Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
1886

1886

Gebeure


- 'n Vloedramp tref die stad Montréal.
- Johannesburg is gestig na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand
- Stigting van Vancouver, British Columbia

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1883188418851886188718881889
Kategorie:19de eeu ko:1886년 simple:1886

Montreal

Montréal is die naam van die stad, eiland en eilandsee by die vereniging van die riviere Sint-Laurens (Frans: fleuve Saint-Laurent) en Outaouais in die sentrale gedeelte van die Sint-Laurens-vallei. Dit is die grootste stad van die Franstalige provinsie Québec (Oos-Kanada) - en op een na ook die grootste Franstalige stad in die wêreld. Montréal se hawe wat 1 600 km landinwaarts van die oseaan lê behoort tot die grootstes van Noord-Amerika. Teen die einde van die 17de eeu strek Montréal se agterland feitlik tot by die Rotsgebergte (Frans: Les Rocheuses, Engels: Rocky Mountains), verby die Groot Mere en tot by die mond van die Mississippi toe die voyageurs (die Franse ontdekkers) Montréal hulle vertrekpunt maak vir togte dwarsoor Noord-Amerika. Die voyageur Daumont de Saint-Lusson ontdek die Groot Mere, Louis Jolliet die Mississippirivier en Charles Albanel en Paul Denys die Baie d´Hudson (Hudsonbaai). Mississippi Die vestiging van Engelse en Skotse handelaars lei tot 'n vinnige groei van Montréal wat in die 19de eeu die belangrikste nywerheids- en handelsentrum van Kanada word. Teen die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu verander grootskaalse immigrasie die stad se karakter. Tot vandag bly dit een van die mees kosmopolitiese - en danksy lae misdaadsyfers ook veiligste (in 2001 was daar 66 moorde in die metropolitaanse gebied van 3,6 miljoen mense) metropole van die wêreld. Besoekers kan gerus na middernag deur die stad wandel - veral Amerikaanse besoekers is meestal verbaas dat Montréal se strate op daardie tyd nog steeds besig is. Montréal verwerf internasionale bekendheid met die tentoonstelling Expo '67 en die Olimpiese Spele van 1976. Die stad is ook die setel van die International Civil Aviation Organization (ICAO), 'n Specialized Agency van die Verenigde Nasies (VN) wat die ontwikkeling en bedryf van die burgerlugvaart, lughawens, lugvaartroetes en lugvaartveiligheid beheer, en die International Air Transport Association (IATA). Daarnaas het ook die Canadian Space Agency / Agence spatiale canadienne (CSA/ASC) sy hoofkwartier in Longueuil, 'n voorstad suid-oos van Montréal. Die Montréalers - of Montréalais soos hulle in Frans genoem word - gebruik dikwels die bynaam "La Belle" - "Die Skone" vir hulle stad en geniet die Franse "Savoir vivre" in 'n moderne Noord-Amerikaanse metropool. Longueuil

Bevolking

Die Metropolitaanse Gebied van Montréal het vandag sowat 3,6 miljoen inwoners (waarvan sowat 1,8 miljoen mense in die stad Montréal). 53 persent van die bevolking is tweetalig, dertien persent praat naas Frans en Engels 'n derde taal. 'n Vyfde van die Montréalers is buite Québec gebore (sowat tien persent is van Italiaanse afkoms). Een van die jongste immigrantegroepe is Marokkaners. 'n Groot deel van die Montréalais is van Ierse afkoms, aangesien die stad en die provinsie Québec vir hulle meer aantreklik is dan ander dele van die Britse Ryk, in die besonder Toronto, Ontario (vroeër York). Die Franse bevolking diskrimineer nie teen die Ierse setlaars op grond van hulle herkoms en godsdiens nie (albei groepe is oorwegend Rooms-Katoliek). Tydens die groot Ierse hongersnood van 1842 tot 1852 emigreer baie Iere na Québec, en 'n groot aantal weeskinders word deur Franstalige gesinne aangeneem. Die Ierse immigrasie hou vir baie jare aan, en daar word beraam dat sowat veertig persent van die Franstaliges in Québec van gemengde Frans-Ierse afkoms is. Montréal is ook die Kanadese hoofstad van die gay en lesbiese gemeenskap en organiseer die 1ers Outgames mondiaux Montréal 2006, die Gay en Lesbiese Olimpiade.

