Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
1688

1688

Gebeure


- Baie Hugenote vlug van Frankryk na Suid-Afrika.

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1685168616871688168916901691
Kategorie:17de eeu

Hugenote

Gedurende die 16de en 17de eeue, is Protestante in Frankryk Hugenote genoem, 'n woord wat moontlik afgelei is van Besançon Hugues, die leier van 'n rewolusie in Genève. Die meeste Hugenote was Calviniste en het dus besware gehad teen Katolieke sienings en gebruike. Die aantal Hugenote het aansienlik toegeneem tussen 1555 en 1562, hoofsaaklik adellikes en stadsbewoners. Teen 1562 was daar 'n geskatte twee miljoen Hugenote.

Vervolging

Daar was wedersyds geweld en aanvalle tussen die Hugenote en Katolieke. Die toestand het gou tot na aan burgeroorlog ontwikkel. Gedurende die meeste van die 16de eeu is die Hugenote vervolg, wat teen die einde van die eeu gelei het tot grootskaalse interne geloofsoorloë. In 1561 het die Edik van Orléans egter die vervolging gestop vir 'n paar jaar, en met die Edik van Sint-Germain is hugenote vir die eerste keer erken (17 Januarie 1562). In 1572 is duisende Hugenote vermoor tydens die St Bartholomeusnag-slagting, en amnestie is toegestaan die volgende jaar. Die vyfde heilige oorlog teen die Hugenote het op 23 Februarie 1574 begin, en konflik het aan en af aangehou tot 1598 toe koning Hendrik IV die Edik van Nantes uitgevaardig het wat Protestante volle geloofsvryheid en gelyke regte met Katolieke gegee het. Lodewyk XIV het die Protestante weer begin vervolg. Hy het sy soldate gebruik om dragonades toe te dien wat sake so ondraaglik gemaak het dat baie gevlug het. Hy het uiteindelik die "onherroeplike" Edik van Nantes herroep in 1685 en het Protestantisme onwettig verklaar met die Edik van Fontainebleau. Hierna het baie Hugenote na omliggende Protestante lande gevlug, soos die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en veral Pruise, waar die Calvinistiese Groot Keurvors Frederik Willem dit verwelkom het om sy oorloggeteisterde en onderbevolkte land te help.

Die Hugenote vlug

Op 31 Desember 1687 het 'n groep Hugenote per skip vanaf Nederland na Suid-Afrika geseil. Hulle het in 1688 in Kaap die Goeie Hoop aangekom en hulle hoofsaaklik in die omgewing van die huidige Franschhoek gevestig. Die Hugenote het 'n groot rol in die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel, veral in wynbou, en baie Suid-Afrikaners het vandag nog Franse vanne. Die Hugenotemonument in Franschhoek is op 7 April 1948 ingewy. Duisende ander het na die dertien Britse kolonies in Noord-Amerika gevlug. Onder hulle was 'n silwersmit Apollos Rivoire, wat later sy naam sou verengels. Hy gee later dié naam en sy beroep aan sy seun, Paul Revere, 'n beroemde Amerikaanse revolusionêr. Vele het ook gevlug na Engeland en Ierland. Die regte van Hugenote in Frankryk is gedeeltelik herstel met die Edik van Verdraagsaamheid op 28 November 1787. Daar woon vandag nog steeds baie min Protestante in die omgewing van die stad Montpellier in die suide van die land.

Eksterne skakels en bronne


- [http://www.geocities.com/hugenoteblad/indexa.htm Die Hugenotestigting van Suid-Afrika]
- [http://www.hugenoot.za.org/begin-a.htm Die Hugenotevereniging van Suid-Afrika] ja:ユグノー

Frankryk

Die Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje. Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie. Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië. Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower. Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk. Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Frankryk Geografie van Frankryk Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika. Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter. Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite. Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind. Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.

Klimaat

Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense). Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem. In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Frankryk Politiek van Frankryk Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958 verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek. Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie. Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette. Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.

Buitelandse beleid

Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op. Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.

Verdediging

1958 Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander. Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is. In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele. Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel. Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop. Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Verenigde Koninkryk Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina). Volksrepubliek van Sjina Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar). Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste. Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.

Administratiewe verdeling

Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk Lys van gebiede in Frankryk Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.

