Die Republiek van Kolombië is 'n land in die noordweste van Suid-Amerika. Dit grens in die noorde aan die Karibiese See, in die ooste aan Venezuela, in die suidooste aan Brazilië, in die suide aan Peru en Ecuador, en in die weste aan Panama en die Stille Oseaan. Bekende Kolombiane sluit in die Nobelprys wenner vir Letterkunde, Gabriel García Márquez, popsangeres Shakira, Formule 1 renjaer Juan Pablo Montoya en dwelmbaron Pablo Escobar, wat met die hulp van die Amerikaners in 'n koeëlreën uit die weg geruim is. Die land is dan ook berug vir die verbouing van kokaïne en die kombinasie van dwelmhandel en verbouing met 'n geweldadige politiese stryd teen FARC dra daartoe by dat Kolombië die hoogste per kapita moordsyfer in die wêreld het.
Geskiedenis van Kolombië
Prekolombiaanse Tydperk
In die prekolombiaanse tydperk is die land bewoon deur inheemse volke met verskillende vlakke van beskawing en organisasie. Die vroegste tekens van menslike bewoning dateer sowat 16,400 jaar terug. Dit sluit in oorblyfsels van gereedskap wat gevind is naby Girardot. Die oudste menslike reste is 12,500 jaar oud en is by Zipaquirá gevind. Beide plekke lê in die relatief droë Andesgebied. Daar word egter gemeen dat die warm en vogtige Amazone gebiede en die Karibiese en Stille Oseaan kuste selfs vroeër reeds bewoon is hoewel die oudste vondse daar slegs 9,000 jaar oud is.
Die inheemse volke was rondom 3500 v.C. primitiewe jagters en nomadiese landbouers, wat die see- en rivierkuste bevolk het. Met die koms van mielies as voedselbron in die 2e eeu v.C. begin groepe hulle hier vestig. Vroeë precolombiaanse volke in die noorde het die Urabá (1000 v.C. - 0) en Sinú (0 - 1000 n.C.), (veral bekend vir uitgebreide wateraanleg en dreinering van landbougrond) ingesluit. Die Tumaco, Calima (1000 v.C. - 800 n.C.), Malagana (300 v.C. - 300 n.C.), Cauca, San Agustín (1000 v.C. - 500 n.C.), Tierradentro, Nariño, Quimbaya (0 - 900 n.C.) en Tolima (200 v.C. - 500 n.C.) het in die suid-weste geleef . Ten tyde van die Spaanse verowerings was daar drie taalfamilies in Colombia: Chibcha, Carib en Arawak.
Die Chibcha-sprekende indiane het 300 tot 400 jaar voor die huidige jaartelling vanuit Sentraal-Amerika na Kolombië, Venezuela en Ekwador getrek - oorspronklik aan die Atlantiese (Karibiese) kus. Arawak-indiane het vanuit die ooste na Kolombië geïmmigreer en hulle veral in die oostelike riviergebiede van die Orinoco en Amazone gevestig. Rondom 1000 n.C. trek oorlogsugtige Carib-indiane van die Brasiliaanse kusstreek en die eilande na die Kolombiaanse kuste en rivierdale Rio Magdalena en Rio Cauca en verdryf die Chibcha na die hoërliggende Andes-gebiede. Die Chibcha bereik 'n hoë graad van ekonomiese en politieke ontwikkeling. Toe die Europeërs rondom 1500 Suid-Amerika ingegaan het, was die Chibcha die mees prominente etniese groep. Hulle was onderverdeel in die Muisca en die Tairona, en nog enkele kleiner groepe. Die grootste groep, die Muisca, het hulle woongebied op die hooglande van die huidige Cundinamarca en Boyacá gehad en was landbouers. Hulle maatskaplike organisasie het om die cacicazgo, die stamhoof, en een oorerfbare leier oor die vroulike lyn, gewentel. Die opvolger/erfgenaam van die stamhoof was die seun van sy suster.
Daar het twee groot Muisca bondgenootskappe bestaan ten tye van die Spaanse verowerings: Bacatá (Bogotá) en Hunza (Tunja). Aan die hoof van die Bacatá was 'n Zipa, die opperhoof. Die Hunza opperhoof het Zaque geheet. Die kleiner Chibcha-sprekende groep, Tairona, het die noordelike uitloop van die Sierra Nevada de Santa Marta berggebied bevolk. Tairona het uit twee groepe, naamlik een in die Karibiese laaglande en die ander in die Andes hooglande. Die eerste groep het van visvang en soutwinning geleef, dus produkte wat hulle vir tekstiel van die Tairona in die hooglande verruil het. Die Tairona het in talle goed-georganiseerde stede, wat met klippaaie verbind was, geleef.
