Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
Baltiese See

Baltiese See

Die Oossee (ook bekend as die Baltiese See) is geleë in Noordoos Europa en word begrens deur die Skandinawiese skiereiland, Europa, en die Deense eilande. Dit mond uit in die Kattegat en die Noordsee deur die Öresund, die Storebælt en die Lillebælt. Dit is verbind met die Witsee deur die Witsee-Oossee Kanaal en aan die Noordsee deur die Kiel Kanaal. Die lande wat die Oossee begrens sien in kloksgewyse volgorde as volg daaruit:
- Swede
- Finland
- Rusland
- Estland
- Letland
- Litaue
- Oblast Kaliningrad (Rusland)
- Pole
- Duitsland
- Denemarke Die grootste eilande in die Oossee is:
- Åland-eilande (Finland)
- Bomholm (Denemarke)
- Gotland (Swede)
- Hailuoto (Finland)
- Hiiumaa (Estland
- Sont (Swede)
- Rügen (Duitsland)
- Saaremaa (Estland)
- Stockholm-eilandgroep
- Usedom of Uznam (verdeel tussen Duitsland en Pole)
- Valassaaret (Finland)
- Wolin (Pole) category:Europa ja:バルト海 ko:발트 해 simple:Baltic Sea th:ทะเลบอลติก

Noordsee

Die Noordsee is 'n epikontinentale see in die noordweste van Europa. Dit is gevorm deur die styging van die seespieël aan die einde van die ystyd vanaf 10 000 VAE. Die diepste gebied, by die Noorse kus, is ongeveer 200 meter. Die see is deel van die Atlantiese oseaan en grens Brittanje, die Färöer, Noorweë, Denemarke, Duitsland, Nederland, België en Frankryk. Die grootste deel van Europa se olie- en gasreserves is in die Noordsee en hierdie is een van die grootste vervaardigingsareas in die wêreld wat nie deel is van OPEC nie. Meeste van die reserves is onder water wat behoort aan die Verenigde Koninkryk en Noorweë, met kleiner reserves in die waters van Denemarke, Nederland, en Duitsland. als:Nordsee ja:北海 ko:북해 zh-min-nan:Pak-hái

Witsee

Die Witsee (Russies: Beloje More / Бе́лое мо́ре) is 'n binne-see van die Barentssee met 'n oppervlak van 90 000km2, aan die Noordwes kus van Rusland. Dit word omring deur die russiese Karelië republiek in die weste, en die oblasts (gebiede) Arkhangelsk in die suidooste en Murmansk in die noorde. Toegang van die Barentssee tot die Witsee word in die noorde tussen die Kola-skiereiland (wat deel uitmaak van Lapland), aan die weste kant en Kanin aan die ooste kant verkry. Die see het drie groot baaie: die Kandalaksjabaai, die Onegabaai en die Dwinabaai. In die noordooste is 'n vierde baai: die Mezenbaai. Die Noordelike Dwina lewer meeste water aan die see. Die Mezen, wat in die uiterste noordooste van die see uitmond, is ook 'n groot waterbron. Die see lê grotendeels ten suide van die Poolsirkel, maar is tog vir die grootste deel van die jaar gevries. Die belangrike hawe van Arkhangelsk is aan die Witsee geleë by die mond van die Noordelike Dwina. Vir groot dele van Rusland se geskiedenis was dit Rusland se hoofsentrum vir internasionale maritieme handel. In die moderne era het dit 'n belangrike Sowjet vloot- en duikbootbasis geword. Die stad Severodvinsk effens verder wes het 'n kernduikbootbasis. Kleiner stede en dorpe aan die see sluit in Kandalaksja, Kem en Onega. Op die rant van die Onegabaai lê die Solowetski-eilande. Solowetski-eilande Sedert 1933 verbind 'n 227 kilometer lang kanaal, die Witsee-Oossee Kanaal (Belomorsko-Baltijskij kanal), die see met die Onegameer en daarmee met die Oossee. Die kanaal is onder Stalin met dwangarbeid van Gulaggevangenes gebou. Dit is die langste kanaal in Europa. Die hele Witsee val onder Russiese soewereiniteit (i.e. Word beskou as interne watergebied van Rusland). Kategorie:See Kategorie:Geografie van Rusland

Eksterne skakels


- [http://nordictravel.ru/page/whitesea.html Nordic travel: Travel Russia. The White Sea]
- [http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/europe/1319130.stm Stranded seals face slow death] BBC storie oor seeleeus wat in 2001 op witsee ys vasgekeer is. ja:白海 ko:백해