Ekonomie

Montréal is die finansiële, handel- en nywerheidsentrum van Québec. Sy belangrikste nywerhede sluit elektroniese goedere, vervoertoerusting, farmaseutiese produkte, tekstiele, drukwerk en tabak in. Die stad het een van die besigste hawens in Noord-Amerika en is die oostelike eindpunt van die Canadian Pacific Railway. Montréal huisves ook die hoofkwartiere van die Canadian National Railway en die grootste Kanadese lugdiens, Air Canada. Aan die oostelike rand van Vieux-Montréal ontstaan die Cité Multimédia, 'n nywerheidsgebied tussen die rue de la Commune en die rue King wat hom op die rekenaar- en sagtewareontwikkeling gaan toespits. Sowat veertig persent van die ondernemings in die Kanadese mediabedryf het hulle hoofkwartiere in Montréal en maak van die stad ook 'n eersterangse sentrum vir die nasionale nuus- en vermaaklikheidsbedrywe. Montréal se lugvaartnywerheid is een van die belangrikste ter wêreld, en moontlik is die stad die enigste plek waar 'n hele vliegtuig ontwerp en gebou kan word. Bombardier is die hoofonderneming van die plaaslike lugvaartbedryf en naas Boeing en Airbus een van die drie grootstes wêreldwyd. Noord-Amerika Classé Audio, Kanada se vernaamste vervaardiger van hoëtrou-toerusting, het sy hoofkwartier in die voorstad Lachine. Die stadswyk Dorval huisves Matrox, die bekende Kanadese vervaardiger van grafikakaarte.

Geskiedenis


- 1535 Die Franse seevaarder Jacques Cartier wat eintlik op soek na goud is ontdek die destydse Irokese dorp Hochelaga met by die 3 500 inwoners. Hy noem die berg wat teen die midde van die eiland verrys en 'n pragtige uitsig bied Mont Royal - ter ere van die Franse koning François (Frans) I.
- 1609 'n Tydelike handelspos - wes van die huidige Place Royale - word deur Samuel de Champlain gestig.
- 1642 Die huidige Montréal se geskiedenis begin met die nedersetting van sowat 40 Franse setlaars onder leiding van Paul Chomedey de Maisonneuve. Op 18 Mei is die dorp Notre-Dame de Ville-Marie de Montréal gestig. Die Franse nedersetting het aanvanklik geen ekonomiese belange nie, maar dien erder as 'n basis vir die bekering van die Eerste Nasies in die gebied.
- 1644 Jeanne Mance stig die eerste hospitaal (Hôtel-Dieu).
- 1653 Marguerite Bourgeoys stig die eerste skool. Marguerite is ook die "geestelike moeder" van die Filles du Roy - jong dames wat deur die koning van Frankryk na Kanada gestuur is om in die nuwe kolonie te trou. Die meeste van hulle kom van Normandiese weeshuise.
- 1660 Dollard des Ormeaux en sy 16 metgeselle verdedig die kolonie teen die Irokese; die aantal koloniste styg tot 2 500.
- 1665 Die Pointe-aux-Trembles in die noordoostelike deel van Montréal-eiland lok die eerste groepe setlaars, en die regiment van Carignan-Salières begin om die setlaars teen Irokese-aanvalle te beskerm (tot 1667). Sowat 440 soldate van die oorspronklike 1 000 vestig hulle later in die kolonie en trou met sommige van die Filles du Roy. Talle Québecois is nasate van hierdie soldate.
- 1672 6 700 mense het hulle in die nuwe kolonie gevestig 1672
- 1689 Bloedbad van Lachine - Irokese vermoor talle setlaars
- 1701 Die Franse setlaars en die Irokese sluit vrede; Ville-Marie het 2 000 inwoners.
- 1750 Danksy die jagters en die coureurs de bois word Ville-Marie die belangrikste handelspos vir velle in die kolonie.
- 1760 Britse troepe verower die stad wat nou 4 000 inwoners tel.
- 1783 Skotse velhandelaars stig die Northwest Company.
- 1800 Montréal het 9 000 inwoners.
- 1809 Molson's Accommodation, Kanada se eerste stoomboot, verbind Québec-stad en Montréal.
- 1821 McGill University word geopen; Samesmelting van Hudson's Bay Company en Northwest Company
- 1832 Met 'n proklamasie van Koning William IV word die Corporation of Montréal gestig.
- 1833 Jacques Viger, die eerste burgemeester van Montréal, word verkies.
- 1841 Montréal word die hoofstad van Kanada (tot 1849).
- 1847 Montréal is die grootste spoorwegsentrum en ekonomiese hoofstad van Kanada.
- 1850 Montréal het 50 000 inwoners.
- 1874-1885 Die Canadian Pacific Railway word gebou en verbind Montréal met Vancouver aan die weskus. Hierdie spoorweg van 4 575 kilometer is naas die Canadian National Railway die belangrikste transkontinentale lyn.
- 1876 Stigting van Université Laval
- 1886 Vloedramp in Montréal
- 1887 Montréal se eerste wolkekrabber, die New York Life-gebou, word opgerig.
- 1911 Montréal het meer dan 500 000 inwoners.
- 1920 Stigting van Université de Montréal
- 1928 Die nuwe hoofkwartier van die Banque Royale du Canada is vir enkele jare die hoogste wolkekrabber van die Britse Ryk Britse Ryk
- 1959 Die St. Laurentrivier-Seeweg word geopen.
- 1962 Place Ville-Marie word ingewy, Montréal se ondergrondse stad-projek word aangepak.
- 1966 Métro word ingewy
- 1967 Die wêreldtentoonstelling Expo 67 vind in Montréal plaas.
- 1976 11 000 atlete uit 132 lande neem aan die Olimpiese Spele in Montréal deel.
- 1982 Marguerite Bourgeoys en Frère André word salig verklaar.
- 1992 Die Montréalais vier die 350ste verjaardag van die stad.
- 1998 Op 5 Januarie word die stad deur 'n swaar ysreën en temperature van -35° C getref. 'n Yslaag van tot by sewe sentimeter bedek dele van Québec en die oostelike Verenigde State. Weens grootskaalse kragonderbrekings moet duisende inwoners hul huise verlaat, en 15 800 soldate word na Montréal geroep.
- 2005 Ter herdenking van 400 jaar Franse nedersettings in Noord-Amerika bied die museum Pointe-à-Callière in samewerking met die Musée du Château des ducs de Bretagne in Nantes (Frankryk) die uitstalling France / Nouvelle France, de l'Acadie à la Louisiane in die Musée acadien de l'Université de Moncton aan (29 Maart - 5 Junie). Die Elfde Swem-wêreldkampioenskappe van die FINA vind in Montréal plaas (17 tot 31 Julie), nadat finansiële onreëlmatighede en die tragiese selfmoord van die organisasieleier Yvon DesRochers in Februarie aanvanklik 'n negatiewe skadu oor die sportfees werp.