- Alsace
  - 67 Bas-Rhin
  - 68 Haut-Rhin
- Aquitaine
  - 24 Dordogne
  - 33 Gironde
  - 40 Landes
  - 47 Lot-et-Garonne
  - 64 Pyrénées-Atlantiques
- Auvergne
  - 03 Allier
  - 15 Cantal
  - 43 Haute-Loire
  - 63 Puy-de-Dôme
- Basse-Normandie
  - 14 Calvados
  - 50 Manche
  - 61 Orne
- Bourgogne (Boergondië)
  - 21 Côte-d'Or
  - 58 Nièvre
  - 71 Saône-et-Loire
  - 89 Yonne
- Bretagne
  - 22 Côtes-d'Armor
  - 29 Finistère
  - 35 Ille-et-Vilaine
  - 56 Morbihan
- Centre
  - 18 Cher
  - 28 Eure-et-Loir
  - 36 Indre
  - 37 Indre-et-Loire
  - 41 Loir-et-Cher
  - 45 Loiret
- Champagne-Ardenne
  - 08 Ardennes
  - 10 Aube
  - 51 Marne
  - 52 Haute-Marne
- Corse (Corsica)
  - 2A Corse-du-Sud
  - 2B Haute-Corse
- Franche-Comté
  - 25 Doubs
  - 39 Jura
  - 70 Haute-Saône
  - 90 Territoire-de-Belfort
- Haute-Normandie
  - 27 Eure
  - 76 Seine-Maritime
- Île-de-France
  - 75 Parys
  - 77 Seine-et-Marne
  - 78 Yvelines
  - 91 Essonne
  - 92 Hauts-de-Seine
  - 93 Seine-Saint-Denis
  - 94 Val-de-Marne
  - 95 Val-d'Oise
- Languedoc-Roussillon
  - 11 Aude
  - 30 Gard
  - 34 Hérault
  - 48 Lozère
  - 66 Pyrénées-Orientales

- Limousin
  - 19 Corrèze
  - 23 Creuse
  - 87 Haute-Vienne
- Lorraine
  - 54 Meurthe-et-Moselle
  - 55 Meuse
  - 57 Moselle
  - 88 Vosges
- Midi-Pyrénées
  - 09 Ariège
  - 12 Aveyron
  - 31 Haute-Garonne
  - 32 Gers
  - 46 Lot
  - 65 Hautes-Pyrénées
  - 81 Tarn
  - 82 Tarn-et-Garonne
- Nord-Pas-de-Calais
  - 59 Nord
  - 62 Pas-de-Calais
- Pays-de-la-Loire
  - 44 Loire-Atlantique
  - 49 Maine-et-Loire
  - 53 Mayenne
  - 72 Sarthe
  - 85 Vendée
- Picardie
  - 02 Aisne
  - 60 Oise
  - 80 Somme
- Poitou-Charentes
  - 16 Charente
  - 17 Charente-Maritime
  - 79 Deux-Sèvres
  - 86 Vienne
- Provence-Alpes-Côte d'Azur
  - 04 Alpes-de-Haute-Provence
  - 05 Hautes-Alpes
  - 06 Alpes-Maritimes
  - 13 Bouches-du-Rhône
  - 83 Var
  - 84 Vaucluse
- Rhône-Alpes
  - 01 Ain
  - 07 Ardèche
  - 26 Drôme
  - 38 Isère
  - 42 Loire
  - 69 Rhône
  - 73 Savoie
  - 74 Haute-Savoie
- Départements d'outre mer (DOM)
(Oorsese départements), elk van hulle is ook 'n département en 'n omgewing gelyktydig:
  - 971 Guadeloupe
  - 972 Martinique
  - 973 Guyane française
  - 974 La Réunion
- Collectivités territoriales (Kollektiewe gebiede):
  - 975 Saint-Pierre et Miquelon
  - 976 Mayotte
- Pays et Territoires d'outre-mer (PTOM) (Oorsese Lande en Teretoriale):
  - 986 Wallis-et-Futuna
  - 987 Franse Polynesië
  - 988 Nouvelle Calédonie (pays d'outre mer vanaf 1998)
  - Terres australes et antarctiques françaises (Franse Suidelike and Antarktiese Gebiede) (insluitend Frankryk se Antartika eis)
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements. Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Frankryk Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer. Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners). Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit. Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar. Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.

