:: wikimiki.org ::
| 966 |
966 Gebeure
- Stigting van die Benediktynse klooster op die Mont-Saint-Michel in Frankryk
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:10de eeu
Mont-Saint-Michel Mont-Saint-Michel (Bretons Menez Mikael) is 'n abdy, gebou op 'n rotsagtige eiland aan die Normandies-Bretonse kus (département Manche, Frankryk). Die abdy maak deel uit van die gelyknamige dorp in die canton van Pontorson.
Die berg, wat sedert die jaar 1979 as een van die UNESCO se wêrelderfenisgebiede gelys word, is in 1987 tot 'n nasionale historiese monument verklaar. Dit word dikwels met die Sewe wonders van die wêreld vergelyk.
Geskiedenis
Oorspronklik vorm die berg onder sy aanvanklike naam Mont Tombe saam met die klein eiland van die rif Tombelaine en die berg Mont Dol op die vasteland 'n soort heidense sentrum. Die Mont Tombe dien as 'n belangrike vergaderplek van druïdes, maar ook as offerplek, waar die gode deur die offers van jong mans gunstig gestem is.
In die Romeinse tydperk word die berg aan die Romeinse god Mercurius gewy.
Die Christelike geskiedenis van die berg begin met die heilige Aubert, die biskop van die Normandiese stad Avranches. In die jaar 708 verskyn die aartsengel Michael vir hom in 'n droom en gee aan hom die opdrag om 'n Christelike kapel op die 80 meter hoë Mont Tombe op te rig.
Eers na die derde verskyning - en ná 'n hewige slag op sy kop, wat 'n groot gat in sy skedel agterlaat - het die biskop 'n kapel opgerig en aan die aartsengel gewy. Kort na die voltooing word die gebied deur 'n vloedgolf oorstroom, waarby talle dorpe verwoes en die berg as 'n eiland van die vasteland afgesny is. Die biskop is diep geskok en beskou die natuurramp as 'n vingerwysing van God. Hy vernoem die berg na die aartsengel en rig 'n klooster teen die hang van die rots op.
708
708
Die dorp op die berg, wat vandag 50 inwoners tel, bestaan sedert die jaar 709. Normandiese monnikke stig hier in 966 'n Benediktynse klooster, wat tot een van die belangrikste geestelike sentra in Europa en 'n gewilde bestemming van bedevaarte word. Die kerk van die abdy word tussen 1022 en 1135 opgerig. Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk is die berg die simbool van die Franse verset, die eiland word tussen die 13de en 15de eeu versterk. In die tyd van die Franse Rewolusie verlaat die monnike die eiland, en dit word 1810 tot 'n gevangenis omskep. Danksy die pogings van Victor Hugo is die gevangenis in 1863 gesluit. Die Mont-Saint-Michel word in 1874 tot Monument Historique verklaar en in 1879 deur middel van 'n dam met die vasteland verbind. Na uitgebreide herstelwerk word 1966 die millenium (millénaire) van die Mont-Saint-Michel gevier, en in 1969 keer die monnike uiteindelik terug na die abdy. Sedert 1979 is dit een van die wêrelderfenisgebiede wat deur die UNESCO gelys word.
Besienswaardighede
monnik
Vandag is die eiland met sy heilige berg een van die vernaamste toeristebestemmings in Noord-Frankryk. Die museum L'Historique et Maritime behandel die geskiedenis van die eiland en die ekosisteem van Mont-Saint-Michel. Die hoogste getye in Europa word hier aangetref en dit verseker 'n gereëlde verbinding tussen die vasteland en die eiland. Daar word gereeld noodsaaklike ontsandingswerk gedoen om die oorspronklike toestand van die eiland te behou. Daar is ook 'n versameling van modelskepe wat die geskiedenis van die skeepsbou sedert die 16de eeu uitbeeld.
