dag.
As yster-inname oormatig is, kan 'n aantal ysteroormaat afwykings voorkom. Om hierdie rede moet mense nie yster aanvullings neem tensy hulle aan 'n ystertekort ly en alvorens hulle 'n dokter geraadpleeg het nie.
Verwysings
- [http://en.wikipedia.org/wiki/Iron Engelstalige wikipedia artikel oor Yster]
- [http://periodic.lanl.gov/elements/26.html Los Alamos National Laboratory – Artikel oor Yster]
Eksterne skakels
- [http://www.webelements.com/webelements/elements/text/Fe/index.html WebElements.com – Artikel oor Yster]
- [http://education.jlab.org/itselemental/ele026.html It's Elemental – Artikel oor Yster]
- [http://www.iscor.com/ Mittal se Suid-Afrikaanse stek]
Category:Chemiese elemente
Category:Oorgangsmetale
ja:鉄
ko:철
ms:Besi
simple:Iron
th:เหล็ก
KristalstruktuurBaie vaste stowwe het 'n kristallyne struktuur. Dit wil sê dat hulle bestaan uit 'n reëlmatige stapeling van 'n strukturele eenheid (molekules, ione, atome) wat as boustene daarvan beskou kan word. Die strukturele eenhede vorm 'n driedimensionele rooster. In kristallografie word die gestapelde strukturele eenhede eenheidselle genoem.
Die reëlmatige stapeling word (Paralelle) verskuiwingsimmetrie genoem. Naas die verskuiwingsimmetrie bestaan daar ook die interne simmetrie binne dié eenhede. Die somtotaal van die soorte simmetrieë word die kristalstruktuursimmetrie genoem.
'n Tegniek wat gebruik kan word om die kristalstruktuur te bepaal is X-straaldiffraksie. Dit is tot op hede (2003) nog die noukeurigste metode om die struktuur van molekules te ondersoek. Die kristalstrukture van meer as 250 000 organiese verbindings is reeds bepaal en opgeteken in die Cambridge Structural Database.
Buiste kristallyne vaste stowwe bestaan daar ook glasstrukture en amorfe strukture.
Kristalsimmetrie
Kristalstrukture word gekenmerk deur hul simmetrie. Daar kan tussen twee vorme van simmetrie onderskei word:
- verskuiwingsimmetrie tussen die eenheidselle
- interne simmetrie tussen verskillende dele van die eenheidsel
Verskuiwingsimmetrie
Verskuiwingsimmetrie beteken dat 'n mens die struktuureenheid telkens weer opnuut teëkom wanneer 'n mens 'n bietjie verder af (blik verskuif) in die kristal kyk. Hierdie verskuiwingsimmetrie kan op sy beste beskryf word deur 'n eenheidsvektor. Omdat 'n kristal driedimensioneel is word daar vir 'n volledige beskrywing, drie sulke vektore of selasse benodig wat nie in één vlak lê nie.
Gesamentlik vorm hierdie vektore 'n parallellopipedum of blok wat die eenheidsel genoem word. Die drie eenheidsvektore (a,b,c) word die selasse of selkonstante genoem. Afhangende van die aan- of afwesigheid van rotasiesimmetrie kan die asse willekeurige hoeke (α,β,γ) met mekaar vorm of moet hulle haaks ten opsigte van mekaar staan. Daar word ook aan die relatiewe lengtes van hierdie asse, afhangende van die oorhoofse simmetrie, beperkinge opgelê. Die volgende is moontlike rooster:
- triklinies (a, b, c, α, β, γ almal willekeurig)
- monoklinies (a, b, c, β almal willekeurig, α = γ = 90°)
- ortorombies (a, b, c willekeurig, α = β = γ = 90°)
- tetragonaal (a = b, c willekeurig, α = β = γ = 90°)
- rombohedries (a = b = c, α = β = γ)
- heksagonaal (a = b, c willekeurig, α = β = 90° γ = 120°)
- kubies (a = b = c, α = β = γ = 90°)
'n Konvensie wat in kristallografie gevolg word is dat daar sover moontlike gepoog word om die hoogste moontlike simmetrie gebruik word om 'n kristalrooster te beskryf. Verder word daar ook waar moontlik die kortste asse a, b en c gebruik wat die rooster korrek kan beskryf.
In sommige gevalle is dit moontlik om 'n rooster te beskryf met 'n hoër simmetrie deur die volume van die eenheidsel met 2, 3 of 4 te vermenigvuldig (sentrering). Dit lei dan tot 'n sogenaamde nie-primitiewe rooster. Daar is 14 kombinasies van roosters met sentrering, die sogenaamde Bravais-soorte.