Finland

Finland (Fins: Suomi) is 'n land in Noord-Europa wat grens aan Rusland in die ooste, Swede in die noordweste en Noorweë in die noorde. Ten suide word dit van Estland geskei deur die Finse Golf. Wes vind mens die Botniese Golf en suidwes die Oossee aan die oorkant waarvan die res van die buurland Swede lê. Finland en Ysland word soms beskryf as Skandinawiese lande alhoewel Skandinawië streng gesproke beperk is tot Swede, Noorweë en Denemarke. Hoofstad Helsinki (Helsingfors in Sweeds). Die Finse taal is nie verwant aan Sweeds, Noorweegs of Deens nie en behoort tot ‘n taalgroep wat Esties en Hongaars insluit. Die Finse Republiek (Suomen Tasavalta) het in 1917 totstand gekom na oorheersing deur Swede en Rusland sedert die twaalfde eeu. Finland word die "land van 'n duisend mere" genoem. Veral in die suidooste is die land bespikkel met ontelbare mere en meertjies. Die land is 'n demokratiese republiek met 'n (direk?) verkose president. Rusland

Geskiedenis

:Hoofartikel: Geskiedenis van Finland Die vroegste bewyse van bewoning van die huidige Finland dateer uit ongeveer 100 000 jaar gelede. Die Romeinse geskiedskrywer Tacitus maak melding van die Fenni 'n volk in die noorde van Finland waarmee hy waarskynlik die Sami (Lappe) bedoel. Die onlangse Finse geskiedenis is nou verbonde aan veral Swede en Rusland. Finland het tot 1809 vir ses eeue deel uitgemaak van die Sweedse koninkryk. Nadat in die jaar die Vrede van Hamina geteken is, maak dit tot 1917 deel uit van Rusland. In 1917 breek die Russiese Revolusie uit en verklaar Finland eensydig onafhanklikhied op 6 December 1917. Daarna volg 'n bloedige burgeroorlog tussen die 'Rooi' en 'Wit' ondersteuners. Laasgenoemde seevier onder leiding van generaal Mannerheim. Na afloop van die burgeroorlog word Finland op 9 Oktober 1918 tot koninkryk uitgeroepen onder Väinö I. Die tree egter twee maande later weer uit en die land word 'n republiek. Op 14 oktober 1920 word daar 'n vredesverdrag met die Sowjetunie gesluit in Tartu (Estland); die Vrede van Tartu. Daarin laatvaar Finland vroeere aansprake op gebiede met 'n bevolking van Finse oorsprong (Aunus, Noord-Ingermanland en Oos-Karelië). In die winter van 1939-1940 breek die Winteroorlog (Talvisota) met die Sowjetunie uit. Die Russe wou ter wille van die beskerming van St. Petersburg Finse grondgebied gebruik en voorkom dat die Duitsers hulle invloed in Finland uitbrei. Ondanks die ongelyke magsverhouding slaag Finland daarin om die Russiese aanval te weerstaan en onafhanklikheid te bewaar. Die Finse grensgebied word wel deur die Russe ingeneem. Finland gaan 'n bondgenootskap aan met Duitsland en neem deel aan Operasie Barbarossa en herverower lang verlore gebiede van Sowjetunie. Vervolgoorlog (Jatkosota). Op 5 September 1944 sluit Finland vrede met die Sowjetunie waarvolgens grondgebied afgestaan word (o.a. Karelië en Vyborg) en die Sowjetunie die beheer kry oor 'n hawe aan die Finse Golf. Verder moes vergoeding betaal word in die vorm van industriële goedere. Hoewel die Vervolgoorlog met ingrypende vredesvoorwaardes afgesluit is kon Finland onafhanklikheid bewaar. De naoorlogse jare word gekenmerk deur herstelbetaling en heropbou gepaardgaande met relatief groot afhanklikheid van die Sowjetunie. Van 1956 tot 1982 was Urho Kekkonen zonder onderbreking president van Finland. Na die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 kom Finland in 'n ekonomiese krisis tee waarvan die land sedertdien meer as herstel het. In 1995 word Finland lid van de Europese Unie en in 2002 word die markka ingeruil vir die euro. Staatshoofde van Finland sedert Oktober 1918
- Väinö I van Finland (koning) (1918)
- Carl Gustav Mannerheim (regent) (1918-1919)
- Kaarlo Juho Stahlberg (president) (1919-1925)
- Lauri Kristian Relander (1925-1931)
- Pehr Evind Svinhufvud (1931-1937)
- Kyösti Kallio (1937-1940)
- Risto Heikki Ryti (1940-1944)
- Carl Gustav Mannerheim (1944-1946)
- Juho Kusti Paasikivi (1946-1956)
- Urho Kaleva Kekkonen (1956-1982)
- Mauno Henrik Koivisto (1982-1994)
- Martti Oiva Kalevi Ahtisaari (1994-2000)
- Tarja Kaarina Halonen (v) (2000-...) Ander bekende (politieke) persoonlikhede
- Carl Gustav Mannerheim (was behalve regent en president ook as maarskalk opperbevelhebber)
- Väino Tanner (sosiaal-demokratiese premier)
- Antii Oskari Tokoi (sosiaal-demokratiese premier)
- Matti Vanhanen (premier vir die sentrumparty) Finse politieke partye
- KESK (Sentrumparty; sentraal-regs)
- SDP (Sosiaal-demokrate)
- LKP (Liberale Volksparty; liberaal)
- KD (Christen-demokrate)
- SFP (Sweedse Volksparty; Sentraal-regts, party vir die Sweedse minderheid)
- KOK (Nationale Koalisieparty; sentraal-regs)
- VAS (Linkse Volksparty; links-sosialisties)
- IKL ([1932-1944] Patriotiese Beweging; fassisties)
- ML ([1906-1965] Agrariese Liga; sentraal)
- SKDL ([1944-1991] Volksdemokratiese Party; links-socialistisch/communistisch)

