Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
1605

1605

Gebeure


- Die eerste gedrukte koerant ter wêreld, Relation, verskyn in Straatsburg (Frankryk).

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1602160316041605160616071608
Kategorie:17de eeu ko:1605년 simple:1605

Straatsburg

Straatsburg (Frans: Strasbourg) is die hoofstad van die gewes (région) Elsas in die noordooste van Frankryk, met 264 115 inwoners in die stad en sowat 650 000 in die metropolitaanse gebied (1999). Die stad is ook die hoofstad van die département Bas-Rhin. Straatsburg lê teen die Illrivier, die Ryn-Rhône- en die Ryn-Marne-kanaal en beskik oor 'n rivierhawe. Die stad is 'n sentrum van die motor-, voedsel-, tekstiel- en masjienbounywerhede. Straatsburg is die setel van die Europese Raad en die Europese Geregshof van Menseregte. Saam met die Belgiese hoofstad Brussel is dit ook die setel van die Europese Parlement. Europese Parlement

Geskiedenis

Europese Parlement Straatsburg word tydens die heerskappy van die Romeinse keiser Augustus in die jaar 12 v.C. as Argentoratum ("Stad by die Rivier") gestig. Aanvanklik is dit 'n militêre kamp van die Agte Legioen naby die Romeins-Germaanse grens (limes), wat in dié gebied deur die Ryn gevorm word; tog begin mettertyd aan die westelike kant van die kamp 'n siviele nedersetting (canabae) groei. Ingevolge die uitbreiding van die Romeinse Ryk verskuif die grens na die ooste, en Argentoratum dien as 'n belangrike binnelandse hawestad teen die Ryn. Sedert die 4de eeu n.C. is die stad 'n biskopsetel. Die Hunne beset en verwoes die stad in die jaar 451. In die jaar 496 word die stad by die Frankiese Ryk ingelyf. In die 6de eeu vestig groepe Alemanne hulle in die gebied, wat gou gegermaniseer word. Die stad kry die Germaanse naam Straatsburg (wat in dokumente in sy gelatiniseerde vorm Strateburgum gebruik word, "Die Vesting by die Straat"). In die jaar 842 word die Straatsburgse Ede in die stad afgelê, wat as die oudste teks in die Franse taal en as die eerste dokument, wat van die verdeling van die Frankiese Ryk in 'n Frans- en Duitstalige gebied getuig, beskou word. Met die Verdrag van Mersen word Straatsburg in 870 Oos-Frankies. Tussen 982 en 1262 slaag die biskoppe daarin om die stad uit die hertogdom te los en onder die heerskappy van die bisdom te bring. In die jaar 1015 ontstaan 'n basilika in die romaanse boustyl. In die Middeleeue groei Straatsburg tot 'n belangrike ekonomiese sentrum en word in 1262 'n Vrye Ryksstad. Hoogaangeskrewe geleerdes vestig die goeie naam van die stad as 'n Europese sentrum van die mistiek en later van die humanisme. Die katedraal van Straatsburg, wat in 1439 voltooi is, staan tot by die jaar 1874 met sy toring van 142 meter as die hoogste gebou ter wêreld bekend. Sedert 1482 is die politieke bedeling van die stad volgens stande georganiseer. In die 16de eeu beleef Straatsburg sy bloeitydperk as Vrye Ryksstad. Tydens die Reformasie kies Straatsburg die Lutheraanse kant, die stad sluit hom egter op die Ryksdag van Augsburg nie by die Protestantse Confessio Augustana aan nie, maar verkies om saam met die stede Memmingen, Konstanz en Lindau 'n eie belydenis af te lê, die sogenaamde Tetrapolitana, wat deur Martin Bucer en Capito opgestel word. In 1605 begin die Straatsburgse drukker en boekhandelaar Johann Carolus om gedrukte uitgawes van sy tot dusver handgeskrewe nuusversamelings uit te gee. Die nuusblad, wat onder die titel Relation verskyn, word in die perswetenskap as die eerste gedrukte koerant ter wêreld beskou. Vanaf 1648 is die Franse konings die beskermhere van die Elsassiese Ryksstede. Franse troepe beset die stad in September 1681, en in 1697 word Straatsburg volgens die Vredesooreenkoms van Ryswyk vir goed by Frankryk ingelyf. Alhoewel die stad, sy taal en sy kultuur nog Duits bly, word Protestante van loopbane in die staatsdiens uitgesluit en die katedraal weer as 'n Rooms-Katolieke kerk gebruik. Ryswyk In die jare 1770 en 1771 studeer die bekendste Duitse digter, Johann Wolfgang von Goethe, aan die Universiteit van Straatsburg. Die stad is in dié tydperk een van die sentrums van die literêre beweging Sturm und Drang, en digters soos Jakob Michael Reinhold Lenz en Johann Gottfried von Herder woon hier. In die tyd van die Franse Rewolusie komponeer Claude-Joseph Rouget de l'Isle op 25 April 1792, tydens 'n dinee wat deur die burgemeester Frédéric de Dietrich georganiseer is, die nuwe Franse volkslied Marseillaise in Straatsburg, wat later ook 'n toevlugsoord vir Duitse rewolusionêres soos die digter Georg Büchner is. Met die industrialisering in die 19de eeu verdriedubbel die bevolkingstal tot 150 000 inwoners. Na die Franko-Pruisiese Oorlog van 1870 en 1871 moet Frankryk die gebied Elsas-Lotaringe aan die nuut gestigte Duitse Ryk afstaan. Straatsburg is sedert 1870 deur Pruisiese troepe beset. Later word dit die hoofstad van die gewes, wat net 'n laer status as "Reichsland" (Ryksland) het. Naas Metz en Keulen word Straatsburg na 1871 as een van die belangrikste Duitse vestings in die weste versterk, terwyl in die omgewing forte op strategiese plekke gebou word. As gevolg van die Eerste Wêreldoorlog moet Duitsland die stad in die Vredesoorkoms van Versailles van 1919 weer aan Frankryk afstaan. In ooreenstemming met die 14 voorstelle wat deur die Amerikaanse president Wilson voorgelê is, vind in Elsas-Lotaringe geen referendum plaas nie. Die stad is in dié tyd nog oorwegend Duitstalig, en daar is ook soldate uit die Elsas wat in die oorlog lojaal aan Duitsland is. In die tyd tussen die Duitse inval in Pole op 1 September 1939 en die Franko-Britse oorlogsverklaring teen die Duitse Ryk op 3 September 1939 word die stad soons ander grensstede en -dorpe ontruim. Behalwe vir die soldate in die kaserne bly Straatsburg tien maande lank 'n leë stad. In Junie 1940 beset Duitse troepe Straatsburg, tot by sy bevryding deur Franse troepe onder die bevel van generaal Lattre de Tassigny in 1944. Na die Tweede Oorlog verbind die burgemeester Pierre Pflimlin hom tot versoening met Duitsland, en Straatsburg word 'n simbool vir die vrienskapsbande tussen die twee lande en die Europese samewerking. Sedert 1948 is Straatsburg die setel van die Europese Raad.