Interne simmetrie
Die interne simmetrie tussen verskillende dele van die eenheidsel kan die vorm aanneem van 'n inversie (die omkeer van al drie die ruimtekoördinate), 'n spieëling (die loodregte omkeer van 'n ruimtekoördinaat ten opsigte van 'n denkbeeldige vlak) en 'n rotasie (die draai van die ruimte om 'n denkbeeldige lyn). Omdat 'n kristalstruktuur altyd ook 'n verskuiwingsimmetrie het, kom slegs 2-, 3-, 4- en 6-voudige rotasiesimmetrie voor. Naas suiwer spieëling en rotasie is daar ook kombinasies van spieëling en rotasie moontlik met klein verskuiwings (kleiner as die verskuiwing tussen eenheidselle).
Kristalstrukture in die verskillende roostersoorte kan verskillende simmetrie-elemente bevat:
- 'n Trikliniese kristalstruktuur kan slegs inversiesimmetrie bevat
- 'n Monokliniese kristalstruktuur het 'n dubbele rotasie of 'n dubbele rotasie en 'n spieëling of 'n kombinasie van die twee.
- 'n Ortorombiese struktuur het drie dubbele rotosies of twee dubbele rotasies en 'n spieëling of drie spieëlings.
- 'n Tetragonale struktuur het ten minste een viervoudige rotasie
- 'n Rombohedriese of 'n heksagonale struktuur het ten minste een drievoudige rotasie.
- 'n Kubiese struktuur het ten minste een drievoudige rotasie (langs die liggaamsdiagonaal van die kubus) en drie twee- of viervoudige rotasies langs die drie asse en/of drie spieëlvlakke loodreg ten opsigte van die asse.
Alle moontlike kombinasies van roostersoorte met alle kombinasies van interne simmetrie wat daarin voor kan kom gee presies 230 ruimtegroepe.
Klassifikasie van roosters
Die roosters kas op verskeie maniere ingedel word. Daar is in totaal sewe kristallografiese stelsels, wat in 14 sogenaamde Bravaistralies verdeel kan word. Hierdie tralies en stelsels word in onderstaande tabel weergegee.
Verwysings
- Ooreenstemmende artikel in nederlandstalige wikipedia [http://nl.wikipedia.org/wiki/kristalstructuur]
- Ooreenstemmende artikel in die engelstalige wikipedia [http://en.wikipedia.org/wiki/Crystal_structure]
Kategorie:Chemie
ja:結晶構造
Legering'n Legering is 'n kombinasie, hetsy in oplossing of verbinding van twee of meer elemente waarvan ten minste een 'n metaal is en waar die resulterende materiaal metaaleienskappe het. 'n Legering met twee komponente word 'n binêre legering genoem; een met drie 'n ternêre legering; een met vier 'n kwarternêre legering. Die resultaat is 'n metaalagtige stof met eienskappe wat verskil van die komponente.
Legerings word gewoonlik ontwerp om eienskappe te hê wat meer wenslik is as dié van hulle komponente alleen. Staal is byvoorbeeld sterker as yster, een van die hoofbestandele daarvan, en geelkoper is meer duursaam as koper, maar baie meer aantreklik as sink.
Anders as suiwer metale, het baie legerings nie 'n enkele smeltpunt nie. In plaas daarvan het hulle 'n smeltreeks waar die materiaal bestaan uit 'n mengsel van vastestof- en vloeistoffases. Die temperatuur waarby die smelting begin word die solidus genoem en waar die smeltproses volledig voltooi is, die liquidus. Spesiale legerings met 'n enkele smeltpunt kan egter ook ontwerp word en hulle word eutektiese mengsels genoem.
Somtyds word daar bloot na 'n legering verwys met die naam van die basismetaal, soos in die geval van 14 karaat (58%) goud wat 'n legering van goud met ander elemente is. Dieselfde geld vir silwer wat in juweliersware gebruik word en aluminium wat struktureel aangewend word.
Bekende legerings sluit in:
- amalgaam
- geelkoper
- brons
- duralumin
- elektrum
- edeltin (pewter)
- soldeersel
- vlekvrye staal
- staal
Sien ook
- lys van legerings
- metallurgie
-
Category:Anorganiese verbindings
Category:Metallurgie
ja:合金
ko:합금
ms:Aloi
simple:Alloy
Vliegtuig‘n Vliegtuig is ‘n masjien wat in staat is tot atmosferiese vlugte. Dit word moontlik gemaak deur ‘n prinsiep wat deur Australiese inboorlinge ontdek is. Hulle het agtergekom dat 'n stok baie verder gegooi kan word as die "bokant" daarvan met 'n effense kurwe gevorm is.
