:: wikimiki.org ::
| Lingua Franca |
Lingua francaLingua franca, letterlik "Frankiese taal" in Italiaans, was oorspronklik 'n gemengde taal of kombuistaal, bestaande uit onverboë Italiaans plus 'n woordeskat geneem vanuit Italiaans, Turks, Persies en Arabies, en gebruik vir kommunikasie dwarsdeur die Midde-Ooste. Die term word nou gebruik vir enige gemengde kombuistaal wat deur sprekers van verskillende tale gebruik word om met mekaar te kommunikeer.
Algemene sin
Die term lingua franca verwys in die algemeen na 'n taal aangeleer, buiten die inheemse sprekers, vir internasionale handel of ander uitgebreide interkulturele interaksies.
Dit het hierdie algemene sin verkry vanuit die spesifieke taal hieronder beskryf.
In die Westerse wêreld het Koine Grieks, Latyn en Frans almal gedien as lingua francas op verskillende tye. Frans was al in die 17de eeu die diplomatieke taal in Europa, en is juis daarom steeds die werkstaal van baie internasionale instellings en word op dokumente gesien vanaf paspoorte tot lugpos-etikette. Duits het gedien as lingua franca in dele van Europa tussen die 19de en 20ste eeu, veral in besigheid. Engels is die huidige lingua franca van Westerse internasionale besigheid, en is besig om Frans te vervang in diplomatiek.
In ander wêreldstreke het ander tale die funksie van lingua franca vervul: Swahili in Oos-Afrika, Russies in areas voorheen verbind met die Sowiëtunie, Hindi (saam met Engels) in Indië, Maleis in Suidoos-Asië, Bislama in die Pasifiese Eilande, en verskeie ander Pidgin-Engelse tale in ander plekke en tye. Portugees was die lingua franca in Afrika en Asië in die 15de en 16de eeue. Mandarynse Chinees het ook 'n funksie gesien deur 'n gemene gesproke taal te verskaf tussen sprekers van verskillende en onderling onverstaanbare Chinese dialekte.
Geboude tale soos Esperanto, Ido, Mondlango en interlingua word deur sommiges voorgestel as 'n wêreldwye lingua franca. Hulle ondersteuners argumenteer dat 'n lingua franca so eenvoudig as moontlik moet wees, maar steeds hoogs bektekenisvol moet wees. Hulle hou vol dat Engels en ander natuurlike tale, deurdat dit etnies afgelei is, nie geskik is vir 'n gemene taal nie, omdat natuurlike tale haakplekke en eienaardighede bevat wat hulle moeilik maak om aan te leer, dit 'n natuurlike voorsprong aan die inheemse sprekers gee, en geassosieer word met politieke, ekonomiese en kulturele oorheersing deur die taal se nasie van oorsprong.
Eksterne skakels
- [http://www.uwm.edu/~corre/franca/go.html Glossary of the original Lingua Franca]
ja:リングワ・フランカ
ArabiesArabies is 'n semitiese taal wat deur honderde miljoene mense in Noord-Afrika en Wes-Asië as moedertaal gebesig word en deur vele meer as ampstaal en/of liturgiese taal verwend word. Dit word as sesde werkstaal van die Verenigde Nasies erken.
Kategorie:Natuurlike taal
ja:アラビア語
ko:아랍어
ms:Bahasa Arab
simple:Arabic language
th:ภาษาอาหรับ
Midde-Ooste Midde-Ooste
- Bahrein
- Irak
- Iran
- Israel (Sien ook: Palestina)
- Jemen
- Jordanië
- Koeweit
- Libanon
- Oman
- Qatar
- Saoedi-Arabië
- Sirië
- Verenigde Arabiese Emirate
Sentraal-Ooste
- Afghanistan
- Bangladesh
- Bhutan
- Indië
- Kazakhstan
- Kirghizstan
- Maldive-eilande
- Mongolië
- Nepal
- Oesbekistan
- Pakistan
- Sri Lanka
- Tadjikistan
- Toerkmenistan
Suid-Oos Asië
- Brunei
- Indonesië
- Kambodja
- Laos
- Maleisië
- Myanmar
- Filippyne
- Singapoer
- Thailand
- Vanuatu
- Viëtnam
Verre-Ooste
- Volksrepubliek van Sjina
- Hong Kong
- Japan
- Noord-Korea
- Macau
- Suid-Korea
- Republiek van Sjina
category:Asië
ja:アジア
ko:아시아
ms:Asia
simple:Asia
th:ทวีปเอเชีย
zh-min-nan:A-chiu
Franse taal
Die Franse taal behoort tot die Romaanse groep van die Indo-Europese tale. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn.
Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, 'n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie).