Politiek

:Hoofartikel: Politiek van Finland

Geografie

:Hoofartikel: Geografie van Finland

Ekonomie

:Hoofartikel: Ekonomie van Finland

Demografie

:Hoofartikel: Demografie van Finland

Kultuur

:Hoofartikel: Kultuur van Finland

Ander onderwerpe


- Finse argitektuur
- Finse ontwerp
- Finse literatuur
- Finse musiek

Sien ook


- Monumenten op de Werelderfgoedlijst

Eksterne skakels


- [http://www.visitfinland.com/nl Fins Bureau voor Toerisme]
- [http://www.finlandsite.nl Finlandsite] Category:Finland Category:Lande in Europa fiu-vro:Soomõ [[got:

Estland

Estland is ‘n land in Noordoos-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Estland is ‘n voormalige Sowjet-republiek wat saam met die ander twee Baltiese lande, Letland en Litaue in 1991 onafhanklikheid bereik het en op 1 Mei 2004 aangesluit het by die Europese Unie. Dit is die noordelikste en die kleinste van die drie Baltiese lande. Inwoners praat oorwegend Esties wat nou verwant is aan Fins, anders as die taal van die middelste Baltiese land Letland, Leties wat aan die Baltiese taalgroep behoort.

Geskiedenis

Baltiese :Hoofartikel: Geskiedenis van Estland Estland word in 1918 ‘n selfstandige staat. Die onafhanklike Estland word in 1940 deur sowjettroepe beset en na ‘n kort Duitse besetting in 1944 by die Sowjetunie ingelyf. Die besette Estland kry in 1991 sy onafhanklikheid terug. Die jare van toenemende vryheid wat die gebeurtenis voorafgaan het, staan bekend as die singende revolusie. Voor 1918 behoort Estland tot die groot moonthede wat die land omring: dit was afwisselend (ten dele) Deens, Sweeds, (ten dele) Pools en Russies, terwyl die Duitse Orde eeuelank ‘n groot rol gespeel het. Duitsers het hoë funksies in bestuur en amptenary beklee, terwyl die Estlanders slegs arbeid verrig het. Die emansipasie van die Estlanders en van die Estiese taal kom eers vanaf 1800 van die grond af.

Politiek

:Hoofartikel: Politiek van Estland

Geografie

:Hoofartikel: Geografie van Estland
- landsgrense: 561 km
- kuslyn: 3794 km
- omtrek landgrense: 2217 km
- grootste riviere: Emajõgi, Pärnu, Narva Estland is ‘n oorwegend plat land, waar die noordkus egter op baie plekke styl uit die see oprys, en die suidooste heuwelagtig is. Hier vind ‘n mens dan ook die hoogste berg van Estland, Suur Munamägi (Groot Eierberg, 318m), wat net effens laer is as die hoogste punt in Nederland en in Suid Afrika skaars as ‘n berg beskou sou word. Die oosgrens met Rusland word grotendeels gevorm deur die Peipusmeer (3.555 km2) en die Meer van Pskov, en in die noorde deur die Narva rivier. Slegs in die suide het Estland geen natuurlike grens nie. Wes en ten noorde van Estland lê honderde eilande, waarvan die oorgrote meerderheid onbewoon is en sommige deur die Sowjetunie as militêreterrein gebruik is. Die grootste eilande is Saaremaa en die digbeboste Hiiumaa, beide met ‘n herkenbaar eie karakter.

Bevolking

Die meerderheid van die inwoners van Estland het Estiese nationaliteit (67,9%) en praat die Estiese taal. Daar is egter, hoofsaaklik as gevolg van immigrasie beplan en bestuur vanuit Moskou ten tyde van die Sowjet-Unie era, ‘n omvangryke Russiestalige minderheid. Die is gekonsentreer in die hoofstad Tallinn en in enkele industriestede in Noordoos-Estland, waarvan Narva de belangrikste is. 80% van de inwoners van Estland is Estiese burgers.

Bestuur

Narva Estland is ‘n parlementêre demokrasie, met ‘n president wat betreklik strek magte het. Die huidige president is Arnold Rüütel, wat in 2001 Lennart Meri, opvolg. Die president word deur die parlement verkies vir ‘n termyn van vyf jaar. Die parlement (riigikogu) het een kamer met 101 setels. Dit word elke vier jaar verkies. Die huidige koalisieregering regeer sedert 2003 onder leiding van Juhan Parts. Die land is opgedeel in provinsies (maakond, meervoud: maakonnad) en die in landgemeentes (distrikte?) (vald) of steden (linn) Die 15 provinsies van Estland is:
Harjumaa - Hiiumaa - Ida-Virumaa - Järvamaa - Jõgevamaa - Läänemaa - Lääne-Virumaa - Pärnumaa - Põlvamaa - Raplamaa - Saaremaa - Tartumaa - Valgamaa - Viljandimaa - Võrumaa Demografie van Estland