Besienswaardighede en argitektuur

1948 Die geskiedkundige stadskern Île de la Cité tussen die twee arms van die kronkelende Illrivier, 'n takrivier van die Ryn, het bewaar gebly en word in 1988 deur die UNESCO tot wêrelderfenisgebied verklaar. Die romaans-gotiese katedraal Notre-Dame van Straatsburg, wat in die tydperk tussen 1176 en 1439 opgerig en in 1547 van sy beroemde astronomiese horlosie voorsien word, is die bekendste baken van die stad, en die plein voor die katedraal is een van die mooiste in Europa. Hy word oorheers deur die wesfasade van die katedraal en is omring deur talle vakwerkhuise in die Alemannies-Suid-Duitse boustyl met soms vier tot vyf verdiepings. Kenmerkend is die steil dakke wat nog eens vier tot vyf verdiepings huisves. Die bekende Haus Kammerzell met sy ryk versierings staan aan die noordelike kant van die plein. Langs die oewer van die Ill en sy talle kanale lê die sogenaamde Looiersbuurt (Duits: Gerberviertel, Frans: La Petite France) met sy bekoorlike vakwerkboustyl, dakkapelle en klein straatjies. Die Temple neuf in die historiese stadskern is in 1908 as die grootste Protestantse kerk in Frankryk opgerig. Ander bekende geboue uit die Duitse keisertydperk is die stasie en universiteit van Straatsburg. Die Synagogue de la Paix (Vredesinagoge) vervang in 1958 die ou sinagoge wat verwoes is.

