:: wikimiki.org ::
| Christene |
ChristeneChristene glo in die drie-enige God -- Vader, Seun en Heilige Gees -- Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel en op 'n dag sal terugkeer om die mensheid te oordeel.
Christene beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Hulle glo voorts in verlossing deur genade, met antwoorde dat 'n mens nooit die ewige lewe op grond van goeie werke deelagtig kan word nie, maar suiwer deur God se genadige redding (jou "wedergeboorte").
Wedergebore Christene verklaar met 'n absolute sekerheid dat hulle geredde kinders van God is wat tot in alle ewigheid deel sal hê in Sy koninkryk -- en in dié opsig verskil die Christendom radikaal van ander godsdienste.
In Suid-Afrika, soos wêreldwyd, is die Christendom egter in talle kerkgenootskappe en sektes versplinter. Dikwels is die skismas (kerkskeuringe) die gevolg van verskillende interpretasies van minder kardinale sienings wat tog nie die hoofboodskap van die Christendom aantas nie.
Kategorie:Christendom
GodDie woord God verwys gewoonlik na 'n enkele uiterste Persoonlike en/of bonatuurlik wese. Die "opperwese konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n klein "g" gespel word, is dit 'n selfstandige naamwoord wat verwys na 'n bo-natuurlike wese van een of ander godsdiens, bv. die Griekse of Romeinse gode.
Die woord kom uit die Ou Engels/Duits/Noorse taal-groep en is in die Westerse kultuur ekwivalent aan die Latyns-gebaseerde "Deus".
=God in die Monoteïstiese gelowe=
Moderne monoteïstiese konsepte kom van die Abrahamse tradiese.
- Allah—Islam/Arabies. Die nege-en-negentig name van Allah
- Jehovah of Yahweh. Die naam van God soos geopenbaar in die Bybel (Ou- en Nuwe Testament. Gebaseer op die Hebreeuse woord YHVH(יהוה).
- Die Drie-eenheid.(Die Vader, Seun (Jesus Christus), en die Heilige Gees)— Hierdie leerstelling word geglo deur die meeste christene. Die konsep van die Drie-eenheid is geformuleer tydens die Eerste Kerkvergadering by Nicaea in 325A.D.
=Die bestaan van God=
Argumente vir sowel as teen die bestaan van God is sedert die klassieke tye al bespreek.
- Ontologiese argument
- Kosmologiese argument
- Teleologiese argument
- Fideïsme
=Die eienskappe van God=
Teologie is die studie van die Eienskappe van God. Daar is verskillende geloofstrukture om "God" op 'n sistematiese manier te verduidelik.
- Teïsme
- Deïsme
- Monoteïsme
- Panteïsme
- Malteïsme
- Animisme
- Dualisme
- Henoteïsme
- Monolatrïsme
Kategorie:Religie
ja:神
ko:하느님
ms:Tuhan
simple:God
Aarde
]
Die aarde is die planeet waarop ons lewe. Dit is die derde planeet van die son af en wentel binne
'n jaar daarom. Die aarde draai een keer per dag om sy eie as. Twee derdes van die oppervlak
is met water bedek en die res met land. Die aarde het 'n satelliet, die maan, wat elke 27.32 dae om die aarde wentel. Die aarde se ouderdom word op vier biljoen jaar geskat.
Die afstand vanaf die ewenaar tot by die pool is omtrent tienduisend kilometer.
Die algemeenste element in die aarde se kors is silikon. Die kern van die aarde is waarskynlik van gesmelte yster. Die aarde het 'n magneetveld, wat die energieke partikels van die sonwind afweer.
Daar is 'n osoonlaag hoog bo die aarde wat skadelike sonstrale afskerm.
Die oppervlakte van die aarde is verdeel in oseane, vastelande en eilande. Dit is ook verdeel in lande,
waarvan Rusland die grootste is. Die hoogste berg is die Berg Everest,
die diepste deel is die Mariana-skeurvallei. Die droogste plek is die
Acama woestyn in Suid-Amerika, en die natste is Cherrapoenji in Indië,
die koudste is Antarktika.