Eksterne skakels


- [http://www.findlocalweather.com/forecast.php?icao=ULTT Die weer in Tallinn]
- [http://wikitravel.org/en/article/Estonia Estland op Wikitravel]
- [http://www.ciesin.ee/ESTCG/ Estland Landgids]
- [http://www.europe-atlas.com/estonia-map.htm Estlandkaart]
- [http://english.eesti.pl Estonia onLine - webwerf oor Estland]
- [http://estonia.europe-countries.com/ Estland Beelde]
- [http://www.rate.ee Estlandjeug]
- [http://www.estonica.org/ Estonica - van A tot Z oor Estland]
- [http://www.riik.ee/en/ Official State Website (eRiik)] - in Engels
- [http://webcam.deili.info/en,1,32 Webcam in Estland]

Sien ook


- Monumenten op die Wêrelderfgoedlys
- Konstantin Päts Kategorie:Estland Kategorie:Lande in Europa fiu-vro:Eesti ja:エストニア ko:에스토니아 ms:Estonia roa-rup:Estonia simple:Estonia th:ประเทศเอสโตเนีย zh-min-nan:Eesti

Letland

Letland is ‘n republiek in Noordoos-Europa, een van die Baltiese lande aan die Oossee. Die land word verder begrens deur Estland in die noorde, Litaue en Wit-Rusland in die suide en Rusland in die ooste. Die land is geografies, in oppervlak en inwonertal die middelste van die Baltiese lande, en verenig elemente van beide buurlande: dit deel sy Baltiese taal, Lets, met Litaue, waar die verwante Litaus gespraat word, en dit deel sy oorwegend Luterse geloof met Estland. Die geskiedenis van Letland vertoon groot ooreenkomste met die van Estland, en veel minder met die van Litaue. Letland herwin na ‘n langdurige sowjetbesetting in 1991 onafhanklikheid wat die land vir die eerstekeer in 1918 verwerf het. ‘n Erfenis van die sowjettyd is die groot aantal Russiestalige inwoners. Die hoofstad van Letland is Riga en die grootste rivier die Daugava of Westelike Dwina, onderskeidelik die grootste stad en die grootste rivier in die Baltiese gebied. Letland kan verdeel word in vier historiese landskappe: Koerland (Kurzeme), Lijfland (Lyfland?) (Vidzeme), Semgallen (Zemgale) en Letgallen (Latgale). Letland is sedert 1 Mei 2004 een van die lidstate van die Europese Unie. Europese Unie]

Politiek


- parlement: saeima, Een kamer:100 lede, termyn van drie jaar. President word elke 4 jaar verkies deur die parlement.
- bestuursindeling: 26 distrikte (rajons), 63 steden (pilseta), 26 samegevoegde gemeentes (novads), 444 landelike gemeente (pagasts). In totaal 556 lokale owerhede.

Geografie


- lengte landgrense: 1078 km (267km met Estland, 217 km met Rusland, 141 km met Wit-Rusland en 453 km met Litaue)
- kustlyn: 531 km
- grootste riviere: Daugava en Gauja.
- grootste meer: Reznas ezers, 57,6 km2
- hoogste punt: Gaizinkalns bij Madona, 312 m.

Sien ook


- Monumente op die Wêrelderfgoedlys
- Lys van staatshoofde van Estland
- Karlis Ulmanis
- Lets, Koers Kategorie:Land Kategorie:Letland Kategorie:Europese Unie fiu-vro:Läti ja:ラトビア ko:라트비아 ms:Latvia roa-rup:Letonia simple:Latvia th:ประเทศลัตเวีย zh-min-nan:Latvia

Kaliningrad

Kaliningrad (Russies: Калининград, Pools: Królewiec, Litaus: Karaliaučius, tot 1946: Königsberg) is die hoofstad van die gelyknamige Russiese eksklawe (oblast Kaliningrad), wat sowat 1 289 kilometer van Moskou tussen Pole en Litaue aan die Oossee lê, met sowat 437 000 inwoners. 'n Seekanaal van sowat 32 kilometer verbind die stad met die Oossee. Die huidige Russiese stad ontstaan na die verwoesting van die oorspronklik Duitse Königsberg, wat eeue lank die hoofstad van die Duitse provinsie Oos-Pruise is. Tot by die jaar 1991 kan die stad weens politieke omstandighede nie sy tradisionele rol as brug tussen die oostelike en westelike lande van die Oossee waarneem nie, en ook sy toerismebedryf bly dekades lank gemik op Russiese besoekers. Vandag staan die stad weer oop vir internasionale handel en toerisme, alhoewel die geografiese ligging as Russiese eksklawe binne die Europese Unie 'n aantal probleme skep. Ook die naam Kaliningrad self is nou omstrede. Michail Kalinin, een van Josef Stalin se bekendste handlangers, is een van die gevreesde massamoordenaars van die Stalinistiese tydperk en verantwoordelik vir die slagting van Katyn, waarby sowat 20 000 Poolse offisiers deur lede van die Sowjetse geheime polisie NKWD vermoor is. Die Sowjetse regering wys toen die Duitsers as die verantwoordelikes vir die moorde aan, terwyl die huidige Russiese regering ondanks Poolse proteste nog steeds weier om die omstandighede van dié oorlogsmisdaad te ondersoek. Vir sommige Kaliningradse burgers is Kënigsberg, die gerussifiseerde weergawe van die oorspronklike Duitse naam Königsberg, of die afkorting Kënig 'n aanvaarbare alternatief, en dit word nou ook dikwels in die advertensiebedryf gebruik. Die meeste Russiese inwoners is egter gekant teen 'n herbenoeming wat as revisionsties sou kon beskou word. 'n Ander voorstel is die naam Kantgrad. Katyn Katyn

