BarbertonBarberton is een van die oudste dorpe in die Mpumalanga-provinsie van Suid-Afrika. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die ontdekking van goud in die jaar 1882.
Suid-Afrika se eerste aandelebeurs is in Barberton gestig. Die dorp het ook sy naam verleen aan die Barbertonse Madeliefie (daisy), wêreldwyd bekend onder sy genusnaam Gerbera. Die Gerbera is met groot sukses veredel deur kwekers.
Van die oudste rots op aarde word in Barberton-omgewing gevind. Die rots word gedateer as ongeveer 3 000 miljoen jaar oud.
Kategorie:Dorp in Suid-Afrika
Suid-AfrikaSuid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.
Ander name
Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga)
Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika.
Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika
Politieke partye in die parlement in 2003
- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)
Provinsies
Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)
Geografie
right
Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika
Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika
Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.
Wynbou
Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Heins & LaFarge
The New York-based architectural firm of Heins & LaFarge, composed of Philadelphia-born architect George Lewis Heins (1860–1907) and Christopher Grant LaFarge (1862–1938), who was the eldest son of the artist John LaFarge, famous especially for his stained glass panels, were responsible most notably for the original Romanesque-Byzantine east end and crossing of the Cathedral of St. John the Divine, New York, and for the or
|
Wikipedia:Votes for deletion/JAMin
|
Wikipedia:Votes for deletion/Blood Ov Thee Christ
| |