Duisende jare later het mense in Europa en Noord-Amerika die beginsel wat die boemerang laat vlieg het, herontdek, en masjiene probeer bou wat deur die lug kon sweef. Uiteindelik het twee broers, genaamd Wilbur en Orville Wright, met 'n gewerskaf in hulle fietswinkel in Dayton, Ohio, die eerste bemande, kragaangedrewe "vliegmasjien" of vliegtuig gebou.
Vandag wemel die lugruim bokant ons van vliegtuie met grasieuse vlerktipes en vorms, wat almal in staat is om te vlieg, omdat hulle op dieselfde beginsel van aërodinamika reageer wat eerste in die boemerang gebruik is.
Die mens het voorheen in balonne, lugskepe en ander tuie gevlieg, maar die vliegtuig het die mees bruikbare manier geword om van plek tot plek oor die aarde se oppervlakte te vlieg. In die relatiewe kort tydperk sedert die Wright boers se historiese vlug, het die mensdom reuse spronge in die vliegkuns gemaak. Sy vliegtuie het geografiese grense afgebreek om handel te dryf tussen nasies, poletieke isolasie onmoontlik gemaak en die slaankrag van militêre magte geweldig verhoog.
In wêrelddele waar daar min paaie of spoorlyne is, het die vliegtuig die hoof vervoermiddel geword. Boere in Australië en en Alaska maak op vliegtuie staat om voorrade en toerusting te vervoer, asook om hulle na stede te vervoer om sake te doen of vir mediese behandeling. In dele van Alaska neem die vliegtuig selfs vir kort afstande die plek van motors in; sommige mense in Alaska weet nie hoe om 'n motor te bestuur nie, maar hulle het 'n vlieglisensie. Die vliegtuig word gebruik vir besigheid, industrië, landbou bv. oesbespuiting, natuurbewaring, bestudering van die weer, kartering, lug-fotografie, ontspanning en verdediging.
'n Paar voorbeelde van moderne vliegtuie sluit in die Brits-Franse supersoniese passasiersvliegtuig, die Concorde, wat intussen alreeds in onbruik verval het agv. geraas en hoë bedryfskoste, die pendeltuie, wat herhaalde vlugte ruimte toe en terug onderneem, die pas getoetsde Airbus 380A wat 555 passasiers kan dra, asook sy teenvoeter, Boeing 777-200LR wat eersdaags vrygestel gaan word.
Die grootste vliegtuig ooit is die Rusiese Antonov An-225.
So pas is aangekondig dat Japan en Australië gaan saamspan om 'n nuwe supersoniese vliegtuig, soortgelyk aan die Concorde, te ontwikkel. Die vliegtuig sal met 300 passasiers die afstand tussen New York en Tokio binne 6 ure kan aflê.
-----
Sien ook Papiervliegtuig
ja:%E8%88%AA%E7%A9%BA%E6%A9%9F
zh-min-nan:Hui-ki
simple:Aircraft
Ru-olie pomp, 2001]]
Petroleum (vanuit Latyn petrus – rots en oleum – olie), minerale olie of ru-olie is 'n dik, donkerbruin of groenerige vlambare vloeistof wat in die boonste strata van van die aarde se kors voorkom. Dit bestaan uit 'n komplekse mengsel van verskeie koolwaterstowwe, hoofsaaklik uit die metaan reeks, maar mag verskil in voorkoms, samestelling en suiwerheid.
Geskiedenis
Die eerste oliebronne is in die 4de eeu of dalk vroeër in Sjina ontgin. Die olie is verbrand om soutwater te laat verdamp ten einde sout te vervaardig. Teen die 10de eeu is op groot skaal van bamboes-pyplyne gebruik gemaak om boorgate met die soutbronne te verbind.
pyplyne
Die vader van die moderne petroleumbedryf was 'n afgetrede Amerikaanse spoorwegkondukteur met die naam Edwin Drake. Hy het in die 1850's naby Titusville, Pennsylvania, onverwags 'n oliebron raakgeboor toe hy eintlik op soek was na onderaardse soutwater om sout te maak. Binne 'n ommesientjie het fortuinsoekende prospekteerders van heinde en ver hul verskyning gemaak. Desondanks het die bedryf in die 1800's stadig gegroei en eers vroeg in 20ste eeu van internasionale belang geword. Die bekendstelling van die binnebrandenjin het die vraag na olie geskep wat die bedryf tot vandag toe onderhou. Vroeë vondste soos dié in Pennsylvania en Ontario is vinnig uitgeput wat tot die "oliestormlope" in Texas, Oklahoma en Kalifornië gelei het. Ander lande het oliereserwes besit as deel van hul koloniale besittings en het dit tot 'n industriële vlak begin ontwikkel.