Geloof

Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word. Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as : Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%. Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Vakansiedae
Datum Afrikaanse Naam Franse naam Opmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagJour de l'An 
6 JanuarieDriekoningsfeesFête des Rois 
2 FebruarieLigmisLa Chandeleur 
-PaasfeesPâquesSondag, datum variëer
-PaasmaandagLundi de PâquesMaandag na Paasfees
1 MeiWerkersdagFête du Travail 
8 MeiV-E DayVictoire 1945Einde van die Tweede Wêreldoorlog
-HemelvaartdagAscensionDonderdag, 40 dae na Paasfees
-PinksterPentecôteSewende Sondag na Paasfees
14 JulieBastille DagFête NationaleNasionale Dag
15 AugustusMaria-ten-HemelopnemingAssomption 
1 NovemberAllerheiligedagToussaint 
11 NovemberVeteranedag
Armistice Day
Remembrance Day
Armistice 1918Einde van die Tweede Wêreldoorlog
25 DesemberKersfeesNoël 
-Goeie VrydagVendredi saintBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin
26 DesemberTweede dag van KersfeesSaint ÉtienneBykomende vakansiedag in die départements Moselle, Bas-Rhin en Haut-Rhin

Allerlei

26 Desember Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie. Sien: Lys van stede in Frankryk

Sien ook

Category:Frankryk Category:Lande in Europa

Eksterne verwysings

als:Frankreich fiu-vro:Prantsusmaa ja:フランス ko:프랑스 ms:Perancis simple:France th:ประเทศฝรั่งเศส zh-min-nan:Hoat-kok

Suid-Afrika

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika. Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land.

Ander name

Suid-Afrika het 11 amptelike tale, wat tweede in terme van getalle is slegs tot Indië. As gevolg hiervan is daar vele aanvaarde amptelike name vir die land:
- Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)
- Republic of South Africa (Engels)
- IRiphabliki yeSewula Afrika (Ndebele)
- IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (Xhosa)
- IRiphabliki yaseNingizimu Afrika (Zoeloe)
- Rephaboliki ya Afrika-Borwa (Noord-Sotho)
- Rephaboliki ya Afrika Borwa (Sesotho)
- Rephaboliki ya Aforika Borwa (Tswana)
- IRiphabhulikhi yeNingizimu Afrika (Swazi)
- Riphabuḽiki ya Afurika Tshipembe (Venda)
- Riphabliki ra Afrika Dzonga (Tsonga) Agt nie-amptelike tale word ook erken: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele, Phuthi, Gebaretaal, Khoe, Nama en San. Sien ook Tale in Suid-Afrika. Laastens gebruik 'n klein aantal Suid-Afrikaners die naam Azanië eerder as 'Suid-Afrika', wat hulle verwerp weens die koloniale oorsprong daarvan. Hulle is meestal lede van partye wat vanuit 'n Afrosentriese linkse tradisie kom, soos die Pan-Africanist Congress of Azania, en groepe wat uit skeurings daarvan ontstaan het, soos die Azanian People's Organization (AZAPO).

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Suid-Afrika
- Apartheid

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Suid-Afrika

Politieke partye in die parlement in 2003


- ACDP (Afrikan Christen Demokratiese Party)
- ANC (African National Congress)
- AEB (Afrikaner-eenheidsbeweging)
- AZAPO (Azanian Peoples' Organisation)
- DA (Demokratiese Alliansie)
- IVP (Inkatha-vryheidsparty)
- MF (Minority Front)
- NNP (Nuwe Nasionale Party)
- OD (Onafhanklike Demokrate Patricia de Lille)
- PAC (Pan-Africanist Congress)
- UCDP (United Christian Democratic Party)
- UDM (United Democratic Movement)
- VF (Vryheidsfront)

Provinsies

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert die totstandkoming van die volskaalse demokratiese Suid-Afrika in 1994, is die land verdeel in 9 provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Gauteng (Johannesburg)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Limpopo (Polokwane)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Noordwes (Mafikeng)
- Oos-Kaap (Bisho)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Wes-Kaap (Kaapstad)

Geografie

right Hoofartikel: Geografie van Suid-Afrika Suid-Afrika is geleë aan die suidpunt van Afrika. Suid-Afrika grens aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland en Mosambiek en omsluit ook Lesotho.
- Stede van Suid-Afrika
- Dorpe van Suid-Afrika

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Suid-Afrika Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.

