Home About us Products Services Contact us Bookmark
:: wikimiki.org ::
1870

1870

Gebeure


-

Geboortes


- 1 Januarie - Ernst Barlach, Duits beeldhouwer
- 7 Februarie - Alfred Adler, Oostenryks psigoloog en psigiater
- 22 April - Lenin (Ulyanov), Russies rewolutionêr en regeringsleier
- 30 April - Franz Lehár, Oostenrijks-Hongaarse komponis en dirigent
- 24 Mei - Jan Christian Smuts. Suid-Afrikaanse politikus.
- 20 Julie - Gerard Nolst Trenité, Nederlands skrywer, outeur van The Chaos
- 31 Augustus - Maria Montessori, Italiaanse onderwyskundige, bekend van die Montessorionderwys
- 26 September - Christiaan X (1870-1947), latere koning van Denemarke en koning van Ysland
- 14 Desember - Jonkheer D. J. de Geer, Nederlands minister-president van 1926 tot 1929 en van 1939 tot 1940

Sterftes


- 9 juni - Charles Dickens, Britse skrywer (gebore in 1812)
- 23 september - Prosper Mérimée, Franse skrywer (gebore in 1803)
- 5 december - Alexandre Dumas, Franse skrywer (gebore in 1802) ---- Dae | Eeue | Geskiedenis
18de eeu19de eeu20ste eeu
1867186818691870187118721873
Kategorie:19de eeu ko:1870년 simple:1870

1 Januarie

1 Januarie is die eerste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 364 dae in die res van die jaar (365 in skrikkeljare).

Gebeure


- 45 VGE - Die Juliaanse tydsberekening tree in werking.
- 404 - Die laaste gladiatorkompetisie vind plaas in Rome.
- 1438 - Albert II van Habsburg word koning van Hongarye.
- 1622 - In die Gregoriaanse kalender word 1 Januarie as die eerste dag van die jaar verklaar.
- 1651 - Karel II van Engeland word die koning van Skotland.
- 1700 - Rusland aanvaar die Juliaanse tydsberekening.
- 1707 - Johan V word die koning van Portugal.
- 1788 - Die eerste uitgawe van The Times word gepubliseer.
- 1801 - Die wetgewende unie van Groot Brittanje en Ierland smelt saam om die Verenigde koningryk te vorm, die Sint Patrickkruis word tot die Union Jack gevoeg.
- 1801 - Giuseppe Piazzi ontdek die eerste asteroïed, 1 Ceres.
- 1804 - Die einde van Franse regering in Haïti.
- 1808 - Invoering van slawe na die VSA word verban.
- 1863 - Abraham Lincoln lewer die emansipasieafkondiging tydens die tweede jaar van die Amerikaanse burgeroorlog.
- 1880 - Konstruksie van die Panamakanaal begin.
- 1893 - Japan aanvaar die Gregoriaanse kalender.
- 1899 - Die einde van die Spaanse regering in Kuba.
- 1901 - Nigerië word 'n Britse protektoraat.
- 1901 - Stigting van die statebond van Australië(Federasie).
- 1912 - Stigting van die Republiek van China op die Chinese vasteland.
- 1937 - Anastasio Somoza word die president van Nicaragua.
- 1956 - Die einde van die Anglo-Egiptiese kondominium in die Soedan.
- 1959 - In Kuba word Fulgencio Batista deur Fidel Castro omvergewerp.
- 1960 - Kameroen word onafhanklik.
- 1962 - Wes-Samoa word onafhanklik van Nieu-Seeland.
- 1964 - Die federasie van Rhodesië en Njassaland ontbind.
- 1970 - Die Unix epog begin om 00:00:00 GT.
- 1971 - Sigaret advertensies word verban op die VSA-televisie.
- 1979 - Die VSA en China begin diplomatiese betrekkinge.
- 1981 - Griekeland betree die Europese gemeenskap.
- 1983 - ARPANET verander offisieël na die internetprotokol, om die Internet te vorm.
- 1984 - AT&T word opgebreek in 22 onafhanklike dele.
- 1984 - Spanje en Portugal betree die Europese gemeenskap.
- 1993 - Tsjeggo-Slowakye verdeel, en die Tsjeggiese republiek, en die republiek van Slowakye word gestig.
- 1994 - Die Noord Amerikaanse vryehandelsverdrag word in werking gestel.
- 1995 - Die Wêreld-handelsorganisasie word geskep om die Algemene ooreenkoms op tariewe en handel te vervang.
- 1995 - Oostenryk, Finland and Swede betree die Europese unie.
- 1999 - Die Eurogeldeenheid word ingelei.
- 2002 - Eurobanknote en -muntstukke word ingelei.
- 2003 - Luís Inácio Lula da Silva word president van Brasilië.

Geboortes


- 1431 - Pous Alexander VI (18 Augustus,1503).
- 1449 - Lorenzo de Medici, staatskundige (9 April,1492).
- 1484 - Huldreich Zwingli, protestante leier (11 Oktober,1531).
- 1618 - Bartolomé Esteban Murillo, skilder (3 April,1682).
- 1735 - Paul Revere (10 Mei,1818).
- 1839 - Ouida, skrywer (25 Januarie,1908).
- 1860 - George Washington Carver, plantkundige (5 Januarie,1943).
- 1863 - Pierre de Coubertin, historikus (2 September,1937).
- 1876 - Harriet Brooks, fisikus (17 April,1933).
- 1879 - E. M. Forster, skrywer (7 Junie,1970).
- 1887 - Wilhelm Canaris, admiraal (9 April,1945).
- 1890 - Anton Melik, aardrykskundige (8 Junie,1966).
- 1894 - Satyendra Nath Bose, wiskundige (4 Februarie,1974).
- 1895 - J. Edgar Hoover, FBI direkteur (2 Mei,1972).
- 1909 - John Glenn, ruimtevaarder.
- 1912 - Kim Philby, spioen (11 November,1988).
- 1917 - Jule Gregory Charney, weerkundige (16 Junie,1981).
- 1919 - J. D. Salinger, skrywer.
- 1925 - Idi Amin, diktator.
- 1933 - Joe Orton, skrywer (9 Augustus,1967).
- 1940 - Helmut Jahn, argitek.
- 1945 - Jacky Ickx, renjaer.