Steenkool was selfs tot in 1955 die primêre bron van brandstof, waarna olie begin oorneem het. Vandag voorsien olie in 90% van die wêreld se brandstofbehoefte. Ná die energiekrisis van 1973 en die energiekrisis van 1979 was daar beduidende media-dekking oor die vlakke van ru-olie-voorsiening. Kommer oor die feit dat olie 'n beperkte hulpbron is en uiteindelik sal opraak (as ekonomies lewensvatbare bron) is op die spits gedryf. Die vooruitskattings van oorblywende voorrade was destyds baie droewig. Toe die voorspellings onwaar blyk te wees, is die debat hieroor in baie kringe met veel minder angsvalligheid voortgesit. Die toekoms van petroleumbrandstowwe bly egter steeds 'n omstrede onderwerp. Baie mense meen die swartgallige voorspellings oor die petroleumvoorraad nog waar sal word en dat die datum slegs uitgestel is. Ander reken egter dat tegnologiese vooruitgang sal verseker dat goedkoop koolwaterstowwe beskikbaar gemaak kan word en dat die aarde nog ontsaglike onkonvensionele petroleumbronne bevat in die vorm van teersand, bitumen-velde, olieskaal en metielhidraat, wat sal meebring dat petroleum nog tot ver in die toekoms gebruik sal kan word.
Petroleum is van onskatbare waarde as 'n vervoerbare, hoë-energiedigtheid-bron. Die meeste voertuie gebruik petroleumbrandstof en petroleum vorm die basis van baie industriële chemikalieë. Dit maak petroleum een van die wêreld se belangrikste kommoditeite. Toegang tot die hulpbron het 'n belangrike rol gespeel in verskeie militêre konflikte, insluitende die Tweede Wêreldoorlog en die Golfoorlog. Die wêreld se grootste reserwes is in die Midde-Ooste, 'n polities onstabiele gebied, geleë.
Olienywerhede se teenwoordigheid het 'n betekenisvolle impak op die samelewing en die omgewing wat strek van ongelukke en besoedeling as gevolg van aktiwiteite wat seismiese eksplorasie, boor en raffinering insluit. Olie-ontginning is duur en dikwels skadelik vir die omgewing. Ontginning kan aktiwiteite insluit soos baggerwerk wat die seebodem omdolwe en die plantlewe daar vernietig waarop baie seediere staatmaak vir oorlewing. Ru-olie en geraffineerde brandstof lek uit olietenkskepe na ongelukke en was al verantwoordelik vir grootskaalse skade aan ekostelsels in Alaska, die Galapagos-eilande, Spanje en vele ander plekke. Alternatiewe hernubare energiebronne bestaan wel, maar die mate waartoe hulle petroleum kan vervang en die moontlike omgewingskade wat hulle kan veroorsaak, is ook 'n omstrede kwessie.
Oorsprong
Biogeniese teorie
Die meeste geoloë beskou ru-olie, asook steenkool en natuurlike gas, as die produk van die samepersing van antieke plantmateriaal oor verskeie geologiese tydperke. Volgens die teorie is dit gevorm vanuit die verrotende oorblyfsels van prehistoriese see- en land diere. Oor baie eeue heen is die organiese materie, gemeng met modder, onder dik sedimentêre lae begrawe. Die gevolglike hoë vlakke van hitte en druk het veroorsaak dat die oorblyfsels 'n metamorfose ondergaan het, eers tot 'n wasagtige materiaal bekend as kerogeen, en dan na vloeibare en gasagtige koolwaterstowwe. Die stowwe het dan gemigreer deur die omliggende rotslae totdat hulle vasgevang is in poreuse rotslae (bekend as reservoirs) om sodoende 'n olieveld te vorm, waaruit die vloeistof verwyder kan word deur te boor en te pomp.
Alternatiewe teorieë
'n Paar wetenskaplikes, waarvan die vernaamste Thomas Gold is, het ander teorieë voorgestel, nl. die abiogeniese, teorieë vir die oorsprong van ru-olie. Die teorie stel voor dat groot hoeveelhede koolstof natuurlik in die planeet voorkom, sommige in die vorm van koolwaterstowwe. Koolwaterstowwe is ligter as rotse dus is hulle geneig om boontoe te dryf. Diep mikrobiese lewe skakel hulle dan om na die verskillende tipes koolwaterstof neerslae.
Daar bestaan ook 'n nuwe teorie wat in die Scientific American in 2003 gepubliseer is, wat voorstel dat die koolwaterstowwe ontstaan as gevolg van aktiewe kern aktiwiteit in die aarde se kors.
Samestelling
Die chemikalieë wat die komponente van petroleum uitmaak word geskei deur distillasie. Produkte gebaseer op geraffineerde ru-olie sluit in: keroseen, benseen, petrol, paraffien was, asfalt ens.