Weer en klimaat

5 Junie Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 10,1°C. Die weer is baie wisselvallig en word sterk deur die jaargetye beïnvloed. Montréal is baie warm, gereëld ook bedompig, in die somer. Dit is ook die tyd van die donderbuie. Julie is die warmste maand van die jaar, alhoewel die hoogste temperatuur ooit in Augustus 1975 gemeet is (37,6°C of 100°F). Stewels, handskoene, musse en warm mantels is noodsaaklik in die winter. Januarie is die koudste maand, en deur die ysige winde word die lae temperature nog sterker ervaar. Op 14 Januarie 2004 word temperature van -40°C (-40°F) gemeet, die laagstes ooit. Sneeuval tree gereëld op, met 'n gemiddelde van 240 sentimeter gedurende die winter. Die stadsregering bestee jaarliks meer as CDN-$50 miljoen aan sneeuverwydering. Sneeuval tree ook in die lente en herfs op. Montréalers geniet dikwels die warm weer van die Indian Summer, wat nog laat in die herfs optree.

Met 'n oogopslag

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae: Nuwejaarsdae (1 en 2 Januarie), Goeie Vrydag, Paasfees (Gesinsdag), Fête de Dollard des Ormeaux/Victoria Day (Derde Maandag in Mei), Fête Nationale/Saint-Jean-Baptiste (24 Junie), Canada Day (1 Julie), Werkersdag (Eerste Maandag in September), Oesfees (Eerste Maandag in Oktober), Kersdag, Welwillendheidsdag Universiteite: Université de Montréal (Franstalig), Université du Québec à Montréal (Franstalig), McGill University (Engelstalig), Concordia University (Engelstalig); daar is 158 000 studente in die stad Lughawens: Aéroport International Pierre-Elliott-Trudeau de Montréal (passasiers), Aéroport de Montréal-Mirabel (vrag) Openbare vervoer: Die Métro (moltrein) van Montréal met sy vier lyne en 65 stasies word aangevul deur 'n netwerk van 1 600 busse. 2004