Taalgeskiedenis
Keltiese invloede
Die oorspronklike Gallies ('n Keltiese taal) is na die Romeinse verowering van Gallië oor 'n tydperk van vyf eeue deur die Latynse taal verdring, waarby die stedelike gebiede, die administrasie, die Romeinse garnisoene en die skoolstelsel die voortou neem. In teenstelling met hierdie instellings bewaar die platteland die Keltiese taal nog in die 5de eeu n.C. Net 'n klompie woorde (soos petit "klein", lieu "myl" en brasser "brou") en plekname (met byvoorbeeld die agtersetsel -ac soos in Cognac) het tot vandag van die Galliese taal oorgebly.
Die feit dat die Kelte nie die desimale stelsel met die getal tien as basis gebruik nie, maar die getal twintig, leef voort in die Franse woord quatre-vingts ("tagtig", eintlik "vier (keer)-twintig", naas die uit die Latynse taal oorgeërfde woord octante, wat in Kanada, België en Switserland gebruiklik is, of huitante, 'n Belgiese en Switserse term).
Frankiese invloede
Met die Germaanse invalle van die Wes-Gote in Akwitanië, die Boergondiërs in die ooste en veral die Franke in die noorde van die huidige Frankryk begin die neergang van die Galloromeinse kulturele lewe. Alhoewel die Germane die verromanisering van die land veral danksy die magsposisie van die Katolieke kerk, wat as bewaarder van die antieke Grieks-Latynse kultuur optree, nie meer kan keer nie, oefen hulle tog 'n groot invloed by die vorming van die Gallies-Franse variant van die Vulgêrlatynse taal uit, wat later aan die Franse taal sy besondere karakter binne die Romaanse taalfamilie gee.
Die Franke kom oorspronklik uit die gebied van die Nederryn en Weser (in die huidige Duitsland) en trek in die tydperk van die volksverhuising verder wes- en suidwaarts. Die huidige Frankiese taalgebied sluit die gewes Franken in Noord-Beiere en Noord-Württemberg, Suid-Thuringe, Hessen, Noord-Baden, Rynland-Palts, die noordelike Elsas, Lotaringe, Saarland, Luxemburg, die Rynland, die Duitstalige gebiede van Oos-België, die Nederryn-gebied, Limburg, Holland, Seeland, Brabant en Vlaandere in. Omtrent 500 is Keulen die sentrum van die Frankiese gebied.
Vanaf die agste eeu maak destydse geskiedkundiges 'n onderskeiding tussen die Saliese Franke (in die gebied van die huidige België en Nederland; die naam is afgelei van Oudhoogduits sal, sala "heerskappy" of Latyns salii "bewoners van die soutseegebied") en die Ripuariese Franke van die huidige Duitse Rynland. Die Saliese Franke het nouer bande met die Romeine en is die leiers by die uitbreiding van die Frankiese magsgebied in die vierde en vyfde eeu.
Teen die jaar 500 bereik hulle die Loire in die huidige Frankryk. Die Franke is die eerste Germaanse volk wat 'n nasionale en taalbewussyn ontwikkel. In Duitsland word die Middel-, Ryn-, Suidryn- en Oos-Frankiese gebiede drie eeue later belangrike sentra van die Oudhoogduitse skryftaal.
Die Frankiese koning Clovis neem in 496 die Katolieke geloof aan en verseker sodoende die steun van die geestelikheid vir sy heerskappy. Dit is veral die klerus en die Romaanstalige stede wat by die Frankiese veroweraars die gebruik van die Latyns-Romaanse taal bevorder.
In wat die Franse taalgebied gaan word, word die Frankiese bevolking - 'n klein minderheid - uiteindelik geleidelik verromaniseer, maar hierdie proses is baie stadig. Die noorde van Frankryk bly eeue lank tweetalig; tekste van Isidor van Sevilla word in die 9de eeu in Neustrië (die gebied tussen die Engelse kanaal, die Bretagne en die Loire) nog steeds in Oudhoogduits vertaal. Ook na die tyd van Karel die Grote tot by die splitsing van die ryk in 843 duur die immigrasie van Franke voort. Die aantreklikheid en superioriteit van die Romaanse kultuur, die Latynse ampstaal van die Merowingiese Ryk en die oormag van die Romaanstaliges is die vernaamste redes vir die feit dat die Frankiese dialekte in Frankryk binne 'n tydperk van sowat driehonderd jaar uitsterf. Omtrent 800 is die meeste Frankiese krygers die Germaanse taal nie meer magtig nie, tog bly jong Frankiese edellui uit die Wes-Frankiese Ryk in die 9de eeu dikwels 'n tyd lank in die Oostelike (Duitse) Ryk om die Frankiese taal aan te leer.