Kolonialisering
Rodrigo de Bastidas land in 1500 as eerste Spanjaard op die Kolombiaanse kus. In 1509 stig Alonso de Ojeda die noord-westelike kusdorp San Sebastian de Urabá. Vasco Nuñez de Balboa stig Santa Maria la Antigua del Darién vanwaar hy 'n ekspedisie na die Stille Oseaan kus onderneem (1513). Met Santa Marta (1525) en Cartagena (1533) word vestings op die kus gestig vanwaar koloniale oorheersing van die binneland, aangemoedig deur die 'El Dorado' mite - 'n oorvloedige bron van goud - begin. Onder leiding van Gonzalo Jiménez de Queasada en Sebastián de Belalcázar word die huidige Kolombië ontdek (1536). In 1557 word in Santafé de Bogotá de 'Real Audiencia del Nuevo Reino de Granada' opgerig. Die verowering van Nueva Granada, soos die gebied toe bekend was, na die geboortegrond van Quesada, is gekenmerk deur die geplunder van die Indiaanse kultuurgoedere, afdwinging van Spaanse gebruike en godsdiens, en slawerny. Die brutale Spaanse régime het 'n uitdunning van die indiaanse bevolking tot gevolg, wat lei tot die invoer van slawe uit Afrika.
Onafhanklikheid en 20ste eeuse geskiedenis
Tot 1810 was die land 'n kolonie van Spanje en 'n belangrike bron van goud, maar in dié jaar verklaar Kolombië onafhanklikheid. Spaanse troepe onder leiding van generaal Pablo Morillo herower die land egter na die Napoleontiese oorloë.
Sedert 1819 was daar al sprake van egte onafhanklikheid onder leiding van Simón Bolívar en Francisco Paula de Santander. Simón Bolívar word die eerste president van Kolombië wat toe nog uit die huidige Kolombië en (dele van) Ekwador, Venezuela en Panama bestaan. In 1830 word die regering van Bolivar omvergewerp wat tot die verbrokkeling van die Republiek gelei het. Ekwador en Venezuela ontstaan as onafhanklike state, terwyl Panama nog deel van Kolombië bly tot 1903. Van die begin af was die politieke situasie onrustig o.a. omdat die politieke stelsel uit slegs twee partye bestaan het, die liberales en die konserwatiewes. Hierdie tweeledigheid het ook rofweg ooreengekom met die sosiale tweeledigheid van die land: Aan die kus het die 'costeños', meestal afstammelinge van die slawe gewoon - in die sentrale hooglande die 'cachacos', die Spaanse afstammelinge. As gevolg van die slegte ekonomiese toestande, verskillende staatsgrepe en voortdurende gewelddadige konflikte begin die 1,000-daagse Oorlog in 1899 tussen die regerende konserwatiewes en die liberale troepe. Die oorlog, wat tot 1902 duur, sou uiteindelik tussen 60,000 en 130,000 lewens eis en die land vernield agterlaat. In 1903 begin 'n opstand, gesteun deur die VSA wat die Panama-kanaal wou bou, tot die afskeiding van Panama. In 1928 vind die bloedbad van die Piesangstaking plaas. Die Amerikaanse "United Fruit Company" het 'n monopolie in die piesangplantasies gehad en die werkers uitgebuit. Die staking word met geweld beëindig met honderde slagoffers tot gevolg. Vanaf 1948 vind 'n bloedige volksopstand plaas nadat die liberale presidentskandidaat Jorge Eliécer Gaitán vermoor word. Die volksopstand in Bogotá, waarin 2,500 mense sterf, versprei oor die hele land. Hierdie stryd, bekend as 'La Violencia', het die lewe gekos van waarskynlik meer as 'n honderdduisend mense. Stede en dorpe word afgebrand en meer as 'n miljoen mense vlug na Venezuela. Van 1953 tot 1957 lei generaal Gustavo Rojas Pinilla 'n militêre diktatuur. In 'n poging om politieke geweld en outoritêre optrede te beëindig, kom die twee groot politieke partye, die Konserwatiewe en die Liberale, in 1958 ooreen om afwisselend die bestuur van die land oor te neem. Hierdie periode duur tot 1974 maar van 1965 tot 1968 word 'n staat van beleg uitgeroep, as gevolg van geweld van linkse guerrilla's en opstand vanuit die Universiteit van Bogotá.
Die huidige grondwet dateer uit 1991.
Kontemporêre geskiedenis
Die huidige politieke bestaan is onrustig. Teenoor die owerheid ontstaan linkse guerrillagroepe FARC en ELN. Groot grondbesitters het van oudsher hul eie gewapende magte om hulle grond te verdedig. Oorblyfsels hiervan vorm nou nog die baie paramilitêre regse strydgroepe. Met die opkoms van kokaïenproduksie, bewapen die onwettige magte hulle ook op groot skaal. 'n Ideale uitkoms lyk nie moontlik nie. Die onwettige magte gebruik die beskerming van die guerrillas, en die guerrillas finansier die dwelmoorlog teen die owerheid met dwelmgeld. Die stryd teen paramilitêre geweld, guerrillas, kokaïen mafias, korrupsie en magsmisbruik het 'n voortdurende invloed op die politieke situasie. In 2002 is die presidentskandidaat, Ingrid Betancourt, voorstaander van dialoog, deur die linkse guerrillagroep FARC ontvoer. Hierdie faktore maak dit vir buitelandse beleggers 'n onaantreklike land en dit word weerspieël in die ekonomiese toestande. Die huidige president, Álvaro Uribe Vélez, volg enersyds 'n ferm beleid teen die terreur en probeer andersyds om 'n houvas te verkry op die paramilitêre groepe deur ooreenkomste te sluit en hulle te integreer in die leër en politiek. Deur ferm hantering word die FARC tot verdediging gedwing en verbeter die ekonomiese toestand effens. Die kokaïenmafia word met wisselende sukses bestry in die oorlog teen dwelms, wat grotendeels deur die VSA finansier word.