Besienswaardighede


- Die katedraal Basilique Notre-Dame, wat in 1829 voltooi is, word as die pragtigste kerkgebou in Noord-Amerika beskou en is 'n goeie voorbeeld van die Nieu-Gotiese boustyl. Die binneruimte met sy pragtige houtsnykuns is volgens middeleeuse voorbeelde ontwerp en bied sitplekke vir sowat 4 000 besoekers. Sy vergulde altaar staan voor 'n agtergrond van veertien blou glasvensters uit Limoges (Frankryk), wat die hemel en die sterre versinnebeeld. Die klok van die basiliek weeg twaalf ton. Notre-Dame kan ook met een van die grootste orrels wêreldwyd spog - daar is 5 772 pype. Danksy die perfekte akoestiek vind hier gereëld konserte van die Simfonieorkes van Montréal plaas (Place d'Armes).
- Die oudste gebou van Montréal, die Séminaire de Saint-Sulpice, is in 1685 deur Dollier de Casson, die Sulpisiaanse kloosterhoof, opgerig en dien oor 'n lang tydperk as die administratiewe sentrum van die nedersetting. Saam met die notaris Basset ontwerp Dollier de Casson ook die oorspronklike plattegrond van die stad.
- L'Oratoire Saint-Joseph du Mont-Royal is in 1924 as een van die grootste basilieke ter wêreld opgerig. Die gebou met sy indrukwekkende argitektuur is 'n belangrike voorbeeld van die Frans-Katolieke boustyl in Kanada.
- Die Cathédrale Marie-Reine-du-Monde (Boulevard René-Lévesque) is 'n namaaksel van die St. Pieterskerk in Rome.
- Die Lachine-museum gee met sy versameling van ou meubels en gereedskap 'n goeie voorbeeld van die plattelandse lewe in toeka se tyd. Die hoofgebou is tussen 1669 en 1685 deur die handelaars Charles Lemoyne en Jacques LeBer opgerig. Dit is een van die oudste geboue in die omgewing van Montréal. (110 Rue LaSalle). Lachine is bekend vir sy kanaal wat in 1824 voltooi is en aan die beginpunt van Montréal se ekonomiese ontwikkeling in die 19de eeu staan. 'n Klein pawiljoen in die Monk-park is aan die geskiedenis van die kanaal gewy. Lachine is ook die eerste stad op die eiland wat 'n spoorweg-verbinding met Montréal gekry het (1847). 'n Klein steenskuur huisves die Fur trade Interpretation Centre (Boulevard Saint-Joseph). Alexander McTaggart Gordon het hier vanaf 1803 bontwerk vir die North-West Company gestoor. Gedurende die sonstilstand in Junie kan besoekers hier 'n historiese skouspel bywoon wat die vertrek van 'n voyageur-ekspedisie vertoon. Lachine verdank sy naam aan 'n mislukte ekspedisie wat die Franse ontdekker Robert Cavelier de La Salle 1673 van hier onderneem het. Sy poging om 'n roete na Sjina te vind was vergeefs, en die reis het naby die Ontario-meer geëindig. La Salle se huis en erf kry toe die spotnaam "Lachine" ("Sjina"). 1673
- Kahnawake (Caughnawaga, dit beteken "daar is stroomversnellings") is 'n dorpie naby Montréal, en sy museum gee 'n indruk van die Irokese kultuur. Die geboue van die sendingstasie is tussen 1717 en 1745 opgerig en bewaar die relieke van die salige Kateri Tekakwitha. (Route 138 Ouest, 18 km vanaf Montréal)
- Die Olimpiese Park van 1976 is 'n groot sportkompleks wat met die 21ste Olimpiade geopen is. Tot die futuristiese groep geboue wat vir die spele opgerig is behoort die wêreld se hoogste geneigde toring, die Tour Olympique de Montréal (190 meter). Hy kon in 1976 nie meer betyds vir die Olimpiese Spele voltooi word nie.
- Die Biosphère is 'n moderne sentrum wat veral ekologiese vraagstukke behandel. Die klemtoon word op die Sint-Laurensrivier gelê. Die indrukwekkende gebou, wat soos 'n koeël gevorm is, is die Verenigde State se pawiljoen tydens die wêreldtentonnstelling Expo '67. (Île Sainte-Hélène)
- Die Ondergrondse Montréal met sy inkoopsentrums, bioskope en restourante maak dit nie net moontlik om die winterkoue te ontvlug nie - dit skei ook die voetgangers van die verkeer op straat.
- Die Parc Maisonneuve sluit die Jardin botanique de Montréal (Botaniese Tuin) in wat met Londen se Kew Gardens en die Berlynse Botanischer Garten kan meeding (dit is op hierdie twee na die grootste wêreldwyd). Die tuin wat in 1931 geopen is beslaan 75 ha en vertoon meer as 21 000 plantspesies. Meer as 30 tuinafdelings behandel verskeie botaniese onderwerpe - die Sjinese Tuin is die grootste van sy soort buite Asië. Daarnaas kan 'n outentieke Japanse tuin en 'n skoenlappers-tuin besigtig word.
- Die berg Mont Royal, 'n ou vulkaan wat 350 miljoen jaar gelede ontstaan het, lê in die hart van die stad. Die Parc du Mont-Royal het 'n terras - die Belvédère du Chalet - wat 'n uitsig oor die stad, die rivier en tot by die Adirondack-gebergte in die Verenigde State bied.
- Die Pierrefonds Manor van 1904 is 'n namaaksel van die Château Pierrefonds (1392) in die Franse woud van Compiègne (région Picardie). Joseph-Adolphe Chauret, 'n bekende notaris van Montréal, was so verbaas oor hierdie kasteel dat hy dit in dieselfde styl in 'n voorstad van Montréal laat bou het. Die stad is later na die kasteel vernoem. (15,928 boulevard Gouin Ouest)
- Vieux-Montréal (Ou Montréal) en sy historiese argitektuur is sonder weerga in Noord-Amerika. Die ou stadskern, wat deur die rue Notre-Dame, rue Saint-Paul, rue Bonsecours en die oewer van die Sint-Laurensrivier begrens word, lê op die terrein van die oorspronklike nedersetting Ville-Marie. Die buurt bewaar die atmosfeer van 'n ou Europese stad, met nou straatjies, koffiekroeë, straatkunstenaars enstraatmusikante. Die Château Ramezay (1705) was vroeër die residensie van die goewerneur van Montréal; vandag is dit 'n museum wat 'n pragtige indruk gee van die weelde wat 'n Franse edelman in die 18de eeu kon geniet. 1705
- Die Quartier Chinois, die tradisionele woonbuurt van die Sjinese gemeenskap in Montréal, lê digby die historiese stadskern, met die rue de la Gauchetière as sy besige middelpunt.