Sien ook
- Aardbewing
ja:地球
ko:지구
ms:Bumi
simple:Earth
th:โลก
zh-min-nan:Tē-kiû
Jesus ChristusJesus Christus, ook: Jesus van Nasaret, Jesus die Nasarener, of Yeshua ben Joseph (Hebr.),(c. 4 v.C. / c. 30) was bekend as 'n Joodse leerkrag. Hy is die sentrale figuur in die Christendom.
Die titel Christus (Christos) kom van die Griekse vertaling van die Hebreeuse woord Messias (Messiah) af wat gesalfde beteken. Die titel is deur sy volgelinge gebruik wat Hom as die gesalfde van die Here (JHWH) gesien het.
Oor die lewe en uitsprake van Jesus bestaan daar uiteenlopende opvattings.
Die Lewe van Jesus
Geboorte
Johannes die Doper
Lering volgens die Nuwe Testament
Die Kruisiging
Die Opstanding
Dogma
Die Naam en Titels van Jesus
- Persoonlike naam
- Christus
- Ander titels
- Seun van God
- Seun van die Mens
- Koning
- Priester
- Profeet
Die Historiese Jesus
Die evangelie was van sy oorsprong deur sy volgelinge as betroubaar beskou. Volgens die Christelike geloof is hy die eniggebore seun van God wie se inkarnasie, dood en wederopstanding, die gawe van saligheid aan die wêreld besorg het. Hy word deur verskeie gelowe as 'n profeet beskou, insluitende die Islam, hoewel ander gelowe gewoonlik nie glo dat Jesus uniek goddelik was nie.
Christelike Perspektief
Jesus as Messias
Volgens die christendom was Jesus die Messias en die Seun van God. Deur Sy marteldood word die mensdom verlos van sogenaamde erfsonde.
- Akademiese, Historiese en Religieuse Teks
Joodse Perspektief
Islamitiese Perspektief
Ander Religieuse Perspektiewe
Kategorie:Mense
ko:예수 그리스도
ms:Yesus Kristus
ja:イエス・キリスト
simple:Jesus
th:เยซู คริสต์
zh-cn:耶穌基督
zh-tw:耶穌基督
ChristendomDie Christendom is 'n religie wat aanvaar dat Jesus Christus die seun van God is en verlossing aanbied aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Dit is tans die religie met die grootste aantal volgelinge [http://www.adherents.com Adherents.com]
Die Christendom het oor die twintig eeue van sy bestaan in baie vertakkings verdeel, onder andere:
- Katolieke kerke
- Die Maronitiese Kerk
- Die Rooms-Katolieke Kerk
- Ortodokse kerke
- Die Ethiopies-Ortodokse Kerk
- Die Grieks-Ortodokse Kerk
- Die Russies-Ortodokse Kerk
- Protestantse kerke
- Adventistiese kerke
- Apostoliese kerke
- Baptiste kerke
- Calvinistiese Gereformeerde kerke
- Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Familie
- Die Nederduitse Hervormde Kerk
- Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika
- Die Presbiteriaanse Kerk
- Charismatiese kerke
- Shophar
- Lutheraanse kerke
- Metodistiese kerke
- Pinksterkerke
- Apostoliese Geloofsending
Sien ook: Teologie -- Christelike doktrine -- Bybel
Category:Christendom
ja:キリスト教
ko:기독교
ms:Kristian
simple:Christianity
th:คริสต์ศาสนา
zh-min-nan:Ki-tok-kàu Category:Metropolitan GothenburgMetropolitan Gothenburg (Stor-Göteborg or literally Greater Gothenburg), is a metropolitan area surrounding the city of Gothenburg in Sweden. The metropolitan region is located in Västra Götaland County, except for the municipality of Kungsbacka, which is located to the south in Halland County.
Category:Gothenburg
Category:Municipalities of Västra Götaland County
Category:Municipalities of Halland County
Gothenburg
mieszne zdjcia spielautomaten zujer hotels Vienna Sklep Nurkowy |
|
|
|
|