Streng gesproke bestaan petroleum geheel en al uit koolwaterstowwe wat verbindings van waterstof en koolstof is.
Die vier ligste koolwaterstowwe — CH4 (metaan), C2H6 (etaan), C3H8
(propaan) en C4H10 (butaan) — is almal gasse, met kookpunte van -107°C, -67°C, -43°C, en -18°C respektiewelik.
Die C5-7 koolstofkettingsreeks is almal ligte naftas wat maklik verdamp. Hulle word hoofsaaklik as oplosmiddels, droogskoonmaak middels en vir ander vinnig drogende produkte gebruik. Die C6H14 tot C12H26 koolwaterstowwe word vermeng om petrol vervaardig. Keroseen (Paraffien) bestaan uit die C10 tot C15 koolstofkettings. Diesel en brandolies bestaan uit die C10 tot C20 reeks koolstofkettings terwyl swaarder brandolies (soos diè wat in skeepsenjins gebruik word) nog langer koolstofkettings kan bevat. Die petroleum produkte is almal vloeibaar teen kamertemparatuur.
Smeerolies en ghries (insluitende Vaseline®) bestaan uit C16 en langer koolstofkettings.
Koolstofketting bo C20 vorm soliede materiale by kamertemperatuur soos onder andere paraffien was, teer en bitumen.
Die kookpunte intervalle van atmosferiese petroleum distillasie fraksies in °C is as volg:
- petrol eter: 40 - 70 °C (gebruik as oplosmiddel)
- ligte petrol: 60 - 100 °C (voertuig brandstof)
- swaar petrol: 100 - 150 °C (voertuigbrandstof)
- ligte keroseen: 120 - 150 °C (huishoudelike brandstof (paraffien) en oplosmiddel)
- keroseen: 150 - 300 °C (stralerenjin brandstof)
- gas olie: 250 - 350 °C (Diesel brandstof/ verhitting)
- smeerolie: > 300 °C (enjin olie)
- oorblywende fraksies: teer, asfalt, residu brandstof
Ontginning
Die eerste stadium van die ru-olie produksieproses is om 'n boorgat te sink tot in 'n ondergrondse reservoir. Die eerste olievelde het bestaan waar die olie natuurlik tot die oppervlak deurgebreek het, maar die meeste van hierdie velde is al lankal uitgeput. Dikwels word meer as een boorgat in dieselfde reservoir gesink om te verseker dat die ontrekkingstempo ekonomies lewensvatbaar sal wees. Sommige van die boorgate word gebruik om water en verskeie gasmengsels in die reservoir in te pomp om die reservoir se druk te behou of te vergroot om die tempo van ontrekking by ekonomiese hoeveelhede te hou.
Indien die ondergrondse druk in die olie reservoir voldoende is dan sal die olie na die oppervlak geforseer word met hierdie druk as die dryfkrag. In sodanige situasie is dit voldoende om 'n komplekse rangskikking van kleppe op die boorgat se kop te gebruik om die boorgat aan die pyplyn netwerk vir stoor en prosseseringsdoeleindes te koppel.
Oor die leeftyd van die boorgat sal die druk val en by 'n sekere punt sal daar onvoldoende ondergrondse druk wees om die olie na die oppervlak te forseer en sal dit nodig wees om die olie uit die boorgat te pomp.
Verskeie tegnieke word ingespan om behulpsaam te wees met die herwinning van olie uit uitgediende laedruk reservoirs, insluitende perdekop pompe, Elektriese dompelpompe en borrelpompe. Ander tegnieke sluit in Water inspuiting en gas herinspuiting wat help om die reservoir druk hoog te hou, normaalweg ten koste van die verhouding waarteen die verskillende produkte voorkom in die produk olie.
Klassifikasie
Die olie-industrie klassifiseer ru-olies volgens hul oorsprong (bv. "West Texas Intermediate, WTI" of "Brent") en dikwels volgens hulle relatiewe gewig of viskositeit ("lig", "intermediêr" of "swaar"); raffineerders mag ook verwys na die olie as "soet", wat beteken dat die olie 'n relatiewe lae swaelinhoud het, of as "suur", wat beteken dat die swaelinhoud hoog is en meer raffinering verg om aan dieselfde produkspesifikasies te voldoen.
Die wêreld verwysingsvate is:
- Brent Blend, wat bestaan uit 15 olies uit velde in die Brent en Ninian velde in die Oos Shetland kompleks in die Noordsee. Die olie word by die Sullom Voe-terminaal in die Shetland Eilande aan wal geneem. Olieproduksie van Europa, Afrika en die Midde-Ooste se prys word bepaal na aanleiding van die prys van hierdie olie as maatstaf.