Baie min tekste van die geskrewe Oudhoogduitse taal uit die Karolingiese Ryk is bewaar, onder meer twee sogenaamde geselsboekies uit Parys en Kassel wat voorbeelde gee van die Oudhoogduits-Frankiese taal: Wer pist du? Wanna quimis? Fona weliheru lantskeffi sindos? (Nieuhoogduits: Wer bist du? Woher kommst du? Aus welcher Gegend reist du an?) In die tydperk tussen 850 en 1000 verstewig ook die Romaans-Germaanse taalgrens in die noorde, waar vanaf die 9de eeu die Nederfrankiese en uiteindelik Nederlandse dialekgebied ontstaan.
Talle van die morfologiese en sintaktiese veranderings wat die Galloromaanse taal ondergaan is deur die invloed van die Frankiese taal veroorsaak. Die Oudfranse klanke toon meer ooreenkomste met dié van Germaanse tale as met die Vulgêrlatynse taal.
Die Frankiese ontlenings in die Oudfranse taal weerspieël natuurlik talle aspekte van die Frankiese kultuur; dit is veral woorde uit die krygskuns soos beffroi (van Frankies - bergfrid "wagtoring"), regswese en politiek (Frans fief "leen" van Frankies - vehu "vee, fortuin"; Middellatyns feudum), hofhouding (Oudfrans maréchal "perdekneg" van Frankies - marahskalk), huisbou en huisraad (Frans malle "reiskoffer" van Frankies - malha), werktuie en gereedskap, natuurlewe (Frans forêt "bos" van Frankies forhist; jardin "tuin" van Frankies - gards), landbou, klerasie (Frans gant "handskoen" van Frankies wantu), liggaamsdele en ander gebiede. Ook 'n aantal voor- en agtervoegsels is van Frankiese herkoms, soos mé- "mis-" in byvoorbeeld méconnaître en mépriser, -ard en -art uit Frankies -hart en -hard. Die agtervoegsel -ard is in die Nieufranse taal nog steeds produktief en kom voor in woordvormings soos vieillard ("grysaard", "ou man"), canard ("eend"), campagnard
("plattelander") en dreyfusard (histories, "aanhanger van Dreyfus")
Die omgangstaal in die suide van Frankryk word nie deur hierdie veranderings beïnvloed nie.
Oudfrans
Die Oud-Franse taal het geleidelik uit die Vulgêrlatynse omgangstaal van Gallië (lingua rustica romana) ontstaan; die oudste Franstalige dokument van 842 is die Straatsburgse Ede (Latyns: Sacramenta Argentariae) wat deur Lodewyk die Duitser en Karel die Kale tydens die stryd teen hulle broer Lotharius afgelê is. Karel het die Germaanse (Oudhoogduitse), Lodewyk die Romaanse (Oudfranse) taal gebruik. Die skrywer van die eed wat gewoonlik net Latynse tekste moet handhaaf het gesukkel met die opskryf van die destydse spreektaal, en daar is soms twee spellings vir woorde soos "fradre" (wat ook as "fradra" voorkom). Lodewyk se woorde in Oudfrans:
Romaans
Pro Deo amur et pro christian poblo et nostro commun salvament, dist di in avant, in quant Deus savir et podir me dunat, si salvaraeio cist meon fradre Karlo, et in adiudha et in cadhuna cosa, si cum om per dreit son fradra salvar dist, in o quid il mi altresi fazet; et ab Ludher nul plaid numquam prindrai, qui meon vol cist meon fradre Karle in damno sit.
Die bostaande teks in die Oudfranse taal van die 11de eeu:
Por dieu amor et por del cretsiien poeple et nostre commun salvement, de cest jorn en avant, quan que Dieus saveir et podeir me donet, si salverai jo cest mine fredre Charlon, et en aiude, et en chascune chose, si come on par dreit son fredre salver deit, en ço que il me altresi façet, et a Lodher nul plait onques ne prendrai, qui mien vueil cest mien fredre Charlon en dam seit.
11de eeu
Die huidige Franse vertaling:
Pour l'amour de Dieu et pour le peuple chrétien et notre commun salut, de ce jour en avant, en tant que Dieu savoir et pouvoir me donne, si défendrai-je mon frère Charles (et lui serai) en aide et en chaque chose, ainsi qu'un homme par droiture son frère doit défendre en chose que lui également ferait, et avec Lothaire aucun accord jamais ne prendrai qui de mon vouloir, à ce mien frère Charles à dommage soit.
Met die Verdrag van Verdun (843) begin die skeiding van die Wes-Frankiese (Francia occidentalis, hiervan is ook die moderne naam France "Frankryk" afgelei) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia orientalis), wat later as Duitsland bekend staan.
Die Oudfranse taal (langue d'oïl; vergelyk Oksitaans, die langue d'oc) wat tussen 850 en 1350 in Noord-Frankryk gepraat word bestaan eintlik uit 'n handvol dialekte soos Normandies, Pikardies, Sjampanjies, Fransies en Lotaringies wat almal ook as skryftale dien. Langsamerhand begin die streektaal van die Île-de-France rondom Parys, die Fransiese dialek, omtrent 1200 die standaardtaal van digters en ander skrywers word.
