:: wikimiki.org ::
| Nice |
Nice Nice (SAMPA en IPA uitspraak: [ni:s] soos Engelse "niece"; Italiaans Nizza, Provençal Niça of Nissa) is 'n stad in Suid-Frankryk geleë langs die Middelandse See, tussen Cannes en Monaco. Dit is die préfecture (administratiewe hoofstad) van die Alpes-Maritimes département.
Die stad is 'n groot toerismesentrum en hoofoord op die Franse Riviera - Côte d'Azur. Die bevolking in 1990 was 345 700.
Category:Frankryk
ja:ニース
nb:Nice
FrankrykDie Franse Republiek (Frans: République française) is 'n sentralistiese, demokratiese land in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Andorra, en Spanje.
Dit is 'n stigingslid van die Europese Unie.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Saint-Pierre et Miquelon), in die Indiese Oseaan en in Oseanië.
Die naam Frankryk is afgelei van die Germaanse volk van die Franke, wat die gebied na die einde van die Romeinse Ryk verower.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, beleef na die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Die land is met jaarliks meer as 75 miljoen besoekers die belangrikste toeristebestemming ter wêreld.
Geografie
Hoofartikel: Geografie van Frankryk
Geografie van Frankryk
Terwyl die grootste deel van Frankryk se staatsgebied in Wes-Europa lê, is daar wyd verspreide Franse gebiede en besittings in Noord-Amerika, die Karibiese See, Suid-Amerika, die westelike en suidelike Indiese Oseaan, die noordelike en suidelike Pasifiese Oseaan en Antarktika.
Die metropolitaanse Frankryk, wat danksy sy vorm dikwels ook l'Hexagone (die heksagoon) genoem word, het 'n oppervlak van meer as 'n halfmiljoen vierkante kilometer, wat in die noorde en weste deur kusvlaktes en heuwels gekenmerk word. Die res van die land is bergagtig, met die Sentraalmassief (Massif Central) in die suidelike middel van die land, die Pireneë in die suidweste en die Alpe in die suidooste. Frankryk se hoogste berg, die Mont Blanc, is tegelykertyd ook die hoogste in Europa met 4 808 meter.
Die Sentraalmassief, wat sowat 'n sesde van Frankryk se landoppervlakte beslaan, is deur vulkaniese aktiwiteite sowat tien tot dertig miljoen jare gelede gevorm. Die hoogste bergspitse is die Puy de Sancy (1 886 meter) en die Plomb du Cantal (1 858 meter). Die oorheersende kalksteen maak die Sentraalmassief minder geskik vir landbouaktiwiteite.
Tussen die berggebiede lê uitgestrekte rivierbekkens soos die van die Loire-, Rhône-, Garonne- en Seineriviere. Die groot riviere is deur kanale met mekaar verbind.
Frankryk het met uitsondering van die noordooste slegs natuurlike grense, waarvan die helfte deur die Ryn, die Alpe en die Pireneë gevorm word. Die ander helfte van die land se sowat 5 500 kilometer lange grenslyn word deur die kuste van die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See gevorm.
Klimaat
Daar is rofweg vier klimaatsones in die metropolitaanse Frankryk:
- Die gebied wes van die lyn Bayonne-Lille het 'n vogtige kusklimaat met dikwels frisse somers.
- In die Elsas, in Lotaringe, langs die Rhônevallei en in die bergagtige streke van die land (Alpe, Pireneë en Sentraalmassief) is die klimaat al halfkontinentaal met koue winters en warm somers.
- Die noordelike deel van die land, Parys en sy omgewing en die sentrum van die land is in klimatiese opsig oorgangsgebiede met koue winters en warm somers. Die gebied kry die hele jaar deur reën. Wingerde, wat teen die suidelike hange lê, lewer in hierdie noordelike gebiede wyne van uitstekende kwaliteit op.
- Die suide van die land, wat van die Franse Riviera se vlaktes tot by die Rhône- en Saônevalleie in die noorde en Languedoc en Narbonne in die weste strek, het 'n mediterreense klimaat met milde winters en baie warm somers. Dit is net soos Suid-Afrika se Kaapland 'n winterreënstreek en danksy die warm temperature en droë weer in die somer uiters geskik vir die wynboubedryf.
Geskiedenis
Hoofartikel: Geskiedenis van Frankryk
Die grense van moderne Frankryk is byna dieselfde as die grense van die ou gebied van Gallië, wat bewoon was deur die Galliërs (Keltiese mense).