Kuns en kultuur


- Die Montréal Just for laughs Festival in die stadswyk Quartier Latin de Montréal en die Festival International de Jazz de Montréal is wêreldwyd bekende feeste
- Februarie is die maand van die Festival Montréal en Lumière - vuurwerk, musiekfeeste en ander vermaak is deel van die fees
- Die beroemde somerfees van Lanaudière bied eersterangse konserte van klassieke en moderne musiek aan en vind van Julie tot Augustus in Joliette, sowat 70 km vanaf Montréal, plaas
- Place des Arts: In die Salle Wilfrid-Pelletier speel die bekende Orchestre symphonique de Montréal. Place des Arts is ook die tuiste van L'Opéra de Montréal (175 rue Sainte-Catherine Ouest)

Musiek

Bekende musikante en sangers wat in Montréal gebore is sluit onder meer Leonard Cohen in. Jérôme Minière is 'n jong sanger wat die Prix Félix van die jaar 2003 ontvang het. Een van die beste plaaslike groepe van 2004 is Arcade Fire.

Sport

Junie is die maand van die Grand Prix van die Formule Un by die Circuit Gilles-Villeneuve. Die Rogers AT&T Cup lok tennisspelers in Augustus na die Stade du Maurier van Montréal.

Museums

2004
- Centre Canadien d'Architecture: Die museum behandel die ontwikkeling van die argitektuur vanaf die 15de eeu. Die gebou is self ook 'n argitektoniese besienswaardigheid (1920 rue Baile)
- Centre d'histoire de Montréal: Die museum behandel die geskiedenis van die stad. Die Ancienne caserne centrale de pompiers (Ou brandweerstasie) van 1903 is deel van die museum (335 Place d'Youville)
- Die Musée David M. Stewart / David M. Stewart Museum op die Île Sainte-Hélène behandel die geskiedenis van Kanada. Sy versamelings sluit ou vuurwapens, kaarte, dokumente, wetenskaplike gereedskap, kombuisgoed en ou haarde in. Militêre seremonies wat uit die 18de eeu dateer word in die somer vertoon.
- Just for Laughs / Juste pour rire-museum: Hier gaan dit net om humeur; besoek hulle webwerf: [http://www.hahaha.com Juste pour rire] (2111 Boulevard Saint-Laurent)
- Musée McCord d'Histoire Canadienne / McCord Museum of Canadian History: Die museum behandel onder meer die geskiedenis van die Eerste Nasies (690 rue Sherbrooke Ouest)
- Pointe-à-Callière - Musée d'archéologie et d'histoire de Montréal: Die museum is in 1992 ingewy en behandel die aregologiese erfenis van Montréal en ander gebiede. Die permanente uitstalling Ici naquit Montréal neem die besoeker op 'n ondergrondse toer na outentieke oorblyfsels van die vroeë Montréal. 'n Begraafplaas van die eerste setlaars en 'n vase in die Huroonse styl, wat omtrent 1500 vervaardig is, word in die museum vertoon (350 place Royale, Angle de la Commune, Vieux-Montréal)
- Saidye Bronfman Centre for the Arts: Kunsmuseum en teater (5170 rue de la Côte-Sainte-Catherine)

Kookkuns

1500 Net soos Parys, sy Franse eweknie, staan Montréal as 'n tuiste van eersterangse kookuns bekend. Die eerste vereniging van fynproewers word reeds in 1606 deur die kartograaf en velhandelaar Samuel de Champlain gestig. Sy Ordre de Bon Temps sien die kookkuns as 'n geskikte tydverdryf gedurende Québec se lang winters. Vandag doen die Institut de tourisme et d'hôtellerie, wat in 1968 gestig is, navorsing oor die plaaslike tradisionele kookkuns en die Nouvelle cuisine. Die instituut onderhou 'n biblioteek met meer as 30 000 resepte uit Québec se 400-jarige geskiedenis. Die American Automobile Association (AAA) het Montréal selfs tot gastronomiese hoofstad van Noord-Amerika verklaar. Montréal se kroeë is oop tot drie uur snags, en daar is 'n groot aantal eersterangse restourante soos
- Le Beaver Club, wat hom op Haute cuisine toespits (900 boulevard René-Lévesque Ouest)
- Bonaparte, wat Franse kookkuns op sy beste bied (443 rue St-François Xavier)
- Le Jardin Nelson bied besoekers die geleentheid om hulle kulinêre ontdekkingstog met die Kanadese kookkuns te laat begin (407 place Jacques Cartier)
- Moishes bied eweneens Kanadese kookkuns en staan bekend vir sy biefstukke (3961 rue Saint-Laurent)
- La Raclette bied Switserse kookkuns met outentieke fondue- en raclettegeregte (1059 rue Gilford)
- Toqué! is deur die Food & Wine Magazine as die beste restourant in die stad aangewys. Die sjef berei net kos wat vars op die mark aangebied word. Die restourant word vereenselwig met Noord-Amerikaanse kookkuns van die beste (900 Place Jean-Paul-Riopelle)