Die Oudfranse klankstelsel verskil sterk van die moderne Frans; daar is net 16 klinkers in die Frans wat vandag gepraat word terwyl die Oudfranse taal oor nog nege vokale, vyf nasale, twaalf diftonge, vyf nasaaldiftonge en drie triftonge beskik. Die letter c word voor die medeklinkers e en i nog met 'n affrikaat /ts/ uitgespreek, en die g in estrange klink nog soos die g in Engels gentleman. Desgelyks versag die uitspraak van die "j" en "ch" ook eers later. Die Middelengelse taal het hierdie Oudfranse klanke uit die Anglo-Normandiese dialek oorgeneem wat na die verowering van Engeland eeue lank as ampstaal gepraat is; Engelse woorde soos judge and change het die ou j- en g-klanke bewaar, terwyl die moderne Frans juge en changer met 'n sagte "j" en "ch" laat begin.
Aan die einde van die 12de eeu verdwyn ook die "s" indien dit deur 'n medeklinker opgevolg word: feste word geleidelik fête (die accent circonflexe, of kappie, dui aan dat die "s" verdwyn en die uitspraak van die "e" verander het). Ook in hierdie geval het die Engelse taal die ou klanke bewaar: fête - feast, bête - beast, tempête - tempest, hôtel - hostel (die Franse hôtel is later nog eens as hotel oorgeneem).
Die woordvolgorde is - veral in die digkuns - nog taamlik vry soos in die Latynse oorsprongstaal, terwyl die ses Latynse naamvalle verdwyn het. Die Oudfranse taal ken die subjeks- en objeksnaamval (rektus en obliquus) en onderskei maskulina en feminina by selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde. Aangesien die kenmerkende uitgange van die werkwoorde persoons- en getalverskille aandui, word nog geen persoonlike voornaamwoorde benodig nie. Die dubbele ontkenning met ne... pas bestaan nog nie in die Oudfranse taal nie, die konstruksie met ne... is voldoende. Ook die tye word gewoonlik sonder vaste reëls gebruik.
Die 12de eeu word deur 'n sterk belangstelling vir die Latynse taal gekenmerk. Dit is veral lede van die klerus wat die werke van klassieke outeurs kopieer, en Latyn oorheers die akademiese lewe aan die Universiteit van Parys wat teen die begin van die 13de eeu opgerig is. Latyn bly die taal van die hoër onderwys, die regswetenskap, die kerk, die wysgerige en wetenskaplike letterkunde. Net die geskiedskrywers en digters verkies die Oudfranse taal. Die digkuns vind sy inspirasie in die ou klassieke mites wat as Christelike en hoofse verwerkings nuwe aandag vind, die Kelties-Bretonse Artussage (matière de Bretagne), die literêre opbloei van die Oksitaanstalige Suid-Frankryk waarvandaan talle leenwoorde soos amour kom en met die kruistogte ook die Oosterse luukse van die Bisantynse Ryk. Vir die hoofse romans word 'n verfynde taal ontwikkel wat met die uitbreiding van hierdie genre van Oudfrans die leidende literêre taal van Europa maak.
: Guiot de Dijon: Chanterai por mon corage (geskryf tydens die Derde Kruistog van 1189)
: Chanterai por mon corage
: Que je vueil reconforter,
: Qu'avecques mon grant domage
: Ne quier morir ne foler,
: Quant de la terre sauvage
: Ne voi mes nul retorner
: Ou cil est qui rassoage
: Mes maus quant g'en oi parler.
: Dex, quant crïeront "Outree",
: Sire, aidiés au pelerin
: Par cui sui espaventee,
: Car felon sont Sarazin.
: Guiot de Dijon: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Ek gaan sing om my hart te vertroos
: Want ek wil nie sterf of mal word nie
: Ondanks my groot kwelling.
: Ek kan niemand sien
: Wat van die wilde land terugkom nie.
: Waar is die een wat my hart gerus kan stel
: Wanneer ek hoor dat iemand van hom praat.
: God! As hulle "Outree" roep, staan die pelgrim by
: Vir wie ek sidder,
: Want die Sarasene is verraderlik.
Middelfrans
Die Middelfranse tydperk begin omtrent 1350 en eindig met die 15de en 16de eeu.
Na die uitbreek van die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland is 'n agteruitgang van die literêre lewe te bespeur, terwyl daar ingrypende veranderings op die gebied van die klankstelsel plaasvind wat ook die sinsbou raak. Die diftonge verander grotendeels tot monoftonge, die "s" voor die medeklinkers verdwyn net soos die "e" indien dit aan die woordeinde staan of nie beklemtoon word nie. Aangesien die "s" die naamvalle, meervoud en persoon aangedui het, word 'n onbepaalde lidwoord vir die meervoudsvorm geskep en voor die werkwoord staan nou verpligte persoonlike voornaamwoorde. Die vervoeging en verbuiging word vereenvoudig, die woordvolgorde (wat nou gereeld as subjek - werkwoord - objek genormeer word) en die gebruik van die tye word aan vaste reëls onderwerp.