Gallië is ingeneem deur die Romeine in die eerste eeu na Christus, en die Galliërs het uiteindelik die Romeinse taal en kultuur aangeneem.
In die 14de eeu ontwikkel Frankryk met sy twintig miljoen inwoners (in vergelyking met Duitsland se veertien en Engeland se vier miljoen) tot die magtigste nasie in Europa.
Politiek
Hoofartikel: Politiek van Frankryk
Politiek van Frankryk
Frankryk is sedert die jaar 1875 'n republiek met 'n parlementêre stelsel. Vandag is die land 'n sentralistiese, demokratiese republiek met 'n semi-presidensiële regeringstelsel. Die grondwet van die Vyfde Republiek van Oktober 1958
verleen meer gesag aan die Staatspresident, wat regstreeks deur die volk vir 'n ampstermyn van vyf jaar verkies word. Hy benoem die Eerste Minister
en die kabinet, het 'n vetoreg op die besluite van die parlement en die reg om die parlement te ontbind. Tans is Jacques Chirac die vyfde Staatspresident van die Franse Republiek.
Die regering onder die leiding van die Eerste Minister bepaal die beleid van die nasie.
Die parlement bestaan uit twee kamers, die Nasionale Vergadering (Assemblée Nationale) met 577 vyfjaarliks direk verkose afgevaardigdes en die Senaat (Sénat) met 331 lede, wat indirek verkies word. Die parlement kontroleer die regering en beraadslaag en besluit nasionale wette.
Die oorsese gebiede word deur 22 afgevaardigdes in die Nasionale Vergadering en 14 in die Senaat verteenwoordig. 'n Bykomende 12 senatore word deur Franse burgers in die buiteland verkies.
Buitelandse beleid
Frankryk is 'n permanente lid van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad en beskik oor die vetoreg. Die buitelandse beleid van die land konsentreer op die noue bande met Duitsland binne die strukture van die Europese Unie en sy belangrike betrekkinge met voormalige kolonies in Afrika. In baie Afrikalande tree die Franse regering met 'n soort ordende gesag op.
Frankryk staan skepties teenoor die Verenigde State se beleid as supermoondheid en maak steeds eie voorstelle in verband met internasionale vraagstukke.
Verdediging
1958
Die land is in 1949 een van die stigterslede van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) en word op militêre gebied deur die Verenigde State beskerm. Met die presidentskap van generaal de Gaulle in 1958 begin die betrekkinge met die VSA en die Amerikaans-oorheersde NAVO verander.
Onder die leiding van de Gaulle ontwikkel Frankryk vanaf 1960 sy eie kernwapens. As 'n kernmoondheid steun die land vanaf 1965 met sy Force de Frappe op vyftig vliegtuie met kernwapens, en in 1968 beskik die Franse weermag reeds oor agttien lanseerplatforms vir middelafstandmissiele, wat in die jare 1970 en 1971 met kernmissiele toegerus is.
In die sewentigerjare is die Force de Frappe versterk deur duikbote met sestien middelafstandmissiele.
Frankryk het die militêre afdeling van die NAVO in 1968 verlaat, maar gaan steeds voort om 'n aktiewe rol by die politiese aktiwiteite van die organisasie speel.
Diensplig is gestaak, en die land beskik tans oor 'n professionele weermag van sowat 300 000 soldate.
Ekonomie
Hoofartikel: Ekonomie van Frankryk
Die Franse ekonomie steun sowel op die private entrepreneurskap (met meer as 2,5 miljoen geregistreerde ondernemings) asook staatsbeheerde bedrywe. Alhoewel die invloed van die staat nou geleidelik verminder word, beheer publieke ondernemings nog 'n groot deel van die Franse infrastruktuur, met name die spoorweë (SNCF), elektrisiteit, lugvaart en telekommunikasie. Die regering is tans besig om sy aandele aan Air France, France Télécom, versekerings-, bank- en krygstuigbedrywe te verkoop.
Frankryk is 'n lid van die G8-groep van leidende nywerheidslande en is in die jaar 2004 die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde State, Japan, Duitsland en die Verenigde Koninkryk.
Verenigde Koninkryk
Volgens die OECD is Frankryk in 2004 die vyfde grootste uitvoerder van vervaardigde produkte, na die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Volksrepubliek van Sjina. Tegelykertyd is dit die vierde grootste invoerder van vervaardigde goedere (na die Verenigde State, Duitsland en die Volksrepubliek van Sjina).