- West Texas Intermediate (WTI) vir Noord-Amerikaanse olie.
- Dubai word gebruik as maatstaf vir die Asië-Stille Oseaan gebied vir Midde Oosterse olie.
- Tapis (van Maleisië, as verwysing vir ligte verre-oosterse olie.
- Minas (van Indonesië, word gebruik as verwysing vir swaar verre-oosterse olie)
- Die OPUL-mandjie wat bestaan uit
- Arab Light Saoedi-Arabië
- Bonny Light Nigerië
- Fateh Dubai
- Isthmus Mexico (nie-OPUL)
- Minas Indonesië
- Saharan Blend Algerië
- Tia Juana Light Venezuela
OPUL poog om die prys van die OPUL-mandjie tussen bo- en ondergrense te hou deur produksie te verlaag of te verhoog. Dit maak hierdie maatstaf belangrik vir markanaliste. Die OPUL-mandjie wat 'n mengsel van ligte en swaar ru-olies insluit is swaarder as beide Brent en WTI olie.
Sien ook [http://tonto.eia.doe.gov/ask/crude_types1.html]
Prysvasstelling
Venezuela]
Die prys van olie skommel wyd na aanleiding van krisisse en resessies in groot ekonomieë, omdat enige ekonomiese verslapping die vraag na olie verminder. Aan die leweransierskant gebruik die OPEC kartel hulle invloed om die prys te stabiliseer of te laat styg. Die amptelike OPEC prysband vir ru-olie is tussen VS$22 tot VS$28 per vat. Brent Crude se prys is egter tans (Oktober 2004) so hoog as VS$53 per vat.
'n Laagtepunt in die prys is onlangs in Januarie 1999 bereik na die verhoogde olie produksie vanuit Irak saamgeval het met die Asiese finansiële krisis, wat 'n skerp daling in vraag meegegaan het. Die pryse het daarna skerp gestyg en het meer as verdubbel in September 2000, het toe weer geval tot en met die einde van 2001 waarna dit voortdurend gestyg het tot die huidige prysvlakke van oor die VS$53. Die "Light Crude" termynmark op die NYMEX beurs vir lewering in November is al hoër as VS$53 per vat. Sien [http://futures.tradingcharts.com/chart/CO/M]
Die New York Mercantile Exchange (NYMEX) verhandel ru-olie (insluitend termynkontrakte) en skep die basis vir die Verenigde State se olieprys vasstelling via die WTI (West Texas Intermediate). Ander beurse verhandel ook ru-olie termynkontrakte, bv die International Petroleum Exchange (IPE) in London wat verhandel op 'n Brent ru-olie basis. Nat olie word normalweg gekoop en verkoop tussen maatskappye volgens bilaterale ooreenkomste, tipies met verwysing na 'n baken ru-olie graad (marker crude) wat tipies gekwoteer word deur die prysvasstellingsagentskap Platts. So word 'n sekere graad olie, gestel Fulmar, byvoorbeeld in Europa verkoop teen 'n prys van "Brent plus VS$0.25 per vat".
Sien ook [http://www.wtrg.com/prices.htm Geskiedenis en Analise van Ru-olie pryse]
Top petroleum produserende lande
(In volgorde van hoeveelhede geproduseer in 2003):
- Saoedi-Arabië (OPUL)
- Verenigde State
- Rusland
- Iran (OPEC)
- Mexiko
- Sjina
- Noorweë
- Kanada
- Verenigde Arabiese Emirate (U.A.E) (OPEC)
- Venezuela (OPEC)
- Verenigde Koninkryk (U.K)
- Koeweit (OPEC)
- Nigerië (OPEC)
(In volgorde van hoeveelheid uitgevoer in 2003):
- Saoedi-Arabië (OPEC)
- Rusland
- Noorweë
- Iran (OPEC)
- Verenigde Arabiese Emirate (U.A.E) (OPEC)
- Venezuela (OPEC)
- Koeweit (OPEC)
- Nigerië (OPEC)
- Mexiko
- Algerië (OPEC)
- Libië (OPEC)
Neem kennis dat die Verenigde State omtrent al sy eie produksie self verbruik.
Bron: [http://www.eia.doe.gov/emeu/cabs/topworldtables1_2.html Energie Statistieke van die VSA regering]
Die petroleum-industrie in Suid-Afrika
Hoofartikel – Suid-Afrikaanse olie-industrie
Die belange van die Suid-Afrikaanse oliemaatskappye word verteenwoordig deur SAPIA. Suid-Afrika het geen plaaslike ru-oliebronne nie en dus word ru-olie ingevoer. Die stigting van Sasol, wat vloeibare brandstof uit steenkool vervaardig, het Suid-Afrika baie minder afhanklik gemaak van olie-invoere alhoewel daar nog noemenswaardige hoeveelhede ru-olie ingevoer moet word om aan die land se brandstofvereistes te voldoen. Mossgas (tans PetroSA) het ook 'n bydrae gemaak om die land minder afhanklik te maak van ru-olie-invoere deur natuurlike gas vanuit aflandige bronne om te skakel na vloeibare brandstowwe.