Die belangrikste wysigings op die gebied van die grammatika is die dubbele ontkenning met ne... pas, die ontwikkeling van die futur proche met aller + infinitief en die refleksiewe vorm van die werkwoord wat nou in plaas van die passief gebruik word.
Terwyl talle Germaanse leenwoorde uit die Middelfranse taal verdwyn, oefen die klassieke tale en Italiaans 'n sterk invloed op die Franse taal uit. Daar is 'n behoefte om steeds meer vakterme te skep, en mettertyd beskik die Middelfranse taal oor doeblette van Latynse woorde wat sowel in 'n oorgeërfde asook in 'n nuut ontleende vorm bestaan, soos chose - cause (van Latyns causa) en loyal en légal (van Latyns legalis, -e).
In die laat Middelfranse periode vanaf die 15de eeu begin die standardisering van die Franse taal; woordeboeke en grammatika's word uitgegee en bevorder saam met die uitgebreide boekdrukkery die eenvormigheid van die taal en sy spelling. Taalpurisme en die leidende rol wat die hoofse taal nou begin speel is kenmerke van die laat Middelfranse taalontwikkeling.
Lefèvre d'Étaples vertaal die Nuwe Testament in 1523, vyf jaar later is ook die Hebreeuse Geskrifte in Frans beskikbaar, ondanks die hewige kritiek vanuit geleerde kringe - met name die Sorbonne. Met die vertaling van Johannes Calvyn se werke vanaf 1541 word Frans die taal van die Hugenote.
Vanaf die 16de eeu lewer 'n aantal digters die bewys dat Frans as taal van die wetenskap, wysbegeerte en digkuns sonder meer met Latyn kan meeding. Die digter François Rabelais (omtrent 1494-1553) beskik byvoorbeeld oor 'n geweldige woordeskat en skep ook sy eie neologismes wat van sy Frans 'n tot dusver ongekende uitdrukkingsmiddel maak. Pogings om die Franse spelling by die moderne taalgebruik en uitspraakgewoontes aan te pas misluk egter, en die geleerdes voer selfs 'n historiese spelling in waar medeklinkers wat lankal verstom is weer geskryf moet word om die Latynse oorsprong van woorde aan te dui. Woorde soos sept (sewe, van Latyns septem), temps (tyd; weer, van Latyns tempus) en vingt (twintig, van Latyns viginti) is voorbeelde van die histories-etimologiese spelling.
Nieufrans
In die 15de en 16de eeu begin die geleidelike oorgang na die moderne Nieufranse spreektaal. Die oorgangstydperk word gekenmerk deur 'n noukeurige slyping van die taal. Die Edik van Villers-Cotterêts bepaal in 1539 dat Frans (of beter, die standaardtaal van die Île-de-France rondom Parys) die enige ampstaal van die Koninkryk Frankryk gaan wees (la seule et unique langue du Royaume de France).
In dieselfde jaar verskyn die eerste woordeboek van die Franse taal. Grammatikale publikasies en nuwe woordeboeke, wat in die volgende dekades aamgestel word, slaag daarin om die taal te standardiseer. Die hoofinvloede in die tyd is die Italiaanse renaissance en die humanisme. Terwyl die een die Latynse oorsprong van die Franse taal beklemtoon, bevorder die ander die rol van die volkstaal.
Die hoofse digter Malherbe (1555-1628) oefen teen die begin van die 17de eeu 'n groot invloed op die klassieke taal uit. Hy suiwer die taal van neologismes en invloede van die streekdialekte. Die harmonie van die taal en sy algemene verstaanbaarheid is sentrale oogmerke van sy taalkundige werk. Hy begin die sinsbou harmoniseer, bevorder die gebruik van die persoonlike voornaamwoord (wat in Latyn en die meeste Romaanse tale nie gebruik word nie) en keur die inversie van die subjek af.
Die Italiaanse Accademia della Crusca gee die aanleiding vir die stigting van die Académie française (1635) wat hom op taalsuiwering, die grammatikale taalontwikkeling en die retoriek gaan toespits. Kardinaal Richelieu, die beskermheer van die akademie, laat in 1694 'n nuwe woordeboek en grammatika deur die taalkundiges saamstel. Dit is ook die akademie wat nou die taalbeheer gaan uitoefen.