Inkopies en vermaak

Ondergronds

Die Ondergrondse Montréal (La Ville Souterraine) verbind oor 'n afstand van 30 kilometer 1 700 winkels, 200 restourante, 37 rolprentteaters en kunsgalerye, 'n aantal hotelle en 60 kantoorgeboue. Die ondergrondse kompleks beskik oor lugversorging sodat 'n mens selfs in die koue van die winter maklik inkopies kan doen - en voetgangers en padverkeer is van mekaar geskei. 'n Moltreinnet (Frans: Métro) en wandellane vebind die ondergrondse sentra. Noord-Amerika
- Place Ville-Marie is die oudste ondergrondse winkelsentrum (1962), met die bogrondse kruisvormige wolkekrabber as sy sigbare baken.
- Die Complexe Desjardins beskik oor 'n grote agora of sentraalplein (Place Desjardins) wat van daglig deurstroom word. Die Place des Arts met sy teaters, die winkelsentrum Complexe Guy Favreau en die Palais de Congrès is binne maklike loopafstand van die Complexe Desjardins. Die Palais is in 1983 geopen en kan tot 10 000 kongresgangers akkommodeer.
- Die winkelsentrums Galeries 2001, 2020 University en Les Terrasses (met 'n verbinding tot die Centre Eaton-winkelsentrum - die grootste in Montréal) is naby die McGill-stasie.

Bogronds


- Ogilvy is 'n afdelingswinkel wat sedert 1866 bestaan. Dit is trots op sy Skotse tradisie, en twalfuur word nog steeds deur 'n Skotse doedelsakspeler aangekondig (rue Sainte-Cathérine)
- Naas die Centre Eaton en Ogilvy is La Baie die derde groot afdelingswinkel langs die rue Sainte-Cathérine; dit het sy oorsprong in die historiese handelmaatskappy Hudson's Bay Company.
- Rue Crescent, Rue de la Montagne, Rue Bishop en Rue Mackay bied elegante winkels, restourante, nagklubs en diskoteke
- Rue Sherbrooke - vroeër die Golden Square Mile van Montréal waar omtrent 1900 die rykste inwoners van Kanada hul huise gebou het - is vandag nog 'n elegante straat met statige ou geboue en talle boetieke.
- Die Casino de Montréal lyk saans en snags soos 'n vonkelende diamant. Bedags herinner die argitektuur aan 'n kruisvaartskip. (Île Notre-Dame).
- La Fête des Neiges (die Sneeufees) is een van die hoogtepunte tydens die winter. Van einde Januarie tot Februarie is daar allerlei "vreemde" en bekende sportsoorte waaraan besoekers kan deelneem. Vatspring of selfs 'n wedren met beddens is deel van die vermaak.
- Vanaf Mei open die La Ronde-vermaaklikheidspark op die Île Sainte-Hélène. Die park is in 1967 tydens die Expo 67 ingewy.
- Die Montréal Highland Games vind elke somer in die voorstad Verdun, Québec plaas.

Eksterne skakels


- [http://www.vieux.montreal.qc.ca/eng/accueila.htm Die webwerf van Ou-Montréal] category:Montréal category:Kanada ja:モントリオール ko:몬트리올 simple:Montreal

Johannesburg

Johannesburg is die vernaamste besigheid- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 5 226 000 inwoners (munisipaliteit, 2005). Dit is die hoofstad van die provinsie Gauteng en setel van die Grondwetlike Hof van Suid-Afrika. Johannesburg is ook die sentrum van 'n verstedelikte gebied met meer as 8 miljoen inwoners wat van Pretoria in die noorde tot by Vereeniging in die suide strek. Johannesburg is 'n smeltkroes van tale en kulture, met 'n groot gaping tussen arm en ryk. Die stad ly onder 'n vlaag van geweld en misdaad - dit staan bekend as die gevaarlikste metropool ter wêreld.

Geskiedenis

Johannesburg is gestig na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand in 1886. Die delwerye begin op die plase Braamfontein, Doornfontein, Randjieslaagte en Turffontein, en reeds in Desember 1886 verwys die eerste kaart na Johannesburg. Drie jaar later leef 40 000 mense in die stad, en in 1904 meer as 80 000. Dit groei binne vyf dekades tot 'n stad met meer as 1 miljoen inwoners. Alhoewel die stad se eie myne lankal laat vaar is, omdat die gouderts opgeraak het en nuwe afsettings elders gevind is, staan Johannesburg steeds in Zoeloe bekend as iGoli (plek van goud).

Demografie

73% van die stad se bevolking is Swartes, 16% is Blankes, 6% Kleurlinge en 4% Asiërs. 42% van die inwoners is jonger as 24 jaar, en 6% is ouer as 60 jaar. 37% van die Johannesburgers is werkloos (97% van die werkloses is Swart). Vroue maak 43% van die werkende bevolking uit. 34% van Johannesburg se inwoners praat Nguni-tale as hulle huistaal, 26% Sotho-tale, 19% Engels en 8% Afrikaans. 29% van die volwassenes het matriek, 14% 'n tersiêre opleiding (universiteit of technikon), 15% het 'n basiese skoolopleiding en 7% van die bevolking is ongeletterd.