Sterftes


- 898 - Odo, graaf van Parys.
- 1817 - Martin Heinrich Klaproth, chemikus (1 Desember,1743).
- 1894 - Heinrich Hertz, fisikus (22 Februarie,1857).
- 1953 - Hank Williams, sanger (17 September,1923).
- 1972 - Maurice Chevalier, akteur (12 September,1888).
- 1992 - Grace Hopper, rekenaar pionier (9 Desember,1906).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae


- Baie lande wat die Gregoriaanse kalender gebruik, vier Nuwejaarsdag om 00:00:00 met vuurwerkvertonings.
- Katolieke agtdaagse fees van die heilige maagd Maria, moeder van God.
- Die agtste dag van Kersfees.
- Kopieregvervaldag word in die VSA gevier, wanneer 'n jaar se werke publieke domein word. Word nie gevier tussen 1978 tot 2018 nie, as gevolg herhaalde kopiereg-verlengings.
- Onafhanklikheidsdag van Haïti.
- Stigtingsdag in China.
- Onafhanklikheidsdag van die Soedan.
- Bevrydingsdag in Kuba.
- Stigtingsdag in Slowakye.
- Laaste dag van Kwanzaa.
- Wêreldbiddag vir vrede. Kategorie:Datum ja:1月1日 ko:1월 1일 simple:January 1 th:1 มกราคม

Duitsland

Duitsland (Duits: Deutschland) is Europa se grootste ekonomie en ook die land in Europa met die hoogste bevolkingtal. Duitsland is geleë in Sentraal-Europa en grens aan Nederland, België, Luxemburg, Frankryk, Switserland, Oostenryk, Tsjeggië, Pole en Denemarke.

Geskiedenis

:
Hoofartikel: Geskiedenis van Duitsland

Politiek

:
Hoofartikel: Politiek van Duitsland

Geografie

:
Hoofartikel: Geografie van Duitsland

State

:
Hoofartikel: State van Duitsland Duitsland bestaan uit 16 deelstate:
- Brandenburg
- Hansestad Hamburg
(Hansestadt Hamburg)
- Hansestad Bremen
(Hansestadt Bremen)
- Nedersaksen
(Niedersachsen)
- Noordryn-Wesfalen
(Nordrhein-Westfalen)
- Baden-Württemberg
- Beiere
(Bayern)
- Saksen
(Sachsen)
- Saksen-Anholt
(Sachsen-Anhalt)
- Hessen
- Berlyn (Berlin)
- Mecklenburg-Voorpommeren
(Mecklenburg-Vorpommern)
- Thuringen
(Thüringen)
- Rynland-Palts
(Rheinland-Pfalz)
- Saarland
- Sleeswyk-Holstein
(Schleswig-Holstein)

Ekonomie

:
Hoofartikel: Ekonomie van Duitsland Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. Tussen 1970 en 2004 het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Demografie

:
Hoofartikel: Demografie van Duitsland Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Kultuur

:
Hoofartikel: Kultuur van Duitsland

Sien ook

Category:Duitsland Category:Lande in Europa fiu-vro:S'aksamaa als:Deutschland ja:ドイツ ko:독일 ms:Jerman roa-rup:Ghirmânii simple:Germany th:สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี zh-min-nan:Tek-kok


7 Februarie

7 Februarie is die 38ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 327 dae in die res van die jaar (328 in skrikkeljare).

Gebeure


- 457 Leo I word keiser van die Bisantynse ryk.
- 1301 Edward van Caernarvon (later koning Edward II van Engeland) word die eerste Prins van Wallis.
- 1550 Julius III word pous.
- 1613 Mikhail Romanov word tsaar van Rusland.
- 1807 Napoleon se Fraanse ryk begin teen die Russiese en Pruisiese magte van die Vierde koalisie veg in die slag van Eylau in Pole.
- 1882 In Mississippi City, Mississippi vind die laaste swaargewig boks kampioenskap geveg plaas sonder handskoene.
- 1898 Emile Zola word verhoor vir laster vir J'Accuse.
- 1900 Die Britse Labour Party word geskep.
- 1944 Tweede wêreldoorlog: Nazi magte begin met 'n teenoffensief in Anzio in Italië.
- 1962 Die regering van die VSA verban alle Kubaanse in- en uitvoere.
- 1964 Die Beatles besoek die VSA vir die eerste keer.
- 1971 Vroue kry stemreg in Switserland.
- 1974 Grenada word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1977 Die Sowjetunie lanseer Soyuz 24.
- 1984 Ruimtevaarders Bruce McCandless II en Robert L. Stewart doen die eerste lynlose ruimtewandeling.
- 1986 28 jaar se eenfamilieregering eindig in Haïti to president Jean-Claude Duvalier vlug.
- 1990 Ineenstorting van die Sowjetunie: die sentrale komitee van die Sowjet kommuniste party stem in om hul monopolie van beheer te laat vaar.
- 1991 Haïti se eerste demokraties verkose president, Jean-Bertrand Aristide, word ingesweer.
- 1992 Die Europese Unie word gevorm.
- 2003 Laaste kontak na Pioneer 10 beantwoord.

Geboortes


-

Sterftes


-

Vakansies, vierings, en waarmeningsdae


- Kategorie:Datum ja:2月7日 ko:2월 7일 simple:February 7 th:7 กุมภาพันธ์

Oostenryk

Oostenryk (Duits: Österreich), voluit die Republiek Oostenryk (Republik Österreich), is 'n land in Middel-Europa. Die land grens in die weste aan Switserland en Liechtenstein, in die noorde aan Duitsland en die Tsjeggiese Republiek, in die ooste aan Slowakye en Hongarye en in die suide aan Italië en Slowenië. Slowenië als:Österreich fiu-vro:Austria ja:オーストリア ko:오스트리아 ms:Austria simple:Austria th:ประเทศออสเตรีย zh-min-nan:Tang-kok

Psigiatrie

Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe -, emosionele -, of gedragsversteurings. (Sien geestesversteuring.) 'n Psigiater is dus 'n mediese dokter wat gespesialiseer het in Psigiatrie. Só 'n persoon mag dus medisyne voorskryf. (Aan die ander kant is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie.)

Verstand versus brein

Tot op 'n sekere tydstip is psigiatriese siektes gedefinieer as versteurings van die verstand, eerder as die brein, ten spyte daarvan dat die verskil tussen die twee nie altyd duidelik was nie. Binne die huidige databank van kennis, word hierdie onderskeiding al hoe vaer, aangesien daar bevind word dat al hoe meer psigiatriese toestande 'n fisiese oorsaak het. Aanvanklik was neurologie en psigiatrie 'n enkele dissipline, maar soos wat die wetenskap gevorder het, is die twee vakgebiede van mekaar afgeskei. Vandag is die immergroeiende begrip van die basiese funksionering van die neurone en die brein die rede hoekom hierdie twee areas weer begin te versmelt. Aanvanklik was psigiatrie 'n pragmatiese dissipline, deel van algemene geneeskunde, wat medisyne en praktiese sielkunde gekombineer het. Die navorsing van Emil Kraepelin het die fondament van wetenskaplike psigiatrie daargestel, maar dié vordering is ontspoor deur die psigo-analitiese teorieë van Siegmund Freud. Freudiaanse teorie het die psigiatriese denke vir baie jare oorheers. Die ontdekking van litiumkarbonaat as 'n behandeling vir bipolêre versteuring, gevolg due die ontwikkeling van navorsingsvelde soos molekulêre biologie en gereedskap soos breinbeelding, het psigiatrie in staat gestel om sy oosprong in fisiese - en waarnemingsgeneeskunde te herontdek, sonder om sy menslikheidsaspek uit die oog te verloor.