Die 17de eeu word die klassieke eeu van die Franse letterkunde, en die filosoof René Descartes (1596-1650) lewer met sy werke die bewys dat die Franse taal wetenskaplike en wysgerige gedagtes net so gemaklik kan formuleer soos Latyn, wat nou ten gunste van Frans op alle gebiede afgeskaal word. In adellike kringe raak die salons baie gewild; hier kuier die edeles in die huise van aristokrate en bestudeer literêre werke. Dit is die salon van die Madame de Rambouillet, later dié van Madame de Sablé, Madame de Maintenon en veral Mademoiselle de Scudéry wat die taal deur die bespreking van literêre, wetenskaplike en amoureuse sake laat opbloei. Die Presieuses, soos hulle genoem word, beywer hulle vir 'n verhewe taalgebruik, wat nuwe, geesryke woordskeppings soos enthousiasmer en féliciter insluit. Byvoeglike naamwoorde, wat uiterste toestande kan beskryf, is baie gewild onder die Presieuses; uitdrukkings soos terrible, horrible, admirable, furieux en effroyablement is tipiese neologismes van hierdie tydperk. Nederige en onbeskaafde uitdrukkings word vermy en met behulp van nuwe woorde omskryf. Die digter Molière (1622-1673) bespot die salongangers in sy Femmes Savantes (Geleerde Vroue) en Précieuses Ridicules. Tog lewer hulle 'n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van die Franse taal wat in Europa vanaf die vroeë 18de eeu die taal van die beskaafde kringe en die diplomatie word. So praat en skryf die Pruisiese koning Frederik die Grote oorwegend Frans, terwyl sy Duits steeds gebrekkig bly.
Die uitspraak, woordvorming en sinsbou van Frans begin al in die 17de eeu verstewig. In die tyd voor die Franse Rewolusie word die woordeskat nog eens deur regionale en woorde uit die volkstaal verryk, waarby die literêre werk van onder meer Rousseau en Diderot 'n belangrike rol speel. Engelse en Duitse vakterminologie uit die politieke sfeer, die sport, mynbou en geologie word ontleen. Die sentralisering van die administrasie in die verloop van die Franse Rewolusie versterk weer eens die posisie van die Paryse Frans; tegelykertyd word nuwe begrippe uit die klassieke tale se woordeskat gevorm, wat veral vir die nuwe bedeling en die nuwe maatstelsel benodig word: Arrondissement, département, municipalité, préfet; gramme, mètre, kilomètre en litre is neologismes uit hierdie tydperk. Aangesien teen die einde van die 18de eeu sowat 'n kwart van die bevolking die Franse taal nie magtig is nie, word die streekdialekte en die tale van die minderhede verdruk.
Die digters van die 19de eeu poog om die woordeskat van die taal verder uit te brei; bronne is die taal van die 15de en 16de eeu, streekdialekte en die omgangstaal. Dit is die tydperk van die nominalisme, 'n styl wat werkwoorde en byvoeglike naamwoorde deur nominale konstruksies vervang, en die begin van die sterk Engelse invloed. Die Franglais, 'n taalgebruik wat deur 'n groot aantal anglisismes gekenmerk word, word deur die owerhede bestry.
Die moderne omgangstaal met sy talle afwykings van die grammatikale norme, die sogenaamde français avancé (Gevorderde Frans), gee 'n indruk van wat moontlik in die toekoms die nuwe standaardtaal sal wees. So is byvoorbeeld die dubbele ontkenning aan die verdwyn, en ne...pas is in die omgangstaal al vereenvoudig tot pas.
Taalregisters
Daar bestaan 'n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal - français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van 'n spesifieke beroep, klas of kring.
Die Loi Toubon (Toubon-wet)
Die Loi Toubon, wat op 4 Augustus 1994 deur die Franse parlement aanvaar is, dra die naam van die Franse Minister van Kultuur, Jacques Toubon. Die doelstelling van die wet is die beskerming van die Franstalige verbruikers en werknemers en die bevordering van veeltaligheid, onder meer ook in die media.
Franse vermaaklikheidsprogramme is verplig om ten minste veertig persent Franstalige musiek uit te saai, waarvan die helfte onlangse produksies of werke van jong talente moet wees. As gevolg van die wet bied sommige internasionale kunstenaars nou 'n Franstalige versie van hulle treffers aan. Die wet verbied verder die gebruik van anglisismes in 'n amptelike of openbare konteks. Advertensies mag byvoorbeeld geen Engelse leuse sonder Franse vertaling bevat nie.
Kritici wys op die feit dat bepaalde woordvormings, wat deur die owerhede vasgelê is, in die omgangstaal steeds nie gebruik word nie - die amptelike term vacancelle byvoorbeeld het die Engelse leenwoord week-end nie verdring nie. Die Kanadese Frans gebruik egter uitsluitlik die term fin de semaine.
Tog is daar op baie gebiede suksesvol Franse neologismes geskep, byvoorbeeld in die rekenaarwetenskap, waar net ordinateur (rekenaar), logiciel (sagteware) en matériel (hardeware) gebruiklik is.