Geografie
Gustavo Rojas PinillaGustavo Rojas Pinilla
Colombia kan rofweg in drie geografiese dele verdeel word:
- Die Andesgebergte in die weste. Die grootste deel van die bevolking woon hier en die drie miljoenstede, Bogotá, Medellín en Cali word hier aangetref
- Die Karibiese kus. Ook hier word enkele belangrike bevolkingssentra, soos Cartagena gevind.
- Die oostelike deel van Colombia, is hoofsaakelik bebos en behoort tot die uitlopers van die enorme Amazonewoud. Dit beslaan 54 % van die oppervlakte van Colombia, maar slegs 3 % van de Colombianen woon daar .
Administratiewe indeling
Kolombië bestaan uit 32 departemente (hoofstede tussen hakkies):
Amazonas (Leticia), Antioquia (Medellin), Arauca (Arauca), Eilandgroep San Andres, Providencia en Sta. Catalina (San Andres), Atlantico (Barranquilla), Bolivar (Cartagena), Boyaca (Tunja), Caldas (Manizales), Caqueta (Florencia), Casanare (Yopal), Cordoba (Monteria), Cundinamarca (Bogotá), Choco (Quibdo), Guainia (Inrida), Guajira (Riochacha), Guaviare (San Jose del Guaviare), Huila (Neiva), Magdalena (Santa Marta), Meta (Villavicencio), Nariño (Pasto), Norte de Santander (Cucuta), Putumayo (Mocoa), Quindio (Armenia), Risaralda (Pereira), Santander (Bucaramanga), Sucre (Sincelejo), Tolima (Ibague), Valle del Cauca (Cali), Vaupes (Mitu), Vichada Puerto (Carreño)
Staatshoof en Regeringsleider is Álvaro Uribe Vélez
- [http://lanic.utexas.edu/la/colombia/ LANIC] Colombia page of the Latin American Network Information Center
- [http://www.gobiernoenlinea.gov.co PEC] – Official governmental portal (in Spanish)
- [http://cne.presidencia.gov.co Palacio de Nariño] – Official presidential site (in Spanish)
- [http://www.coinvertir.org Coinvertir] - Corporación Invertir en Colombia.
- [http://www.proexport.gov.co Proexport] - Entidad encargada de la promoción comercial de las exportaciones.
- [http://www.banrep.gov.co Banco de la República].
- [http://camara.ccb.org.co Cámara de Comercio de Bogotá].
- [http://wikitravel.org/en/article/Colombia] Wiki travel guide in formation
- [http://www.ejercito.mil.co Ejército Nacional de Colombia] - Official Army site (in Spanish and English)
- [http://www.armada.mil.co Armada Nacional de Colombia] - Official Navy site (in Spanish and English)
- [http://www.fac.mil.co Fuérza Aérea Colombiana] - Official Air Force site (in Spanish)
- [http://www.ryanrowe.com/colombia/colombia.html Vive Colombia, Viaja Por Ella!] - Personal webpage intended to improve Colombia's reputation abroad (in English & Spanish)
- [http://www.amnestyusa.org/countries/colombia/index.do Human Rights Concerns ] - Amnesty International USA
Bronne
- Eugenio Gutierez Cely, Miguel Angel Urrego Ardila (1995). 1.001 cosas sobre la historia de Colombia que todos debemos saber. Bogotá: Circulo de Lectores S.A. ISBN 958-28-0751-2
- Library of Congress: Country Studies - Colombia (http://countrystudies.us/colombia/)
Kategorie:Suid-Amerikaja:コロンビアko:콜롬비아ms:Colombiazh-min-nan:Colombia
Hoofartikel: Geografie van Venezuela
Venezuela het 'n verskeidenheid van landskappe, soos die noordelike gedeeltes van die Andesgebergte in die noordweste en langs die noordelike Karibiese kus, waar die hoogste punt die piek Pico Bolivar teen 'n hoogte van 5,007 m is. Noord van Venezuela se vasteland lê Los Roques, 'n reeks koraal-eilande.
Ook in die Noordweste is die laeveld gebiede rondom Maracaibo meer en die Golf van Venezuela. Die sentrale deel van die land word gekenmerk deur uitgestrekte vlaktes genoem llanos wat strek van die Kolombiaanse grens tot die rivierdelta van die Orinoco in die ooste. In die Suide is die Guiana Hooglande, tuiste van die Angel Falls, die wêreld se hoogste waterval.
Die klimaat is tropies en oor die algemeen warm en vogtig, alhoewel meer gematig in die hooglande.
Die hoofstad, Caracas is ook die land se grootste stad. Ander groot stede is onder andere Maracaibo, Barquisimeto, Valencia, Maracay, en Ciudad Guayana.