Geskiedenis

Die stad word in 1255 deur die Boheemse koning Ottokar II gestig en kry in 1286 stadstatus. Die Duitse stad Königsberg word 'n belangrike lid van die Hanse-bond, setel van die Duitse Ridderorde en hoofstad van die Duitse provinsie Oos-Pruise. 1451 word Königsberg deur die Duitse Ridderorde oorgeneem en die hoofstad van hulle Pruisiese staat. Dit is die geboortestad van die Duitse filosoof Immanuel Kant (
- 1724), wat hier tot by sy dood in 1804 woon. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is 90 persent van die stad se geboue vernietig. Die sowat 400 000 Duitse bewoners vlug of word deur die Sowjets verdryf; die stad word vervolgens by die Sowjetunie ingelyf en kry in 1946 die nuwe naam Kaliningrad. In Junie 2005 vermeld Russiese argeoloë dat hulle in die kelder van die Duitse Orde se kasteel 'n raaiselagtige vonds opgegrawe het - 'n silwerdosie met 'n aantal voorwerpe wat blykbaar vir sataniese rituele gebruik is, onder meer amulette en medaljons met geheimsinnige Latynse en Griekse inskripsies. Die dosie dateer vermoedelik uit die tydperk van die 16de tot 17de eeu en is die volledigste versameling rituele voorwerpe van hierdie soort wat tot dusver in Europa gevind is. Op 3 Julie 2005 vind op uitnodiging van die Russiese president Vladimir Poetin 'n spitsberaad met die Franse president Jacques Chirac en die Duitse bondskanselier Gerhard Schröder in die vakansieoord Swjetlogorsk (vroeër Rauschen), sowat 50 kilometer van Kaliningrad, plaas. Die spitsberaad is deel van die 750-jaar-vierings. Die feit dat die Poolse en Litause staatshoofde nie uitgenooi is nie, veroorsaak 'n twispunt in dié lande. Gerhard Schröder is die eerste Duitse regeringshoof sedert 1945 en Jacques Chirac die eerste Franse staatshoof na Napoléon Bonaparte wat 'n besoek aan Kaliningrad aflê. By die geleentheid is die Universiteit van Kaliningrad herbenoem tot Immanuel-Kant-Universiteit.

Klimaat

Die klimaat van Kaliningrad is 'n mengsel van Asiatiese kontinentale en Wes-Europese seeklimaat-invloede. Weerstoestande is taamlik onvoorspelbaar en wisselvallig, met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van +8,0°C en uiterstes tussen -3,0°C in Januarie en +17,0°C in Julie.

Besienswaardighede


- Die gotiese baksteengebou van die Ou Katedraal, geleë op die Pregeleiland, is een van die Duitse geboue wat nie deur die Sowjets gesloop is nie. Aangesien die graf van Immanuel Kant, wat deur die Sowjets as een van die voorlopers van die sosialisme beskou word, teen die noordwand van die katedraal lê, is die fasade met die oog op die 750-jaarviering in 2005 herstel. 'n Museum, wat die lewe en werk van die filosoof behandel, is in een van die torings geopen.
- Die gebou van die Russies-Ortodokse Christus-die-Verlosser-katedraal met sy drie goue koepels en sitplekke vir 3 000 mense word ter geleentheid van die 750-jaarviering ingewy. 2005
- Die stad beskik oor een van die belangrikste dieretuine van die Russiese Federasie en sy enigste Duitstalige teater.
- Die Dohna-toring huisves die bekende barnsteen-museum, wat meer as 6 000 voorbeelde van natuurlike barnsteen en juweliersware van destydse kunstenaars uit die stad vertoon.
- Die spoorwegmuseum vertoon 'n aantal historiese lokomotiewe en waens.
- Die Russiese navorsingskip Witjas huisves die Museum van die Oseane van die Wêreld. Hier word die flora en fauna van die oseane behandel. Die duikboot B-13 bied 'n tentoonstelling oor die Russiese duikbootvloot aan. Category:Rusland ja:カリーニングラード ko:칼리닌그라드

Duitsland

Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.