Volksrepubliek van Sjina
Die statistieke van die OECD toon in 2003 dat Frankryk die lidstaat met die meeste direkte buitelandse beleggings is (met die uitsondering van Luxemburg, waar buitelandse beleggings grotendeels in die vorm van geldtransaksies van internasionale banke met 'n setel in Luxemburg gemaak word). Met buitelandse beleggings ter waarde van 47 miljard VSA-dollar oortref Frankryk selfs die Verenigde State met 39,9 miljard VSA-dollar, Duitsland (12,9 miljard VSA-dollar) en Japan (6,3 miljard VSA-dollar).
Die vernaamste sektore van die Franse ekonomie is die motornywerheid, ruimte- en lugvaartnywerheid, masjienbou, chemiese nywerheid en die inligtings- en kommunikasietegnologie. Die metropolitaanse gebied van Parys is die grootste nywerheids- en handelsentrum. Ander belangrike sentrums is Lyon, Marseille en Lille. Landbou en toerisme is eweneens hoogs ontwikkel. Die land produseer jaarliks 55 miljoen hektoliter wyn en is met meer as 75 miljoen buitelandse besoekers in 2003 die belangrikste toeristebestemming ter wêreld, nog voor Spanje (52,5 miljoen toeriste) en die VSA (40,4 miljoen toeriste). Frankryk lok met sy kulturele erfenis in historiese stede soos Parys, lang strande en gesofistikeerde vakansieoorde langs sy kuslyn, ski-oorde in die Sentraalmassief, die Alpe en die Pireneë en landelike gebiede wat met hulle natuurskoon en rustigheid bekoor en gewild is by ekotoeriste.
Frankryk het by nog 11 ander EU lede aangesluit om die euro te gebruik vanaf 1 Januarie 1999. Die euro munte en banknote het die Franse franc totaal vervang in 2002.
Administratiewe verdeling
Hoofartikel: Administratiewe verdeling van Frankryk, Lys van gebiede in Frankryk
Lys van gebiede in Frankryk
Frankryk het 26 gebiede (Frans: région), wat weer verder verdeel is in 100 départements. Die départements is genommer (hoofsaaklik alfabeties) en hierdie nommer word gebruik in o.a. poskodes en motor-registrasienommers.
Die départements word verder verdeel in 342 arrondissements.
Frankryk handhaaf ook beheer oor 'n aantal klein eilande in die Indiese Oseaan en die Stille Oseaan, insluitende
Bassas da India, Clippertoneiland, Europa-eiland, Glorioso-eilande, Juan de Nova-eiland, Tromelineiland.
Demografie
Hoofartikel: Demografie van Frankryk
Volgens 'n amptelike skatting is die bevolking van die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede op 1 Januarie 2004 61,9 miljoen mense. Die bevolkingsdigtheid is 111 mense per vierkante kilometer.
Daar is 73 stede wat saam met hulle voorstede 'n inwonertal van meer as 100 000 het. Die grootste stedelike gebiede is Parys (11,2 miljoen inwoners), Lyon (1,7 miljoen inwoners), Marseille (1,5 miljoen inwoners), Lille (1,2 miljoen inwoners) en Toulouse (1,1 miljoen inwoners).
Frankryk het na Duitsland die tweede grootste bevolking van die Europese Unie. Anders as in Duitsland is daar 'n aansienlike natuurlike bevolkingsgroei, met 792 600 geboortes teenoor 560 300 sterfgevalle in 2003. Die geboortekoers bedra in dié jaar 1,9. In 2003 is 280 300 huwelike gesluit.
Op 1 Januarie 2004 is 25,3 persent van die Franse jonger as twintig en 16,2 persent ouer as 65 jaar. Die gemiddelde lewensverwagting van vroue is 83,8 jaar, die van mans 76,7 jaar.
Die amptelike taal in die metropolitaanse Frankryk en die oorsese gebiede is Frans, tog praat die grootste deel van die Franse bevolking 'n plaaslike dialek. Naas Frans bestaan daar 'n aantal inheemse tale soos (Baskies, Bretons, Katalaans, Korsikaans, Nederlands (Vlaams), Duits (Elsassies), Oksitaans), maar die Franse regering en skoolstelsel het die gebruik van hierdie tale sterk afgeraai tot redelik onlangs.
Geloof
Frankryk is 'n laisistiese republiek waar staat en godsdienstige gemeenskappe streng van mekar geskei word. Die staat hou geen statistiek oor die gelowe van sy burgers nie, en alle gegewens berus op skattings of inligting wat deur die gemeenskappe self verskaf word.