Eksterne verwysings
- [http://www.gobiernoenlinea.ve Gobierno en Línea] - Amtelike staatswebwerf (in Spaans)
- [http://www.venezuela.gov.ve Presidencia de la República de Venezuela] - amptelike presidentswebwerf (in Spaans)
- [http://www.asambleanacional.gov.ve Asamblea Nacional] - Amptelike parlimentêre webwerf (in Spaans)
- [http://numismondo.com/pm/ven/ Banknote van Venezuela]
- [http://www.marceloanelli.com/xoom/ Fotos van Venezuela] (werf in Spaans)
Kategorie:Suid-Amerikaja:ベネズエラko:베네수엘라ms:Venezuelasimple:Venezuelath:ประเทศเวเนซุเอลาzh-min-nan:Venezuela
Nobelprys
Die Nobelpryse word jaarliks toegeken aan mense vir uitstaande navorsing, vir pionierswerk in die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting of wat 'n buitengewone bydrae tot die samelewing gemaak het. Dit word algemeen aanvaar as die hoogste eer wat aan 'n mens toegeken kan word in vandag se wêreld. Die pryse is tot stand gebring deur die testament van Alfred Nobel, 'n Sweedse nyweraar en die uitvinder van dinamiet. Hy het sy testament geteken by die Sweeds-Noorweegse Klub in Parys op die 27ste November, 1895. Hy was geskok om te sien hoe sy uitvinding gebruik word om verwoesting te saai en wou hê dat die pryse toegeken word aan mense wat die mensdom goed gedien het.
1895, Fisiologie (of Geneeskunde) en Literatuur]]
Die eerste seremonie om Nobelpryse vir literatuur, fisika, chemie en geneeskunde toe te ken is gehou by die Ou Koninklike Sweedse Akademie vir Musiek in Stockholm in 1901; sedert 1902, word die pryse formeel toegeken deur die koning van Swede. Die toekenning van nasionale pryse aan buitelanders is aanvanklik nie deur Koning Oscar II van Swede goedgekeur nie, maar het skynbaar van opinie verander toe hy die publisiteitswaarde vir sy land besef het.
Die Pryse word toegeken by 'n formele seremonie wat jaarliks op 10 Desember gehou word, die datum waarop Alfred Nobel oorlede is. Die name van die wenners word tipies al in Oktober aangekondig deur die verskeie komitees en inrigtings wat as die keuringsrade vir die verskillende pryse dien.
'n Groot geldelike toekenning is ingesluit by die Nobelpryse en staan tans by die 10 miljoen Kroon (effe meer as 1.1 miljoen Euro of 1.4 miljoen V.S.A. Dollar.) Dit was aanvanklik bedoel om die wenners in staat te stel om hulle werk voort te sit sonder die druk om geld in te samel. (Baie wenners was egter al afgetree teen die tyd dat die pryse aan hulle toegeken is en baie Literatuurwenners het ophou skryf na die toekenning van die prys.)
Pryse is jaarliks, sedert 1901, toegeken vir prestasies in:
- Fisika gekeur deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap.
- Chemie gekeur deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap.
- Fisiologie of Geneeskunde gekeur deur die Karolinska Instituut.
- Literatuur gekeur deur die Sweedse Akademie.
- Vrede gekeur deur die Norweegse Storting.
Na Nobel se dood het dit geblyk dat hy nooit enige van die keuringsliggame gevra het of hulle die verantwoordelikheid sou aanvaar nie; hulle het egter huiwerig besluit om dit wel te doen.
- [http://www.nobelprize.org/ Die Nobel e-Museum] - Amptelike webwerf
- [http://nobelprize.org/nobel/nobel-foundation/index.html Die Nobel Stigting] - Amptelike webwerf
- [http://www.kva.se/KVA_Root/swe/awards/nobel/index.asp Die Nobel Komitees] van die [http://www.kva.se/ Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap]
- [http://info.ki.se/ki/nobel_en.html Die Nobel Komitee] van die [http://www.ki.se/ Karolinska Instituut]
- [http://www.svenskaakademien.se/ENG/ Die Sweedse Akademie]
- [http://www.nobel.no/ Die Noorweegse Nobel komitee]
- [http://www.nobelprizes.com/ Die Nobelprysargief op die internet] - 'n nie-amptelike werf
- [http://www.nobel-winners.com Tydlyn van Nobelpryswenners]
- [http://www.nobelpreis.org/english/index.html nobelpreis.org]
Category:NobelprysCategory:Toekenningsja:ノーベル賞ko:노벨상simple:Nobel Prizeth:รางวัลโนเบลzh-min-nan:Nobel Chióng
Formule 1
Beeld:F1_logo.png
Formule Een,dikwels afgekort tot F1 en ook bekend as Grand Prix wedrenne, is die hoogste enkel sitplek (oopwiel) motorwedren klas. Dit is 'n internasionale sport, wat jaarlikse wêreld bestuurders- en vervaardigerskampioenskappe insluit. Menige beskou dit as die toppunt van motorwedrenne; dit is diè duurste sport in die wêreld, met die gemiddelde spanbegrotings in die orde van honderde miljoene VS dollars. Dit is gebaseer rondom 'n reeks wedrenne (18 in 2004), bekend as grand prix, op pasgemaakte bane of afgebakende strate.