Anti-psigiatrie

In kontras met ander vertakkings van die geneeskunde, bestaan daar in psigiatrie 'n verpolitiseerde beweging wat die praktyk en soms die bestaansreg van psigiatrie teenstaan. Sulke teenstanders beweer groot, multinasie farmaseutiese maatskappye psigiatrie finansieel selektief ondersteun. Sodoende word die navorsingswerk van hooggeagte psigiaters, asook navorsings- en opvoedkundige materiaal besoedel. Hierdie beweringe word sterk beveg deur psigiaters.

Bekende persone in die psigiatrie

Psigiaters:
- Eugene Bleuler
- John Cade
- Milton Erickson
- Siegmund Freud
- David Healy
- Karl Jaspers
- Carl Gustav Jung
- Radovan Karadžić
- Antonie Kepinski
- Emil Kraepelin
- Richard von Krafft-Ebbing
- R. D. Laing
- W. H. R. Rivers
- Kurt Schneider
- Tomas Szasz

Kyk ook na


- anti-psigiatrie
- kognitiewe neuropsigiatrie
- lys van psigiatriese geneesmiddel-ingrepe
- neuropsigiatrie
- psigiatriese oorlewendes-groep
- psigofarmakologie
- Belangrike publikasies in Psigiatrie
- Belangrike publikasies in Geneeskunde
- Belangrike publikasies in Sielkunde ---- ja:精神医学

22 April

22 April is die 112de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (113de in skrikkeljare). Daar volg nog 253 dae in die jaar.

Gebeure


- 1056 - Waarneming van 'n supernova in die Kreef nebula.
- 1500 - Portuguese navigator Pedro Alvares Cabral word die eerste Europese persoon om Brasilië te sien.
- 1509 - Henry VIII besteig die troon van England na die dood van sy vader.
- 1529 - Verdrag van Saragossa verdeel die westelike halfrond tussen Spanje en Portugal dat die verdelingslyn moet lê 297.5 'leagues' wes van die Moluccas. Spanje verkry monetêre kompensasie van Portugal in ruil vir meer teritoriale gebied as wat gespesifiseer was in die vorige verdrag.
- 1836 - Texas Rewolusie: 'n Dag na die Slag van San Jacinto, neem magte van Texan generaal Sam Houston Mexikaanse Generaal Antonio Lopez de Santa Anna gevange.
- 1864 - Die Kongres van die Verenigde State bepaal met die Coinage Act of 1864 dat die woorde "In God We Trust" op alle munte van die VSA-geldeenheid gedruk moet word.
- 1889 - Oklahoma land rush: President Benjamin Harrison open Oklahoma vir wit besetting.
- 1898 - Spaans-Amerikaanse Oorlog: Die Verenigde State Vloot begin 'n blokade van Kubaanse hawens en die USS Nashville neem beleg van 'n Spaanse handel skip.
- 1915 - Eerste Wêreldoorlog: Tweede Slag Ypres - Duitse troepe gebrui gifgas by Ypres, België.
- 1930 - Die Verenigde Koninkryk, Japan en die Verenigde State teken die London Naval Treaty wat duikboot oorlogvoering reguleer en skepe-bou beperk.
- 1943 - Albert Hofmann skryf sy eerste verslag van die hallucinogenic eienskappe van LSD.
- 1954 VSA senator Joseph McCarthy begin verhore om die VSA leër te ondersoek oor kommunisme.
- 1970 - Eerste Aarde Dag gevier.
- 1978 - The Blues Brothers maak hulle eerste verskyning op Saturday Night Live
- 1993 - In Washington, DC, VSA word die Holocaust gedenk museum ingewy.
- 1993 - vrystelling van Mosaic weergawe 1.0
- 1997 'n 126-dag gyselaar krisis in Lima eindig.

Geboortes


- 1451 - Isabella van Castile
- 1550 - Edward de Vere, 17de Earl van Oxford, (d. 1604)
- 1610 - Pous Alexander VIII (d. 1691)
- 1707 - Henry Fielding, outeur (d. 1754)
- 1724 - Immanuel Kant, Duitse filosoof († 12 Februarie 1804)
- 1766 - Madame de Staël, outeur (d. 1817)
- 1840 - Odilon Redon, skilder (d. 1916)
- 1870 (N.S.) - Vladimir Lenin, rewolusionêr, staats leier (d. 1924)
- 1873 - Ellen Glasgow, Pulitzerprys (outeur)
- 1876 - Robert_Barany. Nobelprys wenner vir geneeskunde.
- 1891 - Harold Jeffreys, astronoom (d. 1989)
- 1899 - Vladimir Nabokov, skrywer (d. 1977)
- 1904 - Robert Oppenheimer, fisikus (/1967-02-18).
- 1906 - Prince Gustaf Adolf, Duke of Westrobothnia, tweede in lyn vir die Sweedse troon (d. 1946)
- 1914 - Jan de Hartog, skrywer (d. 2002)
- 1916 - Yehudi Menuhin, viool speler (d. 1999)
- 1922 - Charles Mingus, musikant (d. 1979)
- 1922 - Heer Kingsley Amis, Engelse skrywer (d. 1995)
- 1923 - Aaron Spelling, televisie vrevaardiger, skrywer
- 1923 - Bettie Page, pin-up model
- 1926 - James Stirling, argitek (d. 1992)
- 1936 - Glen Campbell, musikant
- 1937 - Jack Nicholson, akteur
- 1950 - Peter Frampton, musikant
- 1952 of 1954 - Marilyn Chambers, erotiese aktrise
- 1953 - Frank Netzel politiese aktivis
- 1975 - Greg Moore, renjaer (d. 1999)