Die 2003 CIA World Factbook lys die gelowe van Frankryk as :
Katoliek 83-88%, Protestants 2%, Joods 1%, Moslem (Noord-Afrikaanse werkers) 5-10%, ongebonde 4%.
Volgens skattings, wat op demoskopiese navorsing baseer, is daar 3 miljoen Moslems, 1 miljoen Protestante, 600 000 Boeddhiste, 530 000 Jode en 150 000 ortodokse Christene.
Kultuur
Hoofartikel: Kultuur van Frankryk
- Académie française
- Franse filmkuns
- Franse Literatuur
- Bekende Franse Persone
- Franse kookkuns
- Musiek van Frankryk
Allerlei
26 Desember
Die hoofstad en mees bekende stad Parys is ook die tuiste van die Eiffeltoring, 'n toring van staal opgerig in 1889. Frankryk beskik oor 265 verskeie soorte kaas, 400 skigebiede, 3 430 km kuslyn en die hoogste berg van Europa, die Mont Blanc (4 807 m). Daar is ook sowat 11 000 kampeerterreine en 120 000 km wandelpaaie.
Sien: Lys van stede in Frankryk
Sien ook
Category:Frankryk
Category:Lande in Europa
Eksterne verwysings
als:Frankreich
fiu-vro:Prantsusmaa
ja:フランス
ko:프랑스
ms:Perancis
simple:France
th:ประเทศฝรั่งเศส
zh-min-nan:Hoat-kok
Cannes Cannes (Oksitaans-Provençaals Cano of Canas) is 'n stad in die département Alpes-Maritimes (Suid-Frankryk) met sowat 70 000 inwoners. Die stad lê aan die Côte d'Azur, die gewildste kusstreek van die land met talle vakansieoorde. Die stad verwerf internasionale bekendheid deur die Internasionale Filmfees wat jaarliks in Mei plaasvind.
Geskiedenis
Die Franse woord "Cannes" beteken "riete" in Afrikaans. In die gebied, wat deur moeras en riet oorheers word, rig die Romeine 'n vesting op die huidige Mont Chevalier op, wat hulle Castellum Marsellinum noem.
Omtrent 410 n.C. stig die heilige Honoratus, die seun van 'n Romeinse amptenaar uit die stad Trier, 'n klooster op St. Honorat, een van die Leriniese Eilande langs die kus van Cannes. Die abdy, wat as Lérins bekend staan, word in die vroeë middeleeue 'n beroemde sentrum van die Latynse kultuur en 'n belangrike instelling vir die onderwys van 'n aantal bekende sendelinge. In die jaar 660 aanvaar die klooster die Benediktynse reëls. Die kloostereiland word in 732 deur Arabiere verower, en die monnike verlaat die eiland. In die 10de eeu word die abdy herstel.
In die 11de eeu bestaan 'n klein visserdorpie met 'n madonnakapel in die duine.
Vanaf die middeleeue tot by die vroeë dertigerjare van die 19de eeu bly Cannes 'n klein visserdorp. Die voormalige Britse minister van Finansies en Ekonomiese Sake, Lord Henry Peter Brougham (1778-1868), is die eerste bekende persoonlikheid wat hom in 1834 in die dorp vestig. Ook Franse en buitelandse adellikes begin die natuurskoon van die omgewing geniet en rig hier hulle vakansiehuise op. In 1870 is daar 215 villa's en 34 hotelle.
Die stad is vandag nog steeds 'n gewilde speelplek van die rykes en bekendes. In 1868 ontstaan die Croisette, die bekende kuslaan van Cannes, en vanaf 1912 word talle luukse hotelle langs die laan opgerig. Die tradisie van die Internasionale Filmfees neem in 1946 'n aanvang.
Besienswaardighede
1946
- Die Hotel Carlton, 'n spierwit gebou langs die boulevard de la Croisette, word kort voor die Eerste Wêreldoorlog opgerig en dien aanvanklik as 'n hospitaal. In 1922 vind hier 'n vredeskonferensie plaas. Maar dit staan veral bekend as die plek waar in 1954 Alfred Hitchcock se rolprent "To Catch A Thief" ontstaan, en hier ontmoet die Amerikaanse rolprentster Grace Kelly vir die eerste keer haar toekomstige eggenoot vors Rainier van Monaco.
