Jesus Christus, ook: Jesus van Nasaret, Jesus die Nasarener, of Yeshua ben Joseph (Hebr.),(c. 4 v.C. / c. 30) was bekend as 'n Joodse leerkrag. Hy is die sentrale figuur in die Christendom.
Die titel Christus (Christos) kom van die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Messias (Messiah) af wat gesalfde beteken. Die titel is deur sy volgelinge gebruik wat Hom as die gesalfde van die Here (JHWH) gesien het.
Oor die lewe en uitsprake van Jesus bestaan daar uiteenlopende opvattings.
Die Lewe van Jesus
Geboorte
Johannes die Doper
Lering volgens die Nuwe Testament
Die Kruisiging
Die Opstanding
Dogma
Die Naam en Titels van Jesus
- Persoonlike naam
- Christus
- Ander titels
- Seun van God
- Seun van die Mens
- Koning
- Priester
- Profeet
Die Historiese Jesus
Die evangelie was van sy oorsprong deur sy volgelinge as betroubaar beskou. Volgens die Christelike geloof is hy die eniggebore seun van God wie se inkarnasie, dood en wederopstanding, die gawe van saligheid aan die wêreld besorg het. Hy word deur verskeie gelowe as 'n profeet beskou, insluitende die Islam, hoewel ander gelowe gewoonlik nie glo dat Jesus uniek goddelik was nie.
Christelike Perspektief
Jesus as Messias
Volgens die christendom was Jesus die Messias en die Seun van God. Deur Sy marteldood word die mensdom verlos van sogenaamde erfsonde.
- Akademiese, Historiese en Religieuse Teks
Die woord God verwys gewoonlik na 'n enkele uiterste Persoonlike en/of bonatuurlik wese. Die "opperwese konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n klein "g" gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat verwys na 'n bo-natuurlike wese van een of ander godsdiens, bv. die Griekse of Romeinse gode.
Die woord kom uit die Ou Engels/Duits/Noorsetaal-groep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".
=God in die Monoteïstiese gelowe=
Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradiese.
- Allah—Islam/Arabies. Die nege-en-negentig name van Allah
- Jehovah of Yahweh. Die naam van God soos geopenbaar in die Bybel (Ou- en Nuwe Testament. Gebaseer op die Hebreeuse woord YHVH(יהוה).
- Die Drie-eenheid.(Die Vader, Seun (Jesus Christus), en die Heilige Gees)— Hierdie leerstelling word geglo deur die meeste christene. Die konsep van die Drie-eenheid is geformuleer tydens die Eerste Kerkvergadering by Nicaea in 325A.D.
=Die bestaan van God=
Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.
- Ontologiese argument
- Kosmologiese argument
- Teleologiese argument
- Fideïsme
=Die eienskappe van God=
Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op 'n sistematiese manier te verduidelik.
- Teïsme - Deïsme - Monoteïsme - Panteïsme - Malteïsme - Animisme - Dualisme - Henoteïsme - MonolatrïsmeKategorie:Religieja:神ko:하느님ms:Tuhansimple:God
Christene
Christene glo in die drie-enige God -- Vader, Seun en Heilige Gees -- Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.
Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").
Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk -- en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.
In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.
Kategorie:Christendom
Protestantse Kerke
Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke kerk en die Ortodokse kerke een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16e eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvijn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke kerk oor die leer en praktyk in die kerk. Van die grootste verskille met die Rooms-Katolieke kerk is:
- Die gesag van die pous word nie erken nie.
- Maria en die heiliges word nie vereer nie.
- Slegs twee sakramente (doop en nagmaal) in plaas van sewe.
- 'n Sinodale struktuur eerder as 'n biskoplike regering.
Geskiedenis
Protestante sien die 16e eeu gewoonlik as die begin van protestantisme, maar die eerste tekens kan al teruggespeur word na bietjie vroeër.
Die Renaissance het die akademie baie gestimuleer. Teoretiese debatte het plaasgevind oor die aard van die kerk, die omvang en gesag van die pous asook van prinse. Onder die nuwe perspektiewe, was een van die mees radikale dié van John Wyclif by Oxford wat in die 14de eeu met die eerste Engelse bybelvertaling begin het, en toe ook dié van Jan Hus by die Universiteit van Praag. Binne die Rooms-Katolieke kerk is hierdie debat beëindig by die Konsilie van Konstanz (1414-1418). Jan Hus is tereggestel en Wyclif is as ketter verbrand in postuum. Alhoewel die Konsilie van Konstanz die Middeleeuse beskouing van die kerk versterk het, het dit nie alle nasionale en teologiese spanninge opgelos nie.
'n Belangrike omwenteling vind plaas in 1517 met die publikasie van Luther se 95 stellings. Luther was 'n monnik en professor by die Universiteit van Wittenberg en met sy stellings is die debat oor die gesag van die pous en die verkoop van aflate weer oopgestel. Op min of meer die selfde tyd begin 'n soortgelyke beweging in Switserland onder Zwingli. Die drukkuns maak dit moontlik vir idees om baie vinnig deur Europa te versprei.