Sterftes


- 536 - Pous Agapetus I
- 1896 - Thomas Meik, siviele ingenieur
- 1951 - Horace St. John Kelly Donisthorpe, Britse Entomoloog.
- 1983 - Earl 'Fatha' Hines, musikant.
- 1984 - Ansel Adams, Amerikaanse fotograaf
- 1988 - Irene Rich, aktrise
- 1994 - Richard Nixon, voormalige President van die Verenigde State
- 1996 - Erma Bombeck, humoris, skrywer

vakansie dae


- Aarde Dag Kategorie:Datum ja:4月22日 ko:4월 22일 simple:April 22 th:22 เมษายน

Jan Christian Smuts

Jan Christiaan Smuts is gebore op 24 Mei 1870 in die huis genaamd Bovenplaas op die plaas Ongegund naby Riebeeck Wes. Hy was die tweede seun fan Jacobus Abraham Smuts en Catherina Petronella (de Vries). Smut het homself onderskei as:
- 'n Boere generaal op komando tydens die Anglo-Boere-oorlog
- 'n Suksesvolle onderhandelaar met Britanje
- 'n Briljante strateeg in die Eerste Wêreldoorlog
- Raadgewer in die Tweede Wêreldoorlog
- Twee verskillende periodes van dien as Eerste Minister van Suid Afrika
- Woordvoerder van die Britse Statebond
- Erkende akademikus in die filosofie van holisme en botanika.
- Kanselier van die Universiteit van Cambridge

Tydlyn


- 1870, 24 Mei, Smuts word gebore op die plaas Ongegund
- 1866 Skryf in by die Stellenbosh Gimnasium
- 1890 Skryf 'n opstel "South African Customs Union" waar hy reeds Suid-Afrika se toekoms sien binne die konteks van politieke eenheid met Britatnje. Die begin van Smuts se politieke bewussyn.
- 1891 verkry 'n graad in literatuur en wetenskap en kry 'n beurs om Regte in Cambridge te gaan studeer.
- 1895 Keer terug na Kaapstad en begin 'n regspraktyk as advokaat. In Oktober lewer hy sy eerste politieke toespraak.
- 1897 Trek na Johannesburg en trou op 30 April met Sybella Margaretha (Isie) Krige.
- 1898 Word aangewys as Staatsprokureur van die Transvaalse republiek.
- 1899 Geboorte van eerste kind, 'n seun, Jocobus Abraham Smuts. Smuts se aansoek om aan te sluit by die Anglo-Boere-oorlog word afgekeur
- 1900 Die Boere moet in Mei terugval, weg van Pretoria, met Smuts en Schalk Burger in beheer van die hoofstad maar moet in Junie Pretoria verlaat om by Louis Botha aan te sluit. Smuts se seun Koosie sterf drie maande nadat hy Pretoria verlaat het. In Desember neem Smuts beheer oor die Suidwestelike Transvaal.
- 1901 Die Boere besluit om nie oor te gee nie, en Smuts lei sy komando teen die Engelse.
- 1902 Smuts speel 'n sleutelrol in die onderhandeling van 'n vredesverdrag in Vereeniging.
- 1903 Smuts en ander prominente leiers skryf 'n dokument wat die boere se griewe uiteensit.
- 1905 Smuts en Louis Botha stig Het Volk party in Pretoria.
- 1906 Smuts vertrek op sy eie private missie om die Liberale in Britanje te oortuig van die Boere se pleidooi.
- 1907 Onderhandel as koloniale Sekretaris met Mohandas Karamchand Ghandi wat besig was om die passiewe verset van Indiers te lei.
- 1908 'n Ooreenkoms word bereik tussen Smuts en Ghandi, maar beide eis dat die ander een die ooreenkoms misverstaan het.
- 1910 Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand en Smuts word ingesluit in Eerste Minister Louis Botha se kabinet.
- 1911 As Minister van myne en bedrywe word die wet op Myne en bedrywe voorgelê.
- 1912 Smuts lê die Unie van Suid-Afrika se verdedigingswetgewing voor.
- 1913 As minister van verdediging moet Smuts toetree tot die mynwerkersgeskil en arbeidersonrus in Johannesburg.
- 1914 Smuts onderhandel weereens met Ghandi en verander die wetgewing om meer toegewend te wees teenoor die Indiërs. Smuts onderdruk 'n Boererebellie met Afrikanertroepe.
- 1915 Botha se strategie en leierskap lei tot 'n oorwinning oor die Duits besette Suidwes-Afrika. Smuts word genooi deur die Britse regering om beheer oor te neem van die Britse troepe in Oos-Afrika.
- 1919 Smuts word die Eerste Minister van Suid-Afrika.
- 1920 Versterk die posisie van die Suid-Afrikaanse party deur 'n samesmelting van partye te onderhandel.
- 1921 Smuts word deur Brittanje gevra om die Ierse vraagstuk te bemiddel. Smuts sukkel binne Suid-Afrika om 'n ooreenkoms te beding met ontevrede mynwerkers.
- 1922 Rhodesië stem daarteen om ingesluit te word as deel van Suid-Afrika.
- 1924 Smuts se Suid-Afrikaanse Party verloor die verkiesing teen die Nasionale Party en hy word leier van die opposisieparty.
- 1925 Smuts word die president van die Assosiasie vir die bevordering van Wetenskap.
- 1926 Smuts publiseer 'n filosofiese werk oor Holisme naamlik: Holism and Evolution.
- 1929 In sy verkiessingsveldtog beywer Smuts hom vir 'n "Britse konfederasie van Afrikastate" dwarsoor Afrika en verloor die verkiesing weer teen die Nasionale Party.
- 1933 Smuts beding 'n samewerkingsooreenkoms met Generaal Hertzog ten einde 'n koalisieregering te skep.
- 1939 Nadat Duitsland Pole ingeval het verloor is daar 'n geskil tussen Hetzog en Smuts oor deelname in die oorlog. Smuts wen 'n parlementêre stemming ten gunste van die oorlog. Hetzog bedank en Smuts word weereens die Eerste Minsiter van Suid-Afrika.
- 1941 Smuts raak aktief betrokke by die Tweedee Wêreldoorlog en besoek die front in Oos-Afrika.
- 1942 Smuts wor deur Churchhill genooi na samesprekings in Kaïro vir strategiese samesprekings oor die verloop van die oorlog in Afrika.
- 1943 Smuts benut die oorwinning oor Duitsland in Noord-Afrika om die verkiesingstryd te wen teen D.F. Malan.
- 1944 Smuts ontmoet vir President Rooseveldt in Kaïro.
- 1945 Churchill moedig Smuts aan om 'n vriendskap aan te knoop met die kernfisikus Niels Bohr, en Smuts kom sodoende te wete van die ontwikkeling van die atoombom. Die Tweede Wêreldoorlog kom ten einde.
- 1947 Die Britse Koninklike familie besoek Suid-Afrika op uitnodiging van Smuts. Smuts woon die troue by van Prinses Elizabeth.
- 1948 Smuts verloor die verkiesing teen D.F. Malan se Nationale Party. Smuts word aangewys as Kanselier van die Cambridge Universiteit.
- 1949 Smuts tree op as spreker by die inwyding van die Voortrekkermonument.
- 1950 Smuts sterf op 11 September.