Die sport is tradisioneel in Europa gesentreer, wat ongetwyfeld nog steeds sy leiersmark is, maar wedrenne is ook al gehou in die Amerikas, Afrika, Asië en Australië. Nuwe wedrenne in Barein, Maleisië, Sjina en een wat beplan word in Turkye het die sport se internasionale karakter en beeld verder versterk.
Die sport word beheer deur die FIA, Fédération Internationale de l'Automobile, wat op sy beurt hoofsaaklik bevorder en beheer word deur Bernie Ecclestone.
Geskiedenis
Bernie Ecclestone te Monza in 1955]]
Hoof Artikel: Geskiedenis van Formule Een Sien Grand Prix motorwedrenne vir die Geskiedenis wat 1950 voorafgaan.
Geskiedkundig het die Formule Een reeks ontwikkel uit die voor-oorlogse Europese Grand Prix motorwedrenne van die 1920s en die 1930s. Verskeie Europese wedren organisasies het die reëls neergelê vir 'n Wêreldkampioenskap voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, maar as gevolg van die staking van wedrenne tydens die oorlog, is die bestuurderswêreldkampioenskap eers in 1950 geformaliseer; 'n kampioenskap vir vervaardigers het gevolg in 1958. Nie kampioenskap Formule Een wedrenne is vir baie jare oral oor die wêreld gehou, maar as gevolg van die toenemende kostes en dalende belangstelling is die laaste van hierdie wedrenne in die vroeë 1980s gestaak.
Giuseppe Farina het die eerste Wêreldkampioenskapwedren gewen tydens die 1950 Britse Grand Prix te Silverstone, en het voortgegaan om die eerste Wêreldkampioenskap in sy Alfa Romeo te wen, net 'n kortkoppie voor sy spanmaat Juan Manuel Fangio. Fangio het die titel in 1951 verower; Alberto Ascari het die volgende twee kampioenskappe verower in Ferrari motors, maar Fangio het toe daarna vier opeenvolgende kampioenskappe gewen vanaf 1954 tot en met 1957. Alhoewel Stirling Moss gereeld met hom kon kompeteer, is Fangio egter die persoon wat onthou sal word as die een wat Formule Een se eerste dekade gedomineer het.
Die eerste groot tegnologiese ontwikkeling, Cooper se bekendstelling van middel gemonteerde enjins, het ook in die 1950s geskied; Jack Brabham, die kampioen van 1959 en 1960 het die meerderwaardigheid van die nuwe ontwerp bewys. Dit het spoedig daartoe gelei dat die voorlangs gemonteerde enjin permanent hiermee vervang is.
Die eerste Britse Wêreldkampioen was Mike Hawthorn, wat 'n Ferrari bestuur het om die titel in 1958 te verower; toe Colin Chapman F1 betree het as 'n onderstel ontwerper en later as die stigter van Lotus, het die Britte die veld vir die volgende dekade gedomineer. Tussen Jim Clark, Jackie Stewart, Jack Brabham,Graham Hill en Denny Hulme het Britse spanne twaalf bestuurders- en vervaardigers-wêreldkampioenskappe verower tussen die jare 1962 en 1973.
In 1962 het die Lotus span die Lotus 25 ingeskryf wat 'n aluminium plaat onderstel (bekend as 'n skulpromp) eerder as die tradisionele buis-onderstel gebruik het. Dit het later geblyk om die grootste tegnologiese deurbraak te wees na die bekendstelling van die agterlangs gemonteerde enjins.
In 1968 het Lotus borgskappe aan die sport bekend gestel deur die vorm van 'n Goue Blaar (kenteken van die Imperial Tobacco maatskappy), op hulle motors te laat aanbring. Borgskappe het sedertien by verre die grootste bron van inkomste vir die spanne geword.
Sigaret vervaardigers bly tot vandag toe nog 'n groot bron van finansiering vir Formule Een.
Aerodinamiese drukkrag het stadig 'n al hoe groter en belangriker rol in motor ontwerp begin speel vandat die eerste drukvlerk in die laat 1960s ingespan is. In die laat 1970s het Lotus grondeffek aerodinamika bekendgestel wat enorme groot afwaartse drukkrag verskaf het en sodoende die draaisnelhede dramaties verhoog het; maar tot Colin Chapman se misnoë is dit summier verbied in 1983. 'n Suid-Afrikaner Jody Scheckter het in 1979 die kampioenskap in 'n Ferrari verower.
Die 1980s was die era van die turbo-aanjaer motors wat meer as 'n 1000 perdekrag (750 kW) kon ontwikkel. Hierdie motors was en is steeds die kragtigste renbaan wedrenmotors van alle tye, maar om snelhede te beperk is brandstoftenk kapasiteit en aanjaer drukke beperk en uiteindelik is turbo-aanjaers finaal verbied in 1989.
Tydens die vroeë 1990s, het spanne begin om elektroniese bestuurshulpmiddele in te span soos onder andere kragstuur, traksie beheer, en semi-outomatiese ratkaste. Sommige van die ontwikkelings was geleen by die gewone motors van die tyd. Ander innoverings, soos die aktiewe onderstel het primêr op die resiesbaan ontwikkel en het later hulle pad na die vertoonlokale gevind. Die FIA het vanweë klagtes dat tegnologie die uitkoms van die wedrenne bepaal het eerder as die bestuurder se vaardigheid, besluit om baie van die hulpmiddele te verban in 1994.