Geskiedenis

:
Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland

Politiek

:
Hoofartikel: Politiek van Duitsland

Geografie

:
Hoofartikel: Geografie van Duitsland

State

:
Hoofartikel: State van Duitsland Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg
(Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen
(Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen
(Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen
(Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere
(Bayern)
- Saksen
(Sachsen)
- Saksen-Anholt
(Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren
(Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen
(Thüringen)
- Rynland-Palts
(Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein
(Schleswig-Holstein)

Ekonomie

:
Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Demografie

:
Hoofartikel: Demografie van Duitsland Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Kultuur

:
Hoofartikel: Kultuur van Duitsland

Sien ook

Category:Duitsland Category:Lande in Europa fiu-vro:S'aksamaa als:Deutschland ja:ドイツ ko:독일 ms:Jerman roa-rup:Ghirmânii simple:Germany th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี zh-min-nan:Tek-kok


Eiland

'n Eiland is enige stuk land kleiner as 'n kontinent, maar groter as 'n rots wat heeltemal deur water omring word. Alhoewel meeste eilande natuurlike eilande is, kry mens ook mensgemaakde eilande. ja:島 ko:섬 ms:Pulau simple:Island th:เกาะ zh-min-nan:Tó-sū

Öland

Öland is 'n eiland in die Oossee. Teen 1 342km² is dit die tweede grootste eiland wat aan Swede behoort, na Gotland. Dit is deel van die Kalmar Län. Kalmar Län Dit is die eiland van die:
- Oelandia, of Öland — a historiese Provinsie van Swede
- Ölands Län, — a voormalige administratiewe en polititiese subafdeeling (län) van Swede
- Borgholm Munisipaliteit, of Borgholms kommun — a huidige Munisipaliteit van Swede
- Mörbylånga Munisipaliteit, of Mörbylånga kommun — a huidige Munisipaliteit van Sweden Kategorie:Sweedse eilande in die Oossee
-


Saaremaa

(Saaremaa en Hiiumaa)]] Die Estiese eiland Saaremaa is op een na die grootste eiland in die Oossee. Dit is 2673km2 groot en het 40 312 inwoners. Van die woon daar ruim 16 000 in die hoofdorp Kuressaare. Die naam van die eiland beteken niks meer as 'eiland' nie en dit geld ook vir die Sweeds/Duitse naam Ösel. Saaremaa is dig bebos. Kenmerkend van die plantlewe is die talryke jenewerstruike. Die kus is is baie gevarieerd met styl rotse in die noorde by Panga. Kultuurhistories het Saaremaa baie aan te bied. Die hoofdorp Kuressaare het rondom 'n biskopsburg ontstaan en is vanouds bekend as kuuroord. Baie van die dorpies op Saaremaa het baie ou kerke (onder meer: Valjala, Karja, Pöide, Kaarma) wat ook 'n verdedigingsfunksie gehad het. 'n Opvallende aantreklikheid van Saaremaa is die kratermeer van Kaali, wat een deursnee van 110 meter het en aan die begin van die eerste millennium v.C. ontstaan het as gevolg van 'n meteorietinslag. Dit is die beste bereikbare meteorietkrater in Europa. Die eiland het 'n vaste verbinding met die naburige Muhu, waarmee dit saam een distrik vorm. Muhu is vanuit die Estiese hawe Virtsu bereikbaar. Daar is ook is 'n bootverbinding met Hiiumaa, wat ten noorde van Saaremaa geleë is. Pogings om veerbootdienste vanuit Letland en vanaf Gotland in die lewe te roep het tot dusver (2002) misluk. Kategorie:Eiland Kategorie:Estland