Verwante boeke


- 1952. J.C. Smuts, Jan Christian Smuts,Cassell & Company Ltd. London
- 1994. T. Camaron, Jan Smuts - An illustrated biography, Human and Rousseau (Pty) Ltd. State House, 3-9 Rose street, Cape Town.
- 2001. O. Geyser, Jan Smuts and his International Contemporaries, Covos Day, Oak Tree House, Tamarisk Avenue. Weltevredenpark, 1715. Category:Mense

20 Julie

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


-

Vakansies, vierings, en waarmeningsdae


- ----
07-1807-1907-2007-2107-22
Dae in die Geskiedenis
Kategorie:Datum ja:7月20日 ko:7월 20일 simple:July 20 th:20 กรกฎาคม

Nederland

Nederland is 'n land in Europa. Neder verwys na die feit dat meer as die helfte van Nederland onder die seespieël lê. Dit word begrens deur die Noordsee, België en Duitsland. Nederland vorm saam met die eiland Aruba en die Nederlandse Antille die Nederlandse Koninkryk. Mense verwys dikwels na Nederland as Holland - die naam van die ou provinsie Holland en die gesamentlike naam van die twee huidige provinsies Noord- en Zuid-Holland, maar Holland is net 'n deel van Nederland, soos Engeland net 'n deel van die Verenigde Koninkryk is.

Geskiedenis

Oudheid

In die oudheid was die gebied wat nou Nederland is bevolk deur 'n aantal Germaanse stamme, die Franke in die suide, Batawiërs in die rivieregebied, Friese in die noorde en Sakse in die ooste. In die 1ste eeu arriveer die Romeine en verover gebied tot aan die Ryn, waar sy felle gevegte lewer met die Germane en uiteindelik die Ryn tot die noordgrens van Hulle ryk maak. Na die val van die Wes-Romeinse ryk trek die Franke suidwaarts en stig die Frankiese ryk.

Middeleeue

In die middeleeue word wat nou Nederland is via die Oos-Frankiese Ryk 'n onderdeel van die Heilige Romeinse Ryk. Later in die middeleeue verswak die mag van die keiser op die ryk en verskuif die mag na graafskappe en hertogdomme. Deur veroweringe en strategiese huwelike verword dit to die Bourgondiese ryk. Die Bourgondiese ryk word ingelyf in die Franse koninkryk, maar sonder die gebied wat vandag Nederland en België is. Dit is so'n bietje die tyd dat die begrip Nederlande bekend word. Die Nederlande word deel van die Habsburgse ryk, wat bestaan uit Oostenryk, die Nederlande en Spanje. Hierdie periode word afgesluit met koning Karel V, wat later ook nog keiser van die Heilige Romeinse Ryk word.

Tagtigjarige oorlog

Gedurende hierdie periode, begin 16de eeu, kom die protestantisme in Nederland sterk op. Dit was vir die seun van Karel V, Filips II, streng katoliek, onverteerbaar. Die Spaanse inquisisie hou meedoënloos huis in die Nederlande met onthoofdinge en brandstapels om die ketters uit te roei. Dit het gelei tot grote onvrede in die Nederlande en dit lei tot 'n opstand. Stadhouder Willem van Oranje probeer Filips II te oortuig om die inquisisie te stop en pleit vir vryheid van godsdienst. Filips II stuur egter 'n Spaanse leër om die opstand neer te slaan. Willem van Oranje word teen sy wil leier van die opstand, wat uitgroei 'n oorlog, die tagtigjarige oorlog. Die Republiek der Zeven Vereenigde Nederlanden word uitgeroep. In 1648 word die Vrede van Munster geteken en blyf die suidelike provinsies in Spaanse hande, en erken Spanje die onafhanklikheid van die republiek. Die grens wat nou die grens tussen Nederland en België is, lê vas.

Goue eeu

Die republiek werp die feodale stelsel van sig af en gaan 'n kapitalistiese struktuur kryg. Dit het gelei tot grote vooruitgange in die ekonomie en wetenskap. Die windmole word ontdek en maak 'n industrie moontlik en ook, heel belangrik, inpoldering van land moontlik waardeur gebiede onder die seespieël in snel tempo drooggemaak word. Ontwikkelinge in die skeepsboukunst maak handel moontlik met lande wat ver weg is en kolonië word gestig in Noord-Amerika, die Karibiese gebied, Suid-Afrika en Asië. Die internasionale mag van Nederland neem so snel toe dat dit die Engelse besorg maak en in 1689 breek die eerste van die vier Engels-Nederlandse oorloë uit, wat die Nederlanders hulle kolonie Nieuw Amsterdam kos.

Onstaan van die koninkryk

In die derde Engels-Nederlandse oorlog word die Engelse oorwin en stadhouer Willem III van Oranje-Nassau bestyg die Engelse troon. Die ekonomiese sentrum verkuif nou egter na Londen. Dit het tot onvrede gelei in die republiek asook die opkoms van 'n roep in die republiek om demokrasie. Dit het gelei tot 'n vierde oorlog. Dit het die republiek so verswak dat sy 'n aantal jare later geen party was nie vir die leërs van Napoleon wat na die Franse revolusie Europa verower. Die Engelse maak van die Franse besetting gebruik en verower enkele kolonies, waaronder die Kaapkolonie en Nederlands Indië van Nederland. Nadat die Franse verdyf is, word besluit om 'n sterke staat noordelik van Frankryk in te stel. Dit omvat vereniging van de noordelike en suidelike Nederlande. Nederland kryg ook Nederlands Indië terug. Die hereniging lei egter tot groot onvrede by Franse bewoners van die suidelike Nederlande. 'n Lae populariteit van koning Willem I maak dit moontlik dat sy die Vlaamse boerebevolking vir hulle saak win. In 1830 breek 'n opstand uit en die staat België word uitgeroep. Die huidige staatvorm van Nederland ontstaan in 1848, waarby die mag aan die parlement toegeken word.

Politiek

Staatsvorm

Nederland is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre stelsel. Die staatshoof is Koningin Beatrix. Die parlement bestaan uit twee kamers, waarbij die Tweede Kamer gekies word deur regstreekse verkiesings en die Eerste Kamer deur die Provinsiale State wat op sy beurt regstreeks gekies is. Die Tweede Kamer bestaan uit 150 parlementariërs, die Eerste Kamer uit 75 parlementariërs.

Kroon

Die Kroon word gevorm deur die koning of koningin en die kabinetministers. Die koning word binne die Kroon volledig ingelig oor alle politieke sake van die dag.