Hoofstad van Europa

1958 Danksy die tweetalige en bikulturele geskiedenis is Straatsburg uiters geskik om as een van die Europese hoofstede te dien. Dit is die setel van die Europese Raad, die Europese Parlement (saam met Brussel) en die Europese Geregshof van Menseregte. Die Europese Parlement beywer hom om 'n einde te maak aan die tweeledige stelsel van parlementêre geboue in sowel Brussel asook Straatsburg, maar dit is vir die Europese regerings om te besluit. Straatsburg huisves ook 'n aantal Europese organisasies soos die hoofkommando van Eurocorps, die rekenaarsentrum van die Europese polisie Europol en die Europese Register van Artsenymiddels. Daarnaas is dit ook die hoofkwartier van die tweetalige Duits-Franse kulturele televisiekanaal ARTE.

Musea


- Die Musée des Beaux-Arts (Museum van Skone Kunste) vertoon skilderye van ou meesters, maar ook van Gustav Klimt.
- Die Musée d'Alsace behandel die volkskuns en handwerk van die Elsas.
- Die Musée de l'Art moderne et contemporaine (Museum van Moderne en Hedendaagse Kuns) met sy kenmerkende perdestandbeeld wat op sy dak staan, is een van die bekendste museums van sy soort in Europa.
- Die Centre Tomi Ungerer behandel die tekenkuns en grafiese werk van die internasionaal bekende kunstenaar uit die Elsas. Speelgoed, fotos en die familieargief is deel van die tentoonstelling.
- Le Vaisseau (Die Skip), wat in 2005 geopen is, dien as 'n sentrum vir wetenskap en tegnologie vir kinders en jeugdiges tussen drie en vyftien jaar jaar oud.

Kuns en kultuur

2005
- Die Opéra national du Rhin beskik oor sy eie ballet en orkes, die Orchestre Philharmonique de Strasbourg.
- Die Théâtre de la Choucrouterie is die kabaret van Roger Siffer, wat sedert 1984 in die gebou van 'n ou suurkoolfabriek bestaan. Die revues word in twee sale in Frans en Elsassies aangebied.

Tersiêre onderwys en biblioteke

Die Universiteit van Straatsburg is ook die setel van die Franse Nasionale Skool vir Administrasie (École nationale d'administration). Die universiteit se wortels gaan terug na die jaar 1538, toe Jacques Sturm die Protestantse gimnasium stig. In 1556 kry dit die status van 'n akademie, 1621 dié van 'n universiteit en in 1631 word dit 'n koninklike universiteit. Tydens die Franse Rewolusie word die instelling gesluit en heropen eers in 1870. In 1918 word Frans in plaas van Duits weer as voertaal gebruik. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word die universiteit na Clermont-Ferrand verskuif (tot 1945). Saam met die universiteite van Karlsruhe (Duitsland), Basel (Switserland), Mulhouse (Frankryk) en Freiburg (Duitsland) is die Universiteit van Straatsburg vandag 'n lid van die Europese Konfederasie van Universiteite teen die Opper-Ryn. Dit beskik weens die besondere godsdienstige statuut van die Elsas oor twee godsdienstige fakulteite (Rooms-Katoliek en Protestants), wat deur die staat gesubsidieer word. Sedert die sewentigerjare is die universiteit verdeel in drie instellings: Université Louis Pasteur (Strasbourg I), Université Marc Bloch (Strasbourg II) en Université Robert Schuman (Strasbourg III). Die grootste openbare biblioteke in Straatsburg is die Bibliothèque Nationale et Universitaire en die Bibliothèque Municipale (Stedelike Biblioteek).

Vervoer

Freiburg 'n Ultramoderne trem is sedert 1994 deel van die openbare vervoer in die stad. Twee treine van die hoogsnelheidslyn TGV word tans beplan en gaan Straatsburg met Parys en Lyon verbind. Die Franse motorsnelweg A4 verbind Straatsburg met Metz en Parys. Straatsburg beskik oor 'n internasionale lughawe in Entzheim, sowat 20 kilometer suidwes van die stad. category:Frankryk als:Strassburg ja:ストラスブール ko:스트라스부르 ms:Strasbourg

Frankryk

Die Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje. Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie. Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië. Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower. Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk. Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Frankryk Geografie van Frankryk Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika. Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter. Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite. Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind. Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.