Na hierdie eerste deel van die Reformasie help die werk van Calvijn om konsensus tussen groepe in Switserland, Duitsland, Skotland, Hongarye en ander plekke te bewerkstellig. Die wegbreek van Rome in Engeland begin in 1529 onder Koning Henry VIII, en voeg Engeland by die Protestantse beweging.
Leer
Die leer van die Protestantisme, soos wat dit aanvanklik ten opsigte van die Rooms-Katolieke kerk se leer gedefinieer is, kan saamgevat word in hierdie latynse uitsprake:
- Solus Christus: Jesus Christus alleen
: Jesus Christus is die enigste weg tot verlossing en moet alleen aanbid word.
- Sola scriptura: Die Skrif alleen
: In teenstelling met die Rooms-Katolieke kerk, wat haar leer op die Bybel, kerktradisie, en ook die beslissings van die kerkleiers (in besonder die pous) basseer, basseer die Protestantisme sy leer op die Skrif alleen.
- Sola fide: Geloof alleen
: Teenoor die stelsel van goeie werke, boetedoening, kwytskelding van straf deur priesters, en die vagevuur, leer die Protestantisme dat die mens slegs deur geloof in Jesus Christus van sonde gered kan word.
- Sola gratia: Genade alleen
: Verlossing geskied deur genade alleen, en nie as gevolg van goeie werke nie. Verlossing kan nie verdien word nie.
Wat besonderhede van Protestante kerke se leer betref, is daar heelwat verskillende strominge en soms sterk meningsverskille. Daar bestaan ook groot verskeidenheid in die vorm wat kerkdienste aanneem.
Strominge
Die Protestantisme bestaan uit 'n aantal verskillende strominge. Daar is geen sentrale gesag onder Protestante kerke nie. Alhoewel sommige protestante strominge internasionaal strek, word meeste op nasionale vlakke georganiseer.
Beskrywende naam van verskillende kerkgroepe wat ontstaan het uit die Azusa straat herlewing in die vroee negentiende eeu in die Verenigde State.
In Suid Afrika word hierdie groepe verteenwoordig deur onder andere die Apostoliese Geloof Sending.
Dit is ook 'n beskrywende naam van 'n groep kerke wat ontstaan het uit die Albury Konverensies in die 1820's in LondenEngeland onder leiding van Henry Drummond.
In Suid Afrika bestaan daar tans mind. drie groep nl:
- Die Nuwe Apostoliese Kerk, wat deel uitmaak van die New Apostolic Church International met hul hoofkantoor in Switserland.
- Die Apostolic Church of South-Africa - Apostle Unity, wat lid in die Vereniging van Apostoliese Kerke is en
- Die Ou Apostoliese Kerk, wat bande het met die Apostelampt Jesu Christi K.d.ö.R. (Apostel Bediening van Jesus Christus) in Duitsland.
Links
[http://www.naccape.org.za/ Nuwe Apostoliese Kerk in Kaapstad]
[http://www.nac-sea.org.za/ Nuwe Apostoliese Kerk in Oos-Suid-Afrika]
[http://www.nak.org/ Nuwe Apostoliese Kerk Internasionaal]
[http://www.oldapostolic.com/ Ou Apostoliese Kerk]
[http://www.united-apostolic.org/ Vereniging van Apostoliese Kerke]
Die Bybel is die "heilige boek" van die Christene. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)).
Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke:
# Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (die Tanach is anders georden).
# Die Apokriewe Boeke, boeke buiten die kanon van Nicea.
# Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks).
In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens).
Dit is die mees verspreide boek in die wêreld, waar daar in die laat 20ste eeu meer as 20 000 000 kopieë in omloop was. Dit is uniek in baie opsigte, waarin vertaling en skrywers net 'n paar is.
Static binding
In programming languages, name binding refers to the association of values with identifiers. An identifier bound to a value is said to reference that value. Since computers themselves have no notion of identifiers, there is no binding at the assembly level — name binding is an abstraction provi
Demon Internet Demon Internet is a British Internet Service Provider. It was one of the earliest ISPs, starting on 1 June1992 from an idea posted on CIX by Cliff Stanford of Demon Systems Ltd. The branch in the Netherlands started in 1996. In the early days users
Who's That Girl? Who's That Girl? is the name of a film, released on August 71987 by Warner Brothers. The film was written by Ken Finkleman and directed by James Foley.
Although slightly successful among teenage audiences, the film did poorly financially. Its soundtrack, Who's That Girl,
Entamoeba histolytica Entamoeba histolytica is an anaerobic parasitic protozoan, classified as an entamoebid. It infects predominantly humans and other primates. Diverse mammals such as dogs and cats can become infected but usually do not shed cysts (the environmental survival form of the organism) with their feces, thus do not contribute significantly to transmission. The active (