Wetgewingsproses

'n Besluit kan ingedien word deur die regering of 'n willekeurig Tweede-Kamerlid. Hierna volg 'n stemming in die Tweede Kamer. 'n Besluit kan in die Tweede Kamer uitgebreid bespreek en verander word totdat dit goedgekeur word. Hierna volg 'n goedkeuring in die Eerste Kamer. Die Eerste Kamer doen alleen 'n toetsing of 'n besluit strydig is met die grondwet, andere wette en internasionale verdrage. Die Eerste Kamer kan alleen ja of nee stem, in geval van nee gaan die besluit terug na die Tweede Kamer.

Provinsies

Nederland is verdeel in 12 provinsies. Die laaste wysiging was in 1986 waarby Flevoland, waarvan die droogmaking voltooi is in 1968, sy eie bestuur gekry het. 1968

Geografie

Wat baie besoekers aan Nederland opval is die ekstreme platheid van die landskap - veral in die weste waar die land onder seespieël lê. In die ooste lyk dit effe minder plat, maar steeds redelik plat. Slegs Limburg is heuwelagtig, die hoogste punt is die Vaalserberg met 322 m. Groot stukke land is uit water gewin; tydens die Suiderseewerke is die provinsie Flevoland geheel uit die Suidersee gewin. Water maak 'n belangrike deel uit van die oppervlak van Nederland, ongeveer 18% bestaan uit water. 'n Ander belangrike waterboukundige projek is die Deltawerke, wat na 'n watersnoodramp in 1953 begin is om Zeeland te beskerm teen oorstrominge. Die Deltawerke omvat baie indrukwekkende waterwerke soos die Oosterscheldekering en die Haringvlietdam. 'n Aantal van die groot riviere mond in Nederland uit in see. Die Ryn kom Nederland by Tolkamer binne, waar die Waal by Nijmegen aftak en 70% van die water afneem. By Westervoort vertak die Ryn die IJssel en by Wijk bij Duurstede gaan die Ryn oor in die Lek. Die ou rivierbedding van die Ryn staan vandag bekend as die Kromme Ryn, maar vervoer geen noemenswaardige waterhoeveelhede meer nie. Die Lek mond uit in die Nieuwe Waterweg. Die Maas kom in Suid-Limburg by Wezet Nederland binne en stroom noordwaarts. By Mook buig die rivier af in westelike rigting om uiteindelik uit te mond in die Hollands Diep wat in verbinding staan met meerdere andere watere. Die Schelde kom Nederland ten noorde van Antwerpen binne en verbreed sig tot die Westerschelde.

Ekonomie

Die Nederlandse ekonomie is 'n tipiese dienste-ekonomie, ongeveer 73% van die bevolking werk in die dienstesektor, 25% in die industrie en 2% in die landbou. Soos in baie westerse lande vind 'n proses van deïndustrialisasie plaas, waarby tegnologies laagwaardige industrië verhuis na lae-lonelande in Oos-Europa en Asië. Die Nederlandse ekonomie is baie internasionaal, belangrike uitvoervennote is Duitsland, Frankryk, Groot-Brittanië, Italië en die Verenigde State. Belangrike invoervennote is Duitsland, Verenigde State, België, China, Frankryk en Groot Brittanje. 4% van die Suid-Afrikaanse uitvoer gaan na Nederland, maar dit speel op die Nederlandse invoerbalans slegs 'n klein rol.

Vervoer

Nederland beskik oor 'n digte snelwegnetwerk. Die hoofare is die A1 van Amsterdam na die Duitse grens by Hengelo, die A2 van Maastricht na Amsterdam, die A4 van Delft na Amsterdam, die A12 van Den Haag na die Duitse grens by Emmerik, die A13 van Rotterdam na Den Haag en die A50 van Emmeloord na Eindhoven. Die hoeveelheid verkeer in die Randstad is 'n groot probleem, 'n dag waarop meer as 500km aan verkeersknope ontstaan is geen uitsondering nie. Daar is ook 'n dig spoorwegnet, met groot knooppunte in Utrecht, Rotterdam, Amsterdam en Amersfoort, met elk baie verbindings in alle rigtings. Die Nederlandse Spoorwege maak baie gebruik van dubbeldektreine om die verkeersstroom aan reisigers aan te kun. Via die seehawe van Rotterdam is Nederland 'n belangrike deurvoerland vir die res van Europa. Groot seeskepe meer aan in Rotterdam waar hulle lading in kleinere binneskepe oorgelaai word. Via die Ryn kan 'n belangrike deel van Europa bereik word. Olie uit die Midde-Ooste word in Rotterdam via 'n uitgebreide pypleidingstelsel verder Europa in vervoer.

Landbou

Nederlandse landbouprodukte, soos kaas en blomme is oor die hele wêreld bekend en vorm 'n belangrike uitvoerproduk. In die Westland word groot hoeveelhede vrugte in kasse verbou, in die suide en ooste van die land word groot hoeveelhede vee aangehou.

Grondstowwe

Nederland beskik oor steenkool-, aardolie- en veral aardgasreserwes. Die aardgasveld in Slochteren behoort tot die grootste in die wêreld en Nederland beset 'n 20e plek op die lys van lande met die grootste gasreserwes. Dit is 'n belangrike nasionale inkomstebron en gasleidinge vanuit Slochteren loop tot in Italië. 'n Ander grondstof wat 'n rol in die industrie speel is sout. Dit word gewin rondom Hengelo en is 'n bron van chloor vir die chemiese industrie.

Kommunikasie

Die telefoonnetwerk is in hande van 'n voormalig staatsbedryf, Koninklijke PTT Nederland. Omdat dit feitelik 'n monopolie is, is daar wetgewing wat ander maatskapye regte toestaan om teen 'n wettelike tarief toegang tot die fisieke telefoonlyne te verkry, waardeur op hulle eie netwerke hulle eie dienste aan kan bied. Die telefoonnetwerk bestaan vir ongeveer 25% uit digitale ISDN-lyne en vir 75% uit tradisionele analoë lyne. Nederland het ook 'n groot aantal selfoongebruikers, 11 miljoen. 5 selfoonnetwerke bestaan vir mobiele GSM-kommunikasie. Televisie gaan vir die grootste deel via analoog (PAL) deur middel van kabel. Die proses van digitalisering is in aan die gang maar die wet van die remmende voorsprong is hier van toepassing, dit word ernstig gehinder deur die relatief goeie kwaliteit beeld wat die analoë televisiekabels lewer. Internet is vandag danksy 'n groot aantal verskaffers wat lae pryse veroosaak het grotendeels breeëband via televisiekabel en ADSL, sodat ongeveer 60% van die gesinne vandag 'n breëbandaansluiting het. Omdat Amsterdam wêreldwyd 'n belangrike knooppunt is, het daar gedurende die .com-periode groot hoeveelhede glasvesels in die grond gegaan, wat 'n uitgebreide infrastruktuur aan hoofsnelweë opgelewer het, wat op sy beurt weer verskaffers van bedienerhuisvesting ("server hosting") na Nederland getrek het.