History of the genus Pachypodium

The history of the species begins with John D. Lindley in 1830 as the author of Pachypodium. His taxonomical ranking is based on a single species identified as P. tuberosum (1), which he thought was Echites succulenta (2) L.f., identified in 1781. Seemingly, then, the newer genus Pachypodium is acquired from the older genus Echites. In 1837, on the other hand, George Don cited E. succulenta (2) as a taxonomical synonym of the species he identified as P. tomentosum (3). This species of Pachypodium is the only species he readily maintains. So, in the same listing, George Don classifies P. glabrum (4) as a species, but labeled it under Echites bispinosa (5) L.f as a basionym; which is a name that has priority over other names later given to the same plant by different authors. That is to say, then, that Echites bispinosa (5) has priority over Pachypodium glabrum (4) as a basionym. Also George Don moved to reduce P. tuberosum (1) Lindley to a synonym of Echites bispinosa (5); a synonym occurs when one of two or more names are used for the same taxonomical rank of a plant--or, better said, a synonym is a rejected name due to misapplication or difference in taxonomic judgment. Therefore, it would seem, the newer genus Pachypodium under George Don takes apparently a lesser priority taxonomically in the ranking of names to the older Echites genus. Both P. tuberosum (1) Lindley and P. glabrum (4) are altered taxonomically--one by a basionym and the other by a synonym. Yet, even to George Don P. tomentosum (3) remains as a species. In 1844; however, the Pachypodium genus is redefined. Alphonse Louis Pierre Pyramus de Candolle delineated, or A de Candolle, Pachypodium succulentum (6) based on the apparent earlier taxonomical relationship between the two VALID taxonomical species Echites succulenta (2) AND P. tomentosum (3) G. Don. Moreover, he describes a second species considered to be P. bispinosum (7), even though it has an apparent basionym of E. bispinosum (7) L.f. Furthermore A. de Candolle maintains that P. glabrum (4) G. Don. is a synonym to P. bispinosum (7) The last taxonomical move A. de Candolle accepted, according to Rapanarivo et al., is the further delineated P. tuberosum (1) Lindl. into a variety form. He modifies this species by adding the taxonomical rank variety to the species as variety loddigessii (1A). In 1963, Leslie Edward W. Codd cited P. tuberosum var. loddigessii (1A) as a synonym for P. bispinosum (7) A. de Candolle. Historically the next species were identified by Welwitsch in 1867 and 1871 accordingly P. namaquanum (8) and P. lealii (9); as well as P. saundersii (10) by Nicholas Edward Brown in 1892. Another well known member (genus) of Apocynaceae is brought to attention as a synonym for P. namaquanum (11) (Wyley ex Harv.). That early citation listed P. namaquanum (11) (Wyley ex Harv.) as Adenium namaquanum (12) Wyley ex Harv. in 1863, an aberrant move considering the obvious morphological differences between Adenium and Pachypodium. John Gilbert Baker in 1892 contributed the first species accepted into the genus from Madagascar as P. rosulatum (13). Based on Rapanarivo et al.'s work, Madagascar with its more isolated habitats and specialized micro-ecosystems as compared to the broadly defined habitats of mainland Southern Africa will thus become a major source for variation in the species of Pachypodium. After John Gilbert Baker, George Carl Wilhelm Vatke added P. rutenbergianum (14) in 1885, P. brevicaule (15) Baker in 1887, as well as P. densiflorum (16)--all Madagascar species. Of importance, Julien Noel Costantin and Georges Jean Marie Bois in 1907 constructed the first, rather, complete treatment (monograph) of Pachypodium. In their account, Costantin and Bois enumerated seventeen species; where ten were from Madagascar and seven were from Continental Southern Africa. In 1934, however, after another account of the genus by Joseph Marie Henry Alfred Perrier de la Bâthie, Pachypodium was, according to Rapanarivo et al., distinguished by twenty species with fourteen from Madagascar and six from Continental Southern Africa. Much later, in 1976, Friedrich Markgraf accepted seventeen species, where twelve derive from Madagascar as the other five come from Continental Southern Africa. New species have been added since 1976. Lavranos--co-author of Rapanarivo et al.--identified P. inopinatum (17) in 1996 and later in 1997 contributed the species he identified as P. eburneum (18) and P. bicolor (19) . In the reference Pachypodium (Apocynaceae): Taxonomy, habitat and cultivation Rapanarivo et al. reviewed the variety rank of many species and revised the speciation of Pachypodium by adjusting (I) P. baronii var. windsorii (20) to P. windsorii (21) AND P. rosulatum var. gracilius (24) to P. gracilius (25). In other words, the aforementioned varieties were raised to species rank. As to P. cactipes (26), which Friedrich Markgraf in 1976 reduced to a synonym of P. rosulatum (23), Rapanarivo et al. reinstated it as a distinct species. In the Cactus and Succulent Journal [CASA] (USA), March-April 2004, John J. Lavranos added a new species from the little visited Makay Mountains in Madagascar. He identified it as P. makayense (27), with the condition that, despite naming a new species, he held reservations about the use of "infrageneric rank where affinities are not entirely clear (Lavranos, "Summery" p. 75.)" So, in other words, the status of P. makayense (27) is published but not entirely settled. It awaits further reassessment by (I) supplementary, adequate documentation; AND (II) molecular work on infra-generic (species) relationships within the genus Pachypodium as a whole. But for practical reasons; however, Lavranos decided that this taxon should be documented and stated as a species so that the advancement of speciation of Pachypodium can be understood given the taxon's distinct, singular characteristics and geological location. P. makayense (27) resembles P. densiflorum (16) "with its thick, irregularly disposed branches" (Lavranos p. 88). Yet P. makayense differs widely from P. densiflorum (16) by its spinescence--having a spine or spines--and in the form of the flower. It is closest, therefore, to P. gracilius (20) but is distinguished by its heavier branches, its larger flowers, and its white spots at the base of the corolla--the inner whorl of the perianth or collectively all the flower's petals. Geographically the southernmost known locality of P. makayense (27) is 50 km from the northernmost known range of P. gracilius (20), which grows on sandstone south of the Mangoky River. This distance is characterized by a geologically ancient and deep depression of the Mangoky River. (Paragraph: Lavranos, p. 88) Another species has been reinstated according to the Huntington Botanical Gardens 2005 ISI for the European Union. Namely, P. menabeum (28). Röösli and Hoffman came upon a very distinct Pachypodium during their winter expedition to Madagascar. Originally, they attributed the taxon to be P. lamerei (28). Yet given more examination W. Röösli and Hoffmann, the infinity to P. lamerei (28) was rejected in place of an identification to "robust" form of P. ambongense. (29). Yet, it was a final comparison to a type specimen from the herbarium at the Natural History Museum in Paris resolved the taxonomic confusion over the taxon by an identification with P. menabeum (30), which has a very restricted range in central Madagascar. A recent account of this rediscovery of P. menabeum (30) and its relationships was published in KuaS 55 (10): 274-280 (2004). Moreover, in a more broadly read journal/Yearbook, an article in Bradleya 22: 85-130 (2004) offers a review of Pachypodium endemic to Madagascar. Lastly it should be noted that there often exists a disparity between scientific, botanical accounts versus cultivated, horticultural assessments in succulent nurseries and between passionate collectors of the genus Pachypodium--as well as other esteemed plants. It would seem that the science of botany is guided by finding, or not finding, meaningful generalizations between taxon constituted a generic--infra-species--speciation concept. Nurseries, on the other hand, are often guided by finding any possible difference that (I) once was so named--possibly--(synonym) OR (II) is now presumed to be a new species ((n. n.) or (sp. nov)). This attention to characteristics of a taxon that are deemed not botanically reducible by horticulturalists makes for a vast array sensitive to the slightest difference in species; even if these differences have been demonstrated as having no taxonomical significance or have been reduced to synonymy by botanists. Several debates between scientific botanists, market-orientated horticulturalists, and interested collectors exist over taxon. Recently they are as follows for Pachypodium: :(I) The reduction of P. ramosum Costantin and Bois or P. lamerei var. ramosum (Costantin and Bois) Pichon to P. lamerei Drake, where P. ramosum branches considerably more than P. lamerei Drake; :(II) The reduction of P. menabeum Leandri to P. lamerei Drake, where P. menabeum Leandri is significantly different than P. lamerei Drake in morphology; :(III) The exclusion or synonymy of P. rosulatum var. drakei (Costantin and Bois) Markgr. or P. drakei Costantin and Bois to P. rosulatum Baker; :(IV) The exclusion or synonymy of P. brevicalyx (H. Perrier) Pichon or P. densiflorum var. brevicalyx H. Perrier to P. densiflorum Baker :(V) The species rank of P. griquense L. Bolus when reduced to P. succulentum (L.f.) A. DC.