Ekonomie

Afrikaans Johannesburg is die ekonomiese en finansiële sentrum van Suid-Afrika, die stad genereer 16% van die bruto nasionale produk en dra sowat 40% van Gauteng se ekonomie by. Die Johannesburgse Effektebeurs is met 'n kapitalisering van sowat 155 miljard Amerikaanse dollar (2005) die grootste in Afrika. Van die Johannesburgse beroepsbevolking is sowat 5 persent in die mynbou, 16 persent in die nywerheid, 33 persent in dienste en administrasie, 21 persent in die handel, 13 persent in die finansiële sektor en 6 persent in die vervoerbedryf werksaam.

Toerisme

Die stad het min besienswaardighede en staan nie as 'n gewilde reisbestemming bekend nie. Danksy die internasionale lughawe is dit egter die aankoms- en vertrekpunt vir 'n groot aantal toeriste uit die buiteland. Besoekers uit ander Afrika-lande bestee jaarliks sowat 1,5 miljard Amerikaanse dollar in Johannesburg se winkelsentrums.

Bekende landmerke

Die Hillbrow-toring is een van die hoogste geboue in Afrika. Die ander hoë toring in die stad is die 240 meter hoë Sentech-toring. Die Nelson Mandelabrug wat Braamfontein en Newtown verbind, is in 2003 voltooi.

Eksterne skakels


- [http://www.joburg.org.za/aug_2002/hillbrow.stm Amptelike werf] Category:Johannesburg ja:ヨハネスブルグ ko:요하네스버그 simple:Johannesburg

Goud

Goud is 'n edelmetaal. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het symbol Au (L. aurum) Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word beskou as suiwer. Goud het 'n groot aantrekkingskrag gehad op die mensdom. Alchemie is 'n poging om goud te skep vanuit gewone basis metale. category:Chemiese element ja:金 ms:Emas simple:Gold th:ทองคำ

Vancouver, British Columbia

Vancouver is 'n hawestad aan die Pasifiese Oseaan, in die weste van die provinsie van British Columbia (Brits-Kolombië, Kanada), met sowat 545 000 inwoners (2001). Vancouver is ook die metropool van die Greater Vancouver Regional District (GVRD) met 2,2 miljoen inwoners en die grootste stad in die westelike Kanada. Kanada Vancouver is vandag 'n kosmopolitaanse stad, wat bekend staan vir sy aangename weskus-leefstyl en die vreedsame naasbestaan van 'n verskeidenheid kulture. Die stad met sy gematigde klimaat word dikwels met San Francisco vergelyk en kan danksy die ligging en sy talle parke in baie opsigte met die Kaliforniese metropool meeding, alhoewel die naglewe van Vancouver nog nie regtig ontwikkel het nie.

Geskiedenis

Die sentrum van British Columbia se goudkoors in 1858 is New Westminster, 'n voorstad van Vancouver, wat toe nog 'n groot bosgebied is. In vergelyking met die Oos-Kanadese metropole is Vancouver 'n taamlik jong stad. Sy bakermat is die stadswyk Gastown, waar Jack Deighton en sy eggenote in die jaar 1866 met 'n whiskeyvat voet aan wal sit en digby 'n saagmeul hul kroeg open. Deighton, 'n egte praatgraag, kry vinnig die bynaam Gassy Jack, en die nedersetting staan voortaan bekend as Gassy's Town (later Gastown). 1866 1866 Toe die spoorwegmaatskappy Canadian Pacific Railroad in 1886 besluit om 'n spoorwegverbinding dwarsoor die vasteland tot by Vancouver se Burrard Inlet op te rig, begin die ekonomiese groei van die stad, wat ter ere van kaptein George Vancouver sy huidige naam kry. 1886 is ook die amptelike stigtingsdatum van Vancouver. Vancouver se hawe word 'n belangrike voorpos vir die handel met die Verenigde State, Sjina en Japan. Veral koring en steenkool word van hier na oorsese lande uitgevoer. In hierdie tydperk verdubbel die inwonertal elke vyf jaar, en in 1912 is die stad reeds die tuiste van sowat 120 000 mense. In 1930 word Vancouver die derde grootste stad van Kanada, na Montréal en Toronto. In die jaar 1898 word Vancouver 'n belangrike hawe vir duisende gouddelwers, wat tydens die stormloop na die nuwe goudvelde van die noorde hier ook hulle toerusting en voedselvoorrade koop. Met die opening van die Panamakanaal in 1914 kry Vancouver 'n maklike toegang tot die Europese markte. Die wêreldtentoonstelling Expo 1986 bring 'n groot ekonomiese oplewing vir die stad en staan aan die beginpunt van 'n massa-immigrasie uit onder meer Hongkong. Sowat 70 000 welgestelde burgers van hierdie Sjinese hawestad vestig hulle in Vancouver. Vandag is die stad Kanada se poort na die markte van die Pasifiese Oseaan, en 'n groot aantal immigrante uit die Verre Ooste kom hulle nog steeds hier vestig. Category:Kanada ja:バンクーバー市 ko:밴쿠버 simple:Vancouver, British Columbia