- St. Honorat se huidige abdy ontstaan in die 19de eeu; sedert 1869 is dit 'n klooster van die Sistersiënsers. Die abdy en eiland bekoor met sy olyfbome, wingerde en laventelbosse.
- Die eiland Ste. Marguerite staan bekend vir sy bosse met eukaliptus, seeden en denneboom. Die wandelpaaie op die eiland behandel verskeie ekologies-botaniese onderwerpe. Die ou vesting, wat in die 17de eeu deur die Franse boumeester Vauban versterk is, is sedert 1737 'n staatsgevangenis.
- Die Musée de la Castre, 'n volkskunde-museum, bied as toegif 'n pragtige uitsig oor die hawe, die blou see en die eilande langs die kus.
Category:Frankryk
ja:カンヌ
simple:Cannes
Hoofstad'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied (soos 'n land of 'n provinsie) wat sentraal staan in 'n sekere sin (gewoonlik 'n politieke sin). Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land.
Daar kan ook verwys word na 'n stad as die ekonomiese of kulturele hoofstad van 'n gebied. Dit kan dui daarop dat die stad die meeste ekonomiese of kulturele aktiwiteit sien of as sodanige middelpunt gesien word deur meeste.
In party gevalle het lande meer as een hoofstad, of die setel is in 'n ander stad as die hoofstad:
- In Suid-Afrika is Pretoria die uitvoerende hoofstad met die regeringskantore by die Uniegebou. Kaapstad is die wetgewende hoofstad met die parlement wat daar vergader, en Bloemfontein is die geregtelike hoofstad.
- Yamoussoukro is verkies as die hoofstad van die Ivoorkus in 1983, maar baie van die staadskantore en ambassades is steeds in Abidjan.
- Sucre is steeds die grondwetlike hoofstad van Bolivië, maar meeste van die nasionale regering het reeds verhuis na La Paz.
- Amsterdam, die hoofstad van Nederland, is nie die setel van die regering nie. Dié is in Den Haag.
als:Hauptstadt
ja:首都
ko:수도
nb:Hovedstad
simple:Capital (city)
th:เมืองหลวง
zh-min-nan:Siú-to·
DépartementDépartement is die naam van die (oorspronklik 83) administratiewe distrikte waarin Frankryk tydens die Franse Rewolusie ingedeel word.
Elke département is naastenby ewe groot en word verder verdeel in arrondissements en cantons. Aan die hoof van die administrasie is 'n prefek. Gewoonlik kan destyds elkeen van die bewoners die prefektuur binne 'n dagreis bereik.
Met die skepping van die départements beoog Abbé Emanuel Joseph Sieyès (wat ook die nuwe grondwet uitwerk) en die Assemblée Nationale (wat Sieyès se planne in 1789 goedkeur) om die historiese teenstellings tussen die ou provinsies van die monargistiese ancien régime uit die weg te ruim. Die maatreël is gegrond op die rasionale denke van die verligting en die idee van 'n Franse eenheidstaat.
Vandag is daar 95 départements wat oorwegend na riviere benoem is; die ou provinsies bly voortleef as streekname.
Beeld:France_D%C3%A9partements.png
Die 26 Franse Régions en 95 Départements:
Category:Frankryk
Schwarzmeer-WirtschaftskooperationDie Schwarzmeer-Wirtschaftskooperation (englisch Organisation of the Black Sea Economic Cooperation (BSEC)) ist eine regionale Wirtschaftsorganisation mit Rechtsstatus. Sie wurde am 25. Juni 1992 in Istanbul gegründet. Ihr gehören die sechs Anrainerstaaten des Schwarzen Meeres sowie fünf weitere Staaten an. Es handelt sich um Bulgarien, Georgien, Rumänien, Russland, die Türkei und die Ukraine sowie Albanien, Armenien, Aserbaidschan, Griechenland und Moldawien. Sitz der BSEC und ihres permanenten Sekretariats ist Istanbul.
Die Schwarzmeer-Wirtschaftskooperation will Frieden, Stabilität und Wohlstand in der Region durch wirtschaftliche Zusammenarbeit befördern. Zölle und nichttarifäre Hindernisse zwischen den Staaten sollen reduziert, die Grenzformalitäten harmonisiert werden. Die Staaten verpflichten sich, Investitionen sowie gemeinsame Bank- und Finanzvereinigungen mit dem Ziel einer regionalen Wertpapier-Börse zu fördern. Die Mitglieder wollen außerdem bei Umweltschutz, Transport, Energie und Telekommunikation sowie Wissenschaft, Technologie, Landwirtschaft zusammenarbeiten. Auch in Fragen der inneren Sicherheit, bei der Bekämpfung von Terrorismus und organisierter Kriminalität, will die BSEC kooperieren.