Frans in Suid-Afrika
rekenaarwetenskap
Danksy die immigrasie van 'n aantal Hugenote-gesinne na die Kaap is tussen 1688 en die vroeë 18de eeu 'n tyd lank Frans aan die Kaap gepraat. Suid-Afrika se Hugenote is oorspronklik Franse vlugtelinge, wat 'n toevlug in Nederland gevind het en later deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangemoedig is om na die Kaap te emigreer.
Vir die kompanjie was 'n Franstalige gemeenskap in die Kaap egter nie wenslik nie, en hulle het maatreëls getref om die immigrante so vinnig moontlik te laat vernederlands.
Vandag is daar nog talle plek- en familiename van Franse oorsprong in Suid-Afrika. Franschhoek, een van die sentrums van die Franse setlaars, het selfs Franse straatborde. Sedert 1994 lei immigrasie uit die res van Afrika ook tot beduidende Franssprekende gemeenskappe in Suid-Afrika in plekke soos Muizenberg.
Kaapstad beskik oor 'n Franse skool, die L’École française François-le-Vaillant du Cap. Verder is die [http://www.alliance.org.za/ Alliance Française] teenwooordig in meeste groot sentra in Suid-Afrika en bevorder die [http://www.ifas.org.za/ Franse Instiuut] (Frans: Institut français d'Afrique du Sud (IFAS)) kulurele, navorsing en taal betrekkinge met die Franssprekende wêreld.
Eksterne skakels
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/dict.php?gebrTaal=eng&prec=1&bronTaal=fra&doelTaal=afr Woordeboek Frans-Afrikaans-Frans]
Category:Franse taal Category:Frankryk
als:Französische Sprache
ja:フランス語
ko:프랑스어
simple:French language
th:ภาษาฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-gí
17de eeuEeue
Suid Afrikaanse Geskiedenis
Op 6 April 1652 land Jan van Riebeeck aan die suidpunt van Afrika om 'n verversingstasie te stig vir die skepe van die Hollandse Oos Indiese Kompanjie.
Kategorie:17de eeu
ja:17世紀
ko:17세기
th:คริสต์ศตวรรษที่ 17
19de eeuEeue:
Kategorie:19de eeu
ja:19世紀
ko:19세기
simple:19th century
th:คริสต์ศตวรรษที่ 19
zh-min-nan:19 sè-kí
20ste eeuEeue:
Kategorie:20ste eeu
ja:20世紀
ko:20세기
simple:20th century
Engelse taalEngels is 'n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal (inheemse sprekers), met omtrent 402 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca-status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om 'n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik 'n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Meeste hoër akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis 'n basiese vlak van Engels.
Eksterne skakels
- [http://www.ethnologue.com/show_language.asp?code=ENG Ethnologue report for English]
- [http://www2.ignatius.edu/faculty/turner/languages.htm The World's Most Widely Spoken Languages]
- [http://dictionary.cambridge.org Cambridge Dictionary]
- [http://www.bbc.co.uk/radio4/routesofenglish/index.shtml BBC - Radio 4 - Routes of English]
- [http://www.askoxford.com/globalenglish/?view=uk AskOxford.com: Global English]
- [http://dict.die.net/ English-English dictionary] - kombineer inligting vanuit verskeie woordeboeke.
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_en.php Woordeboek Engels-Afrikaans-Engels]
- [http://dictionary.oed.com/newsletters/2001-06/varieties.html Varieties of English and the OED]
- [http://www.vec.ca/english/1/english.cfm Development of English]
- [http://www.readprint.com Read Print Books] - sluit baie publieke-domein werke in vanuit klassieke Engelse literatuur
- [http://www.vocabulary.co.il Learning Vocabulary Can Be Fun] Vier aanlyn, interaktiewe speletjies om studente te help woordeskat aanleer.
Verdere leesstof
- The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
- The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
- A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable (London, 2002)
Category:natuurlike taal
als:Englische Sprache
ja:英語
ko:영어
ms:Bahasa Inggeris
simple:English language
th:ภาษาอังกฤษ
zh-min-nan:Eng-gí
IndiëIndië is 'n land in Asië op die Indiese subkontinent. Na Sjina het dit van alle lande ter wêreld die meeste inwoners, ongeveer 1 miljard. Indië is 'n reusagtige skiereiland, wat in die ooste en suide grens aan die Indiese Oseaan en in die weste aan die Golf van Bengale. In die noorde grens die land (van wes na oos) aan Pakistan, Sjina (Tibet), Nepal, Bhoetan, Burma en Bangladesh. Ten suidooste van Indië in die Indiese Oseaan lê die eilandstaat Sri Lanka en ten suidweste die Maldive-eilande. Die skiereiland word ook die Indiese subkontinent genoem. Die grootste stad in Indië is Mumbai.