Klimaat

Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense). Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem. In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Frankryk Politiek van Frankryk Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958 verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek. Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie. Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette. Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.

Buitelandse beleid

Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op. Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.

Verdediging

1958 Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander. Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is. In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele. Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel. Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop. Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Verenigde Koninkryk Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina). Volksrepubliek van Sjina Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar). Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste. Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.

Administratiewe verdeling

Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk Lys van gebiede in Frankryk Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.

- Alsace
  - 67 Bas-Rhin
  - 68 Haut-Rhin
- Aquitaine
  - 24 Dordogne
  - 33 Gironde
  - 40 Landes
  - 47 Lot-et-Garonne
  - 64 Pyrénées-Atlantiques
- Auvergne
  - 03 Allier
  - 15 Cantal
  - 43 Haute-Loire
  - 63 Puy-de-Dôme
- Basse-Normandie
  - 14 Calvados
  - 50 Manche
  - 61 Orne
- Bourgogne (Boergondië)
  - 21 Côte-d'Or
  - 58 Nièvre
  - 71 Saône-et-Loire
  - 89 Yonne
- Bretagne
  - 22 Côtes-d'Armor
  - 29 Finistère
  - 35 Ille-et-Vilaine
  - 56 Morbihan
- Centre
  - 18 Cher
  - 28 Eure-et-Loir
  - 36 Indre
  - 37 Indre-et-Loire
  - 41 Loir-et-Cher
  - 45 Loiret
- Champagne-Ardenne
  - 08 Ardennes
  - 10 Aube
  - 51 Marne
  - 52 Haute-Marne
- Corse (Corsica)
  - 2A Corse-du-Sud
  - 2B Haute-Corse
- Franche-Comté
  - 25 Doubs
  - 39 Jura
  - 70 Haute-Saône
  - 90 Territoire-de-Belfort
- Haute-Normandie
  - 27 Eure
  - 76 Seine-Maritime
- Île-de-France
  - 75 Parys
  - 77 Seine-et-Marne
  - 78 Yvelines
  - 91 Essonne
  - 92 Hauts-de-Seine
  - 93 Seine-Saint-Denis
  - 94 Val-de-Marne
  - 95 Val-d'Oise
- Languedoc-Roussillon
  - 11 Aude
  - 30 Gard
  - 34 Hérault
  - 48 Lozère
  - 66 Pyrénées-Orientales

- Limousin
  - 19 Corrèze
  - 23 Creuse
  - 87 Haute-Vienne
- Lorraine
  - 54 Meurthe-et-Moselle
  - 55 Meuse
  - 57 Moselle
  - 88 Vosges
- Midi-Pyrénées
  - 09 Ariège
  - 12 Aveyron
  - 31 Haute-Garonne
  - 32 Gers
  - 46 Lot
  - 65 Hautes-Pyrénées
  - 81 Tarn
  - 82 Tarn-et-Garonne
- Nord-Pas-de-Calais
  - 59 Nord
  - 62 Pas-de-Calais
- Pays-de-la-Loire
  - 44 Loire-Atlantique
  - 49 Maine-et-Loire
  - 53 Mayenne
  - 72 Sarthe
  - 85 Vendée
- Picardie
  - 02 Aisne
  - 60 Oise
  - 80 Somme
- Poitou-Charentes
  - 16 Charente
  - 17 Charente-Maritime
  - 79 Deux-Sèvres
  - 86 Vienne
- Provence-Alpes-Côte d'Azur
  - 04 Alpes-de-Haute-Provence
  - 05 Hautes-Alpes
  - 06 Alpes-Maritimes
  - 13 Bouches-du-Rhône
  - 83 Var
  - 84 Vaucluse
- Rhône-Alpes
  - 01 Ain
  - 07 Ardèche
  - 26 Drôme
  - 38 Isère
  - 42 Loire
  - 69 Rhône
  - 73 Savoie
  - 74 Haute-Savoie
- Départements d'outre mer (DOM)
(Oorsese départements), elk van hulle is ook 'n département en 'n omgewing gelyktydig:
  - 971 Guadeloupe
  - 972 Martinique
  - 973 Guyane française
  - 974 La Réunion
- Collectivités territoriales (Kollektiewe gebiede):
  - 975 Saint-Pierre et Miquelon
  - 976 Mayotte
- Pays et Territoires d'outre-mer (PTOM) (Oorsese Lande en Teretoriale):
  - 986 Wallis-et-Futuna
  - 987 Franse Polynesië
  - 988 Nouvelle Calédonie (pays d'outre mer vanaf 1998)
  - Terres australes et antarctiques françaises (Franse Suidelike and Antarktiese Gebiede) (insluitend Frankryk se Antartika eis)
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements. Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Frankryk Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer. Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners). Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit. Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar. Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.