Die prys van brandstof (spesifiek petrol) word tans gereguleer in Suid-Afrika. Die prys van brandstof in Suid-Afrika word bereken volgens 'n brandstofprysformule wat in hoofsaak daarop gemik is om 'n invoerpariteitsprys te bepaal en vasgestelde winsgrense vir die verspreidingsnetwerk daar te stel. Een van die omstrede kwessies in Suid-Afrika is die feit dat Sasol wat nie afhanklik is van ru-olie invoere nie en wie se bates aanvanklik met belastingbetalersgeld opgerig is, sy produkpryse volgens dieselfde formule bepaal.
Sien ook
- Suid-Afrikaanse olie-industrie
- Lys van olievelde
- Lys van olieproduserende state
- Lys van olieproduserende maatskappye
- Energiekrisis, energiekrisis van 1973, energiekrisis van 1979
- Fosielbrandstof
- Kweekhuisgasse
- Geskiedenis van die Petroleumnywerheid
- Olieraffinadery
- Olievoorrade
- Petroleum rampe
- Hernubare energie
Eksterne skakels en bronne
- Petrolium by die Engelse Wikipedia
- [http://www.publicintegrity.org/oil/ The Politics of Oil] - 'n Verslag oor die olie-industrie se invloed op wetgewers en openbare beleid deur die Center for Public Integrity.
- [http://www.api.org/ American Petroleum Institute] - Die webwerf van die Amerikaanse petrolium-instituut, 'n handelsorganisasie vir die Amerikaanse olie-industrie.
- [http://www.eia.doe.gov/oil_gas/petroleum/info_glance/petroleum.html US Energy Information Administration] - Deel van 'n insiggewende werf deur die VSA-regering se departement vir energie-inligting.
- [http://www.eia.doe.gov/oil_gas/petroleum/info_glance/prices.html VSA ru-olie pryse].
- [http://pr.caltech.edu/periodicals/CaltechNews/articles/v38/oil.html The End of the Age of Oil] - artikel aangepas vanuit 'n praatjie deur Caltech se vise opsiener en professor van fisika David Goodstein
- [http://www.opec.org/NewsInfo/DailyBasket/basket.asp OPEC basket] - OPUL se bladsy oor die OPUL-mandjie.
- [http://www.mbendi.co.za/sapia/pubs/fuelprice/index.htm Verduideliking oor hoe die brandstofprys in Suid-Afrika bereken word.]
- [http://www.sapia.co.za Die Suid-Afrikaanse petroleum industrie assosiasie]
Category:Energie
Category:Brandstowwe
Category:Materiale
Category:Petroleum
ja:石油
ko:석유
Porselein Porselein is 'n materiaal wat vir breekware, gereedskap en in die elektrotegniese nywerheid (as isolering) gebruik word. Dit word van kaolien (porseleinaarde), veldspaat en kwarts gemaak, nat op 'n pottebakkersskyf gevorm en twee keer in 'n oond gebrand. By die tweede keer word 'n glasuur aangebring. Harde porselein bevat 'n groter aandeel kaolien.
Geskiedenis
Die naam is waarskynlik van Italiaanse oorsprong; porcellana beteken "tekstuur van 'n klein varken". Die kuns van porseleinvervaardiging was reeds in die sewende eeu in Sjina bekend waar 'n harde en deurskynende porselein van kaolien (Sjinese klei) en sjinasteen by temperature van 1300° C gebrand is. Die bestanddele en metode is geheim gehou. Die Sjinese porseleinfabrieke beleef in die 17de en 18de eeu 'n bloeitydperk. 1708-09 ontdek die Duitse apteker en alchemis Johann Friedrich Böttger, (1672-1719) van Meissen, Saksen, die resep vir harde porselein. In sy fabriek vervaardig hy eers die rooi Böttger-porselein (eintlik 'n soort steengoed), later saam met die fisikus Ehrenfried Walther von Tschirnhaus (1651-1708) 'n soort harde porselein van wit kleur. Anders dan in Sjina bly die metode nie lank geheim nie, en werkers uit Böttger se fabriek is orals in Europa behulpsaam by die opbou van fabrieke. In Engeland begin Josiah Spode in 1794 met die vervaardiging van die bone china-porselein wat daar nog steeds die gewildste soort porselein bly. Bone China bekoor met sy spierwitte kleur, sy hoogs deurskynende materiaal, sy skitterende bont versierings en sy fyn glans.