Wynbou

Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer. Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
- Mynbou
- Suid-Afrikaanse wapentuig
- Toerisme

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Suid-Afrika

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Suid-Afrika
- Suid-Afrikaanse digters
- Suid-Afrikaanse skrywers
- Suid-Afrikaanse kunstenaars
- Suid-Afrikaanse musikante
Kategorie:Lande van AfrikaKategorie:Suid-Afrikaja:南アフリカ共和国ko:남아프리카 공화국ms:Afrika Selatansimple:South Africazh-min-nan:Lâm-hui

Hierdie Dag In Die Geskiedenis

Let wel: Die datums van die Afrikaanse wikipedia ondergaan tans heelwat veranderings. Hier is skakels na twee weergawes van die dae in geskiedenis. Die skakels in die boonste weergawe wys na die artikels wat uiteindelik gebruik sal word. Werk asb dae in die ander twee formate by sodat ons kan standardiseer. Daar is afgespreek dat 1 Junie as templaat gebruik sal word. ----

Eksterne Engelse skakels


- [http://www.on-this-day.com/ on-this-day.com]
- [http://www.historychannel.com/today/ The history channel: this day in history]
- [http://www.todayinsci.com/ Today in science] Kategorie:Lysja:365日ko:366일

Geskiedenis

Die geskiedenis is 'n gesistimatiseerde, chronologiese studie van die verlede met die doel om historiese gebeure so feitlik akkuraat moontlik weer te gee.
- Mousteriaans (Europa-Asië) 150,000 v.C. - 35,000 v.C.
- Middelsteentyd (Afrika) 150,000 v.C. - 35,000 v.C.
- Bo-Paleolitikum (Europa) 35,000 v.C. - 12,000 v..
- Laat-Steentyd (Afrika) 25,000 v.C - 2000 v.C.
- Mesolitikum (Europa) 12,000 v.C. 8000 v.C.
- Neolitikum (Midde-Ooste) 12,000 v.C. - 6000 v.C.
- Moderne mens6000 v.C. - 3000 v.C
- Bronstyd 3000 v.C - 750 v.C.
- Ystertyd 750 v.C.
- Antieke geskiedenis
- Middeleeue
- 15de Eeu
- Renaissance
- 16de Eeu
- 17de Eeu
- 18de Eeu
- 19de Eeu
- 20ste Eeu
- 21ste Eeu
- Eeue Artikels met plaaslike inhoud:
- Geskiedenis van BrakpanKategorie:Geskiedenisfiu-vro:Aoluguja:歴史ko:역사ms:Sejarahsimple:Historyth:ประวัติศาสตร์zh-min-nan:Le̍k-sú

17de eeu

Eeue
16de eeu17de eeu18de eeu
1600160116021603160416051606160716081609
1610161116121613161416151616161716181619
1620162116221623162416251626162716281629
1630163116321633163416351636163716381639
1640164116421643164416451646164716481649
1650165116521653165416551656165716581659
1660166116621663166416651666166716681669
1670167116721673167416751676167716781679
1680168116821683168416851686168716881689
1690169116921693169416951696169716981699
1700170117021703170417051706170717081709
Suid Afrikaanse Geskiedenis Op 6 April 1652 land Jan van Riebeeck aan die suidpunt van Afrika om 'n verversingstasie te stig vir die skepe van die Hollandse Oos Indiese Kompanjie. Kategorie:17de eeu ja:17世紀 ko:17세기 th:คริสต์ศตวรรษที่ 17

18de eeu

Die Kaap was vir die grootste deel van die 18de eeu 'n kolonie van Nederland. Eeue
17de eeu18de eeu19de eeu
17001701170217031704 17051706170717081709
17101711171217131714 17151716171717181719
17201721172217231724 17251726172717281729
17301731173217331734 17351736173717381739
17401741174217431744 17451746174717481749
17501751175217531754 17551756175717581759
17601761176217631764 17651766176717681769
17701771177217731774 17751776177717781779
17801781178217831784 17851786178717881789
17901791179217931794 17951796179717981799
18001801180218031804 18051806180718081809
Kategorie:18de eeu ja:18世紀 ko:18세기

1685

Gebeure


- Sewe weesmeisies van Amsterdam kom aan die Kaap.

Geboortes


- 21 Maart - Johann Sebastian Bach

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1681168216831684168516861688
Kategorie:17de eeu ko:1685년 simple:1685

1686

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1683168416851686168716881689
Kategorie:17de eeu ko:1686년

1687

Gebeure


- 26 September - Die Parthenon in Athene word gedeeltelik vernietig in 'n gewapende stryd tussen Venesiese en Ottomaanse magte.