Williams was die mees suksesvolle span in die vroeë tot middel negentigers met Nigel Mansell, Alain Prost, Damon Hill en Jacques Villeneuve wat kampioenskappe met hulle Renault aangedrewe Williams motors losgeslaan het, behalwe vir Michael Schumacher wat met 'n Benetton twee kampioenskappe in die tydperk losgeslaan het. Toe Williams hulle Renault enjins verloor het in 1998 het McLaren die dominerende span geword en het hulle 'n vervaardigerskampioenskap gewen terwyl hulle voorste bestuurder Mika Hakkinen twee wêreldkampioenskappe gewen het. Michael Schumacher het vanaf 2000 die eerste dekade van die nuwe millenium gedomineer saam met die Ferrari span.
Slegs drie spanne domineer die kampioenskap al vanaf 1984 naamlik McLaren, Williams en Ferrari wat buiten twee, al die motors verskaf het vir die kampioene. 'n Direkte gevolg van die tegnologiese verbeteringe is dat die finansiële las soveel groter geword het en is dit bykans
onmoontlik vir die kleiner onafhanklike spanne om kompeterend te wees en om finansieël lewensvatbaar te bly. Verskeie spanne (onder andere Prost en Arrows) moes al om die rede aan die kompetisie ontrek.
Vanaf 2004 is daar nog tien spanne op die lys, en al maak spanne selde ingligting oor hulle begrotings bekend word dit geraam in die honderde miljoene VS dollar.
Die Motors
2004 span in 2003 bestuur.]]
Hoof Artikel: Formule Een motors
Moderne F1 motors is enkel sitplek, oop kajuit, oop wiel renmotors. Hulle moet deur die spanne self vervaardig word en deur 'n 3.0 liter, tien silinder natuurlik geaspireerde enjins aangedryf word. Die beste enjins se kraglewering word hier om en by 900 perdekrag gereken by 19000 opm. Ratkaste is hoofsaaklik 7-spoed en semi-outomaties (d.w.s. die drywer moet die ratverandering sein aktiveer, die koppelaar, versnellerbeheer en verandering van die rat word alles egter elektronies beheer);
Die motors steun swaar op aerodinamika met die gebruik van groot voor en agter drukvlerke om ongeveer twee keer soveel drukkrag te skep as wat die motor weeg; dus kan 'n F1 motor teoreties maklik onderstebo of teen 'n steil helling ry. Die motors word van ultra liggewig koolstofvesel vervaardig en gebruik 'n uiters fyn verstelde brandstofmengsel wat baie soortgelyk is aan gewone petrol. Gegroefde bande vervaardig uit doelgemaakte verbindings om maksimum klouvermoë te gee en 'n baie kort leeftyd het, word gebruik.
Wedrenne en Strategie
Hoof Artikel: Formula Een Wedren
'n Formule Een grand prix vind oor die tydperk van 'n naweek plaas en begin met vrye oefeninge op die Vrydag. Twee kwalifiserende rondtes vind plaas op die Saterdag, waartydens elke bestuurder aan 'n "Vlieënde Ronde" tydtoets op 'n leë baan onderwerp word. Die eerste ronde bepaal die volgorde waarvolgens die renjaers die tweede en finale sessie sal aandurf (Dit is dikwels voordelig om laaste te gaan aangesien die baan geneig is om vinniger te wees soos rubber neergelê word en daar is natuurlik ook die voordeel dat die mikpunt bekend is). Die tweede rondte bepaal dan die wegspring volgorde op die baan. Die reëls vir die 2004 seisoen bepaal verder dat die span nie aan die motor (insluitende brandstofvlakke) mag verstel na die voltooiïng van die finale kwalifiserende rondte en die aanvang van die wedren op die Sondag nie (Parc Fermè).
Elke span kan twee inskrywings doen en al was dit algemeen in die vroeë verlede vir motors om nie te kwalifiseer nie, is die kostes en risikos vir die spanne te hoog en word kwalifisering nie meer gebruik om te bepaal of die motor mag deelneem al dan nie.
Die wedren begin met 'n opwarm rondte ("parade lap") waarna die motors agter die wegspringblokke oplyn in die volgorde waar hulle gekwalifiseer het. 'n Stelsel van ligte bo oor die baan word gebruik om die wegspring te beheer. Wedrenafstande is so om en by 300 kilometer en die wedren se
tydsduur word beperk tot twee ure.
Punte word toegeken aan die top agt renjaers in elke resies en aan hul onderskeie spanne. Die wenner van die jaarlike kampioenskap is die bestuurder (of dan die span in geval van die vervaardigerskampioenskap) met die meeste punte teen die einde van die seisoen.
Renjaers en vervaardigers
Sien Lys van Formule Een vervaardigers vir 'n volledige lys van die spanne.Sien Lys van Formule Een renjaers vir 'n lys van renjaers wat al aan Formula Een deelgeneem het.Sien Lys van Formule Een Kompioene vir 'n volledige lys kampioene.