Eeue

Kategorie:Eeue

18de eeu

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland. Eeue
17de eeu18de eeu19de eeu
17001701170217031704 17051706170717081709
17101711171217131714 17151716171717181719
17201721172217231724 17251726172717281729
17301731173217331734 17351736173717381739
17401741174217431744 17451746174717481749
17501751175217531754 17551756175717581759
17601761176217631764 17651766176717681769
17701771177217731774 17751776177717781779
17801781178217831784 17851786178717881789
17901791179217931794 17951796179717981799
18001801180218031804 18051806180718081809
Kategorie:18de eeu ja:18世紀 ko:18세기

19de eeu

Eeue:
18de eeu 19de eeu 20ste eeu
1801 1802 1803 1804 1805 1806 1807 1808 1809 1810
1811 1812 1813 1814 1815 1816 1817 1818 1819 1820
1821 1822 1823 1824 1825 1826 1827 1828 1829 1830
1831 1832 1833 1834 1835 1836 1837 1838 1839 1840
1841 1842 1843 1844 1845 1846 1847 1848 1849 1850
1851 1852 1853 1854 1855 1856 1857 1858 1859 1860
1861 1862 1863 1864 1865 1866 1867 1868 1869 1870
1871 1872 1873 1874 1875 1876 1877 1878 1879 1880
1881 1882 1883 1884 1885 1886 1887 1888 1889 1890
1891 1892 1893 1894 1895 1896 1897 1898 1899 1900
Kategorie:19de eeu ja:19世紀 ko:19세기 simple:19th century th:คริสต์ศตวรรษที่ 19 zh-min-nan:19 sè-kí

1883

Gebeure

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1880188118821883188418851886
Kategorie:19de eeu ko:1883년 th:พ.ศ. 2426

1884

Gebeure


- 7 Augustus - Die Duitse Ryk stuur die oorlogskepe Leipzig en Elisabeth na die Angra Pequenabaai in Suidwes-Afrika (Namibië) en neem die kolonie in besit

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1881188218831884188518861887
Kategorie:19de eeu ko:1884년 simple:1884

1885

Gebeure


- Die Nederlandse skilder Vincent van Gogh verf Die Aartappeleters tydens sy verblyf in Nuenen, Nederland. Dit is 'n olieverfskildery op doek.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1882188318841885188618871888
Kategorie:19de eeu ko:1885년 simple:1885

1887

Gebeure


- 06-23 Banff nasionale park, die eerste in Kanada, word geskep.
- Die Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappij word opgerig, wat die bou van 'n verbinding met Lourenço Marques (Maputo) tot doel het.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1884188518861887188818891890
Kategorie:19de eeu ko:1887년 simple:1887 th:พ.ศ. 2430

1889

Gebeure


- 31 Maart - In Parys word die Eiffeltoring ingewy

Geboortes


- April 20- Adolf Hitler
- Paul Nash - Waterverfskilder

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1886189718881889189018911892
Kategorie:19de eeu ko:1889년

Kategorie:19de eeu

Kategorie:Eeue ja:Category:19世紀

Іноземець

Іноземці - особи, які належать до громадянства іноземних держав і не є громадянами України, та особи без громадянства - особи, які не належать до громадянства будь-якої держави.

Дивись також


- Законодавча термінологія Категорія:Політичні терміни ja:外国人

Szkolenia bhp milan italy hotels online casinos online casinos technologie










































:: RELATED NEWS ::

Klechkowski
La règle de Klechkowski (aussi appelée règle de Madelung) est un moyen mnémotechnique permettant de retouver l'ordre de remplissage des couches électroniques d'un élément chimique. Sa construction est relativement simple : Toutes les couches s sont mises en diagonale puis on rajoute les couches suivantes (p, d, f, etc.) sur la ligne. La lecture se fait ensuite en colonne, on trouve donc l'ordre de rempli
Trachurus

espèces


- Trachurus aleevi Rytov & Razumovskaya, 1984
- Trachurus capensis Castelnau, 1861
- Trachurus clupeoides (Richardson, 1843)
- Trachurus declivis (Jenyns, 1841)
- Trachurus delagoa Nekrasov, 1970
- <

Moïse Mendelsohn
ja:モーゼス・メンデルスゾーン Moses (Moïse) Mendelssohn (1729- décédé le 4 janvier 1786), est un philosophe Juif allemand. Il est reconnu pour
Kadi Jolie
Kadi Jolie est une série télévisée franco-burkinabé en 80 épisodes de 12 minutes, créée en 1999 par Idrissa Ouedraogo. En France, la série a été diffusée à partir du 7 mars 2000 sur Read More...

All Rights Reserved 2005 wikimiki.org