Geboortes


-

Sterftes


-

Gepubliseer


- Philosophiae Naturalis Principia Mathematica van Isaac Newton ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
17de eeu18de eeu19de eeu
1684168516861687168816891683
Kategorie:17de eeu ko:1687년 simple:1687

1690

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


- ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
16de eeu17de eeu18de eeu
1687168816891690169116921693
Kategorie:17de eeu ko:1690년

Kategorie:17de eeu

Kategorie:Eeue ja:Category:17世紀

20 de februario

Eventos

Nascentias

Mortes

Dies Festive

---- Vide tamben: 19 de februario - 21 de februario - 20 de januario - 20 de martio -- lista de omne datas januario, februario, martio, april, maio, junio, julio, augusto, septembre, octobre, novembre, decembre Category:Data ja:2月20日 ko:2월 20일 simple:February 20 th:20 กุมภาพันธ์

statystyki online casinos apartment madrid Jamnik Jamniki Zoja hotels Berlin










































:: RELATED NEWS ::
John Bartlett
John Bartlett (1820 - 1905) foi un escritor e editor norteamericano.
Naceu en Plymouth, Massachusetts, foi un neno esperto, que comezou a ler aos tres anos, e con nove leu toda a Biblia. Cando tiña dezaseis anos marchou a Cambridge, Massachusetts e traballou na librería que fornecía a Harvard e en 1849 adquiriu a librería,
Paul Wayland Bartlett
Paul Wayland Bartlett (1865 - 1925) foi un escultor norteamericano.
Naceu en New Haven, Connecticut fillo dun crítico de arte e tamén escultor neoclásico. Aos quince anos marcha a París e estuda na École des Beaux-Arts con Emmanuel Frémiet, e dedícase a facer esculturas de an
Robert Bartlett
Robert Abram Bartlett (1875 - 1946) foi un explorador norteamericano de orixe canadense.
Naceu en Brigus, Terranova no seo dunha familia de pescadores, cando tiña 17 anos xa capitaneaba o seu primeiro barco, Bartlett pasou 50 anos realizando mapas e explorando as augas do Po
Escurecemento global
Escurecemento global (global dimming en inglés) é un termo que describe a redución gradual da cantidade de luz solar observada que acada a superficie terrestre desde a década dos anos 1950. O efecto varía coa localización, pero globalmente é da orde dun 5% de redución en tres décadas (1960-1990); a tendencia reverteuse durante a pasada década. O escurecemento global crea un efecto de arrefriamento que puido levar
Gas de efecto invernadoiro
Os denominados gases de efecto invernadoiro ou gases invernadoiro, responsables do efecto descrito son: efecto invernadoiro
- Vapor de auga (H2O)
- Dióxido de carbono (CO2)
- Metano (CH4)
- Óxidos de ni
Gases de efecto invernadoiro
Os denominados gases de efecto invernadoiro ou gases invernadoiro, responsables do efecto descrito son: efecto invernadoiro
- Vapor de auga (H2O)
- Dióxido de carbono (CO2)
- Metano (CH4)
- Óxidos de ni
Luz solar
Coñécese por radiación solar ó conxunto de radiacións electromagnéticas que son emitidas polo Sol. Estas van desde o infravermello ata o ultravioleta. A unidade práctica que describe a radiación solar que chega á Terra é a irradiancia, ou unida
Radiación solar
Coñécese por radiación solar ó conxunto de radiacións electromagnéticas que son emitidas polo Sol. Estas van desde o infravermello ata o ultravioleta. A unidade práctica que describe a radiación solar que chega á Terra é a irradiancia, ou unida
Deriva continental
A teoría da deriva continental foi orixinalmente proposta por Alfred Wegener en 1912. Este formulouna baseado en numerosas observacións que indican que os continentes estaban unidos en eras xeolóxicas pasadas. Estas evidencias inclúen a maneira en que parecen encaixar as formas dos continentes a cada lado do Océano Atlántico, como por exemplo África e Sudamérica (inda que Ben
Deriva continental e clima
A posición dos continentes resulta un factor determinante na conformación do clima mundial. A deriva continental é un proceso sumamente lento, polo que a posición dos continentes fixa o comportamento do clima durante millóns de anos. Hai dous aspectos a ter en conta. Por unha parte, as latitudes nas cales se concentra a masa continental: se as masas continentais están situadas a nivel de latitudes baixas, haberá poucos glaciares continentais e, en xe
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org