Im Laufe der Jahre stellte sich heraus, daß die Interessen der Mitgliedsstaaten sehr heterogen waren. Die Effizienz der Wirtschaftskooperation wurde innerhalb der Organisation immer öfter in Frage gestellt. Kritisiert wurde das Fehlen konkreter Ziele, von Prioritäten und langfristiger Projekten, der Mangel an Eigenmitteln und das Mißlingen, Großprojekte für die Region zu gewinnen. Große Ziele und verabschiedeter Resolutionen seien nicht ausreichend umgesetzt worden, hieß es. Auch fehle es in den Mitgliedsstaaten an Koordination und Kontrolle. Der bürokratische Aufwand sei dafür um so größer.
Auf der Sitzung in Istanbul im Jahr 2000 verabschiedete die BSEC deshalb eine Agenda, die sich damit beschäftigt, wie die Kooperation konsolidiert, effizienter und lebensfähiger gestalten werden kann.
Weblinks
- [http://www.bsec.gov.tr Organisation der Schwarzmeer-Wirtschaftskooperation (en)]
Siehe auch: Portal:Südosteuropa
Kategorie:Rumänien
Kategorie:Politik (Georgien)
Zamwienia publiczne milan italy hotels sylwester Hotel Genoa Zapraszamy
|
|
|
| :: RELATED NEWS :: |
Selección nacional de fútbol de Ecuador
La Selección nacional de fútbol de Ecuador es el equipo representativo del país en las competiciones oficiales. Su organización está a cargo de la Federación Ecuatoriana de Fútbol, la cual es miembro de CONMEBOL. La Selección nacional del Ecuador participó por primera vez una Copa Mundial de Fútbol en e
|
Parque Nacional Boodjamulla
Boodjamulla es un parque nacional, en Queensland, (Australia), anteriormente conocido como Lawn Hill National Park. Está ubicado a 1837 km al noroeste de Brisbane.
Dentro del parque se encuentran los campos de fósiles de Riversleigh, Patrimonio Mundial según la Read More... |
Cream
Cream fue el primer supergrupo de los años 60. La reunión de Eric Clapton, guitarra, Jack Bruce, bajo, y Ginger Baker, batería, dio lugar a la más vital y efectista música entre 1966 y 1968, a la descarga de rock y blues más fuerte desde la aparición del rock and roll.
Cream fue demasiado para su tiempo. Su sonido era bronco, duro, sucio y real. Supuso el adiós del pop por la vía del parque nacional en Queensland (Australia), ubicado a 1103 km al noroeste de Brisbane.
Datos
- Área: 554 km²
- Coordenadas:
- Fecha de Creación: 1977
- Administración: Servicio para la Vida Salvaje de Queensland
- Categoría parque nacional en Queensland (Australia), ubicado a 834 km al noroeste de Brisbane. El parque cubre la mayor parte de la isla Brampton y la isla Carlisle completa.
Datos
- Área: 10 km²
- Coordenadas:
- Fecha de Creaci
|
Parque Nacional Islas Broad Sound
Islas Broad Sound es un parque nacional en Queensland (Australia), ubicado a 709 km al noroeste de Brisbane.
Datos
- Área: 16 km²
- Coordenadas:
- Fecha de Creación: ?
- Administración: Servicio para la Vida Salvaje de Queensland
- Categoría parque nacional en Queensland (Australia), ubicado a 1448 km al noroeste de Brisbane.
Datos
- Área: 544 km²
- Coordenadas:
- Fecha de Creación: 1992
- Administración: Servicio para la Vida Salvaje de Queensland
- Categoría
Phonak es un equipo ciclista profesional de Suiza. Participa en el UCI ProTour de 2005 y toma parte también en algunas carreras del Circuito Continental.
Historia del equipo
El equipo se fundó en 2000. « Phonak » fue rechazado para participar en el UCI ProTour bajo la decis
|
Quick Step (equipo ciclista)
Quick Step (en 2005 Quick Step-Innergetic) es un equipo ciclista profesional de Bélgica. Participa en el UCI ProTour de 2005 y toma parte también en algunas carreras del Circuito Continental.
Historia del equipo
El equipo se funda en 2003.
Temporada 2005
UCI ProTour
Circuito Continental
Efectivo 2005
| |