'n Ongewone besienswaardigheid is die skedel van die stigter, biskop Saint Aubert, wat nog steeds op die mont Saint-Michel bewaar word. Die groot gat, wat as oorblyfsel van 'n hewige slag op sy kop beskou word - volgens die legendes is die slag selfs deur die aartsengel Michael aan hom toegedien -, kan besigtig word.
Veeboerdery en kookkuns
Deur middel van inpoldering is in die omgewing van die berg soutige weivelde geskep, wat uitstekend geskik is vir skaapboerdery. Danksy die pré-salés (soutige weivelde) lewer die skape in die omgewing vleis van 'n hoë gehalte op, en agneau de pré-salé (lam van soutige weivelde) is nou 'n gewilde gereg op die plaaslike restourante se spyskaarte.
Eksterne skakels
- [http://home.intekom.com/reisinafrikaans/bmontsaintmichel.htm Reis in Afrikaans: Die Mont-Saint-Michel]
ja:モン・サン・ミッシェル
category:Normandië
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
Eeue
Kategorie:Eeue
GeskiedenisDie geskiedenis is 'n gesistimatiseerde, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee.
- Mousteriaans (Europa-Asië) 150,000 v.C. - 35,000 v.C.
- Middelsteentyd (Afrika) 150,000 v.C. - 35,000 v.C.
- Bo-Paleolitikum (Europa) 35,000 v.C. - 12,000 v..
- Laat-Steentyd (Afrika) 25,000 v.C - 2000 v.C.
- Mesolitikum (Europa) 12,000 v.C. 8000 v.C.
- Neolitikum (Midde-Ooste) 12,000 v.C. - 6000 v.C.
- Moderne mens6000 v.C. - 3000 v.C
- Bronstyd 3000 v.C - 750 v.C.
- Ystertyd 750 v.C.
- Antieke geskiedenis
- Middeleeue
- 15de Eeu
- Renaissance
- 16de Eeu
- 17de Eeu
- 18de Eeu
- 19de Eeu
- 20ste Eeu
- 21ste Eeu
- Eeue
Artikels met plaaslike inhoud:
- Geskiedenis van Brakpan
Kategorie:Geskiedenis
fiu-vro:Aolugu
ja:歴史
ko:역사
ms:Sejarah
simple:History
th:ประวัติศาสตร์
zh-min-nan:Le̍k-sú
10de eeuEeue
Kategorie:10de eeu
ja:10世紀
ko:10세기
th:คริสต์ศตวรรษที่ 10
11de eeuEeue
Kategorie:11de eeu
ja:11世紀
ko:11세기
th:คริสต์ศตวรรษที่ 11
963 Gebeure
- Graaf Siegfried verkry 'n klein kasteel waaruit die stad Luxemburg ontstaan.
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:10de eeu
965 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:10de eeu
968 Gebeure
-
Geboortes
-
Sterftes
-
----
Dae | Eeue | Geskiedenis
Kategorie:10de eeu
Kategorie:10de eeuKategorie:Eeue
ja:Category:10世紀
Bernardo de Irigoyen (Misiones)Bernardo de Irigoyen é uma cidade argentina, capital do departamento de General Manuel Belgrano da província de Misiones.
A cidade se localiza no ponto mais oriental da Argentina, na conhecida "Frontera Seca" com as cidades brasileiras de Dionísio Cerqueira (estado de Santa Catarina) e Barracão (estado do Paraná), um importante ponto de ingresso e regresso de pessoas ao país.
Encontra-se sobre o cerro Barracón a uma altura de 835 metros sobre o nível do mar, o ponto mais alto da província de Misiones.
O total de precipitações por ano é de 2012 milímetros de água.
Se chega a ela através da Rota Nacional 14, que conecta a Mesopotamia con outras regiões do país.
Sua população é de 5.526 habitantes segundo o Censo do ano 2001 (INDEC).
pociel Dorota Rabczewska Doda i Virgin backup software download sylwester na sowacji
|
|
|
|