Demografie

Tale

Die amptelike tale van Nederland is Nederlands en Fries. Nedersaksies en Limburgs geniet erkenning as streekstale. Fries word gepraat in die provinsie Friesland, dit word deur so te sê iedereen in die provinsie verstaan en ongeveer 'n derde van die bevolking daar as primêre omgangstaal gebruik. Die oorgangsgebied tussen die Nederlandse en Nedersaksiese taalgebied begin oostelik van die provinsie ), maar Nedersaksies word eintlik net in die mees oostelike dele van die land algemeen gepraat. Limburgs word veral in die provinsie Limburg gepraat waarby dit in die suidelike deel van die provinsie sterk van Nederlands begin afwyk. Hoewel die bespreking van of Limburgs 'n taal of 'n dialek is nog voltrek moet word, is die gebruik van Limburgs baie sterk - in Limburg word dit gewoonlik as primêre omgangstaal gebruik. Vrywel die gehele Nederlandse bevolking praat Nederlands op moedertaalvlak. Naas die inheemse tale het Nederland 'n hoop immigrante gekry wat hulle tale meegebring het, wat tot gevolg het daar hier en daar bietjie Sranan Tongo, Arabies of Turks gepraat word. Gebrekkige kennis van Nederlands in hierdie groepe besorg die regering die laatste jare groot hoofbrekens.

Kultuur

Literatuur

Die Nederlandse literatuur is tans baie lewendig en trek 'n hoop lesers in die binne- en buiteland. Bekende skrywers is onder meer Simon Vestdijk, Gerard van 't Reve, Harry Mullisch, Cees Noteboom, Willem Frederik Hermans. Bekende skryvers uit die verlede is Pieter Corneliszoon Hooft, die digter Joost van den Vondel, en Multatuli.

Film

Danksy 'n subsidie wat baie effektief geblyk te wees het, het die filmindustrie in Nederland die laaste jare besonder sterk gegroei, waarby tans (2005) die aantalle films in produksie in die tientalle loop. Enkele suksesvolle films van die afgelope jare sluit in Minoes, De Tweeling, Pietje Bell en Passievrucht. 'n Beroemde Nederlandse film uit die tagtigerjare is Ciske de Rat. Nederlandse regisseurs is ook in die Engelstalige mark aktief, 'n voorbeeld van 'n film wat deur 'n Nederlandse regisseur gemaak is, is Robocop. Ondanks die goeie produksie van Nederlandstalige films is Engelstalige films in die bioskope tog in die meerderheid, wat met ondertitels gekyk word.

Musiek

Die Nederlandse musiekindustrie gaan tans (2005) 'n rustige periode deur. 'n Aantal musiekgroepe het gestop en ander raak uit die mode. Baie produktiewe periodes was die begin van die tagtigerjare en halfweg die negentigerjare. Bekende groepe/artieste uit die resente verlede sluit in Doe Maar, Frank Boeijen, Het Goede Doel, Marco Borsato, Guus Meeuwis, De Kast. Op radiostasies word musiek in verskillende tale gedraai, ook hier is Engels sterk verteenwoordig. Die Nederlandstalige aanbod verskil per sender, op Radio 2 en Radio Noordzee is dit byvoorbeeld 'n groot deel van die aanbod, op Sky Radio word Nederlands alleen gehoor as daar 'n groot Nederlandstalige treffer is. 'n Ander taal wat reëlmatig gehoor word is Italiaans, en ook Frans en Duits is af en toe hoorbaar op die radio.

Kuns

Nederland het baie bekende skilders, bekende meesters is onder meer Rembrandt van Rijn, Johannes Vermeer, Jan Steen en Vincent van Gogh. Bekende kunstenaars uit die resenter tyd is Piet Mondriaan en Maurits Esher.

Vakansiedae

DatumAfrikaanse naamNederlandse naamOpmerking
1 JanuarieNuwejaarsdagNieuwjaar 
Maart/AprilPaasfeesPasenNederlanders vier Paasfees oor twee dae.
30 AprilKoninginnedagKoninginnedagKoninginnedag is oorspronklik gevier op die verjaardag van die koningin, maar word deesdae gevier op die verjaardag van die gewese Koniningmoeder, Juliana, omdat daar dan beter weer is.
4 MeiHerdenking vir die DooiesDodenherdenkingHerdenking vir die mense wat gesneuwel het in die Tweede Wêreldoorlog.
5 MeiBevrydingsdagBevrijdingsdagViering van die oorwinning oor Duitse magte in 1945 tydens die Tweede Wêreldoorlog.
40 dae na PaasfeesHemelvaartdagHemelvaartsdag 
7 weke na PaasfeesPinksterPinksterenNederlanders vier Pinkster oor twee dae.
5 DesemberSinterklaasSinterklaasSinterklaas, 'n voorganger van Kersfeesvader gee geskenke vir kinders.
25 Desember, 26 DesemberKersfeesKerstmisNederlanders vier Kersfees oor twee dae.

Eksterne skakels


- [http://overheid.nl/ Overheid.nl] - die amptelike werf van die Nederlandse regering
- http://www.cia.gov/cia/publications/factbook/geos/nl.html
- [http://www.cbs.nl/en/figures/default.asp CBS] - Nederlandse buro van statistiek category:Europa [[got:

31 Augustus

Gebeure


- 1888 - Jack die Ripper eis sy eerste slagoffer.
- 1920 - Die eerste radio nuusuitsending word in Detroit, Michigan gemaak.
- 1923 - Ruanda-Urundi word 'n Belgiese protektoraat.
- 1955 - 'n VN bemiddelde skietstilstand met Israel oor die Gaza grensgeskil word deur Egipte aanvaar.
- 1957 – Die Federasie van Maleia word onafhanklik van Brittanje na 'n mindernagtelike oorhandigingseremonie.
- 1977 - Ian Smith se regerende Rhodesian Front wen al 50 setels wat vir wit kiesers gereserveer word in die Rhodesiese algemene verkiesing en verslaan die reggesindes wat van die party afgeskei het om die Rhodesian Action Party te vorm beslissend.
- 1992 - Pascal Lissouba word ingehuldig as president van die Republiek van Kongo na 'n veelparty presidensiële verkiesing en beëindig daarmee 'n lang tydperk van eenparty marxistiese regering.
- 1994 – Die Ierse republikeinse leër kondig 'n algehele staking in militêre optrede aan na 25 jaar van bomaanval- en sluipmoordgeweld.
- 1997Diana, Prinses van Wallis sterf in 'n motorongeluk in Parys, Frankryk.