Kategorie:Land
Kategorie:Indië
Kategorie:Skiereiland
Kategorie:Britse Statebond
als:Indien
[[got:
15de eeuEeue
Kategorie:15de eeu
ja:15世紀
ko:15세기
th:คริสต์ศตวรรษที่ 15
EsperantoEsperanto is 'n taal wat geskep is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Vir meer as 100 jaar bewys Esperantosprekers hoe kommunikasie taal- en landsgrense kan oorbrug. Vandag is daar 'n lewendige internasionale Esperantogemeenskap wat strek oor meer as 100 lande.
Skakels
- Esperanto (Wikiboek)
- [http://esperanto.net/info/index_af.html Esperanto]
- [http://www.esperanto.za.org/af/index_af.html Wat is Esperanto?]
- [http://www.majstro.com/Web/Majstro/taleninfo/afr_eo.php Esperanta-afrikansa-esperanta vortaro]
Category:Kunsmatige taal
als:Esperanto
ja:エスペラント
ko:에스페란토
ms:Bahasa Esperanto
simple:Esperanto
th:ภาษาเอสปรานโต
zh-min-nan:Sè-kài-gí Johannes Pieter Roetert Tak van PoortvlietMr. Johannes Pieter Roetert Tak van Poortvliet (Engelen, 21 juni 1839 – Den Haag, 26 januari 1904), was een Nederlands politicus.
Tak van Poortvliet was een liberale Zeeuwse staatsman in de tweede helft van de negentiende eeuw. Hij begon als commies-griffier van de Tweede Kamer en was vanaf 1870 een actief Kamerlid, die onder andere de aanzet gaf tot twee enquêtes. Hij werd in het kabinet-Kappeyne van de Coppello minister van Waterstaat, Handel en Nijverheid. Hij behoorde tot de vooruitstrevende liberalen en streefde in zijn tweede ministersperiode (van Binnenlandse Zaken) in het kabinet-Van Tienhoven naar kiesrechtuitbreiding. Hij ontbond in 1894 de Kamer vanwege het verzet tegen dat voorstel. De verkiezingen stonden geheel in het teken van zijn kiesrechtvoorstel. Hij was na zijn nederlaag een gebroken man, wiens rol was uitgespeeld. Hem werd wel eens gebrek aan tact en plooibaarheid verweten.
Tak van Poortvliet
hotels Prague narty reykjavik hotels Sennik online okucia metalowe
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Comfort, Texas
Comfort is a census-designated place located in Kendall County, Texas.
Geography
Kendall County, Texas
Comfort is located at 29°58'10" North, 98°54'26" West (29.969566, -98.907087).
According to the United States Census Bureau, the CDP has a total area of 8.3 km²
|
Girard, Texas
Girard is a census-designated place located in Kent County, Texas. As of the 2000 census, the CDP had a total population of 62.
Geography
2000
Girard is located at 33°21'45" North, 100°39'50" West (33.362386, -100.663842).
According to the United States Census Bureau, the CDP has a t
|
Jayton, Texas
Jayton is a city located in Kent County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 513. It is the county seat of Kent County.
Geography
Kent County
Jayton is located at 33°14'58" North, 100°34'29" West (33.249315, -100.574766).
According to the Kerr County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 1,740.
Geography
2000
Hackerville, USA is located at 30°4'37" North, 99°14'15" West (30.076903, -99.237367).
According to the United States Census Bureau, the city has a total area of 3.3 k
|
Kerrville, Texas
Kerrville is a city located in Kerr County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 20,425. It is the county seat of Kerr County. Kerrville is named for James Kerr, a major in the Confederate Army, and friend of town founder
|
Junction, Texas
Junction is a city located in Kimble County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 2,618. It is the county seat of Kimble County.
Geography
Kimble County
Junction is located at 30°29'23" North, 99°46'17" West (30.489772, -99.771335).
According to the Kinney County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 1,876. It is the county seat of Kinney County.
History
Founded in 1852 as Las Moras (the name of a nearby spring and the creek it feeds), the town initially was a supply stop on the old San Antonio-El Paso road and a s
|
Spofford, Texas
Spofford is a city located in Kinney County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 75.
Geography
Spofford is located at 29°10'22" North, 100°24'41" West (29.172681, -100.411388).
According to the United States Census Bureau, the city has a total area of 0.6 km² (0.2 mi²)
|
Kingsville, Texas
Kingsville is a city located in Kleberg County, Texas, United States. As of the 2000 census, the city had a total population of 25,575. It is the county seat of Kleberg County.
Kingsville was formed in 1904 as Mrs. Henrietta King donated land for the original town-site, which is now located within the heart of the world-famous
|
Benjamin, Texas
Benjamin is a city located in Knox County, Texas. As of the 2000 census, the city had a total population of 264. It is the county seat of Knox County.
Geography
Knox County
Benjamin is located at 33°35'0" North, 99°47'36" West (33.583419, -99.793394).
According to the | |