'n Uitstaande kenmerk van Formule Een is dat die spanne self die motors bou waarin hulle deelneem, anders as die "spesifikasie reekse" soos die Indy Racing League en Nascar reekse in die VSA. Gevolglik is die terme span en vervaardiger uitruilbaar. F1 se 1950 intreeseisoen het
agtien spanne gelok om deel te neem, maar vanweë die stygendo kostes het baie vinnig uitgetree.
Ferrari is die enigste span uit die 1950 inskrywings wat nog steeds deelneem en in 2004 is daar slegs tien spanne, elk met twee inskrywings, oor op die inskrywingslys.
Die Duitse renjaer Michael Schumacher hou tans nog die rekord vir die meeste bestuurderskampioenskappe ooit gewen (Sewe) en Ferrari hou nog die rekord vir die meestne vervaardigerskampioenskappe (Veertien). Jochen Rindt is die enigste renjaer aan wie die kampioenskap na sy dood toegeken is.
Daar word aan elke kar 'n nommer toegeken. Die vorige jaar se Wêreld bestuurderskampioen kry die nommer 1, en sy spanmaat die nommer 2. Die ander spanne se nommers word dan toegekan na aanleiding van hulle posisie in die voorafgaande jaar se vervaardigerskampioenskap. Die nommer 13 word al sedert 1974 nie meer gebruik nie.
Grands Prix
Sien Lys van Formule Een Grand Prixs vir 'n volledige lys van Kampioenskap wedrenne.
Die aantal Grand Prixs wat in 'n seisoen plaasvind het oor die jare gevarieer. Slegs sewe wedrenne het in die eerste 1950 seisoen plaasgevind; oor die jare het die kalender meer as verdubbel in grootte. Die aantal wedrenne na 1980 het min of meer konstant gebly rondom sestien tot sewentien, met die grootste aantal wedrenne in 2004 (agtien).
Ses van die oorspronklike sewe wedrenne het in Europa plaasgevind met die enigste nie-Europese wedren in Amerika Indianapolis 500, wat ondanks die poging om Amerikaanse deelnemers te lok, nie 'n sukses was nie. Die F1 kampioenskap het stadig uitgebrei na ander nie-Europese lande. Argentinië was die eerste Suid-Amerikaanse Grand Prix gasheer in 1953 en Morokko het die eerste Afrika Grand Prix aangebied in 1958. Asië (Japan, 1976) en Oseanië (Australië, 1985) het later ook gevolg. Die huidige agtien wedrenne is versprei oor die kontinente van Europa, Asië, Australië, Noord-Amerika en Suid-Amerika.
Tradisioneel bied elke nasie slegs 'n enkele grand prix aan wat dan die naam van die land dra. As 'n land egter meer as een wedren aanbied word daar ander name aan die wedrenne toegeken. Duitsland, Spanje en Brittanje het almal al voorheen twee wedrenne aangebied wat dan bekend
gestaan het as die Europese Grand Prix.
Die grand prixs waarvan sommige 'n langer geskiedenis het as die Formule Een Wêreldkampioenskap word nie altyd elke jaar by die selfde baan gehou nie. Die Britse Grand Prix, het byvoorbeeld gewissel tussen Brands Hatch en Silverstone tussen 1963 en 1986. Die
enigste wedren wat in al die kampioeskapseisoene se kalenders voorkom is die Italiaanse Grand Prix wat elke keer op Monza plaasgevind het behalwe in 1980 toe dit in Imola plaasgevind het. (In 2004 staan die Imola wedren as die San Marino grand prix bekend)
Renbane
San MarinoSien Lys van Formule Een renbane vir 'n lys van renbane wat gebruik is.
Die meeste renbane in gebruik vandag is spesifiek vir die kompetiese gebou. Die enigste suiwer straat renbaan is die Circuit de Monaco wat vir die Monaco Grand Prix gebruik word. Van die ander bane is ook geheel of gedeeltelik op publieke paaie uitgelê, soos byvoorbeeld die bane van Spa-Francorchamps of Montréal. Die glansrykheid van die Monaco GP bly een van die belangrikste redes waarom die baan steeds in gebruik is al voldoen die baan streng gesproke nie aan die veiligheidsvereistes wat op ander bane van toepassing gemaak word nie. Die voormalige wêreldkampioen Nelson Piquet het in sy bekende kommentaar gesê dat om in Monaco te jaag dieselfde is as om met 'n helikopter in jou sitkamer rond te vlieg.
Na die dood van Ayrton Senna en Roland Ratzenberger gedurende die 1994 seisoen het die FIA hoër veiligheidstandaarde vereis; moderne Formula Een bane bevat afloopareas en bandversperrings om die gevaar van beserings tydens ongelukke te voorkom.
'n Tipiese baan bevat normaalweg 'n strook reguit pad waar die wenstreep en wegspringblokke is. Die kuipe waar die bestuurders stop vir brandstof en om bande te ruil gedurende die wedren en waar die spanne aan die motors werk voor die aanvang van die resies, is normaalweg reg langs die wegspringblokke. Die uitleg van die bane varieer baie. Van die draai op die bane het al groot bekendheid verwerf soos die hoë-snelheid Eau Rouge by Spa-Francorchamps.