Bekende Europese porseleinfabrieke
Bekende Europese porseleinfabrieke naas Meissen is Berlyn (waar vandag nog die fabriek van die Königliche Porzellan-Manufaktur bestaan), Frankenthal, Fürstenberg, Höchst, Ludwigsburg, Nymphenburg, Selb (Rosenthal), almal in Duitsland; Sèvres (Frankryk), Delft (Nederland), Tournai (België), Royal Copenhagen (Denemarke), Capo di Monte (Italië), Plymouth en Bristol (Verenigde Koninkryk) en Lomonossov van St. Petersburg (Rusland) met sy beroemde blou versierings.
Porseleinmerke en -versierings
Porseleinmerke aan die onderkant van die breekware is vanaf 1723 deur die KPM-fabriek van Meissen gebruik om die herkoms aan te toon. Hoewel ander fabrieke hierdie voorbeeld gevolg het, het die gebruik van merke nooit 'n standaard geword; soms het ook die porseleinskilders eie merke aangebring. Die porseleinskildery is of onder die glasuur en voor die tweede brand met metaalverwe van onder meer kobalt, chroom en goud aangebring; of na die brand en dan wel ook met ander verwe op die glasuur. Soms is honderde penseelstrepe nodig om die filigrane versierings aan te bring. Ofskoon die dekor porselein baie duur maak is daar eet-serviese soos die Deense Musselmalet wat reeds meer dan 200 jaar in sy oorspronklike vorm aangebied word.
Nuwe fatsoene
Min jong egpare beskou dit vandag nog as noodsaaklik om 'n porseleinservies in sy tradisionele vorm in hul uitset te hê. In hulle poging om nuwe markte te vind het die Europese vervaardigers van porselein suksesvolle eksperimente gewaag met nuwe fatsoene soos organiese en vierkantige vorms, en Asiaties-geïnspireerde serviese is nou ewe gewild soos cappuccinokoppies en skotteltjies wat jong mense by 'n partytjie gebruik. Die hardheid van porselein maak uiters dunne en elegante vorme moontlik, die materiaal kan dus by elke smaak en ontwerp aangepas word.
ja:陶磁器
Pasteurisasiepasteurisasie TirupathiTirupathi is one of the most famous temple towns in India. It is the abode of Lord Venkateshwara, (one of the incarnations of Lord Vishnu), located atop Tirumala hills. It is well connected with Chennai and Bangalore via road and rail.
The temple town of Tirupathi is located to the extreme south of Andhra Pradesh in Chittoor district, 740 km away from Hyderabad. It is renowned for one of the most venerated shrines in India that of the ancient temple of Lord Venkateswara on the Tirumala Hills.
Tirumala has seven hills, representing the seven heads of a huge serpent called Sesha Saye on which Lord Vishnu rests resides. The black idol of Balaji is covered in gold, jewellery and precious ornaments and is 2 metres high.
Tirupathi is believed to be the richest temple in the country with picturesque surroundings. The temple is also a fine example of Dravidian art and style. It is also a famous center for wood carving.
Tirumala—The abode of Lord Venkateswara
Tirupati Tirumala Devasthanam, is one of the most popular Hindu shrine in the country. The temple dedicated to Lord Venkateshwara at Tirumala is perched at height of 874 metres above mean sea level and 15 km. North-west of Tirupati, the temple town is located at the foot of the seven hills of the Eastern Ghats in Chittoor district of Andhra Pradesh.
The 12th century Vaishnavite shrine is one of the richest shrine of the world, with annual income of the temple being more than six billion rupees. Often referred as the ‘Vatican of the East’, the size of the visiting pilgrims and the wealth the temple town offers in terms of religious, cultural and natural splendour, make it an unsurpassed pilgrimage site.
History
The exact period in which the temple was founded is not known, and tradition has it that the temple is Swayambhustala, meaning, it came into existence on its own without anyone making it. As per folk legends there was a huge anthill at Tirupati. A farmer heard a voice from the heavens asking him to feed the ants. By chance the local king heard the voice and began supplying milk for the ants, himself. His compassion resulted in the liquid uncovering a magnificent idol of Lord Venkateshwara hidden beneath the anthill.
According to some evidences the history of the temple dates back to almost 2,000 years. In the ancient times a queen called Samavai belonging to Pallava dynasty (614 AD) is said to have consecrated the first silver image here. The temple is also mentioned in the Sangam poetry (500 BC – 2000 AD). Numerous temple inscriptions from the 9th century record details of th | | |