Geboortes


-

Sterftes


-

Vakansies, vierings, en waarmeningsdae


- ----
08-2908-3008-3109-0109-02
Dae in die Geskiedenis
Kategorie:Datum ja:8月31日 ko:8월 31일 ms:31 Ogos simple:August 31 th:31 สิงหาคม

26 September

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes


-

Vakansies, vierings, en waarmeningsdae


- ----
09-2409-2509-2609-2709-28
Dae in die Geskiedenis
Kategorie:Datum ja:9月26日 ko:9월 26일 simple:September 26 th:26 กันยายน

Denemarke

| Denemarke (Deens: Danmark) is geleë in Noord-Europa in die gebied wat as Skandinawië bekend staan. Dit is 'n konstitusionele monargie met Koniging Margerethe II as simboliese leier. Die land het 'n parlement, oftewel Folketinget.

Geskiedenis

Hoofartikel: Geskiedenis van Denemarke

Politiek

Hoofartikel: Politiek van Denemarke

Geografie

Hoofartikel: Geografie van Denemarke

Ekonomie

Hoofartikel: Ekonomie van Denemarke

Demografie

Hoofartikel: Demografie van Denemarke

Kultuur

Hoofartikel: Kultuur van Denemarke

Sien ook

Category:Denemarke Category:Lande in Europa fiu-vro:Taani als:Dänemark ja:デンマーク ko:덴마크 ms:Denmark simple:Denmark th:ประเทศเดนมาร์ก zh-min-nan:Dan-kok

14 Desember

14 Desember is die 348ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (349ste in skrikkeljare). Daar volg nog 17 dae in die res van die jaar .

Gebeure

skrikkeljarehout. Die afmetings daarvan is 77cm by 53cm.]]
- 1287 - Die Zuider Zeemuur val plat, en meer as 50,000 mense sterf.
- 1542 - Prinses Mary Stuart word Koningin Mary I van Skotland.
- 1900 - Max Planck publiseer sy studie van die kwantumteorie.
- 1902 - Die eerste telegraafkabel word dwarsoor die Stille Oseaan gelê.
- 1911 - Die eerste ekspedisie bereik die Suidpool, gelei deur Roald Amundsen.
- 1927 - Irak word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1939 - Die VSSR word van die Liga van die Nasies verban.
- 1946 - Die Verenigde Nasies stem om sy hoofkwartier in New York te vestig.
- 1962 - Die Mariner 2-ruimtetuig word die eerste om verby Venus te vlieg.
- 1962 - Die Mona Lisa word gewaardeer teen VS$100 miljoen, die hoogste assuransiewaardasie vir 'n skildery in die geskiedenis.
- 1981 - Israel annekseer die Golan-hoogtes.

Geboortes


- 1503 - Nostradamus, astroloog en wiskundige († 1566).
- 1546 - Tycho Brahe, sterrekundige († 1601).
- 1896 - Koning George VI van die Verenigde Koninkryk († 1952).

Sterftes


- 1542 - James V van Skotland (Gebore  1512).
- 1799 - George Washington, eerste President van die Verenigde State (Gebore  1732)
- 1861 - Prins Albert, die metgesel van Koningin Victoria (Gebore  1819).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae


- Die Fees van Sint Johannes van die Kruis (in die Rooms-Katolieke kerk en die Kerk van Engeland). Kategorie:Datum ja:12月14日 ko:12월 14일 ms:14 Disember simple:December 14 th:14 ธันวาคม

1929

Gebeure


-

Geboortes


-

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu20ste eeu21ste eeu
1926192719281929193019311932
Kategorie:20ste eeu ja:1929年 ko:1929년 simple:1929 th:พ.ศ. 2472

1940

Gebeure


- 04-15 Die gealigeerde magte begin hul aanval op die Noorweegse dorp Narvik
- 04-25 Met "Operation demon" begin die Verenigde koninkryk Griekeland ontruim
- 04-09 Duitsland val Denemarke en Noorweë in.
- 06-24 Frankryk en Italië teken 'n wapenstilstand.

Geboortes

Sterftes

---- Dae | Eeue | Geskiedenis
19de eeu 20ste eeu 21ste eeu
1937 1938 1939 1940 1941 1942 1943
Kategorie:20ste eeu ja:1940年 ko:1940년 simple:1940 th:พ.ศ. 2483

Ellendale

Ellendale ist eine kleine Stadt im Sussex County (Delaware) im US-Bundesstaat Delaware, USA, mit 327 Einwohnern (Stand: 2000). Die geographischen Koordinaten sind: 38,81° Nord, 75,42° West. Das Stadtgebiet hat eine Größe von 0,6 km². Kategorie:Ort in Delaware

Casino szkoy snowboard w austrii heavy metal metal










































:: RELATED NEWS ::
11月03日
11月3日是阳历一年中的第307天(闰年第308天),离全年的结束还有58天。

大事记


- 1493年——哥伦布第二次远航到达多米尼加,因为这一天是星期日,哥伦布便把该岛命名为“多米尼加”(阳历一年中的第308天(闰年第309天),离全年的结束还有57天。

大事记


- 1576年——西班牙海军兵变并掠夺安特卫普,史称“西班牙暴行”。 <
11月05日
11月5日是阳历一年中的第309天(闰年第310天),离全年的结束还有56天。

大事记


- 1605年——盖伊·福克斯要炸掉英格兰议会两院的“火药阴谋<
11月06日
11月6日是阳历一年中的第310天(闰年第311天),离全年的结束还有55天。

大事记


- 1860年——亚伯拉罕·林肯当选为第十六届美国总统。他是第一位共和党总统。
-
11月07日
11月7日是阳历一年中的第311天(闰年第312天),离全年的结束还有54天。

大事记


- 1504年哥伦布第一次返航西班牙
- 1659年西班
11月08日
11月8日是公历一年中的第312天(闰年第313天),离全年的结束还有53天。

大事记


- 1519年——荷南·科尔蒂斯进入特诺奇蒂特兰,受到阳历一年中的第313天(闰年第314天),离全年的结束还有52天。

大事记


- 1923年——阿道夫·希特勒慕尼黑发动暴乱。
- 1937年——公历一年中的第335天(闰年第336天),离全年结束还有30天。

大事记


- 1640年――葡萄牙脫離哈布斯堡王朝統治,恢復独立。
- 1783年――公历一年中的第336天(闰年第337天),离全年结束还有29天。

大事记


- 1823年——反对西欧西半球扩张的美国门罗主义<
12月03日
12月3日是公历一年中的第337天(闰年第338天),离全年结束还有28天。

大事記


- 1818年――伊利诺州成为美国第21个州。
- 1863年――
All Rights Reserved 2005 wikimiki.org