Geloof

Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word. Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as : Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%. Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Vakansiedae
Datum Afrikaanse Naam Franse naam Opmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagJour de l'An 
6 JanuarieDriekoningsfeesFête des Rois 
2 FebruarieLigmisLa Chandeleur 
-PaasfeesPâquesSondag, datum variëer
-PaasmaandagLundi de PâquesMaandag na Paasfees
1 MeiWerkersdagFête du Travail 
8 MeiV-E DayVictoire 1945Einde van die Tweede Wêreldoorlog
-HemelvaartdagAscensionDonderdag, 40 dae na Paasfees
-PinksterPentecôteSewende Sondag na Paasfees
14 JulieBastille DagFête NationaleNasionale Dag
15 AugustusMaria-ten-HemelopnemingAssomption 
1 NovemberAllerheiligedagToussaint 
11 NovemberVeteranedag
Armistice Day
Remembrance Day
Armistice 1918Einde van die Tweede Wêreldoorlog
25 DesemberKersfeesNoël 
-Goeie VrydagVendredi saintBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin
26 DesemberTweede dag van KersfeesSaint ÉtienneBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin

Allerlei

26 Desember Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie. Sien: Lys van stede in Frankryk

Sien ook

Category:Frankryk Category:Lande in Europa

Eksterne verwysings

als:Frankreich fiu-vro:Prantsusmaa ja:フランス ko:프랑스 ms:Perancis simple:France th:ประเทศฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-kok

Eeue

Kategorie:Eeue

16de eeu

Eeue
15de eeu16de eeu17de eeu
1500150115021503150415051506150715081509
1510151115121513151415151516151715181519
1520152115221523152415251526152715281529
1530153115321533153415351536153715381539
1540154115421543154415451546154715481549
1550155115521553155415551556155715581559
1560156115621563156415651566156715681569
1570157115721573157415751576157715781579
1580158115821583158415851586158715881589
1590159115921593159415951596159715981599
1600160116021603160416051606160716081609
Kategorie:16de eeu ja:16世紀 ko:16세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 16

17de eeu

Eeue
16de eeu17de eeu18de eeu
1600160116021603160416051606160716081609
1610161116121613161416151616161716181619
1620162116221623162416251626162716281629
1630163116321633163416351636163716381639
1640164116421643164416451646164716481649
1650165116521653165416551656165716581659
1660166116621663166416651666166716681669
1670167116721673167416751676167716781679
1680168116821683168416851686168716881689
1690169116921693169416951696169716981699
1700170117021703170417051706170717081709
Suid Afrikaanse Geskiedenis Op 6 April 1652 land Jan van Riebeeck aan die suidpunt van Afrika om 'n verversingstasie te stig vir die skepe van die Hollandse Oos Indiese Kompanjie. Kategorie:17de eeu ja:17世紀 ko:17세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 17

18de eeu

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland. Eeue
17de eeu18de eeu19de eeu
17001701170217031704 17051706170717081709
17101711171217131714 17151716171717181719
17201721172217231724 17251726172717281729
17301731173217331734 17351736173717381739
17401741174217431744 17451746174717481749
17501751175217531754 17551756175717581759
17601761176217631764 17651766176717681769
17701771177217731774 17751776177717781779
17801781178217831784 17851786178717881789
17901791179217931794 17951796179717981799
18001801180218031804 18051806180718081809
Kategorie:18de eeu ja:18世紀 ko:18세기

1603

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1600160116021603160416051606
Kategorie:17de eeu ko:1603년 simple:1603

1606

Gebeure


-

Geboortes


- 6 Junie - Pierre Corneille, Franse dramaturg († 1 Oktober 1684)

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1603160416051606160716081609
Kategorie:17de eeu ko:1606년

1607

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1604160516061607160816091610
Kategorie:17de eeu ko:1607년