- [http://www.formula1.com Formula1.com] — Amptelike webwerf; kalender, statistieke, volledige uitslae van wedrenne sedert 1950, lewendige tydhou tydens GPs en nuus
- [http://www.fia.com/sport/Regulations/f1regs.html Huidige reëls] op die [http://www.fia.com/FIA webwerf]
- [http://www.grandprix.com GrandPrix.com] — F1 nuus en 'n Grand Prix Ensiklopedie.
- [http://www.fun-1.org/ Fun-1] — Daaglikse satiriese kommentaar oor Formule Een nuus.
- [http://www.itv-f1.com ITV.com/f1] — Nuus fotos en kommentaar van ITV, F1 se Britse kommentators; ook van Matt Bishop en F1 Racing tydskrif.
- [http://www.cololotwin.com/ Formule 1: La Toile de la F1]
Category:MotorwedrenCategory:Formule Eenja:フォーミュラ1
Goud
Goud is 'n edelmetaal.
Goud se chemiese nommer is 79 en dit het symbol Au (L. aurum)
Die suiwerheid van goud word gewoonlik in karaat gemeet, en 24 karaat word beskou as suiwer.
Goud het 'n groot aantrekkingskrag gehad op die mensdom. Alchemie is 'n poging om goud te skep vanuit gewone basis metale.
category:Chemiese elementja:金ms:Emassimple:Goldth:ทองคำ
VSA
Die Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n marinegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van autonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
Verenigde State van Amerika
United States of America
Hoofartikel: Ekonomie van die Verenigde State
Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die Kapitalistiese model en word gekenmerk deur 'n konstante groei, lae werksloosheid en inflasie, 'n groot begrotings tekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wereld. Verskeie ander lande het hulle geld eenhede gekoppel aan die dollar, of gebruik dit selfs as 'n geldeenheid. Die V.S. effekte beurs word beskou as 'n aanduiding van die wereld ekonomie.
Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. industrië vervaardig motorkarre, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is diens industrië, en omtrent 'n driekwart van die V.S. inwonders werk in hierdie sektor.
Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van die Verenigde State
Met die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wiselende landskap: gematigde woudland op die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kus areas wes van die Rocky Mountains en reenwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.
Angara (raketo)
Angara estas rusa portraketo dum evoluigo. Ĝi havas kvin variantojn: Angara 1.1, Angara 1.2, Angara 3, Angara 5 kaj Angara 5-UOHB. La plej forta estas la Angara 5-UOHB, kiu povas kunporti ŝarĝon de 11 tunoj en la geostacionaran orbiton. Tiuj tipoj ŝanĝas la nunajn, malnoviĝintajn rusajn raketojn. Oni antaŭvidas la unuan lanĉon je 2010.
Eurovision Song Contest 1968
La 13-a Eŭrovido-Kantokonkurso okazis la 68-an de aprilo1968 en Londono. Estis jam la tria konkurso kiu estis aranĝata en la brita ĉefurbo. Denove, la prezentatistino nomiĝas Katie BOYLE.
La konkurso de 1968 estis la unua elsendita en koloro. Post tre ekscita atribuaĵo de punktoj la monda sukceso
Eŭrovido-Kantokonkurso 1968
La 13-a Eŭrovido-Kantokonkurso okazis la 68-an de aprilo1968 en Londono. Estis jam la tria konkurso kiu estis aranĝata en la brita ĉefurbo. Denove, la prezentatistino nomiĝas Katie BOYLE.
La konkurso de 1968 estis la unua elsendita en koloro. Post tre ekscita atribuaĵo de punktoj la monda sukceso
Fiakro
Fiakro estas luebla kaleŝo je dispono de publiko. Fiakro havas kvar ardojn kaj estas tirata per du ĉevaloj. Ĝi povas transporti maksimume du personojn en fermita aŭ malfermita kaleŝo.
La tiaj lukaleŝojstacionis en la 17-a jarcento (1662) antaŭ la pariza gastejo en la strato St. Fiacre. De tie venas ties nomoj. Ĝi aperis en 1693 en Vieno. La numerizita kaleŝo ŝanĝis la
Portalo:Ludoj/Artikolo de la monato Papero, tondilo, ŝtono estas ludo por du personoj ludata kun manoj. Ĝi estas konata internacie laŭ multaj malsamaj nomoj, tamen la simplaj reguloj estas la samaj. Kune la ludantoj nombras al tri, kaj je "tri" la ludantoj montras manfiguro. La tondilo venkas la paperon; la papero venkas la ŝtonon; kaj la ŝt
Portalo:Ludoj/Kategorioj
Jen Kategorioj kiuj temas ludoj:
- :Kategorio:Ludoj - :Kategorio:Sporto - :Kategorio:Enigmoj - :Kategorio:Tabulludoj - :Kategorio:Kartludoj
Galapagos Insularo (hispane: Archipiélago de Colón) estas insularo en la Pacifika Oceano. Ĝi estas parto de Ekvadoro.
Insularo havas 13 grandajn insulojn (Isabela, Santa Cruz, Fernandina, Santiago (San Salvador), San Cristóbal, Floreana (Santa María), Española, Genovesa, Santa Fe, Darwin, Roca Redonda, Marchena, Pinta), kaj 8 malgrandajn insulojn kaj ĉirkaŭ 40 insuletojn. Loĝantaro estas ĉirkaŭ 25.000 (2004).