External Sources


- "Index of Botanist" [http://www.huh.harvard.edu/databases/ Harvard University Herbaria Online]
- ¹Lavranos, John, J. "Pachypodium makayense: A New Species From Madagascar. (Cactus and Succulent Journal 76 (2) 85-88.
- ²Mays, Harry. [European Union Honorary Representative] The Huntington Botanical Gardens' 2005 offering of International Succulent Introductions for the European Union. (Woodsleigh, Moss Lane, St. Michaels on Wyre, Preston, PR3 0TY, UK: 2005)
- Rapanarivo, S.H.J.V., Lavranos, J.J., Leeuwenberg, A.J.M., and Röösli, W. Pachypodium (Apocynaceae): Taxonomy, habitats and cultivation "Taxonomic revision of the genus Pachypodium," S.H.J.V. Rapanarivo and J.J. Lavranos; "The habitats of Pachypodium species" S.H.J.V. Rapanarivo; "Cultivation" W. Röösli. (A.A. Balkema: Rotterdam, Brookfield, 1999) [The rest of the list is based on Rapanarivo et al.]

ruletka Szkolenia bhp cytaty warsaw internet club otyo










































:: RELATED NEWS ::
Ardās
The Ardās () are the Sikh daily prayers. In Sikhism, these prayers are made after washing and before eating. Though these prayers vary by sect, all observe them as an important part of the day. The word Ardas is derived from Persian word 'Arazdashat', meaning a request, a supplication, a prayer, a petition or an address to a superior authority. Ardas is a unique prayer based on the fact that it
Richard L. Thornburgh
Richard L. "Dick" Thornburgh (born July 16, 1932) is a lawyer and Republican politician who served as the Governor of Pennsylvania from 1979 to 1987, and then as the Tesseract
A net of a tesseract
In geometry, the tesseract, or hypercube, is a regular convex polychoron with eight cubical cells. It can be thought of as a 4-dimension
Teletransportation
Teleportation, or teletransportation, is the process of moving objects from one place to another more or less instantaneously, without using conventional transportation. There are many examples of success in this area. With present techniques, teleportation is conceivable only with elementary particles, or theoretically, by encoding information about an object, transmitting the information to another place, such as on a radio signal, and cr
Charles W. F. Dick
Charles William Frederick Dick (November 3, 1858 - March 13, 1945) was a Republican politician from Ohio. He served in the United States House of Representatives and U.S. Senate.
Oktyabrsky District
Oktyabrsky District is the name of several places: :Oktyabrsky District, a district in Amur Oblast, Russia. :Oktyabrsky District, a district in Chelyabinsk Oblast, Russia. :Oktyabrsky District, a district in
Orlovsky District
Orlovsky District is the name of several places: :Orlovsky District, a district in Kirov Oblast, Russia. :Orlovsky District, a district in Oryol Oblast, Russia. :Orlovsky District, a district in

All Rights Reserved 2005 wikimiki.org