Kategorie:17de eeu

Kategorie:Eeue ja:Category:17世紀

Ständer

Ein Ständer ist im Bauwesen ein senkrecht stehender Balken, der der Aussteifung und Lastabtragung dient. Er wird sowohl bei der Ständerbauweise, als auch bei der Skelettbauweise eingesetzt; bei letzterem nur für die vertikalen Eckpfosten. Ständer sind oft mehrgeschossig und können hierbei aus Holz (Fachwerk), Metall oder auch Stahlbeton (Stahlbetonskelettbau) sein. Zur Stabilisierung werden die Ständer häufig durch Querstreben oder Platten verbunden, die Zwischenräume werden ausgefacht. Kategorie:Bauteil Kategorie:Fachwerk

spielautomaten Bramy garaowe gry sportowe Architekci wntrz sylwester










































:: RELATED NEWS ::
Scripture Gift Mission
Die Scripture Gift Mission (jetzt Lifewords) ist eine englische Missionsgesellschaft, die in London ansässig ist. Sie verteilt weltweit Bibeln und christliche Bücher und Manuskripte, vor allem in der Dritten Welt. 2004 wurden von der Gesellschaft über 7 Millionen
Kracauer
Siegfried Kracauer (
- 8. Februar 1889 in Frankfurt am Main; † 26. November 1966 in New York) war ein deutscher Journalist (Frankfurter Zeitung),
Sicherheitskonzept
Im Bereich der EDV versteht man unter einem Sicherheitskonzept eine vollständige Analyse möglicher Angriffs- und Schadenszenarien. Die Erstellung erfolgt in folgenden Schritten:
- IT-Strukturanalyse (Bestandsaufnahme)
- Schutzbedarfsfeststellung
- Modellierung
- Ergänzende Sicherheitsanalyse
- Basis-Sicherheitscheck

IT-Strukturanalyse

Unter einem IT-Verbund ist die Gesamtheit von infrastrukturellen, organisatorischen, personellen und technischen Komponenten zu verstehen, die der Aufgabenerfüllung in einem
Nelson River
Der Fluss Nelson (englisch Nelson River) ist einer der wasserreichsten Ströme Nordamerikas. Er stellt den Abfluss des Winnipegsees dar und mündet in die Hudson Bay.

Verlauf

Der Nelson misst in seinem Verlauf "nur" 664 km und ist somit nicht viel länger als z. B. der Main oder die Mosel ist Deutschland. Sein Ursprung ist allerdings nur will

Virtual IP
Die Virtuelle IP-Adresse (virtual IP address, gelegentlich auch VIP) bezeichnet die dynamische IP-Adresse eines Aktiv/Passiv-Clusters, unter der das momentan aktive Primärsystem adressiert ist. Dabei haben alle Rechner des Verbundes individuelle Adressen, während die virtuelle IP-Adresse zusätzlich an das aktive System ausgeliehen wird. Sie steht deshalb stellvertretend f
Ilon Wikland
Ilon Wikland (
- 5. Februar 1930 in Tartu, Estland) ist eine schwedische Kinderbuch-Illustratorin, die vor allem durch ihre Illustrationen der Bücher von Astrid Lindgren bekannt geworden ist. Ilon Wikland ist die Tochter des Ingenieurs Max Pääbo und der Künstlerin Vida Juse. Sie kam mit 14 Jahren als Flüchtling nach Read More...
Diskrete Topologie
Im mathematischen Teilgebiet der Topologie ist ein topologischer Raum diskret, wenn alle Punkte isoliert sind, d.h. wenn in einer hinreichend kleinen Umgebung des Punktes keine weiteren Punkte liegen.

Definition

Es sei X eine Menge. Dann ist die diskrete Topologie auf X, die
Werkrealschule
Die Werkrealschule ist in Baden-Württemberg eine Sonderform der Hauptschule, die es begabten Hauptschülern ermöglicht, in einem 10. freiwilligen Hauptschuljahr die Mittlere Reife zu erlangen, indem sie an zusätzlichen Unterrichtsangeboten teilnehmen. Als Werkrealschule werden dabei sowohl die Hauptschulen bezeichnet, die das freiwillige 10. Schuljahr anbieten, als auch solche, in denen ab der 8. Klasse der erforderliche Zusatzunter
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org